DIE SUID-AFRIKAANSE AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS

 

Gewysigde Paramediese Vakwoordeboek

 

A B C D E F
G H I J K L
M N O P Q R
S T U V W X
Y Z        

A

A <kyk ampère> : A 

A <kyk arteria> : A 

a <kyk arteria> : a 

Å <kyk ångströmeenheid> : Å 

aambeeld <kyk inkus> : anvil

aangebore <kyk kongenitaal> : innate

aangebore refleks <kyk natuurlike refleks> : inborn reflex

aangeleerde refleks <cf natuurlike refleks> (gekondisioneerde refleks) : acquired reflex, conditioned reflex ('n refleks wat nie natuurlik voorkom nie, maar wat aangeleer kan word deur herhaaldelike assosiasie met 'n verwante stimulus, bv die leerproses)

aanhanggeraamte <kykaanhangskelet> : appendicular skeleton

aanhangskelet (aanhanggeraamte) : appendicular skeleton (bestaan uit die skouergordel met boonste ledemate en bekkengordel met onderste ledemate)

aanhegting <kyk verbinding> : linkage

aanhegting <kyk ook oorsprong 2e inskrywing> (inplanting) : insertion, inplanting (die deel van 'n spier wat vasgeheg is aan die skelet op 'n punt waar beweging kan plaasvind)

aanvoering <kyk adduksie> : adduction

aantrekkingskrag <kyk affiniteit> : affinity

aanwasvermoë <kyk nataliteit> : natality

aanwyser <kyk detektor> : detector

aar <kyk vena> : vein

aartjie <kyk venule> : venule

abaksiaal <cf adaksiaal> : abaxial (weg van die as van enige liggaamsdeel geleë)

A-band <kyk ook H-band; I-band;Z-lyn> : A band (die anisotrope of dubbel refraktêre band van 'n sarkomeer wat donker vertoon en bestaan uit beide aktien- en miosienfilamente)

abdomen (buik) : abdomen, belly (gedeelte van die liggaam tussen die diafragma en die bekken)

abdominaal : abdominal (mbt die abdomen)

abdominale holte (buikholte, enteroseel) : abdominal cavity, enterocoele (deel van die liggaam waarin die organe van die buik voorkom en wat van die borsholte geskei word deur die diafragma)

abdominopelviese holte : abdominopelvic cavity (anterior liggaamsholte, inferior tot die diafragma)

abduksie <cf adduksie> (wegtrekking) : abduction (beweging van 'n liggaamsdeel weg van die liggaamsas <middellyn>)

abduktor <cf adduktor> : abductor (spier wat 'n ledemaat wegtrek van die middellyn af)

abduseer (wegtrek) : abduct (aksie van abduksie)

abdusens <kyk nervus abducens> : abducent nerve

aberrant (atipies) : aberrant, atypical (afwykend van die gewone rigting)

abioties : abiotic (wat betrekking het op nielewende dinge)

abnormaal <cf normaal> : abnormal (wat van die reël, norm, gewone afwyk)

ABO-bloedgroep <kyk ook

bloedgroep> : ABO blood group (belangrikste van die bloedgroepe waarin menslike bloed geklassifiseer word <op grond van die teenwoordigheid of afwesigheid van A- of B-antigene in die membraanomhulsel van rooibloedliggaampies word bloedtipes as A, B, AB of O onderskei>)

aboraal : aboral (tov dele wat aan die teenoorgestelde kant as die mond voorkom)

aborsie : abortion (uitwerping van 'n fetus wat nog nie lewensvatbaar is nie)

abses : abscess (plaaslike versameling van etter in 'n holte wat agv vernietiging van weefsel ontstaan het gewoonlik weens infeksie>)

absolute digtheid <kyk ook relatiewe digtheid> : absolute density (verhouding tussen die massa en die volume van 'n liggaam)

absolute humiditeit <kyk ook relatiewe humiditeit> : absolute humidity (werklike hoeveelheid waterdamp in die lug op 'n bepaalde tydstip)

absolute nulpunt : absolute zero (die laagste temperatuur wat teoreties moontlik is, nl 0 Kelvin of -273 ºC)

absolute temperatuur : absolute temperature (temperatuur wat vanaf die absolute nulpunt gemeet word)

absorbansie <kyk optiese digtheid> : absorbance

absorbeer : absorb (aksie van absorpsie; opneem in <bv 'n spons>)

absorpsie <kyk ook aktiewe absorpsie; adsorpsie; osmose> : absorption (die opneem van stowwe deur selle of weefsel <gewoonlik oor membrane>)

Ac <kyk aktinium> : Ac (chemiese simbool)

ACh <kyk asetielcholien> : ACh

Achilles-tendon (hakskeentendon) : Achilles tendon (algemene naam vir die tendon wat die agterste onderbeenspiere <gastroknemius- en soliusspiere> aan die hakskeen verbind)

achromaat <kyk ook dichromaat 2e inskrywing; trichromaat> : achromate (kleurblinde persoon)

achromateus (kleurloos) : achromatous, colourless (bleek, vaal of sonder kleur)

achromaties <kyk ook dichromaties> : achromatic (mbt kleurloosheid)

achromaties : achromatic (wat nie maklik gekleur word nie)

achromaties (kleurblind) : achromatic, colour blind (mbt achromaat)

achromatisme <kyk ook dichromatisme; trichromatisme> (kleurblindheid) : achromatism, colour blindness (nie in staat om tussen verskillende kleure te onderskei nie)

ACTH <kyk adrenokortikotrofiese hormoon> : ACTH

adaksiaal <cf abaksiaal> : adaxial (geleë aan die kant van, of gerig na, die as)

adamsappel : Adam's apple (algemene naam vir die tiroïedbeen van die larinks <veral prominent by mans>)

Addison-siekte : Addison's disease (siekte wat ontstaan agv 'n tekort aan adrenokortikotrofiese hormone, veral aldosteroon)

adduksie <cf abduksie> (aanvoering) : adduction (enige beweging waardeur 'n liggaamsdeel na 'n ander deel getrek word; beweging na die middellyn van die liggaam of liggaamsdeel)

adduktor <cf abduktor> : adductor (spier wat 'n liggaamsdeel na die middellyn trek)

adduseer : adduct (aksie van adduksie)

adenien <kyk ook guanien; purien; sitosien; timien; urasiel> : adenine (purienbasis; komponent van nukleïensuur of nukleotied)

adenohipofise <cf neurohipofise> : adenohypophysis (voorlob of kliergedeelte van die hipofise)

adenoïede <kyk ook tonsil> (faringeale tonsils) : adenoids, pharyngeal tonsils (klier wat hoofsaaklik uit limfoïede weefsel bestaan en in die neuskeelholte geleë is)

adenosien <kyk ook nukleotied> : adenosine (verbinding van adenien en ribose)

adenosiendifosfaat <kyk ook adenosienmonofosfaat; adenosien trifosfaat> (ADP) : adenosine diphosphate, ADP (verbinding met twee fosfaatgroepe <A-P~P> waarvan die tweede 'n hoë-energiebinding is)

adenosienmonofosfaat <kyk ook adenosiendifosfaat; adenosientrifosfaat> (AMP) : adenosine monophosphate, AMP ('n nukleotied met een fosfaatbinding <A-P> wat bestaan uit 'n adenosiengedeelte en 'n fosfaatgedeelte en wat nie energie beskikbaar kan stel nie)

adenosientrifosfaat <kyk ook adenosiendifosfaat; adenosienmonofosfaat> (ATP) : adenosine triphosphate, ATP (energiebron van die liggaam; verbinding <nukleotied> wat drie fosfaatgroepe <A-P~P~P> besit en waarvan die tweede en derde hoë-energiebindings is)

adenosientrifosfatase (ATPase) : adenosine triphosphatase, ATPase ('n fosfatase ensiem wat die afbraak van ATP na ADP kataliseer <hierdie reaksie stel groot hoeveelhede energie vry>)

adenosiet : adenocyte (volwasse sekretoriese sel van 'n klier)

ADH <kyk antidiuretiese hormoon> : ADH

adhesie <cf kohesie> : adhesion (aantrekkingskrag tussen verskillende soorte molekules)

adipeuse weefsel <kyk vetweefsel> : adipose tissue

adipogeen : adipogenous (wat vetweefsel voortbring)

aditus : aditus (algemene term vir 'n opening of toegang tot 'n orgaan of liggaamsdeel)

ADP <kyk adenosiendifosfaat> : ADP

adrenaal (suprarenaal) : adrenal, suprarenal (mbt die bynier)

adrenaalklier <kyk bynier> : adrenal gland

adrenale korteks (bynierkorteks, bynierskors) : adrenal cortex (buitenste sone van die adrenale klier)

adrenale medulla (byniermedulla, byniermurg) : adrenal medulla (binneste weefsel van die adrenale klier wat deur die adrenale korteks omring word)

adrenalien <kyk ook noradrenalien> (epinefrien) : adrenaline, epinephrine (een van die hormone wat deur die byniermedulla geproduseer en onder strestoestande afgeskei word)

adrenergies <kyk ook cholinergies> : adrenergic (beskryf 'n senuweevesel wat adrenalien of noradrenalien vrystel wanneer dit gestimuleer word)

adrenokortikaal : adrenocortical (mbt die bynierskors of sy hormone)

adrenokortikotrofiese hormoon (ACTH, AKTH, kortikotropien) : adrenocorticotrophic hormone, ACTH, corticotropin (hormoon van die anterior kwab van die hipofise wat die funksie van die bynierskors beheer)

adsorpsie <kyk ook absorpsie> : adsorption (vasklewing van die molekules van vloeistowwe of gasse aan die oppervlak van 'n ander stof <gewoonlik vastestof>)

adventitia (tunica adventitia) : adventitia, tunica adventitia (buitenste bindweefsellaag van 'n bloedvatwand)

aërobies <cf anaërobies> : aerobic (suurstofvereisend; in die teenwoordigheid van suurstof <02>)

aërobiese respirasie <cf anaërobiese respirasie> : aerobic respiration (respirasie vind plaas in die teenwoordigheid van vry suurstof <gas of opgelos in water>)

aërobiose : aerobiosis (suurstofafhanklike lewe)

affektief : affective (wat betrekking het op die gevoel of gemoedstoestand)

afferent <cf efferent> : afferent (gelei na; toevoerend mbt 'n orgaan of struktuur <gewoonlik tov senuwees en bloedvate gebruik>)

afferente arteriool : afferent arteriole (fynste vertakking van 'n slagaar wat bloed na 'n orgaan of struktuur vervoer)

afferente neuron <cf efferente neuron> (sensoriese neuron) : afferent neuron, sensory neuron (vervoer impulse vanaf verskillende liggaamsdele na die brein en rugmurg)

affiniteit (aantrekkingskrag) : affinity (eienskap van 'n element om selektief na 'n ander aangetrek te word)

afgieting <kyk dekantering> : decantation

afskei <kyk sekreteer> : secrete

afskeiding <kyk sekresie> : secretion

afsterwing <kyk nekrose> : die-off

afstook <kyk distilleer> : distil

aftaselektronmikroskoop <kyk skandeerelektronmikroskoop> : scanning electron microscope

afvalmateriaal <kyk debris> : debris

afwyking <kyk deviasie> : deviation

Ag <kyk silwer> : Ag (chemiese simbool)

agar : agar ('n stof wat van sekere seegrasse gemaak word en in 'n jeltoestand as medium gebruik word om mikro-organismes op te kweek)

agenese : agenesis (onvolledige of gebrekkige ontwikkeling)

agens : agent (enige substans wat in staat is om 'n reaksie uit te lok)

agglutinant : agglutinant (agens wat samepakking van partikels bevorder)

agglutinasie <kyk ook konglutinasie> (klomping, saamklewing, saamklonting, verklomping) : agglutination, clumping (vorming van 'n aggregaat)

agglutineer (klomp, saamkleef, saamklont, verklomp) : agglutinate, clump (aksie van agglutinasie)

agglutinien <kyk ook agglutinogeen> : agglutinin (antiliggaam wat saamklewing van mikro-organismes of selle in suspensie veroorsaak; bloedproteïen in bloedplasma)

agglutinogeen <kyk ook agglutinien> : agglutinogen ('n stof wat die produksie van agglutinien stimuleer; bloedproteïen in rooibloedselle)

aggregaat : aggregate (massa of geheel gevorm deur kleiner deeltjies of partikels wat saamkom)

agloukopsie (deuteranopie, groenblindheid) : aglaucopsia, achloropsia, deuteranopia, green blindness (onvermoë om groen te kan onderskei)

agonis <kyk ook antagonis; sinergis> : agonist (die primêre beweger in 'n groep spiere, geopponeer deur die antagonis)

agranulêr <cf granulêr> : agranular (sonder granules)

agranulosiet <cf granulosiet> : agranulocyte (enige leukosiet wat nie sitoplasmiese granules bevat nie, bv 'n monosiet of limfosiet)

agranulositose <kyk ook granulositopenie> : agranulocytosis (siekte agv 'n vermindering in granulosiete)

agter <kyk posterior> : back

agterbrein <kyk rombenkefalon> : hind brain

agterharsings <kyk rombenkefalon> : hind brain

agterhoofsbeen <kyk oksipitale

been> : occipital bone

agterhoofslob <kyk oksipitale lob> : occipital lobe

agteroorkanteling <kyk supinasie 2e inskrywing> : supination

agterste oogholte <kyk ook glasagtige liggaam> : posterior cavity (groot holte gevul met jellieagtige glasvog)

agterste oogkamer : posterior chamber (ruimte tussen die iris en die lens)

akapnie : acapnia (verminderde koolstofdioksied in die bloed)

akarioot : acaryote (kernlose sel)

akinese : akinesis (afwesigheid van beweging; motoriese paralise)

akineties : akinetic (mbt akinese)

akklimatisasie : acclimatisation (aanpassing by veranderde omstandighede <deur stadige veranderinge in die fisiologie>)

akkommodasie : accommodation (vermoë van die oog om ligstrale vanaf voorwerpe op verskillende afstande van die oog op die retina tot 'n fokuspunt te bring sodat dit duidelik gesien word)

aklasties : aclastic (onvermoë om ligstrale te buig)

aknee : acne (inflammatoriese siekte van die talgkliere)

akoestiek : acoustics (mbt geluidsleer; studie ivm geluid)

akoesties <kyk ook fonies> : acoustic (mbt die oor of geluidsleer)

akoestiese labirint <kyk koglea> : acoustic labyrinth

akoestiese meatus (gehoorkanaal) : acoustic meatus (mbt die oorkanaal)

akoestiese senuwee <kyk nervus acusticus> : acoustic nerve

akoudaal (stertloos) : acaudal, acaudate (sonder 'n stert)

akromegalie <kyk ook gigantisme> : acromegaly (vergroting van die gesig, hande en voete agv 'n oormatige sekresie van groeihormoon <somatotropien> nadat die epi- en diafises reeds versmelt het <na ± die 18de tot 21ste lewensjaar>)

akromiaal : acromial (mbt die akromion)

akromion (akromionproses) : acromion, acromion process (driehoekige uitsteeksel van die beenrif op die bladbeen <skapula> wat deel uitmaak van die skouergewrig)

akromionproses <kyk akromion> : acromion process

akrosentries : acrocentric (wanneer die sentromeer naby die een ent van die chromosoom geleë is)

akrosoom : acrosome (digte, spits toppunt van die spermatosoön wat die sperm help om die ovum te penetreer)

akselerator (versneller) : accelerator (senuwee of spier wat 'n bepaalde funksie versnel)

aksessories : accessory (bykomend of bykomstig)

aksessoriese organe (bykomende organe) : accessory organs (term wat gebruik word ivm organe wat 'n aanvullende funksie het tot di‚ van die hooforgaan, bv tande, tong, speekselklier, pankreas, lewer en galblaas)

aksessoriese senuwee <kyk nervus accessorius> : accessory nerve

aksiaal <kyk ook biaksiaal>

(asstandig) : axial (mbt 'n as)

aksiale skelet (asskelet) : axial skeleton (die sentrale gedeelte <as> van die geraamte wat bestaan uit die skedel en werwelkolom met borsbeen en ribbes)

aksidentele parasiet : accidental parasite (organisme wat net nou en dan parasities is)

aksie : action (uitvoer van 'n liggaamsfunksie)

aksiepotensiaal <kyk ook piekpotensiaal/cf ruspotensiaal> : action potential (die potensiaalverskil wat in 'n senuwee of spier ontstaan wanneer dit gestimuleer word, deurdat die ruspotensiaal van ongeveer -70 millivolt na +30 millivolt verander <dit word maklik waargeneem as 'n senuwee-impuls>)

aksilla (armholte, oksel) : axilla, armpit (die hoek tussen die ledemaat en die liggaam)

aksis (axis) : axis (tweede nekwerwel)

akson <kyk ook dendriet> (senuwee-uitloper) : axon (lang, meestal onvertakte uitloper <behalwe op die eindpunt> vanaf die selliggaam van 'n neuron, wat impulse weg van die selliggaam na ander senuweeselle of na ander dele <spiere of kliere> van die liggaam vervoer)

aksonheuwel : axon hillock (vergrote deel van die senuselliggaam waar die akson sy oorsprong het; gedeelte waar geen Nissl-liggaampies voorkom nie)

AKTH <kyk adrenokortikotrofiese hormoon> : ACTH

aktien <kyk ook miosien> : actin ('n proteïen in 'n spiervesel wat saam met miosien verantwoordelik is vir kontraksie en verslapping van spiere)

aktief <cf passief> : active (energiek)

aktief <cf passief> : active (gekenmerk deur aksie of handeling)

aktiewe absorpsie <kyk ook absorpsie; osmose> : active absorption (opname of vervoer van stowwe van 'n lae na 'n hoë konsentrasie van 'n stof deur aktiewe deelname van 'n selmembraan <energie vanaf ATP>)

aktiewe beweging <cf passiewe beweging> : active movement (spieraksie in 'n gewrig agv 'n willekeurige poging sonder eksterne hulp)

aktiewe immuniteit <cf passiewe immuniteit> : active immunity (verworwe immuniteit verkry deurdat die liggaam aktief antiliggame teen antigene produseer)

aktiewe streek : active site (plek op die oppervlakte van ensieme waar katalitiese aktiwiteit plaasvind; bindplek aan die ensiem waaraan die substraat koppel)

aktiewe transport <cf passiewe transport> : active transport (die beweging van stowwe oor 'n membraan mbv chemiese energie <wat dus die sel in staat stel om groter molekules deur te laat as wat andersins die geval sou wees>; beweging van molekules teen die konsentrasiegradiënt mbv energie en 'n draermolekule)

aktinium (Ac) : actinium, Ac (radioaktiewe element)

aktinochemie : actinochemistry (chemie wat handel oor die werking van ligstrale)

aktinogeen : actinogenous (enige stof wat straling veroorsaak)

aktiveringsenergie : activation energy (energie wat nodig is om 'n chemiese reaksie aan die gang te sit)

akuut <cf chronies> (skerp, straf) : acute, sharp (tov 'n siekte of ongesteldheid wat vinnig ontwikkel en kort duur)

akwaduk : aqueduct (enige kanaal wat vloeistof bevat)

akweuse vog <kyk ook vitreuse liggaam> (voorkamervog, watervog) : aqueous humour, aqueous fluid (waterige oogvog; helder waterige vloeistof wat die voorste en agterste kamers van die oog vul)

Al <kyk aluminium> : Al (chemiese simbool)

alanien : alanine (een van die twintig bekende aminosure wat in proteïene aangetref word)

albinisme : albinism (afwesigheid van pigment)

albino : albino (persoon met albinisme)

albumien (eierwit, eiwit) : albumin (proteïen wat veral in bloed gevind word <klein hoeveelhede word ook in verskeie weefsels aangetref>)

albuminurie : albuminuria (albumien in die urien)

aldehied : aldehyde (stof met die kenmerkende CHO-groep wat verkry word deur die oksidasie van 'n primêre alkohol)

aldehiedgroep (CHO-groep) : aldehyde group, CHO group ('n groep elemente in 'n molekule bestaande uit koolstof <C>, waterstof <H> en suurstof <O>)

aldehiedsuiker <kyk aldose> : aldose

aldoheksose : aldohexose (aldehiedsuiker met ses koolstofatome, bv glukose)

aldopentose : aldopentose (aldehiedsuiker met vyf koolstofatome, bv deoksiribose)

aldose <kyk ook ketose 2e inskrywing> (aldehiedsuiker) : aldose ('n groep monosakkariede wat 'n aldehiedgroep <-CHO> bevat)

aldosteroon : aldosterone ('n hormoon wat deur die bynierkorteks gesekreteer word en natrium in die liggaam terughou)

alfa (à) : alpha, à (eerste letter van die Griekse alfabet)

alfa (à) : alpha, à (word in die wetenskap gebruik om tussen 'n groep of reeks te onderskei)

alfaglobulien : alpha globulin (een van die bestanddele van bloedplasma waarvan sommige hormone vervoer)

alfaselle <kyk ook betaselle> : alpha cells (seltipe in die Langerhans-eilandjies wat asidofiele korrels bevat en geneig is om aan die periferie gerangskik te wees)

alfastrale <kyk ook betastrale; gammastrale> : alpha rays (hoëspoed heliumkerne wat uit radioaktiewe stowwe uitstraal)

algemene anatomie : general anatomy (studie van die algemene struktuur en samestelling van die liggaam)

algesie : algesia (oorgevoeligheid vir pyn)

alifaties : aliphatic (mbt 'n vet)

alifaties <kyk ook siklies> : aliphatic (beskryf asikliese organiese verbindings met koolstofatome in reguit of vertakte kettings)

alkaan : alkane (versadigde koolwaterstof in die vorm van ringe of kettings; die algemene formule is CnH2n+2 waar n ò 1, bv metaan <CH4>, etaan <C2H6>)

alkali <kyk ook basies 1e inskrywing/cf suur n.> : alkali ('n stof wat 'n suur neutraliseer; 'n stof wat basiese reaksies veroorsaak deurdat dit OH--ione vrystel, bv natriumhidroksied <NaOH>, kaliumhidroksied <KOH>)

alkali <cf suur n.> : alkali ('n vloeistof met 'n pH van meer as 7)

alkali-aardmetaal : alkaline-earth metal, alkali earth metal ('n groep gryswit, smeebare metale wat maklik in lug oksideer; groep IIA in die periodieke tabel van elemente, bv barium, kalsium, magnesium en radium)

alkalies <kyk ook basies 1e inskrywing/cf suur adj.> : alkaline (eienskap van 'n stof wat 'n pH van meer as 7 het; mbt 'n alkali)

alkalimetaal : alkali metal, alkaline metal (groep elemente met 'n enkele buitenste elektron en 'n binnestruktuur van die voorafgaande edelgas; groep IA in die periodieke tabel van elemente, bv kalium, litium, natrium)

alkaliniteit <cf asiditeit> : alkalinity (oormaat hidroksielione in 'n waterige oplossing)

alkaloïed : alkaloid (stikstofbevattende organiese basis wat in sekere plante voorkom <kan óf giftige óf geneeskragtige eienskappe besit, bv kafeïen, morfien, nikotien, strignien>)

alkalose <cf asidose> : alkalosis ('n toestand waar die pH van die liggaamsvloeistowwe bo normaal is; 'n hoë pH van die ekstrasellulêre vog omdat te veel basis teruggehou, of te veel suur verloor word)

alkeen : alkene (algemene naam vir 'n groep onversadigde koolwaterstowwe wat een dubbelband tussen die koolstofatome in elke molekule bevat; die algemene formule is CnH2n waar n ò 2, bv eteen <C2H4>)

alkohol <kyk ook etanol> : alcohol ('n organiese verbinding wat die kenmerkende hidroksielgroep <OH-> bevat)

alkyn : alkyne (algemene naam vir 'n groep onversadigde koolwaterstowwe wat een driedubbele band tussen die koolstofatome in elke molekule bevat; die algemene formule is CnH2n-2 waar n ò 2, bv etyn of asetileen <C2H2>)

allantoïs : allantois ('n fetale membraan wat bydra tot die vorming van die naelstring)

alleel <kyk ook wet van Mendel> (allel, allelomorf) : allele, allelomorph (een van twee of meer gene wat op dieselfde posisie op 'n spesifieke paar chromosome voorkom en 'n bepaalde kenmerk kontroleer; in Mendeliese oorerwing is dit een van 'n paar kenmerke wat alternatief oorgeërf word, sodat die afstammelinge die een of ander van die kenmerke vertoon, maar nooit 'n mengsel van die twee nie)

allel <kyk alleel> : allele

allelomorf <kyk alleel> : allelomorph

allergeen : allergen (enige stof, gewoonlik 'n proteïen, wat in staat is om allergie of hipersensitiwiteit teweeg te bring)

allergie <kyk ook anafilakse;

atopie> : allergy (hipersensitiwiteit vir 'n stof wat normaalweg vir die meeste mense onskadelik is indien dit in dieselfde konsentrasie sou voorkom)

allergie <kyk ook anafilakse; atopie> : allergy ('n onvolledige of abnormale reaksie teen 'n antigeen)

allergies <kyk ook anafilakties; sensitief> : allergic (mbt 'n persoon wat hipersensitief vir 'n sekere stof is)

allergiese skok <kyk anafilaktiese skok> : allergic shock

alles-of-niks-wet : all-or-none law (beginsel waarvolgens 'n senuwee of spierelement glad nie op 'n prikkel laer as die drempelwaarde reageer nie, terwyl dit maksimaal saamtrek indien die prikkel sterker as die drempelwaarde is)

allomorfisme : allomorphism (verandering van die vorm van 'n sel)

allomorfisme : allomorphism (verandering in kristallyne vorm sonder enige verandering in chemiese samestelling)

alloritmie <kyk ook aritmie> : allorhythmia (periodieke verandering in die ritmiese beweging van die hart en pols)

allosoom : allosome (vreemde bestanddeel in sitoplasma wat van buite af ingedring het)

allosoom (heterochromosoom, heterosoom) : allosome, heterochromosome, heterosome (chromosoom wat van ander verskil, bv geslagschromosoom)

allotriofagie <kyk pika> : allotriophagy

allotropies : allotropic (mbt allotropisme)

allotropisme : allotropism (die bestaan van 'n chemiese stof in twee verskillende vorms <allotropiese vorms> met afsonderlike eienskappe, bv grafiet en diamant is allotropiese vorms van koolstof)

aluminium (Al) : aluminium, Al ('n blouerige, silwerwit, rekbare, sagte metaal wat baie lig is en nie roes nie)

alveolêr : alveolar (mbt die alveolus)

alveoli <ekv alveolus> : alveoli

alveolus <mv alveoli> : alveolus (benige kas van 'n tand)

alveolus <mv alveoli> : alveolus (enige sakagtige struktuur)

alveolus <mv alveoli> (longblasie) : alveolus (klein lugsakkie in die longe waar gasse uitgeruil word)

alvleisklier <kyk pankreas> : pancreas

ambidekster : ambidextrous (kan beide linker- en regterhand ewe goed gebruik)

ambilateraal : ambilateral (wat beide die linker- en regterkant aantas)

ambiseksueel : ambisexual (mbt eienskappe wat by beide geslagte voorkom, bv pubiese hare)

ambliopie : amblyopia (gebrekkige visie sonder enige waarneembare oogletsel)

amebe (amoeba) : ameba, amoeba (eensellige mikro-organisme <vormlose massa protoplasma met 'n selkern> wat gedurig van vorm verander deur pseudopodia te vorm waardeur dit beweeg en voedsel opneem)

amebesied : amoebicide (middel wat amebes doodmaak)

ameboïed : amoeboid (soos 'n amebe, veral mbt beweging mbv pseudopodia)

ameboïede beweging : amoeboid motion (beweging dmv skynpote soos bv die beweging van leukosiete)

amenoree : amenorrhoea (afwesigheid of onderdrukking van menstruasie)

amfiartrose : amphiarthrosis ('n tipe artikulasie waar min beweging moontlik is, bv tussen die werwels)

amfibies : amphibious (in staat om op land en in die water te lewe)

amied : amide (algemene naam vir organiese verbindings met die funksionele -CONH2, of amiedgroep)

amied : amide (derivaat van karboksielsure waar die hidroksielgroep <-OH> verplaas is met 'n aminogroep <-NH2>)

amien <kyk ook aminogroep> : amine (algemene naam vir organiese verbindings met die funksionele groep -NH2)

amien : amine ('n stikstofbevattende organiese verbinding waar een of meer waterstofatome van ammoniak <NH3> verplaas is deur organiese radikale)

amien : amine (organiese basis, bv purien en pirimidien)

amilase : amylase (ensiem in die spysverteringskanaal wat stysel opbreek <hidroliseer> in maltose)

amilopektien <kyk ook amilose> : amylopectin (wateronoplosbare bestanddeel van stysel)

amilopsien <kyk pankreasamilase> : amylopsin

amilose <kyk ook amilopektien> : amylose (wateroplosbare bestanddeel van stysel)

aminase : aminase (ensiem wat aminosure opbreek)

aminogroep <kyk ook amien 1e inskrywing> : amino group (die groep -NH2 wat in peptiede, proteïene en verskeie ander organiese verbindings voorkom)

aminosuur <kyk ook essensiële aminosuur> : amino acid (boustene van proteïene; organiese verbinding wat 'n aminogroep <-NH2> en 'n karboksielgroep <-COOH> bevat <ongeveer 20 aminosure kom in die natuur voor>)

amitose <kyk ook meiose/cf mitose> : amitosis (direkte seldeling sonder die vorming van chromosome)

ammoniak (NH3) : ammonia, NH3 (kleurlose, sterkruikende gas wat gevorm word deur die ontbinding van proteïene, stikstofbevattende basisse en ureum)

ammonium (-NH4) : ammonium, -NH4 (alkaliese radikaal wat slegs in verbindings bestaan)

amniogenese : amniogenesis (ontwikkeling van die amnion)

amnion <kyk ook fetale membraan> (vrugwatersak) : amnion, amniotic sac (heel binneste van die fetale membrane; omsluit die naelstring en vorm 'n sak wat die fetus en amnionvloeistof bevat)

amnionvloeistof (amniotiese vloeistof, vrugwater) : amnion fluid, amniotic fluid (vloeistof wat deur die fetale membraan en fetus geproduseer word en die fetus in die uterus bedek en beskerm)

amnioties : amniotic (mbt die amnion)

amniotiese vloeistof <kyk amnionvloeistof> : amniotic fluid

amoeba <kyk amebe> : amoeba

amorf n. : amorph (onaktiewe of byna onaktiewe geen sonder enige bepaalbare effek <genetika>)

amorf adj. (amorfies, vormloos) : amorphic, amorphous (sonder bepaalde of reëlmatige vorm)

amorfie (vormloosheid) : amorphia (gemis aan 'n bepaalde vorm)

amorfies <kyk amorf adj.> : amorphous

AMP <kyk adenosienmonofosfaat> : AMP

ampère (A) : ampere, A (SI-eenheid wat die intensiteit van 'n elektriese stroom aandui)

amplitude <kyk ook golf; golflengte> : amplitude (die afstand vanaf die verste punt van 'n ossillasie na die as of middelpunt <ruspunt>)

ampulla : ampulla (verwyde end van 'n kanaal of buis)

amputasie : amputation (chirurgiese verwydering van 'n ledemaat of ander liggaamsdeel)

anaal : anal (wat by of naby die anus geleë is)

anaal : anal (mbt tot die anus)

anabolies <cf katabolies> : anabolic (mbt anabolisme)

anabolisme <kyk ook metabolisme/cf katabolisme> : anabolism (die proses in lewende organismes waartydens eenvoudige anorganiese voedingstowwe opgebou word tot organiese stowwe)

anaërobies <cf aërobies> : anaerobic ('n nie-suurstofvereisende reaksie; lewe of funksioneer in die afwesigheid van suurstof)

anaërobiese respirasie <cf aërobiese respirasie> : anaerobic respiration (respirasie vind plaas in die afwesigheid van vry suurstof <gas of opgelos in water>)

anaëroob : anaerobe (mikro-organisme wat in staat is om sonder suurstof te lewe)

anafase <kyk ook interfase; metafase; profase en telofase> : anaphase (derde stadium in die prosesse van mitose en meiose waartydens dogterchromosome na verskillende pole beweeg)

anafilakse <kyk ook allergie; atopie; hipersensitiwiteit> : anaphylaxis ('n ongewone of oordrewe allergiese reaksie teen 'n vreemde proteïen of ander stof)

anafilakse <kyk ook allergie; atopie; hipersensitiwiteit> : anaphylaxis (enige hipersensitiewe reaksie n 'n verdere blootstelling aan dieselfde antigeen)

anafilakties <kyk ook allergies> : anaphylactic (mbt anafilakse)

anafilaktiese skok <kyk ook skok> (allergiese skok) : anaphylactic shock (skok teweeggebring wanneer 'n persoon hipersensitief of allergies vir 'n sekere stof is)

anale kanaal : anal canal (kanaal tussen die rektum en die anus)

anale klep : anal valve (een van die halfmaanvormige slymvliesvoue by die aansluiting van die rektum en die anale kanaal)

analgesie : analgesia (verlies van pyngevoel)

analgeties (pynstillend) : analgetic, pain relieving (wat pyn verdoof)

analgetikum (pynstiller) : analgesic, pain reliever (geneesmiddel wat pyn verdoof)

analgie : analgia (afwesigheid van pyn)

analise (ontleding) : analysis (kritiese ondersoek van iets)

analiseer (ontleed) : analyse (om die samestellende dele van 'n liggaam te bepaal)

analiseerder : analyser (instrument wat stowwe ontleed)

analiseerder : analyser ('n reseptor, tesame met sy sentrale senuweeverbindings, waarmee gevoeligheid vir prikkels onderskei word)

analities : analytic (mbt analise)

analitiese balans : analytical balance ('n balans wat in die laboratorium gebruik word en sensitief is vir variasies van 0,05 tot 0,1 mg)

analoog <kyk ook homoloog 1e inskrywing> : analogous (ooreenkomstig of eenders in sekere aspekte, soos in struktuur <voorkoms> en funksie, maar nie in oorsprong of ontwikkeling nie)

analoog <kyk ook homoloog 2e inskrywing> : analogous (liggaamsdele of organe wat dieselfde funksie vervul, maar nie dieselfde oorsprong of bou het nie, bv kieue en longe)

analoog <kyk ook homoloog 3e inskrywing> : analogous (twee of meer chemiese verbindings met dieselfde struktuur, maar met verskillende atome <wat die metaboliese funksie kan verander>)

anastomose : anastomosis (verbinding tussen twee bloedvate of hol organe)

anatomie <kyk ook fisiologie> : anatomy (studie van die vorm en struktuur van liggaamsdele)

anatomies : anatomical, anatomic (mbt anatomie)

anatomiese dooieruimte : anatomical dead space ('n ruimte in die lugweë waar daar nie gaswisseling plaasvind nie)

anatomiese posisie : anatomical position (posisie van die liggaam wanneer 'n persoon regop staan met die hande langs die sye en die palms na vore gerig)

anatoom : anatomist (deskundige op die gebied van anatomie)

androgeen <cf estrogeen 1e inskrywing> : androgen ('n manlike geslagshormoon, bv testosteroon)

androgeen <cf estrogeen 2e inskrywing> : androgen (enige substans wat manlike geslagskenmerke voortbring en in stand hou)

anemie (bloedarmoede) : anaemia (tekort aan hemoglobien en/of rooibloedselle in die bloed)

anemies (bloedarmoedig) : anaemic (mbt anemie)

anestesie (narkose, verdowing) : anaesthesia, narcosis (toestand van algehele of gedeeltelike verlies van sensasie of ongevoeligheid vir prikkels, met of sonder verlies van bewussyn)

anestetikum (narkosemiddel, verdowingsmiddel) : anaesthetic, narcotic ('n middel wat gebruik word om pyn of gevoeligheid te onderdruk; stof wat anestesie teweegbring)

aneurisme : aneurysm (abnormale verwyding van 'n bloedvat agv plaaslike verswakking van die wand of 'n aangebore defek)

angina : angina (strawwe, versmorende, krampagtige pyn wat gewoonlik met hartsiektes geassosieer word)

angioskoop : angioscope (instrument wat gebruik word vir die ondersoek van bloedvate)

angiotensien : angiotensin (vaatvernouende stof wat gevorm word deur die ensimatiese werking van renien op angiotensinogeen; 'n stof wat die arteriële spiertonus verhoog om sodoende vasokonstriksie en verhoging van bloeddruk te veroorsaak)

angiotensinase : angiotensinase (ensiem vir die afbreek van angiotensien)

angiotensinogeen : angiotensinogen (plasmaglobulien wat deur renien in angiotensien verander word)

angiotripsie <kyk ook bloedstelping; hemostase> : angiotripsy (bloedstelping dmv 'n instrument <angiotriptor>)

angiotriptor : angiotribe (instrument soos 'n forceps <tang> wat gebruik word om bloed te stelp)

ångströmeenheid (Å) : ångström unit, Å (verouderde eenheid wat gebruik word om golflengte aan te dui <1 Å = 10 nm>)

anhidrase : anhydrase (ensiem wat die verwydering van water uit 'n verbinding kataliseer)

anhidrasie <kyk dehidrasie> : anhydration

anhidreer <kyk dehidreer> : anhydrate

anhidried : anhydride ('n chemiese verbinding wat uit 'n stof verkry word deur die verlies van 'n molekule water, bv kreatinien uit kreatien)

anhidries : anhydrous (sonder water)

anioon <cf katioon> (negatiewe ioon) : anion, negative ion ('n negatief gelaaide ioon of radikaal; elektronegatiewe ioon)

anisogameet <kyk ook heterogameet; isogameet> : anisogamete (gameet wat slegs in grootte van ander gamete verskil)

anisogamie <kyk ook heterogamie; isogamie> : anisogamy (samesmelting van twee gamete van ongelyke vorm of grootte)

anisositose : anisocytosis (teenwoordigheid van rooibloedliggaampies van ongelyke grootte in die bloed)

anisotonies <cf isotonies 2e inskrywing> : anisotonic (wat ongelyke osmotiese druk uitoefen)

ankilose : ankylosis (verstywing of onbeweeglikheid van 'n gewrig agv siekte, besering of chirurgie)

annulus (ring) : annulus, ring (ringvormige struktuur of gebied; ronde opening)

annulus tracheae : annulus tracheae (enigeen van die C-vormige kraakbeenringe van die tragea)

anode <cf katode> : anode (positiewe elektrode waarna elektrone aangetrek word)

anoksemie <kyk ook anoksie> (hipoksemie) : anoxaemia, hypoxaemia (suurstoftekort in die bloed)

anoksie <kyk ook anoksemie; apnee; asfiksie 1e inskrywing> (hipoksie) : anoxia, hypoxia (suurstoftekort in die weefsels; suurstofhonger)

anorexia nervosa : anorexia nervosa (toestand wat ontstaan wanneer mense hulle eetlus verloor agv 'n verslankingsdieet waartydens hulle dan baie min eet)

anoreksie : anorexia (gebrek aan aptyt)

anorganies <cf organies 1e

inskrywing> : inorganic ('n chemiese verbinding wat nie koolstof- of waterstofione bevat nie; stowwe wat nie van organiese oorsprong is nie, bv koolstofdioksied, minerale soute, suurstof, water ens)

anorganies : inorganic (word geassosieer met nie-lewende dinge)

antagonis <kyk ook agonis/

cf sinergis> : antagonist (orgaan, bv 'n spier, senuwee of endokriene klier, wat 'n ander <agonis> se werking opponeer; 'n spier wat in die teenoorgestelde rigting as die primêre beweger werk)

antagonisme <cf sinergisme> : antagonism (wat die teenoorgestelde werking het)

antagonisties <kyk ook antagonis> : antagonistic (teenoorgesteld)

antebrachium <kyk ook arm; brachium> (voorarm) : antebrachium, forearm (gedeelte van die arm tussen die elmboog en die polsgewrig <word gevorm deur die radius en die ulna>)

antefleksie : anteflexion (vooroorbuiging)

anterieur <kyk anterior> : anterior

anterior <cf posterior 1e inskrywing> (anterieur, voor, voorste) : anterior, front (geleë voor, of aan die voorkant van 'n liggaam <nader aan die kop>)

anterior <cf posterior 2e inskrywing> (anterieur, voor, voorste) : anterior, front (mbt tot die vertrale kant <maagkant>)

anterior hipofise : anterior hypophysis (voorlob van die hipofise)

anteroposterior : anteroposterior (van voor na agter)

anti-agglutinien : anti-agglutinin (teenliggaam wat die ooreenstemmende agglutinien neutraliseer)

antibakterieel : antibacterial (wat bakterieë teenwerk)

antibioties : antibiotic (wat neig om lewe te vernietig)

antibiotika <ekv antibiotikum> : antibiotics

antibiotikum <mv antibiotika> : antibiotic (stof verkry uit lewende mikro-organismes, soos sekere swamme en bakterieë, wat ander mikro-organismes se groei inhibeer of hul vernietig, bv penisillien)

antidiurese : antidiuresis (onderdrukking van uriensekresie)

antidiuretiese hormoon (ADH, vasopressien) : antidiuretic hormone, ADH, vasopressin (hormoon wat deur die hipotalamus geproduseer en deur die neurohipofise vrygestel word en wat op die distale nierbuisies inwerk om H2O-absorpsie te bevorder)

antidoot (antitoksien, teëgif, teengif, toksolisien) : antidote, antitoxin, counter-poison, toxolycin (stof of antiliggaam wat 'n toksien neutraliseer of bind)

antidoot (teëmiddel, teenmiddel) : antidote (middel wat die werking van 'n ander bestry)

antigeen <kyk ook antiliggaam> : antigen (enige liggaamsvreemde stof <bakterie, virus of ander proteïen> wat die produksie van 'n bepaalde antiliggaam stimuleer)

antigeenbepaler <kyk epitoop> : antigenic determinant

antigeendeterminant <kyk epitoop> : antigen determinant

antihistamien <cf histamien> : antihistamine ('n stof wat die effek van histamien teenwerk <word veral gebruik in die behandeling van allergieë>)

antikoagulant <cf koagulant> (antistolmiddel) : anticoagulant ('n stof wat bloedstolling verhoed of vertraag)

antikodon <cf kodon> : anticodon (drie naasliggende nukleotiede in oordrag-RNA wat komplementêr tot die kodon in boodskapper-RNA is en wat tydens proteïensintese help om 'n bepaalde aminosuur uit die aminosuurpoel in die sitoplasma te kies)

antiliggaam <kyk ook antigeen> (teenliggaam) : antibody ('n proteïen, gewoonlik 'n globulien, wat teen 'n spesifieke stof <antigeen> ontwikkel of die antigeen liggaamsvreemd is of nie)

antimoon (Sb) : antimony, Sb (soort blouwit metaal)

antisepties <kyk ook asepties; septies>

(ontsmettend) : antiseptic (wat die groei of aktiwiteite van bakterieë keer of beperk)

antiseptikum (ontsmettingsmiddel) : antiseptic, disinfectant ('n middel wat die groei van bakterieë keer of beperk; stof wat gebruik word om patogene organismes te vernietig)

antiserum (immuniteitserum, immuunserum) : antiserum (serum wat spesifieke antiliggame bevat; entstof verkry uit die bloedserum van geïnfekteerde mense of diere)

antistolmiddel <kyk antikoagulant> : anticoagulant

antitoksien <kyk antidoot 1e inskrywing> : antitoxin

antitoksies <kyk ook atoksies> : antitoxic (wat teen 'n toksien of gif werk)

antitrombien <kyk ook protrombien> : antithrombin (stof wat trombien neutraliseer en sodoende sy aandeel in die stollingsproses verhoed; stof wat die vorming van trombien uit sy voorlopers inhibeer)

antiviviseksie <cf viviseksie> : antivivisection (teenkanting teen eksperimente met lewende diere)

antraal : antral (van of mbt 'n antrum)

antrodinie : antrodynia (pyn in 'n antrum)

antropologie <kyk ook

antropometrie> : anthropology (wetenskap van die mens <sy oorsprong, historiese en kulturele ontwikkeling>)

antropometrie <kyk ook

antropologie> : anthropometry (afdeling van antropologie wat te doen het met die meting van die grootte, gewig en afmetings van die menslike liggaam)

antrum : antrum (in anatomie gebruik om 'n byna afgeslote holte of kamer aan te dui, bv die antrum van die maag <prepiloriese gedeelte>)

anukleêr (kernloos) : anuclear (sonder kern)

anurie <kyk ook oligurie; poliurie> : anuria (onvermoë om urine te produseer)

anus : anus (opening van die spysverteringskanaal na buite; distale opening van die rektum)

aorta : aorta (hoofarterie wat uit die linkerventrikel ontspruit; grootste bloedvat van die liggaam)

aortaboog : aortic arch (die boog wat die torakale gedeelte van die aorta vorm)

aortaklep : aorta valve (een van die halfmaanvormige kleppe in die opening tussen die hart en die aorta)

aortalgie : aortalgia ('n pyn in die aorta)

aortektase <cf aortostenose> : aortectasis (verwyding van die aorta)

aortostenose <cf aortektase> : aortostenosis, aortic stenosis (vernouing van die aorta)

apeks : apex (die spits of verste punt van 'n keëlvormige liggaam)

apikaal : apical (mbt die bopunt)

aplasie : aplasia (gebrekkige ontwikkeling van 'n orgaan of weefsel)

aplasties <cf plasties 1e inskrywing> : aplastic (onvermoë om nuwe weefsel te vorm; anatomies onontwikkeld)

aplasties <cf plasties 2e inskrywing> : aplastic (wat nie plasties of vormbaar is nie)

aplastiese anemie : aplastic anaemia (tekort aan al die elemente van bloed, maw rooibloedselle, witbloedselle en plaatjies, agv defektiewe beenmurgfunksie)

apnee <kyk ook anoksie; asfiksie 1e inskrywing> : apnea, apnoea (tydelike stopsetting van asemhaling)

apneustiese sentrum : apneustic centre (senuweesentrum in die breinstam wat normale respirasie beheer)

apo-ensiem <kyk ook holo-ensiem/cf koënsiem> : apoenzyme (proteïengedeelte van 'n ensiem wat ook 'n prostetiese groep besit <moet aan 'n koënsiem bind om 'n holo-ensiem te wees>)

apofise : apophysis (benige uitsteeksel wat nooit gedurende sy ontwikkeling van die been waaraan dit vas is, skei nie)

apokrien <kyk ook holokrien; merokrien> : apocrine (die tipe kliersekresie waar die vry of apikale gedeelte van die sekreterende sel saam met die sekresieprodukte vrygestel word, bv sekere sweetkliere)

aponeurose : aponeurosis ('n sterk, veselagtige bindweefselplaat wat dien as 'n tendon om spiere aan been vas te heg, of as fassia om spiere aanmekaar te heg)

apparaat : apparatus ('n toestel of toerusting vir die uitvoering van natuur- en skeikundige proewe en bewerkings)

apparaat : apparatus (in anatomie is dit 'n groep organe wat saamwerk vir die uitvoering van 'n bepaalde funksie, bv die gehoorapparaat)

appendiks <kyk appendix

vermiformis> : appendix

appendisitis (blindedermontsteking) : appendicitis (inflammasie van die appendix vermiformis)

appendix vermiformis (appendiks, blindederm) : appendix vermiformis, appendix (klein, vingeragtige uitgroeisel van die sekum)

apteker (farmaseut) : chemist, pharmacist (iemand wat opgelei is om geneesmiddels voor te berei en te verkoop)

Aq <kyk aqua> : Aq

aqua (Aq, H2O, water) : aqua, Aq, H2O, water (kleurlose, reuklose vloeistof waarin byna alle stowwe oplos)

aqueductus Sylvii <kyk ook Sylvius-spleet> : aqueductus Sylvii (kanaal of gleuf in die midbrein wat die derde en vierde breinventrikels met mekaar verbind)

Ar <kyk argon> : Ar (chemiese simbool)

aragnoïed <kyk ook dura mater; meninges; pia mater>

(spinnerakvlies) : arachnoid, arachnoid membrane (delikate, webagtige, middelste van die drie membraanomhulsels van die brein)

arbeid : work (die oordrag van energie; wanneer 'n krag 'n weerstand oorkom en beweging plaasvind)

arbor vitae (lewensboom) : arbor vitae (boomvormige struktuur van die witstof in die serebellum)

area (gebied, streek) : area, region ('n gedeelte van die liggaam met min of meer afgebakende grense, bv gastriese streek)

areola : areola (bruinerige ring <soos om die tepel>)

areola : areola (die deel van die iris wat die pupil omsluit <binnerand van die iris>)

areola : areola ('n klein ruimtetjie in weefsel)

areolêr : areolar (mbt 'n klein ruimtetjie)

areolêr : areolar (met openinge of spasies)

areolêre bindweefsel <kyk ook elastiese bindweefsel; veselagtige bindweefsel> (gaatweefsel, losmasige bindweefsel) : areolar connective tissue (weefsel wat verskillende lae lossies bind, bv die vel aan die onderliggende spiere)

arginien : arginine ('n essensiële aminosuur)

argon <kyk ook atmosfeer 1e inskrywing> (Ar) : argon, Ar ('n kleurlose, reuklose gas wat ongeveer 0,94% van die atmosfeer uitmaak)

aritmie <kyk ook alloritmie;

disritmie> : arhythmia, arrhythmia (abnormale werking van die hart wat uitgeken word aan 'n gebrek aan, of versteurde ritme)

arm <kyk ook antebrachium; brachium> : arm (boonste ledemaat vanaf die skouer tot by die pols)

armholte <kyk aksilla> : armpit

armslagaar <kyk bragiale arterie> : brachial artery

aromaties : aromatic (gebruik vir koolwaterstofverbindings wat een of meer koolstofringe bevat)

aromaties : aromatic (tov 'n verbinding met 'n benseenring)

arrector pili : arrector pili (gladdespiervesels wat veroorsaak dat die hare regop, weg van die vel getrek word en sodoende "hoendervleis" vorm)

arseen (As) : arsenic, As ('n bros, deursigtige en gryskleurige medisinale en giftige element met metaal- en niemetaalagtige kenmerke)

artefak : artefact, artifact (enige kunsmatige produk of verskynsel in teenstelling met die natuurlike)

arteria <mv arteriae/cf vena> (A, a, arterie, slagaar) : arteria, A, a, artery ('n <spesifieke> slagaar of bloedvat wat bloed vanaf die hart na die res van die liggaam vervoer)

arteria coeliaca (ingewandslagaar, seliakarterie) : arteria coeliaca, coeliac artery (eerste slagaar wat n die diafragma uit die dorsale aorta loop en die oorsprong is van arterieë wat na die maag <arteria gastrica>, milt <arteria lienialis> en lewer <arteria hepatica> loop)

arteriae <ekv arteria> : arteriae

arteria gastrica : arteria gastrica (arterie wat na die maag gaan)

arteria hepatica (lewerslagaar) : arteria hepatica (tak van die ingewandslagaar <arteria coeliaca> wat in die dorsale aorta ontstaan en die lewer van suurstofryke bloed voorsien)

arteria lienialis : arteria lienialis (arterie wat na die milt gaan)

arterie <kyk arteria> : artery

arterieel : arterial (mbt 'n arterie)

arteriële bloed <cf veneuse bloed> : arterial blood (suurstofryke bloed wat O2 na die weefsels vervoer <meestal bloed op pad weg van die hart>)

arteriool <cf venule> (slagaartjie) : arteriole ('n klein arterie waarvan die distale punt uiteindelik die kapillêre netwerk vorm)

arteriosklerose : arteriosclerosis (algemene term wat verwys na verskeie toestande waar daar 'n verdikking, verharding en verlies van elastisiteit van die bloedvate voorkom)

arterioveneus : arteriovenous (mbt beide arterieë en venas)

arteritis : arteritis (inflammasie van 'n arterie)

Arthropoda : Arthropoda (filum van die diereryk wat gelede aanhangsels besit; grootste groep diere in die diereryk wat spinnekoppe, insekte, bosluise en duisendpote insluit)

artikulasie (artrose, gewrig) : articulation, arthrosis, joint (die plek waar twee of meer bene in die liggaam bymekaarkom en deur ligamente of kraakbeen met mekaar verbind word)

artikulasieoppervlak

(gewrigsoppervlak) : articular surface (oppervlak waar twee bene wat die gewrig uitmaak teen mekaar raak)

artikuleer : articulate (plasing van twee bene teen mekaar in 'n gewrig)

artikulêr <kyk ook interartikulêr> : articular (mbt 'n gewrig)

artropode <kyk geleedpotiges> : arthropods

artrose <kyk artikulasie> : arthrosis

artrose : arthrosis (enige degeneratiewe siekte van die gewrig)

