Prolingua Uitnodiging

Prolingua-lede en ander belangstellendes Prolingua spring hierdie jaar weg met die bekende sportverslaggewer, Johann Russouw, wat kom gesels oor sportterme. Sy onderwerp is Sport in Afrikaans oor die radio en hy konsentreer op voetbal (sokker), gholf, krieket, rugby, swem en atletiek wat vol eiesoortige termskeppings is. Dink maar aan skrumskakel (scrumhalf) = rugby; wawiel doelskop […]

Plakkate vir Skole

Die volgende plakkate is beskikbaar vir slegs R20 per plakkaat (posgeld uitgesluit): Hertzogprys Dalene Matthee Adam Small Elisabeth Eybers NP van Wyk Louw Ingrid Jonker Antjie Krog Breyten Breytenbach TT Cloete CL Leipldt D J Opperman Uys Krige Bestellings kan geplaas word by Hanlie Willemse  by finansies@akademie.co.za. Klik hier om ’n bestelling te plaas.

Hoe presteer die studente wat so toi-toi en dans?

ʼn Aantal studente is woedend omdat die beloftes oor gratis tersiére onderwys wat die regering en die ANC die laaste paar jaar gemaak het in die dun lug verdamp het. Die stille meerderheid studente wat net wil studeer, graad vang, en met loopbane begin dosente wat met hulle werk wil aangaan, is net so kwaad en baie ontnugter. Gratis […]

Jaarvergadering en Simposium Oktober 2016 Referate

Klik op die referate om te lees: Mmamabele Verhaal Akademie Referaat van Prof MJ Schoeman SAAWK Uitdagings vir die Universiteitswese in Afrika Tale getroud maar enkelopend Oktober 2016 Die SA Onderwysstelsel Creating wealth through agriculture in Limpopo Die Grondhervormingsmodel SA Akademie Oktober 2016 Fees Must Fall   Klik op die referaat om af te laai: […]

Bekroningsgeleentheid 2016

Akademie se Bekroningsgeleentheid 2016 – Erelidmaatskap van Adam Small Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se suidelike bekroningsgeleentheid het Vrydagaand 7 Oktober 2016 in Stellenbosch plaasgevind. Wessel Pienaar, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, het die pryse oorhandig. Lees die huldigingswoord artikel hier. Klik hier vir die fotoblad van die aand.  

Uitnodiging: Artikels vir Die SATNT

Uitnodiging: Artikels vir Die SA Tydskrif vir Natuurwetenskappe en Tegnologie: SATNT Tema: Die Aard van Wetenskap en Wetenskaplike Ondersoek Sperdatum vir aanlynvoorlegging: 30 April 2017 Gasredakteurs: Prof. W. J. Fraser (UP), Prof. A. Hattingh (UK) en Dr. E. Gaigher (UP)   Die Aard van Wetenskap en Wetenskaplike Ondersoek Die praktiese implementering (praktykwording) van wetenskaplike ondersoek […]

Ons Praat Afrikaans Fotografiekompetisie

Alle fotograwe en entoesiasfotograwe word genooi om aan hierdie opwindende fotografie-projek deel te neem. Die projek is daarop gemik om die diversiteit van Afrikaanssprekende individue regoor Suid-Afrika en die wêreld ten toon te stel. Die tema van die kompetisie is: Ons Praat Afrikaans Diverse Mense – Een taal Die sekondêre doel van hierdie projek is […]

Spesiale uitgawe van Tydskrif vir Geesteswetenskappe: AWS

In 2017 herdenk die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die eeufees van die heel eerste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) van 1917. Daar word beoog om ter herdenking van hierdie besondere gebeure ’n spesiale uitgawe van Tydskrif vir Geesteswetenskappe te laat verskyn. Omdat die Letterkundekommissie ook een van die heel oudstes is van die Akademie, sal hierdie spesiale […]

Jan H Maraisprys

Die Jan H Marais prys is tydens ‘n spoggeleentheid toegeken aan prof. Hermann Giliomee (sien onder).           Die historikus prof. Hermann Giliomee is die eerste ontvanger van die Jan H. Maraisprys wat oorhandig is op ’n spoggeleentheid by die Universiteit Stellenbosch. Die prys, wat deur die Het Jan Marais Nationale Fonds, […]

Jaarvergadering en Simposium 2016

‘n Hartlike uitnodiging aan alle lede en belangstellendes na die Jaarvergadering, jaarlikse Simposium en bekroningsplegtigheid van die SA Akademie Die jaarlikse Simposium van die SA Akademie vind vanjaar op Donderdag 6 en Vrydag 7 Oktober by die Universiteit Stellenbosch plaas. Die simposum word vooraf gegaan met ‘n teateropvoering Suiker wat op Woensdagaand 5 Oktober in die Drostdy […]