Nuus

Akademia bied Kollokwium: Politieke Wetenskap aan

Op Vrydag 10 Mei 2019 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) se derde jaarlikse Kollokwium: Politieke Wetenskap plaasgevind. Vanjaar is hierdie toonaangewende akademiese gespreksgeleentheid deur Akademia, met die steun van die SAAWK, by dié instelling se ouditorium in Centurion aangebied. Gerekende akademici wat al vir dekades die vakgebied uitbou het insiggewende referate gelewer oor voltooide, lopende of beplande navorsing in die toenemend relevante dissipline van politieke wetenskap. Lees meer.

Klik hier vir die fotos.