As <kyk arseen> : As (chemiese simbool)

as : axis (denkbeeldige reguit lyn <van kop tot tone> waarom 'n liggaam kan roteer)

aseksueel (ongeslagtelik) : asexual ('n organisme sonder voortplantingsorgane, bv die erdwurm)

aseksuele voortplanting <kyk ongeslagtelike voortplanting> : asexual reproduction

asem : breath (die lug wat in- en uitgeasem word)

asemhaling <kyk eksterne respirasie> : breathing

asemhalingsentrum <kyk respiratoriese sentrum> : respiratory centre

asemnood <kyk dispnee> : respiratory distress

asentries <cf sentries> : acentric (nie sentraal nie; in die periferie)

asepties <kyk ook antisepties/cf septies> (steriel) : aseptic, sterile (vry van lewende patogene mikro-organismes)

asetabulum (heuppotjie) : acetabulum (gewrigskom van die bekken waarin die kop van die femur pas)

asetiel : acetyl (die monovalente radikaal CH3CO)

asetielasynsuur (asetoasynsuur) : acetoacetic acid ('n kleurlose, olierige verbinding wat in die liggaam gevorm word as tussenproduk in die metabolisme van lipiede en piruvate)

asetielcholien (ACh) : acetylcholine, ACh (organiese stof wat by die aksoneindpunt van cholinergiese neurone afgeskei word om sodoende impulse oor die sinaps te vervoer)

asetielkoënsiem-A : acetyl coenzyme A ('n molekule wat tydens verskeie metaboliese prosesse gevorm word; kritiese tussenproduk in anaërobiese glikolise en die Krebs-siklus)

asetileen <kyk etyn> : acetylene

asetoasynsuur <kyk asetielasynsuur> : acetoacetic acid

asetonemie <kyk ketonemie> : acetonaemia

asetoon : acetone (kleurlose, vlugtige vloeistof wat in klein hoeveelhede in normale urien en in groter hoeveelhede in die urien van diabetikers voorkom; hoogs vlambare verbinding wat as oplosmiddel vir oa vette en harse gebruik word)

asfiksiasie <kyk asfiksie> : asphyxiation

asfiksie <kyk ook anoksie; apnee> (asfiksiasie) : asphyxia, asphyxiation (bewussynsverlies weens gebrekkige suurstoftoevoer na die brein)

asfiksie (asfiksiasie) : asphyxia, asphyxiation (verstikking of versmoring)

asiditeit <cf alkaliniteit> (suurgehalte, suurheid) : acidity (konsentrasie van waterstofione in oplossing)

asidofiel n.: acidophil ('n organisme wat in 'n suur medium aard)

asidofiel adj. <kyk ook eosinofiel> (oksifiel) : acidophil, oxyphil (gebruik tov weefsels met 'n besondere affiniteit vir suurkleurstowwe; kan maklik met suurkleurstowwe gekleur word)

asidose <cf alkalose> : acidosis ('n toestand waar die pH van liggaamsvloeistowwe laer as normaal is <agv 'n ophoping van suur of verlies van basis in die liggaam>)

asiklies <kyk ook alifaties 2e inskrywing/cf siklies> : acyclic (sonder 'n siklus of ring)

asimmetries <kyk ook bilateraal simmetries/cf simmetries> : asymmetrical (oneweredige verdeling sodat die verskillende dele nie dieselfde lyk nie)

asimmetries <kyk ook bilateraal simmetries/cf simmetries> : asymmetrical (strukture of organe wat nie in twee eenderse helftes verdeel kan word deur dit in enige vlak te sny nie)

asimptomaties : asymptomatic (sonder simptome)

asinus : acinus (een van die klein terminale sakkies in 'n long of veelsellige klier)

askorbiensuur (vitamien C) : ascorbic acid, vitamin C (een van die wateroplosbare vitamiene aanwesig in vars groente en vrugte <'n tekort veroorsaak skeurbuik>)

asma : asthma ('n toestand waar die longpypies <brongioli> saamtrek sodat asemhaling bemoeilik word en 'n benoude gevoel ontstaan; gebrekkige uitsetting en inkrimping <ventilasie> van die longe weens kontraksie van die gladdespier van die terminale brongioli)

asotemie : azotaemia ('n oormaat stikstofbevattende afvalprodukte, bv ureum in die bloed)

asoturia : azoturia ('n toename in stikstofinhoud, veral ureum, in die urien)

aspirasie (opsuiging) : aspiration (onttrekking van vloeistof of gas uit 'n holte deur suiging)

aspirasie <kyk inspirasie> : aspiration

aspirator <kyk ook inspirator> (suigapparaat) : aspirator (apparaat vir die onttrekking van vloeistof of gas uit 'n holte deur suiging)

aspireer (opsuig) : aspirate (handeling van op- of insuig)

asplenie : asplenia (aangebore afwesigheid van die milt)

assimilasie (assimilering) : assimilation (ombouing van grondstowwe tot verbindings wat deel uitmaak van, of 'n funksie vervul in lewende organismes)

assimilasie (assimilering) : assimilation (die aksie om 'n geabsorbeerde voedingstof te verander in 'n vorm wat chemies verskil van die oorspronklike wat ingekom het)

assimilering <kyk assimilasie> : assimilation

asskelet <kyk aksiale skelet> : axial skeleton

assosiasie : association (aaneensluiting; verbinding)

assosiasie : association (die koördinering of kombinasie van funksies, gedagtes of dinge)

assosiasiesentra : association centres (areas in die serebrale korteks waar verskillende gewaarwordinge geïntegreer word)

assosiasievesels : association fibres (vesels of bane wat bepaalde areas in dieselfde serebrale hemisfeer met mekaar verbind)

asstandig <kyk aksiaal> : axial

astigmatisme : astigmatism ('n toestand waar 'n versteurde beeld gevorm word agv 'n onreëlmatige kromming van die kornea en lens)

astroblast : astroblast (primitiewe gliasel wat tot 'n astrosiet ontwikkel)

astrosiet <kyk ook neuroglia> (makroglia) : astrocyte, macroglia ('n tipe gliasel wat die funksie het om neurone aan bloedvate te verbind; 'n stervormige gliasel gekenmerk deur 'n klein selliggaam met baie lang, dun uitsteeksels)

ataksie : ataxy (verlies van spierkoördinasie)

atelenkefalie (atelensefalie) : atelencephalia (aangebore gebrekkige ontwikkeling van die brein)

atelensefalie <kyk atelenkefalie> : atelencephalia

atipies <kyk aberrant> : atypical

atlas (draerwerwel) : atlas (eerste servikale werwel <nekwerwel> waarop die kop rus en waarmee knikbewegings moontlik gemaak word)

atmosfeer (lug) : atmosphere, air (gas rondom ons <samestelling by seevlak is 78,1% stikstof, 20,9% suurstof, 0,94% argon en 0,03% koolstofdioksied; daar is ook klein hoeveelhede ander gasse soos helium, neon, kripton, xenon en radon, sowel as wisselende hoeveelhede waterdamp>)

atmosfeer : atmosphere (die druk van die dampkring, as eenheid gebruik om die druk van gasse, soos stoom, te meet <vroeër uitgedruk in mm Hg, tans in pascal>)

atmosferiese druk (lugdruk) : atmospheric pressure (druk wat deur die gewig van lug uitgeoefen word <word gemeet in pascal of mm Hg>)

atoksies <kyk ook antitoksies/cf toksies> : atoxic (nie giftig nie)

atonisiteit <kyk ook tonus/cf tonisiteit> : atonicity (gebrek aan tonus)

atoom : atom (kleinste deeltjie van 'n element wat nog die eienskappe van daardie element vertoon <besit 'n klein digte kern van hoë massa bestaande uit positief gelaaide protone en neutrale neutrone - saam nukleone genoem - wat omring is deur 'n ruimte waarbinne negatief gelaaide elektrone gevind word>)

atoomgetal <kyk ook atoommassa; isotoop> (Z) : atomic number, Z (dui die aantal protone in die kern van die atoom, of die aantal elektrone wat rondom die kern beweeg, aan <alle isotope van 'n element het dieselfde atoomgetal, maar verskillende massagetalle>)

atoommassa <kyk ook atoomgetal; isotoop> (massagetal) : atomic weight, mass number (word aangedui deur 'n getal wat naastenby gelyk is aan die aantal protone plus die aantal neutrone in die kern; massa van 'n atoom gebaseer op 'n skaal waarvolgens 'n atoom van die isotoop koolstof-12 'n massa van 12 het)

atopie <kyk ook allergie; anafilakse> : atopy (natuurlike of oorgeërfde oorgevoeligheid vir sekere stowwe)

ATP <kyk adenosientrifosfaat> : ATP

ATPase <kyk adenosientrifosfatase> : ATPase

atresie : atresia (aangebore geslotenheid van 'n opening of kanaal)

atria <ekv atrium> : atria

atriaal : atrial (mbt 'n atrium)

atrioventrikulêr (AV) : atrioventricular, AV (mbt die atria <voorhartkamers> en ventrikels <hartkamers>)

atrioventrikulêre bondel <kyk His-bondel> : atrioventricular bundle

atrioventrikulêre klep <kyk ook bikuspidale klep; trikuspidale klep> : atrioventricular valve (klep tussen die atrium en ventrikel van die hart wat verhoed dat bloed terugvloei na die atrium)

atrioventrikulêre knoop <kyk ook sinoatriale knoop> (AV-knoop) : atrioventricular node, AV node (gespesialiseerde hartspiervesels wat in die regteratrium aan die bopunt van die atrioventrikulêre bondel geleë is en impulse vanaf die SA-knoop ontvang en na die atrioventrikulêre bondel stuur)

atrioventrikulêre ritme (nodale

ritme) : atrioventricular rhythm, nodal rhythm (hartritme wat sy oorsprong het in die atrioventrikulêre knoop)

atrium <mv atria/kyk ook ventrikel> (voorhartkamer) : atrium (een van die twee voorhartkamers wat bloed vanaf are ontvang)

atrofie : atrophy (verkleining en verskrompeling of wegkwyning van selle en weefsels of organe agv versteuring van hul voeding of ontwikkeling)

atrofies : atrophic (mbt of aangetas deur atrofie)

Au <kyk goud> : Au (chemiese simbool)

Auerbach-pleksus : Auerbach's plexus ('n senuvlegsel geleë tussen die longitudinale spierlae <lengte> en kringspierlae van die maag en derms)

AV <kyk atrioventrikulêr> : AV

avitaminose : avitaminosis (siekte agv 'n gebrek aan sekere vitamiene)

AV-bondel <kyk His-bondel> : AV bundle

AV-knoop <kyk atrioventrikulêre knoop> : AV node

Avogadro-wet <kyk wet van

Avogrado> : Avogadro's law

axis <kyk aksis> : axis

 

B

 

B <kyk bel> : B

B <kyk boor> : B (chemiese simbool)

Ba <kyk barium> : Ba (chemiese simbool)

baan (pad, traktus, weg) : pathway, path, tract (die opeenvolging van gebeure of beweging wat in 'n stelsel plaasvind, bv die metaboliese baan)

baan (pad, traktus, weg) : pathway, path, tract (die gebied van 'n orgaan of stelsel, bv die respiratoriese baan)

baarmoeder <kyk uterus> : womb

baarmoedernek <kyk serviks 1e inskrywing> : cervix

bacillus <cf kokkus> (basil) : bacillus (staafvormige bakterie)

bakteria <ekv bakterium> : bacteria

bakterie <kyk bakterium> : bacterium

bakterieel (bakteries) : bacterial (deur bakterieë veroorsaak; betreffende bakterieë)

bakteries <kyk bakterieel> : bacterial

bakteriologie : bacteriology (wetenskap van mikro-organismes)

bakterium <mv bakteria> (bakterie) : bacterium <pl bacteria> (eensellige mikro-organisme sonder 'n egte selkern)

bal-en-potjie-gewrig <kyk enartrose> : ball-and-socket joint

balans <kyk ekwilibrium 2e inskrywing> : balance

balans : balance (die harmonieuse samewerking van twee of meer dele)

balans (ekwilibrium, ewewig) : balance, equilibrium ('n toestand waar opponerende kragte gelyk is, sodat geen beweging plaasvind nie; toestand van in rus wees)

balans <kyk ook skaal 2e inskrywing> (massameter, weegskaal) : balance, mass meter, scale (instrument waarmee geweeg word, bv analitiese balans, balkbalans, torsiebalans; apparaat waarmee die massa van 'n voorwerp bepaal word)

balkbalans : beam balance (bestaan uit 'n hefboom <balk> met 'n sentrale steunpunt en 'n bak <skaal> wat aan elke kant van die hefboom hang <die voorwerp waarvan die massa bepaal moet word, word in een bak geplaas en 'n standaardmassa in die ander bak>)

barbituraat : barbiturate (enige derivaat van barbituursuur wat as slaap- of kalmeermiddel gebruik word)

barbituursuur : barbituric acid (kleurlose kristalle waaruit barbiturate gevorm word en wat as slaapmiddel dien)

baring <kyk parturisie> : parturition

barium (Ba) : barium, Ba (gelerige alkalimetaal)

bariummaal : barium meal ('n suspensie wat bariumsulfaat bevat en as kontrasmiddel vir X-straalondersoek van die spysverteringskanaal gebruik word)

bariumsulfaat : barium sulphate (sout van barium en swawelsuur <gebruik as verfstof en ook in die röntgenologie weens sy ondeurskynendheid>)

barometer : barometer (instrument waarmee atmosferiese druk gemeet word <druk by seespieël is 760 mm Hg>)

baroreseptor <kyk ook pressoreseptor> (baroseptor) : baroreceptor, baroceptor ('n reseptor <sensoriese orgaan> wat op drukveranderinge, veral bloeddruk, reageer)

baroseptor <kyk baroreseptor> : baroceptor

basaal (fundamenteel) : basal, fundamental (die grondlyn of fondament van iets; wat na die basis verwys)

basaal : basal (die laagste vlak om funksie te onderhou)

basaalmembraan <kyk basilemma> : basement membrane

basale ganglia : basal ganglia (massa grysstof wat diep binne die serebrale hemisfere van die brein geleë is)

basale laag : basal layer (kubiese selle van die diepste laag van die epidermis wat in kontak is met die dermis)

basale membraan <kyk basilemma> : basement membrane

basale metaboliese spoed <kyk ook metaboliese spoed> (BMS) : basal metabolic rate, BMR (hoeveelheid energie wat benodig word om lewe te onderhou in 'n rustige, wakker individu wanneer net die essensiële lewensfunksies uitgevoer word <gemeet onder sogenoemde basale toestande, nl minstens 12 uur na die laaste maal met die liggaam in absolute liggaamlike en geestelike rus, en by 'n temperatuur van 20 °C en uitgedruk in kalorieë/m2 van liggaamsoppervlakte/uur>)

basale metabolisme : basal metabolism (die minimum energie wat nodig is om essensiële funksies soos respirasie, spiertonus, peristalsis en bloedsirkulasie te onderhou)

basale sel : basal cell (enigeen van die selle in die onderste laag van 'n meerlagige epiteel)

basies : basic (mbt alkaliese verbindings)

basies : basic (mbt die basis)

basiese kleurstof : basic stain (kleurstof met 'n basiese <alkaliese> reaksie wat basofiele bestanddele van protoplasma, bv die kernmateriaal, kleur)

basil <kyk bacillus> : bacillus

basilaar : basilar (wat aan of op die basis geleë is)

basilaarmembraan <kyk basilare membraan> : basilar membrane

basilare membraan (basilaarmembraan, basilêre membraan) : basilar membrane (membraan in die inwendige oor wat die scala tympani van die scala vestibuli en die ductus cochlearis skei; die basis van die Corti-orgaan)

basilemma (basaalmembraan, basale membraan, grondmembraan, grondvlies) : basilemma, basement membrane (delikate niesellige membraan <nielewende materiaal> wat epiteelweefsel aan die onderliggende bindweefsel anker)

basilêre membraan <kyk basilare membraan> : basilar membrane

basillurie : bacilluria (teenwoordigheid van basille in die urien agv blaas- of nierinfeksie)

basis : base (onderste of breedste gedeelte van 'n orgaan)

basis : basis ('n alkali, of enige stof wat 'n suur sal neutraliseer)

basis : basis ('n chemiese stof wat met 'n suur verbind om 'n sout te vorm)

basis : basis ('n stof wat water ioniseer om hidroksielione <OH-> of ander ione wat met waterstofione <H+> kan verbind, vry te stel)

basispaar : basis pair (stikstofbasisse wat 'n paar vorm in die DNA-molekule, bv timien en adenien of guanien en sitosien)

basistriplet <kyk kodon> : basis triplet

basofiel n. : basophil, basophile ('n struktuur, sel of histologiese snit met 'n sterk affiniteit vir basiese kleurstowwe)

basofiel n. <kyk ook granulosiet> (basofiele leukosiet) : basophil, basophile, basophilic leukocyte (witbloedsel met 'n groot kern bestaande uit twee lobbe en 'n granulêre sitoplasma, en wat blou kleur met basiese kleurstowwe)

basofiel adj. : basophilic (wat geredelik kleur met basiese kleurstowwe)

basofiele leukosiet <kyk basofiel n. 2e inskrywing> : basophilic leukocyte

baster <kyk hibried> : bastard

batipnee : bathypnoea (diep asemhaling)

bed : bed (ondersteunende struktuur of weefsel, bv maagbed, naelbed, nierbed ens)

bedaarmiddel <kyk ook kalmeermiddel> (susmiddel) : tranquilliser ('n middel wat 'n kalmerende effek het en angs en spanning verlig sonder om die bewustheid van die omgewing te verminder)

beeld : image (voorstelling van 'n voorwerp wat verkry word deurdat ligstrale van die voorwerp uitgaan of daarvandaan weerkaats word)

been <kyk ook crus> : leg (een van die onderste ledemate)

been : bone (harde weefsel wat die geraamte van hoër gewerweldes vorm en wat bestaan uit bindweefselvesels, beengrondsubstans en minerale soute <veral kalsiumfosfaat>)

beenagtig : osseous (met die voorkoms of struktuur van beenweefsel)

beendoolhof <kyk benige labirint> : bony labyrinth

beenlym <kyk gelatien> : gelatine

beenmurg <kyk medulla ossium> : bone marrow

beenuitgroeisel <kyk eksostose> : exostosis

beenvlak- <kyk safeneus> : saphenous

beenvlakaar <kyk safena-aar> : saphenous vein

beenvlaksenu <kyk nervus saphena> : saphenous nerve

beenvlies <kyk periosteum> : periosteum

beenvorming <kyk ossifikasie> : bone formation

beheer (kontroleer, reguleer) : control, regulate ('n proses of funksie handhaaf op 'n sekere peil)

bekersel : goblet cell (een van verskeie gespesialiseerde selle in die epiteel van die maag, dermkanaal en respiratoriese kanaal wat slym <mukus> afskei)

bekken <kyk pelvis> : pelvis

bekkengordel <kyk pelviese gordel> : pelvic girdle

bekkenvloer : pelvic floor (weefsel wat die ondergrens van die bekken vorm)

bel (B) : bel, B (logaritmiese eenheid van klankintensiteit)

Bell-Magendie-wet <kyk wet van Bell-Magendie> : Bell-Magendie law

Bellini-buise : Bellini's ducts (versamelbuise van die nier)

Benedict-reagens : Benedict's reagent (chemiese oplossing wat gebruik word om te toets vir die teenwoordigheid van glukose <kleur geelgroen n verhitting indien positief>)

Benedict-toets : Benedict's test (toets vir glukose)

benige labirint <cf membraanlabirint> (beendoolhof) : bony labyrinth (benige kanale in die slaapbeen, gevul met perilimf)

benseen : benzene (vloeibare, vlugtige koolwaterstof uit koolteer)

benseenring : benzene ring (die ses-koolstofringstruktuur wat kenmerkend is van benseen <die ses koolstofatome is verbind in die vorm van 'n heksagoon met die ses waterstofatome aan die punte van die heksagoon sodat al twaalf atome in dieselfde vlak lê>)

beri-beri : beriberi ('n siekte wat ontwikkel agv tiamiengebrek <vitamien B1>)

besinking <kyk sedimentasie> : sedimentation

besinkingbuis : sedimentation tube (spesiale gegradueerde buis vir die meet van die besinkingspoed)

besinkingspoed : sedimentation rate (spoed waarmee rooibloedselle afsak wanneer bloed staan)

besmet <kyk septies> : septic

bestraal : irradiate (aan radioaktiewe straling blootstel)

bestraling : irradiation (besmetting met radioaktiwiteit)

bestraling (radioterapie) : radiotherapy, therapeutic radiology (behandeling van 'n siekte <veral kanker> deur radioaktiewe straling)

beta (á) : beta, á (die tweede in 'n reeks)

beta (á) : beta, á (tweede letter in die Griekse alfabet)

betahidroksiebottersuur (á-hidroksiebottersuur) : beta-hydroxybutyric acid, á-hydroxybutyric acid (een van die tussenprodukte in die lipied-piruvaat-metabolisme in die liggaam)

betaoksidasie : beta oxidation (chemiese proses waartydens vetsure na asetielkoënsiem-A afgebreek word, sodat energie vrygestel word)

betaselle <kyk ook alfaselle> (á-

selle) : beta cells, á-cells (insulienvormende selle in die Langerhans-eilande van die pankreas)

betastrale <kyk ook alfastrale; gammastrale> : beta rays ('n stroom hoë-energie-elektrone wat uit radioaktiewe stowwe uitgestraal word)

bevrug : fertilise (om te veroorsaak dat bevrugting plaasvind)

bevrugting (fertilisasie, konsepsie) : fertilisation, conception (versmelting van 'n manlike gameet met 'n vroulike gameet om 'n sigoot te vorm)

beweeglikheid < kyk

motiliteit> : motility

beweging : motion, movement (volgehoue verandering van posisie)

bewegingloosheid <kyk ook inersie> : immobility (sonder beweging)

bewegingskunde <kyk kinesiologie> : kinesiology

bewegingstraagheid <kyk

bradikinese> : bradykinesis

bewus <cf bewusteloos> : conscious ('n toestand waarin 'n persoon by sy bewussyn is)

bewus <cf bewusteloos> : conscious (in staat om op sensoriese stimuli te reageer of om te besef wat mens doen)

bewussyn : consciousness (besef, kennis van jou eie handeling)

bewussyn : consciousness (benaming wat gebruik word vir die prosesse van waarneem, dink, voel en besluit)

bewusteloos <cf bewus> : unconscious (toestand waar die hoër funksies van die serebrum opgehef is sodat die persoon onbewus is van sy omgewing en nie in staat is om op sensoriese stimuli te reageer nie)

bewusteloosheid : unconsciousness ('n toestand van bewusteloos wees)

bewuste sweet : <cf onbewuste

sweet> : sensible perspiration (waterige afskeiding van die sweetkliere wat op die huid waargeneem kan word)

bewustheid : consciousness ('n toestand van bewus wees)

Bi <kyk bismut> : Bi (chemiese simbool)

biaksiaal <kyk ook aksiaal> : biaxial (met twee asse sodat beweging in twee vlakke moontlik is)

biaksiale gewrig : biaxial joint (gewrig waarby beweging om twee dwars asse, reghoekig tot mekaar, moontlik is)

bies <kyk kolostrum> : colostrum

biesmelk <kyk kolostrum> : colostrum

bifida (bified, gevurk) : bifid, furcate (deur die middel in twee takke verdeel; in twee gesplits)

bified <kyk bifida> : bifid

bifokale lens : bifocal lens (optiese lense met twee brandpunte <lens vir nabygeleë voorwerpe is dun en halfmaanvormig in die onderste helfte van die groot lens geslyp>)

bikarbonaat : bicarbonate (enige sout wat die HCO3- -anioon bevat, bv natriumbikarbonaat <NaHCO3>)

bikonkaaf <cf bikonveks> : biconcave (lens wat aan altwee kante uitgehol is)

bikonveks <cf bikonkaaf> : biconvex (lens wat aan altwee kante bolvormig afgerond is)

bikuspidaal <kyk ook trikuspidaal> : bicuspid (wat twee punte het, bv die premolare tande en die mitrale klep van die hart)

bikuspidale klep <kyk ook atrioventrikulêre klep; trikuspidale klep> (linker- atrioventrikulêre klep, mitraalklep, tweeslipklep) : bicuspid valve, left atrioventricular valve, mitral valve (klep met twee kuspe wat tussen die linkeratrium en die linkerventrikel voorkom)

bilateraal : bilateral (mbt twee kante)

bilateraal : bilateral (wat aan weerskante voorkom)

bilateraal simmetries <kyk ook asimmetries; simmetries> : bilaterally symmetrical (wanneer liggaamsdele gepaard aan weerskante van 'n denkbeeldige lyn voorkom sodat die organisme slegs in een vlak van voor na agter in twee eenderse helftes verdeel kan word)

biliêr : biliary (mbt gal)

bilirubien <kyk ook biliverdien; galpigmente> : bilirubin (rooi pigment in gal wat gevorm word deur die afbraak van hemoglobien <in rooibloedselle>)

biliverdien <kyk ook bilirubien; galpigmente> : biliverdin ('n groen galpigment wat deur oksidasie uit bilirubien ontstaan)

bindweefsel <kyk ook weefsel> : connective tissue (een van die hoofweefseltipes wat in alle organe aanwesig is en wat dele van organe saambind of stut; weefsel bestaande uit verstrooide selle, bv fibroblaste, en groot hoeveelhede intersellulêre substans)

bindweefselgewrig <kyk sinartrose> : fibrous joint

bindweefselvlies <kyk fassia> : fascia

binêr (dubbel, tweedelig) : binary, double (bestaande uit twee eenhede)

binêre deling (tweedeling) : binary fission (verdeling van 'n sel in twee deur eenvoudige verdeling van die selkern en sitoplasma)

binêre verbinding : binary compound (verbindings van slegs twee chemiese elemente, bv CO, NaCl, NH3 ens)

binne <kyk intern> : internal

binneaars <kyk intraveneus> : intravenous

binnelimfbuis <kyk ductus endolymphaticus> : ductus endolymphaticus

binneoor : inner ear (deel van die oor wat die halfsirkelvormige kanale en koglea bevat)

binneskelet <kyk endoskelet> : endoskeleton

binnespiers <kyk intramuskulêr> : intramuscular

binnewaarts : ectoentad (van buite na binne)

binokulêr (tweeogig) : binocular (geskik vir twee oë)

binokulêr (tweeogig) : binocular (met twee oogstukke)

binokulêre visie : binocular vision (visie met albei oë gelyktydig <omdat elke oog 'n voorwerp uit 'n effens verskillende hoek sien, word een driedimensionele beeld verkry>)

biochemie : biochemistry (chemie van lewende weefsel of van lewe)

biochemies : biochemical (mbt biochemie)

biochemikus : biochemist (deskundige in die biochemie)

biogeen : biogenic (wat lewe vorm)

biogeen : biogenic (wat uit lewe ontstaan)

biogeneties : biogenetic (mbt biogenetika)

biogenetika : biogenetics (studie van die oorsprong van lewe of van lewende organismes)

biokineties : biokinetic (mbt biokinetika)

biokinetika : biokinetics (wetenskap van bewegings van lewende organismes)

biologie : biology (studie van lewende organismes)

biologies : biological (mbt biologie)

bioloog : biologist (deskundige in die biologie)

biopsie : biopsy (ondersoek van weefsel wat uit 'n lewende organisme verwyder is)

biostatistiek : biostatistics (statistiese verwerking van biologiese data)

biostatisties : biostatistical (mbt biostatistiek)

bioterugvoer : biofeedback (die tegniek wat aangewend word om 'n individu visueel of ouditief bewus te maak van die toestand waarin die outonome fisiologiese funksies van sy liggaam, bv bloeddruk, spierfunksie ens verkeer, sodat hy dit kan beheer <word klinies aangewend om bv hipertensie te behandel>)

bioties : biotic (mbt lewe; lewenskragtig)

biotipe <kyk genotipe 2e inskrywing> : biotype

biotoksien : biotoxin (toksien verkry uit lewende weefsel)

bipolaar <kyk bipolêr> : bipolar

bipolêr <kyk ook monopolêr; multipolêr> (bipolaar) : bipolar (met twee pole of uitsteeksels)

bipolêre neuron <kyk ook monopolêre neuron; multipolêre neuron> : bipolar neuron (neuron met een dendriet en een akson)

biseksie : bisection (deursny in twee dele)

biseksueel <kyk hermafrodiet> : bisexual

biseps <kyk ook triseps>

(tweekopspier) : biceps ('n spier met twee aanhegtingspunte of koppe, bv di‚ geleë aan die agterkant van die humerus)

bismut (Bi) : bismuth, Bi ('n harde, bros metaal, rooierig-gryswit van kleur, wat baie gebruik word om maklike smeltbare legeringe te vorm)

biurettoets : biuret test (toets vir proteïene)

bivalensie (tweewaardigheid) : bivalence (eienskap van 'n atoom om met twee ander atome of groepe te kan verbind)

bivalent (tweewaardig) : bivalent (met 'n valens van twee)

bivalent : bivalent (rangskikking van twee chromosome van 'n homoloë paar wat styf teen mekaar lê sodat die twee chromosome saam soos 'n enkele chromosoom van dubbele dikte lyk)

blaar <kyk ook vesikel> (blaas, bulla, waterblaas) : blister, bulla (vliesige sak in die epidermis, of tussen die epidermis en die chorion, wat vloeistof bevat)

blaas <kyk blaar> : blister

blaas <kyk vesica> : bladder

bladbeen <kyk skapula> : scapula

bladgroen <kyk chlorofil> : chlorophyll

blasie <kyk vesikel> : blister

blast <kyk ook blastosiet; stamsel> (blastsel) : blast, blast cell (ongedifferensieerde sel; onvolwasse stadium in die sellulêre ontwikkeling van selle, bv 'n eritroblast, neuroblast)

blastied : blastid (helder gedeelte van die bevrugte ovum; voorloper van die kern)

blastoderm : blastoderm (eensellige wand van 'n blastula)

blastomeer (kliewingsel) : blastomere (enigeen van die selle wat deur die bevrugte ovum ontstaan)

blastopoor : blastopore (opening van die blastula)

blastoseel <kyk blastosist> : blastocoele

blastosiet <kyk ook blast> : blastocyte (embrioniese sel wat nog nie gedifferensieer het nie)

blastosist (blastoseel, kliewingsholte) : blastocyst, blastocoele (holte wat ontstaan in die massa ontwikkelende selle n herhaalde deling van die sigoot)

blastsel <kyk blast> : blast cell

blastula <kyk ook morula> : blastula ('n vroeë stadium in die ontwikkeling van 'n ovum, bestaande uit 'n vloeistofgevulde holte <blastoseel> wat deur 'n enkele sellaag <blastoderm> omring word)

blastulasie : blastulation (verandering van 'n morula in 'n blastula deur ontwikkeling van die sentrale holte)

blefaraal : blepharal (mbt die ooglede)

bleiking : bleaching (chemiese proses waardeur die kleur uit 'n gekleurde stof verwyder word deur óf 'n oksideermiddel <bv chloor> óf 'n reduseermiddel <bv swaweldioksied>)

blennoftalmie : blennophthalmia (ontsteking van die konjunktiva)

blennurie : blennuria (aanwesigheid van slym in die urien)

B-limfosiet <kyk ook limfosiet; T-limfosiet> (B-sel, bursa-ekwivalente limfosiet) : B-lymphocyte, B-cell, bursa-equivalent lymphocyte (timus-onafhanklike limfosiet wat humorale immuniteit in die liggaam beheer <soek, identifiseer en bind spesifieke antigene>)

blind : blind (sonder sig)

blind : blind (iets wat doodloop of waarvan een punt toe is)

blindederm <kyk appendix

vermiformis> : appendix

blindedermontsteking <kyk appendisitis> : appendicitis

blindevlek : blind spot (area in die retina van die oog waar die aksone saamloop om die optiese senuwee te vorm <geen ligstrale kan hier waargeneem word nie, aangesien ligreseptore <stafies en keëltjies> hier ontbreek>)

bloed : blood (liggaamsvloeistof wat deur die hart, slagare, kapillêre vate en are in die liggaam sirkuleer en bestaan uit 'n kleurlose plasma met organiese en anorganiese stowwe, asook bloedliggaampies <RBS en WBS> en bloedplaatjies daarin)

bloedarmoede <kyk anemie> : anaemia

bloedarmoedig <kyk anemies> : anaemic

bloedbank : blood bank (inrigting wat bloed vir oortapping voorberei en bewaar)

bloed-brein-skans : blood-brain barrier (spesiale meganisme wat voorkom dat sekere chemiese stowwe, radioaktiewe ione en toksiene <bv virusse> vanaf die bloed in die serebrospinale vog of breinweefsel inbeweeg)

bloedcholesterol : blood cholesterol (die hoeveelheid cholesterol aanwesig in die bloed)

bloeddruk <kyk ook

sfigmomanometer> : blood pressure (druk wat die sirkulerende bloed teen die bloedvatwande uitoefen <word gewoonlik oor die bragiale arterie net bokant die elmbooggewrig gemeet, in mm Hg of pascal>)

bloederig <kyk hemoragies> : haemorrhagic

bloedgroep <kyk ook

ABO-bloedgroep> : blood group (die klassifikasie van bloed gebaseer op die teenwoordigheid of afwesigheid van geneties bepaalde antigene op die rooibloedselmembraan <meer as veertien verskillende groeperings is reeds beskryf waarvan ABO die vernaamste is>)

bloedhaarvat <kyk kapillêr> : capillary

bloedingsanemie : haemorrhagic anaemia (anemie agv bloedverlies)

bloedklont <kyk trombus> : blood clot

bloedkwosiënt : blood quotient (persentasie hemoglobien per rooibloedsel <vroeër genoem kleurindeks> wat verkry word deur die hoeveelheid hemoglobien in 'n bloedmonster deur die aantal rooibloedselle daarin te deel)

bloedliggaampie <kyk hemosiet> : blood corpuscle

bloedoortapping <kyk ook transfusie> : blood transfusion (oortapping van bloed vanaf een persoon <skenker> na 'n ander <ontvanger>)

bloedplaatjie <kyk trombosiet> : blood platelet

bloedplasma <kyk ook bloedserum> (plasma) : blood plasma, plasma (vloeibare bestanddeel van bloed bestaande uit water en opgeloste stowwe)

bloedproteïen : blood protein (opgeloste proteïene in bloed, bv albumien, globulien en fibrinogeen)

bloedsel <kyk hemosiet> : blood cell

bloedselvorming <kyk hematogenese> : haematopoiesis

bloedserum <kyk ook bloedplasma> (serum) : blood serum, serum (helder, strooikleurige vloeistof wat uit bloed vrygestel word as die stollingselemente <bv fibrinogeen> daaruit verwyder is; bloedplasma sonder fibrinogeen)

bloedsmeer : blood smear ('n mikroskoopplaatjie met 'n dun lagie bloed daarop wat gebruik word tydens die mikroskopiese ondersoek van bloed)

bloedsomloop : circulation (voortdurende beweging van die bloed in die liggaam)

bloedsomloopstelsel <kyk kardiovaskulêre stelsel> : circulatory system

bloedstelping <kyk ook angiotripsie; hemostase> : stypsis (meganisme waardeur bloedvloei gekeer word; stuiting van bloedvloei)

bloedstelsel <kyk

kardiovaskulêre stelsel> : circulatory system

bloedstolling <kyk ook hemostase> : blood clotting (wanneer vloeibare bloed in 'n jeltoestand verander n die beskadiging van 'n bloedvat)

bloedstuitend <kyk hemostaties> : haemostatic

bloedsuiend <kyk hematofagies> : haematophagous

bloedsuiker : blood sugar (hoeveelheid suiker <glukose> wat in die bloed aanwesig is)

bloedtelling : blood count (telling van rooibloedselle <eritrosiete> of witbloedselle <leukosiete> in een kubieke millimeter bloed)

bloedvat : blood vessel (slagaar <arterie>, aar <vene> of bloedhaarvate <bloedkapillêre>)

bloedvatskede <kyk peritelium> : perithelium

bloedvergiftiging <kyk toksemie> : toxaemia

bloedverlies <kyk hemoragie> : haemorrhage

bloedvervangstof : blood substitute ('n stof wat gebruik word om die tekort aan sirkulerende bloed aan te vul, bv dekstran)

bloedvormend <kyk hematogeen adj.> : haemopoetic

bloedvorming <kyk hematogenese> : haematogenesis

bloeier <kyk hemofilis> : bleeder

bloeityd : bleeding time (tydperk wat bloeding voortduur nadat die vel op standaardwyse geprik en bloed elke 30 sekondes met kladpapier opgesuig word)

bloeisiekte <kyk hemofilie> : haemophilia

blok : block ('n obstruksie of verstopping)

blokkeer (onderdruk) : block (uitdrukking wat daarop dui dat die funksie van organe gerem of gestop word, bv die geleiding van senuwee- of spierimpulse)

BMS <kyk basale metaboliese spoed> : BMR

boarm <kyk brachium> : upper arm

boarmbeen <kyk humerus> : humerus

bobeen <kyk dy> : upper leg

boggelrug <kyk kifose> : kyphosis

bokaak <kyk maksilla> : maxilla

bol <kyk bulbus> : bulbus

bolrond <kyk konveks> : convex

bolus : bolus (voedselbolletjie wat uit gekoude voedsel en speeksel gevorm word, gereed vir sluk)

bolvormig <kyk sferies> : spherical

bondel <kyk ook fasciculus; fassia> : bundle ('n groep vesels, bv spiere of senuwees)

bondel van His <kyk His-bondel> : bundle of His

bondelvormig <kyk fassiaal> : fascial

boodskapper-RNA <kyk ook ribosoom-RNA, transport-RNA>

(bRNA, mRNA) : messenger RNA, mRNA ('n vorm van RNA wat betrokke is by die oordra van instruksies vir proteïensintese <vanaf DNA in die kern na die ribosome in die sitoplasma van die sel>)

boog : arc (benaming wat gebruik word vir verskeie gebuigde liggaamsdele)

boogaar : arcuate vein (boogvormige bloedvat <aar> op die grens tussen die murg <medulla> en skors <korteks> van die nier)

boogslagaar : arcuate artery (boogvormige bloedvat <slagaar> op die grens tussen die medulla en korteks van die nier)

boogvormig <kyk sirkumfleks> : arcuate

boonste holaar <kyk vena cava superior> : precaval vein

boor (B) : boron, B ('n niemetaalelement met metaalagtige eienskappe)

bors <kyk mamma 2e inskrywing> : breast

bors <kyk pektus> : chest

bors <kyk toraks> : chest

bors : breast (voorste gedeelte van die borskas)

borsbeen <kyk sternum> : sternum

borsholte <kyk toraks> : thoracic cavity

borskas <kyk pektus> : chest

borskas <kyk toraks> : chest

borskasholte <kyk toraks> : chest cavity

borslimfbuis <kyk ductus thoracicus> : ductus thoracicus

boude : buttocks (dik, vlesige agterdeel van die mens se bobeen; gluteale uitbultings)

Bowman-kapsel <kyk ook Malpighi-liggaampie 2e inskrywing; nefron> (glomerulêre kapsel, glomeruluskapsel, kapsel van Bowman) : Bowman's capsule, glomerular capsule, glomerulus capsule (die verwyde, ingestulpte blinde punt van die nierbuisie <nefron> wat 'n glomerulus omring)

Bowman-klier : Bowman's gland (een van die kliere wat in die reukslymvliese <olfaktoriese slymvliese> van die neus voorkom)

Boyle-wet <kyk wet van Boyle> : Boyle's law

Br <kyk broom> : Br (chemiese simbool)

braak <kyk vomeer> : puke

brachium <kyk ook antebrachium; arm> (boarm, bragium) : brachium, upper arm (gedeelte van die arm tussen die skouer en die elmboog)

bradikardie : bradycardia ('n stadige pols of hartslag)

bradikinese <kyk ook inersie> (bewegingstraagheid) : bradykinesis (traagheid en/of verlies van beweging soos by afwykings wat die ekstrapiramidale stelsel aantas en bv Parkinson-siekte)

bragiaal : brachial (lyk soos 'n arm)

bragiaal : brachial (mbt die arm)

bragiale arterie (armslagaar) : brachial artery (hoofslagaar van die arm)

bragiale pleksus : brachial plexus (vlegwerk van senuwees wat aan die basis van die nek naby die klavikel geleë is)

bragignatie : brachygnathism ('n besondere kort kaak)

bragimorfies : brachymorphic (buitengewone kort en breë liggaamsbou)

bragium <kyk brachium> : brachium

braking <kyk vomering> : puking

brandpunt (fokus, fokuspunt) : focus (punt waar ligstrale of klankgolwe byeengebring word)

brandpunt <kyk fokus 3e inskrywing> : focus

brandpuntafstand <kyk fokale lengte> : focal distance

brein <kyk enkefalon> : brain

breinbalk <kyk corpus callosum> : corpus callosum

breinkas <kyk kranium> : cranium

breinstam (harsingstam) : brain stem (die gedeelte van die brein wat uit die midbrein, pons en medulla oblongata bestaan)

breinventrikel : brain ventricle (een van vier ruimtes in die brein wat met serebrospinale vloeistof gevul is)

breinvliese <kyk meninges> : meninges

breinvliesontsteking <kyk meningitis> : meningitis

breking <kyk refraksie> : refraction

breuk <kyk fraktuur> : fracture

breuk <kyk hernia> : hernia

bRNA <kyk boodskapper-RNA> : mRNA

Broca-area : Broca's area ('n funksionele area van die serebrum wat komplekse spieraktiwiteit van die mond, tong en larinks koördineer om spraak moontlik te maak)

bromidrose : bromidrosis (onwelriekende sweet)

bromisme : bromism (broomvergiftiging)

bronchus <kyk brongus> : bronchus

brongi <ekv brongus> : bronchi

brongiaal : bronchial (mbt brongi)

brongiale boom : bronchial tree (die vertakkende stelsel van lugbuise wat lug vanaf die tragea na die longe vervoer <sluit die brongi en brongioli in>)

brongiëktase (brongodilatasie, lugpypverwyding) : bronchiectasis, bronchodilatation (verwyding van die brongi)

brongioli <ekv brongiool> : bronchioles

brongiool <mv brongioli> (longpypie) : bronchiole <pl bronchioles> ('n kleiner vertakking van die brongi wat geen kraakbeen in die wand het nie en in die alveoli eindig)

brongitis : bronchitis (ontsteking van brongi)

brongodilatasie <kyk brongiëktase> : bronchodilatation

brongus <mv brongi> (bronchus, longpyp) : bronchus <pl bronchi> (een van die twee vertakkings van die trachea wat na die longe lei)

broom (Br) : bromine, Br ('n elektronegatiewe niemetaal wat aan die halogene behoort)

Brown-beweging (molekulêre

beweging) : Brownian motion, Brownian movement, Brown's phenomenon, molecular movement (die spontane beweging van anorganiese deeltjies in 'n vloeistof of gas wat veroorsaak word deur botsing van naasliggende molekules)

brug <kyk pons 2e inskrywing> : bridge

brug : bridge (beenagtige verhewendheid van die neus)

brug : bridge (middelste deel van die voet)

brug : bridge (smal weefselstrook)

brug van Varolius <kyk pons Varolii> : bridge of Varolius

Brunner-kliere (duodenale kliere) : Brunner's glands, duodenal glands (trosvormige slymvlieskliere in die submukosa van die duodenum)

B-sel <kyk B-limfosiet> : B-cell

bucca (mala, wang) : bucca, mala, cheek (vlesige gedeelte aan die kant van die gesig)

buffer : buffer ('n oplossing wat met 'n suur of 'n basis verbind en so help om die pH konstant te hou)

buigbaar <kyk ook fleksie> : flexible (kan gebuig word)

buigfraktuur <kyk groenhoutfraktuur> : greenstick fracture

buiging <kyk fleksie> : flexion

buigspier <kyk fleksor> : flexor

buik <kyk abdomen> : belly

buikgordel <kyk pelviese gordel> : pelvic girdle

buikholte <kyk abdominale holte> : abdominal cavity

buikloop <kyk diarree> : diarrhoea

buikvlies <kyk peritoneum> : peritoneum

buis <kyk ductus> : tube

buislose klier <kyk endokriene klier> : ductless gland

buisvormig <kyk tubulêr> : tubular

buite <kyk ekstern> : external

buiteharsingvlies <kyk dura mater> : dura mater

bukkaal (bukko-) : buccal, bucco- (mbt die wang of mond)

bukko- <kyk bukkaal> : bucco-

bukkofaringeaal : buccopharyngeal (mbt die mond en farinks)

bukkolabiaal : buccolabial (mbt die wang en lip)

bulbêr : bulbar (voorheen gebruik om verband met die medulla oblongata aan te toon)

bulbêr : bulbar (mbt bol)

bulbo-uretrale klier <kyk Cowper-

klier> : bulbo-urethral gland

bulbus (bol) : bulbus (ronde massa of verdikking)

bulimie <kyk polifagie> : bulimia

bulla <kyk blaar> : bulla

bulla : bulla (sistiese geswel in die long wat lug bevat)

bult (knop, knobbel) : boss ('n min of meer balvormige uitsteeksel of swelling, bv op die oppervlak van 'n been of tumor)

bunsenbrander : bunsen burner ('n gasbrander wat gewoonlik in 'n laboratorium gebruik word)

buret : buret, burette (lang, gegradueerde glasbuis met 'n kraan aan die onderkant wat gebruik word om 'n spesifieke hoeveelheid vloeistof af te meet)

bursa (slymbeurs) : bursa ('n sak of holte gevul met sinoviale vloeistof geleë op plekke waar

wrywing mag ontstaan, bv tussen 'n been en 'n tendon)

bursaal : bursal (mbt 'n bursa)

bursa-ekwivalente limfosiet <kyk B-limfosiet> : bursa-equivalent lymphocyte

bursitis : bursitis (ontsteking van 'n bursa)

bykomende organe <kyk aksessoriese organe> : accessory organs

bynier (adrenaalklier, epinefros, suprarenaalklier) : adrenal, adrenal gland, epinephros, suprarenal gland (een van die geel piramiedvormige endokriene kliere wat op die bopunt van elke nier geleë is)

bynierkorteks <kyk adrenale korteks> : adrenal cortex

byniermedulla <kyk adrenale

medulla> : adrenal medulla

byniermurg <kyk adrenale medulla> : adrenal medulla

bynierskors <kyk adrenale korteks> : adrenal cortex

bysiende <kyk miopies> : shortsighted

bysiendheid <kyk miopie> : shortsightedness

byskildklier <kyk paratiroïed> : parathyroid

bytestis <kyk epididimis> : epididymis

bytmiddel : caustic ('n skerp invretende stof, bv bytsoda)

bytsoda <kyk natriumhidroksied> : caustic soda

 

C

 

°C <kyk Celsius> : °C

C <kyk coulomb> : C

C <kyk koolstof> : C (chemiese simbool)

Ca <kyk kalsium> : Ca (chemiese simbool)

Ca+ : Ca+ (kalsiumioon)

CaCO3 <kyk kalsiumkarbonaat> : CaCO3 (chemiese formule)

candela (cd, kandela) : candela, cd (die SI-eenheid waarin ligintensiteit gemeet word)

cAMP <kyk sikliese adenosienmonofosfaat> : cAMP

CaO <kyk kalsiumoksied> : CaO (chemiese formule)

cauda equina (perdestert) : cauda equina, horse tail (die terminale trosvormige gedeelte van die rugmurgsenuwees wat die ruggraatkanaal deur 'n opening aan sy onderpunt, net voor die stuitjie, verlaat <dit het die voorkoms van 'n perdestert>)

CCl4 <kyk koolstoftetrachloried> : CCl4 (chemiese formule)

cd <kyk candela> : cd

Celsius <kyk ook Fahrenheit> (°C) : Celsius, °C ('n temperatuurskaal waarop die vriespunt van water as

0 °C en die kookpunt as 100 °C aangedui word)

Cestoda <kyk ook lintwurm; nematood; wurm> : Cestoda ('n klas parasitiese, gesegmenteerde platwurms sonder 'n mond of spysverteringskanaal)

CH4 <kyk metaan> : CH4

C2H2 <kyk etyn> : C2H2 (chemiese formule)

C2H4 <kyk eteen> : C2H4 (chemiese formule)

C2H5- <kyk etiel> : C2H5- (chemiese formule)

C2H6 <kyk etaan> : C2H6 (chemiese formule)

CHCl3 <kyk chloroform> : CHCl3 (chemiese formule)

cheilitis : cheilitis (ontsteking van die lip)

cheilose : cheilosis (siektetoestand waar barsies in die lip en mondhoeke ontstaan agv 'n gebrek aan sekere vitamiene)

cheiralgie : cheiralgia (pyn in die hande)

cheiromegalie : cheiromegaly (abnormale toestand gekenmerk deur besondere groot hande)

chemie (skeikunde) : chemistry (die studie van elemente en hulle chemiese verbindings)

chemies (skeikundig) : chemical (van of mbt die chemie)

chemiese binding <kyk ook ioniese binding; kovalente binding> : chemical bond (die aantrekkingskrag of krag wat atome bymekaar hou)

chemiese energie : chemical energy (die vermoë van 'n stof om arbeid te verrig <is geleë in die chemiese samestelling van die stof>)

chemiese ewewig : chemical equilibrium ('n toestand tydens 'n omkeerbare chemiese reaksie waar beide die voorwaartse en terugwaartse reaksie teen dieselfde tempo verloop)

chemiese formule : chemical formula ('n snelskrifmetode <syfers of letters> wat een molekule van 'n verbinding of element voorstel)

chemiese reaksie : chemical reaction ('n proses waar een of meer stowwe chemies reageer om nuwe stowwe te vorm)

chemiese verbinding : chemical compound ('n stof wat bestaan uit verskillende elemente wat chemies met mekaar verbind is, bv NaOH wat bestaan uit die elemente natrium, suurstof en waterstof)

chemiese vergelyking (vergelyking) : chemical equation, equation ('n vergelyking wat 'n chemiese reaksie voorstel, bv wanneer water <H2O> met natrium <Na> verbind, is die chemiese vergelyking 2Na + 2H2O -> 2NaOH + H2)

chemiese vertering : chemical digestion (opbreek van voedsel in absorbeerbare eenhede deur die inwerking van spysverteringsappe en ensieme)

chemoreseptor (chemoseptor) : chemoreceptor, chemoceptor (sensoriese reseptor wat op 'n spesifieke chemiese stof reageer)

chemoseptor <kyk chemoreseptor> : chemoceptor

chemosintese : chemosynthesis (die opbou van chemiese stowwe in organismes)

chemotakse : chemotaxis (die reaksie van selle en organismes op 'n chemiese stimulus, hetsy deur aantrekking <positief chemotakties> of afstoting <negatief chemotakties>)

chemotakties : chemotactic (mbt chemotakse)

chemoterapie : chemotherapy (behandeling of voorkoming van siektes deur chemiese stowwe wat die oorsaaklike mikro-organismes of agente teenwerk of vernietig, sonder 'n ernstige toksiese uitwerking op die pasiënt)

chiasma : chiasm, chiasma (skuins rangskikking of kruising <X-vormig>)

chiasma <mv chiasmata/kyk ook oorkruising> : chiasm, chiasma (kom oa voor by homoloë chromosome waar dit die aanhegtingspunt is waar oorkruising geskied en genetiese materiaal uitgeruil word)

chiasmata <ekv chiasma> : chiasmata

chiasmies : chiasmic (oorkruis; mbt chiasma)

chilomikron : chylomicron ('n mikroskopiese vetdruppel wat n vertering in die bloed teenwoordig is; 'n lipiedproteïenpartikel wat, na 'n maal, van die slymvliesepiteel van die dunderm na die limf gaan)

chimotripsien : chymotrypsin ('n proteolitiese ensiem wat in die duodenum gevorm word wanneer chimotripsinogeen deur tripsien geaktiveer word)

chimotripsinogeen : chymotrypsinogen ('n stof wat in die pankreas geproduseer word en wat die voorganger van chimotripsien is)

chiropodis (voetheelkundige) : chiropodist ('n spesialis wat hande en voete, veral liddorings, eelte en naels behandel)

chiropraktisyn : chiropractor ('n spesialis wat chiropraktyk beoefen)

chiropraktyk : chiropractic (terapie gegrond op die veronderstelling dat 'n persoon se gesondheidstoestand bepaal word deur die algemene toestand van die senuweestelsel)

chirurgie : surgery (afdeling van die geneeskunde waar snykunde <operatiewe behandeling> vereis word)

chloor (Cl) : chlorine, Cl (geelgroen gas; een van die halogene)

chloorsuur : chloric acid ('n swak suur wat algemeen as bleikmiddel of tydens watersuiwering gebruik word)

chloraat : chlorate ('n sout van chloorsuur)

chloried <kyk ook soutsuur> : chloride (enige sout van soutsuur <HCl>)

chloried : chloride (enige binêre verbinding met chloor)

chloriedverskuiwing : chloride shift (omruiling van chloried- en bikarbonaatione deur selmembrane gedurende die reaksie van CO2 en water in 'n sel)

chloriedverskuiwing : chloride shift (die beweging van chloriedione om die elektriese lading in liggaamsvloeistof gelyk te maak)

chlorofil (bladgroen) : chlorophyll (groen pigment wat in alle groen plante en sommige bakterieë aangetref word <absorbeer lig om energie te verskaf vir fotosintese>)

chloroform (CHCl3, trichlorometaan) : chloroform, CHCl3, trichloromethane (swaar, kleurlose, verdampende chloorvloeistof <inademing van dampe veroorsaak bewusteloosheid, daarom word dit as narkosemiddel gebruik>)

choana : choana (inwendige neusopening; opening na die oraalfarinks)

CHO-groep <kyk aldehiedgroep> : CHO group

C2H5OH <kyk etanol> : C2H5OH (chemiese formule)

cholangitis : cholangitis (ontsteking van die galbuise)

cholemie <kyk ook ikterus> : cholaemia (verhoogde galkonsentrasie in die bloed)

cholera : cholera (besmetlike maagsiekte <met hewige braking en maagwerking> wat deur 'n bakterium veroorsaak word)

cholesistokinien <kyk pankreosimien> : cholecystokinin

cholesterase : cholesterase (ensieme wat cholesterol opbreek)

cholesterol : cholesterol ('n vetagtige verbinding wat in die weefsels en vloeistowwe van diere aangetref word en waaruit sekere hormone, vitamien D en galsure gevorm word)

cholienesterase : cholinesterase ('n ensiem wat die afbraak van asetielcholien kataliseer)

cholinergies <kyk ook adrenergies> : cholinergic (beskryf 'n senuweevesel waar asetielcholien as oordragstof by die senuwee-eindpunt vrygestel word)

cholsuur <kyk galsuur> : cholic acid

cholurie : choluria (aanwesigheid van gal in die urine)

chondraal : chondral (mbt kraakbeen)

chondrien (kraakbeenstof) : chondrin (gelatienagtige proteïen in die kraakbeenmatriks)

chondriosoom <kyk mitochondrion> : chondriosome

chondroblast : chondroblast ('n sel wat kraakbeen vorm)

chondrodisplasie : chondrodysplasia (kongenitale wanvorming van die endochondrale been)

chondrogenese : chondrogenesis (die vorming van kraakbeen)

chondroklast : chondroclast (reusesel wat by die absorpsie van kraakbeen betrokke is)

chondrosiet (kraakbeensel) : chondrocyte (enigeen van die polimorfiese <veelvormige> selle wat die kraakbeen in die liggaam vorm)

chorda (koord, sening, string) : chorda, cord, sinew, string (enige struktuur wat soos 'n tou lyk)

chorda dorsalis (notokoord, vrugrugmurg) : chorda dorsalis, notochord (embrioniese weefsel waaruit die werwelkolom ontwikkel)

chordaal : chordal (mbt die chorda dorsalis)

chordae tendineae (hartklepstringe) : chordae tendineae (onrekbare seningdraadjies wat die punte van die atrioventrikulêre kleppe aan die papillêre spiere verbind om te verhoed dat dit toeklap)

Chordata : Chordata ('n groep diere wat gedurende een of ander stadium in hulle lewensiklus 'n notokoord besit)

chorion <kyk ook fetale membraan> : chorion (buitenste embrioniese membraan wat by die vorming van die plasenta 'n rol speel)

chorionies : chorionic (mbt die chorion)

chorioniese gonadotropien : chorionic gonadotropin ('n hormoon wat deur die chorion en later die plasenta gesekreteer word en die vrystelling van estrogeen en progesteroon tydens swangerskap stimuleer)

chorioniese villus <kyk chorionvillus> : chorionic villus

chorionvillus (chorioniese villus) : chorionic villus (vingeragtige uitgroeisel van die buitenste oppervlak van die chorion wat betrokke is by die uitruiling van stowwe met moedersbloed)

choroïed (oogvaatvlies, vaatvlies) : choroid (die vaskulêre, gepigmenteerde middelste laag van die oogwand <tussen die retina en sklera>)

choroïedpleksus : choroid plexus ('n massa gespesialiseerde bloedkapillêre wat uitsteeksels in die ventrikels van die brein vorm en serebrospinale vloeistof sekreteer)

chromaffien : chromaffin (wat maklik met chroomsoute kleur)

chromatied : chromatid (een van die twee eenderse helftes waarin 'n chromosoom tydens seldeling splits)

chromatien : chromatin ('n netwerk nukleoproteïene in die kern van selle wat tydens seldeling oorsprong gee aan chromosome)

chromaties : chromatic (mbt chromatien)

chromaties : chromatic (mbt kleur)

chromatofiel (chromofiel) : chromatophil, chromophil (maklik kleurbaar)

chromatofobie : chromatophobia (afsku vir bepaalde kleure)

chromatogeen : chromatogenous (wat kleur voortbring)

chromatografie : chromatography (proses wat gebruik word om chemiese stowwe <vloeistowwe, vastestowwe of gasse> van mekaar te skei)

chromatogram : chromatogram (rekord wat verkry is nadat chromatografie uitgevoer is)

chromatose : chromatosis (abnormale velpigmentasie)

chromaturie : chromaturia (uitskeiding van abnormaal gekleurde urien)

chromofiel <kyk chromatofiel> : chromophil

chromofoob : chromophobe (mbt selle wat moeilik of glad nie gekleur kan word nie)

chromofoor (kleurstofdraer) : chromophore (groep atome wat die kleur van 'n kleurstof bepaal)

chromomeer : chromomere (enigeen van die chromatienkorreltjies wat in 'n ry op 'n chromosoom voorkom)

chromoproteïen : chromoprotein (gekonjugeerde proteïen, bv hemoglobien, waarvan die prostetiese groep gekleurd is)

chromosoom <kyk ook geen> : chromosome (staafvormige struktuur wat gedurende seldeling in die kern sigbaar word en uit chromatien gevorm word <selle van 'n bepaalde spesie het 'n kenmerkende getal chromosome, nl 46, of 23 paar by die mens, wat die gene of erflike eienskappe van 'n sel dra>)

chronies <cf akuut> : chronic (tov 'n siekte of ongesteldheid wat stadig ontwikkel en oor 'n lang tydperk strek)

chronograaf : chronograph (instrument wat kort tydintervalle registreer, bv 'n stophorlosie)

chronologies : chronologic, chronological (volgens tydsvolgorde)

chroom (Cr) : chromium, Cr (harde, grys metaalelement)

chyl (kyl) : chyle (limf wat geëmulsifiseerde vetdruppeltjies bevat en in die lakteaalvate aangetref word nadat vetvertering en absorpsie plaasgevind het)

chym (kym, spysbry) : chyme (gedeeltelik verteerde, vloeibare kosmassa wat die maag verlaat)

cilia <ekv cilium> : cilia

cilium <mv cilia/kyk silium> : cilium

cisterna (sisterne) : cisterna, cistern (holte of reservoir wat vloeistof bevat)

cisterna cerebellomedullaris <kyk cisterna magna> : cisterna cerebellomedullaris

cisterna chiasmatica : cisterna chiasmatica (subaragnoïedruimte tussen die optiese chiasma en die rostrum van die corpus callosum)

cisterna chyli (kylholte) : cisterna chyli (verwyding aan die onderpunt van die torakale buis waarin die groot limfvate van die onderste ledemate dreineer)

cisterna interpeduncularis : cisterna interpeduncularis (verwyde gedeelte van die subaragnoïedruimte tussen die twee serebrale pedunkels)

cisterna magna (cisterna cerebellomedullaris, groot sisterne) : cisterna magna, cisterna cerebellomedullaris (subaragnoïedruimte agter die medulla oblongata en onder die serebellum)

cisterna pontis : cisterna pontis (subaragnoïedruimte voor die pons)

Cl <kyk chloor> : Cl (chemiese simbool)

claustrum : claustrum (dun lagie grysstof wat tussen die witstof van die insula en die eksterne kapsel van die brein voorkom)

cm <kyk sentimeter> : cm

cm3 <kyk kubieke sentimeter> : cm3

Co <kyk kobalt> : Co (chemiese simbool)

CO <kyk koolstofmonoksied> : CO (chemiese formule)

CO2 <kyk koolstofdioksied> : CO2 (chemiese formule)

Colles-fraktuur : Colles's fracture (fraktuur van die onderkant van die radius met dorsaalwaartse verplasing)

communicans : communicans (kommunikerend of verbindend)

communis : communis (gemeenskaplik of gesamentlik)

compos mentis <cf non compos mentis> : compos mentis ('n toestand waarin 'n persoon by sy volle verstand is)

Condy-kristalle (kaliumpermanganaat, KMnO4) : Condy's crystals, potassium permanganate, KMnO4 (donkerpers kristalle wat algemeen as anti-infektiewe middel gebruik word)

Conn-sindroom : Conn's syndrome (hiperaldosteronisme; 'n siekte agv buitensporige aldosteroonsekresie)

cor <kyk ook hart> : cor (verwys na die hart)

corona radiata : corona radiata (laag follikelselle rondom die ryp ovum)

corpora <ekv corpus> : corpora

cor pulmonale (pulmonêre hartsiekte) : cor pulmonale, pulmonary heart disease (hartsiekte wat die gevolg is van 'n siekte van die longe of longbloedvate)

corpus <mv corpora/kyk ook soma 2e inskrywing; torso> (liggaam) : corpus, body (die hele struktuur van 'n individu bestaande uit die kop, nek, romp en ledemate met al die organe)

corpus <mv corpora> (liggaam) : corpus, body (grootste of belangrikste deel van 'n orgaan of struktuur, bv werwelliggaam)

corpus <mv corpora> (liggaam) : corpus, body (enige massa gespesialiseerde weefsel)

corpus albicans (eierlitteken, witliggaam) : corpus albicans (litteken wat oorbly na degenerasie van die corpus luteum)

corpus callosum (breinbalk, harsingbalk) : corpus callosum (massa senuvesels wat die twee serebrale hemisfere met mekaar verbind)

corpus cavernosum : corpus cavernosum (sponsagtige liggaam in die wortel van óf die klitoris óf die penis)

corpus ciliare (siliaarliggaam, siliêre liggaam, straalliggaam) : corpus ciliare, ciliary body (verdikte deel van die vaskulêre laag van die oog wat die iris met die voorste deel van die choroïed verbind en wat die siliaarspier bevat)

corpus luteum (geelliggaam, luteaalliggaam) : corpus luteum, luteal body ('n endokriene klier wat n ovulasie in die ovarium vorm en die vroulike geslagshormone sekreteer; geel liggaampie wat in die ovarium ontwikkel nadat die ovum vrygestel is)

corpus spongiosum : corpus spongiosum (sponsagtige liggaam waarin die penisgedeelte van die uretra lê)

corpus sterni <kyk ook manubrium; xifoïed> (gladiolus) : corpus sterni, gladiolus (middelste deel van die sternum)

corpus striatum (streepliggaam) : corpus striatum (een van die komponente van die basale ganglia, 'n subkortikale massa van grys- en witstof wat voor en lateraal tot die talamus in elke serebrale hemisfeer voorkom)

corpus trapezoideum : corpus trapezoideum (dwarslopende veselbondel in die pons wat deel van die gehoorvesels uitmaak)

Corti-orgaan (orgaan van Corti) : Corti's organ (struktuur in die koglea wat klankgolwe omsit in senuwee-impulse)

coulomb (C) : coulomb, C (die SI-eenheid van elektriese lading, gedefinieer as die hoeveelheid lading wat deur 'n elektriese stroom van een ampŠre in een sekonde gedra word)

Cowper-klier (bulbo-uretrale klier) : Cowper's gland, bulbo-urethral gland (enigeen van twee ertjievormige kliere wat in die uretrale sfinkter van die man voorkom)

coxa <kyk ook heupgewrig> (heup, koksa) : coxa, hip (gebied aan weerskante van die bekken)

Cr <kyk chroom> : Cr (chemiese simbool)

crista (krista) : crista (struktuur wat uitsteek, veral vanaf 'n beenrif; 'n projeksie)

crista (krista) : crista (dwars invouende membrane van 'n mitochondrion)

crista acustica <kyk crista

ampullaris> : crista acustica

crista ampullaris (crista acustica) : crista ampullaris, crista acustica (reseptororgaantjie in die ampulla van die halfsirkelvormige kanale van die oor)

crura <ekv crus> : crura

crus <mv crura/kyk ook been> : crus (die been vanaf die knie tot die voet)

crus <mv crura> : crus (algemene term om anatomiese strukture met die vorm van 'n been aan te toon)

crusta (kors) : crusta, crust (harde, gedroogde eksudaat)

Cs <kyk sesium> : Cs (chemiese simbool)

Cu <kyk koper> : Cu (chemiese simbool)

cuneus : cuneus ('n wigvormige lob van die oksipitale lob van die serebrum wat aan die mediale oppervlak van die agterkant van die serebrale hemisfeer voorkom)

Cushing-siekte <kyk ook hiperadrenalisme> : Cushing's disease (siekte wat veroorsaak word deur oormatige afskeiding van ACTH of adrenokortikotrofiese hormone)

Cushing-sindroom : Cushing's syndrome (toestand wat veroorsaak word deur oortollige glukokortikoïedsekresie, veral kortisol)

CuSO4 <kyk kopersulfaat> : CuSO4 (chemiese formule)

cutis <kyk integument> : cutis

 

D

 

dagblindheid <kyk hemeralopie> : day blindness

dakrioree <kyk ook lakrimasie> (traanvloed) : dacryorrhoea, (oortollige vloeiing van trane)

dakriosist <kyk saccus lacrimalis> : dacryocyst

dakriosolen : dacryosolen (traanbuis of traankanaal)

daktiel <kyk daktilus> : dactyl

daktilaat : dactylate (met die voorkoms van 'n vinger of 'n toon)

daktilies : dactylar, dactylic (mbt 'n vinger of toon)

daktilus (daktiel) : dactylus, dactyl ('n vinger of 'n toon, veral laasgenoemde)

dalende kolon : descending colon (die deel van die kolon wat afwaarts draai en langs die linkerkant van die buikholte tot min of meer regoor die linkerheupbeen strek)

Dalton-wet <kyk wet van Dalton> : Dalton's law

damp (wasem) : fume, vapour (enige stof in 'n gasvormige toestand, bv stoom; opstygende vogdeeltjies)

dampdruk : vapour pressure (die druk wat uitgeoefen word deur 'n damp <gas> wat deur 'n vastestof of vloeistof afgegee word)

dartos : dartos (kontraktiele spierlaag onder die vel van die skrotum en labia majora)

Darwinisme <kyk ook evolusie> : Darwinism (lewensbeskouing dat alle bestaande organismes deur natuurlike seleksie uit laeres ontstaan het)

deamidase <kyk ook deaminase> : deamidase (ensiem wat amiede hidroliseer)

deamidasie : deamidation (hidrolise van 'n amied tot karboksielsuur)

deaminase <kyk ook deamidase> : deaminase (ensiem wat amiene hidroliseer)

deaminasie : deamination (ensimatiese verwydering van 'n aminogroep

<-NH2> van 'n aminosuur <deur reduksie, hidrolise of oksidasie>)

deasetilering : deacetylation (verwydering van 'n asetielgroep uit 'n verbinding)

deasidifisering : deacidification (neutralisering van 'n suur)

debris (afvalmateriaal) : debris (wat oorbly van 'n stof wat gedisintegreer het)

dedifferensiasie <cf differensiasie> : dedifferentiation (verlies van differensiasie van selle)

defek : defect ('n gebrek, tekortkoming of fout)

defekasie : defecation (uitskeiding van feses vanaf die rektum deur die anus; proses van ontlasting)

defibrillasie <kyk ook fibrillasie> : defibrillation (stopsetting van kardiale fibrillasie, gewoonlik deur 'n elektriese apparaat)

defibrillasie : defibrillation (verwydering van vesels)

defibrillator : defibrillator (apparaat wat gebruik word om fibrillasie stop te sit deur die toediening van 'n elektriese skok)

defibrinasie : defibrination (verwydering van fibrien)

defibrineer : defibrinate (van fibrien of veselstof vrymaak)

defleksie : deflection, deflexion (in fisika beteken dit dat die naald van 'n instrument van sy nulposisie af wegbeweeg het)

defleksie : deflection, deflexion (afwyking van 'n bepaalde koers)

deflekteer : deflect (om van 'n bepaalde koers af te wyk)

deformasie (mismaking, verminking, vervorming) : deformation ('n verandering in die grootte en vorm van 'n voorwerp)

degenerasie : degeneration (afname in fisiese, funksionele of verstandelike doeltreffendheid)

degenerasie : degeneration (vermindering van lewenskrag in opeenvolgende geslagte)

degeneratief : degenerative (mbt degenerasie)

degenereer : degenerate (om af te neem of te verminder)

degradering : degradation (om af te breek)

degradering : degradation (redusering van 'n chemiese verbinding n verwydering van een of meer gedeeltes van sy molekulêre struktuur)

dehidrasie <cf hidrasie> (anhidrasie, ontwatering) : dehydration, anhydration (die toestand wat in 'n organisme ontstaan agv 'n watertekort)

dehidrasie <cf hidrasie> (anhidrasie, ontwatering) : dehydration, anhydration (verwydering van water vanuit enige stof)

dehidrasiesintese (dehidrolise) : dehydration synthesis, dehydrolysis (opbou van 'n groot molekule uit kleiner molekules met die verlies van 'n molekule water; anaboliese proses waardeur molekules met mekaar verbind om groter molekules te vorm)

dehidreer <cf hidreer> (anhidreer, ontwater) : dehydrate, anhydrate (water verwyder of verloor)

dehidrogenase : dehydrogenase (een van 'n groep ensieme wat die verwydering van waterstof uit die substraat kataliseer)

dehidrogenasie : dehydrogenation (die chemiese proses waardeur waterstofione vanuit 'n stof verwyder word deur oksidasie)

dehidrolise <kyk dehidrasiesintese> : dehydrolysis

Deiter-selle : Deiter's cells (stutselle tussen die haarselle in die Corti-orgaan wat aan die basale membraan geheg is)

dekalsifikasie <cf kalsifikasie> (ontkalking) : decalcification (verlies van kalsium uit been of ander weefsel)

dekameter : decameter (tien meter)

dekantering (afgieting) : decantation (versigtige afgooi van die vloeistof wat bokant 'n ander vloeistof of 'n sediment lê)

dekapsulering (ontkapseling) : decapsulation (afstroping van 'n kapsule, bv die renale kapsule)

dekarboksilasie : decarboxylation (die verwydering van een of meer karboksielgroepe <waardeur 'n organiese suur tot CO2 ontbind>)

dekarboneer <cf karboneer> : decarbonate (die verwydering van koolstofdioksied <CO2> uit 'n stof)

dekarbonering <cf karbonering> : decarbonation (handeling van dekarboneer)

dekarboniseer <cf karboniseer> : decarbonise (die verwydering van koolstof <C> uit 'n stof, bv die verwydering van koolstof vanuit die bloed in die longe deur koolstofdioksied te vervang met suurstof)

dekglasie <kyk ook voorwerpglasie> : cover glass ('n dun glasplaatjie wat gebruik word om die preparaat vir mikroskopiese ondersoek op die voorwerpglasie te bedek)

dekompensasie : decompensation (verlies aan doeltreffendheid van funksie, bv die onvermoë van die hart om bloedsirkulasie aan die gang te hou)

dekomposisie <kyk ook ontbinding; verrotting> : decomposition (die opbreek van 'n saamgestelde stof in sy eenvoudigste bestanddele)

dekompressie : decompression (verwydering of vermindering van druk)

dekongestie <cf kongestie> : decongestion (vermindering of opheffing van kongestie of swelling)

dekontaminasie <cf kontaminasie> : decontamination (verwydering van besmetting of besoedeling van bv radioaktiewe materiaal)

dekrement : decrement (afname of vermindering)

dekster <cf sinister> (regs) : dexter, right (dui die regterkant aan)

dekstraal : dextral (mbt die regterkant)

dekstran : dextran ('n wateroplosbare polimeer van glukose wat gebruik word om die plasmavolume te verhoog)

dekstrase : dextrase (ensiem wat dekstrose ombou tot melksuur)

dekstrien : dextrin ('n tussenproduk in die afbrekingsproses of vertering van stysel na glukose; 'n polisakkaried bestaande uit ses tot twaalf glukose-eenhede)

dekstrose (druiwesuiker, glukose) : dextrose, glucose (belangrikste bloedsuiker; monosakkaried met ses koolstowwe <C6H12O6>)

dekstroserebraal : dextrocerebral (geleë in die regter- serebrale hemisfeer; wat in die regterhelfte van die brein ontstaan)

dekstrosinistraal : dextrosinistral (wat van regs na links strek)

dekvlies <kyk konjunktiva> : conjunctiva

dekweefsel <kyk epiteel> : epithelium

delaminasie : delamination (opsplitsing in lae)

deling (splitsing) : division, fission (fisiese of chemiese verandering waarby 'n verbinding in eenvoudiger stowwe opgebreek word)

delirium <kyk ook dementia> : delirium ('n akute organiese geestesversteuring wat gekenmerk word deur verwarring, disoriëntering, rusteloosheid, ylhoofdigheid ens)

delirium tremens (drinkerswaansin) : delirium tremens, alcoholic paranoia ('n akute fisiese en geestelike siekteaandoening agv langdurige alkoholgebruik)

delta (ë) : delta, ë (die vierde letter van die Griekse alfabet)

delta (ë) : delta, ë (enige driehoekige spasie)

deltoïed : deltoid (groot, sterk, driehoekige spier wat die skouergewrig bedek)

demarkasie : demarcation (afbakening)

demensie <kyk dementia> : dementia

dementia <kyk ook delirium> (demensie, kranksinnigheid) : dementia, insanity ('n progressiewe organiese geestesafwyking gekenmerk deur chroniese persoonlikheidsverval, verwarring, die verval van intellektuele vermoëns en funksies, ens)

demiëlinering : demyelination (vernietiging van die miëlienskede van senuweevesels)

demifaset : demifacet ('n klein artikulasieoppervlak op elk van twee bene wat albei met 'n derde been artikuleer, bv 'n rib wat met twee torakswerwels artikuleer)

demineralisasie : demineralisation (verlies van minerale soute uit die liggaam)

denaturasie : denaturation ('n verandering in die vorm van 'n proteïenmolekule wat veroorsaak dat die eienskappe, en dikwels ook die funksie daarvan, verlore gaan)

denatureer <kyk ook denaturasie> : denaturate, denaturise (om die vorm en aard te verander)

dendriet <kyk ook akson> (dendron) : dendrite, dendron ('n vertakte uitsteeksel van 'n senuweeselliggaam wat senu-impulse ontvang en na die selliggaam voer)

dendrities : dendritic (mbt 'n dendriet)

dendrities : dendritic (met 'n vertakte voorkoms)

dendron <kyk dendriet> : dendron

denitrifikasie : denitrification (redusering van nitrate tot stikstof <vind plaas deur sekere bakterieë>)

dens <kyk ook odontoïedproses> : dens ('n tandvormige struktuur)

dentasie : dentation ('n tandvormige uitsteeksel)

dentien (tandbeen) : dentine (ivoorgedeelte van tande <die grootste deel van die substansie van 'n tand bestaan hieruit>)

dentikel : denticle (klein, tandagtige uitsteekseltjie; verkleiningsvorm van dens)

dentikulaat : denticulate (met tandvormige uitsteeksels)

dentisie <kyk ook tandformule> : dentition (die rangskikking, aantal en soorte tande in die kakebeen)

dentisie (tandekry) : dentition, teething (ontwikkeling van tande)

dentoïed <kyk odontoïed> : dentoid

deoksigeneer <cf oksigeneer> : deoxygenate (om suurstof te verwyder)

deoksigenering <cf oksigenering> : deoxygenation (verwydering van suurstof)

deoksihemoglobien <cf oksihemoglobien> : deoxyhaemoglobin (hemoglobien wat nie suurstof dra nie)

deoksiribonuklease : deoxyribonuclease (ensiem wat DNA polimeriseer)

deoksiribonukleïensuur <kyk ook nukleïensuur; ribonukleïensuur> (DNA, DNS) : deoxyribonucleic acid, DNA ('n groot nukleïensuurmolekule wat hoofsaaklik in die chromosome van die selkern voorkom en die genetiese inligting bevat)

deoksiribose : deoxyribose (aldopentose wat in DNA voorkom)

depolarisasie <cf polarisasie> : depolarisation (verlies van elektriese lading op die membraanoppervlak)

depolariseer <kyk ook depolarisasie/cf polariseer> : depolarise (verlies van polariteit of gepolariseerde toestand)

depressie : depression (holte)

depressie : depression (afwaartse verplasing; neerdrukking)

depressie : depression (verlaging van funksionele aktiwiteit)

depressie : depression (bedruktheid)

depressor : depressor (bv spier of instrument wat iets afdruk)

depressor : depressor ('n agent wat 'n proses vertraag of inhibeer)

derivaat : derivative (chemiese stof wat uit 'n moederstof verkry is)

derm <kyk intestinum> : intestine

dermkanaal <kyk intestinum> : gut

dermaal (dermaties) : dermal, dermatic (mbt of geassosieer met die huid)

dermale papil : dermal papilla ('n uitsteeksel van die dermis in die epidermis)

dermaties <kyk dermaal> : dermatic

dermatitis : dermatitis (inflammasie van die vel)

dermatose : dermatosis (enige velsiekte)

dermatologie : dermatology (die mediese spesialiteitsrigting wat te doen het met die diagnose en behandeling van die vel en sy siektes)

dermbeen <kyk ilium> : ilium

dermholte <kyk enteron> : enteron

dermis (korium, leerhuid) <kyk ook epidermis> : dermis, corium (vellaag tussen die epidermis en die subkutane weefsel wat ryk is aan bloedvate, senuwees en velstrukture, bv sweetkliere)

dermkeil <kyk mesenterium> : mesentery

dermsap <kyk succus entericus> : intestinal juice

dermvlokkie <kyk intestinale villus> : intestinal villus

desensitiseer <cf sensitiseer> : desensitise (om gevoelloos te maak)

desibel : decibel (een tiende van 'n bel <logaritmiese eenheid van klankintensiteit>)

desidua : decidua (dit is die deel van die uterusslymvlies wat met bevrugting en swangerskap sterk ontwikkel en na die bevalling losskeur en uitgewerp word as die nageboorte)

desikkasie (opdroging, uitdroging) : desiccation (om water of vog uit 'n stof te verwyder dmv 'n higroskopiese stof, bv anhidriese kopersulfaat)

desikkator : desiccator (geslote houer om apparaat of chemikalieë droog te hou)

deskwamering : desquamation (afskilfering van die oppervlakepiteel)

desmologie : desmology (anatomie van die ligamente)

desmosoom : desmosome (verbinding tussen selle bestaande uit verdikte plasmamembrane geheg deur filamente; klein sentrale verdikking van die intersellulêre br-e in epiteelweefsels)

detektor (aanwyser, opspoorder) : detector ('n instrument of apparaat wat gebruik word om die teenwoordigheid van 'n fisiese krag aan te toon, bv elektromagnetiese strale)

detoksifikasie <kyk

detoksikasie> : detoxification

detoksikasie (detoksifikasie, ontgiftiging) : detoxication, detoxification (verwydering van die toksiese of giftige eienskappe van 'n verbinding)

detorsie : detorsion (korreksie van 'n abnormale draaiing)

detritus : detritus (materiaal wat agterbly nadat die oorspronklike stof of weefsel gedisintegreer het)

detrusor : detrusor (algemene term wat gebruik word vir enige liggaamsdeel wat iets afdruk of uitstoot)

detrusor urinae : detrusor urinae (gladdespiervesels van die blaas wat urinering bevorder)

detubering : detubation (verwydering van 'n buis)

deurdringing <kyk penetrasie 2e inskrywing> : penetration

deurlatend : permeable (eienskap van 'n membraan of ander stof om vloeistof, gas, lig of ander deeltjies te laat deurgaan)

deurlatendheid : permeability (mate waarin membrane stowwe sal deurlaat of nie)

deuteranopie <kyk agloukopsie> : deuteranopia

deuterium : deuterium ('n isotoop van waterstof met 'n massagetal van 2 <2H>)

deviasie (afwyking) : deviation (iets wat van die normale verskil)

DI <kyk diabetes insipidus> : DI

diabeet <kyk diabetiker> : diabetic

diabetes : diabetes ('n algemene term wat gebruik word vir 'n metaboliese ongesteldheid wat gekenmerk word deur 'n oormatige uitskeiding van urien <poliurie>)

diabetes insipidus (DI, dorssug) : diabetes insipidus, DI ('n siekte gekenmerk deur dors, poliurie en die onvermoë om gekonsentreerde urien te vorm <gewoonlik weens 'n gebrek aan ADH>)

diabetes mellitus <kyk ook hiperglisemie> (DM, suikersiekte) : diabetes mellitus, DM ('n siekte gekenmerk deur poliurie, glukosurie, polidipsie en hiperglukemie, maw ophoping van glukose in die bloed en urine <veroorsaak deur 'n insuliengebrek>)

diabeties : diabetic (mbt diabetes)

diabetiker (diabeet, diabetikus) : diabetic (iemand wat aan diabetes mellitus ly)

diabetikus <kyk diabetiker> : diabetic

diabetogeen : diabetogenic (wat diabetes veroorsaak)

diafise <kyk ook epifise 1e inskrywing> : diaphysis (middelste deel <skag> van 'n langbeen)

diafragma (middelrif) : diaphragm, midriff (dun, koepelvormige spierplaat wat die borsholte van die buikholte skei)

diafragma : diaphragm (enige dun skeidingsmembraan, bv septum)

diagnose : diagnosis (die identifisering van 'n siekte na aanleiding van sy tekens en simptome)

dialise : dialysis (metode waar kleiner opgeloste stowwe van groter opgeloste stowwe geskei word, deurdat die kleiner molekules deur 'n halfdeurlatende membraan beweeg)

dialiseerder : dialyser (instrument vir die uitvoering van dialise)

diameter <kyk middellyn> : diameter

diapedese : diapedesis (deurgang van bloedselle deur ongeskonde wande van bloedvate)

diarree (buikloop) : diarrhoea (herhaalde ontlasting van min of meer vloeibare feses)

diartrose : diarthrosis (vrylik beweeglike gewrig)

diasetielmorfien <kyk heroïen> : diacetylmorphine

diasoverbinding : diazo compound (organiese verbinding wat 'n N2-groep bevat)

diastase : diastase (ensiem wat in speeksel of pankreassap aangetref word en in staat is om stysel af te breek tot dekstrose en maltose)

diastolie <kyk diastool> : diastole

diastolies <cf sistolies> : diastolic (mbt of tydens diastool)

diastoliese druk <cf sistoliese druk> : diastolic pressure (die laagste bloeddruk gedurende die verslappingsfase van die hart)

diastool <cf sistool> (diastolie) : diastole (rustoestand van die hart; verslappingstoestand van die hartkamers waartydens hulle met bloed gevul word)

diatermie (elektriese deurwarming) : diathermy (opwekking van hitte in liggaamsweefsels, toe te skryf aan die weerstand wat weefsels bied teen 'n hoë-frekwensie elektromagnetiese stroom wat daardeur gestuur word)

diatomies : diatomic (beskryf 'n molekule wat uit twee atome bestaan, bv water <H2O> of soutsuur <HCl>)

dibasies (dubbelbasies) : dibasic (mbt 'n chemiese stof wat in 'n suur-basis-ewewig beide as 'n suur of as 'n basis kan optree, bv swaelsuur <H2SO4>)

dichromaat : dichromate (enige sout van dichroomsuur)

dichromaat <kyk ook achromaat; trichromaat> : dichromat (persoon wat slegs twee grondkleure kan onderskei)

dichromaties <kyk ook achromaties 2e inskrywing> : dichromatic (met twee kleure)

dichromatisme <kyk ook achromatisme> : dichromatism (toestand van gedeeltelik kleurblind te wees)

dieet (voedselvoorskrif) : diet (lewensreël met betrekking tot voedsel en drank)

diënkefalon (diënsefalon, tussenharsings) : diencephalon, interbrain (die tweede gedeelte van die brein geleë rondom die derde breinventrikel <sluit die talamus en hipotalamus in>)

diënsefalon <kyk diënkefalon> : diencephalon

dierestysel <kyk glikogeen> : glycogen

diëtieleter <kyk eter 2e inskrywing> : diethyl ether

difasies : diphasic (wat in twee fases gebeur)

differensiasie <kyk ook gedifferensieerd; ongedifferensieerd/

cf dedifferensiasie> : differentiation (wanneer selle in hul normale ontwikkeling 'n sekere bou, vorm en eienskappe aanneem om 'n spesifieke funksie in daardie weefsel of orgaan te vervul)

differensieel : differential (wat betrekking het op, of in verband staan met spesifieke verskille)

differensieel deurlatend <kyk selektief deurlatend> : differentially permeable

differensiële bloedtelling : differential blood count (opgawe van relatiewe getalle van elk van die verskillende tipes bloedselle)

diffraksie (straalbreking) : diffraction (afwyking van die liniêre voortplantingsrigting van 'n golf wanneer dit van een medium na 'n ander met verskillende digtheid gaan)

diffundeer : diffuse (versprei agv diffusie)

diffundeerbaar : diffusible (in staat om te versprei)

diffusie <kyk ook osmose> : diffusion (passiewe verspreiding van molekules van 'n hoë na 'n lae konsentrasie van 'n stof, totdat die konsentrasie van die bepaalde stof oral dieselfde is)

diffuus : diffuse (in alle rigtings verspreid of verstrooi)

difterie (witseerkeel) : diphtheria (besmetlike siekte veroorsaak deur 'n toksogeniese bacillus en gekenmerk deur die vorming van vliesagtige neerslae op die ontsteekte slymvliese <dit kom gewoonlik in die keelholte, die strottehoof en die lugpyp voor>)

digestie <kyk ook ingestie> (spysvertering, vertering) : digestion (chemiese of meganiese opbreek van onverteerde voedsel in die spysverteringskanaal in kleiner, eenvoudiger dele, sodat dit geabsorbeer kan word)

digitaal : digital (mbt 'n vinger of 'n toon)

digitasie : digitation (vingervormige of puntige gedeelte)

digitus : digitus, digit (vinger of toon)

digliseried : diglyceride ('n molekule wat uit gliserol en twee vetsure bestaan)

digtheid : density (kompaktheid)

digtheid <kyk ook absolute digtheid; relatiewe digtheid; optiese

digtheid> : density (hoeveelheid molekules van 'n stof in 'n spesifieke volume <ruimte>)

dihidraat : dihydrate (verbinding wat twee molekules water of twee hidroksielgroepe bevat)

dihidries : dihydric (met twee waterstofatome in elke molekule)

dikderm <kyk ook kolon/cf dunderm> : large intestine (deel van die spysverteringskanaal bestaande uit die sekum, appendiks, kolon en rektum)

dilatasie : dilatation (verwyding van 'n buis of holte)

dilateer (verwyd) : dilate (wyer maak of word)

dilator : dilator (spier, of enige ander middel, wat verwyding van 'n opening teweegbring)

dimetiel <kyk ook etaan> : dimethyl (verbinding wat twee metielgroepe bevat)

dimensie : dimension (grootte, omvang of afmetings van 'n voorwerp)

dimorfies : dimorphic (wat in twee verskillende vorms voorkom)

dimorfisme (dubbelvormigheid) : dimorphism (kom in twee verskillende vorms voor)

dinamies : dynamic (wat krag of beweging besit)

dinamiese ewewig : dynamic equilibrium (die handhawing van ewewig <balans> wanneer die liggaam of kop skielik beweeg of roteer)

dinamiese ewewig : dynamic equilibrium (die handhawing van 'n konstante interne omgewing ten spyte daarvan dat stowwe gedurig in die liggaam inkom of daaruit vloei)

dinamika : dynamics (afdeling van die fisika wat handel oor die werking van kragte of bewegings)

dinamometer <kyk ook ergometer> : dynamometer (instrument waarmee die krag van spierkontraksie gemeet word)

dioksied : dioxide (enige verbinding wat twee suurstofatome bevat, bv CO2)

diopter : diopter (refraksievermoë van 'n lens met 'n brandpuntafstand van een meter)

dipeptied <kyk ook peptied; polipeptied> : dipeptide ('n verbinding wat bestaan uit twee aminosuurmolekules wat dmv 'n peptiedband aan mekaar vas is)

diploblasties : diploblastic (met twee kiemlae)

diplokokkus <kyk ook kokkus> : diplococcus ('n kokkus wat in pare voorkom; 'n paar bolvormige selle wat aanmekaarkleef)

diploë : diploe (sponsagtige beenweefsel tussen die buitenste en binneste beenlae van die kranium)

diploïed <kyk ook haploïed> : diploid (beskryf 'n selkern met dubbel die aantal chromosome as wat in die gameet teenwoordig is; die normale chromosoomgetal van somatiese selle <voorgestel deur 2n>)

diplopie (dubbelvisie) : diplopia (om dubbel te sien, dws een voorwerp lyk soos twee)

diploteen : diplotene (daardie stadium gedurende die eerste profase van meiose waartydens die bivalente chromosome in die lengte splits en van mekaar begin wegbeweeg)

dipool : dipole ('n molekule met gelyke, maar teenoorgestelde ladings <'n eienskap wat maak dat dit elektrostaties aan beide negatief- en positiefgelaaide groepe kan bind, bv 'n watermolekule>)

dipool : dipole (twee pole met gelyke, maar teenoorgestelde ladings)

disakkaried <kyk ook monosakkaried; polisakkaried; sakkaried> : disaccharide ('n suiker wat gevorm word deur die versmelting van twee monosakkariede met die uitsplitsing van water, bv sukrose, laktose)

disfunksie (wanfunksie) : dysfunction, malfunction (abnormale of versteurde funksie van veral 'n orgaan)

disinfekteer (ontsmet) : disinfect (vernietiging van alle patogene organismes en hulle produkte)

disintegreer (opsplits, verbrokkel) : disintegrate (wanneer integrerende of samestellende dele verdeel, opbreek of ontbind)

disintegrasie <kyk ook disintegreer> : disintegration (verbrokkeling of opsplitsing)

diskus (skyf) : discus, disc (dun, plat, ronde voorwerp)

disleksie : dyslexia (onvermoë om met begrip te lees agv 'n sentrale serebrale letsel)

dislokasie <kyk ook verstuiting> (ontwrigting) : dislocation (uit lit uit laat kom; verplasing van een of meer bene van 'n gewrig uit hulle normale posisie)

disopie (disopsie) : dysopia, dysopsia (gebrekkige visie)

disopsie <kyk disopie> : dysopsia

disoriëntering <cf oriëntering> : disorientation (verlies van die vermoë

om jouself te plaas tov persoon, ruimte of tyd)

dispepsie : dyspepsia ('n toestand van versteurde spysvertering)

dispepties : dyspeptic (verwys na belemmerde spysvertering)

dispersie : dispersion (handeling van verdeling, verspreiding of verstrooiing)

dispersie <kyk ook emulsie> : dispersion (die vermenging van die partikels van een stof in 'n ander sodat 'n oplossing gevorm word)

displasie : dysplasia (enige abnormale weefsel- of orgaanvorming)

dispnee (asemnood, kortasemigheid) : dyspnoea, respiratory distress, short-windedness (moeilike asemhaling, of bewuste asemhalingspoging)

disritmie <kyk ook aritmie> : dysrhythmia (versteuring of abnormaliteit van die normale ritme, veral van die breingolwe of van spraak)

disseksie : dissection (om weefsel mbv 'n skalpel of skêr oop te sny vir visuele of mikroskopiese ondersoek)

dissekteer : dissect (sny van liggaamsweefsels tydens chirurgiese of anatomiese ondersoek)

dissosiasie <kyk ontbinding> : dissociation

dissosiasie : dissociation (opbreek van molekules of ione van 'n verbinding tot eenvoudiger molekules deur hitte, elektrolise of hidrolise)

dissosiasie : dissociation (verdeling)

dissosieer : dissociate (verdeel of opbreek in kleiner dele)

distaal <cf proksimaal 1e

inskrywing> : distal (geleë weg van <tov die plek van aanhegting of oorsprong>)

distaal <cf proksimaal 2e

inskrywing> : distal (verste weg van die middelpunt van die liggaam)

distaalwaarts : distad (in 'n rigting verder weg)

distikstofoksied (laggas) : nitrous oxide, laughing gas (stikstof(I)oksied <N2O>; gas met verdowende eienskappe)

distillaat (distillasieproduk) : distillate (gesuiwerde, gedistilleerde vloeistof)

distillasie <kyk distillering> : distillation

distillasieproduk <kyk distillaat> : distillate

distilleer (afstook) : distil (stof deur verhitting tot by kookpunt in dampvorm laat afdryf en die damp daarna laat kondenseer en in 'n vloeibare vorm opvang)

distillering (distillasie) : distillation (suiwering van vloeistowwe deur hulle eers te laat verdamp en dan te kondenseer)

distrofie : dystrophia, dystrophy (enige abnormale toestand, struktuur of funksie te wyte aan gebrekkige of versteurde weefselmetabolisme weens wanvoeding)

distrofies : dystrophic (gekenmerk deur distrofie)

diurese (urienvloed) : diuresis (produksie van abnormaal baie urine)

diureties (uriendrywend) : diuretic (wat urienproduksie vermeerder)

divergeer : diverge (afwyk van 'n gegewe rigting)

divergeer <cf konvergeer> (uiteenwyk, uitsprei) : diverge (weglei van mekaar af; van een punt in verskillende rigtings uitsprei)

divertikel : diverticulum (uitstulping deur die wand van 'n kanaal of hol orgaan, bv derm of blaas)

DM <kyk diabetes mellitus> : DM

DNA <kyk deoksiribonukleïensuur> : DNA

DNS <kyk deoksiribonukleïensuur> : DNA

dodelik <kyk fataal> : fatal

dogterchromosoom : daughter chromosome (die naam wat gegee word aan die twee chromatiede wanneer dit gedurende anafase van mitose na die pole van die sel beweeg)

dogtersel : daughter cell (een van twee selle wat n seldeling van die moedersel gevorm word)

dokter <kyk geneesheer> : doctor

doligokraniaal : doligocranial ('n skedel waarvan die breedte minder as 75% van die lengte is)

doligomorfies : doligomorphic (met 'n lang, slank liggaamsbou)

dominant <cf resessief> (oorheersend) : dominant (wat die oorhand het)

dominante geen <cf resessiewe geen> : dominant gene ('n geen wat kenmerkende eienskappe in 'n organisme teweegbring <fenotipe> ongeag of die individu homosigoties of heterosigoties is)

dominante oorerwing <cf resessiewe oorerwing> : dominant inheritance (oorerwing wat 'n sekere eienskap in 'n organisme teweegbring <fenotipe> ongeag of die individu homosigoties of heterosigoties is)

donor <cf ontvanger> (skenker) : donor (iemand wat bloed, weefsel of organe aan 'n ander persoon skenk)

doof : deaf (kan nie hoor nie)

dooieruimte : dead space ('n ruimte in die liggaam wat nie fisiologies benut word nie)

dooier (eiergeel) : yolk (bestaan uit proteïen en vetkorrels wat as voedsel vir die ontwikkelende embrio dien; voedingsbron van die ovum)

dooiersak : yolk sac ('n sak wat in die binneste selmassa van die embrio ontwikkel en die primitiewe derm vorm)

doolhof <kyk labirint> : labyrinth

dopamien : dopamine (hormoon wat deur die byniermedulla geproduseer word)

dopamien : dopamine ('n neuro-oordragstof en voorloper van noradrenalien)

dormant (latent, onaktief, rustend, sluimerend) : dormant, latent, inactive (lewend, maar nie aktief nie; met 'n baie lae metabolisme)

dorsaal <kyk ook lateraal 2e inskrywing/cf ventraal> : dorsal (aan die bokant van 'n spesifieke verwysingspunt)

dorsaal <kyk ook lateraal 2e inskrywing/cf ventraal> : dorsal (mbt die rug of agterste gedeelte van 'n orgaan <dieselfde as posterior in menslike anatomie>)

dorsale horing <cf ventrale horing> : dorsal horn (die agterste <posterior> arm van die H-vormige grysstof van die rugmurg wat sensoriese impulse gelei)

dorsale wortel <cf ventrale wortel> : dorsal root (die sensoriese tak van 'n rugmurgsenuwee waar dit by die rugmurg aansluit)

dorsalis : dorsalis (mbt die rugkant)

dorsifleksie : dorsiflexion (ekstensie van die werwelkolom)

dorsifleksie : dorsiflexion (agtertoe buiging, soos die opwaartse buiging van die hand of voet)

dorssug <kyk diabetes insipidus> : diabetes insipidus

dorsum (rug) : dorsum, back (die rug van 'n mens)

dorsum (rugkant) : dorsum (die bokant of posterior oppervlak van 'n liggaamsdeel)

Down-sindroom (trisomie 21-sindroom, mongolisme) : Down's syndrome, trisomy 21 syndrome, mongolism ('n aangebore toestand wat die gevolg is van die teenwoordigheid van 'n derde chromosoom 21 in alle selle <word gekenmerk deur verstandelike vertraging met 'n mongoolagtige voorkoms>)

draadvormig <kyk filiform> : filiform

draadvormige papil <kyk papilla filiformis> : filiform papilla

draagtyd <kyk gestasie> : gestation

draer : carrier (in chromatografie is dit die oplosmiddel wat deur die kolom, papier ens beweeg)

draer : carrier ('n mens of dier wat siektes oordra sonder om dit self te hê)

draermolekule : carrier molecule (die molekule waaraan dit wat vervoer word, verbind is)

draerwerwel <kyk atlas> : atlas

drempel <kyk ook nierdrempel> : threshold (graad van konsentrasie van 'n substans in die bloedplasma, waarbo dit deur die nier uitgeskei word en waaronder dit nie uitgeskei word nie)

drempel (drempelwaarde) : threshold, threshold value (die punt of waarde waar die stimulus net groot genoeg is om 'n reaksie te ontlok)

drempelwaarde <kyk drempel 2e inskrywing> : threshold value

driedimensioneel : three-dimensional (wat drie dimensies het)

driekopspier <kyk triseps> : triceps

driepootstaander (drievoet) : tripod ('n ysterstaander met drie pote waarop voorwerpe wat in die laboratorium verhit moet word, geplaas word)

drieslipklep <kyk trikuspidale klep> : tricuspid valve

drietal : triad (enige groep <verskynsel> wat in drieë voorkom)

drievoet <kyk driepootstaander> : tripod

driewaardig <kyk trivalent> : trivalent

drinkerswaansin <kyk delirium tremens> : alcoholic paranoia

druiwesuiker <kyk dekstrose> : dextrose

druk : pressure (krag wat per eenheidsoppervlak uitgeoefen word)

drup (intraveneuse drup) : drip, intravenous drip (apparaat vir die voortdurende druppelsgewyse toediening van soutoplossing, plasma, bloed of enige ander oplossing wat intraveneus toegedien word)

drupper : dropper ('n bottel of pipet wat vloeistof druppelsgewys uitlaat)

drywend : floating (wat vry beweeg)

dubbel : double (in pare)

dubbel (tweevoudig) : double, two-fold (wat op twee maniere gebeur)

dubbel <kyk binêr> : double

dubbelband <kyk ook enkelband> : double bond ('n band wat tussen twee atome gevorm word wanneer vier elektrone gedeel word in 'n kovalente binding)

dubbelbasies <kyk dibasies> : dibasic

dubbelvisie <kyk diplopie> : diplopia

dubbelvormigheid <kyk dimorfisme> : dimorphism

ductus <kyk ook kanaal> (buis) : ductus, duct, tube (kanaal van een deel van 'n orgaan na 'n ander; 'n hol, silindriese struktuur)

ductus arteriosus (tussenslagaarbuis) : ductus arteriosus (fetale verbinding tussen die aorta en die pulmonêre arterie)

ductus cochlearis <kyk scala media> : ductus cochlearis

ductus deferens (saadbuis, saadleier, semenbuis, vas deferens) : ductus deferens, seminiferous tube, vas deferens (buis wat sperme vanaf die epididimus na die ejakulasiebuis vervoer; afvoerbuis van die testis)

ductus ejaculatorius (ejakulasiebuis, ejakulatoriese buis, spuitbuis) : ductus ejaculatorius, ejaculation tube, ejaculatory tube (buis waarmee die semen na die prostaaturetra vervoer word; deel van die manlike geslagsbuis wat tydens sametrekking semen uitwerp)

ductus endolymphaticus

(binnelimfbuis) : ductus endolymphaticus (membraneuse kanaaltjie tussen die utrikulus en die sakkulus van die binneoor)

ductus thoracicus (borslimfbuis, torakale buis) : ductus thoracicus, thoracic duct (hooflimfvat wat limf van die gedeelte van die liggaam onder die diafragma en vanaf die linkerkant van die liggaam, bokant die diafragma versamel)

ductus venosus : ductus venosus ('n fetale bloedvat wat bloed vanaf die umbilikale vena na die vena cava inferior vervoer)

duim <kyk polleks> : thumb

duiseligheid <kyk vertigo> : dizziness

Duitse masels <kyk rubella> : German measles

dunderm <cf dikderm> : small intestine (deel van die spysverteringskanaal tussen die maag en die dikderm <dit bestaan uit die duodenum, jejunum en ileum>)

duodenaal : duodenal (mbt die duodenum)

duodenale kliere <kyk

Brunner-kliere> : duodenal glands

duodenum (twaalfvingerderm) : duodenum (eerste gedeelte van die dunderm waar dit by die maag aansluit <ontvang sekresies van die lewer en pankreas>)

duplikaat : duplicate (tweede eksemplaar; presiese afskrif of kopie)

dupliseer (verdubbel) : duplicate (om 'n duplikaat te vorm)

dura <kyk dura mater> : dura

dura mater <kyk ook aragnoïed; meninges; pia mater> (buiteharsingvlies, dura) : dura mater, dura (taai buitenste

membraan wat die brein en rugmurg omsluit)

duraal : dural (mbt die dura)

durale sinus : dural sinus ('n holte wat veneuse bloed bevat en onder die twee lae van die dura mater voorkom)

dwarsgaande kolon <kyk transversale kolon> : transverse colon

dwarsgestreepte spier <kyk skeletspier> : striated muscle

dwelmmiddel <kyk ook verdowingsmiddel 2e inskrywing> : dope, drug (term wat gebruik word vir middels wat 'n narkotiese uitwerking het of wat gewoontevormend is)

dwerg : dwarf (individu wat buitengewoon klein van gestalte is)

dwerggroei : dwarfism (toestand van abnormale klein liggaamslengte agv 'n ondernormale afskeiding van groeihormoon)

dy (bobeen) : thigh, upper leg (gedeelte vanaf die knie tot by die heup)

dybeen <kyk femur> : femur

 

E

 

Eberth-lyne : Eberth lines (die duidelike transversale tussenskot of skyf wat gevorm word waar twee hartspierselle se punte bymekaarkom)

edeem : oedema (swelling agv ophoping van vog in die weefsels)

edelgas : inert gas (gas wat heeltemal onreaktief is aangesien die buitenste energievlak met elektrone gevul is, bv helium)

EEG <kyk elektro-enkefalogram> : EEG

eelt <kyk kallus> : callosity

eenheid : unit ('n enkele duidelik onderskeibare voorwerp of deel daarvan)

eenheid : unit (verwysingstandaard)

eenkernig <kyk mononukleêr> : mononuclear

eenlagige epiteel <kyk eenvoudige epiteel> : simple epithelium

eensellig <cf meersellig> : unicellular (organisme wat net uit een enkele sel bestaan)

eenslagtig : unisexual (besit slegs organe en kenmerke van een geslag, maw óf manlik óf vroulik)

eenvormig <kyk homogeen> : homogeneous

eenvoudige epiteel (eenlagige epiteel) : simple epithelium (bestaan uit een laag selle)

eenvoudige fraktuur <cf gekompliseerde fraktuur> : simple fracture (fraktuur sonder dat omliggende weefsel beskadig is)

eetsel <kyk fagosiet> : phagocyte

effektor : effector ('n spier, klier of ander orgaan wat op senuweeprikkels reageer en dit omsit in 'n motoriese aksie)

efferent <cf afferent> (wegvoerend) : efferent, deferent (wat wegvoer vanaf 'n spesifieke verwysingspunt)

efferente neuron <cf afferente neuron> (motoriese neuron, motorneuron) : efferent neuron, motor neuron (vervoer impulse vanaf die brein en rugmurg na die effektor <spier of klier>)

egestie <cf ingestie> : egest (alles wat 'n lewende organisme van ontslae raak, bv feses, braaksel of uitskeidings)

eier <kyk ovum> : egg

eieralbumien : egg albumin (albumien in die wit van die eier)

eiergeel <kyk dooier> : yolk

eierkiem : ovigerm (sel wat tot 'n ovum ontwikkel of een voortbring)

eierlêend <kyk ovipaar> : oviparous

eierleier <kyk Fallopius-buis> : oviduct

eierlewendbarend <kyk ovovivipaar> : ovoviviparous

eierlitteken <kyk corpus albicans> : corpus albicans

eiersel <kyk ovum> : egg cell

eierstok <kyk ovarium> : ovary

eiervormig <kyk ovaal> : ovoid

eierwit <kyk albumien> : albumin

eiland <kyk insula> : island

eilande van Langerhans <kyk Langerhans-eilande> : islands of Langerhans

eilandselle : island cells (selle in die Langerhans-eilande)

eindharsings <kyk telenkefalon> : telencephalon

eindorgaan (endorgaan) : end organ (murgskedelose eindvertakking van 'n senuweevesel in die vellaag net onder die epidermis, wat 'n lae drempelwaarde vir 'n bepaalde soort prikkel het)

eindplaat : end plate (vertakking by 'n neuromuskulêre aansluiting waar 'n motoriese neuron by 'n skeletspiervesel aansluit)

eindproduk : end product (die finale of afvalproduk van metaboliese of verteringsprosesse)

eindvoetjies (endvoetjies, sinaptiese knoppies) : end feet, synaptic knobs (knopagtige verdikkings aan die einde van ongemiëlineerde senuweevesels wat teen die dendriete van 'n aangrensende senuweevesel lê)

eiwit <kyk albumien> : albumin

ejakulaat : ejaculate (die semen wat tydens 'n enkele ejakulasie uitgeskiet word)

ejakulasie <kyk ook emissie> : ejaculation (skielike uitskiet van spermbevattende seminale vloeistof vanuit die manlike uretra)

ejakulasiebuis <kyk ductus ejaculatorius> : ejaculation tube

ejakulatories : ejaculatory (wat skielik uitskiet)

ejakulatoriese buis <kyk ductus ejaculatorius> : ejaculatory tube

ejakuleer : ejaculate (om skielik uit te skiet)

ejeksie <kyk ook ekskresie 1e inskrywing> : ejection (dit wat uitgewerp word)

ejeksie <kyk ook ekskresie 3e inskrywing> (uitwerping) : ejection (die proses waardeur stowwe uitgewerp word)

EKG <kyk elektrokardiogram> : ECG

ekkriene klier <kyk ook apokriene klier; endokriene klier; eksokriene klier> : eccrine gland (kliere wat uit- of afskei, bv sweetkliere)

ekseem : eczema (akute of chroniese inflammasie van die vel wat gekenmerk word deur die ontwikkeling van letsels op die vel)

eksentries : excentric (nie op die mediane lyn of in die middel nie)

eksergonies <cf endergonies> : exergonic (tov 'n chemiese reaksie wat energie afgee of vrylaat, soos die oksidasie van glukose tydens respirasie)

eksitasie (prikkeling, stimulasie) : excitation, stimulation (aanwending van 'n prikkel wat deur 'n toename in aktiwiteit gevolg word)

eksitatories : excitatory (wat 'n prikkel veroorsaak)

eksitatories (prikkelend, stimulerend) : excitatory, stimulating (wat 'n verandering in die staat van eksitasie veroorsaak)

eksitatoriese golf : excitatory wave (golfagtige geleiding van 'n prikkel langs 'n senuwee of spier)

eksitatoriese postsinaptiese potensiaal (EPSP) : excitatory postsynaptic potential, EPSP (gedeeltelike depolarisasie van 'n postsinaptiese membraan)

eksiteerder : excitor (enige senuwee wat, as dit geprikkel word, aktiwiteit teweegbring in di‚ deel van die liggaam wat dit voorsien)

ekskreet (uitwerpsels) : excreta (afvalmateriaal soos urien en feses)

ekskrement <kyk feses> : excrement

ekskresie <kyk ook ejeksie 1e inskrywing> : excretion (stof wat vrygestel word)

ekskresie (uitskeiding) : excretion (vrystelling van metaboliese afvalprodukte, bv CO2, H2O en stikstofbevattende verbindings)

ekskresie <kyk ook ejeksie 2e inskrywing> (uitwerping) : excretion (vrystelling uit die liggaam uit)

ekskreteer (uitwerp) : excrete (die vrystelling van afvalmateriaal uit die liggaam)

ekskretories : excretory (mbt ekskresie)

ekso-ensiem : exoenzyme ('n ekstrasellulêre ensiem; 'n ensiem wat buite die sel waarvandaan dit afgeskei is, werk, bv pepsien, tripsien)

eksoftalmiese goiter <kyk Graves-siekte> : exophthalmic goitre

eksoftalmos <kyk eksoftalmus> : exophthalmos

eksoftalmus (eksoftalmos) : exophthalmus, exophthalmos (abnormale uitpeuling van die oë)

eksogamie : exogamy (heteroseksualiteit)

eksogamie : exogamy (bevrugting by protosoë deur die konjugasie van elemente wat nie afkomstig is van dieselfde sel nie)

eksogastries : exogastric (mbt die buitenste lae van die maag)

eksogeen <cf endogeen 1e

inskrywing> : exogenous, exogenic (wat buitekant die sel of organisme ontstaan)

eksogeen <cf endogeen 2e

inskrywing> : exogenous, exogenic (te wyte aan uitwendige oorsake)

eksokardiaal <cf endokardiaal> : exocardial (buite die hart)

eksokriene klier <kyk ook ekkriene klier/cf endokriene klier> : exocrine gland (klier wat sy sekreet deur buise vrystel, bv speeksel- en sweetkliere)

eksoplasma <kyk ektoplasma> : exoplasm

eksositose : exocytosis (meganisme waardeur stowwe vanuit die binnekant van die sel na die ekstrasellulêre ruimte beweeg)

eksoskelet <cf endoskelet> (uitwendige skelet) : exoskeleton (skelet wat buite om die liggaam voorkom, bv di‚ by insekte)

eksosmose <cf endosmose> : exosmosis (osmose na buite, wanneer water uit 'n sel deur 'n differensieel deurlatende membraan beweeg)

eksostose (beenuitgroeisel) : exostosis ('n abnormale, goedaardige uitgroeisel op die beenoppervlak)

eksotermies <cf endotermies> : exothermic (reaksie wat hitte vrystel)

eksperiment (proef) : experiment (spesiale waarnemings of toetse wat gedoen word om iets te bevestig of te weerlê)

ekspirasie : expiration (dood)

ekspirasie <kyk ook respirasie 2e inskrywing/cf inspirasie>

(uitaseming) : expiration, exhalation (handeling om lug uit die longe te blaas)

ekspiratories : expiratory (mbt ekspirasie of asemhaling)

ekspiratoriese reserwevolume : expiratory reserve (die ekstra volume lug wat nog deur 'n maksimale ekspiratoriese poging n gewone ekspirasie uitgeasem kan word)

ekspireer : expire (om uit te asem)

ekspireer : expire (sterf)

eksponensieel : exponential (verandering in funksie volgens die mag van getalle, bv kwadraat, derde mag, eerder as numeries, twee maal, drie maal ens)

ekspressiwiteit : expressivity (graad waarin 'n dominante faktor by heterosigote tot uiting kom)

ekstensie <cf fleksie> (strekking) : extension (beweging waardeur die hoek tussen twee dele van 'n gewrig groter gemaak word; strekking waardeur 'n gebuigde ledemaat of liggaamsdeel reguit gemaak word)

ekstensor <cf fleksor> (strekspier) : extensor (die spier wat 'n liggaamsdeel of ledemaat verleng of laat strek, bv die triseps)

ekstern <cf intern 1e inskrywing> (buite, uitwendig) : external (wat buite geleë is of buite plaasvind; aan die buitekant)

ekstern <cf intern 2e inskrywing> (buite) : external (weg van die middellyn)

eksterne respirasie <cf interne respirasie> (asemhaling, uitwendige respirasie) : external respiration, breathing (gaswisseling tussen die organisme en die omgewing, maw tussen die longe en die bloed)

eksteroreseptor <kyk eksteroseptor> : exteroreceptor

eksteroseptor <kyk ook meganoreseptor; proprioseptor/cf interoseptor> (eksteroreseptor) : exteroceptor, exteroreceptor ('n sinsorgaan wat omgewingsveranderinge waarneem; reseptore wat op prikkels wat van buite af op die liggaam inwerk, reageer, bv tas, druk of klank)

ekstima : extima (buitenste laag van 'n bloedvatwand)

ekstorsie : extorsion (uitwendige rotasie van 'n liggaamsdeel)

ekstraheer : extract (een of meer stowwe dmv 'n oplosmiddel uit 'n mengsel van stowwe isoleer)

ekstraheer : extract (uittreksel maak)

ekstrak : extract (die preparaat wat gemaak word deur die uittreksel te konsentreer)

ekstramedullêr <cf intramedullêr> : extramedullary (buite die medulla)

ekstranukleêr <cf intranukleêr> : extranuclear (buite die kern van 'n sel)

ekstraperitoneaal <cf

intraperitoneaal> : extraperitoneal (wat geleë is of plaasvind buite die peritoneale holte)

ekstrapiramidaal : extrapyramidal (buite die piramidale baanstelsel)

ekstrapiramidale stelsel : extrapyramidal system (sentrale senuweebane wat in verband staan met spiertonus en impulse vanaf die serebrale korteks na die rugmurg vervoer)

ekstraplasentaal <cf intraplasentaal> : extraplacental (buite die plasenta)

ekstrarenaal <cf intrarenaal> : extrarenal (buite of onafhanklik van die niere)

ekstrasellulêr <kyk ook intersellulêr/cf intrasellulêr> : extracellular (wat buite die sel, maar nog in die organisme voorkom)

ekstrasellulêre vloeistof <kyk ook intersellulêre vloeistof/cf intrasellulêre vloeistof> : extracellular fluid (al die vloeistof wat buite die selle geleë is, nl bloedplasma en weefselvloeistof)

ekstrasistool : extrasystole (vervroegde hartkontraksie)

ekstravaskulêr <cf intravaskulêr> : extravascular (buite 'n bloedvat)

ekstremiteit : extremity ('n arm of been)

ekstremiteit : extremity (einddeel van enige orgaan)

ekstrinsiek <cf intrinsiek 1e inskrywing> (uitwendig) : extrinsic, external (wat buite 'n struktuur ontstaan of geleë is, maar tog 'n uitwerking op die betrokke struktuur het, bv die spiere van die oogbol)

eksudaat : exudate (ophoping van vog in 'n liggaamsholte of op die liggaamsoppervlak nadat dit tydens inflammasie deur die wande van vate uitgesyfer het)

eksudasie : exudation (uitgaan van sereuse vloeistof en selle <hoofsaaklik leukosiete> deur die onbeskadigde wande van kapillêre vate en venules)

ektoblast <kyk ektoderm> : ectoblast

ektoderm <kyk ook endoderm; mesoderm> (ektoblast, epiblast) : ectoderm, ectoblast, epiblast (die buitenste laag selle in die embrio waaruit die senuweestelsel, spesiale sinsorgane en sekere endokriene organe ontwikkel)

ektodermaal <cf endodermaal>: ectodermal (afkomstig van, of mbt die ektoderm)

ektomeer : ectomere (enigeen van die blastomere wat deel het aan die vorming van die ektoderm)

ektoparasiet <cf endoparasiet> : ectoparasite ('n organisme wat aan die buitekant van 'n ander organisme lewe en voedsel vanaf die gasheer verkry, bv 'n luis)

ektopie : ectopia (abnormale ligging of verplasing van 'n orgaan)

ektopies <cf entopies> : ectopic (in 'n abnormale posisie)

ektopiese hartslag : ectopic heartbeat (wanneer die impuls wat die hart laat saamtrek buite die SA-knoop, bv in die AV-knoop, ontstaan)

ektopiese ritme : ectopic rhythm (hartritme wat sy oorsprong het in 'n bron buite die sinoatriale knoop)

ektopiese swangerskap : ectopic pregnancy (swangerskap wat buite die uterus ontwikkel)

ektoplasma <cf endoplasma> (eksoplasma) : ectoplasm, exoplasm (die helder, jellieagtige, buitenste gedeelte van die protoplasma; buitenste sitoplasmalaag)

ektosark : ectosarc (ektoplasma of buitenste laag van 'n protosoön)

ektosoïese parasiet : ectozoic parasite (ektoparasiet van diere)

ektotoksemie : ectotoxaemia (toksemie wat deur 'n stof van buite die liggaam veroorsaak word)

ektropies : ectropic (van buite na binne gedraai)

ekwator (ewenaar) : equator (denkbeeldige sirkel op die oppervlakte van 'n sfeer wat so is dat die vlak van die sirkel deur die middelpunt van die sfeer gaan)

ekwator van 'n sel (ewenaar van 'n sel) : equator of a cell (grense van die vlak waardeur seldeling geskied)

ekwatoriaal : equatorial (mbt die ekwator of ewenaar)

ekwatoriale plaat : equatorial plate (denkbeeldige middellyn waarop chromosome tydens metafase van seldeling gaan lê)

ekwatoriale verdeling : equatorial division (mitose, met lengteverdeling van die chromosome)

ekwatoriale vlak van die oog : equatorial plane of the eye (vlak wat die voorste en agterste helftes van die oog van mekaar skei)

ekwilibrium <kyk balans 2e inskrywing> : equilibrium

ekwilibrium <kyk ook gebalanseerd 2e inskrywing> (balans, ewewig) : equilibrium, balance ('n toestand waarin geen spontane verandering kan plaasvind nie)

ekwivalent (gelykwaardig) : equivalent (gelyk in waarde aan 'n ander <moontlik sy plaasvervanger>)

elastien : elastin ('n belangrike proteïen waaruit die geel elastiese vesels van bindweefsel bestaan)

elasties : elastic (die vermoë van 'n stof om weer na sy oorspronklike vorm en grootte terug te keer nadat dit uitgerek is)

elasties : elastic (maklik rekbaar; veerkragtig)

elastiese bindweefsel <kyk ook areolêre bindweefsel; veselagtige bindweefsel> (geel elastiese bindweefsel) : elastic connective tissue, yellow elastic connective tissue (bindweefsel met 'n oorheersende hoeveelheid geel elastiese vesels wat voorkom in dele waar stewigheid, maar tog 'n mate van buigsaamheid vereis word, bv ligamente wat werwels aanmekaarhou)

elastiese kraakbeen : elastic cartilage (kraakbeen waarin die selle deur elastiese vesels omring word)

elastisiteit <kyk ook plastisiteit> (rekbaarheid, veerkragtigheid) : elasticity (die vermoë om uit te rek en weer na die oorspronklike toestand terug te keer)

elefantiase : elephantiasis (siekte gekenmerk deur geweldige opswelling van sekere liggaamsdele)

elektriese deurwarming <kyk diatermie> : diathermy

elektro-enkefalogram (elektro-ensefalogram, EEG) : electroencephalogram, EEG (grafiese registrasie van elektriese strome wat tydens aktiwiteit in die breinkorteks ontwikkel)

elektro-ensefalogram <kyk elektro-enkefalogram> : electroencephalogram

elektrode : electrode (metaalplaatjie of -draad wat dien as geleier vir 'n elektriese stroom in of uit liggame of vloeistowwe)

elektroforese : electrophoresis (proses wat gebruik word om chemiese stowwe van mekaar te skei <werk op die beginsel van die beweging van elektries gelaaide partikels in oplossing>)

elektrokardiograaf : electrocardiograph (toestel wat elektriese veranderinge geassosieer met die aktiwiteit van die hart registreer)

elektrokardiogram <kyk ook kardiogram; P-golf; PR-segment; Q-golf; QRS-kompleks; R-golf; T-golf; U-golf> (EKG) : electrocardiogram, ECG (grafiese rekord van die veranderinge in elektriese potensiaal wat met die kontraksie van hartspiere gepaardgaan)

elektrokusie : electrocution (dood deur elektriese skok)

elektroliet : electrolyte (enige stof wat in 'n vloeistof <water> dissosieer in positiewe en negatiewe ione, waardeur die oplossing die vermoë verkry om 'n elektriese stroom te gelei)

elektrolietbalans : electrolyte balance (toestand wat bestaan wanneer die hoeveelheid elektroliete wat die liggaam binnekom gelyk is aan die hoeveelheid wat dit verlaat)

elektrolise : electrolysis (afbreking van chemiese stowwe, of sekere liggaamsweefsels, deur 'n elektriese stroom daardeur te stuur)

elektromagneties : electromagnetic (mbt yster wat tydelik deur 'n elektriese stroom tot 'n magneet gemaak word)

elektromiogram (EMG) : electromyogram, EMG (grafiese weergawe van die aksiepotensiaal van 'n spier)

elektron <kyk ook neutron; proton> : electron ('n klein, negatief gelaaide deeltjie wat om die kern van die atoom beweeg)

elektronegatief <cf elektropositief>: electronegative (elektries negatief gelaai)

elektronegatief <cf elektropositief> : electronegative (geneig om tydens elektrolise na die anode te beweeg)

elektronies : electronic (mbt elektrone)

elektronmikroskoop <kyk ook aftaselektronmikroskoop; transmissie-elektronmikroskoop> : electron microscope (tipe mikroskoop wat in plaas van lig, elektrone in 'n ontladingsbuis vir die beeldvorming gebruik en gevolglik deeltjies selfs tot op 0,1 nm kan waarneem)

elektropositief <cf elektronegatief> : electropositive (elektries positief gelaai)

elektropositief <cf elektronegatief> : electropositive (geneig om tydens elektrolise na die katode te beweeg)

elektrostaties : electrostatic (mbt statiese elektrisiteit)

elektroterm : electrotherm (toestel wat hitte ontwikkel vir die verligting van pyn deur die aanwending van elektrisiteit op die vel)

elektrovalente binding <kyk ioniese binding> : electrovalent bond

element : element (suiwer materie wat nie deur chemiese metodes na eenvoudiger eenhede afgebreek kan word nie)

element : element (toestel waarin hitte deur elektrisiteit ontwikkel)

elementêr <kyk fundamenteel 3e inskrywing> : elementary

elevasie : elevation (om op te lig)

elevasie : elevation (verhewendheid)

elimineer (uitskakel) : eliminate (om te verwyder, bv afvalprodukte vanuit die liggaam; uitskei)

ellepyp <kyk ulna> : ulna

ellipsoïed : ellipsoid (ovaalvormig)

elmboog : elbow (buitenste kromming van die gewrig tussen die bo- en die voorarm)

emalje (tandglasuur) : enamel (wit, glasagtige, baie harde stof wat die dentien <tandbeen> van die tandkroon bedek en beskerm)

Embden-Meyerhof-pad : Embden-Meyerhof path ('n reeks ensimatiese reaksies in die anaërobiese glukolitiese pad waardeur glukose <veral in spierweefsel> in melksuur omgeskakel word <di‚ reaksie stel energie in die vorm van ATP vry>)

embolisme <kyk ook embolus> : embolism ('n obstruksie in die bloedstroom wat veroorsaak word deur enige vreemde partikel, soos 'n bloedklont of gasborrel, wat in die bloed sirkuleer; afsluiting van 'n arterie, vena of limfvat deur 'n vreemde partikel)

embolus <kyk ook embolisme> : embolus ('n vreemde partikel wat obstruksie van die bloedstroom veroorsaak)

embrio <kyk ook fetus> : embryo (die vroeë stadium van ontwikkeling van 'n lewende organisme <by die mens verwys dit na die eerste twee maande van ontwikkeling>)

embriogenese : embryogenesis (oorsprong en ontwikkeling van die embrio)

embriologie : embryology (studie van die ontwikkeling van embrio's)

embrioloog : embryologist (deskundige op die gebied van embriologie)

embrionaal (embrionies) : embryonal, embryonic (mbt die embrio)

embrionies <kyk embrionaal> : embryonic

emesis <kyk vomering> : emesis

emfiseem : emphysema ('n chroniese toestand wat gekenmerk word deur 'n verlies van longelastisiteit, kollaps van die terminale brongioli en produksie van dik, taai mukus <slym>)

emfiseem : emphysema (enige abnormale uitsetting van weefsel deur lug of ander gas)

EMG <kyk elektromiogram> : EMG

eminensie (verhewendheid) : eminence, eminentia (deel van 'n orgaan wat uitsteek, veral gebruik tov bene)

emissie : emission (uitstraling van lig- of hittegolwe)

emissie <kyk ook ejakulasie> : emission ('n uitskeiding, veral 'n onwillekeurige uitskeiding van semen tydens slaap)

emmetropie : emmetropia (die normale ligbrekingstoestand van die oog)

emmetropies : emmetropic (die oog is normaal wat betref ligbrekingsvermoë en akkommodasie)

emosie : emotion (die affektiewe deel van die bewussyn)

emosie : emotion (gemoedstoestand)

emosioneel : emotional (ontvanklik vir gemoedsaandoenings)

emosioneel : emotional (wat emosie openbaar)

empieem : empyema (versameling van etter in 'n liggaamsholte, bv in die borskasholte)

empiries : empiric, empirical (gebaseer op werklike ondervinding, sonder enige wetenskaplike grondslag)

emulgeer <kyk emulsifiseer> : emulsify

emulgering <kyk emulsifisering> : emulsification

emulsie <kyk ook dispersie 2e inskrywing> (skudmengsel) : emulsion (verbinding van water met olieagtige stowwe; suspensie van 'n vloeistof wat in 'n ander vloeistof versprei is in die vorm van mikroskopies klein druppeltjies)

emulsifiseer (emulgeer) : emulsify ('n emulsie vorm)

emulsifisering (emulgering) : emulsification (proses waardeur vette in klein vetdruppeltjies opgebreek word <gewoonlik deur galsoute>)

enartrose (bal-en-potjie-gewrig, koeëlgewrig) : enarthrosis, ball-and-socket joint, socket joint (gewrig wat beweging in alle rigtings toelaat, bv die heupgewrig)

enchondraal (endochondraal) : enchondral, endochondral (wat in kraakbeen geleë is of in kraakbeen ontstaan)

enchondrose : enchondrosis (enige kraakbeenagtige uitgroeisel of tumor)

endelderm <kyk rektum> : rectum

endemies : endemic (wat deel is van, of gebonde is aan, 'n streek)

endergonies <cf eksergonies> : endergonic (tov 'n chemiese reaksie waar energie benodig of opgeneem word)

endermaties (endermies) : endermatic, endermic (aanwending of uitwerking op die vel)

endermaties (endermies) : endermatic, endermic (geleë binne-in die vel)

endermies <kyk endermaties> : endermic

enderon : enderon (diepere deel van die vel onder die epidermis)

endlob <kyk oksipitale lob> : end lobe

endobioties : endobiotic (wat parasities in die weefsel van die gasheer lewe)

endochondraal <kyk enchondraal> : endochondral

endoderm <kyk ook ektoderm; mesoderm> (entoderm) : endoderm, entoderm (binneste van die drie kiemlae wat verantwoordelik is om sekere embrioniese dele te vorm)

endodermaal <cf ektodermaal> : endodermal (afkomstig van, of mbt die endoderm)

endogeen <cf eksogeen 1e

inskrywing> : endogenous, endogenic (wat binne 'n organisme ontstaan)

endogeen <cf eksogeen 2e

inskrywing> : endogenous, endogenic (wat weens inwendige oorsake ontstaan)

endoglobulêr : endoglobular (geleë in die bloedliggaampie)

endokardiaal <cf eksokardiaal> : endocardial (geleë in die hart)

endokardium <cf perikardium> : endocardium (heel binneste epiteellaag wat die hart uitvoer)

endokorpuskulêr : endocorpuscular (ingesluit in 'n liggaampie)

endokraniaal : endocranial (ingesluit in die skedel)

endokranium : endocranium (binneste oppervlak van die skedel; dura mater van die brein)

endokrien : endocrine, endocrinal, endocrinic (inwendig sekreterend)

endokrien : endocrine, endocrinal, endocrinic (wat op die buislose of endokriene kliere betrekking het)

endokriene klier <kyk ook ekkriene klier/cf eksokriene klier> (buislose klier) : endocrine gland, ductless gland ('n klier wat nie 'n buis het nie en sy sekreet <hormone> direk in die bloed of liggaamsvloeistof vrystel)

endokrinologie : endocrinology (die vak of wetenskap wat van die endokriene kliere en hulle funksies 'n studie maak)

endolimf <kyk ook perilimf> : endolymph (vloeistof in die membraanlabirint van die inwendige oor)

endolimfaties : endolymphatic (wat betrekking het op beide die buise van die oorlabirint en limfvate)

endolise : endolysis (opbreking van die sitoplasma van 'n sel)

endolisien : endolysin (stof wat in selle aangetref word wat direk op bakterieë inwerk en dit doodmaak)

endometriaal : endometrial (mbt die endometrium)

endometrium : endometrium (klierryke slymvlieslaag wat die uterus aan die binnekant uitvoer)

endomisium <kyk ook epimisium; perimisium> : endomysium (dun bindweefsel wat individuele spiervesels omring en dit in bondels skei)

endoneuraal : endoneural (mbt die binnekant van 'n senuwee)

endoneurium <kyk ook epineurium; perineurium> : endoneurium (dun bindweefsel wat individuele senuvesels omring en dit in bondels skei)

endoparasiet <cf ektoparasiet> : endoparasite (parasiet wat binne-in sy gasheer lewe, bv 'n lintwurm)

endoplasma <cf ektoplasma> (entoplasma) : endoplasm, entoplasm (die sentrale gedeelte van die sitoplasma van 'n sel wat die meeste selorganelle bevat)

endoplasmiese retikulum (ER) : endoplasmic reticulum, ER ('n membraanagtige netwerk van fyn buisies en vesikels wat die sitoplasma van die sel deurkruis en só verskillende dele van die sel met mekaar verbind)

endorgaan <kyk eindorgaan> : end organ

endosekretories : endosecretory (mbt inwendige of hormonale afskeidings)

endosellulêr <kyk intrasellulêr> : endocellular

endosiet (entosiet) : endocyte, entocyte (enige vreemde stof wat in 'n sel aangetref word)

endoskelet <cf eksoskelet> (binneskelet) : endoskeleton (inwendige geraamte bestaande uit been en kraakbeen)

endoskoop : endoscope (instrument vir die visuele ondersoek van 'n hol orgaan)

endosmose <cf eksosmose> : endosmosis (osmose van buite na binne, wanneer water in 'n sel inbeweeg deur 'n differensieel deurlatende membraan)

endosoïese parasiet : endozoic parasite (organisme wat in die dermlumen lewe)

endosteaal : endosteal (mbt die endosteum)

endosteum <cf periosteum> (murgholtevlies) : endosteum (membraan wat die murgholte van bene uitvoer)

endoteel <kyk ook epiteel> : endothelium (enkele laag epiteelselle wat die binneste voering van die bloedvate, limfvate en hart uitmaak)

endotermies <cf eksotermies> : endothermic (enige reaksie waarby hitte of energie uit die omringende medium geneem word)

endotermies <cf eksotermies> : endothermic (vereis energie vir die chemiese reaksie)

endvoetjies <kyk eindvoetjies> : end-feet

enema (klisma) : enema, clysma (rektale toediening van 'n vloeistof)

energie : energy (die vermoë

om werk te verrig)

energiekonservasie : energy conservation (opvatting dat energie nie geskep of vernietig kan word nie, maar slegs van een vorm na 'n ander verander)

energieomset : energy output (die hoeveelheid energie wat beskikbaar is om arbeid <werk> te kan verrig)

energievlak : energy level (vasgestelde baan of vlak met 'n bepaalde, kenmerkende energie-inhoud waarin 'n elektron rondom die atoomkern beweeg; verwys na die orbitale waarin elektrone rondom die atoomkern beweeg)

enervasie (ontsenuïng) : enervation (verwydering van die senuweevoorsiening van 'n orgaan of streek)

Engelse sout <kyk magnesiumsulfaat> : Epsom salts

enkefalies : encephalic (mbt die brein)

enkefalograaf : encephalograph (instrument vir die registrasie van breingolwe)

enkefalografie : encephalography (röntgenondersoek van die brein nadat 'n hoeveelheid van die serebrospinale vloeistof met lug vervang is)

enkefalogram : encephalogram (röntgenfoto gemaak tydens enkefalografie)

enkefalon (brein, harsings) : encephalon, brain (gedeelte van die sentrale senuweestelsel wat in die kranium geleë is en uit serebrum, serebellum, pons en medulla bestaan)

enkel : ankle (gewrig tussen die voet en die been)

enkel : single (een; nie dubbel nie)

enkelband <kyk ook dubbelband> : single bond ('n band wat tussen twee atome gevorm word wanneer twee elektrone gedeel word in 'n kovalente binding)

enkelsuiker <kyk monosakkaried> : simple sugar

enolase : enolase (ensiem betrokke by oa die Embden-Meyerhof-pad)

ensefal- <kyk enkefal-> : encephal-

ensiem : enzyme ('n organiese katalisator wat die tempo van 'n chemiese reaksie verander sonder om self te verander)

ensimaties : enzymatic (dmv 'n ensiem)

ensisteer : encyst (met 'n harde selfbeskermende omhulsel <kapsel of sist> omhul)

ent <kyk vaksineer> : inoculate

entad : entad (van buite na binne; na 'n middelpunt)

enteraal : enteral (deur, of dmv die intestinale kanaal)

enteries (ingewands-, intestinaal) : enteric, intestinal (mbt die spysverteringskanaal of ingewande)

enterogastroon : enterogastrone ('n hormoon wat deur die slymvlies van die duodenum vrygestel word wanneer vet in die spysbry daar aankom <dit het inhibisie van maagsapsekresie en maagmotiliteit tot gevolg>)

enterogeen : enterogenous (ontstaan in die ingewande)

enterograaf : enterograph (instrument vir die registrasie van dermbewegings)

enterogram : enterogram (grafiese voorstelling van ingewandsbewegings)

enterohepatiese sirkulasie : enterohepatic circulation (beweging waardeur die bestanddele van gal in die dunderm weer terug na die lewer beweeg)

enterokinase : enterokinase ('n proteolitiese ensiem in die dermsap wat onaktiewe tripsinogeen na aktiewe tripsien verander)

enteron (dermholte) : enteron (die dunderm, spysverteringskanaal of maagdermkanaal)

enteroseel <kyk abdominale holte> : enterocoele

enterosoön : enterozoon (enige dierlike parasiet in die dermkanaal)

enterovirus : enterovirus (enige virus wat die liggaam deur die spysverteringskanaal binnekom, daarin vermeerder en dan <gewoonlik> die sentrale senustelsel binnedring, bv die poliovirus)

enting <kyk vaksinering> : vaccination

ento-ektad : entoectad (van binne na buite)

entoderm <kyk endoderm> : entoderm

entopies <cf ektopies> : entopic (wat op die gewone <normale> plek voorkom)

entoplasma <kyk endoplasma> : entoplasm

entopties : entoptic (mbt die binnekant van die oog)

entosiet <kyk endosiet> : entocyte

entoties : entotic (mbt die inwendige oor)

entropie : entropy (daardie deel van die energie wat in 'n sel gevorm word wat nie vir uitwendige arbeid beskikbaar is nie)

entstof <kyk vaksien> : vaccine

eosien : eosin ('n rooskleurige, suur kleurstof wat vir die kleur van selle en weefsels in histologie gebruik word)

eosinofiel <kyk ook asidofiel 2e inskrywing> : eosinophil (selle, weefsels of histologiese strukture wat rooi kleur met eosien)

eosinofiel <kyk ook granulosiet> : eosinophil (witbloedliggaampies met 'n tweelobbige selkern en 'n besonder korrelrige sitoplasma, wat rooi kleur met suur kleurstowwe)

eosinofilie : eosinophilia (siektetoestand wat gekenmerk word deur 'n abnormale toename in die getal eosinofiele in die sirkulerende bloed)

eosinofilie : eosinophilia (eienskap van maklik kleur met eosien; eosienliewend)

eosinopenie : eosinopenia (vermindering in die normale aantal eosinofiele in die bloed)

ependiem : ependyma (membraan van neurogliaselle wat die breinventrikels en die sentrale kanaal van die rugmurg uitvoer)

epiblast <kyk ektoderm> : epiblast

epichordaal : epichordal (dorsaal <bokant> van die chorda dorsalis)

epichorion : epichorion (deel van die uterusslymvlies wat die bevrugte ovum omsluit)

epidemies : epidemic (gebruik tov aansteeklike siektes wat binne 'n kort rukkie oor 'n wye gebied versprei, of wat groot getalle mense of diere gelyktydig aantas)

epidemiologie : epidemiology (vertakking van die wetenskap wat handel oor epidemies)

epidermaal (epidermies) : epidermal, epidermic (mbt die epidermis)

epidermis <kyk ook dermis> (opperhuid) : epidermis (buitenste epiteellaag van die vel <bevat geen bloedvate nie>)

epididimaal : epididymal (mbt die epididimus)

epididimus (bytestis) : epididymis (lang, gekronkelde buisie wat bo, aan die agterkant van die testis geleë is en waar sperme tydelik gestoor word, totdat dit na die vas deferens vervoer word)

epiduraal : epidural (geleë op of oor die dura mater)

epidurale ruimte : epidural space (die ruimte tussen die dura mater van die rugmurg en die been van die rugmurgkanaal)

epifarinks <kyk nasofarinks> : epipharynx

epifiet : epiphyte (plant wat op ander plante groei)

epifiet : epiphyte (plantparasiet wat op die liggaamsoppervlakte groei)

epifise <kyk ook diafise> (skagpunt) : epiphysis (kop van 'n langbeen <wat aan die skag vas is>)

epifise <kyk pineaalklier> : epiphysis

epifisiale kraakbeen : epiphysial cartilage (kraakbeenplaat tussen die epifise en die metafise van 'n langbeen)

epifisiale lyn : epiphysial line (strokie onverbeende kraakbeen tussen die epifise en die diafise van 'n langbeen)

epifisiale plaat <kyk epifisiale skyf> : epiphysial plate

epifisiale skyf (epifisiale plaat) : epiphysial disc, epiphysial plate (kraakbeenlaag <hialiene kraakbeen> wat by die aansluiting tussen die diafise en epifise van 'n langbeen voorkom en as 'n groeistreek funksioneer)

epigastries : epigastric (mbt die epigastrium)

epigastrium : epigastrium (boonste middelste deel van die buik; krop van die maag)

epiglottis (strotklep) : epiglottis (elastiese kraakbeenklep wat die opening van die lugpyp gedurende die slukproses sluit; klep wat die larinks bedek)

epikardiaal : epicardial (mbt die epikardium; mbt die epikardie)

epikardie : epicardia (deel van die esofagus wat vanaf die diafragma tot by die maag strek)

epikardium : epicardium (die buitenste laag van die hartwand wat die miokardium omsluit <dit is 'n sereuse membraan wat die binneste laag van die sereuse perikardium vorm>)

epikondiel (gewrigsknobbel) : epicondyle ('n benige uitsteeksel wat bo 'n kondiel geleë is)

epikostaal : epicostal (geleë op 'n rib)

epikranium : epicranium (strukture wat die kranium bedek)

epilepsie (vallende siekte) : epilepsy (kliniese toestand wat gekenmerk word deur 'n skielike disritmie van die brein, en wat gepaard gaan met bewussynsverlies en gelokaliseerde of algemene konvulsies)

epilepties : epileptic (mbt epilepsie)

epileptikus : epileptic (iemand wat aan epilepsie ly)

epimisium <kyk ook endomisium; perimisium> (spiervlies) : epimysium (veselagtige bindweefsel wat 'n groep spierbondels omring)

epinefrien <kyk adrenalien> : epinephrine

epinefros <kyk bynier> : epinephros

epineurium <kyk ook endoneurium, perineurium> (senuskede) : epineurium (bindweefsel wat 'n groep senuweebondels omring)

episeel : epicoele (voorste gedeelte van die vierde breinventrikel)

episioragie : episiorrhagy (bloeding uit die vulva)

episternaal : episternal (bokant die sternum)

epitalamies : epithalamic (geleë op die talamus)

epiteel <kyk ook endoteel> (dekweefsel) : epithelium (weefsel wat die oppervlak van die liggaam bedek en alle inwendige gange en ruimtes van die liggaam uitvoer <bv eenvoudige epiteel, kubusepiteel, meerlagige epiteel, oorgangsepiteel, plaveiselepiteel, silinderepiteel en wimperepiteel>)

epiteliaal : epithelial (mbt of bestaande uit epiteel)

epitelisasie : epithelisation (groei van epiteel oor rou oppervlaktes)

epitoop (antigeenbepaler, antigeendeterminant) : epitope, antigen determinant, antigenic determinant ('n spesiale punt op die oppervlak van 'n antigeen waar 'n antiliggaam bind; groep aminosure op die antigeenoppervlak wat die aktiewe bindplek bepaal)

Epsom-sout <kyk magnesiumsulfaat> : Epsom salts

EPSP <kyk eksitatoriese postsinaptiese potensiaal> : EPSP

ER <kyk endoplasmiese retikulum> : ER

ereksie : erection (kom byvoorbeeld by die penis voor wat styf word en regop staan as dit met bloed gevul word)

erektiel : erectile (in staat om ereksie te ondergaan)

erektiele weefsel : erectile tissue (sponsagtige weefsel wat, as dit met bloed gevul word, die liggaamsdeel laat styf word en regop staan)

erektor : erector (spier wat 'n bepaalde deel regop hou of ereksie teweegbring)

erepsien <kyk ook peptidase> : erepsin (ensiem <peptidase> in die dunderm wat polipeptiede en peptone in aminosure verander)

erflik : hereditary (wat vanaf die ouer na die afstammeling oorgedra word)

erflik : heritable (wat oorgeërf kan word)

erflikheid (oorerflikheid) : heredity (totaal van alle liggaamlike of geestelike eienskappe wat van die voorganger na die afstammeling <nakomelinge> deur 'n gameet oorgedra word)

erflikheidsleer <kyk genetika> : genetics

erg : erg (verouderde eenheid van arbeid)

ergograaf : ergograph (toestel wat die werkverrigting van spiere tydens aktiwiteit grafies registreer)

ergogram : ergogram (grafiese rekord van spierarbeid)

ergometer <kyk ook dinamometer> (werkmeter) : ergometer ('n instrument waarmee die werkverrigting van 'n spier <of spiere> oor 'n vasgestelde tydperk gemeet word)

ergonomie : ergonomics (wetenskap wat anatomie, fisiologie, psigologie en meganiese beginsels betreffende die doeltreffende gebruik van menslike energie behels; studie van die mens mbt sy werk en werkomgewing)

ergosterol : ergosterol (sterolverbinding wat mbv ultravioletstrale omgebou word tot vitamien D)

eriometer : eriometer (instrument vir die bepaling van die deursnee van rooibloedselle)

eritroblast : erythroblast ('n primitiewe sel in die beenmurg wat rooibloedselle produseer)

eritroblastose : erythroblastosis (aanwesigheid van rooibloedliggaampies met kerne in die sirkulerende bloed)

eritrofagie : erythrophagia (fagositiese vernietiging van rooibloedliggaampies)

eritrofiel : erythrophile (sel wat maklik rooi gekleur word)

eritrogeen : erythrogenic (wat rooibloedselle produseer)

eritrogeen : erythrogenic (wat 'n gewaarwording van rooi tot gevolg het)

eritrogenese <kyk

eritropoiëse> : erythrogenesis

eritroklasie : erythroclasis (verbreking van rooibloedselle)

eritron : erythron (rooibloedliggaampies en hul voorlopers met al die organe wat te doen het met hulle produksie, gesien as een funksionele eenheid)

eritroparasiet : erythroparasite (parasiet wat in rooibloedliggaampies voorkom)

eritropenie : erythropenia (te min rooibloedliggaampies)

eritropoiëse (eritrogenese) : erythropoiesis, erythrogenesis (die produksie of vorming van rooibloedliggaampies <eritrosiete> deur die rooibeenmurg)

eritropoiëtien : erythropoietin ('n hormoon wat hoofsaaklik deur die niere vrygestel word en eritropoiëse stimuleer)

eritropsien <kyk rodopsien> : erythropsin

eritrosiet <kyk ook leukosiet; trombosiet> (rooibloedliggaampie, rooibloedsel, RBS) : erythrocyte, red blood corpuscle, red blood cell, RBC (klein, kernlose, bikonkawe skyfie wat in die bloedplasma dryf <besit hemoglobien wat die suurstofdraer is>)

eritrositemie <kyk polisitemie> : erythrocythaemia

Erlenmeyer-fles : Erlenmeyer flask (koniese glasfles wat algemeen in die laboratorium gebruik word)

erodeer : erode (vernietig oppervlakkige weefsel)

erodeermiddel : erodent (stof wat weefsel wegvreet)

erosie : erosion (wegvreting of verwering van 'n oppervlak deur fisiese of chemiese prosesse, moontlik agv inflammasie, besering of ander oorsake)

erosief : erosive (wat erosie teweegbring)

eroties : erotic (wat op die liefdes- of geslagslewe betrekking het)

ertjievormig : pisiform (klein, ronde voorwerp)

erupsie : eruption (te voorskyn kom, soos bv 'n letsel of uitslag wat op die vel verskyn; sigbaar word)

erythroblastosis foetalis (fetale eritroblastose) : erythroblastosis foetalis (hemolitiese anemie in 'n pasgeborene of fetus agv vernietiging van die baba se rooibloedselle deur faktore teenwoordig in die moeder se serum <gewoonlik die gevolg van onverenigbare Rh-bloedgroepe tussen die moeder en die baba>)

eskar : eschar (droë afskotweefsel <debris> wat gevorm word n brandwonde, bevriesing of inwerking van bytstowwe)

esofageaal : esophageal, oesophageal (mbt die esofagus)

esofagofarinks : esophagopharynx, oesophagopharynx (distale gedeelte van die farinks)

esofagus <kyk ook sluk n. 1e inskrywing> (oesofagus, slukderm) : esophagus, oesophagus, gullet (buisvormige gedeelte van die spysverteringskanaal wat vanaf die farinks tot die maag strek)

esotropie : esotropia (binnewaartse oogdraaiing; binnewaartse skeelheid)

essensieel : essential (absoluut noodsaaklik)

essensieel : essential (wat aan 'n voorwerp sy bepaalde eienskappe gee)

essensieel : essential (wesentlik)

essensiële aminosuur : essential amino acid ('n aminosuur wat benodig word vir proteïensintese in die liggaam, maar nie self deur die liggaam vervaardig kan word nie, en dus deur die dieet ingeneem moet word)

essensiële vetsuur : essential fatty acid ('n vetsuur wat benodig word vir 'n gesonde liggaam, maar wat nie self deur die liggaam vervaardig kan word nie en dus deur die dieet ingeneem moet word)

ester : ester (enige verbinding wat gevorm word van 'n alkohol en 'n suur deur die verlies van 'n molekule water)

esterase : esterase (ensiem wat die hidrolise van 'n ester tot sy alkohol en suur kataliseer)

esterbinding : ester bond, ester linkage (die binding tussen 'n alkohol en 'n suur, bv di‚ tussen gliserol en die vetsure)

esterifikasie : esterification (ombou van 'n suur tot 'n ester)

estesie <kyk ook persepsie; sensasie> : aesthesia (waarneming of gevoel)

esteties : aesthetic (mbt verstandelike waarneming van sensasie)

estiologie : aestiology (wetenskap van waarneming of sensasie)

estradiol : estradiol, oestradiol ('n vroulike geslagshormoon wat veral in die Graaf-follikels gevorm word)

estrogeen <cf androgeen 1e inskrywing> (oestrogeen) : estrogen, oestrogen (vroulike geslagshormone)

estrogeen <cf androgeen 2e inskrywing> (oestrogeen) : estrogen, oestrogen (enige stof wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling, instandhouding of funksionering van vroulike geslagskenmerke)

etaan <kyk ook dimetiel> (C2H6) : ethane, C2H6 (versadigde koolwaterstof wat kleurloos en reukloos is en 'n plofbare mengsel met lug vorm)

etanol <kyk ook alkohol> (C2H5OH, etielalkohol) : ethanol, C2H5OH, ethyl alcohol (gewone alkohol wat gevorm word deur suikerfermentasie)

eteen (C2H4, etileen) : ethene, C2H4, ethylene ('n onversadigde koolwaterstof wat aan die alkane behoort)

eter : ether (organiese verbinding met die groep -C-O-C-)

eter (diëtieleter) : ether, diethyl ether (vlugtige, lig ontvlambare vloeistof wat as verdowingsmiddel gebruik word)

etiel (C2H5-) : ethyl, C2H5-(monovalente radikaal)

etielalkohol <kyk etanol> : ethyl alcohol

etileen <kyk eteen> : ethylene

etmoïdaal <kyk etmoïed> : ethmoidal

etmoïed (etmoïdaal) : ethmoid, ethmoidal (mbt die sifbeen)

etmoïedbeen (sifbeen) : ethmoid bone ('n been in die vloer van die kranium wat deel van die neusholte en oogkas uitmaak)

etter : pus, ichor (stof afgeskei deur 'n verswering wat uit selle, bakterieë en afgebreekte weefsel bestaan)

etyn (asetileen, C2H2) : ethyne, acetylene, C2H2 ('n onversadigde koolwaterstof wat aan die alkyne behoort)

euforie : euphoria ('n oordrewe of abnormale sensasie van fisiese en geestelike welsyn wat nie op die waarheid of realiteit gegrond is nie <gewoonlik agv organiese of geestelike wanbalans, of agv verdowingsmiddels>)

euforie (welsynsgevoel) : euphoria (gevoel van welbehae of gelukkige selftevredenheid)

eukapnie : eucapnia (toestand waar die koolstofdioksiedkonsentrasie in die bloed normaal is)

eupnee <kyk ook tagipnee> : eupnoea (normale rustige asemhaling)

euritermies : eurythermic (verwys na bakterieë wat kan leef en groei in 'n omgewing met 'n wye verskeidenheid temperature)

euritrofiese parasiet : eurytrophic parasite (organisme wat op verskillende gashere kan leef)

Eustachius-buis (faringotimpaniese buis, oorkeelbuis, tuba acustica) : Eustachian tube, pharyngotympanic tube, auditory tube, tuba acustica (buis wat die middeloor met die keelholte in verbinding stel, en waardeur die lugdruk aan weerskante van die trommelvlies gelyk gemaak word)

eutanasie (genadedood) : euthanasia (maklike, pynlose dood wat kunsmatig bewerkstellig word deur die toediening van 'n letale middel of deur die doelbewuste weerhouding van behandeling)

evaginasie (uitpeuling, uitstulping) : evagination (uitstulping van enige oppervlak om 'n doodloopgang te vorm)

evakuasie (ontruiming) : evacuation (handeling van lediging; verwydering van die inhoud van 'n holte, bv deur lediging van die ingewande)

eversie : eversion (draaiing na buite)

eversie (omdopping) : eversion (om binnestebuite te draai, soos die omdop van 'n ooglid)

evolusie <kyk ook Darwinisme> : evolution (opvatting dat hedendaagse spesies van plante en diere deur modifikasie afkomstig is van vroeër bestaande spesies)

ewenaar <kyk ekwator> : equator

ewenaar van 'n sel <kyk ekwator van 'n sel> : equator of a cell

ewewig <kyk balans 2e inskrywing> : equilibrium

ewewig <kyk ekwilibrium 2e inskrywing> : equilibrium

 

 

F

 

F <kyk fluoor> : F (chemiese simbool)

°F <kyk Fahrenheit> : °F

F1 : F1 (eerste geslag van 'n bepaalde paring)

F2 : F2 (tweede geslag van 'n bepaalde paring, maw die nageslag van die F1-kruising)

FAD <kyk

flavienadeniendinukleotied> : FAD

fagosiet (eetsel, opruimsel) : phagocyte, scavenger cell ('n sel wat in staat is om soliede partikels op te neem)

fagosities : phagocytic (mbt fagositose)

fagositose <kyk ook pinositose> :

phagocytosis (die proses waardeur bakterieë en ander liggaamsvreemde partikels opgeneem en vernietig <verteer> word; aktiewe inname van deeltjies deur 'n sel)

Fahrenheit <kyk ook Celsius> (°F) : Fahrenheit, °F ('n temperatuurskaal waar vriespunt op 32 °F en kookpunt op 212 °F gelees word)

fakoïed (lensvormig) : phacoid, lentiform (met die vorm van 'n lens)

fakoskoop : phacoscope (instrument waarmee lensveranderinge tydens akkommodasie gemeet word)

faktor : factor (eenheid in die kiemsel wat oorgeërf word)

faktor : factor (omstandigheid wat invloed op 'n saak uitoefen)

fakultatief : facultative (nie verpligtend nie; opsioneel)

fakultatief : facultative (wat meehelp en nie essensieel is nie)

fakultatiewe anaëroob <cf verpligte anaëroob> (nieverpligte anaëroob) : facultative anaerobe (mikro-organisme wat in die teenwoordigheid of afwesigheid van suurstof kan lewe)

fakultatiewe parasiet : facultative parasite (organisme wat vry of parasities kan lewe)

falangeaal : phalangeal (mbt die falanges)

falanges <ekv falanks> : phalanges

falanks <mv falanges> : phalanx <pl phalanges> (een van die beentjies van óf die vinger óf die toon)

fallodinie : phallodynia (pyn in die penis)

Fallopiese buis <kyk Fallopius-buis> : Fallopian tube

Fallopius-buis (eierleier, Fallopiese

buis, ovidukt, tuba uterina, uteriene buis) : Fallopian tube, oviduct, tuba uterina, uterine tube (buis wat die eiersel vanaf die ovarium na die uterus vervoer dmv silium- en peristaltiese bewegings)

familie <kyk ook takson> : family ('n groep bestaande uit 'n aantal verwante genera wat gebruik word in die klassifikasie van organismes <soortgelyke families word in dieselfde orde verdeel en die ordes in 'n klas>)

faringeaal : pharyngeal (mbt die farinks)

faringeale tonsils <kyk adenoïede> : pharyngeal tonsils

faringospasma : pharyngospasm (spasma van die spiere van die farinks)

faringotimpaniese buis <kyk Eustachius-buis> : pharyngotympanic tube

farinks <kyk ook laringofarinks; nasofarinks; orofarinks> (keelholte) : pharynx (boonste verwyde gedeelte van die spysverteringskanaal, tussen die mondholte en die esofagus)

farmakologie : pharmacology (wetenskap wat handel oor alle aspekte van geneesmiddels)

farmakoloog : pharmacologist (deskundige in farmakologie)

farmakopee (farmakopeia) : pharmacopoeia ('n boek wat besonderhede ivm die vervaardiging van medisyne bevat)

farmakopeia <kyk farmakopee> : pharmacopoeia

farmaseut <kyk apteker> : pharmacist

farmaseuties : pharmaceutical (mbt farmasie)

farmasie : pharmacy (bereiding van medisyne volgens voorskrif; bereiding en samestelling van geneesmiddels)

fasciculus <kyk ook bondel; fassia> (fassikulus, veselbondel) : fascicle, fasciculus ('n struktuur wat uit 'n groep vesels bestaan, bv 'n bondel spier- of senuvesels)

fasciculus cuneatus : fasciculus cuneatus (laterale gedeelte van die posterior witstofkolom van die rugmurg)

faset : facet ('n klein, gladde, gelyk oppervlak op 'n been, veral by artikulasieopppervlaktes)

fasiaal (fasieel) : facial (wat betrekking het op die gesig)

fasiale senuwee <kyk nervus facialis> : facial nerve

fasieel <kyk fasiaal> : facial

fasilitasie (vergemakliking) : facilitation (om makliker te maak of 'n proses te versnel <word veral mbt 'n senuwee gebruik waar 'n impuls makliker oor die sinaps beweeg agv 'n verlaagde postsinaptiese potensiaal>)

fassia <kyk ook bondel; fasciculus> (bindweefselvlies) : fascia (fibreuse, membraanagtige bedekking of skede wat liggaamsdele ondersteun, bind of bedek)

fassiaal (bondelvormig) : fascial (wat betrekking het op bondels vesels <fassia>)

fassikulêr : fascicular (wat in bondels gerangskik is; mbt 'n fasciculus)

fassikulus <kyk fasciculus> : fasciculus

fataal (dodelik, letaal, noodlottig) : fatal, lethal (wat die dood veroorsaak)

Fe <kyk ferrum> : Fe (chemiese simbool)

FeCl3 <kyk ferrichloried> : FeCl3 (chemiese formule)

FeCO2 <kyk ferrokarbonaat> : FeCO2 (chemiese formule)

Fehling-oplossing <kyk ook Fehling-toets> : Fehling's solution (oplossing van kopersulfaat, natriumhidroksied en kaliumnatriumtartraat wat gebruik word om vir die teenwoordigheid van glukose en ander reduserende oplossings te toets)

Fehling-toets <kyk ook Fehling-oplossing> : Fehling's test (gelyke volumes Fehling A en Fehling B word by 'n onbekende oplossing gevoeg om vir die teenwoordigheid van suiker te toets <groenoranje verkleuring n verhitting dui op 'n positiewe resultaat>)

fekaal : faecal, fecal, stercorous (wat betrekking het op feses)

fekaalagtig : faeculent, feculent (lyk soos feses)

femoraal : femoral (mbt die femur)

femorale senuwee : femoral nerve (groot senuwee wat die vel aan die binneste en middelgedeeltes van die dy, asook die spiere van die heup- en kniegewrigte voorsien)

femur (dybeen) : femur (boonste been in die onderste ledemaat)

fenestra (venster) : fenestra, window (klein opening waardeur mens iets kan sien)

fenestra ovalis (ovaalvenster) : fenestra ovalis, oval window (klein, membraanbedekte, ovaalvormige opening tussen die timpanum en die vestibulum van die oor waarin die stapes pas)

fenestra rotundus (rondevenster) : fenestra rotundus (klein, ronde, membraanbedekte opening tussen die koglea en die middeloor, wat klankgolwe oordra)

fenielalanien : phenylalanine ('n essensiële aminosuur)

fenolftaleïen <kyk ook indikator> : phenolphthalein (chemiese stof wat as indikator vir pH-veranderinge gebruik word)

fenotipe <kyk ook genotipe 1e inskrywing> : phenotype (waarneembare eienskappe van 'n organisme in teenstelling met sy genetiese eienskappe)

fermentasie (gisting) : fermentation ('n soort anaërobiese respirasie waar organiese stowwe <gewoonlik koolhidrate> afgebreek word dmv mikro-organismes of ensieme)

ferri- <kyk ook ferro-> : ferri-, ferric (dui verband aan met die aanwesigheid van 'n "driewaardige yster" <Fe+++> in 'n chemiese verbinding)

ferrichloried (FeCl3) : ferric chloride, FeCl3 (yster(III)chloried)

ferro- <kyk ook ferri-> : ferro-, ferrous (dui verband aan met die aanwesigheid van 'n "tweewaardige yster" <Fe++> in 'n chemiese verbinding)

ferrokarbonaat (FeCO2) : ferrous carbonate, FeCO2 (yster(II)karbonaat)

ferrometer : ferrometer (instrument om die ysterinhoud van bloed te meet)

ferrum (Fe, yster) : ferrum, Fe, iron (algemene metaalelement wat noodsaaklik is vir die sintese van hemoglobien in die liggaam)

fertiel <cf steriel> (vrugbaar) : fertile (werklike vermoë van 'n organisme om nageslag voort te bring)

fertilisasie <kyk bevrugting> : fertilisation

feses (ekskrement, ontlasting, stoelgang) : faeces, feces, excrement, stool (onverteerde reste wat tydens defekasie uit die dermkanaal gewerp word)

fesesagtig : stercoraceous (met die voorkoms van feses)

fetaal : foetal (mbt die fetus)

fetale eritroblastose <kyk erythroblastosis foetalis> : erythroblastosis foetalis

fetale hemoglobien : foetal haemoglobin ('n vorm van hemoglobien wat in die fetale rooibloedselle aanwesig is en maklik O2 opneem by lae O2-spannings)

fetale membraan <kyk ook amnion; chorion) : foetal membrane (een van die membrane wat die fetus voed en beskerm)

fetus <kyk ook embrio> : foetus ('n ongebore organisme in die uterus; 'n menslike embrio na agt weke van intra-uteriene ontwikkeling)

fibreus (veselagtig) : fibrous (bevat of bestaan uit vesels)

fibreuse bindweefsel <kyk veselagtige bindweefsel> : fibrous tissue

fibreuse gewrig <kyk sinartrose> : fibrous joint

fibrien : fibrin (die onoplosbare, veselagtige proteïen wat uit fibrinogeen gevorm word wanneer bloed stol)

fibrienagtig <kyk fibrineus> : fibrinous

fibril : fibril ('n klein veseltjie of filament; dun, draadvormige struktuur)

fibrillasie <kyk ook defibrillasie> : fibrillation ('n ernstige vorm van kardiale disritmie; spontane, ongekoördineerde sametrekking van sekere spiervesels, gewoonlik by die hartspier)

fibrillêr : fibrillar (mbt 'n klein veseltjie)

fibrineus (fibrienagtig) : fibrinous (met die voorkoms van fibrien)

fibrineus (fibrienagtig) : fibrinous (bevat fibrien)

fibrinogeen (plasminogeen) : fibrinogen, plasminogen ('n oplosbare plasmaproteïen wat noodsaaklik is vir bloedstolling <word deur trombien, in die teenwoordigheid van kalsiumione, na fibrien omgeskakel>)

fibrinogenies : fibrinogenic (wat oorsprong gee aan fibrien)

fibrinolise : fibrinolysis (die oplossing van fibrien)

fibrinolisien (plasmien) : fibrinolysin, plasmin (proteolitiese ensiem wat bloedklonte en ander proteïene oplos)

fibrinopenie : fibrinopenia (tekort aan fibrinogeen en fibrien in die bloed)

fibro-elasties : fibroelastic (weefsels wat kollageen en elastiese vesels bevat)

fibroblast : fibroblast (sel wat oorsprong gee aan vesels en ander intersellulêre stowwe van bindweefsel)

fibroblasties : fibroblastic (mbt fibroblaste)

fibrogenese : fibrogenesis (vorming van bindweefsel)

fibrokraakbeen (veselagtige kraakbeen, veselkraakbeen) : fibrocartilage, fibrous cartilage (kraakbeen met 'n groot hoeveelheid vesels wat die grondstof deurkruis)

fibrolisien : fibrolysin (stof wat bindweefsel oplos)

fibroplasties : fibroplastic (wat bindweefsel vorm)

fibrose : fibrosis (abnormale vermeerdering van bindweefsel in 'n liggaamsdeel, orgaan of weefsel)

fibrosiet : fibrocyte (volwasse vorm van 'n fibroblast)

fibroties : fibrotic (mbt fibrose)

fibula <kyk ook tibia> (kuitbeen) : fibula (buitenste en dunste van die twee bene tussen die knie en die enkelgewrig)

fibulêr : fibular (mbt die fibula)

fiksasie : fixation (die proses van fiksering)

fikseer : fix (die proses van voorbereiding van weefsel in mikroskopiese werk sodat dit in die oorspronklike vorm bly)

fikseer : fix (om iets vas te bind)

fikseermiddel : fixative (middel wat gebruik word om weefsels of voorwerpe onveranderd te behou, of te beskerm teen sekere vorms van behandeling, bv kleuring)

filament : filament (dun, draadagtige struktuur)

filamentagtig <kyk filiform> : filiform

filiform (draadvormig, filamentagtig) : filiform (met die vorm van 'n draad)

filiforme papil <kyk papilla

filiformis> : filiform papilla

film : film (dun lagie van 'n stof, bv 'n lagie olie op 'n wateroppervlakte)

filogeneties : phylogenetic (mbt filogenie)

filogenie <kyk ook ontogenie> : phylogeny (evolusie van 'n spesie; evolusionêre geskiedenis van die groep waartoe 'n individu behoort)

filter : filter ('n toestel <struktuur> wat gebruik word om sekere partikels deur te laat terwyl ander teruggehou word wanneer die mengsel deur 'n poreuse membraan gestuur word)

filter : filter ('n toestel wat gebruik word om sekere strale deur te laat terwyl ander teruggehou word)

filtraat : filtrate (die naam wat gegee word aan die vloeistof wat deur 'n filter beweeg het)

filtrasie : filtration (die deurgang van water en opgeloste stowwe deur 'n filter of selektiewe membraan danksy 'n hidrostatiese drukgradiënt)

filtreer : filter (die proses waardeur 'n oplossing of mengsel deur 'n filter gestuur word)

filtreerbaar : filterable (kan gefiltreer word)

filum : filum (draadvormige struktuur)

filum <kyk ook takson> (stam) : phylum (taksonomiese indeling van organismes in groepe wat by mekaar hoort)

filum terminale : filum terminale (die laaste dun, veselagtige deel van die rugmurg wat strek tot by die onderpunt van die sakrum)

fimbriae (fraiings) : fimbriae (vingeragtige uitstulpings van die infundibulum op die punt van die Fallopius-buis)

fisiek n. (liggaamsbou) : physique (die natuurlike gesteldheid van die liggaam)

fisiek adj. (fisies, liggaamlik) : physical (wat die natuurlike liggaam betref; mbt die struktuur, organisasie of ontwikkeling van die liggaam)

fisies adj. <kyk fisiek adj.> : physical

fisies adj. : physical (mbt fisika)

fisies adj. (natuurkundig) : physical (wat op die natuur of natuurwette betrekking het)

fisika : physics (vertakking van die wetenskap wat handel oor natuurwetenskap, tw meganika, hitte, elektrisiteit, lig, geluid en die dinamika wat dit beheer)

fisikus : physicist (deskundige op die gebied van fisika)

fisiologie <kyk ook anatomie> : physiology (studie van die werking van selle, weefsels en organe van lewende organismes)

fisiologies : physiological (mbt fisiologie)

fisiologies : physiological (mbt natuurlike prosesse in teenstelling met patologiese prosesse)

fisiologiese dooieruimte : physiological dead space (sluit in die anatomiese dooieruimte, plus die ruimte in die alveoli wat nie tydens ventilasie vir gasuitruiling benut word nie)

fisiologiese perk : physiological limit (die mate waartoe spiere of weefsel vervorm of verander kan word sonder om die vermoë te verloor om na die oorspronklike posisie terug te keer en hul normale funksies te verrig)

fisiologiese soutoplossing <kyk ook Ringer-oplossing> : physiological saline ('n isotoniese oplossing, gemaak van 0,9% natriumchloried)

fisioloog : physiologist (deskundige op die gebied van fisiologie)

fisioterapie : physiotherapy (gebruik van fisiese metodes bv hitte, elektrisiteit, en beweging in die behandeling van siektes)

fisokefalie (fisosefalie) : physocephaly (emfiseem van die kop)

fisosefalie <kyk fisokefalie> : physocephaly

fissuur <kyk ook inscisura; sulkus> : fissure, fissura (spleet of groef op die oppervlak van 'n orgaan <dieper as 'n sulkus>)

fistel : fistula (abnormale kanaal tussen twee oppervlaktes)

fitogeen : phytogenous (stowwe wat deur plante geproduseer word)

fitoïed : phytoid (plantaardig)

fitotoksien : phytotoxin (verwys na enige gifstof van plantaardige oorsprong)

flagella <ekv flagellum> : flagella

flagellum <mv flagella/kyk ook silium> (sweephaar) : flagellum (lang, haaragtige uitsteeksel van 'n sel wat beweging veroorsaak <is baie langer as 'n silium, maar het dieselfde interne struktuur>)

flank (sykant) : flank (deel van die liggaam tussen die ribbes en die heupbeen)

flatulensie (winderigheid) : flatulence (buitensporige hoeveelhede gas in die verteringskanaal)

flavienadeniendinukleotied (FAD) : flavin-adenine dinucleotide, FAD ('n waterstofdraende koënsiem wat belangrik in redoksreaksies is, omdat dit geoksideer en gereduseer kan word)

flebogram : phlebogram (grafiese weergawe van die veneuse pols)

fleboragie : phleborrhagia (sterk bloeding uit 'n vene)

flekseer : flex (om te buig)

fleksie <kyk ook buigbaar/cf ekstensie> (buiging) : flexion (buiging by 'n gewrig wat veroorsaak dat die hoek tussen die twee bene kleiner word)

fleksor <cf ekstensor> (buigspier) : flexor ('n spier wat 'n liggaamsdeel of ledemaat buig, bv die biseps)

flokkulering : flocculation ('n reaksie waar die <normaalweg> onsigbare stowwe in 'n oplossing 'n sigbare donsige neerslag <klein vlokkies> vorm)

fluktuasie (skommeling) : fluctuation (golwende heen en weer beweging van vog in 'n liggaamsholte)

fluktuasie (skommeling, wisseling) : fluctuation (die wisseling van 'n eienskap met tyd, bv temperatuurskommeling)

fluoor (F) : fluorine, F (gasagtige chemiese element van die halogeengroep)

fluoresseer : fluoresce (lig afgee; om fluoressensie te toon)

fluoressensie : fluorescence (eienskap van sekere stowwe om onder bestraling self lig van 'n ander kleur af te gee)

fluoresserend : fluorescent (met die eienskap om onder bestraling self lig van 'n ander kleur af te gee)

fluoresserende skerm : fluorescent screen (glasplaat wat aan die een kant bedek is met fluoresserende stof en wat ligstrale uitstuur as dit aan röntgenstrale blootgestel word)

fluoried : fluoride ('n fluoorverbinding; sout van hidrofluoorsuur)

fobie : phobia (abnormale angs of vrees)

fokaal : focal (mbt fokus)

fokale lengte (brandpuntafstand) : focal length, focal distance (die afstand <op die hoofas van die lens> tussen die optiese middelpunt en die hoofbrandpunt)

fokale vlak : focal plane (vlak wat deur die fokuspunt en parallel met die hoofas van die lens gaan)

fokus <kyk brandpunt 1e inskrywing> : focus

fokus : focus (plek waar 'n siekte hoofsaaklik geleë is)

fokus (brandpunt, fokuspunt) : focus (die middel- of sentrale punt)

fokuspunt <kyk brandpunt 1e inskrywing> : focus

fokuspunt <kyk fokus 3e inskrywing> : focus

foliensuur : folic acid ('n vitamien behorende tot die B-kompleks <kom oa voor in lewer, niere, melk en groen blare - vandaar die naam>)

follikel : follicle ('n klein sakkie; 'n klein afskeidingsholte wat selle of sekresie bevat)

follikel : follicle (eenvoudige buisklier)

follikelstimulerende hormoon (FSH, follikulotropien, follitropien) : follicle-stimulating hormone, FSH ('n hormoon wat deur die adenohipofise gesekreteer word en die ontwikkeling van die ovariumfollikel en spermatogenese beheer)

follikulêr : follicular (mbt 'n follikel)

follikulotropien <kyk follikelstimulerende hormoon> : follicle-stimulating hormone

follitropien <kyk follikelstimulerende hormoon> : follicle-stimulating hormone

fonetiek (klankleer) : phonetics (wetenskap van die vorming en uitspraak van spraakklanke)

foneties : phonetic (mbt spraakklanke; wat op fonetiek betrekking het)

foniatrie : phoniatrics (geneeskundige behandeling van spraakgebreke en stemaandoenings)

fonies <kyk ook akoesties> : phonic (mbt spraakklanke; wat op die aard van klank betrekking het)

fonoreseptor (fonoseptor, klankreseptor) : phonoreceptor, phonoceptor (verwys na 'n sel of reseptor wat deur klankgolwe gestimuleer word)

fonoseptor <kyk fonoreseptor> : phonoceptor

fontanel : fontanel (ruimte tussen die skedelbene van babas wat met 'n sagte bindweefsellaag bedek is)

foramen <mv foramina> (gat) : foramen, hole ('n natuurlike opening in weefsel of been)

foramen magnum : foramen magnum (groot opening in die oksipitale been waardeur die brein en die rugmurg met mekaar verbind is)

foramen van Munro : foramen of Munro (die opening tussen die derde en laterale breinventrikels)

foramina <ekv foramen> : foramina

formaldehied : formaldehyde (gas wat vir ontsmettingsdoeleindes gebruik word)

formalien : formalin (40%-oplossing van formaldehiedgas in water; vloeistof wat algemeen as 'n fikseermiddel in anatomie en histologie gebruik word)

formule : formula ('n verkorte vorm van 'n beginsel, bv die formule vir plasmasuiwering is C = U/P <waar C = volume plasma van die stof gesuiwer, U = konsentrasie van die stof in die urien en P = konsentrasie van die stof in die plasma>)

formule <kyk ook struktuurformule> : formula (simboliese voorstelling van die chemiese samestelling van 'n stof; 'n groep letters en nommers wat gebruik word om die getal en soorte atome waaruit 'n molekule van 'n stof saamgestel is, aan te dui, bv H2O)

forniks : fornix <pl fornices> ('n boogvormige struktuur of opening)

fosfaat : phosphate (sout van fosforsuur)

fosfatase : phosphatase (ensiem met die vermoë om fosforsuur af te breek tot anorganiese fosfate)

fosfogliseraldehied (PGAL) : phosphoglyceraldehyde, PGAL (splitsingsproduk van fruktosedifosfaat wat bv in glikolise gebruik word)

fosfokinase : phosphokinase (ensiem wat die byvoeging van 'n fosfaatgroep tot 'n verbinding kataliseer)

fosfokreatien (kreatienfosfaat) : phosphocreatine ('n energieryke verbinding in spierweefsel wat saamgestel is uit kreatien en fosforsuur)

fosfokreatinase : phosphocreatinase (ensiem wat, in die teenwoordigheid van ATP, fosfokreatien opbreek in kreatien en fosfaat)

fosfolipied : phospholipid (lipiedmolekules wat 'n fosfaatgroep bevat, bv lesitien)

fosfolipied : phospholipid ('n vetagtige stof wat 'n belangrike komponent van selmembrane is)

fosfoproteïen : phosphoprotein ('n saamgestelde proteïen, bv kaseïen in melk, wat 'n fosforsuurester bevat)

fosfor (P) : phosphorus, P (ontvlambare, giftige chemiese stof <niemetaal>)

fosforessensie : phosphorescence (liggewende eienskap van fosfor en ander stowwe)

fosforessensie : phosphorescence (eienskap van dinge wat in die donker 'n blougroen gloed gee)

fosforesserend (gloeiend, liggewend) : phosphorescent, glowing, luminous (met die eienskap van fosforessensie)

fosforilasie (fosforilering) : phosphorylation (proses waardeur 'n fosfaatgroep deur ensiemwerking tot 'n molekule bygevoeg word, soos wanneer ADP in ATP verander)

fosforilering <kyk fosforilasie> : phosphorylation

fosforsuur (H3PO4) : phosphoric acid, H3PO4 (kleurlose, reuklose, stroopagtige vloeistof wat met water of alkohol gemeng kan word)

fossa <kyk ook holte> : fossa ('n holtetjie in 'n been of ander liggaamsdeel; induiking)

fotofobie : photophobia (onverdraagsaamheid teenoor lig)

fotometer (ligmeter) : photometer (instrument waarmee ligintensiteit gemeet word)

foton : photon ('n hoeveelheid ligenergie <kwantum lig> analoog aan 'n elektron)

fotoreseptor (fotoseptor) : photoreceptor, photoceptor (reseptor wat op ligstimuli reageer)

fotosensitief : photosensitive (gevoelig vir lig)

fotoseptor <kyk fotoreseptor> : photoceptor

fotosintese : photosynthesis (chemiese sintese van koolhidrate vanaf koolstofdioksied en water deurdat sonlig op die chlorofil van groen plante inwerk)

fovea : fovea (induikinkie; 'n klein fossa of holtetjie; kuiltjie)

fovea centralis : fovea centralis ('n induiking in die middel van die geelvlek waar daar 'n hoë konsentrasie keëltjies is en gesigskerpte die beste is; sentrale retinale fovea)

foveaal : foveal (mbt 'n fovea)

fragmentasie : fragmentation (verdeling of afbreking in stukkies <fragmente>)

fraiingagtig : fimbriate (met fraiings <fimbriae>)

fraiings <kyk fimbriae> : fimbriae

fraktuur (breuk) : fracture ('n breuk in 'n been, kraakbeen of soliede orgaan soos die milt)

frekwensie : frequency (die aantal ossillasies per sekonde)

frekwensie : frequency (die getal kere dat 'n verskynsel voorkom)

frenalgie : phrenalgia (pyn in die diafragma)

frenies : phrenic (mbt die diafragma)

frenies : phrenic (mbt die gees)

freniese senuwee : phrenic nerve (senuwee wat die spiere van die diafragma voorsien)

frenulum : frenulum (klein vou in 'n membraan wat die beweging van die orgaan of liggaamsdeel beperk)

friksie <kyk wrywing> : friction

frontaal (voorkant) : frontal (mbt die anterior deel van die liggaam of betrokke orgaan)

frontaalwaarts : frontad (vorentoe; na die frontale kant)

frontale been <kyk ook oksipitale been; pariëtale been; temporale been> (voorhoofsbeen) : frontal bone (voorste en boonste gedeelte van die skedel wat die dak van die oogkaste vorm)

frontale kwab <kyk frontale lob> : frontal lobe

frontale lob <kyk ook oksipitale lob; pariëtale lob; temporale lob> (frontale kwab) : frontal lobe (gedeelte van die brein voor die sentrale spleet <Rolando-groef>)

frontale vlak <kyk ook koronale

vlak> : frontal plane ('n vlak wat die liggaam in 'n anterior <voorste> en posterior <agterste> deel verdeel)

fruktose <kyk ook ketose 2e inskrywing> (vrugtesuiker) : fructose ('n eenvoudige suiker met die formule C6H12O6 wat in 'n ketoring gerangskik is)

FSH <kyk follikelstimulerende hormoon> : FSH

fundamenteel <kyk basaal 1e inskrywing> : fundamental

fundamenteel : fundamental (essensieel, of van die grootste belang)

fundamenteel (elementêr) : fundamental, elementary (mbt die grondbeginsels)

fundus : fundus (basis van 'n orgaan; deel verste van die uitmonding; die groter, gewoonlik blinde kant van 'n orgaan of klier)

fungeer : function (in funksie of werksaam wees)

fungi <ekv fungus> : fungi

fungus <mv fungi/kyk ook skimmel> (swam) : fungus (parasitiese plant sonder chlorofil)

funksie (werking) : function (die handeling wat deur lewende materie <sel, weefsel, orgaan, stelsel of organisme> uitgevoer word)

funksioneel : functional (mbt die spesiale werking van 'n orgaan of organisme)

funksionele groep : functional group (die deel van 'n molekule wat aan 'n chemiese reaksie deelneem)

funksionele groep : functional group (die deel van 'n molekule wat aan hom sy spesifieke eienskap besorg)

funksionele residuele kapasiteit : functional residual capacity (die volume lug wat n 'n gewone rustige ekspirasie nog in die longe aanwesig is)

fusie (samesmelting) : fusion (proses van vereniging)

fusiform (spoelvormig) : fusiform

(met 'n vorm wat na albei ente afspits)

 

G

 

g <kyk gram> : g

g <kyk gravitasie> : g

Ga <kyk gallium> : Ga (chemiese simbool)

gaas : gauze (dun, deurskynende maasstof wat vir chirurgiese doeleindes gebruik word)

gaatweefsel <kyk areolêre bindweefsel> : areolar connective tissue

gal : gall, bile, fel ('n geelgroen, alkaliese vloeistof met 'n bitter smaak wat deur die lewer in die duodenum afgeskei word; vloeistof wat deur die lewer geproduseer en in die galblaas gestoor word)

galaktase : galactase (proteolitiese ensiem van melk)

galaktose : galactose (eenvoudige heksose met die formule C6H12O6 wat in melk aangetref word; hidroliseproduk van laktose <laktose = glukose + galaktose>)

galblaas : gallbladder ('n peervormige sakkie aan die onderkant van die lewer waar gal gekonsentreer en gestoor word)

galbuis : bile duct (buis wat gal vanaf die lewer afvoer)

gallium (Ga) : gallium, Ga (seldsame, wit, harde metaal wat in ystererts voorkom)

galpigmente <kyk ook bilirubien; biliverdien> : bile pigments (hemoglobien-afbraakprodukte wat deur die lewer in die gal uitgeskei word)

galsoute : bile salts (spesiale organiese sure wat deur die lewer vervaardig word, met natrium verbind om galsoute te vorm en in die gal uitgeskei word <dit emulsifiseer vette in die duodenum tydens spysvertering>)

galsteen : gallstone (steen wat in die galweë of galblaas gevorm word)

galsuur (cholsuur) : bile acid, cholic acid (die organiese sure in gal <kom meestal voor as galsoute>)

galvanometer : galvanometer ('n instrument wat gebruik word om die teenwoordigheid en sterkte van 'n elektriese stroom aan te dui)

gameet <kyk ook kiemsel; sigoot> (geslagsel) : gamete (eenslagtige, haploïede voortplantingsel <by hoër diere en die mens is dit die sperm by manlikes of ovum by vroulikes>)

gameties : gametic (mbt 'n gameet)

gametogenese <kyk ook oögenese; spermatogenese> : gametogenesis (vorming en ontwikkeling van gamete; rypwordingsproses van geslagselle)

gametosiet : gametocyte (moedersel van 'n gameet wat meiose ondergaan om 'n gameet te vorm)

gamma : gamma (die derde item in 'n reeks)

gamma (ç) : gamma, ç (derde letter van die Griekse alfabet)

gammaglobulien <kyk ook immunoglobulien> : gamma globulin ('n plasmaproteïen wat die meeste van die antiliggame waarmee mens gebore word, dra)

gammastrale <kyk ook alfastrale; betastrale> : gamma rays (elektromagnetiese strale met 'n kort golflengte wat deur sekere radioaktiewe stowwe uitgestraal word)

ganglia <ekv ganglion> : ganglia

gangliaal (gangliêr, ganglionies) : ganglial, gangliar, ganglionic (mbt 'n ganglion)

gangliêr <kyk gangliaal> : gangliar

ganglion <mv ganglia>

(senuweeknoop) : ganglion ('n versameling van senuweeselligame buite die SSS)

ganglionies <kyk gangliaal> : ganglionic

ganglionsel <kyk gangliosiet> : gangliocyte

gangliosiet <kyk ook senuweesel> (ganglionsel) : gangliocyte (verwys na enige sel van 'n ganglion)

gangmaker <kyk pasaangeër 2e inskrywing> : pacemaker

gas <kyk ook vastestof; vloeistof> : gas (toestand van materie waar die deeltjies vrylik rondbeweeg in die hele ruimte wat dit beslaan, bv lug)

gasagtig : gaseous (soos gas)

gasheer : host (organisme waarop of waarin 'n ander organisme 'n deel van sy bestaan bly)

gastrien : gastrin ('n hormoon wat deur die pilorusslymvlies van die maag afgeskei word en die sekresie van maagsap, intrinsieke faktor, pankreasensieme en insulien stimuleer)

gastries : gastric (mbt die maag)

gastriese klier : gastric gland (een van verskeie buisvormige kliere in die maagwand wat maagsap afskei)

gastriese sap <kyk succus gastricus> : gastric juice

gastroduodenaal : gastroduodenal (mbt die maag en duodenum)

gastro-enteries : gastroenteric (mbt die maag en die dermkanaal)

gastro-enteriese refleks : gastroenteric reflex ('n senuwee-impuls vanaf die duodenum wat peristalse van die maag vertraag wanneer die chym wat daar aankom 'n groot hoeveelheid vette bevat, of oormatig suur is)

gastro-esofageaal : gastroesophageal (mbt die maag en die esofagus)

gastro-esofageale sfinkter : gastroesophageal sphinkter (klep tussen die esofagus en die maag)

gastro-intestinaal : gastrointestinal (mbt die maag en die dermkanaal)

gastroknemius : gastrocnemius (een van die kuitspiere)

gastroseel : gastrocele (hernia van die maag)

gastrospleniese omentum : gastrosplenic omentum (vou in die peritoneum wat die maag en milt met mekaar verbind)

gastrula : gastrula (vroeë embrioniese ontwikkelingstadium waarin die embrio uit twee sellae bestaan; stadium van die embrio net n die blastula-stadium)

gastrulasie (gastrulering) : gastrulation (die proses waardeur die gastrula van die embrio gevorm word)

gastrulering <kyk gastrulasie> : gastrulation

gaswisseling <kyk ook respirasie 2e inskrywing> : gaseous exchange (die uitruiling van gasse tussen die organisme en sy omgewing, of tussen twee gebiede met verskillende gaskonsentrasies, bv tussen die bloed en weefsel)

gat <kyk foramen> : hole

geassosieerd : associated (mbt assosiasie)

gebalanseerd <cf ongebalanseerd 1e inskrywing> : balanced (mbt toestand van balans)

gebalanseerd <kyk ook ekwilibrium 2e inskrywing/cf ongebalanseerd 2e inskrywing> : balanced (in chemie, wanneer die aantal elektrone wat die reduseermiddel verloor presies gelyk is aan die aantal elektrone wat die oksideermiddel bykry)

gebalanseerde dieet : balanced diet ('n dieet wat beide in kwaliteit en kwantiteit voldoende is <dit behoort voldoende energie en die regte verhouding van elke voedingstof te verskaf>)

gebied <kyk area> : region

gebit : denture (stel tande)

geboorte : birth, confinement (die proses van in die lewe kom)

geboorte- <kyk nataal> : natal

geboortesyfer <kyk nataliteit> : natality

gebreksiekte (tekortsiekte) : deficiency disease (siekte weens die afwesigheid van, of tekort aan, een of ander essensiële voedingstof)

gedaantewisseling <kyk metamorfose> : metamorphosis

gedeeltelike hartblok <kyk ook volledige hartblok> : partial heart block (vertraagde geleiding vind plaas in die AV-knoop sodat bv slegs elke tweede of derde atriale sametrekking gevolg word deur ventrikulêre sametrekking)

gedeoksigeneerd(e) <kyk ook deoksigeneer/cf geoksigeneerd>

(suurstofarm) : deoxygenated, oxygen-deficient (verwys na 'n verbinding wat 'n tekort aan suurstof ondervind)

gedifferensieerd <cf ongedifferensieerd> : differentiated (gekenmerk deur differensiasie; uiteenlopend of verskillend)

gedistilleerde water <kyk ook distillering> : distilled water (suiwer water wat verkry word deur die distillering van waterige oplossings van nievlugtige opgeloste stowwe)

gedrag : behaviour (manier waarop iemand hom gedra)

gedrag : behaviour (manier waarop iets sy werk verrig)

geel elastiese bindweefsel <kyk elastiese bindweefsel> : yellow elastic connective tissue

geelbeenmurg <kyk ook

rooibeenmurg> : yellow bone marrow, yellow marrow (sagte weefsel wat ryklik voorsien is van vetselle en bloedliggaampies en in die skag van langbene voorkom)

geellaag : buffy coat (verwys na die dun, witterige laag wat by die eritrosiet-plasma-skeidingsvlak voorkom wanneer bloed uitgeswaai word)

geelliggaam <kyk corpus

luteum> : corpus luteum

geelsug <kyk ikterus> : jaundice

geelvlek <kyk macula lutea> : yellow spot

geen <kyk ook chromosoom> : gene (eenheid van oorerwing <deel van 'n DNA-molekule>; liniêre struktuur wat oor 'n streek van 'n chromosoom strek en erflikheidskenmerke besit wat by elke seldeling voortgeplant word)

geenlokus : gene locus (rangskikking, posisie of plek van die geen op 'n chromosoom)

geenmutasie <kyk ook mutasie> : gene mutation (verandering van 'n geen agv 'n verandering van 'n enkele basispaar in die DNA-molekule)

geënsisteerd : encysted (omsluit deur 'n sist of kapsel)

gefasiliteerde diffusie : facilitated diffusion (diffusie waar 'n draermolekule 'n stof oor die membraan vervoer in die rigting van die konsentrasiegradiënt)

gefenestreerd : fenestrated (wat openings of vensters het)

gegradueer(d) : graduated (in grade of gelyke dele verdeel)

gegroef : sulcate (met een of meer groewe of gleuwe)

geheue : memory (die vermoë om ervaringe te stoor of te herroep)

geheuesel : memory cell (B- of T-limfosiet wat in reaksie op die primêre immuunrespons gevorm word en dormant bly, maar vinnig kan reageer as dieselfde antigeen in die toekoms teëgekom word)

gehidreer(de) <kyk ook hidreer> : hydrated (beskryf 'n sout wat water in die kristalle bevat)

gehoor : hearing (die waarneming van geluide; vermoë om te hoor)

gehoor- <kyk ouditief> : auditory

gehoorapparaat : auditory apparatus (versamelnaam vir die uitwendige, middel- en inwendige oor)

gehoorarea : auditory area (area in die temporale lob van die serebrum, net onder die Sylvius-spleet, wat klankimpulse interpreteer)

gehoorbeentjie : auditory ossicle (een van die drie klein beentjies <inkus, malleus, stapes> in die oor)

gehoorkanaal <kyk akoestiese

meatus> : acoustic meatus

gehoormeter <kyk oudiometer> : audiometer

gehoorpyp <kyk stetoskoop> : stethoscope

gehoorsenuwee <kyk nervus

acusticus> : auditory nerve

gehoorskerpte : auditory acuity (vermoë om klanke op verskillende afstande van die oor waar te neem)

Geiger-Müller-teller <kyk Geiger-teller> : Geiger-Müller counter

Geiger-teller (Geiger-Müller-teller) : Geiger counter, Geiger-Müller counter (instrument wat gebruik word vir die opsporing van radioaktiewe deeltjies)

gekompliseerde fraktuur <kyk ook geslote fraktuur; oop fraktuur/cf eenvoudige fraktuur> : complicated fracture (fraktuur met besering van belangrike naasliggende organe en weefsel)

gekondisioneerd : conditioned (aangeleer)

gekondisioneerde refleks <kyk aangeleerde refleks> : conditioned reflex

gekonjugeerde proteïen <kyk konjugaatproteïen> : conjugated protein

gekonsentreerd <kyk ook konsentrasie 2e inskrywing> : concentrated (beskryf 'n oplossing met 'n groot hoeveelheid opgeloste stof)

gel <kyk jel> : gel

gelaag <kyk gelamineerd> : laminated

gelamineerd (gelaag) : laminated (bestaan uit dun lae of laminae)

gelatien (beenlym) : gelatine, gelatin (jellieagtige stof wat verkry word deur gedeeltelike hidrolise van kollageen, afkomstig vanaf die vel, wit veselagtige bindweefsel en bene van diere)

gelatienagtig (jellieagtig) : gelatinous (met die eienskappe van gelatien)

geleedpotiges (artropode, litpotiges) : arthropods (lid van die filum Arthropoda)

geleiding <kyk ook straling;

stroming> : conduction (die oordrag van energie van een plek na 'n ander; die oordrag van klank-, hitte-, lig-, elektriese of senuweeprikkels)

geleidingsvermoë : conductivity, conductance (vermoë om energie in een of ander vorm verder te voer)

geleier <cf niegeleier> : conductor (stof wat energie gelei)

gelob : lobulated, lobate (wat in lobbe of lobbetjies verdeel is)

gelokaliseer(d) : localised (beperk tot 'n bepaalde gebied of area)

geluid (klank) : sound (waarneming van lugtrillinge deur die gehoorsenuwee)

gelyksoortigheid <kyk homogeniteit> : homogeneity

gelykstroom <kyk ook wisselstroom> (GS) : direct current, DC ('n elektriese stroom wat slegs in een rigting vloei al wissel sy sterkte)

gelykwaardig <kyk ekwivalent> : equivalent

gemedulleer(d) <kyk gemiëlineer(d)> : medullated

gemengde senuwee : mixed nerve (senuwee wat uit sowel afferente <sensoriese> as efferente <motoriese> vesels bestaan)

gemiddeld : mean (die waarde wat die meeste voorkom)

gemiddeld : mean (wat in die middel, tussen twee uiterstes lê)

gemiëlineer(d) <cf ongemiëlineer(d)> (gemedulleer(d), gemiëliniseer(d)) : myelinated, medullated (tov 'n senuwee wat 'n miëlienskede <murgskede> besit)

gemiëliniseer(d) <kyk gemiëlineer(d)> : myelinated

genadedood <kyk eutanasie> : euthanasia

geneesheer (dokter) : physician, doctor (opgeleide persoon bevoeg om geneeskundige behandeling toe te pas)

geneeskunde : medicine (wetenskap wat te doen het met die studie en behandeling van siektes)

geneesmiddel <kyk medikament> : medicine

genera <ekv genus> : genera

generasie (geslag) : generation (al die mense wat ongeveer dieselfde tyd gebore is, gewoonlik geneem vanaf geboorte tot ±30-jarige leeftyd)

generies : generic (algemene naam van 'n geneesmiddel, teenoor handelsnaam)

generies : generic (eie aan 'n geslag of soort)

generies : generic (wat tot dieselfde genus behoort)

genesing : healing, cure (enige herstelproses, gesondmaking of gesondwording)

geneties : genetic (mbt gene, genetika of die oorsprong van iets)

genetiese kode : genetic code (die volgorde van basisse in DNA wat sintese van verskillende proteïene, en dus verskillende strukture in die liggaam, bepaal)

genetika (erflikheidsleer) : genetics (wetenskaplike studie van die oordrag van gene)

geniaal : genial (mbt die ken)

geniaal : gifted (buitengewoon begaaf, vindingryk of vernuftig)

genioglossaal : genioglossal (mbt die ken en die tong)

genitaal : genital (wat betrekking het op die manlike of vroulike geslagsorgane)

genitalia (genitalieë, geslagsorgane) : genitalia, genitals (organe van die voortplantingstelsel wat verantwoordelik is vir die produksie van sperma by die manlike, of ova by die vroulike individu)

genitalieë <kyk genitalia> : genitals

genitofemoraal : genitofemoral (mbt die geslagsorgane en die dy)

genotipe <kyk ook fenotipe> : genotype (die samestelling van erflike eienskappe van 'n organisme soos bepaal deur die gene wat dit besit)

genotipe (biotipe) : genotype, biotype (groep individue wat dieselfde genetiese samestelling het)

genus <mv genera/kyk ook takson> : genus (groep lewende organismes met gemeenskaplike morfologiese of filogenetiese kenmerke; sluit gewoonlik verskillende soorte of spesies in)

geofaag : geophagist (iemand wat grond eet)

geoksigeneer(d) <kyk ook oksigeneer/cf gedeoksigeneer(d)> (suurstofryk) : oxygenated (verwys na 'n verbinding wat met suurstof versadig is)

gepigmenteer(d) <kyk ook pigment> : pigmented (gekleur deur 'n pigmentneerslag)

geplooi(d) <kyk ook ruga>

(gevou) : rugose, plicate (met plooie of voue)

geraamte <kyk skelet> : skeleton

gereduseer <kyk ook reduksie; reduseer> : reduced (verwys na 'n verbinding of orgaan wat reduksie ondergaan het)

gereduseerde hemoglobien : reduced haemoglobin (hemoglobien wat nie suurstof dra nie)

geronties : gerontic (mbt die gevorderde ouderdom)

geruis : murmur, bruit (abnormale hartklank)

geruis : murmur, bruit (sagte, hoorbare, vibrerende klanke)

geset <kyk oormassa> : corpulent

gesig : face (voorste gedeelte van die kop tussen die voorkop en die ken)

gesig <kyk visie> : vision

gesigsenuwee <kyk nervus opticus> : optic nerve

gesigskerpte : visual acuity (vermoë om voorwerpe op verskillende afstande van die oog waar te neem)

gesigspurper <kyk rodopsien> : visual purple

gesigsveld : visual field (die area waarin voorwerpe gesien kan word wanneer die oë reguit vorentoe kyk)

gesilieerd : ciliated (wat trilhare <silia> besit)

geslag <kyk generasie> : generation

geslag <kyk seks n.> : sex

geslags- <kyk ook seksueel> : genital, sexual (mbt die geslagsorgane of reproduksie)

geslagsbeheerde oorerwing <kyk ook geslagsgekoppelde oorerwing> : sex-controlled inheritance (eienskappe kom slegs in een geslag voor en nie in die ander nie)

geslagsbeperk (seksbeperk) : sex-limited (eienskap kom slegs in een van die geslagte voor)

geslagsbeperkte geen : sex-limited gene ('n geen wat slegs in een geslag voorkom)

geslagsbuis <kyk gonodukt> : gonoduct

geslagschromatien (sekschromatien) : sex chromatin (digte massa aanwesig in die selkern van alle nieverdelende selle van normale vroulike individue)

geslagschromosoom <kyk ook outosoom; X-chromosoom; Y-chromosoom> : sex chromosome (die chromosoom wat verantwoordelik is vir die geslagsbepaling van die nakomeling <XX in die vroulike individu en XY in die manlike individu>)

geslagsel <kyk gameet> : gamete

geslagsgebonde <kyk geslagsgekoppel> : sex-linked

geslagsgekoppel (geslagsgebonde, seksgekoppel) : sex-linked (gebruik tov kenmerke wat op die geslagschromosome gedra word en dus nie deur albei geslagte in gelyke mate oorgeërf word nie)

geslagsgekoppelde oorerwing <kyk ook geslagsbeheerde oorerwing> : sex-linked inheritance (die eienskap word op die geslagschromosoom, spesifiek die X-chromosoom, gedra)

geslagsgemeenskap <kyk koïtus> : intercourse

geslagsomgang <kyk koïtus> : intercourse

geslagsorgane <kyk genitalia> : genitals

geslagtelik <kyk seksueel> : sexual

geslagtelike voortplanting <cf ongeslagtelike voortplanting> : sexual reproduction (tipe voortplanting waar nuwe individue gevorm word na samesmelting van die manlike en vroulike gameet)

geslote fraktuur <kyk ook gekompliseerde fraktuur/cf oop fraktuur> : closed fracture (fraktuur waar die vel rondom die beskadigde been nie geperforeer is nie)

gesond : sound, healthy (ongeskonde)

gesond : sound, healthy (nie siek nie)

gesondheid : health (toestand van liggaamlike en geestelike welsyn)

gesondheidsleer <kyk higiëne> : hygiene

gespesialiseer(d) : specialised (wat vir 'n besondere funksie ingerig is of in 'n bepaalde rigting ontwikkel het)

gestasie (draagtyd, swangerskap) : gestation, pregnancy (die tyd wat 'n embrio in die uterus deurbring, maw vanaf bevrugting tot geboorte <vir die mens ongeveer 280 dae>)

gesteeld <kyk pedunkulêr> : peduncular

gestel <kyk konstitusie> : constitution

gestratifiseer(d) (laagvormig, meerlagig) : stratified, stratiform (wat in lae bo-op mekaar gerangskik is)

gestratifiseerde epiteel (meerlagige epiteel, saamgestelde epiteel) : stratified epithelium, complex epithelium (bestaan uit meer as een laag selle)

gestreep : striated (vol strepe; van strepe voorsien)

gestu : congested (toestand van 'n liggaamsdeel of orgaan waarin bloed opgedam het)

gesuspendeer : suspended (hangend)

geswel : swollen, tumid (mbt 'n swelsel)

getand : crenated (met uitsteeksels soos tande, bv gevind by rooibloedselle in 'n hipertoniese oplossing)

getyvolume <kyk ook reserwevolume; residuele volume> : tidal volume (die hoeveelheid lug wat deur 'n normale persoon in- en uitgeasem word gedurende rustige asemhaling; asemgrootte)

gevoelig <kyk sensitief 1e

inskrywing> : sensitive

gevoelig <kyk sensitief 2e

inskrywing> : sensible

gevoelloos : insensible (sonder gevoel)

gevoelsreseptor <kyk tangoreseptor> : tangoreceptor

gevou <kyk geplooi(d)> : plicate

gevurk <kyk bifida> : furcate

gewaarwording <kyk sensasie> : sensation

gewas <kyk neoplasma> : neoplasm

gewig <kyk ook massa> : weight (krag waarmee 'n liggaam na die middelpunt van die aarde aangetrek word <word gemeet in Newton>)

gewrig <kyk artikulasie> : joint

gewrigsholtevlies <kyk sinovium> : synovial membrane

gewrigskapsel : articular capsule (die ligament wat 'n sinoviaalgewrig soos 'n sakkie omsluit en dit beskerm)

gewrigsknobbel <kyk kondiel> : condyle

gewrigsknobbel <kyk epikondiel> : epicondyle

gewrigsoppervlak <kyk artikulasieoppervlak> : articular surface

gewrigsvloeistof <kyk sinovia> : synovia

gewrigsvog <kyk sinovia> : synovia

GH <kyk somatotrofiese hormoon> : GH

gietvorm <kyk matriks> : matrix

gif : poison, intoxicant (enige stof wat deur inname of aanwending tot weefselskade of selfs dood lei)

giftig <kyk toksies 2e inskrywing> : poisonous

gigantisme <kyk ook akromegalie> (reusegroei) : gigantism, giantism (reusegroei agv oormatige afskeiding van groeihormoon by kinders)

ginekologie : gynaecology (afdeling van die mediese wetenskap wat betrekking het op die voortplantingsorgane van die vrou)

gingiva (tandvleis, ula) : gingiva, gum, ula (sagte, bloedvatryke weefsel as bekleding oor die deel van die kakebeen waarin die tande sit)

gingivaal : gingival (mbt die tandvleis)

ginglimus (skarniergewrig) : ginglymus, hinge joint (gewrig wat beweging slegs in een vlak toelaat)

girus : gyrus (een van die menigvuldige voue van die breinoppervlak wat gevorm word deur die invouing van die korteks)

gisting <kyk fermentasie> : fermentation

gladdespier <kyk ook kardiale spier; onwillekeurige spier; skeletspier> : smooth muscle (onwillekeurige spier waaruit alle visserale organe bestaan <is opgebou uit spoelvormige vesels met 'n enkele groot, ovale selkern>)

gladiolus <kyk corpus sterni> : gladiolus

glans : glans ('n algemene naam vir 'n klein, ronde massa of kliervormige liggaam)

glans klitoris : glans clitoris (erektiele weefsel aan die punt van die klitorus)

glans penis : glans penis (die koniese punt of kop van die penis)

glasagtig <kyk ook hialien> : vitreous (deurskynende jellieagtige stof)

glasagtige kraakbeen <kyk hialiene kraakbeen> : hyaline cartilage

glasagtige liggaam <kyk vitreuse liggaam> : vitreous body

glasliggaam <kyk vitreuse liggaam> : vitreous body

glasvog <kyk vitreuse liggaam> : vitreous humour

glenoïed : glenoid (wat lyk soos 'n holtetjie of potjie, bv die skouerpotjie)

glia <kyk neuroglia> : glia

gliaal : glial (mbt glia)

gliasel <kyk ook neuroglia> : glial cell (hoofbestanddeel van neuroglia)

glikase <kyk maltase> : glycase

glikogeen (dierestysel, glukogeen) : glycogen ('n polisakkaried wat uit glukosemolekules bestaan <vernaamste bergingsvorm van koolhidraat in veral die lewer, spierselle en vetselle>)

glikogenese (glukogenese) : glycogenesis, glucogenesis (sintese van glikogeen uit glukose)

glikogenolise (glukogenolise) : glycogenolysis, glucogenolysis (afbreek van glikogeen na glukose)

glikolipied (glukolipied) : glycolipid ('n vet wat koolhidraatgroepe, gewoonlik galaktose, maar ook glukose en ander, bevat <word in breinweefsel aangetref>)

glikolise (glukolise) : glycolysis, glucolysis (ensimatiese afbreek van glukose na pirodruiwesuur of melksuur)

glikoneogenese (glukoneogenese) : glyconeogenesis, gluconeogenesis (sintese van glukose uit niekoolhidraatstowwe, veral aminosure, melksuur en pirodruiwesuur)

glikopenie <kyk ook hipoglisemie> (glukopenie) : glycopenia, glucopenia ('n tekort aan suiker in die weefsel)

glikoproteïen (glukoproteïen) : glycoprotein, glucoprotein (enigeen van 'n groep gekonjugeerde proteïene bestaande uit 'n proteïen met 'n koolhidraatgroep)

glikosied (glukosied) : glycoside, glucoside (verbinding wat n hidrolise 'n suikermolekule en niesuikermolekule as produk lewer)

glikosurie (glukosurie) : glycosuria, glucosuria (teenwoordigheid van glukose in die urien)

glisemie (glukemie) : glycaemia, glucaemia (aanwesigheid van suiker in die bloed)

gliseraat : glycerate (enige sout van gliseriensuur)

gliseried : glyceride (ester van gliserol en een of meer organiese sure)

gliserien : glycerin, glycerine ('n helder, kleurlose, soet stroop wat as 'n aanklammingsmiddel of oplosmiddel vir geneesmiddels gebruik word)

gliseriensuur : glyceric acid ('n suur wat verkry word deur oksidasie van gliserien)

gliserol : glycerol ('n alkohol wat die eindproduk van vertering van 'n vetmolekule is)

glisien : glycine ('n nie-essensiële aminosuur <chemiese naam is aminoasynsuur>)

globien : globin (die proteïenkomponent van hemoglobien)

globulien <kyk ook immunoglobulien> : globulin (een van 'n groep proteïene wat in bloedplasma voorkom <kan deur elektroforese geskei word in alfa-, beta-, en gammaglobuliene en immunologies getipeer word, bv immunoglobuliene IgA, IgD, IgE, IgG, IgN>)

gloeiend <kyk fosforesserend> : glowing

glomerulêr : glomerular (mbt 'n glomerulus)

glomerulêre filtrasiespoed : glomerular filtration rate (tempo waarteen glomerulêre filtraat deur die niere gevorm word)

glomerulêre kapsel <kyk Bowman-kapsel> : glomerular capsule

glomeruli <ekv glomerulus> : glomeruli

glomerulus <mv glomeruli>

(kluweltjie) : glomerulus (kronkelende massa bloedkapillêre wat deur die Bowman-kapsel omring word; 'n klein, ronde massa selle of bloedvate)

glomeruluskapsel <kyk Bowman-

kapsel> : glomerulus capsule

glossa <kyk lingua> : glossa

glossofaringeaal : glossopharyngeal (mbt die tong en die farinks)

glossofaringeale senuwee <kyk nervus glossopharyngeus> : glossopharyngeal nerve

glottis (stemspleet) : glottis (spleetvormige opening wat die keelholte <farinks> met die lugpyp <tragea> verbind)

glukagon : glucagon ('n hormoon wat deur die alfaselle van die Langerhans-eilande van die pankreas gesekreteer word en verantwoordelik is vir die vrystelling van glukose uit glikogeen)

glukemie <kyk glisemie> : glucaemia

glukogeen <kyk glikogeen> : glycogen

glukogenese <kyk glikogenese> : glucogenesis

glukogenolise <kyk glikogenolise> : glucogenolysis

glukokortikoïed <kyk ook mineralokortikoïed> : glucocorticoid ('n hormoon van die bynierkorteks wat 'n invloed op die koolhidraatmetabolisme uitoefen)

glukolipied <kyk glikolipied> : glycolipid

glukolise <kyk glikolise> : glucolysis

glukoneogenese <kyk glikoneogenese> : gluconeogenesis

glukonsuur : gluconic acid (suur gevorm deur die oksidasie van glukose)

glukopenie <kyk glikopenie> : glucopenia

glukoproteïen <kyk glikoproteïen> : glucoprotein

glukose <kyk dekstrose> : glucose

glukosied <kyk glikosied> : glucoside

glukosurie <kyk glikosurie> : glucosuria

glukuronsuur : glucuronic acid (intermediêre metaboliese produk wat normaalweg in klein hoeveelhede in die urien voorkom)

glutamien : glutamine ('n aminosuur <monoamied van glutamiensuur> wat by die mens 'n rol speel in detoksifikasie)

glutamiensuur : glutamic acid ('n aminosuur wat belangrik is in die stikstofmetabolisme)

glutatioon : glutathione (tripeptied wat belangrik is by weefseloksidasieprosesse aangesien dit geoksideer ‚n gereduseer kan word)

gluteaal : gluteal (mbt die boud)

gluten : gluten (onoplosbare proteïen in koring en ander graansoorte <word vanaf meel verkry deur die stysel uit te was en dit gee aan deeg die taai, elastiese voorkoms>)

glygewrig : gliding joint (gewrig wat beperkte mate van beweging toelaat deurdat plat beenoppervlaktes oor mekaar gly)

glyteorie : sliding theory ('n verduideliking van die meganisme waardeur spiere saamtrek)

gnaties : gnathic (mbt die kakebeen)

gnatodinamika : gnathodynamics (studie van die fisiese kragte betrokke by die koubeweging)

gnatodinie : gnathodynia (pyn in die kaak)

gnotobioot : gnotobiote (spesiaal geteelde laboratoriumdier waarvan die mikro-organismes bekend is)

goedaardig <cf maligne> : benign (nie gevaarlik, kwaadaardig, ernstig nie)

goiter <kyk ook hipertiroïdisme; hipotiroïdisme> (kropgeswel) : goitre (enige vergroting van die tiroïedklier)

golf <kyk ook amplitude; golflengte> : wave (grafiese voorstelling van 'n fisiologiese dinamiese verskynsel)

golf <kyk ook amplitude; golflengte> : wave (uitwyking)

golflengte <kyk ook amplitude; golf> : wave length (afstand tussen twee opeenvolgende golfkruine of -dale)

Golgi-apparaat : Golgi apparatus ('n mikroskopies klein struktuur wat bestaan uit stapels membrane wat vakuole omring <dit het waarskynlik te doen met selsekresies en die vervaardiging van nuwe materiaal in 'n sel>)

gomfose : gomphosis (gewrig tussen die die tand en die tandkas)

gonade : gonad (geslagsorgaan wat gamete produseer; voortplantingsklier <testes, ovarium>)

gonadotrofien <kyk gonadotropien> : gonadotropin

gonadotroop : gonadotrope (verwys na 'n gonadotropiese stof)

gonadotropien (gonadotrofien) : gonadotropin (hormoon wat die ontwikkeling of aktiwiteit van die gonades stimuleer <kan wees FSH of LH>)

gonadotropies : gonadotropic (wat die gonade beïnvloed)

gonalgie : gonalgia (pyn in die kniegewrig)

gonodukt (geslagsbuis) : gonoduct (buis wat vanaf die gonade na buite verloop)

gonosiet : gonocyte (primitiewe geslagsel van die embrio)

gordel : girdle (verwys na enige struktuur wat soos 'n band rondom die liggaam geleë is, bv die heupgordel)

goud (Au) : gold, Au (geel edelmetaal)

graad : degree ('n interval of trap in sekere skale)

graad : degree (eenheid vir temperatuurverskil)

graad : degree (intensiteit of omvang)

Graaf-follikel : Graafian follicle ('n volwasse, vloeistofgevulde follikel in die ovarium wat 'n ovum bevat en tydens ovulasie oopbars; ovariumfollikels wat 'n ovum bevat en vroulike geslagshormone vrystel)

gradiënt : gradient (grafiese voorstelling van die toename of afname van 'n veranderlike waarde)

gradiënt : gradient (helling)

gradiënt : gradient (verhouding van een fisiese krag tot 'n ander)

grafospasma (skrywerskramp) : graphospasm, writer's cramp (spierkrampe in die hand en voorarm wat ontstaan as mens baie skryf)

gram (g) : gram, g ('n eenheid van massa in die metrieke stelsel wat eweredig is aan een duisendste van 'n kilogram)

gramekwivalent : gram-equivalent (daardie massa <in gram> van 'n stof wat een mol waterstofione of een mol elektrone produseer of daarmee reageer)

grammolekulêre massa : gram-molecular mass (die molekulêre massa van 'n stof uitgedruk in gram)

Gram-kleurmetode : Gram-staining technique (metode om mikro-organismes te kleur deur dit met 'n violetkleurstof, gevolg deur 'n ontkleuringsmiddel <bv alkohol> en dan weer met 'n rooi teenkleurstof te kleur <hierdie kombinasie veroorsaak 'n donker blou, violet of purper kleur, wat by die Gram-positiewe organismes bly nadat dit in alkohol gewas is, terwyl dit by Gram-negatiewe organismes die neutrale rooi kleur van die teenkleurstof wat gebruik word, vertoon>)

Gram-negatief <kyk ook Gram-kleurmetode> : Gram-negative (vertoon die neutraalrooi kleur van die teenkleurstof wat gebruik word in die Gram-kleurmetode)

Gram-positief <kyk ook Gram-kleurmetode> : Gram-positive (vertoon violet of blou met die Gram-kleurstof)

grand mal <cf petit mal> (major epilepsie) : grand mal, major epilepsy (toestand gekenmerk deur aanvalle met 'n tipiese patroon van simptome, nl skielike bewussynsverlies wat onmiddellik gevolg word deur verspreide stuiptrekkings)

granulasie : granulation (vorming van granulasieweefsel)

granulasieweefsel : granulation tissue (enige van die sagte, rooierige, vlesige uitsteeksels wat tydens die herstel van 'n wond vorm en die vroeë stadium van littekenweefsel vorm <dit bestaan hoofsaaklik uit kapillêre vate wat met fibreuse kollageen omring is>)

granule : granule (klein korreltjie)

granuleer : granulate (om granulasie te ondergaan)

granulêr <cf agranulêr> : granular (bestaande uit korrels of granules; mikroskopies lyk die struktuur of weefsel asof dit korrels in of op die oppervlak bevat)

granulomateus : granulomatous (gekenmerk deur granulasieweefsel)

granulopoiëse <kyk granulositopoiëse> : granulopoiesis

granulosiet <cf agranulosiet> : granulocyte (een van die groepe leukosiete wat gekenmerk word deur die teenwoordigheid van granules in die sitoplasma, bv basofiel, eosinofiel, neutrofiel)

granulositopenie <kyk ook agranulositose> : granulocytopenia (tekort aan granulosiete in die perifere bloed)

granulositopoiëse (granulopoiëse) : granulocytopoiesis, granulopoiesis (produksie van granulosiete)

Graves-siekte (eksoftalmiese goiter) : Graves's disease, exophthalmic goitre (toksiese kropgeswel)

gravitasie (g, swaartekrag) : gravitation, gravity, g (krag waarmee 'n liggaam na die middelpunt van die aarde aangetrek word <gravitasie is verantwoordelik vir die versnelling van vry val>)

groef <kyk spleet> : groove

groef van Rolando <kyk Rolando-groef> : fissure of Rolando

groef van Sylvius <kyk Sylvius-

spleet> : fissure of Sylvius

groei : growth (toename in sellulêre massa <en dus grootte> van 'n organisme of enige van sy onderdele tydens ontwikkeling)

groeihormoon <kyk somatotrofiese hormoon> : growth hormone

groenblindheid <kyk agloukopsie> : green-blindness

groenhoutfraktuur (buigfraktuur) : greenstick fracture (fraktuur waar die been slegs aan die een kant gebreek is en aan die ander kant gebuig is <kom veral by kinders voor>)

grondmembraan <kyk basilemma> : basement membrane

grondstof <kyk substantia propria> : ground substance

grondsubstansie <kyk substantia propria> : ground substance

grondvlies <kyk basilemma> : basement membrane

groot bloedsomloop <kyk sistemiese sirkulasie> : systemic circulation

groot omentum <kyk omentum

majus> : greater omentum

grootbrein <kyk serebrum> : cerebrum

grootharsings <kyk serebrum> : cerebrum

groot sisterne <kyk sisterna magna> : cisterna magna

grysstof <kyk ook witstof> : grey matter (weefsel wat die korteks van die brein vorm en hoofsaaklik uit selliggame van senuwees bestaan <geen miëlienskede kom voor nie>)

GS <kyk gelykstroom> : DC

guanien <kyk ook adenien; purien> : guanine (purienbasis van nukleïensure wat in DNA en RNA voorkom)

 

H

H <kyk waterstof> : H (chemiese simbool)

H+ : H+ (chemiese simbool vir 'n waterstofioon)

haar : hair (meersellige, filamentagtige uitgroeisel uit 'n gespesialiseerde follikel in die epidermis)

haaragtig : villose, trichoid (met die voorkoms van hare)

haarfollikel (haarsakkie) : hair follicle (flesvormige induiking in die dermis waaruit die haar groei; een van die buisvormige invouings van die epidermis wat die hare van die vel omsluit)

haarpapil : hair papilla (papil van die dermis wat op die bodem van die haarsakkie voorkom en ryklik van kapillêre bloedvate voorsien is)

haarsakkie <kyk haarfollikel> : hair follicle

haarsel : hair cell (gespesialiseerde epiteelselle met haaragtige uitgroeisels wat as reseptore in die cristae acustica en maculae acusticae aangetref word)

haarvat <kyk kapillêr> : capillary

habitat : habitat (natuurlike tuiste van organismes waarin hulle leef, voed, voortplant ens)

hak : heel (agterste deel van die voet)

hakbeen <kyk kalkaneum> : calcaneum

hakskeenbeen <kyk kalkaneum> : calcaneum

hakskeentendon <kyk Achilles-

tendon> : Achilles tendon

halfdeurlaatbaar <kyk halfdeurlatend> : semipermeable

halfdeurlaatbare membraan <kyk halfdeurlatende membraan> : semipermeable membrane

halfdeurlatend <kyk ook selektief deurlatend> (halfdeurlaatbaar) : semipermeable (sekere stowwe soos water en sommige molekules word deurgelaat en ander nie)

halfdeurlatende membraan (halfdeurlaatbare membraan) : semipermeable membrane (membraan wat sekere stowwe deurlaat en ander nie, bv by liggaamselle)

halfleeftyd (halveringstyd) : half-life (tyd wat dit neem vir 'n radio-isotoop om vyftig persent van sy aktiwiteit te verloor deur radioaktiewe verval)

halfmaanvormig : crescentic, semilunar (met die vorm van 'n halwe maan)

halfmaanvormige klep : semilunar valve (klep wat bestaan uit sakvormige vliese wat vloei van bloed slegs in een rigting toelaat <kom voor aan die basis van al die grootste are en limfvate, aan die basis van die longslagaar en aorta, asook in die hart>)

halfmaankraakbeen <kyk meniskus 3e inskrywing> : semilunar cartilage

halfsirkelvormige kanaal : semicircular canal (enigeen van die drie benige, vloeistofgevulde kanale in die inwendige oor, wat aan die bopunt van die vestibulum ontspring en reghoekig met mekaar in verskillende vlakke lê <staan in verband met die instandhouding van liggaamshouding en -ewewig>)

halluks : hallux (groottoon)

hallusinasie (sinsbedrog) : hallucination (waarneming sonder 'n ooreenkomende prikkel; 'n valse gewaarwording van iets wat nie werklik aanwesig is nie <agv verdowingsmiddels of psigologiese toestande>)

halogeen : halogen (groepnaam vir die niemetale wat in Groep VIIA in die Periodieke Tabel van elemente voorkom, bv broom, chloor, fluoor en jodium <dit is elektronegatiewe elemente wat regstreeks met metale soute vorm sonder die tussenkoms van suurstof>)

halveringstyd <kyk halfleeftyd> : half-life

hamer <kyk malleus> : hammer

hand : hand (deel van die boonste ledemaat distaal tot die voorarm wat uit die karpus, metakarpus en falanges bestaan)

handpalm <kyk palm> : palm

haploïed <kyk ook diploïed> : haploid (beskryf 'n sel wat die helfte van die <normale> diploïede getal chromosome in die kern besit <dit word voorgestel deur n>)

hapteen : hapten ('n nieproteïenagtige stof wat as 'n antigeen optree deur met spesifieke antiliggame te bind <dit kan nie self antiliggaamproduksie uitlok nie, maar gebonde aan 'n draerproteïen kan dit wel 'n imuunreaksie uitlok>)

harsingbalk <kyk corpus callosum> : corpus callosum

harsings <kyk enkefalon> : brain

harsingsenuwee <kyk kraniale

senuwee> : cranial nerve

harsingslymvliesklier <kyk hipofise> : pituitary gland

harsingstam <kyk breinstam> : brain stem

harsingvliese <kyk meninges> : meninges

hart <kyk ook cor; kardia> : heart (hol, keëlvormige spierorgaan wat bloed vanaf alle liggaamsdele ontvang en dit na die longe en die res van die liggaam pomp)

hart- <kyk kardiaal> : cardiac

hartbasis : heart base (boonste, breë gedeelte van die hart, bestaande uit die atria)

hartblok : heart block (versteurde hartritme agv versteurde geleiding van impulse vanaf die atria na die ventrikels, waartydens die ventrikels minder dikwels as die atria saamtrek)

hartkamer <kyk ventrikel 2e inskrywing> : heart chamber

hartklepstringe <kyk chordae tendineae> : chordae tendineae

hartkontraksie <kyk sistool> : systole

hartomset <kyk kardiale omset> : cadiac output

hartsak <kyk perikardium> : pericardium

hartsiklus <kyk kardiale siklus> : cardiac cycle

hartspier <kyk kardiale spier> : cardiac muscle

hartstilstand <kyk kardiale arres> : cardiac arrest

hartverlamming <kyk kardiale arres> : cardiac arrest

hartversaking <kyk kardiale

versaking> : heart failure

Havers-kanaal <kyk ook Volkmann-kanaal> : Haversian canal (uiters dun, lengteverlopende kanaaltjie in kompakte beenweefsel wat limfvaatjies, aartjies en slagaartjies bevat)

Havers-sisteem <kyk Havers-stelsel> : Haversian system

Havers-stelsel (Havers-sisteem) : Haversian system (konsentriese rangskikking van beenlae rondom 'n Havers-kanaal)

Hb <kyk hemoglobien> : Hb

H-band <kyk ook A-band, I-band, Z-lyn> : H band (ligter band wat in die middel van die donker A-band van 'n sarkomeer voorkom)

HbO2 <kyk oksihemoglobien> : HbO2 (chemiese formule)

HCl <kyk soutsuur> : HCl (chemiese formule)

He <kyk helium> : He (chemiese simbool)

heelbloed <kyk ook bloed> : whole blood (verwys na bloed met al sy bestanddele)

heem : haem, heme (die rooi, ysterbevattende, respiratoriese pigment wat die nieproteïengedeelte van 'n hemoglobienmolekule uitmaak)

hefboom : lever (onbuigbare staaf of ander voorwerp waarmee 'n las <gewig of vrag> verplaas kan word deur dit vry om 'n vaste punt <die steunpunt> te laat draai en 'n krag daarop uit te oefen)

hegdraad : suture ('n string sterk materiaal <oplosbaar of onoplosbaar> wat in verskeie sterktes en diktes beskikbaar is en gebruik word om wonde mee toe te werk)

heiligbeen <kyk sakrum> : sacrum

heksadaktilisme : hexadactylism ('n organisme wat ses vingers of tone besit)

heksagoon : hexagon (figuur met ses hoeke of sye)

heksosamien : hexosamine ('n stikstofbevattende suiker waarin die aminogroep 'n hidroksielgroep vrystel)

heksose <kyk ook pentose, tetrose, triose> : hexose ('n monosakkaried wat ses koolstofatome <C6H12O6> in die molekule bevat, bv glukose, fruktose en galaktose)

hektogram : hectogram (massa-eenheid in die metrieke stelsel <gelyk aan 100 g>)

hektometer : hectometer (lengte-eenheid in die metrieke stelsel <gelyk aan 100 m>)

helikotrema : helicotrema (die nou gangetjie aan die apeks van die benige koglea wat die scala tympani met die scala vestibuli verbind)

heliks : helix (enige spiraalvormige struktuur)

helium (He) : helium, He (onaktiewe gas; die tweede ligste element in die natuur)

hematien : haematin ('n pigment wat gevorm word deur die afbreking van hemoglobien; die hidroksied van heem)

hematoblast <kyk hemositoblast> : haematoblast

hematofaag : haematophage (fagosiet wat rooibloedselle vernietig)

hematofagies (bloedsuiend) : haematophagous (wat op bloed teer)

hematogeen n. : haematogen (stof of geneesmiddel wat bloedselle vorm <veral rooibloedselle>)

hematogeen adj. (bloedvormend, hematopoiëties, hemopoiëties) : haematogenic, haematogenous, haematopoetic, haemopoetic (afkomstig van, of mbt die vorming van bloed of bloedselle)

hematogenese (bloedselvorming, bloedvorming, hematopoiëse, hemogenese, hemopoiëse) : haematogenesis, haematopoiesis, haemogenesis (vorming en ontwikkeling van bloedselle <veral rooibloedselle>)

hematokrit : haematocrit (die persentasie selle van 'n bloedmonster)

hematologie : haematology (studie van bloed en bloedsiektes)

hematoom : haematoma (versameling van bloed in 'n orgaan, ruimte of weefsels buite die bloedvate)

hematopoiëse <kyk hematogenese> : haematopoiesis

hematopoiëties <kyk hematogeen

adj.> : haematopoietic

hematosiet <kyk hemosiet> : haematocyte

hematosoïese parasiet : haematozoic parasite (organisme wat in bloed lewe)

hematurie : haematuria (uitskeiding van bloederige urien)

hemeralopie <kyk ook skotopie/cf niktalopie> (dagblindheid) : hemeralopia, day blindness (verminderde gesigsvermoë met daglig of ander beligting)

hemisfeer : hemisphere (beskryf die helfte van enige sferiese, of naastenby ronde voorwerp of orgaan)

hemisfeer : hemisphere (halfrond)

hemoblast <kyk hemositoblast> : haemoblast

hemofiel : haemophil (affiniteit vir bloed)

hemofiel : haemophil (mbt hemofilie)

hemofilie (bloeisiekte) : haemophilia (oorerflike bloedsiekte wat by die manlike geslag voorkom <bloedstolling word baie vertraag agv 'n afwesigheid van stollingsfaktor VIII>)

hemofilis (bloeier) : haemophiliac, bleeder (persoon met hemofilie of ander bloedingsneiging)

hemogenese <kyk hematogenese> : haemogenesis

hemoglobien (Hb) : haemoglobin, Hb (respiratoriese pigment in rooibloedselle wat geredelik met suurstof verbind om oksihemoglobien te vorm <bestaan uit 'n heemmolekule in verbinding met 'n proteïen, globien>)

hemoglobien-S : haemoglobin S (abnormale vorm van hemoglobien wat die algemeenste voorkom en oa verantwoordelik is vir sekelselanemie)

hemolise : haemolysis (vernietiging <opbreek> van rooibloedselle en gevolglike vrystelling van hemoglobien)

hemolisien : haemolysin (stof wat hemolise veroorsaak)

hemolities : haemolytic (mbt hemolise of wat hemolise teweegbring)

hemolitiese anemie : haemolytic anaemia (enige anemie te wyte aan buitensporige vernietiging van rooibloedselle)

hemopoiëse <kyk hematogenese> : haemopoiesis

hemopoiëtien <kyk intrinsieke

faktor> : haemopoietin

hemopoiëties <kyk hematogeen adj.> : haemopoietic

hemoragie (bloedverlies) : haemorrhage (ernstige bloeding)

hemoragies (bloederig) : haemorrhagic (beskrywend vir enige weefsel waar bloeding voorgekom het)

hemosiet <kyk ook eritrosiet, leukosiet> (bloedliggaampie, bloedsel, hematosiet) : haemocyte, blood cell, blood corpuscle, haematocyte (een van die sellulêre bestanddele van bloed)

hemositoblast (hematoblast,

hemoblast) : haemocytoblast, haematoblast, haemoblast (primitiewe mononukleêre sel waaruit, volgens die teorie van monofilitiese oorsprong van bloedselle, alle ander bloedselle deur differensiasie ontwikkel het)

hemositolise : haemocytolysis (vernietiging van rooibloedselle)

hemositometer <kyk ook telkamer> : haemocytometer (apparaat waarmee bloedliggaampies getel word)

hemostase <kyk ook angiotripsie; bloedstelping; bloedstolling> : haemostasis (stuiting van bloedvloei deur chemiese of meganiese metodes)

hemostaties (bloedstuitend) : haemostatic (mbt die stuiting van bloed)

hemotoraks : haemothorax (versameling van bloed in die pleurale holte, gewoonlik agv trauma)

Henle-boog <kyk Henle-lus> : Henle's loop

Henle-lus (Henle-boog) : Henle's loop (die U-vormige gedeelte van die nierbuisie wat gevorm word deur die stygende en dalende bene)

heparien : heparin (natuurlike antistolmiddel wat in bloed voorkom)

hepaties (lewer-) : hepatic (mbt die lewer)

hepatikostomie : hepaticostomy (vorming van 'n abnormale opening in die hepatiese buis)

hepatitis : hepatitis (ontsteking van die lewer)

hepatogeen : hepatogenic, hepatogenous (in, of deur die lewer vervaardig of voortgebring)

heptavalent : heptavalent (met 'n valens van 7)

herabsorpsie : reabsorption (proses wat byvoorbeeld by die niere plaasvind waar gefiltreerde stowwe weer uit die buislumen terug na die bloed geabsorbeer word)

herinaseming : rebreathing (die proses waar dieselfde gasse weer ingeasem word)

herinasemingsak : rebreathing bag ('n sak wat aan 'n masker vas is en gebruik word om gas in die longe te druk <dit kan dien as 'n reservoir vir narkosegasse gedurende chirurgie, of vir suurstof gedurende resussitasie>)

herinfeksie : reinfection (herhaling van infeksie met dieselfde tipe organisme)

Hering-Breuer-refleks : Hering-Breuer reflex ('n meganisme wat inspirasie beheer)

hermafrodiet (biseksueel) : hermaphrodite, bisexual (met die kenmerke van albei geslagte)

hernia (breuk, ruptuur) : hernia, rupture (uitstulping van 'n gedeelte van 'n orgaan deur 'n abnormale opening in die wand van die holte waarin dit normaalweg geleë is)

herniaal : hernial (mbt 'n breuk)

heroïen (diasetielmorfien) : heroin, diacetylmorphine (wit, kristallyne, bedwelmende stof wat uit morfien berei en as 'n verdowingsmiddel gebruik word <gebruikers word dikwels daaraan verslaaf>)

herpes : herpes (enige inflammatoriese velsiekte veroorsaak deur 'n virus en gekenmerk deur die vorming van blasies wat in groepe gerangskik is)

Hertz (Hz) : Hertz, Hz (SI-eenheid vir frekwensie <een Hertz is gelyk aan een siklus per sekonde>)

heterochromosoom <kyk allosoom 2e inskrywing> : heterochromosome

heterodont : heterodont (met verskillende soorte tande)

heterogaam <kyk heterogameties> : heterogamous

heterogameet <kyk ook anisogameet; isogameet> : heterogamete (nie-eenderse gamete; gamete wat in struktuur en funksie verskil)

heterogameties (heterogaam) : heterogametous, heterogamous (wat verskillende soorte gamete voortbring)

heterogamie <kyk ook anisogamie; isogamie> : heterogamy (toestand waar heterogamete versmelt)

heterogeen <cf homogeen 1e inskrywing> : heterogeneous (verskillend in soort of aard)

heterogeen <cf homogeen 2e inskrywing> : heterogeneous (met verskillende eienskappe)

heteroseksueel <cf homoseksueel 1e inskrywing> : heterosexual (van, of mbt die teenoorgestelde geslag)

heteroseksueel <cf homoseksueel 2e inskrywing> : heterosexual (mbt 'n geslagsdrang na persone wat tot die teenoorgestelde geslag behoort)

heterosigoot <kyk ook hibried/cf homosigoot 1e inskrywing> : heterozygote ('n organisme of sel met twee verskillende allele op ooreenstemmende lokusse op homoloë chromosome)

heterosigoot <kyk ook hibried/cf homosigoot 2e inskrywing> : heterozygote (individu wat ontstaan uit die vereniging van ongelyksoortige geslagselle)

heterosigose : heterozygosis (die vorming van 'n sigoot deur die samesmelting van geneties verskillende gamete sodat dit nie verder suiwer sal teel nie)

heterosigositeit : heterozygosity (toestand wat ontstaan agv verskillende allelgene by een of meer gepaarde lokusse in homoloë chromosome)

heterosigoties <cf homosigoties> : heterozygous (mbt 'n heterosigoot of heterosigotisiteit)

heterosoom <kyk allosoom 2e inskrywing> : heterosome

heup <kyk coxa> : hip

heupbeen <kyk ook ilium; ischium; pubis> : hip bone (enigeen van die twee vergroeide bene wat saam met die heiligbeen die bekken vorm en elk voorsien is van 'n potjie waarin die kop van die femur pas)

heupgewrig <kyk ook coxa> : hip joint (die bal-en-potjie-gewrig tussen die heupbeen en die dybeen)

heupgordel <kyk pelviese gordel> : pelvic girdle

heuppotjie <kyk asetabulum> : acetabulum

Hg <kyk kwik> : Hg (chemiese simbool)

hialien <kyk ook glasagtig> : hyalin (deursigtige, albumienagtige stof)

hialienkraakbeen <kyk hialiene kraakbeen> : hyalin cartilage

hialiene kraakbeen (glasagtige kraakbeen, hialienkraakbeen) : hyalin cartilage (kraakbeen met 'n homogene, deurskynende grondstof en min vesels daarin)

hialuronidase <kyk ook hialuroonsuur> : hyaluronidase ('n ensiem wat deur sperms geproduseer word om deur die laag selle rondom die eiersel te kan dring sodat bevrugting kan plaasvind)

hialuroonsuur <kyk ook hialuronidase> : hyaluronic acid (kleefstof wat die ovariumselle rondom die ovum <corona radiata> aan mekaar hou)

hiatus : hiatus (enige ruimte of opening in 'n membraan of ander liggaamsweefsel)

hibried <kyk ook heterosigoot>

(baster) : hybrid, bastard (afstammeling wat ontstaan agv die kruising van ouers wat verskillende gene dra)

hidraat : hydrate (molekulêre verbinding van enige stof met water; samestelling wat water in 'n chemiese verbinding bevat)

hidrasie <cf dehidrasie> : hydration (proses van chemiese verbinding met water)

hidrateer <kyk hidreer> : hydrate

hidreer <kyk ook gehidreer/cf dehidreer> (hidrateer) : hydrate (water direk toevoeg aan, of 'n stof chemies met water te behandel of laat verbind)

hidried : hydride (enigeen van die chemiese verbindings van waterstof met 'n ander element of radikaal)

hidrofiel <cf hidrofoob> (waterabsorberend) : hydrophile, hydrophilic (het die neiging om water aan te trek)

hidrofoob <cf hidrofiel> : hydrophobe (het die neiging om water af te stoot of te vermy, bv vette)

hidrogenase <kyk reduktase> : hydrogenase

hidrogenasie <kyk reduksie 4e inskrywing> : hydrogenation

hidroksied : hydroxide (enige verbinding van 'n hidroksielradikaal

<-OH> of 'n hidroksiedioon <OH-> met 'n ander radikaal of ioon)

hidroksiel : hydroxyl (monovalente radikaal -OH)

hidroksielgroep : hydroxyl group ('n monovalente funksionele groep bestaande uit 'n suurstof- en waterstofatoom <-OH>; kenmerkende groep in die alkoholmolekule)

hidroksielioon : hydroxyl ion (OH-)

hidrolase : hydrolase (enige ensiem wat hidrolisereaksies kataliseer)

hidrolise : hydrolysis (proses waardeur 'n komplekse verbinding deur die toevoeging van water <waterstof- en hidroksielione> in kleiner dele opgebreek word)

hidrolities : hydrolytic (mbt hidrolise)

hidrometer : hydrometer (apparaat waarop die digtheid van vloeistowwe gelees word <deur dit te vergelyk met die gewig van 'n gelyke volume water>)

hidrometrie : hydrometry (bepaling van die digtheid van vloeistowwe)

hidropenie : hydropenia (gebrek aan water in die liggaam)

hidroplasma : hydroplasm (die vloeistofgedeelte van protoplasma)

hidropneumotoraks <kyk ook hidrotoraks> : hydropneumothorax (aanwesigheid van vog en gas in die pleurale holte)

hidrose : hidrosis (in patologie is dit die buitensporige uitskeiding van sweet; in fisiologie is dit die gewone uitskeiding en afskeiding van sweet)

hidrokefalus (hidrosefalus) : hydrocephalus (abnormale versameling vloeistof in die breinventrikels)

hidrosefalus <kyk hidrokefalus> : hydrocephalus

hidrostaties : hydrostatic (mbt 'n vloeistof in 'n toestand van rus of ewewig)

hidrostatiese druk : hydrostatic pressure (druk wat deur 'n vloeistof <water, bloed of liggaamsvloeistof> uitgeoefen word)

hidrotoraks <kyk ook hidropneumotoraks> : hydrothorax (versameling van vog in die pleurale holte)

hielbeen <kyk kalkaneum> : calcaneum

higiëne (gesondheidsleer) : hygiene (wetenskap wat handel oor die instandhouding van die gesondheid)

higiënies : hygienic (mbt higiëne)

higrometer : hygrometer ('n instrument om die humiditeit van lug en ander gasse te meet)

higroskopies (vogtrekkend) : hygroscopic (in staat om vog uit die lug te absorbeer)

hik : hiccup, hiccough ('n kortaf, krampagtige hyggeluid wat gevorm word agv 'n onwillekeurige spasmodiese sametrekking van die diafragma met gevolglike inaseming en 'n skielike sluiting van die glottis)

hilum (hilus) : hilum, hilus (induiking op die oppervlak van 'n orgaan <bv nier> waar die bloedvate, senuwees en buise ingaan of uitkom)

hilus <kyk hilum> : hilus

himen (maagdevlies) : hymen, maidenhead (dun slymvliesvou geleë by die ingang van die vagina)

hioïed : hyoid (die been wat tussen die wortel van die tong en die larinks geleë is)

hiperadrenalisme <kyk ook Cushing-siekte> : hyperadrenalism (ooraktiwiteit van die bynier)

hiperaktiwiteit <cf hipoaktiwiteit> (ooraktiwiteit) : hyperactivity (oormatige of buitengewone aktiwiteit)

hiperekstensie : hyperextension (ekstensie van 'n gewrig verby die normale beweging, bv die werwelkolom)

hiperemie : hyperaemia ('n oormaat bloed in 'n bepaalde orgaan of weefsel)

hiperfunksie : hyperfunction (ooraktiwiteit van 'n orgaan of liggaamsdeel)

hiperglisemie <kyk ook diabetes mellitius/cf hipoglisemie> (hiperglukemie) : hyperglycaemia ('n abnormaal hoë bloedglukose)

hiperglisemies (hiperglukemies) : hyperglycaemic (mbt of gekenmerk deur 'n oormaat suiker in die bloed)

hiperglukemie <kyk hiperglisemie> : hyperglycaemia

hiperglukemies <kyk hiperglisemies> : hyperglycaemic

hiperkapnie <cf hipokapnie> : hypercapnia ('n abnormaal hoë CO2-konsentrasie in die bloed met gevolglike ooraktiwiteit van die asemhalingsentrum)

hipermetropie <cf miopie> (hiperopie, versiendheid) : hypermetropia, hyperopia, farsightedness (nabygeleë voorwerpe word nie duidelik gesien nie aangesien die beeld agter die retina val <t‚ kort oogbal of t‚ plat lens>)

hipermiotonie : hypermyotonia (verhoogde spiertonus)

hipermotiliteit : hypermotility (oormatige of abnormale beweeglikheid)

hiperopie <kyk hipermetropie> : hyperopia

hiperosmoties <kyk ook isosmoties 2e inskrywing/cf hipo-osmoties> : hyperosmotic ('n oplossing met 'n hoër konsentrasie osmoties aktiewe komponente as 'n standaardoplossing)

hiperosmoties <kyk ook isosmoties 2e inskrywing/cf hipo-osmoties> : hyperosmotic (wat aanleiding gee tot 'n besonder vinnige osmose <in die sel in> omdat die konsentrasie watermolekules binne die sel laer is as buite die sel)

hiperplasie <kyk ook homoplasie/cf hipoplasie> : hyperplasia ('n oormatige vorming van weefsel of 'n vermeerdering in die aantal selle van 'n orgaan of weefsel)

hiperplasties : hyperplastic (mbt hiperplasie)

hiperpnee : hyperpnoea (verhoogde asemhalingspoed en -diepte; oorventilering van die longe)

hipersekresie <cf hiposekresie> (oorafskeiding) : hypersecretion (buitengewoon hoë afskeiding)

hipersensitiwiteit <kyk ook allergie; anafilakse> (oorgevoeligheid) : hypersensitivity (abnormale toestand gekenmerk deur 'n verhoogde gevoeligheid vir 'n spesifieke stimulus)

hipertensie <cf hipotensie> : hypertension (aanhoudende verhoogde arteriële bloeddruk)

hipertermie <kyk ook pireksie/cf hipotermie> : hyperthermia (toestand van verhoogde liggaamstemperatuur <meer as ±37,2 °C>)

hipertiroïdisme <kyk ook goiter/cf hipotiroïdisme> : hyperthyroidism (toestand gekenmerk deur ooraktiwiteit van die tiroïed <skildklier>)

hipertoksies <cf hipotoksies> : hypertoxic (buitengewoon giftig)

hipertonie <kyk hipertonus> : hypertonia

hipertonies <cf hipotonies 1e inskrywing> : hypertonic (tov 'n oplossing of selle waarin die konsentrasie watermolekules groter is as daarbuite sodat watermolekules uitbeweeg)

hipertonies <kyk ook isotonies 1e inskrywing> : hypertonic (gekenmerk deur hipertonus)

hipertonus (hipertonie) : hypertonia, hypertonus (abnormaal verhoogde skeletspiertonus; verhoogde weerstand van spiere op passiewe strekking)

hipertrofie <kyk ook homoplasie/cf hipotrofie 1e inskrywing> : hypertrophy (toename in massa van weefsel of organe agv die groter word van individuele selle of vesels sonder dat die getal selle vermeerder, bv in spiere wat baie geoefen word)

hipertrofies : hypertrophic (gekenmerk deur hipertrofie)

hiperventilasie (oorventilasie) : hyperventilation, overventilation (abnormaal verlengde vinnige en diep asemhaling; pulmonêre ventilasie <longbelugting> is groter as wat nodig is vir die normale metaboliese uitruiling van gasse)

hipnose : hypnosis (kunsmatige slaap aangebring deur suggestie)

hipnoties : hypnotic (slaapbevorderend)

hipoaktiwiteit <cf hiperaktiwiteit> : hypoactivity (abnormale vermindering in aktiwiteit of ondernormale aktiwiteit)

hipodermies <kyk subkutaan> : hypodermic

hipodermis <kyk subkutane weefsel> : hypodermis

hipofarinks : hypopharynx (gedeelte van die farinks net agter die larinks)

hipofise (harsingslymvliesklier, meesterklier, pituïtêre klier) : hypophysis, pituitary gland ('n endokriene klier bestaande uit die adenohipofise en neurohipofise)

hipofiseaal : hypophyseal (mbt die hipofise)

hipogastrium : hypogastrium (onderste sentrale gedeelte van die abdomen)

hipoglisemie <kyk ook glikopenie/cf hiperglisemie> (hipoglukemie) : hypoglycaemia ('n abnormaal lae bloedglukose)

hipoglossaal : hypoglossal (geleë onder die tong)

hipoglossus <kyk nervus hypoglossus> : hypoglossus

hipoglossussenuwee <kyk nervus hypoglossus> : hypoglossal nerve

hipoglottis : hypoglottis (onderste gedeelte van die tong)

hipoglukemie <kyk hipoglisemie> : hypoglycaemia

hipokalsemie : hypocalcaemia (vermindering van die bloedkalsiumvlakke tot onder normaal)

hipokapnie <cf hiperkapnie> : hypocapnia (verminderde CO2-konsentrasie in die bloed)

hipoksemie <kyk anoksemie> : hypoxaemia

hipoksie <kyk anoksie> : hypoxia

hipometabolisme : hypometabolism (verminderde metabolisme)

hiponigium : hyponychium (verdikte epidermis onder die vry distale rand van die nael)

hipo-osmoties <kyk ook isosmoties/cf hiperosmoties> : hypo-osmotic ('n waterige medium; 'n oplossing met 'n laer konsentrasie soute as di‚ van die sel wat in die oplossing voorkom)

hipoplasie <kyk ook homoplasie/cf hiperplasie> : hypoplasia (gebrekkige ontwikkeling van weefsel of 'n orgaan sodat dit nie volwasse word nie)

hiposekresie <cf hipersekresie> (onderafskeiding) : hyposecretion (verminderde afskeiding)

hipostoom : hypostome (onder die mond)

hipotalamus : hypothalamus (aantal groepe senuselle wat aan die basis van die brein voorkom <vorm die vloer en onderste wandstrukture van die derde breinventrikel>)

hipotensie <cf hipertensie> : hypotension (lae arteriële bloeddruk)

hipotermie <cf hipertermie> : hypothermal (mbt subnormale temperatuur)

hipotese <kyk ook teorie> : hypothesis (voorveronderstelling wat as waarheid aangeneem word en wat aangebied word om 'n verskynsel te verstaan)

hipotiroïdisme <kyk ook goiter; kretinisme; miksedeem/cf hipertiroïdisme> : hypothyroidism (lae sekresie van tiroksien deur die tiroïed)

hipotoksies <cf hipertoksies> : hypotoxic (lae toksisiteit; nie baie giftig nie)

hipotonie <kyk ook hipotonies> : hypotonia, hypotonus ('n toestand van verminderde spierspanning)

hipotonies <cf hipertonies 1e inskrywing> : hypotonic (tov 'n oplossing of sel waarvan die konsentrasie watermolekules groter is aan die buitekant as die binnekant sodat watermolekules die sel binnekom)

hipotonies <kyk ook hipotonie; isotonies 1e inskrywing> : hypotonic (beskryf spiere met 'n verminderde tonisiteit)

hipotrofie <kyk ook homoplasie/cf hipertrofie> : hypotrophy (gebrekkige ontwikkeling van sekere selle en weefsels)

hipotrofie : hypotrophy (voedingsgebrek)

hipovolemie : hypovolaemia (abnormaal verlaagde volume sirkulerende bloed <plasma> in die liggaam)

hipovolemies : hypovolaemic (mbt hipovolemie)

hipovolemiese skok : hypovolaemic shock ('n drastiese verlaging in bloeddruk agv 'n verlies van bloedvolume)

His-bondel (atrioventrikulêre bondel, AV-bondel, bondel van His) : His's bundle, atrioventricular bundle, AV bundle, bundle of His ('n spesiale geleidingsbaan wat impulse vanaf die atrioventrikulêre knoop in die atria na die ventrikulêre spiere van die hart lei)

histamien <cf antihistamien> : histamine ('n organiese basis <hormoon> wat deur beskadigde selle vrygestel word, lokale bloedvate verwyd en kapillêre meer deurlaatbaar maak <dit veroorsaak dus lokale edeem>)

histerektomie : hysterectomy (chirurgiese verwydering van die uterus)

histerodinie : hysterodynia (pyn in die baarmoeder)

histidien : histidine (basiese aminosuur waaruit histamien geproduseer word)

histochemie : histochemistry (die vertakking van histologie wat handel oor die identifikasie van chemiese komponente in selle en weefsel)

histogenese : histogenesis (oorsprong, ontwikkeling en differensiasie van weefsels)

histologie <kyk ook sitologie> (mikroanatomie) : histology, microanatomy (studie van die samestelling en mikroskopiese anatomie van weefsels)

histologies : histological (mbt histologie)

histoloog : histologist (vakkundige in histologie)

histoon : histone (enigeen van die eenvoudige proteïene in chromosome wat verbonde aan nukleïensure as nukleoproteïene voorkom <moontlik belangrik om geenreaksies te stop>)

hittelabiel <kyk termolabiel> : heat labile

HIV <kyk ook verworwe immuniteitsgebreksindroom> (menslike immuniteitsgebrekvirus, MIV) : HIV, human immunodeficiency virus (afkorting vir een van die retrovirusse wat VIGS veroorsaak)

HNO3 <kyk salpetersuur> : HNO3 (chemiese formule)

H2O <kyk aqua> : H2O (chemiese formule)

H2O2 <kyk waterstofperoksied> : H2O2 (chemiese formule)

hoektand <kyk oogtand> : canine tooth

hoendervleis : gooseflesh (term wat gebruik word wanneer klein, growwe papille op die vel regop staan agv vrees, koue of hartstog en die vel dus soos die vel van 'n hoender vertoon)

hoes : cough (plotselinge uitstoting van lug uit die longe)

holoblast <kyk ook meroblast> : holoblast (ovum wat volledige segmentasie ondergaan)

holoblasties <kyk ook meroblasties> : holoblastic (mbt ova wat min of geen dooier bevat nie en waar die hele ovum tydens die kliewingsproses verdeel)

holo-ensiem <kyk ook apo-ensiem; koënsiem> : holoenzyme ('n aktiewe ensiem bestaande uit 'n apo-ensiem en 'n koënsiem, waarvan beide nie op sigself aktief is nie)

holokrien <kyk ook apokrien; merokrien> : holocrine (mbt 'n klier waarvan die afskeidings in die sel versamel en slegs vrygestel word wanneer die sel breek en doodgaan, bv talgklier)

holrond <kyk konkaaf> : concave

holrug <kyk lordose> : lordosis

holte <kyk ook fossa; lumen> : cavity (hol ruimte)

homeopaat (homopaat) : homeopath, homoeopath ('n persoon wat homeopatie beoefen)

homeopatie (homopatie) : homeopathy, homoeopathy (behandeling van 'n siekte met geneesmiddels wat by 'n gesonde mens juis daardie siekte sou teweegbring)

homeostase : homeostasis, homoeostasis (handhawing van 'n konstante interne liggaamsomgewing of stabiliteit van 'n organisme)

homogeen <cf heterogeen 1e inskrywing> (eenvormig) : homogeneous (van dieselfde soort of aard)

homogeen <cf heterogeen 2e inskrywing> (eenvormig) : homogeneous (met eenvormige eienskappe of struktuur)

homogeneties : homogenetic (met dieselfde oorsprong)

homogeneties : homogenetic (van dieselfde stam)

homogeniteit (gelyksoortigheid) : homogeneity (eienskap van homogeen te wees)

homogeniteit (gelyksoortigheid) : homogeneity (met dieselfde genotipiese struktuur)

homoiotermies <kyk homotermies> : homoiothermal

homoloë chromosome : homologous chromosomes (enige twee chromosome in 'n diploïede somatiese sel wat identies in grootte, vorm en geenlokusse is <die mens besit 22 paar homoloë chromosome en een paar geslagschromosome>)

homologie : homology (eienskap van homoloog te wees)

homoloog <kyk ook analoog 1e inskrywing> : homologous, homologue (ooreenkomstig of ooreenstemmend in struktuur, posisie, oorsprong ens <bv die vere van 'n voël en die skubbe van 'n vis, of 'n antigeen en sy spesifieke antiliggaam>)

homoloog <kyk ook analoog 2e inskrywing> : homologous, homologue (strukture of organe wat identies in struktuur, posisie en ontwikkeling is, maar nie noodwendig in funksie nie)

homoloog <kyk ook analoog 3e inskrywing> : homologous, homologue (in chemie een van 'n reeks verbindings wat ooreenstem in struktuur en gevorm word deur die byvoeging van 'n konstante element of groep elemente, bv die byvoeging van CH2 in die homoloë reeks CH4, C2H6, C3H8 ens)

homopaat <kyk homeopaat> : homeopath

homopatie <kyk homeopatie> : homeopathy

homoplasie <kyk ook hiperplasie; hipoplasie; hipertrofie; hipotrofie 1e inskrywing> : homoplasia, homeoplasia, homoeoplasia (normale ontwikkeling van selle en weefsels)

Homo sapiens : Homo sapiens (die mens <genus- en spesienaam>)

homoseksueel <cf heteroseksueel 1e inskrywing> : homosexual (van dieselfde geslag)

homoseksueel <cf heteroseksueel 2e inskrywing> : homosexual (mbt 'n geslagsdrang na persone wat tot dieselfde geslag behoort)

homosigoot <cf heterosigoot 1e inskrywing> : homozygote ('n individu waarvan die allele op 'n sekere lokus eenders is <is dus 'n suiwerrassige organisme tov 'n sekere kenmerk>)

homosigoot <cf heterosigoot 2e inskrywing> : homozygote (sel wat ontstaan agv die samesmelting van twee geneties eenderse gamete)

homosigoties <cf heterosigoties> : homozygous ('n sel of organisme wat twee identiese allele bevat vir elke enkele geen)

homotermies <cf poikilotermies> (homoiotermies, warmbloedig) : homothermal, homoiothermal, homiothermal, warm-blooded (konstante liggaamstemperatuur word gehandhaaf ten spyte van wisselende omgewingstemperatuur)

honger : hunger (verlang sterk na, begeer)

hoof : chief, head (vernaamste, belangrikste)

hoof (kop) : head (gedeelte van die liggaam wat die brein en sinsorgane huisves)

hoofpyn : headache (enige pyn in die kop)

hoofselle : chief cells (selle in die maagkliere wat die ensieme rennien en pepsien afskei)

hooikoors : hay fever (neus- en keelaandoening gekenmerk deur oormatige afskeiding van die nasale en lakrimale slymkliere <veroorsaak deur oorgevoeligheid vir stuifmeel van blomme, stof ens>)

hoorbaarheid : audibility (verwys na hoe goed 'n klank gehoor kan word)

horing : horn, cornu (puntige, harde struktuur aan die kop van sekere soogdiere; enige uitsteeksel wat soos 'n horing lyk)

horingagtig : horny, corneous (wat bestaan uit of lyk na horing)

horinglaag <kyk stratum corneum> : horny layer

horingvlies <kyk kornea> : cornea

horisontaal (transversaal, waterpas) : horizontal, transverse (ewewydig aan die vlak van die horison; dwars, of loodreg op die lengte-as van die liggaam)

horisontale vlak (transversale vlak) : horizontal plane, transverse plane (enige vlak wat deur die liggaam loodreg op die lengte-as verloop en sodoende die liggaam in 'n boonste en onderste deel verdeel)

hormonaal : hormonal (mbt hormone)

hormoon : hormone (chemiese stof wat deur endokriene kliere afgeskei en direk in die bloedstroom gestort word, waarna dit na 'n teikenorgaan vervoer word om die aktiwiteit daarvan te inisieer of reguleer)

houstra : haustra (sakkies in die wand van die kolon)

houtalkohol <kyk metanol> : methanol

H3PO4 <kyk fosforsuur> : H3PO4 (chemiese formule)

H2S <kyk waterstofsulfied> : H2S (chemiese formule)

H2SO3 <kyk swaeligsuur> : H2SO3 (chemiese formule)

H2SO4 <kyk swaelsuur> : H2SO4 (chemiese formule)

huid <kyk integument> : skin

humeraal : humeral (mbt die boarmbeen <humerus>)

humerus (boarmbeen) : humerus (been geleë tussen die skouer en die elmboog)

humiditeit <kyk ook absolute humiditeit; relatiewe humiditeit> (lugvogtigheid, vogtigheid) : humidity (aanduiding van die hoeveelheid waterdamp in die lug)

humor : humour, humor ('n vloeistof- of semivloeistoftoestand <word in anatomie gebruik om sekere vloeistofgedeeltes in die liggaam aan te dui>)

humoraal : humoral (mbt die natuurlike liggaamsvloeistowwe)

humorale immuniteit <kyk ook immuniteit, selbemiddelde immuniteit> : humoral immunity (verworwe immuniteit wat afhanklik is van die verskyning van immunoglobuliene of teenliggaampies in die bloed)

Hz <kyk Hertz> : Hz

 

I

 

I <kyk jodium> : I (chemiese simbool)

iatries : iatric (mbt die geneesheer of geneeskunde)

iatrogeen : iatrogenic (veroorsaak deur 'n geneesheer)

I-band <kyk ook A-band; H-band; Z-lyn> : I band (die isotrope of enkel refraktêre band van 'n sarkomeer wat lig vertoon en slegs uit aktienfilamente bestaan)

ID <kyk intradermaal> : ID

ideomotories <kyk psigomotories> : ideomotor

idiomuskulêr : idiomuscular (mbt spierweefsel alleenlik; sonder dat senuweeprikkels daarby betrokke is)

idioneuraal : idioneural (mbt 'n enkele senuwee; uitsluitlik tot die senuweestelsel)

idiopaties (selfverwek) : idiopathic (iets wat sonder rede ontstaan; van toepassing op siektes wat nie volg op enige bekende onderliggende siekteproses nie)

IE <kyk internasionale eenheid> : IU

Ig <kyk immunoglobulien> : Ig

igtiose : ichthyosis (een van verskeie oorgeërfde dermatologiese toestande gekenmerk deur 'n droë, skubberige vel)

ikterogeen : icterogenic (wat geelsug veroorsaak)

ikterus <kyk ook cholemie> (geelsug) : icterus, jaundice (siekte gekenmerk deur gelerige verkleuring van die vel en slymvliese agv gal in die bloed)

ileosekaal : ileocaecal (mbt die ileum en die sekum)

ileosekale klep : ileocaecal valve (klep wat in die opening waar die ileum by die sekum aansluit, geleë is)

ileum <kyk ook jejunum>

(kronkelderm) : ileum (laaste <distale> gedeelte van die dunderm wat by die dikderm aansluit)

iliaal (ilium-) : iliac (mbt die ilium)

iliofemoraal : iliofemoral (mbt die ilium en die femur)

iliokostaal : iliocostal (mbt die ilium en die ribbe)

iliosakraal : sacroiliac (mbt die ilium en die sakrum)

ilium <kyk ook heupbeen; ischium; pubis> (dermbeen) : ilium (boonste en grootste van die drie vergroeide bene wat die heupgordel vorm)

ilium- <kyk iliaal> : iliac

IM <kyk intramuskulêr> : IM

imbibisie (opname) : imbibition (absorpsie van vog)

immersie (olie-immersie) : immersion, oil immersion (gebruik van 'n mikroskoop waar die voorwerp en die voorwerplens in spesiale olie geplaas word sodat die beeld duideliker waargeneem kan word)

immersie-olie : immersion oil (spesiale olie <gewoonlik sederhoutolie> wat op die voorwerpglasie geplaas word sodat die beeld duideliker is)

immobilisering : immobilisation (om beweeglike dele onbeweeglik te maak)

immobiliteit (onbeweeglikheid) : immobility (toestand of hoedanigheid van immobiel of onbeweeglik wees)

immuniseer <kyk vaksineer> : immunise

immunisering <kyk vaksinering> : immunisation

immuniteit <kyk ook aktiewe immuniteit; humorale immuniteit; passiewe immuniteit; selbemiddelde immuniteit> (onvatbaarheid) : immunity, insusceptibility (vermoë van die liggaam om weerstand te bied teen sekere mikro-organismes of ander toksiese stowwe)

immuniteitserum <kyk antiserum> : antiserum

immunoglobulien <kyk ook antiliggaam; gammaglobulien; globulien> (Ig) : immunoglobulin, Ig (teenliggaampie wat in die bloed verskyn in respons op die blootstelling aan spesifieke antigene <vyf klasse menslike immunoglobuliene word herken, nl IgA, IgD, IgE, IgG en IgM>)

immunologie : immunology (wetenskap van immuniteit)

immuun <cf vatbaar> (onvatbaar) : immune (nie vatbaar vir aansteeklike siektes nie)

immuunserum <kyk antiserum> : antiserum

impotensie : impotence (kragteloosheid of onbekwaamheid, veral gebrek aan seksuele vermoë)

impregneer : impregnate (deurtrek of deurdring)

impressie : impression (holte of induiking)

impressie : impression (afdruk van gebit in plastiese materiaal)

impuls <kyk ook stimulus> : impulse ('n aksiepotensiaal <boodskap> wat langs 'n senuweevesel gestuur word)

impuls : impulse (skielike drang tot handeling)

inaktiveer : inactivate (om die aktiwiteit te vernietig; om onaktief te maak)

inaseming <kyk inspirasie> : inhalation

inbed : embed, imbed (fiksering van weefsel in bv paraffienwas sodat dun snitte daarvan gemaak kan word)

incisura <kyk ook fissuur> : incisura (insnyding of inkerwing)

indeks : index ('n getal of formule wat die verhouding van een hoeveelheid tov 'n ander aantoon)

indentasie : indentation (kerf, keep of induiking)

indigestie : indigestion (slegte spysvertering)

indigo : indigo (donkerblou kleur wat deel van die spektrum uitmaak)

indikasie : indication (aanduiding of aanwysing)

indikator <kyk ook universele indikator> : indicator (enige stof <gewoonlik organies> wat deur 'n kleurverandering die teenwoordigheid van 'n ander stof, of 'n spesifieke pH, aantoon <bv die byvoeging van jodium laat 'n styseloplossing blouswart verkleur>)

indringing <kyk penetrasie 2e inskrywing> : invasion

indruppeling : instillation (om vloeistof druppelsgewys in te gooi)

induksie : induction (proses waardeur 'n bepaalde reaksie bespoedig word, bv die kunsmatige aanbring van kraam)

induksie : induction (die aanvang van algemene narkose deur sekere verdowingsmiddels <gewoonlik barbiturate> in die bloedstroom in te spuit)

induksie : induction (die elektrifisering of magnetisering sonder aanraking van 'n liggaam deur die nabyheid van 'n ander liggaam wat geëlektrifiseer of gemagnetiseer is)

induseer : induce (aanbring)

induseer : induce (elektrifisering teweegbring)

inent <kyk vaksineer> : vaccinate

inenting <kyk vaksinering> : inoculation

inersie <kyk ook bewegingloosheid> (traagheid) : inertia (bewegingstraagheid; die eienskap van 'n liggaam om in dieselfde toestand te bly, bv in rus of in egalige beweging)

inert : inert (onaktief)

inert : inert (beskryf 'n stof wat geen of weinige chemiese werking het, bv die edelgasse)

inert : inert (wat inersie vertoon)

infantiel : infantile (mbt babas en suigelinge)

infantiel : infantile ('n struktuur wat klein is)

infarksie : infarction (ontwikkeling van 'n infarkt)

infarkt <kyk ook isgemie> : infarct ('n gelokaliseerde area waar weefsel, bloedvate, organe of dele daarvan doodgaan agv 'n tekort aan suurstof <veroorsaak deur die afsluiting van arteriële bloedtoevoer na di‚ area>)

infeksie : infection (besmetting)

infeksie : infection (aantasting van liggaamsweefsels deur mikro-organismes)

infekteer : infect (besmet deur spesifieke patogene mikro-organismes)

infektief : infective (wat infeksie veroorsaak)

infektief : infective (veroorsaak deur infeksie)

inferior <cf superior> : inferior (beskryf 'n struktuur wat onder 'n ander verwysingspunt geleë is)

infestasie : infestation (die teenwoordigheid van eksterne parasiete in die omgewing, hare, of op die vel van 'n gasheer)

infiltrasie : infiltration (indringing of diffusie van stowwe <wat nie gewoonweg daar gevind word nie> in selle of weefsel in)

infiltreer : infiltrate (om weefsel, selle of intersellulêre substans te penetreer)

inflammasie (ontsteking) : inflammation (lokale beskermende reaksies van weefsel teen besering of infeksie wat gekenmerk word deur 'n rooi kleur, swelsel, pyn, hitte en 'n verlies van funksie)

infrakostaal : infracostal (onder 'n rib)

infrarooi (IR) : infrared, IR (elektromagnetiese golwe waarvan die golflengtes groter as die van die rooi end van die spektrum <sigbare lig> en korter as radiogolwe is <infrarooistrale word op die liggaam as hitte waargeneem>)

infundibulêr : infundibular (tregtervormig)

infundibulêr : infundibular (mbt die infundibulum)

infundibulum : infundibulum (tregtervormige struktuur, bv aan die punte van die Fallopius-buise)

infundibulum : infundibulum (dikwels alleen gebruik om na die steel van die hipofise te verwys)

infundibulum (longsakkie) : infundibulum (lugsak aan die einde van elke brongiool, bestaande uit 'n versameling alveoli)

infusie (ingieting) : infusion (die stadige toedien van bloed of vloeistof in 'n vene)

ingebore <kyk kongenitaal> : inborn

ingebore immuniteit <kyk natuurlike immuniteit> : innate immunity

ingedrewe : impacted (stewig ingepers of ingedruk)

ingedrewe fraktuur : impacted fracture (fraktuur waar die een deel binne-in die ander deel ingedryf is)

ingeduikte fraktuur : depressed fracture (fraktuur waar die gebreekte deel onder die normale vlak ingeduik is)

ingestie <kyk ook digestie/cf

egestie> : ingestion (opname van voedsel van buite die liggaam)

ingewande <kyk viskus> : viscus

ingewands- <kyk enteries> : intestinal

ingewandslagaar <kyk arteria

coeliaca> : arteria coeliaca

ingieting <kyk infusie> : infusion

inguinaal : inguinal (mbt die lies)

inhibeer : inhibit (verhinder, rem of onderdruk)

inhibeerder <kyk inhibitor> : inhibitor

inhiberend : inhibitory (mbt inhibisie)

inhibisie : inhibition (verhindering, remming of onderdrukking van 'n handeling of werksaamheid)

inhibitor (inhibeerder) : inhibitor (enige stof wat met 'n chemiese reaksie, groei of enige ander biologiese aktiwiteit inmeng om dit te vertraag)

inhibitoriese postsinaptiese potensiaal (IPSP) : inhibitory postsinaptic potential, IPSP ('n kortstondige hiperpolarisasie van die postsinaptiese membraan wat dan 'n negatiewe of inhiberende invloed uitoefen en die neuron minder prikkelbaar as normaal maak)

inhoud <kyk volume> : volume

inkrimp <kyk saamtrek> : contract

inkubasie : incubation (tydsverloop tussen die indringing van mikro-organismes in die liggaam en die verskyning van die eerste simptome)

inkubasie : incubation (ontwikkelingsperiode van 'n eier totdat dit uitbroei)

inkus <kyk ook malleus; stapes; timpanum> (aambeeld) : incus, anvil (middelste van die drie gehoorbeentjies)

inname : intake (inneem van voedsel en vloeistof deur die liggaam)

innerlik <kyk intrinsiek 2e

inskrywing> : intrinsic

innervasie : innervation (senuweevoorsiening van 'n liggaamsdeel)

innervasie : innervation (geleiding van senu-impulse na 'n spesifieke liggaamsdeel)

innominaat (naamloos) : innominate (wat nie benoem is, of 'n naam het nie)

inplanting <kyk aanhegting 2e inskrywing> : insertion

inokulasie <kyk vaksinering> : inoculation

inokuleer <kyk vaksineer> : inoculate

inokulering <kyk vaksinering> : inoculation

inseminasie : insemination (invoering van semen in die vagina of uterus)

insidensie : incidence ('n uitdrukking van die tempo waarteen 'n sekere verskynsel voorkom)

insidensie : incidence (frekwensie van 'n verskynsel)

in situ : in situ (in die oorspronklike <natuurlike> toestand)

in situ : in situ (op die plek)

insnoering <kyk ismus> : isthmus

inspeksie : inspection (ondersoek deur besigtiging)

inspirasie <kyk ook respirasie 2e inskrywing/cf ekspirasie> (aspirasie, inaseming) : inspiration, aspiration, inhalation (die handeling om lug in die longe te trek)

inspirator <kyk ook aspirator> : inspirator (toestel waarmee lug in die longe gesuig word)

inspiratories : inspiratory (mbt inaseming)

inspiratoriese kapasiteit : inspiratory capacity (die volume lug wat n ekspirasie ingeasem kan word deur 'n normale plus 'n geforseerde inspirasie)

inspiratoriese reserwevolume : inspiratory reserve volume (die ekstra volume lug wat nog ingeasem kan word deur 'n maksimale inspiratoriese poging n gewone inspirasie)

inspuit : inject (om vloeistof onder druk <gewoonlik met 'n hol naald> êrens te laat ingaan)

inspuiting : injection (toediening van 'n vloeistof dmv 'n spuit in weefsel, 'n holte of in vate van die liggaam)

instulp <kyk invagineer> : invaginate

instulping <kyk invaginasie> : invagination

insula (eiland) : insula, island (geïsoleerde area; enige afgebakende deel van 'n orgaan)

insulêr : insular (geïsoleerd)

insulêr : insular (mbt die Langerhans-eilandjies)

insulien : insulin (pankreashormoon wat deur die B-selle van die Langerhans-eilande gesekreteer word <beheer die suikergehalte van die bloed>)

integrasie : integration (koördinasie van neurale funksies)

integrasie (integrering, samevoeging) : integration (proses waardeur dele tot 'n geheel gemaak word of so ver moontlik saamgevoeg word)

integrering <kyk integrasie> : integration

integument (cutis, huid, tegument,

vel) : integument, cutis, skin, tegument (buitenste struktuur wat die hele liggaam omsluit en uit twee hooflae, nl die epidermis en die dermis bestaan)

integumentêr : integumentary (mbt die vel en bykomende organe)

intellek : intellect (verstandelike vermoë om te ken en te begryp)

intelligensie : intelligence (potensiële vermoë om ondervinding, begrip, kennis, oordeel en beredenering aan te wend om nuwe ondervindings te hanteer en probleme op te los)

intensie : intention ('n tipe wondgenesing)

intensie : intention (oogmerk)

intensief : intensive (sterk, kragtig)

intensiteit : intensity (graad van sterkte, krag, geluid of aktiwiteit)

interartikulêr <kyk ook artikulêr> : interarticular (geleë tussen twee gewrigsoppervlaktes)

interdigitasie : interdigitation (ineensluiting, of ineenskakeling van dele deur vingeragtige uitstulpings)

interfase <kyk ook anafase; metafase; profase; telofase> : interphase (tydsverloop tussen twee seldelings waartydens groei plaasvind)

interfasesel (rustende sel) : interphase cell, resting cell (sel wat nie mitotiese seldeling ondergaan nie <stadium tussen twee mitotiese seldelings>)

interferon : interferon ('n proteïen wat virusaksie inhibeer en deur selle vrygestel word nadat hulle deur virusse geïnfekteer is <dit help om ander selle teen virusse te beskerm>)

interkalêr : intercalated, intercalary (wat tussenin geskuif of geplaas is)

interkalêre skyf : intercalated disc (membraneuse aansluiting tussen twee aangrensende hartspierselle)

interkostaal : intercostal (tussen die ribbes)

interkostale senuwee <kyk nervus intercostalis> : intercostal nerve

interkostale spiere (tussenribspiere) : intercostal muscles (onwillekeurige spiere wat in die ruimtes tussen opeenvolgende ribbe aangetref word en betrokke is by asemhaling)

interlobêr : interlobar (tussen lobbe, bv sulkusse en fissure wat die serebrale hemisfere in twee deel)

interlobulêr : interlobular (tussen lobbetjies geleë, bv nierarterieë, lewervate ens)

intermediêr : intermediary (iets wat tussen twee periodes plaasvind)

intermediêr : intermediary (tussenin komende)

intermediêre metabolisme : intermediary metabolism (deel van 'n chemiese proses wat essensieel is vir die vorming van die eindproduk van die proses)

intermediêre streek : intermediary zone (oorgangstreek)

intermedius : intermedius (verwys na 'n posisie tussen twee strukture waarvan die een nader aan, en die ander verder weg van die middellyn van die liggaam of liggaamsdeel is)

intermitterend : intermittent (afwisselend, onderbroke of gekenmerk deur pouses)

intermitterende parasiet <kyk periodiese parasiet>: intermittent parasite

intern <cf ekstern 1e inskrywing> (binne) : internal (wat die inwendige betref, of wat binne plaasvind; aan die binnekant)

intern <cf ekstern 2e inskrywing> (binne) : internal (nader aan die middel)

interne omgewing : internal environment (die omgewing van die selle in die liggaam)

interne respirasie <cf eksterne respirasie> (inwendige respirasie) : internal respiration (respirasie in terme van die biochemiese prosesse wat in alle lewende selle plaasvind sodat energie vrygestel word; proses waardeur energie vanuit voedselmolekule vrygestel word)

interne respirasie <cf eksterne respirasie> (inwendige respirasie, weefselrespirasie) : internal respiration, tissue respiration (gaswisseling tussen die liggaamselle en die bloed)

internasionale eenheid (IE) : international unit, IU (eenheid wat gebruik word om die vitamieninhoud van voedsel te meet)

interneuron : interneuron (neuron wat tussen 'n sensoriese en motoriese neuron voorkom)

interoreseptor <kyk interoseptor> : interoreceptor

interoseptor <kyk ook meganoreseptor; proprioseptor/cf eksteroseptor> (interoreseptor) : interoceptor, interoreceptor (reseptor wat in die ingewande geleë is en op chemiese en fisiese veranderinge in die liggaam self reageer, bv vertering, ekskresie en bloeddruk)

interosseus (tussenbenig) : interosseous (wat tussen twee bene geleë is)

interpedunkulêr : interpeduncular (geleë tussen twee pedunkels)

intersellulêr <kyk ook ekstrasellulêr; intrasellulêr> : intercellular (geleë tussen verskillende selle)

intersellulêre vloeistof <kyk ook ekstrasellulêre vloeistof; intrasellulêre vloeistof> (interstisiële vloeistof) : intercellular fluid, interstitial fluid (weefselvloeistof wat tussen alle selle, behalwe bloedselle voorkom)

interstisiële sel <kyk Leydig-sel> : interstitial cell

interstisiëlesel-stimulerende hormoon <kyk luteïniserende hormoon> : interstitial cell-stimulating hormone

interstisiële vloeistof <kyk intersellulêre vloeistof> : interstitial fluid

interstisiële weefsel : interstitial tissue (bindweefsel wat in die seltussenruimtes van 'n orgaan geleë is)

intervertebrale skyf : intervertebral disc (kraakbeenskyf tussen twee aangrensende werwels)

intestinaal <kyk enteries> : intestinal

intestinale villus (dermvlokkie) : intestinal villus (een van die vingeragtige uitsteeksels van die slymvliesmembraan van die dunderm wat dien om die absorpsieoppervlak te vergroot)

intestinum <kyk ook spysverteringskanaal> (derm, dermkanaal) : intestinum, intestine, gut, bowel (die deel van die spysverteringskanaal wat vanaf die duodenum tot by die anus strek)

intima (tunica intima) : intima, tunica intima (binneste van die drie lae van 'n bloedvat of orgaan)

intoleransie : intolerance (onverdraagsaamheid of gebrek aan weerstand)

intradermaal <kyk ook subkutaan>

(ID) : intradermal, ID (binne-in die vel)

intramedullêr <cf ekstramedullêr> : intramedullary (binne-in die medulla)

intramedullêr : intramedullary (in die rugmurg)

intramedullêr : intramedullary (binne-in die medulla oblongata)

intramedullêr : intramedullary (binne-in die beenmurg)

intramuskulêr (IM, binnespiers) : intramuscular, IM (binne-in of in die spier)

intranukleêr <cf ekstranukleêr> : intranuclear (binne-in 'n selkern <nukleus>)

intrapariëtaal : intraparietal (geleë in die wand van 'n orgaan of liggaam)

intrapariëtaal : intraparietal (in die pariëtale lob van die brein)

intraperitoneaal <cf

ekstraperitoneaal> (IP) : intraperitoneal, IP (binne-in die peritoneale holte)

intraplasentaal <cf ekstraplasentaal> : intraplacental (binne-in die plasenta)

intrapleuraal : intrapleural (die ruimte tussen die visserale en pariëtale lae van die pleura)

intrapulmonaal : intrapulmonary (in die longe)

intrarenaal <cf ekstrarenaal> : intrarenal (binne-in die nier of niere)

intrasellulêr <kyk ook intersellulêr/cf ekstrasellulêr> (endosellulêr) : intracellular, endocellular (binne-in die sel)

intrasellulêre vloeistof <kyk ook intersellulêre vloeistof/cf ekstrasellulêre vloeistof> (ISV) : intracellular fluid, ICF (vloeistof in selle)

intra-uterien : intrauterine (binne-in die uterus)

intravaskulêr <cf ekstravaskulêr> : intravascular (binne-in die bloedvat)

intraveneus (IV, binneaars) : intravenous, IV (binne-in of in die are)

intraveneuse drup <kyk drup> : intravenous drip

intrinsiek : intrinsic (heeltemal binne-in of onafskeidbaar van 'n spesifieke deel geleë)

intrinsiek <cf ekstrinsiek> (innerlik, inwendig) : intrinsic (nie afhanklik van uiterlike omstandighede nie)

intrinsieke faktor (hemopoiëtien) : intrinsic factor, haemopoietin ('n stof wat deur die maagmukosa afgeskei word en noodsaaklik is vir die intestinale absorpsie van vitamien B12)

introversie : introversion (binnewaartse draaiing; omkering van 'n orgaan na binne)

introversie : introversion (na binne gerigte persoonlikheidsoriëntasie)

intubasie : intubation (invoering van 'n buis in 'n hol liggaamsdeel <veral die larinks en die tragea>)

in utero : in utero (binne-in die uterus)

invaginasie (instulping) : invagination (die invouing van een deel in 'n ander)

invaginasie (instulping) : invagination (binnewaartse vouing of instulping van 'n sellaag in 'n holte)

invagineer (instulp) : invaginate (aksie van invaginasie)

inversie : inversion (draaiing inwaarts, onderstebo, binnestebuite of in die teenoorgestelde rigting)

inversie : inversion ('n chromosoommutasie veroorsaak deur 'n omgekeerde hereniging van die middelste segment met gevolglike verandering in geen- of nukleotiedvolgorde)

invertase <kyk sukrase> : invertase

invertebraat (ongewerwelde) : invertebrate (besit nie 'n werwelkolom nie <is dus ruggraatloos>)

Invertebrata <cf Vertebrata> : Invertebrata (die groep diere wat nie 'n werwelkolom besit nie, bv insekte)

in vitro <cf in vivo> : in vitro (beskryf reaksies wat buite die liggaam in 'n proefbuis plaasvind)

in vivo <cf in vitro> : in vivo (beskryf reaksies wat in 'n lewende sel of selfs buite die sel, agv sekresies van die sel, plaasvind)

inwendig <kyk intrinsiek 2e inskrywing> : intrinsic

inwendige oor : internal ear (bestaan uit 'n benige labirint waarin die membraanlabirint lê <gehoorimpulse word hier opgeneem en na die brein vervoer vir interpretasie>)

inwendige respirasie <kyk interne respirasie> : internal respiration

ionies : ionic (mbt ione)

ioniese binding <kyk ook chemiese binding; kovalente binding> (elektrovalente binding) : ionic bond, electrovalent bond (chemiese binding wat deur elektronoordrag en die vorming van ione gekenmerk word)

ionisasie : ionisation (dissosiasie van 'n stof in oplossing in ione; die proses waardeur vry ione gevorm word)

ioniseer : ionise (om in ione te verdeel)

ioon : ion ('n atoom of molekule met 'n elektriese lading)

IP <kyk intraperitoneaal> : IP

ipsilateraal <cf kontralateraal> : ipsilateral (verwys na strukture aan dieselfde kant van die liggaam)

IPSP <kyk inhibitoriese postsinapitiese potensiaal> : IPSP

IR <kyk infrarooi> : IR

iridotomie : iridotomy (chirurgiese insnyding in die iris)

iris : iris ('n verstelbare diafragma wat die hoeveelheid lig wat 'n optiese instrument binnekom, beheer)

iris (reënboogvlies) : iris (saamtrekbare, sirkelvormige, gepigmenteerde membraan wat tussen die kornea en die lens geleë is en 'n ronde opening, die pupil, omsluit; die gekleurde deel van die oog)

irritasie : irritation (prikkeling of toestand van uitermate stimulasie)

irriterend : irritant (wat irritasie veroorsaak; 'n eksterne stimulus wat 'n respons uitlok)

ischium <kyk ook heupbeen; ilium; pubis> (iskium, sitbeen) : ischium (onderste van die drie vergroeide bene van die heupgordel)

isgemie <kyk ook infarkt> (iskemie) : ischaemia, ischemia (tydelike lokale gebrek aan bloed agv afsluiting of vernouing van 'n bloedvat)

iskemie <kyk isgemie> : ischaemia

iskiorektaal : ischiorectal (mbt die iskium en die rektum)

iskium <kyk ischium> : ischium

ismus (insnoering, weefselband) : isthmus (smal verbinding tussen twee groter dele)

iso-elektries : isoelectric (met dieselfde elektriese potensiaal)

iso-ensiem <kyk ook koënsiem> : isoenzyme (verskillende vorme van 'n ensiem wat dieselfde chemiese reaksie kataliseer, maar verskillende fisiese, chemiese en immunologiese eienskappe het)

isogameet <kyk ook anisogameet; heterogameet> : isogamete ('n voortplantingsel met dieselfde grootte en struktuur as die een waarmee dit versmelt; eenderse gamete, dws nie gedifferensieer in manlike en vroulike gamete nie)

isogamie <kyk ook anisogamie; heterogamie> : isogamy (samesmelting van eenderse gamete)

isoleer : isolate (afsonder van persone, voorwerpe of stowwe)

isoleer : insulate (om te voorkom dat energie soos elektrisiteit, hitte en klank deurbeweeg deur niegeleiers <isolators> in die pad te sit)

isolator : insulator (voorwerp wat isoleer of afsonder deurdat dit 'n niegeleier van energie is)

isomeer : isomer (chemiese verbinding met dieselfde soort en hoeveelheid atome as 'n ander verbinding, maar wat verskil in eienskappe en rangskikking van die atome)

isometries <kyk ook isotonies 3e inskrywing> : isometric (wanneer 'n struktuur dieselfde lengte behou, bv by spierkontraksie waar die lengte onveranderd bly terwyl die spanning toeneem)

isomorfies : isomorphic (met dieselfde vorm)

isosmoties : isosmotic (met dieselfde osmolariteit en osmotiese druk)

isosmoties <kyk ook hiperosmoties; hipo-osmoties> : isosmotic (konsentrasie soute in die oplossing is min of meer dieselfde as di‚ van die sel)

isotermies : isothermal (met dieselfde temperatuur)

isotonies <kyk ook hipertonies 2e inskrywing; hipotonies 2e

inskrywing> : isotonic (met dieselfde spanning of druk; gelyke tonus)

isotonies <cf anisotonies> : isotonic (beskryf 'n oplossing waarvan die konsentrasie opgeloste deeltjies net soveel is as di‚ van die oplossing waarmee dit vergelyk word)

isotonies <kyk ook isometries> : isotonic (wanneer 'n spier tydens spierkontraksie saamtrek en verkort om 'n beweging te veroorsaak)

isotoop <kyk ook atoomgetal; atoommassa> : isotope (beskryf atome van dieselfde element met verskillende atoommassas <omdat

hulle kern verskillende getalle neutrone bevat>)

isotroop : isotropic (met dieselfde struktuur en eienskappe vanuit alle rigtings gesien, bv 'n kubiese kristal of stuk glas)

ISSH <kyk luteïniserende hormoon> : ICSH

ISV <kyk intrasellulêre vloeistof> : ICF

IV <kyk intraveneus> : IV

 

J

 

J <kyk joule> : J

jejunum <kyk ook ileum> (leëderm, nugterderm) : jejunum (tweede of middelste deel van die dunderm, tussen die duodenum en die ileum)

jejunoïleïtis : jejuno-ileitis (inflammasie van die jejunum en die ileum)

jel <cf sol> (gel) : gel (die minder vloeibare, jellieagtige, halfsoliede toestand waarin 'n kolloïedsisteem, bv protoplasma, kan verkeer)

jellie : jelly (gestolde, halfdeurskynende stof wat gewoonlik gelatien in kolloïdale oplossing bevat)

jellieagtig <kyk gelatienagtig> : gelatinous

jeuk : itch (irriterende prikkeling op die vel voel)

jig : gout (akute aanvalle van pynlike gewrigte geassosieer met 'n hoë uriensuurkonsentrasie in die bloed)

jodied : iodide (verbinding van jodium met 'n ander element of radikaal)

jodium (I) : iodine, I ('n niemetaalelement van die halogeengroep <is essensieel in die dieet>)

jodofiel : iodophile (wat geredelik met jodium gekleur word)

jodopsien <kyk ook rodopsien> : iodopsin ('n fotosensitiewe pigment wat in die keëltjies van die retina aangetref word en belangrik vir kleurwaarneming is)

joule (J) : joule, J (die SI-eenheid van arbeid of energie wat gedefinieer word as die arbeid wat nodig is om 'n krag van een Newton oor 'n afstand van een meter te beweeg <die joule het die kalorie as eenheid van energie verplaas, waar 1 kalorie = 4,1868 joule>)

jugaal : jugal (mbt die wangbeen)

jugulêr : jugular (wat verband het met die keel en nek)

jugulêre vene : jugular vein (een van twee hoofvenes wat die bloed uit die kopstreek na die hart dreineer)

jugulum : jugulum (keel of nek)

jukbeen <kyk sigoma> : zygoma

juksta-artikulêr : juxta-articular (langs 'n gewrig of artikulasie)

jukstaglomerulêr : juxtaglomerular (langs die glomerulus)

jukstaglomerulêre apparaat : juxtaglomerular apparatus (spesiale selle in die afferente arteriole van die nierglomeruli en distale nierbuisiesegmente wat renien produseer)

jukstamedullêr : juxtamedullary (naby die medulla)

 

K

 

K <kyk kalium> : K (chemiese simbool)

K <kyk Kelvin> : K

kadawer <kyk lyk> : cadaver

kakebeen : jaw (die bene wat die mondholte omsluit en waarin die tande geleë is; dit kan die mandibula <onderkaak> of maksilla <bokaak> wees)

kalemie : kalaemia (teenwoordigheid van kalium in die bloed)

kalibreer : calibrate (bepaling van die akkuraatheid van 'n meetinstrument soos gemeet teen 'n gegewe standaard)

kaliks <kyk ook nierbekken> (kelk, nierkelk) : calyx (tregtervormige struktuur, soos bv die nierkelk wat rondom die nierpiramides voorkom <verskeie kalikse sluit by mekaar aan om die nierbekken te vorm>)

kalium (K) : potassium, K ('n alkalimetaal)

kaliumchloried (KCl) : potassium chloride, KCl ('n elektrolietaanvuller)

kaliumhidroksied (KOH) : potassium hydroxide, KOH ('n wit, oplosbare bytmiddel)

kaliumpermanganaat <kyk Condy-kristalle> : potassium permanganate

kalkagtig : calcareous (verwys na 'n stof wat kalsiumkarbonaat <CaCO3> bevat of hoofsaaklik daaruit bestaan)

kalkaneum (hakbeen, hakskeenbeen, hielbeen, kalkaneus) : calcaneum, calcaneus (grootste tarsale been)

kalkaneus <kyk kalkaneum> : calcaneus

kalkulus (steen) : calculus, stone ('n kalkagtige steen of harde voorwerp wat gewoonlik kalsiumsoute bevat <word in die liggaam veral in die galblaas, speekselkliere, galbuis of urienstelsel gevorm>)

kallus : callus, tyle (hegtingsweefsel in en om beskadigde beenweefsel)

kallus (eelt) : callus, callosity, tyle ('n plaaslike verdikking van die epidermis agv langdurige blootstelling aan druk, wrywing of ander irritasie)

kalmeermiddel <kyk ook bedaarmiddel> (sedatief) : sedative (middel wat 'n kalmerende effek het, funksionele aktiwiteit verlaag, prikkelbaarheid verminder en angs of spanning verlig)

kalorie : calorie (verouderde hitte-eenheid, gedefinieer as die hoeveelheid hitte nodig om temperatuur van l g water met een °C te verhoog <1 kalorie = 4,1868 joule>)

kalorimeter : calorimeter (apparaat waarmee hittevrystelling gemeet word)

kalsiet : calcite ('n mineraal wat uit kalsiumkarbonaatkristalle bestaan)

kalsiferol (vitamien D) : calciferol, vitamin D (vitamien wat deur ultravioletstrale uit ergosterol gevorm word)

kalsifikasie <cf dekalsifikasie> (kalsifisering, verkalking) : calcification (die neerslag van kalsiumsoute in weefsels)

kalsifisering <kyk kalsifikasie> : calcification

kalsitonien : calcitonin (hormoon wat deur die tiroïed afgeskei word en die bloedkalsiumvlakke reguleer)

kalsium (Ca) : calcium, Ca ('n alkali-aardmetaal wat algemeen in die natuur voorkom en noodsaaklik is vir lewe)

kalsiumfosfaat : calcium phosphate ('n verbinding van kalsium en fosfaat wat in bene voorkom <'n onoplosbare fosfaatsout>)

kalsiumkarbonaat <kyk ook kryt> (CaCO3) : calcium carbonate, CaCO3 ('n kalsiumsout wat natuurlik in verskeie vorms voorkom, bv marmer, kalksteen, kryt en kalsiet)

kalsiumoksied (CaO, ongebluste kalk) : calcium oxide, CaO, quicklime ('n soliede, wit poeier wat gebruik word om sekere stowwe te droog aangesien dit higroskopiese eienskappe besit; 'n alkali wat gebruik word om koolstofdioksied vanuit lug te absorbeer)

kalsiurie : calciuria (teenwoordigheid van kalsium in die urien)

kamer : chamber (holte of ruimte)

kanaal <kyk ook ductus> : canal, passage (buisvormige struktuur)

Kanada-balsem : Canada balsam ('n helder, gelerige stof wat van dennebome af kom, oplosbaar is in xileen en gebruik word as 'n kleefmiddel by die voorbereiding van mikroskoopplaatjies)

kanalikulêr : canalicular (mbt 'n kanalikulus)

kanalikulus <mv kanalikuli> : canaliculus <pl canaliculi> (klein kanaaltjie of gangetjie)

kanalikuli <ekv kanalikulus> : canaliculi

kandela <kyk candela> : candela

kanker <kyk ook karsinoom> : cancer (kwaadaardige, vretende en uitbreidende gewas)

kankeragtig : cancerous (met die voorkoms van kanker)

kankerwekkend <kyk karsinogeen

adj.> : carcinogenic

kannule : cannula (dun buisie wat in 'n bloedvat of ander liggaamsholte geplaas word)

kanselleuse been <kyk spongiosa> : cancellous bone

kapasiteit : capacity (vermoë om iets te behou, te bevat of op te neem)

kapasiteit <kyk volume> : capacity

kapillariteit : capillarity (verskynsel waarby vloeistof agv oppervlakspanning in 'n oop, nou buis hoër opstoot as die vloeistof waarin dit staan; molekulêre suigkrag wat vloeistof in haarvate laat opstyg)

kapillêr (bloedhaarvat, haarvat) : capillary (uitermate fyn buisie waarvan die wand uit 'n enkele epiteellaag bestaan <dit kom voor waar arteriole en venules met mekaar in verbinding is>)

kapitulêr : capitular (mbt die kop van 'n been)

kapitulum : capitulum ('n ronde gewrigsoppervlak aan die punt van 'n been, bv die ronde knobbeltjie aan die humerus vir artikulasie met die radius)

kapsel <kyk ook kapsule> : capsule (omhulsel van 'n orgaan of struktuur)

kapsel van Bowman <kyk Bowman-kapsel> : Bowman's capsule

kapselontsteking <kyk kapsulitis> : capsulitis

kapsule <kyk ook kapsel> : capsule (oplosbare, gelatienagtige omhulsel vir geneesmiddels)

kapsulêr : capsular (mbt 'n kapsel)

kapsulitis (kapselontsteking) : capsulitis (inflammasie van 'n kapsule, bv 'n lenskapsel)

karaktertrek : trait (besondere eienskap; enige onderskeidende kenmerk)

karbamiel : carbamyl, carbamoyl (die radikaal NH2-CO- <speel 'n belangrike rol in verskeie biochemiese reaksies>)

karbaminohemoglobien (karbohemoglobien) : carbaminohaemoglobin, carbohaemoglobin ('n onstabiele verbinding van koolstofdioksied met hemoglobien <CO2HHb> wat een van die maniere is waarop CO2 in die bloed vervoer word)

karbohemoglobien <kyk karbaminohemoglobien> : carbohaemoglobin

karbohidrase (koolhidrase) : carbohydrase (verwys na enige verteringsensiem wat op koolhidrate inwerk en dit hidroliseer)

karboksiel : carboxyl (die monovalente radikaal -COOH, kenmerkend van byna alle organiese sure)

karboksielsuur : carboxylic acid (enigeen van 'n groep organiese sure wat gekenmerk word deur die teenwoordigheid van 'n karboksielgroep)

karboksihemoglobien : carboxyhaemoglobin ('n verbinding wat gevorm word wanneer hemoglobien met koolstofmonoksied in aanraking kom <dit verminder die suurstofdravermoë van bloed en neem dus nie deel aan enige respiratoriese funksie nie>)

karboksihemoglobinemie (koolstofmonoksiedvergiftiging) : carboxyhaemoglobinemia, carbon monoxide poisoning (teenwoordigheid van karboksihemoglobien in die bloed)

karboksilase : carboxylase (ensiem wat die afsplitsing van CO2 uit die karboksielgroep kataliseer)

karbolsuur : carbolic acid (kragtige ontsmettingsmiddel wat uit koolteer verkry word)

karbonaat : carbonate (enige sout van koolsuur)

karboniel : carbonyl (die organiese radikaal <-C=O> wat in verbindings soos aldehiede, ketone en esters voorkom)

karboneer <cf dekarboneer> : carbonate ('n stof met koolstofdioksied versadig)

karbonering <cf dekarbonering> : carbonation (handeling of proses van karboneer)

karbonisasie (verkoling) : carbonisation (handeling of proses van karboniseer)

karboniseer <cf dekarboniseer> (verkool) : carbonise (organiese stowwe deur droë distillasie of sterk sure in koolstof verander)

kardia : cardia (gebied waar die maag by die esofagus aansluit)

kardia : cardia ('n verouderde term wat vaagweg na die hart en die gebied rondom die hart verwys)

kardiaal (hart-) : cardiac (mbt die hart)

kardiaal : cardiac (mbt die gedeelte van die maag naaste aan die esofageale openingsgebied)

kardiale arres (hartstilstand, hartverlamming) : cardiac arrest (toestand wanneer die hart skielik ophou klop sodat die kardiale siklus en effektiewe sirkulasie tot stilstand kom)

kardiale dekompensasie <kyk kardiale versaking> : cardiac decompensation

kardiale omset <kyk ook minuutvolume> (hartomset) : cardiac output (die volume bloed wat per tydseenheid deur die hart uitgepomp word <gewoonlik in volume per minuut of minuutvolume gegee> en is gelyk aan die slagvolume vermenigvuldig met die aantal slae per tydseenheid)

kardiale pleksus : cardiac plexus (vlegwerk van simpatiese en parasimpatiese senuweevesels wat die SA-knoop en bloedvate van die hart voorsien)

kardiale reserwe : cardiac reserve (potensiële vermoë van die hart om te voldoen aan die aanvraag na 'n verhoogde omset)

kardiale siklus (hartsiklus) : cardiac cycle (die reeks veranderinge wat in die hart plaasvind om 'n elektriese impuls vanaf die SA-knoop tot by die ventrikels te gelei; opeenvolging van atriale en ventrikulêre sistool en diastool)

kardiale spier <kyk ook gladdespier; onwillekeurige spier; skeletspier> (hartspier) : cardiac muscle (gespesialiseerde dwarsgestreepte spier wat slegs in die wande van die hart aangetref word <dit bestaan uit spiervesels wat met interkalêre skywe aan mekaar geheg is en 'n enkele ronde selkern kom in elke vesel voor>)

kardiale versaking (hartversaking, kardiale dekompensasie) : cardiac failure, heart failure, cardiac decompensation ('n toestand waar die hart nie genoeg bloed kan pomp om in die metaboliese behoeftes van die liggaam te voorsien nie)

kardiogeen : cardiogenic (ontstaan in die hart)

kardiograaf : cardiograph (apparaat wat hartfunksie grafies registreer)

kardiogram <kyk ook elektrokardiogram> : cardiogram (grafiese voorstelling van hartklop deur 'n kardiograaf)

kardiologie : cardiology (studie van die samestelling en bewegings van die hart)

kardioloog : cardiologist (deskundige op die gebied van kardiologie)

kardiomalasie : cardiomalacia (versagting van hartspierweefsel)

kardiomegalie : cardiomegaly (algemene vergroting van die hart)

kardionefries : cardionephric (mbt die hart en die niere)

kardiopulmonêr : cardiopulmonary (mbt die hart en die longe)

kardiorespiratories : cardiopneumatic (mbt die hart en die asemhalingstelsel)

kardiotonies : cardiotonic (wat die hart stimuleer)

kardiovaskulêr : cardiovascular (mbt die hart en die bloedvate)

kardiovaskulêre stelsel <kyk ook pulmonêre sirkulasie; sistemiese sirkulasie> (bloedsomloopstelsel, bloedstelsel) : cardiovascular system, circulatory system (stelsel wat bestaan uit die hart, slagare, are en kapillêre vate waardeur bloed deur die liggaam vloei)

karina : carina (enige kielvormige struktuur)

kariogamie (kernvereniging) : karyogamy (tipe selkonjugasie waarby die selkerne versmelt)

kariogenese : karyogenesis (ontwikkeling van die selkern)

kariokinese <kyk ook mitose; sitokinese> : karyokinesis (al die aktiwiteite van die kern en chromosome tydens seldeling waar die diploïede chromosoomgetal behou word; verdeling van die selkern in twee)

karioklase <kyk kariolise> : karyoclasis

kariolise (karioklase) : karyolysis, karyoclasis (afbreek van die selkern)

karion <kyk nukleus 1e

inskrywing> : karyon

karioplasma <kyk nukleoplasma> : karyoplasm

karioplast <kyk nukleus 1e

inskrywing> : karyoplast

kariosiet : karyocyte (sel met 'n kern)

kariosoom : karyosome (chromatiennetwerk binne-in die selkern)

karioteka (kernmembraan) : karyotheca, nuclear membrane (vlies wat die kern omhul en die nukleoplasma van die sitoplasma skei)

kariotipe : karyotype (groepering van die 46 menslike chromosome op grond van die grootte van die individuele chromosome)

karminofiel : carminophil (wat maklik met karmyn gekleur word)

karmyn : carmine (wynrooi kleurstof)

karoteen : carotene (gekleurde <rooi, geel, oranje> kleurstof in voedsel <geelwortels, botter, kaas, blaargroente ens> wat in die liggaam tot vitamien A omgebou word)

karotenoïed : carotenoid (mbt karoteen)

karotis <kyk karotisarterie> : carotid

karotis- : carotid (van of mbt die karotisarterie)

karotisarterie (karotis, nekslagaar) : carotid artery, carotid (belangrikste slagaar in die nek)

karpaal : carpal (mbt die karpus of polsbeentjie)

karpi <ekv karpus> : carpi

karpometakarpaal : carpometacarpal (mbt die karpus en metakarpus)

karpopedaal : carpopedal (mbt die karpus en die voet)

karpus <mv karpi> (polsbeentjie) : carpus <pl carpi> (beentjie <daar is agt> van die polsgewrig)

karsinogeen n. : carcinogen (enige stof wat kanker veroorsaak)

karsinogeen adj. (karsinogenies, kankerwekkend) : carcinogenic (wat kanker veroorsaak)

karsinogenies <kyk karsinogeen adj.> : carcinogenic

karsinoom <kyk ook kanker> : carcinoma (kankergeswel of -gewas)

kartelderm <kyk kolon> : colon

kas : socket (holte, bv oogkas)

kaseïen : casein (proteïen in melk en kaas)

kaseïnogeen : caseinogen (fosfoproteïen wat deur rennien in kaseïen verander word)

kastrasie : castration (verwydering van die geslagskliere)

kastreer : castrate (om die geslagskliere te verwyder)

katabase : catabasis (die afname van enige siekte of ongesteldheid)

katabolies <cf anabolies> : catabolic (mbt katabolisme)

kataboliet : catabolite ('n produk wat tydens katabolisme gevorm word)

katabolisme <kyk ook metabolisme/cf anabolisme> : catabolism (afbrekingsproses in lewende organismes waar organiese stowwe afgebreek word tot eenvoudiger stowwe met die vrystelling van energie)

katalase <kyk ook oksidase> : catalase (ensiem wat suurstof uit peroksiede vrystel)

katalepsie : catalepsy (verstywing van die spiere of hele liggaam soos by hipnose of histerie)

katalepties : cataleptic (mbt of aangetas deur katalepsie)

katalisator : catalyst, catalyser (chemiese stof wat die spoed van 'n reaksie verhoog, maar self geen verandering ondergaan nie)

katalise : catalysis (versnelling van 'n chemiese reaksie deur 'n katalisator)

kataliseer : catalyse (katalise veroorsaak of bewerkstellig)

katalities : catalytic (mbt of veroorsaak deur katalise)

katesjolamien : catecholamine (een van 'n groep chemiese stowwe met 'n adrenergiese werking, bv adrenalien, noradrenalien, dopamien)

kateter : catheter ('n dun, hol, buigbare buisie wat in 'n bloedvat of liggaamsholte geplaas kan word om vloeistowwe in te spuit of te onttrek)

kateterisasie (kateterisering, kateterplasing) : catheterisation (inplasing van 'n kateter)

kateterisering <kyk kateterisasie> : catheterisation

kateterplasing <kyk katerterisasie> : catheterisation

katioon <cf anioon> (positiewe ioon) : cation, positive ion ('n positief gelaaide ioon of radikaal wat in 'n elektronveld na die negatiewe elektrode <katode> beweeg; elektropositiewe ioon)

katode <cf anode> : cathode (negatiewe elektrode wat elektrone vrystel of waarna positiewe ione aangetrek word)

katodestraal : cathode ray ('n stroom vinnig bewegende elektrone wat vanuit die katode uitstraal)

kcal <kyk kilokalorie> : kcal

KCl <kyk kaliumchloried> : KCl (chemiese formule)

keelholte <kyk farinks> : pharynx

keëltjie <kyk ook stafie> : cone (keëlvormige ligreseptor in die retina wat 'n persoon in staat stel om verskillende kleure waar te neem)

keep <kyk spleet> : groove

keëlvormig <kyk konies> : conical

kefalhematoom (sefalhematoom) : cephalhaematoma ('n swelsel gevul met bloed wat onder die perikardium by pasgeborenes voorkom)

kefalies (sefalies) : cephalic (mbt die kop)

kefalies (sefalies) : cephalic (naby die kop geleë)

kefalometer (kraniometer,

sefalometer) : cephalometer, craniometer (instrument vir die meet van skedels)

keisersnee : caesarean section (verlossing van 'n fetus deur 'n sny deur die buikwand en uterus te maak)

kelk <kyk kaliks> : calyx

Kelvin (K) : Kelvin, K (die SI-eenheid van absolute temperatuur)

keratien : keratin ('n proteïenagtige horingstof waaruit die dooie selle van die epidermis van hare, naels ens opgebou is)

keratienagtig : keratinous (mbt keratien)

keratinisasie : keratinisation (die ontwikkeling of verandering in keratien)

keratogeen : keratogenous (mbt die vorming van horingagtige groeisels)

keratoplastiek : keratoplasty ('n korneaoorplanting)

kern <kyk nukleus> : nucleus

kern : core (binneste of middelste gedeelte van 'n struktuur)

kerndeling <kyk nukleêre deling> : nuclear division

kernliggaampie <kyk nukleolus> : nucleolus

kernloos <kyk anukleêr> : anuclear

kernmembraan <kyk karioteka> : nuclear membrane

kernplasma <kyk nukleoplasma> : nuclear plasm

kernvereniging <kyk kariogamie> : karyogamy

keton (ketoon) : ketone (enige verbinding wat die karbonielgroep

<-CO> bevat en waar koolwaterstofgroepe aan die karbonielkoolstof geheg is)

ketonliggaampies : ketone bodies (produk van vetsuurmetabolisme <sluit asetoasynsuur, betahidroksiebottersuur en asetoon in>)

ketonemie (asetonemie) : ketonaemia, acetonaemia (teenwoordigheid van ketonliggame in die bloed)

ketonurie (ketosurie) : ketonuria, ketosuria (teenwoordigheid van ketonliggame in die urien)

ketoon <kyk keton> : ketone

ketoring : keto ring (ringstruktuur van molekules met 'n karbonielgroep daarin, bv fruktose)

ketose : ketosis ('n oormaat ketonliggame in die bloed <kenmerkend van onbehandelde diabetes en uithongering of vas>)

ketose <kyk ook aldose; fruktose> : ketose (monosakkaried wat 'n ketongroep <-C=O> bevat)

ketosurie <kyk ketonurie> : ketosuria

ketosuur : keto acid ('n organiese verbinding wat die groepe -CO en

-COOH bevat, bv asetoasynsuur)

kg <kyk kilogram> : kg

kieliebeen <kyk olekranon> : olecranon

kiem : germ (embrio in 'n vroeë stadium van ontwikkeling)

kiem <kyk ook mikrobe; mikro-organisme> : germ (benaming vir enige mikro-organisme, bv 'n bakterie of 'n basil)

kiemlaag <kyk stratum

germinativum> : germ layer

kiemsel <kyk ook gameet> : germ cell ('n geslagtelike voortplantingsel in enige stadium van ontwikkeling, vanaf die primordiale embrioniese vorm tot die volwasse gameet; enige sel wat gametogenese ondergaan)

kiestand <kyk molaar> : molar tooth

kifose <kyk ook lordose; skoliose> (boggelrug) : kyphosis (abnormale kromming van die werwelkolom soos van die kant gesien)

kilogram (kg) : kilogram, kg (SI-eenheid van gewig, gelyk aan 1000 gram)

kiloliter (kl) : kiloliter, kl (SI-eenheid van volume, gelyk aan 1000 liter)

kilojoule (kJ) : kilojoule, kJ (eenheid van energie, gelyk aan 1000 joule)

kilokalorie (kcal) : kilocalorie, kcal (verouderde eenheid van energie

<1 kcal = ongeveer 4,2 kJ>)

kimograaf : kymograph (instrument vir die registrasie van fisiologiese en sikliese aktiwiteite by proefdiere of pasiënte)

kinese : kinesis (onreëlmatige beweging)

kinesiologie (bewegingskunde) : kinesiology (studie van beweging van die menslike liggaam, bv spierbewegings, ritmiese oefeninge, gimnastiek ens)

kinestesie : kinaesthesia (gewaarwording van beweging, massa, weerstand en posisie van die liggaam)

kinestesie : kinaesthesia (algemene term wat gebruik word om die beweging van gewrigte tov mekaar waar te neem)

kinesteties : kinaesthetic (mbt kinestese)

kineties : kinetic (mbt of wat beweging veroorsaak)

kinetiese energie <kyk ook potensiële energie> : kinetic energy (energie wat 'n liggaam besit vanweë sy beweging <energie is onmiddellik beskikbaar>)

kJ <kyk kilojoule> : kJ

kl <kyk kiloliter> : kl

klank <kyk geluid> : sound

klankleer <kyk fonetiek> : phonetics

klankreseptor <kyk

fonoreseptor> : phonoreceptor

klas <kyk ook takson> : class ('n groep lewende organismes wat deel van 'n filum uitmaak <'n klas word verder in ordes verdeel>)

klassifikasie : classification (die rangskikking van lewende organismes in 'n reeks verwante groepe op grond van hulle ooreenkomste en verskille)

klavikel <kyk klavikula> : clavicle

klavikula (klavikel, sleutelbeen) : clavicula, clavicle, collar bone (uitgerekte S-vormige been wat deel van die skouergordel uitmaak)

klavikulêr : clavicular (mbt die klavikula)

kleidokostaal : cleidocostal (mbt die klavikula en die ribbes)

kleidokraniaal : cleidocranial (mbt die klavikula en die kranium)

klein bloedsomloop <kyk pulmonêre sirkulasie> : pulmonary circulation

kleinbrein <kyk serebellum> : cerebellum

kleinharsings <kyk serebellum> : cerebellum

klein omentum <kyk omentum

minus> : lesser omentum

kleintongetjie <kyk uvula> : uvula

klemverband <kyk toerniket> : tourniquet

klep : valve (struktuur wat veroorsaak dat vry deurgang van stowwe slegs in een rigting moontlik is)

kleptomanie : kleptomania (patologiese begeerte om te steel)

kleur : colour (die visuele sensasie wat waargeneem word wanneer lig met 'n spesifieke golflengte die retina van die oog tref <wit lig kan opgedeel word in die kleure van die spektrum, nl rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet>)

kleurblind <kyk achromaties 3e inskrywing> : colour blind

kleurblindheid <kyk achromatisme> : colour blindness

kleurindeks : colour index (verouderde indeks van die hoeveelheid hemoglobien in rooibloedselle)

kleuring : staining (kleurverandering in weefsel nadat dit met sekere kleurstowwe behandel is)

kleurloos <kyk achromateus> : colourless

kleurstof : stain, dye (pigment of chemiese stof wat kleur aan ander stowwe gee <word veral in histologie en bakteriologie gebruik om die weefsel mikroskopies sigbaar te maak>)

kleurstofdraer <kyk chromofoor> : chromophore

klier : gland (orgaan of sel wat 'n stof of stowwe vorm wat afgeskei word om spesifieke funksies te verrig)

klieragtig : glandular (wat soos 'n klier lyk)

kliewing : cleavage (herhaalde verdeling van 'n sigoot na bevrugting, met 'n vermeerdering van selle sonder dat die volume van die sigoot toeneem)

kliewing (splitsing, splyting) : cleavage, fission (om in verskillende dele te verdeel of te splits)

kliewingsel <kyk blastomeer> : blastomere

kliewingsholte <kyk blastosist> : blastocoele

klimaks : climax (hoogtepunt in die verloop van bv 'n siekte)

klimaks <kyk orgasme> : climax

klinies : clinical (mbt waarneming van siektes en simptome deur 'n geneesheer)

kliniese termometer <kyk ook termometer> : clinical thermometer ('n kwiktermometer wat spesiaal ontwerp is om liggaamstemperatuur te meet)

klisma <kyk enema> : clysma

klitoris : clitoris (uitwendige, seksueel gevoelige uitsteeksel aan die voorpunt van die vulva by die vrou <homoloog aan die penis>)

klomp <kyk agglutineer> : clump

klomping <kyk agglutinasie> : clumping

klonies : clonic (mbt of soos 'n klonus)

klont <kyk stolsel> : clot

klont : clot (vormlose, aanmekaarklewende, harderige massa, bv in bors)

klonus : clonus (vinnige, opeenvolgende sametrekking en verslapping van spiere)

kloon : clone ('n groep geneties identiese selle of organismes wat deur mitose uit een enkele sel of organisme ontstaan het)

klop : beat ('n slag, pulsasie of pols)

kluweltjie <kyk glomerulus> : glomerulus

KMnO4 <kyk Condy-kristalle> : KMnO4 (chemiese formule)

kneukel : knuckle (uitstaande dorsale oppervlak van die vinger- of voetgewrig)

kneus : bruise, contuse (deur drukking of 'n stamp seergemaak sonder dat 'n oop wond ontstaan)

knie : knee (gewrig tussen die bo- en onderbeen <femur en tibia>)

knierefleks <kyk patellarefleks> : knee reflex

knieskyf <kyk patella> : knee cap

knobbel <kyk bult> : boss

knobbelrig <kyk sesamoïed> : sesamoid

knobbelvormige papil <kyk papilla fungiformis> : papilla fungiformis

knoop <kyk nodus> : node

knop <kyk bult> : boss

koagulant <cf antikoagulant> (stolmiddel) : coagulant ('n stof wat bloedstolling bevorder)

koagulase : coagulase (ensiem wat die stollingsmeganisme bevorder)

koagulasie (stolling) : coagulation (omvorming van 'n oplosbare proteïen na 'n onoplosbare vorm; verandering van 'n vloeibare na 'n halfsoliede <jellieagtige> toestand, soos bv in melk of bloed)

koaguleer (stol) : coagulate, clot (om koagulasie te bewerkstellig; om vloeistowwe te laat dik word)

kobalt (Co) : cobalt, Co (rooigrys metaal wat in meteoorsteen en ertse gevind word)

kobaltbom : cobalt bomb (installasie vir bestraling met radioaktiewe kobalt)

kodeks : codex (in geneeskunde gebruik vir 'n farmakopee)

kodon <cf antikodon> (basistriplet) : codon, basic triplet (drie naasliggende, ongepaarde organiese basisse van nukleotiede in DNA of ooreenstemmende RNA wat die opbou van 'n bepaalde aminosuur verteenwoordig)

koeëlgewrig <kyk enartrose> : socket joint

koeksoda <kyk natriumbikarbonaat> : bicarbonate of soda

koënsiem <kyk ook apo-ensiem;

holo-ensiem; iso-ensiem> : coenzyme (nieproteïenagtige <organiese> gedeelte van 'n ensiem wat noodsaaklik is vir die werking van die ensiem <vorm saam met 'n apo-ensiem 'n aktiewe ensiem>)

koglea (akoestiese labirint,

slakkehuis) : cochlea, acoustic labyrinth (spiraalvormige struktuur in die binneoor wat met die ontvangs van klankgolwe en opwek van gehoorimpulse te doen het)

kogleabuis <kyk scala media> : cochlear duct

kogleêr : cochlear (mbt die koglea)

KOH <kyk kaliumhidroksied> : KOH (chemiese formule)

kohabitasie <kyk koïtus> : cohabitation

kohabitasie : cohabitation (saamwoon van man en vrou)

kohesie <cf adhesie> : cohesion (aantrekkingskrag tussen dieselfde soort molekules)

koïtus (geslagsgemeenskap, geslagsomgang, kohabitasie, kopulasie, paring, seksuele omgang) : coitus, sexual intercourse, intercourse, cohabitation, copulation (seksuele vereniging van twee individue waartydens die saadselle <sperme> in die vroulike liggaam oorgeplaas word)

kokaïen : cocaine (pynstillende plaaslike verdowingsmiddel verkry uit die kokaplant)

kokkaal : coccal (van of met betrekking tot 'n kokkus)

kokki <ekv kokkus> : cocci

kokkus <mv kokki/kyk ook diplokokkus/cf bacillus> : coccus <pl cocci> (bolvormige bakterium)

koksa <kyk coxa> : coxa

koksigiaal : coccygeal (mbt die koksiks)

koksiks (os coxae, stuitbeen, stuitjie) : coccyx, os coxae (laaste vier vergroeide werwels van die werwelkolom)

koksofemoraal : coxofemoral (mbt die heup en die dy)

kollageen : collagen ('n veselrige proteïen in bindweefsel wat taaiheid en buigsaamheid aan tendons, ligamente en fassia verleen)

kollageenagtig : collagenous (met die geaardheid van kollageen)

kollaps <kyk ook skok> : collapse (plotselinge instorting of samevalling van 'n orgaan, buis of enige lewensnoodsaaklike funksie)

kollateraal : collateral (bykomstig of sy aan sy lopend; in anatomie is dit 'n klein aftakking, soos enigeen van die arteriole of venules in die liggaam)

kolloïdaal : colloidal (met die eienskappe van 'n kolloïed)

kolloïed <kyk ook suspensie> : colloid (toestand van materie waar die molekules te groot is om in ware oplossing te gaan, maar te klein om uit te sak, sodat dit eenvormig versprei is in die medium)

kolom : column ('n pilaarvormige anatomiese struktuur <term word dikwels gebruik om die grysstof- en witstofgedeeltes van die rugmurg aan te dui>)

kolomepiteel <kyk silinderepiteel> : columnar epithelium

kolon <kyk ook dikderm>

(kartelderm) : colon (gedeelte van die spysverteringskanaal wat strek vanaf die sekum tot by die rektum <soms verkeerdelik gebruik om die hele dikderm aan te dui>)

kolonie : colony (groot aantal mikro-organismes of selle wat saam gegroepeer is)

kolostrum (bies, biesmelk) : colostrum (die eerste melk wat na geboorte gesekreteer word <bevat meer proteïen, veral antiliggame, minder vet en minder suiker as gewone melk>)

kolporagie : colporrhagia (vaginale bloeding)

kolposkoop : colposcope (optiese instrument wat gebruik word vir visuele ondersoek van die vagina)

kolumella : columella (modiolus van die koglea; klein kolommetjie)

koma : coma ('n toestand van bewusteloosheid waaruit die persoon nie deur eksterne prikkels gewek kan word nie)

komateus : comatose (mbt of in 'n koma)

kommensale parasiet <cf patogene parasiet> : commensal parasite (organisme wat op 'n gasheer lewe sonder om hom te benadeel)

kommensalisme <kyk ook mutualisme; parasitisme; simbiose> : commensalism (verskynsel dat organismes saamleef sodat een bevoordeel word terwyl die ander glad nie beïnvloed word nie, bv sekere bakterieë in die spysverteringskanaal)

kommissuur : commissure (senuweevesels en soortgelyke koorde wat ooreenstemmende gedeeltes van die sentrale senuweestelsel verbind)

kommissuur <kyk ook naat> (verbindingsbrug) : commissure ('n algemene term wat verwys na die aanhegtingspunt tussen twee ooreenkomstige anatomiese strukture, bv die lippe, labia, ooglede en hartkleppe)

kompakte been <kyk ook spongiosa> : compact bone (harde been <digte beenweefsel> wat die murgholte omsluit)

kompensasie : compensation (teenwig vir enige strukturele of funksionele defek)

kompensasie : compensation (vergoeding by wyse van 'n som geld vir ongeskiktheid wat volg op 'n besering)

kompensatories : compensatory (wat kompensasie veroorsaak, maw om 'n versteurde balans, of enige ander defek te herstel)

kompensatoriese pouse : compensatory pause (verlengde pouse na 'n ektopiese hartslag)

kompetensie (toereikendheid) : competence (die vermoë van 'n orgaan of liggaamsdeel om die funksie wat daarvan verwag word te verrig)

kompleks : complex (ingewikkeld of moeilik om te begryp)

kompleks : complex (enige groep, bv molekules met verwante chemiese struktuur en funksie, wat 'n saamgestelde geheel vorm)

komplement <kyk ook properdien> : complement ('n groep onaktiewe ensieme aanwesig in serum wat na antigeen-antiliggaam-koppeling geaktiveer word om gesensitiseerde selle te vernietig)

komplikasie : complication (bykomende faktor wat die oorspronklike aandoening ernstiger maak)

kondensaat : condensate (die vloeistofproduk van kondensasie)

kondensasie : condensation (verandering van 'n gas in 'n vloeistof of van 'n vloeistof in 'n vastestof)

kondensasie : condensation (verdigting van 'n stof)

kondensasie : condensation (chemiese reaksie wat gekenmerk word deur die vorming van 'n groter molekule deurdat kleiner molekules saamgebind word met die verlies van 'n eenvoudige groep, bv water)

kondensor : condenser (die deel van die mikroskoop wat gebruik word om die beligting te verstel sodat die voorwerp op sy duidelikste gesien kan word)

kondensor : condenser (apparaat wat vir kondensasie gebruik word)

kondiel (gewrigsknobbel, kondilus) : condyle ('n ronde uitsteeksel aan sekere bene, bv die oksipitale been, wat artikulasie moontlik maak; ronde gewrigsknop)

kondilêr : condylar (mbt 'n kondiel)

kondilus <kyk kondiel> : condyle

kondisioneel (voorwaardelik) : conditional (onderworpe aan sekere voorwaardes)

kondisionering : conditioning (as 'n onvoorwaardelike prikkel <wat self nie reflekse veroorsaak nie> herhaaldelik verskaf word, sal dit naderhand 'n voorwaardelike prikkel word sodat die refleks spontaan ontstaan)

kondoom : condom (rubberskede wat oor die penis getrek word om te verhoed dat semen tydens geslagsgemeenskap in die vagina ingaan)

konga <kyk oorskulp> : concha

konga (skulp) : concha ('n skulpvormige holte in 'n liggaamsdeel, bv neusskulp)

kongenitaal <cf verworwe> (aangebore, ingebore) : congenital, innate, inborn (mbt 'n eienskap wat reeds by geboorte aanwesig is <nie noodwendig oorerflik nie>)

kongestie <cf dekongestie> (stuwing) : congestion (abnormale versameling van vloeistof in 'n orgaan of liggaamsholte <gewoonlik bloed, maar kan ook mukus of gal wees>)

konglutinasie <kyk ook agglutinasie> (saampakking) : conglutination (vas- of saamklewing van liggame in noue kontak met mekaar; die aanmekaarkleef van weefsel)

Kongo-rooi : Congo red (rooi kleurstof wat gebruik word as suurindikator)

konies (keëlvormig) : conical (met 'n breë basis en 'n spits punt)

konjugaatproteïen (gekonjugeerde proteïen, saamgestelde proteïen) : conjugate protein, conjugated protein ('n proteïen in verbinding met 'n nieproteïenmolekule, bv lipoproteïen met vet, hemoglobien met heemmolekule, nukleoproteïen met nukleïensuur ens)

konjugasie : conjugation (versmelting van twee selle met uitruiling van kernmateriaal)

konjunktiva (dekvlies, oogbindvlies) : conjunctiva (baie dun vliesie wat die binnekant van die ooglede en die anterior gedeelte van die sklera uitvoer)

konkaaf <cf konveks> (holrond) : concave (hol, soos die binnekant van 'n sirkel of sfeer)

konnektorneuron : connector neuron (vorm verbindings tussen die afferente en efferente neurone deurdat die dendriete en akson met ander neurone sinapse vorm)

konsentraat : concentrate (die stof, veral vloeistof, wat agterbly nadat dit gekonsentreer is <sterker en met 'n kleiner volume as die oorspronklike>)

konsentrasie : concentration (versameling tot een punt)

konsentrasie <kyk ook

gekonsentreerd> : concentration (verhouding van opgeloste stowwe in 'n oplossing tot die oplosmiddel)

konsentrasie : concentration (die vestiging van aandag op iets)

konsentrasiegradiënt : concentration gradient (die verhouding van die konsentrasie van een oplossing tot 'n ander oplossing wat daarvan geskei is deur 'n differensieel deurlatende membraan)

konsentreer : concentrate (in een punt saamtrek of verenig)

konsentreer : concentrate ('n oplossing sterker maak deur die grootste deel van die vloeistof te verwyder <bv deur verdamping>)

konsepsie <kyk bevrugting> : conception

konsistensie : consistency, consistence (graad van digtheid of hardheid)

konsolidasie : consolidation (iets wat versterk of verenig is)

konsolidasie : consolidation (ontwikkeling van 'n meer soliede struktuur, bv wanneer die long fermer word tydens pneumonie)

konsolideer : consolidate (wanneer iets meer solied word, bv genesing van 'n fraktuur of wond)

konstitusie (gestel) : constitution (samestelling of geaardheid van die liggaam van 'n persoon soos bepaal deur genetiese, biochemiese, fisiologiese en omgewingsfaktore)

konstriksie <kyk ook stenose> (vernouing) : constriction, narrowing (vermindering in die deursnee van 'n buis of kanaal)

konstriktor : constrictor (spier, instrument of geneesmiddel wat vernouing of sametrekking veroorsaak)

kontaminasie <cf dekontaminasie> : contamination (besmetting met besmetlike of ander skadelike agense)

kontra-indikasie : contra-indication (teenaanwysing of enigiets wat 'n bepaalde behandeling ongewens maak)

kontraksie <kyk ook saamtrek> : contraction (sametrekking of verkorting, bv van 'n spier)

kontraktiel (krimpbaar, saamtrekbaar) : contractile (wat die vermoë besit om saam te trek)

kontralateraal <cf ipsilateraal> : contralateral (verwys na strukture geleë aan teenoorgestelde kante van die liggaam)

kontras : contrast (teenstellende verskil)

kontrasteer : contrast (vergelyk met die doel om verskille te onderskei)

kontrasepsie : contraception (voorkoming van bevrugting)

kontraskleuring : contrast staining (kleuring met kleurstowwe wat verskillende dele van selle of weefsel verskillend kleur)

kontraskleurstof : differential stain (kleurstof wat die kleuring van verskillende weefsel vergemaklik aangesien dit nie reeds gekleurde weefsel kleur nie)

kontrole : control ('n standaard wat gebruik word om enige eksperimentele waarneming te bevestig)

kontroleer <kyk beheer> : control

kontroleer (monitor, moniteer) : control, monitor (toesig hou, nagaan)

konus : conus (enige struktuur met 'n breë basis en 'n spits punt; keëlvormige struktuur)

konveks <cf konkaaf> (bolrond) : convex (rond, soos die buitekant van 'n sirkel of sfeer)

konveksie <kyk stroming> : convection

konvergeer <cf divergeer 2e inskrywing> : converge (op een punt saamkom)

konvulsie <kyk ook stuipe> (stuiptrekking) : convulsion (plotselinge, onwillekeurige sametrekking van spiere; krampagtig inmekaartrek)

kook : boil (die toestand waarin 'n vloeistof verkeer wanneer die versadigde dampdruk gelyk is aan die eksterne atmosferiese druk)

kookpunt : boiling point (die temperatuur van 'n vloeistof waarby dit begin kook <water kook by seevlak teen 100 °C>)

koolhidraat <kyk ook suiker> : carbohydrate (organiese voedingstof wat die elemente koolstof, waterstof en suurstof in die verhouding

1:2:1 bevat, bv suikers en stysel <hierdie soorte stowwe word volgens die waarde van n in CnH2nOn geklassifiseer in kristallyne monosakkariede en die amorfe polisakkariede>)

koolhidrase <kyk karbohidrase> : carbohydrase

koolstof (C) : carbon, C (niemetaalelement wat voorkom in alle organiese verbindings)

koolstofdioksied (CO2, koolstof(IV)oksied, koolsuurgas) : carbon dioxide, CO2, carbon(IV)oxide (swaar, kleurlose gas wat 'n produk is van aërobiese selrespirasie)

koolstofmonoksied (CO) : carbon monoxide, CO (kleurlose, reuklose, giftige gas verkry deur die onvolledige oksidasie van koolstof)

koolstofmonoksiedvergiftiging <kyk karboksihemoglobinemie> : carbon monoxide poisoning

koolstof(IV)oksied <kyk koolstofdioksied> : carbon(IV)oxide

koolstoftetrachloried (CCl4) : carbon tetrachloride, CCl4 ('n helder, kleurlose, vlugtige vloeistof)

koolsuur : carbonic acid (onstabiele suur <H2CO3> wat gevorm word as koolsuurgas in water oplos)

koolsuur : carbonic acid ('n reuklose gas gevorm deur die verbinding van koolstof met suurstof en waterstof)

koolsuuranhidrase : carbonic acid anhydrase ('n ensiem wat die omvorming van CO2 en H2O na koolsuur kataliseer, en omgekeerd)

koolsuurgas <kyk koolstofdioksied> : carbon dioxide

koolteer : coal-tar ('n swart, donker, olieagtige mengsel wat uit steenkool gedistilleer word en gebruik word as 'n bron van benseen)

koolwaterstof : hydrocarbon (enige verbinding wat slegs uit koolstof en waterstof opgebou is, bv benseen <C6H6>)

koord <kyk chorda> : cord

koördinasie : coordination (harmoniese samewerking tussen verskillende liggaamsdele met 'n gemeenskaplike doel)

koördineer : coordinate (om koördinasie te bewerkstellig)

koors <kyk pireksie> : fever

kop : head (ronde knop aan die punt van sekere voorwerpe)

kop <kyk hoof 2e inskrywing> : head

kopbeen <kyk kranium> : skull

koper (Cu) : copper, Cu (rooibruin metaal)

kopersulfaat (CuSO4, koper(II)sulfaat) : copper sulphate, CuSO4, copper(II)sulphate, cupric sulpha ('n blou, oplosbare kopersout wat gebruik word om vir die teenwoordigheid van water te toets <die anhidriese vorm van kopersulfaat is gryswit wat helder blou verkleur in die teenwoordigheid van water>)

koper(II)sulfaat <kyk kopersulfaat> : copper(II)sulphate

koprostase : coprostasis (ophoping van feses in die derm)

kopula : copula (enige verbindingstruktuur)

kopulasie <kyk koïtus> : copulation

korakoïed : coracoid (wat die vorm van 'n kraai se bek het)

korakoïedproses (kraaibekuitsteeksel) : coracoid process (krom uitsteeksel aan die boonste buitenste hoek van die skapula)

korektopie : corectopia (abnormale ligging van die pupil van die oog)

korium <kyk dermis> : corium

koriumpapil : papilla of the corium (vingeragtige uitstulpings wat in die epidermis insteek en daaraan 'n bepaalde patroon verleen <vingerafdruk>)

kornea (horingvlies) : cornea (voorste, deursigtige, effens gebuigde, buitenste vlies om die oogbal)

kornifikasie : cornification (omvorming van epiteel tot plaveiselepiteel)

kornifikasie (verhoorning) : cornification (vorming van keratien <horingagtige weefsel>)

korona : corona (boonste deel van orgaan of struktuur)

korona : corona (in anatomie gebruik om 'n struktuur wat om 'n ander <soos 'n kroon> verloop, aan te dui)

koronaal : coronal (mbt die bopunt van die kop)

koronale vlak <kyk ook frontale

vlak> : coronal plane (die enigste vertikale vlak wat die mediane vlak sny en sodoende die liggaam in 'n voorste en agterste deel verdeel)

koronêr : coronary (mbt bloedvate, senuwees en ligamente wat rondom 'n struktuur loop <soos 'n kroon>, bv koronêre slagaar)

kononêr : coronary (mbt die hart)

kononêre afsluiting : coronary occlusion (algehele of gedeeltelike afsluiting van 'n kononêre arterie)

kononêre arterie (kroonslagaar) : coronary artery (die bloedvat wat die hartspier voorsien)

kononêre bloedvat : coronary vessel (are en slagare wat bloed weg van en na die hartweefsel vervoer)

kononêre sklerose : coronary sclerosis (verharding van 'n kononêre arterie)

kononêre trombose : coronary thrombosis ('n toestand waar een van die slagaartjies wat die hart van bloed voorsien deur 'n bloedklont verstop raak)

koronoïed : coronoid (verwys na enige struktuur wat gekrom is <lyk soos 'n kraai se bek>)

korpulent <kyk oormassa> : corpulent

korpuskulêr : corpuscular (mbt 'n liggaampie)

korrosie : corrosion (geleidelike wegvreting van weefsel)

kors <kyk crusta> : crust

kortasemigheid <kyk dispnee> : short-windedness

kortbeen : short bone (been wat effens langer is as wat dit breed is, bv tarsale been)

korteks (skors) : cortex (buitenste laag van 'n orgaan of ander liggaamstruktuur, bv die nier)

kortikaal : cortical (mbt die korteks)

kortiko-afferent : corticoafferent (wat impulse <prikkels> na die korteks toe lei)

kortiko-efferent : corticoefferent (wat impulse <prikkels> weg van die korteks af lei)

kortikospinale baan (piramidale baan) : corticospinal tract, pyramidal tract ('n baan bestaande uit groepe senuweevesels in die witstof van die rugmurg waardeur motoriese impulse na selle van die voorste horing, vanaf die teenoorgestelde kant van die brein, vervoer word)

kortikosteroïed : corticosteroid (enigeen van die steroïede wat deur die bynierskors gevorm word, bv kortisol en aldosteroon)

kortikosteroon : corticosterone ('n kristalloïede steroïed <hormoon> wat deur die bynierskors voortgebring word)

kortikotropien <kyk adrenokortikotrofiese hormoon> : corticotropin

kortisol : cortisol (fisiologies aktiewe vorm van kortisoon)

kortisoon : cortisone (een van die aktiewe hormone <glukokortikoïed> van die bynierskors)

kos <kyk voedsel> : food

kostaal : costal (mbt die ribbebene)

kostovertebraal : costovertebral (mbt 'n rib en werwelliggaam)

kouda : cauda (stertvormige aanhangsel)

koudaal : caudal (in die rigting van die kouda <stert>)

koudaat : caudate (met of soos 'n stert)

koudbloedig <kyk poikilotermies> : cold-blooded

koueverwekkend <kyk kriogeen> : cryogenic

kovalente binding <kyk ook chemiese binding; ioniese binding> : covalent bond (chemiese verbinding waar twee atome 'n paar elektrone deel)

Kr <kyk kripton> : Kr (chemiese simbool)

kraaibekuitsteeksel <kyk korakoïedproses> : coracoid process

kraakbeen : cartilage ('n tipe bindweefsel wat bestaan uit kraakbeenselle versprei in 'n polisakkariedgevulde matriks met kollageenvesels tussenin)

kraakbeengewrig <kyk sinchondrose> : cartilaginous joint

kraakbeensel <kyk chondrosiet> : chondrocyte

kraakbeenskyf <kyk meniskus 3e inskrywing> : semilunar cartilage

kraakbeenstof <kyk chondrien> : chondrin

kraam <kyk parturisie> : labour

krag : force (dit wat 'n liggaam in beweging bring en/of sy rigting of snelheid verander <word gemeet in Newton>)

kramp : cramp (pynlike spiersametrekking)

kraniaal : cranial (mbt die brein of skedel)

kraniaal : cranial (geleë nader aan die kranium)

kraniale senuwee (harsingsenuwee) : cranial nerve (enigeen van die twaalf pare senuwees wat die skedel deur die foramina verlaat)

kraniometer <kyk kefalometer> : craniometer

kranium (breinkas, kopbeen, skedel) : cranium, skull (vergroeide bene van die kop wat die brein omsluit)

kranksinnigheid <kyk dementia> : insanity

kranksinnigheid <kyk psigose> : insanity

Krause-liggaampies <kyk ook Pacini-liggaampies; Ruffini-liggaampies> : Krause's bodies (reseptore vir die gewaarwording van koue wat in die konjunktiva van die oog of huid van lippe ens voorkom)

kreatien : creatine ('n stikstofbevattende afvalproduk van kreatienfosfaat wat tydens proteïenmetabolisme gevorm word)

kreatienfosfaat <kyk fosfokreatien> : creatin phosphate

kreatinien : creatinine (afvalstof wat as 'n eindproduk van spiermetabolisme uitgeskei word <dit word gevorm deur dehidrasie van kreatien>)

kreatinurie : creatinuria (uitskeiding van kreatien in die urien)

Krebs-siklus (sitroensuursiklus, trikarboksielsuursiklus) : Krebs cycle, citric acid cycle, tricarboxylic acid cycle ('n reeks ensimatiese reaksies waarby koolhidrate, vetsure en aminosure gemetaboliseer word met die vrystelling van koolstofdioksied, water en hoë-energie-fosfaatverbindings <ATP>)

kretin : cretin (iemand wat aan kretinisme ly)

kretinagtig : cretinous (met die voorkoms van 'n kretin)

kretinisme <kyk ook hipotiroïdisme; miksedeem> : cretinism (abnormale toestand gekenmerk deur vertraging in liggaamlike groei en wat gepaardgaan met vertraagde verstandelike ontwikkeling <veroorsaak deur 'n tekort aan tiroksien by kinders>)

krikoïed : cricoid (met die vorm van 'n ring)

krikoïed : cricoid (verwys na een van die kraakbeenstukke van die larinks)

krimpbaar <kyk kontraktiel> : contractile

kringspier <kyk ook lengtespier; sfinkter> : constrictor muscle (enige spier wat 'n orgaan kleiner maak of veroorsaak dat 'n hol orgaan of deel daarvan saamtrek of sluit)

kriogeen (koueverwekkend) : cryogenic ('n stof wat koue produseer)

krioterapie : cryotherapy (kouebehandeling)

kript : crypt (versteekte sakkie of holte)

kripte van Lieberkühn <kyk Lieberkühn-kliere> : crypts of Lieberkühn

kriptogeen : cryptogenic (van twyfelagtige of onbekende herkoms)

kripton <kyk ook atmosfeer 1e inskrywing (Kr) : krypton, Kr (kleurlose, reuklose, inerte element wat in baie klein hoeveelhede in die atmosfeer voorkom)

krista <kyk crista> : crista

kristal : crystal (anorganiese liggaam wat met reëlmatige, plat vlakke begrens is; 'n stof met reëlmatig gerangskikte binneste atome, ione of molekules)

kristallyn : crystalline (lyk soos 'n kristal <vorm, helderheid of deursigtigheid>)

kristallyne humor (ooglensvog) : crystalline humour (kristalagtige oogvog)

kristaloïed : crystalloid (soos 'n kristal)

kristaloïed : crystalloid (opgeloste partikels met 'n deursnit van minder as 1 æm)

kroesie (smeltkroes) : crucible ('n houertjie wat van porselein of enige ander hittebestande materiaal gemaak is, waarin stowwe tot hoë temperature verhit word)

kronkelbuisie : convoluted tubule (gedeelte van die buisstruktuur van die nier wat betrokke is by die herabsorpsie van glukose, water en aminosure)

kronkelderm <kyk ileum> : ileum

kroonslagaar <kyk kononêre arterie> : coronary artery

kropgeswel <kyk goiter> : goitre

kruisbeen <kyk sakrum> : sacrum

kruisteelt : crossbreeding (teling tussen verskillende rasse sodat hibriede voortgebring word)

kruiswerwel <kyk sakrale werwel> : sacral vertebra

kryt <kyk ook kalsiumkarbonaat> : chalk ('n natuurlike, poreuse vorm van kalsiumkarbonaat)

kubiek : cubic (wat lengte, breedte en hoogte besit)

kubiek : cubic (inhoud bevattend)

kubiek : cubic (tot die derde mag verhef)

kubieke sentimeter (cm3) : cubic centimetre, cm3 ('n eenheid van volume <een kubieke sentimeter is gelyk aan een milliliter>)

kubies : cubic (wat die vorm van 'n kubus het)

kubiese epiteel <kyk kubusepiteel> : cubic epithelium

kubitaal : cubital (mbt die elmboog)

kuboïed : cuboid (mbt 'n kubus)

kubus : cube ('n figuur of reëlmatige liggaam wat deur ses vierkantige vlakke ingesluit word)

kubusepiteel (kubiese epiteel, kubusvormige epiteel) : cubic epithelium (enkele laag selle wat dik en gelykkantig is)

kubusvormige epiteel <kyk kubusepiteel> : cubic epithelium

kuit : calf (vlesige agterste gedeelte van die onderbeen)

kuitbeen <kyk fibula> : fibula

kultuur : culture ('n klomp mikro-organismes of weefsel wat vir wetenskaplike ondersoek gekweek is)

kumulus : cumulus (massa epiteelselle)

kunsmatig : artificial (iets wat nagemaak of onnatuurlik is)

kunsmatige asemhaling : artificial respiration (meganisme waardeur asemhaling meganies aan die gang gehou word wanneer normale asemhaling gestaak het)

kunsmatige inseminasie : artificial insemination (kunsmatige inplanting van semen in die vroulike organisme)

Kupffer-selle : Kupffer cells (gespesialiseerde selle <makrofages> van die retikulo-endoteelstelsel wat die hepatiese sinusoïedes uitvoer)

kupula : cupula (klein, koepelvormige kappie oor sekere strukture, bv die slymerige stof op die crista ampullaris)

kurare : curare (plantaardige ekstrak wat as pylgif gebruik word <word geneeskundig as spierverslapper tydens narkose gebruik>)

kuret <kyk ook kurettering> : curette (lepel- of lusvormige instrument waarmee weefsel weggeskraap word)

kurettering (skraping, vlakreiniging) : curettage, curage (skraping van 'n holte en verwydering van die weefsel dmv 'n lepelvormige instrument )

kusp : cusp (een van die flappe van 'n hart- of ander vaskulêre klep)

kusp : cusp (een van die punte op die kouoppervlak van 'n tand)

kutaan : cutaneous (mbt die vel)

kutikel (kutikula) : cuticle, cuticula (huidlagie wat die basis van 'n nael bedek)

kutikel (kutikula) : cuticle, cuticula (proteïenagtige lagie of epidermis)

kutikula <kyk kutikel> : cuticula

kutikulêr : cuticular (mbt 'n kutikel)

kwaadaardig <kyk maligne> : malignant

kwab <kyk lob> : lobe

kwadrigeminaal (vierdelig, viervoudig) : quadrigeminal (wat 'n groep van vier vorm)

kwadrivalent (tetravalent,

vierwaardig) : quadrivalent, tetravalent (verwys in chemie na 'n molekule wat 'n verbindingsvermoë gelyk aan die van vier waterstofatome het)

kwadruplegie (tetraplegie) : quadriplegia (paralise wat al vier ledemate betrek)

kwantum : quantum (die kleinste diskrete hoeveelheid energie wat 'n stelsel kan bykry of verloor)

kwantum : quantum (sekere genoemde hoeveelheid)

kwasjiorkor : kwashiorkor (siektetoestand weens 'n proteïentekort agv ondervoeding)

kwik (Hg, kwiksilwer) : mercury, Hg, quicksilver (swaar, silwerwit, vloeibare metaalelement)

kwiksilwer <kyk kwik> : quicksilver

kwintaan : quintan (wat elke vyf dae voorkom)

kwosiënt : quotient (antwoord van 'n deelsom)

kwyl <kyk saliveer> : salivate

kyker <kyk pupil> : pupil

kyl <kyk chyl> : chyle

kylholte <kyk cisterna chyli> : cisterna chyli

kylvat (lakteaalvat) : lacteal (klein, blindeindigende limfvaatjie van die dunderm wat vet uit die spysbry absorbeer <dit word so genoem omdat dit 'n melkerige voorkoms het>)

kym <kyk chym> : chyme

 

L

 

l <kyk liter> : l

laag : layer (plaatvormige struktuur)

laag van Malpighi <kyk stratum germinativum> : Malpighi's layer

laagvormig <kyk gestratifiseer> : stratiform

laagvorming <kyk stratifikasie> : stratification

labia <ekv labium> : labia

labia majora : labia majora (groot <buitenste> skaamlippe; twee oppervlakkig geleë velvoue van die vroulike uitwendige geslagsorgane)

labia minora : labia minora (klein <binneste> skaamlippe; twee velvoue wat onder die labia majora geleë is)

labiaal : labial (mbt die lippe of labia)

labiel (onstabiel) : labile, unstable (neig om verandering of verplasing te ondergaan)

labiologie : labiology (studie van lipbewegings)

labirint (doolhof) : labyrinth (reeks holtes en gange in die been van die inwendige oor)

labium <mv labia> : labium (lip of lipvormige struktuur)

labrum : labrum (lipagtige struktuur)

lading : charge ('n eienskap van materie wat die gevolg is van interaksie tussen die deeltjies waaruit dit opgebou is en voorkom as elektries negatiewe of positiewe eenhede)

laggas <kyk distikstofoksied> : laughing gas

lakmoes : litmus (blou kleurstof wat as indikator gebruik word om te toets vir suurheid of alkaliniteit)

lakmoespapier : litmus paper (papier met lakmoes gekleur wat as indikator vir sure of basisse gebruik word <kleur rooi met suur en blou met alkali>)

lakrimaal (traan-) : lacrimal, lacrymal (mbt trane)

lakrimale buis (traanbuis) : lacrimal duct (een van die aantal klein buisies wat oormatige traansekresie in die oë na die neusholtes dreineer)

lakrimale klier (traanklier) : lacrimal gland (een van die paar kliere wat aan die buitenste hoek van die oogkas voorkom en 'n waterige oplossing afskei om die oog te reinig en klam te hou)

lakrimale sak <kyk saccus

lacrimalis> : lacrimal sac

lakrimasie <kyk ook dakrioree> : lacrimation (sekresie van trane)

lakrimator : lacrimator (enige stof, bv traangas, wat trane voortbring)

laktaat : lactate (sout van melksuur)

laktase : lactase ('n ensiem van dermsap wat laktose in glukose en galaktose opbreek)

laktasie : lactation (produksie en sekresie van melk deur die melkkliere of mammas)

lakteaal : lacteal (mbt melk)

lakteaalvat <kyk kylvat> : lacteal

laktifereus (melkhoudend) : lactiferous (vervoer of afskeiding van melk)

laktifereuse buis (melkbuis) : lactiferous duct (buisies of kanaaltjies wat die melk vervoer vanaf die melkkliere na die tepel waar hulle open)

laktogeen : lactogenic (wat melksekresie bevorder)

laktose (melksuiker) : lactose (disakkaried wat in melk voorkom en bestaan uit glukose en galaktose)

lakune : lacuna ('n defek of gaping, soos in die gesigsveld)

lakune : lacuna ('n klein ruimtetjie of holtetjie, veral in beenweefsel)

lakunêr : lacunar (mbt of gekenmerk deur lakunes)

lakunule : lacunule (klein lakune)

lalopatie : lalopathy (enige vorm van spraakgebrek)

lambda ( ) : lambda, (Griekse alfabetletter)

lamella : lamella ('n dun blad of plaatjie, bv beenplaatjie)

lamellêr : lamellar (mbt of wat lyk soos 'n lamella)

lamina : lamina (dun membraan; dun plaat of plat laag)

lamina propria : lamina propria (bindweefsellaag onder die epiteel in slymvliesmembrane)

lamina spiralis : lamina spiralis (beenrif wat vanaf die modiolus 'n entjie reghoekig in die koglea instrek)

langbeen : long bone ('n been wat baie langer is as wat dit breed is, bv femur)

langbeentregter : thistle funnel (tregter met 'n lang tuit)

Langerhans-eilande (eilande van Langerhans) : islands of Langerhans, Langerhans's islands (verspreide groepe endokriene selle in die pankreas <sekreteer onder meer insulien en glukagon>)

lanset : lancet (mes met 'n lansvormige lem)

lansetvormig : lanceolate (struktuur wat by sy basis breed is en na 'n punt loop)

laparoskopie : laparoscopy (endoskopiese ondersoek van die abdominale holte deur 'n klein insnyding in die buikwand)

laparotomie : laparotomy (chirurgiese insnyding deur die buikwand <om abdominale organe te ondersoek>)

laringeaal : laryngeal (mbt die larinks)

laringofarinks <kyk ook farinks; nasofarinks; orofarinks> : laryngopharynx (onderste gedeelte van die farinks wat in die larinks open)

larinks (stemkas, strottehoof) : larynx, voice box (kraakbenige deel van die lugkanaal tussen die farinks en die tragea wat die stembande huisves)

larvaal : larval (mbt 'n larwe)

larwe : larva <pl larvae> (ontwikkelingstadium in die lewensiklus van verskillende laer diersoorte wat uit die eier uitbroei)

latent <kyk dormant> : latent

latent <kyk potensieel 2e

inskrywing> : latent

latent : latent (nie waarneembaar nie)

latente periode (reaksietyd) : latent period, reaction time (tydsverloop tussen die prikkeling en die reaksie daarop)

lateraal : lateral (sydelings)

lateraal <kyk ook dorsaal; ventraal> : lateral (aan die kant; weerskante van die mediaanlyn)

laterofleksie : lateroflexion (sywaartse buiging)

LD <kyk letale dosis> : LD

ledemaat : limb (arm of been)

leëderm <kyk jejunum> : jejunum

leerhuid <kyk dermis> : dermis

legumien : legumin (proteïene in peulgroente, bv ertjies, boontjies ens)

leioderma : leioderma (toestand waarin die vel abnormaal glad is)

leipotrigie : leipotrichia (verlies van hare)

lende <kyk ook lumbaal> : loin (onderste deel van die rug; die sy- en agterkante van die romp tussen die ribbe en die bekken <pelvis>)

lengte <kyk ook longitudinaal> : length (lankheid van afstand, sowel as van tyd)

lengtespier <kyk ook

kringspier> : longitudinal muscle (enige spier wat veroorsaak dat 'n orgaan of deel daarvan korter word as dit saamtrek)

lengteverlopend <kyk longitudinaal> : longitudinal

lens : lens (deurskynende liggaam wat in staat is om ligstrale van rigting te laat verander)

lens <kyk ook kristallyne humor> : lens (ronde, bikonvekse, elastiese struktuur agter die iris van die oog wat invallende ligstrale op die retina tot 'n brandpunt bring)

lenshangband <kyk suspensoriese ligament> : suspensory ligament

lensvormig <kyk fakoïed> : lentiform

leptodaktiel : leptodactylous (besit lang, slank vingers en/of tone)

leptodont : leptodontous (met dun tande)

leptofonie : leptophonia ('n sagte, swak stem)

leptoteen : leptotene (die vroeë stadium of profase van meiose wanneer chromosome as fyn drade voorkom)

lesitien : lecithin ('n vet <fosfatied> wat in alle selle voorkom, veral as die dubbele vetlaag tussen die proteïenlae van selmembrane)

letaal <kyk fataal> : lethal

letale dosis (LD) : lethal dose, LD (die hoeveelheid van 'n stof <toksien of radioaktiwiteit> wat genoeg is om die dood te veroorsaak)

letsel : lesion ('n wond, besering, area van infeksie of ander omskrewe patologie)

leukemie : leukaemia (siektetoestand gekenmerk deur 'n drastiese vermeerdering van witbloedselle in die sirkulasie)

leukemies : leukaemic (mbt leukemie)

leukoblast <kyk ook leukosiet> : leukoblast (kleurlose bloedliggaampie wat nog ontwikkel)

leukopenie <cf leukositose> : leukopenia (vermindering van witbloedselle in die sirkulerende bloed)

leukopoiëse <kyk leukositogenese> : leukopoiesis

leukosiet <kyk ook agranulosiet; eritrosiet; granulosiet; trombosiet> (witbloedliggaampie, witbloedsel, WBS) : leukocyte, white blood corpuscle, white blood cell, WBC (een van die kleurlose, min of meer amebeagtige selle van die bloed met 'n nukleus en sitoplasma)

leukositoblast : leukocytoblast (een van die voorlopers van 'n leukosiet)

leukositogenese (leukopoiëse) : leukocytogenesis, leukopoiesis (vorming van witbloedselle <leukosiete>)

leukositolise : leukocytolysis (afbreek van leukosiete)

leukositose <cf leukopenie> : leukocytosis (verhoging in die aantal witbloedselle in respons op infeksie)

levoduksie : laevoduction (draaiing van enige oog na links)

lewendbarend <kyk vivipaar> : viviparous

lewensboom <kyk arbor vitae> : arbor vitae

lewer : liver (die grootste klier in die liggaam geleë in die buikholte net onder die diafragma <verrig wydverspreide funksies, bv galproduksie, glikogeenberging, detoksifikasie ens>)

lewer- <kyk hepaties> : hepatic

leweraar : hepatic vein (die aar wat bloed vanaf die lewer na die hart vervoer)

lewerpoortaar : hepatic portal vein (die aar wat bloed, ryk aan verteringsprodukte, na die lewer vervoer)

lewerpoortaarstelsel : hepatic portal system (bloedsomloopstelsel waardeur die lewerpoortaar opgeloste voedingstowwe na die lewer en weefsel vervoer om verwerk te word <bloed vloei deur die maag, milt, dermkanaal, pankreas en lewer>)

lewerslagaar <kyk arteria hepatica> : arteria hepatica

Leydig-sel (interstisiële sel) : Leydig cell, interstitial cell (sel wat tussen die buisies van die testis voorkom en testosteroon afskei)

LH <kyk luteïniserende hormoon> : LH

Li <kyk litium> : Li (chemiese simbool)

libido : libido (geslagsdrang)

liddoring : corn (gelokaliseerde verdikking van die vel <gewoonlik van die tone> wat ontstaan agv wrywing of druk)

Lieberkühn-kliere (kripte van Lieberkühn, Lieberkühn-kripte) : Lieberkühn's glands, crypts of Lieberkühn, Lieberkühn's crypts (eenvoudige, buisvormige kliere in die hele binneoppervlak van die slymvlies van die dunderm <skei dermsap af>)

Lieberkühn-kripte <kyk Lieberkühn-kliere> : Lieberkühn's crypts

liën <kyk milt> : lien

liënaal <kyk splenies> : lienal

liënopatie : lienopathy (enige siektetoestand van die milt)

lies : groin (sagte deel aan weerskante van die skaambeen)

lig : light (elektromagnetiese strale met 'n golflengte en frekwensie wat die ligreseptore in die retina stimuleer sodat 'n liggewaarwording ontstaan <golflengte korter as di‚ van ultraviolet lig, maar langer as di‚ van infrarooi lig>)

ligament <kyk ook tendon>

(sindesmus) : ligament, syndesmus (band van veselagtige bindweefsel <kollageenvesels> wat bene by gewrigte aan mekaar heg <dit is effens elasties en ondersteun en versterk gewrigte>)

ligatuur : ligature (enige materiaal wat gebruik word vir die afbind van vate)

ligbreking <kyk refraksie> : refraction

liggaam <kyk corpus> : body

liggaam <kyk soma 4e inskrywing> : body

liggaamlik <kyk fisiek> : physical

liggaampie : corpuscle (klein deeltjie, partikel of bloedsel)

liggaamsbou <kyk fisiek n.> : physique

liggaamschromosoom <kyk outosoom> : autosome

liggaamstemperatuur : body temperature (verwys na die normale temperatuur van die liggaam wat byna konstant tussen 36-37 °C gehou word)

liggaamsvloeistof : body fluid (verwys na die vloeistof wat binne en buite die selle van die liggaam aangetref word, bv intrasellulêre vloeistof, ekstrasellulêre vloeistof en intersellulêre vloeistof)

liggewend <kyk fosforesserend> : luminous

ligmeter <kyk fotometer> : photometer

ligula : ligula (bandvormige struktuur)

limbies : limbic (mbt 'n rand, grens of soom)

limbiese stelsel : limbic system ('n deel van die serebrale skors wat betrokke is by emosie en gedrag)

limen : limen (drempel)

limen : limen (grens)

limf <kyk ook weefselvloeistof> : lymph (kleurlose, alkaliese vloeistof in die limfvate wat as weefselvloeistof ontstaan en uiteindelik in die bloedstroom gestort word <dit is soortgelyk aan plasma, maar bevat chyl, 'n paar eritrosiete en verskeie leukosiete waarvan die meeste limfosiete is>)

limfaties : lymphatic (mbt of gekenmerk deur limf)

limfatiese stelsel (limfstelsel) : lymphatic system, lymph system (stelsel van vate en knope wat vanaf weefselspasies verloop en hul inhoud <weefselvloeistof of limf> uiteindelik in die bloedstroom stort)

limfklier <kyk limfknoop> : lymph gland

limfknoop (limfklier) : lymph node, lymph gland (een van baie ovaalvormige struktuurtjies, van skynbaar soliede limfweefsel, waardeur die limfvate loop <verwyder skadelike bakterieë en vervaardig witbloedselle>)

limfoïed : lymphoid (met die voorkoms en geaardheid van limf)

limfoïede weefsel : lymphoid tissue (weefsel met 'n sponsagtige voorkoms en wat limfosiete bevat <kom verspreid of in limfknope voor>)

limfopenie <kyk limfositopenie> : lymphopenia

limfosiet <kyk ook agranulosiet; B-limfosiet; leukosiet; T-limfosiet> : lymphocyte (een van die twee agranulêre leukosiete wat te doen het met immuniteit)

limfosities : lymphocytic (mbt of bestaande uit limfosiete)

limfositopenie (limfopenie) : lymphocytopenia, lymphopenia (minder as normale getal limfosiete in die sirkulerende bloed)

limfositose : lymphocytosis (toename van limfosiete in die bloed)

limfstelsel <kyk limfatiese stelsel> : lymph system

limfvat : lymphatic vessel (ontstaan as haarvate wat verenig om groter vate te vorm om limf vanuit die weefsel te versamel en dit na die bloed te vervoer <besit kleppe op gereelde afstande om te verhoed dat limf terugvloei>)

limfweefsel : lymphatic tissue (weefsel wat limfosiete vorm deur deling van selle van veral die limfkliere, milt, mangels en timusklier)

liminaal : liminal (mbt 'n drempel; net waarneembaar)

linea : linea (lyn, streep, rant)

linea alba : linea alba (wit lyn; bindweefsel op die middellyn van die anterior abdominale wand)

linea aspersa : linea aspersa ('n growwe, longitudinale lyn, bv op die posterior oppervlakte van die skag van die femur)

lingua (glossa, tong) : lingua, glossa, tongue (beweeglike spierorgaan in die mond wat smaak waarneem en help by spraak-, kou- en slukbewegings)

linguaal : lingual (mbt die tong)

linguaal : lingual (met die vorm van 'n tong)

lingula : lingula (klein, tongagtige struktuurtjie, bv die kleintongetjie)

liniêr : linear (met die vorm van 'n lyn)

linker- atrioventrikulêre klep <kyk bikuspidale klep> : left atrioventricular valve

links <kyk sinister> : left

lintwurm <kyk ook Cestoda; nematood; wurm> : tapeworm (lintvormige ingewandswurm wat parasities in die dermkanaal lewe)

lip : lip (rand van 'n voorwerp of holte)

lip : lip (vlesige boonste of onderste rand van die mond)

lipase (steapsien) : lipase, steapsin (verteringsensiem in pankreas- en dermsap wat neutrale vet opbreek <hidroliseer> tot vetsure en gliserol)

lipases : lipases (alle verteringsensieme wat op vette inwerk)

lipied : lipid (enigeen van die vetagtige stowwe wat onoplosbaar in water, maar oplosbaar in organiese stowwe soos eter en alkohol is; groep verbindings van vetsure en gliserol wat die elemente koolstof, waterstof, suurstof en soms stikstof of fosfor bevat)

lipofaag : lipophage (vetfagositerende sel)

lipofagies <kyk ook lipolities> : lipophagic (wat vet absorbeer of vernietig)

lipofiel : lipophilic (vetoplosbare stowwe; vetliewend; affiniteit vir vet)

lipogeen (vetvormend) : lipogenic (mbt lipogenese)

lipogenese (vetvorming) : lipogenesis (sintese of vorming van vet)

lipoïdurie (lipurie) : lipoiduria, lipuria (toestand waar vette in die urien voorkom)

lipoïed (olieagtig, olierig, vetagtig, vetterig) : lipoid, oleaginous, sebaceous, fatty (met die geaardheid van vet; wat vetstof afskei of bevat)

lipolise : lipolysis (vertering of verbreking van vette)

lipolities <kyk ook lipofagies> : lipolytic (wat vette opbreek)

lipolities : lipolytic (mbt lipolise)

lipopenie : lipopenia (vermindering van vet in die weefsels)

lipoproteïen : lipoprotein (verbinding wat bestaan uit 'n proteïen en lipied)

lipurie <kyk lipoïdurie> : lipuria

lise : lysis (chemiese ontbinding of vernietiging van 'n sel of molekule deur die werking van 'n spesifieke agent)

lisin : lysin (teenliggaam wat die vermoë besit om selle op te breek; agent wat lise veroorsaak)

lisien : lysine (essensiële aminosuur)

lisosiem : lysozyme (ensiem teenwoordig in trane, speeksel, neus- en ander afskeidings wat 'n antibakteriese werking het)

lisosoom : lysosome (selorganel in die sitoplasma van 'n sel wat 'n groot aantal hidrolitiese ensieme besit wat help met intrasellulêre vertering)

liter (l) : litre, l (volume-eenheid van die metrieke stelsel; volume van een kilogram water by standaardtemperatuur en -druk)

litiase : lithiasis (steen- of kalkulusvorming in die liggaam)

litium (Li) : lithium, Li (silwerwit metaal)

litolise : litholysis (oplos van 'n steen in die blaas)

litpotiges <kyk geleedpotiges> : arthropods

lob (kwab, lobus) : lobe, lobus (orgaangedeelte wat 'n afgeronde eenheid vorm, bv by die brein, longe en kliere <word geskei deur 'n groef, sulkus of septum>)

lobêr : lobar (mbt of bestaande uit lobbe)

lobule (lobulus) : lobule, lobulus (klein lobbetjie)

lobulêr : lobular (mbt of met die voorkoms van lobbetjies; bestaande uit lobbetjies)

lobulus <kyk lobule> : lobulus

lobus <kyk lob> : lobus

logaritmies : logarithmic (eksponensiële toename, bv kwadraat, derde mag ens en nie deur individuele getalle nie)

logopatie : logopathy (verwys na enige spraakgebrek)

lokaal : local (beperk tot 'n spesifieke gedeelte of liggaamsdeel)

lokomotories : locomotor (mbt beweging)

lokulus : loculus ('n klein ruimte of holte)

lokus : locus (plek of area)

long : lung (sponsagtige asemhalingsorgaan in die borsholte waar bloed van suurstof voorsien en koolsuurgas daaruit verwyder word)

longaar : pulmonary vein (aar wat geoksigeneerde <suurstofryke> bloed van die longe na die hart vervoer)

longblasie <kyk alveolus 3e inskrywing> : alveolus

longitudinaal <kyk ook lengte> (lengteverlopend) : longitudinal (in die rigting van die lengte-as van die orgaan of liggaam)

longontsteking <kyk pneumonie> : pneumonia

longpyp <kyk brongus> : bronchus

longpypie <kyk brongiool> : bronchiole

longsakkie <kyk infundibulum 3e inskrywing> : infundibulum

longslagaar : pulmonary artery (bloedvat wat gedeoksigeneerde <suurstofarme> bloed van die hart na die longe vervoer)

longvlies <kyk pleura> : pleura

lood (Pb) : lead, Pb (sagte, swaar, maklik smeltbare, blouwit metaal)

lordose <kyk ook kifose; skoliose> (holrug) : lordosis (abnormale kromming van die werwelkolom na vorentoe)

losmasige bindweefsel <kyk areolêre bindweefsel> : areolar connective tissue

LTH <kyk luteotrofiese hormoon> : LTH

lug <kyk atmosfeer> : air

lugdruk <kyk atmosferiese druk> : atmospheric pressure

lugembolisme : air embolism (embolisme agv 'n lugborrel in die bloedvatstelsel)

lughonger : air hunger (snak na asem <lug> weens akute hipoksemie en asidose)

lugleegte <kyk vakuum> : vacume

lugpyp <kyk tragea> : windpipe

lugpypverwyding <kyk brongiëktase> : bronchiectasis

lugvogtigheid <kyk humiditeit> : humidity

lugweg : airway (enige deel van die asemhalingskanaal waardeur lug beweeg)

lumbaal <kyk ook lende> : lumbar (wat in die heupstreek geleë is)

lumbale werwel : lumbar vertebra (een van die grootste en sterkste werwels <daar is vyf> wat tussen die torakale en sakrale werwels geleë is)

lumbosakraal : lumbosacral (mbt die lende en laer rug; mbt die lumbale en sakrale gedeeltes)

lumen <kyk ook holte> : lumen (holte of ruimte in 'n buisvormige struktuur)

lunêr : lunar (met die vorm van die maan)

lunule : lunula ('n algemene naam vir 'n klein, halfmaanvormige area, bv die gebied aan die basis van die nael)

lus : loop (terugbuiging in 'n lang struktuur om 'n U-vormige voorkoms te hê, bv Henle-lus)

luteaal : luteal (mbt luteïen)

luteaalliggaam <kyk corpus luteum> : luteal body

luteïen : lutein (geelrooi pigment aanwesig in bv eiergeel of die corpus luteum)

luteïnisasie : luteinisation (ontwikkeling van 'n Graaf-follikel tot 'n corpus luteum)

luteïniserende hormoon (LH, interstisiëlesel-stimulerende hormoon, ISSH, tussensel-stimulerende

hormoon) : luteinising hormone, LH, interstitial cell-stimulating hormone, ICSH ('n hormoon wat deur die adenohipofise gesekreteer word en wat ovulasie en die vorming van die corpus luteum beheer)

luteotrofiese hormoon (LTH, luteotropien) : luteotrophic hormone, LTH, luteotropin (hormoon van die hipofisevoorlob wat die voortbring van melk inisieer)

luteotropien <kyk luteotrofiese hormoon> : luteotropin

lyk (kadawer) : corpse, cadaver (liggaam van 'n dooie mens)

lykskouing <kyk post mortem> : autopsy

 

M

 

m <kyk meter> : m

m <kyk molaliteit> : m

M <kyk molariteit> : M

mRNA <kyk boodskapper-RNA> :

mRNA

maag : stomach ('n sakagtige orgaan met sterk spierwande wat net onder die diafragma lê en die wydste deel van die spysverteringskanaal vorm)

maagd : virgin (meisie wat nog nooit geslagsgemeenskap gehad het nie)

maagdermkanaal <kyk spysverteringskanaal> : alimentary canal

maagdevlies <kyk himen> : maidenhead

maagsap <kyk succus gastricus> : gastric juice

maaltand <kyk molaar> : molar

maandstonde <kyk menses> : menses

maas : mesh (openinge gevorm deur die kruisdrade in 'n net)

maatsilinder (meetsilinder) : measuring cylinder ('n lang, silindriese, gegradeerde glas- of plastiekhouer wat gebruik word om die volume van vloeistowwe te bepaal)

MacConkey-voedingsmedium : MacConkey's bouillon (selektiewe medium vir die kweking van bakterieë)

macula (makula) : macula (gedeelte van 'n oppervlak wat anders as die res gekleur is; 'n vlek)

macula acusticae : macula acusticae (punt van die vestibulêre gedeelte van die gehoorsenuwee in die sakkulus en utrikulus)

macula densa : macula densa (gemodifiseerde selle van die distale kronkelbuise van die niere wat met die jukstaglomerulêre apparaat geassosieer is)

macula lutea (geelvlek) : macula lutea, yellow spot (klein induikinkie <fovea> op die retina van die oog waar slegs keëltjies voorkom <ligstrale wat hier val, word die duidelikste waargeneem>)

magnesium (Mg) : magnesium, Mg (silwerwit metaalstof)

magnesiumchloried (MgCl2) : magnesium chloride, MgCl2 (kleurlose, watertrekkende kristalle wat voorberei word deur die kristallisering vanuit soutwater en ontsoute seewater, en wat gebruik word in die produksie van magnesiummetale)

magnesiumoksied (MgO) : magnesium oxide, MgO ('n wit poeier wat oa as teensuurmiddel gebruik word)

magnesiumsulfaat (MgSO4, Engelse sout, Epsom-sout) : magnesium sulphate, MgSO4, Epsom salts ('n bitter, wit, oplosbare magnesiumsout wat oa as purgeermiddel en teensuurmiddel gebruik word)

magnum : magnum (groot)

major <cf minor 1e inskrywing> : major (belangrik)

major <cf minor 2e inskrywing> : major (groter; groot)

major epilepsie <kyk grand mal> : major epilepsy

makrobiose : macrobiosis (lang lewe; hoë ouderdom)

makroblast (makro-eritroblast) : macroblast, macroerythroblast (abnormaal groot eritrosiet met 'n kern)

makro-element <cf spoorelement> (makrovoedingstof) : macroelement, macronutrient (element wat in taamlike groot hoeveelhede in lewende organismes voorkom, bv kalsium, magnesium, fosfor, koolstof, waterstof, stikstof en suurstof)

makro-eritroblast <kyk makroblast> : macroerythroblast

makrofaag <cf mikrofaag> : macrophage (groot fagositiese selle wat in bindweefsel voorkom en mikro-organismes, selle en ander vreemde voorwerpe fagositeer)

makroglia <kyk astrosiet> : macroglia

makromeer : macromere (groot, dooierbevattende sel wat agv kliewing tydens die vroeë stadiums van embrioniese ontwikkeling ontstaan; groot blastomeer)

makromolekule : macromolecule (baie groot molekule, bv proteïene, polisakkariede ens)

makrosiet <kyk ook normosiet/cf mikrosiet > : macrocyte (abnormaal groot, volwasse eritrosiet <kom algemeen voor by megaloblastiese anemie>)

makroskopies <cf mikroskopies> : macroscopic (wat met die blote oog waargeneem kan word)

makroskopiese anatomie : macroscopic anatomy, gross anatomy (handel oor die deel van die liggaam wat met die blote oog waarneembaar is)

makrovoedingstof <kyk makro-

element> : macronutrient

maksilla <cf mandibula> (bokaak) : maxilla (die onreëlmatig gevormde been wat deel van die mondholte, neusholte en verhemelte vorm en waarin die tande van die bokaak geleë is)

maksillêr : maxillary (mbt die bokaak)

maksimaal : maximal (wat die maksimum bereik; hoogste moontlik)

maksimum : maximum (grootste of hoogste moontlike graad of waarde)

makula <kyk macula> : macula

mala <kyk bucca> : mala

mala <kyk sigoma> : mala

malaar : malar (mbt wang of wangbene)

malaria : malaria ('n algemene, nieaansteeklike siekte wat deur 'n eensellige organisme, Plasmodium, veroorsaak word en deur die Anopheles-muskiet aan die mens oorgedra word)

malasie : malacia (abnormale versagting of sponsagtigheid in enige weefsel van die liggaam)

maligne (kwaadaardig) : malignant (wat die lewe bedreig; kankeragtige gewas)

malleolus : malleolus (knopvormige uitsteekseltjie, bv di‚ aan elke kant van die enkelgewrig)

malleus <kyk ook inkus; stapes; timpanum> (hamer) : malleus, hammer (grootste van die drie gehoorbeentjies in die middeloor; gehoorbeentjie wat aan die membrana tympani geheg is)

Mallory-kleuring : Mallory stain (kleuringsmetode wat vir die kleuring van bindweefsel gebruik word)

Malpighi-follikels : Malpighi follicles (klein groepies limfweefsel wat verspreid in die milt voorkom)

Malpighi-laag <kyk stratum germinativum> : Malpighi layer

Malpighi-liggaampie : Malpighian body, Malpighian corpuscle (enigeen van die limfknope in die milt)

Malpighi-liggaampie <kyk ook Bowman-kapsel; nefron> (renale liggaampie) : Malpighian body, Malpighian corpuscle, renal body, renal corpuscle (een van die klein liggaampies in die nierkorteks bestaande uit 'n glomerulus wat deur die Bowman-kapsel omsluit word)

maltase (glikase) : maltase, glycase (verteringsensiem wat oa in pankreassap voorkom en die disakkaried, maltose, opbreek in twee molekules glukose)

maltose (moutsuiker) : maltose, malt sugar (disakkaried bestaande uit twee glukosemolekules)

mamilla (tepel) : mamilla, nipple (keëlvormige punt van die bors waarin die melkbuisies uitmond)

mamilla : mamilla (klein verhewendheid of tepelvormige orgaan)

mamillêr <kyk ook papillivorm> (mastoïed, tepelvormig) : mamillary, mastoid (mbt of met die vorm van 'n mamilla)

mamillêre liggaampie : mamillary body (een van twee klein, ronde massas grysstof geleë in die interpedunkulêre ruimte van die hipotalamus)

mamma <kyk melkklier> : mamma

mamma (bors) : mamma, breast (een van die twee klierryke strukture op die anterior deel van die toraks wat, in die geval van die vrou, melk kan sekreteer om haar baba te voed)

Mammalia <kyk ook soogdier> : Mammalia (verwys na die klas warmbloedige Vertebrata wat hare besit en hul kleintjies soog)

mammografie : mammography (radiografie van die sagteweefsel van die borste <om vroeg reeds abnormale groeisels te identifiseer>)

mandibel <kyk mandibula> : mandible

mandibula <cf maksilla> (mandibel, onderkaak) : mandibula, mandible (die perdeskoenvormige been wat die grootste en sterkste been van die gesig vorm)

mangaan (Mn) : manganese, Mn (harde, bros metaal)

mangel <kyk tonsilla palatina> : tonsil

mangelontsteking <kyk tonsillitis> : tonsillitis

manlik <cf vroulik> : male, masculine (mbt di‚ geslag wat sperme voortbring <simbool >)

manlik <cf vroulik> : male, masculine (soos 'n man)

manlik (viriel) : manly, masculine, virile (sterk en spierkragtig)

manometer : manometer (instrument waarmee die druk van vloeistowwe en gasse gemeet word)

Mantoux-toets : Mantoux test (toets vir die teenwoordigheid van tuberkulose)

manubrium <kyk ook corpus sterni; xifoïed> : manubrium (boonste deel van die sternum)

manubrium : manubrium (struktuur met die vorm van 'n handvatsel)

marmer : marble ('n kompakte kalsiumkarbonaatmineraal <CaCO3> wat van kalksteen en dolomiet gevorm word)

massa <kyk ook gewig> : mass (hoeveelheid materie waaruit 'n liggaam bestaan en wat gemeet word in kilogram <kg>)

massadruk <kyk onkotiese druk> : oncotic pressure

massagetal <kyk atoommassa> : mass number

massameter <kyk balans 3e

inskrywing> : mass meter

massel : mast cell (groot bindweefselsel met 'n klein sferiese kern en groot basofiele granules, wat oa serotonien en histamien bevat wat tydens beserings of infeksie vrygestel word)

masseter : masseter (kouspier wat verantwoordelik is om die onderkaak na bo te beweeg)

mastektomie : mastectomy (chirurgiese verwydering van die bors)

mastikasie : mastication (proses waardeur kos gekou word)

mastoïed <kyk mamillêr> : mastoid

mastoïedproses : mastoid process (koniese uitsteeksel van die temporale been <agter die oor>)

masturbasie : masturbation (om orgasme teweeg te bring deur selfmanipulasie van die genitalieë)

materie <kyk substantia> : matter

matriks <kyk substantia propria> : matrix

matriks (gietvorm) : matrix (vorm of houer waarin iets gegiet word)

matrys <kyk substantia propria> : matrix

maturasie (rypwording) : maturation (proses van volwassewording)

meatus : meatus (anatomiese opening, gang of kanaal)

media : media (middel)

media (tunica media) : media, tunica media (middelste van drie lae van 'n bloedvat of orgaan <bestaan uit kringsgewys gerangskikte elastiese spiervesels>)

mediaal : medial (nader aan die middellyn van 'n liggaam)

mediaal : medial (mbt die middel)

mediaalwaarts <kyk mesad> : mediad

mediaan : median (mbt of geleë op die middellyn of vlak)

mediaan (mediane vlak, midsagittale vlak) : median, median plane, midsaggital plane (denkbeeldige lyn wat die liggaam in twee eenderse <linker- en regter-> helftes verdeel)

medialesitaal : medialesithal (met 'n matige hoeveelheid dooier)

mediane vlak <kyk mediaan 2e inskrywing> : median plane

mediastinaal : mediastinal (mbt die mediastinum)

mediastinum : mediastinum (nou ruimte in die borskas tussen die twee longe waarin die hart, aorta, tragea, timusklier en esofagus voorkom)

medikament (geneesmiddel, medisyne) : medicament, drug, medicine (enigiets wat 'n ongewenste toestand verhelp of herstel; farmakologiese preparaat)

medisinaal : medicinal (met genesende eienskappe; mbt die mediese wetenskap of 'n geneesmiddel)

medisyne <kyk medikament> : medicine

medium : medium, mean ('n gemiddelde tussen twee uiterstes)

medium : medium (verwys na enige stof wat impulse kan gelei)

medium : medium (omgewing waarin organismes aangetref word of 'n chemiese reaksie plaasvind)

medium : medium (voedingsbodem waarop byvoorbeeld bakterieë gekweek word)

medius (middelste) : medius, middle, central (gebruik tov 'n struktuur wat tussen twee ander lê)

medulla <kyk medulla

oblongata> : medulla

medulla (murg) : medulla, marrow (middelste deel van 'n orgaan of weefsel, bv byniermurg)

medulla (murg) : medulla, marrow (sagte organiese materiaal wat die holtes en gangetjies in die been vul, bv beenmurg of rugmurg)

medulla oblongata (medulla, miëlenkefalon, miëlensefalon, verlengde rugmurg) : medulla oblongata, medulla, myelencephalon (koniese onderste gedeelte van die breinstam)

medulla ossium <kyk ook geelbeenmurg; rooibeenmurg> (beenmurg) : medulla ossium, bone marrow (sagte weefsel wat binne die holtes van sekere bene van die skelet gevind word en wat verantwoordelik is vir die produksie van sekere bloedselle)

medullêr : medullar, medullary (mbt murg of die medulla oblongata)

medullêre respiratoriese sentrum : medullary respiratory centre ('n sentrum in die medulla oblongata wat respiratoriese bewegings koördineer)

medullêre skede <kyk miëlienskede> : medullary sheath

meerlagig <kyk gestratifiseer> : stratified

meerlagige epiteel <kyk gestratifiseerde epiteel> : stratified epithelium

meersellig <cf eensellig> (multisellulêr, veelsellig) : multicellular (orgaan of struktuur wat uit meer as een sel bestaan)

meesterklier <kyk hipofise> : hypophysis

meetsilinder <kyk maatsilinder> : measuring cylinder

megakariosiet : megakaryocyte ('n baie groot sel in die beenmurg waaruit bloedplaatjies gevorm word)

megaloblast : megaloblast (groot, abnormale eritroblast met 'n kern wat in die beenmurg aangetref word tydens sekere anemieë)

megaloblastiese anemie : megaloblastic anaemia (enige anemie gekenmerk deur die aanwesigheid van megaloblaste in die beenmurg)

meganies : mechanical (wat deur fisiese kragte teweeggebring word)

meganiese vertering : mechanical digestion (opbreek van voedsel deur meganiese of fisiese metodes, bv mastikasie <kou>, peristalse, segmentasie- en pendulumbewegings van die dermkanaal)

meganoreseptor <kyk ook eksteroseptor; interoseptor; proprioseptor> : mechanoreceptor ('n sensoriese reseptor wat gevoelig is vir meganiese stimulasie, bv stoot-, trek- of drukstimulus)

Meibom-klier (tarsale klier) : Meibomian gland, tarsal gland (een van verskeie kliere wat op die binnerand van die ooglid voorkom en 'n olierige vloeistof <sebum> wat die egalige verspreiding van traanvog oor die oogbol vergemaklik en verhoed dat ooglede aan mekaar vassit, afskei)

meiose <kyk ook nukleêre deling; mitose> (reduksiedeling,

rypingsdeling) : meiosis, reduction division ('n vorm van seldeling wat slegs in geslagselle voorkom en waardeur die chromosoomgetal gehalveer word <2n na n>)

meioties : meiotic (gekenmerk deur meiose)

Meissner-liggaampie : Meissner's corpuscle (tasliggaampie wat veral in die huid van vingers, tone en die tongslymvlies aangetref word)

mEkw <kyk milli-ekwivalent> : mEq

melanien : melanin ('n swart of donkerbruin pigment wat natuurlik in die hare, vel, iris en in die choroïed van die oog aangetref word)

melanogeen : melanogen (kleurlose voorloper van melanien)

melanogenese : melanogenesis (sintese van melanien)

melanoïed : melanoid (lyk soos melanien; donker gekleurd)

melanosiet : melanocyte (sel wat melanien bevat of produseer)

melanosietstimulerende hormoon

(MSH) : melanocyte stimulating hormone, MSH (hormoon wat deur die anterior hipofise afgeskei word en die intensiteit van pigmentasie in gepigmenteerde selle bepaal)

melkbuis <kyk laktifereuse buis> : lactiferous duct

melkhoudend <kyk laktifereus> : lactiferous

melkklier (mamma) : mammary gland, mamma (saamgestelde klier in die borste van die vrou wat melk produseer)

melksuiker <kyk laktose> : lactose

melksuur : lactic acid (organiese suur wat as eindproduk gevorm word tydens anaërobiese respirasie en normaalweg in spierweefsel voorkom)

melktand (tydelike tand, wisseltand) : milk tooth, deciduous tooth (een van die tydelike stel tande)

membraan (vlies) : membrane (dun vlies of epiteellaag wat 'n oppervlak bedek, 'n holte uitvoer, of tussen twee strukture lê)

membraanlabirint <cf benige labirint> (vliesdoolhof) : membrane labyrinth (membraankanale wat in die benige labirint dryf en met endolimf gevul is)

membraanpotensiaal : membrane potential (die elektriesepotensiaalverskil tussen die binne- en buitekant van 'n sel)

membrana tectoria (tektoriale membraan) : membrana tectoria, tectorial membrane (dun, elastiese vlies wat spiraalgewys na bo oor die binneste helfte van die Corti-orgaan strek)

membrana tympani <kyk timpaniese membraan> : membrana tympani

membraneus : membranous (met die geaardheid van, of mbt 'n membraan)

membraneuse been : membranous bone (been wat vanaf membraneuse bindweefsel ontwikkel)

menarg : menarche (die eerste menstruele siklus)

Mendel-wet <kyk wet van Mendel> : Mendel's law

mengsel : mixture (die resultaat van die vermenging van stowwe wat nie chemies met mekaar reageer nie, maar elkeen sy eie besondere eienskappe behou, bv 'n oplossing, kolloïed of suspensie)

meningeaal : meningeal (mbt die meninges)

meninges <kyk ook aragnoïed; dura mater; pia mater> (breinvliese, harsingvliese) : meninges (die drie membrane <vliese> wat die brein en rugmurg omsluit <van buite na binne is dit die dura mater, aragnoïed en pia mater>)

meningitis (breinvliesontsteking) : meningitis (ontsteking van die meninges)

meniskus : meniscus ('n lens met beide konkawe en konvekse kante)

meniskus : meniscus (skeidingsvlak tussen 'n vloeistof en lug)

meniskus (halfmaankraakbeen, kraakbeenskyf) : meniscus, semilunar cartilage (halfmaanvormige veselkraakbeenskyf in die knieë en ander gewrigte)

menopouse : menopause (permanente beëindiging van die menstruele siklus)

menses (maandstonde, menstruasie) : menses, menstruation (periodieke afskeiding van bloed en uteriene weefsel aan die einde van 'n menstruele siklus waartydens bevrugting nie plaasgevind het nie <vanaf puberteit tot menopouse>)

menslike immuniteitsgebrekvirus <kyk HIV> : human immunodeficiency virus

menstruasie <kyk menses> : menstruation

menstrueel : menstrual (mbt menstruasie)

menstrueer : menstruate (om die maandstonde te hê)

menstruele siklus : menstrual cycle (sikliese veranderinge wat die endometrium ondergaan waartydens die boonste lae van die slymvlies uitgewerp word, weer groei, verdik en indien bevrugting nie plaasvind nie, dit weer afgewerp word tydens menstruasie)

mentaliteit : mentality (wyse waarop 'n persoon dink en voel, maw sy geestesgesteldheid)

mentolabiaal : mentolabial (mbt die ken en die lippe)

meridiaan : meridian (denkbeeldige lyn op die oppervlak <deur die pole> van 'n sferiese liggaam)

meroblast <kyk ook holoblast> : meroblast (ovum wat sowel vormings- as voedingsprotoplasma bevat)

meroblasties <kyk ook holoblasties> : meroblastic (mbt 'n ovum waar 'n groot hoeveelheid dooier voorkom en wat slegs by die een pool deling ondergaan)

merogonie : merogony (ontwikkeling van 'n organisme uit 'n deel van 'n ovum)

merokrien <kyk ook apokrien; holokrien> : merocrine (mbt kliere waarvan die sekresie onder die vry oppervlak van die sel waardeur dit vrygestel word, versamel, sodat daar geen verlies van sitoplasma is nie en die sel herhaaldelik kan funksioneer)

meropie : meropia (gedeeltelike blindheid)

merotomie : merotomy (verdeling, van veral selle, in segmente)

mesad (mediaalwaarts, mesal) : mesad, mesal, mesiad, mediad (in die rigting van die mediaal of middel)

mesal <kyk mesad> : mesal

mesenchiem (mesengiem, vrugbindweefsel) : mesenchyme (ongedifferensieerde embrioniese weefsel wat uit die mesoderm ontwikkel nadat die kiemlae gevorm is en wat oorsprong verleen aan die bloed en die verskillende soorte bindweefsel)

mesenchimaal : mesenchymal (mbt die mesenchiem)

mesengiem <kyk mesenchiem> : mesenchyme

mesenkefalon (mesensefalon, midbrein, middelharsings) : mesencephalon, midbrain (boonste gedeelte van die breinstam wat net onder die serebrum en net bo die pons geleë is)

mesensefalon <kyk mesenkefalon> : mesencephalon

mesenteries : mesenteric (mbt die mesenterium)

mesenteriese pleksus : mesenteric plexus (massa ganglia geleë net voor die vyfde lumbale werwel)

mesenterium (dermkeil) : mesenterium, mesentery (vou van die peritoneum wat die dunderm met die posterior <agterste> abdominale wand verbind)

mesoblast <kyk mesoderm> : mesoblast

mesochoroïed : mesochoroidea (sentrale laag van die choroïed)

mesoderm <kyk ook ektoderm; endoderm> (mesoblast) : mesoderm, mesoblast (middelste van die drie kiemlae van die embrio wat tussen die ekto- en endoderm lê)

mesodermaal : mesodermal (mbt die mesoderm)

mesodesma : mesodesma (breë ligament van die uterus)

mesogaster (middelderm) : mesogaster, midgut (gedeelte van die embrioniese dermkanaal wat die maag omsluit en waaruit die groot omentum ontwikkel)

mesoglia <kyk mikroglia> : mesoglia

metaal <cf niemetaal> : metal (algemene naam vir groep rekbare, pletbare delfstowwe wat gekenmerk word deur hulle glans, ondeursigtigheid en vermoë om hitte en elektrisiteit te gelei)

metaan (CH4) : methane, CH4 ('n koolwaterstof, die eenvoudigste alkaan; vlambare gas wat natuurlik in koolgas voorkom)

metabolies : metabolic (mbt metabolisme)

metaboliese baan (metaboliese pad) : metabolic pathway (die reeks ensimatiese reaksies wat een soort biologiese materiaal in 'n ander omskakel; die stapsgewyse reaksies of stadiums wat tydens metabolisme plaasvind)

metaboliese hormoon : metabolic hormone (een van die hormone wat die metabolisme of chemiese funksionering van die liggaam beheer)

metaboliese pad <kyk metaboliese baan> : metabolic pathway

metaboliese spoed <kyk ook basale metaboliese spoed> (metaboliese tempo) : metabolic rate (die tempo waarteen die liggaam energie verbruik)

metaboliese tempo <kyk metaboliese spoed> : metabolic rate

metaboliet : metabolite (enige produk van metabolisme)

metabolisme <kyk ook anabolisme; katabolisme> : metabolism (somtotaal van al die fisiese en chemiese reaksies wat in lewende organismes plaasvind)

metafase <kyk ook anafase; interfase; profase; telofase> : metaphase (tweede stadium van mitose waartydens die chromosome in een vlak by die ekwator van die spoel lê en sodoende die ekwatoriale plaat vorm)

metafise : metaphysis (gedeelte net langs die epifiseale skyf aan die punt van die skag van 'n langbeen <bestaan uit sponsbeen en bevat die groeisone tydens ontwikkeling van die been>)

metafiseaal : metaphyseal (mbt die metafise)

metakarpaal : metacarpal (mbt die metakarpi of enigeen van die bene van die middelhand)

metakarpi <ekv metakarpus> : metacarpi

metakarpus <mv metakarpi> (middelhandbeentjie) : metacarpus <pl metacarpi> (een van die beentjies wat die handpalm vorm)

metamorfose (gedaantewisseling) : metamorphosis ('n verandering in vorm of struktuur, veral die verandering van een stadium van ontwikkeling na die volgende, bv van larwe na volwassene)

metanol (houtalkohol, metielalkohol) : methanol, methyl alcohol ('n vlugtige, vlambare, kleurlose alkohol met besondere toksiese eienskappe)

metatarsaal : metatarsal (mbt die metatarsi of enigeen van die bene wat die voetboog vorm)

metatarsi <ekv metatarsus> : metatarsi

metatarsus <mv metatarsi> (middelvoetbeentjie) : metatarsus (een van die bene wat die voetboog vorm)

metatarsus : metatarsus (deel van die voet tussen die enkel en tone)

metenkefalon (metensefalon) : metencephalon (voorste deel van die rombenkefalon wat die serebellum en pons insluit)

metensefalon <kyk metenkefalon> : metencephalon

meter : meter (verwys na enige meetinstrument)

meter (m) : meter, m (die SI-eenheid van lengte)

metiel : methyl (die chemiese groep of radikaal -CH3 wat in verskeie organiese verbindings voorkom)

metielalkohol <kyk metanol> : methyl alcohol

metieloranje : methyl orange ('n indikator wat in volumetriese analise gebruik word)

metileen : methylene (die bivalente koolstofradikaal CH2)

metileenblou : methylene blue ('n blougroen kristallyne stof wat as 'n histologiese kleurmiddel of indikator in 'n laboratorium gebruik word)

metrieke stelsel <kyk ook SystŠme International d'Unit‚s> : metric system (desimale stelsel van mate en gewigte wat op die meter en sy tiendelige veelvoude en onderdele gegrond is)

metrogeen : metrogenous (afkomstig uit die uterus)

metroskoop : metroscope (instrument vir die ondersoek van die uterus)

Mg <kyk magnesium> : Mg (chemiese simbool)

mg <kyk milligram> : mg

MgCl2 <kyk magnesiumchloried> : MgCl2 (chemiese formule)

MgO <kyk magnesiumoksied> : MgO (chemiese formule)

MgSO4 <kyk magnesiumsulfaat> : MgSO4 (chemiese formule)

midbrein <kyk mesenkefalon> : midbrain

middelderm <kyk mesogaster> : midgut

middelhandbeentjie <kyk metakarpus> : metacarpus

middelharsings <kyk mesenkefalon> : midbrain

middellyn (diameter) : diameter (lyn wat deur die middelpunt van 'n sirkel loop)

middeloor : middle ear (die luggevulde ruimte tussen die trommelvlies en die binneoor <dit besit vier openinge waarvan drie met membrane bedek is, asook drie gehoorbeentjies>)

middeloorbeentjie <kyk ook ossikel> : middle ear ossicle (klein beentjie in die middeloor)

middelpunt <kyk sentrum 3e inskrywing> : centre

middelpuntsoekend <kyk sentripetaal> : centripetal

middelpuntvliedend <kyk

sentrifugaal> : centrifugal

middelrif <kyk diafragma> : midriff

middelste <kyk medius> : middle

middelvoetbeentjie <kyk metatarsus> : metatarsus

midsagittale vlak <kyk mediaan 2e inskrywing> : midsagittal plane

miël (rugmurg, spinale murg) : myel, marrow, spinal cord ('n lang, naastenby silindriese gedeelte van die sentrale senuweestelsel wat in die werwelkanaal vanaf die foramen magnum by die basis van die skedel, tot by die grens tussen die eerste en tweede lumbale werwels strek)

miëlenkefalon <kyk medulla

oblongata> : myelencephalon

miëlensefalon <kyk medulla

oblongata> : myelencephalon

miëlien <kyk ook miëlienskede> : myelin (die wit murgskede <bestaande uit lipiede en proteïenagtige stowwe> rondom sekere senuweevesels)

miëlienskede <kyk ook miëlien> (medullêre skede, murgskede) : myelin sheath, medullary sheath (vetskede wat die akson isoleer)

miëlinasie : myelination (vorming van 'n murgskede)

miëlineer : myelinate (om miëlinasie teweeg te bring)

miëloblast : myeloblast (een van die eerste voorlopers van die granulêre leukosiete <by sekere soorte leukemie is daar 'n verhoogde aantal miëloblaste in die beenmurg en perifere bloed>)

miëloblasties : myeloblastic (gekenmerk deur die aanwesigheid van miëloblaste)

miëlogeen : myelogenic, myelogenous (verwys na iets wat in die beenmurg vervaardig is)

miëlosiet : myelocyte (voorlaaste stadium in die ontwikkeling van 'n polimorfe leukosiet)

miet : mite (klein larwe of wurmpie wat aangetref word in bv meel, gedroogde vrugte ens)

migraine (skeelhoofpyn) : migraine (kwaai hoofpyn, gewoonlik aan die een kant, en dikwels gepaardgaande met mislikheid, braking en gesigsteurnisse)

migrasie : migration (skynbaar spontane beweging van een plek na 'n ander)

mikoties : mycotic (verwys na 'n toestand wat deur mikro-organismes <meer spesifiek swamme> veroorsaak word)

mikotoksien : mycotoxin (gifstof wat uit swamme verkry word)

mikroanatomie <kyk histologie> : microanatomy

mikrobe <kyk ook kiem; mikro-organisme> (mikroob) : microbe (eensellige organisme wat slegs met 'n mikroskoop sigbaar is, bv bakterieë)

mikrobiologie : microbiology (studie van mikro-organismes)

mikrodisseksie : microdissection (disseksie van weefsels onder 'n mikroskoop)

mikro-element <kyk spoorelement> : microelement

mikrofaag <cf makrofaag> : microphage ('n baie klein fagosiet, bv 'n aktiewe neutrofiel wat klein organismes soos bakterieë fagositeer)

mikrofilament : microfilament (klein, hol proteïenvesel wat in die sitoplasma van selle aangetref word)

mikroglia <kyk ook neuroglia> (mesoglia) : microglia, mesoglia (klein, migrerende, interstisiële selle wat deel van die sentrale senuweestelsel uitmaak <dit dien as fagosiete wat afvalprodukte van die senuweeweefsel van die liggaam verwyder>)

mikrogram : microgram (een miljoenste van 'n gram; massa-eenheid vir besondere klein voorwerpe)

mikrokefaal (mikrosefaal) : microcephalus (verwys na 'n persoon met 'n abnormale klein kop)

mikroliter : microliter (een miljoenste van 'n liter; volume-eenheid vir besondere klein volumes)

mikrometer (æ, æm, mikron) : micrometer, æ, æm, micron (lengtemaat vir mikroskopiese voorwerpe; een duisendste van 'n millimeter)

mikron <kyk mikrometer> : micron

mikroob <kyk mikrobe> : microbe

mikro-organisme <kyk ook kiem; mikrobe> : microorganism (organismes wat te klein is om met die blote oog waar te neem en slegs met 'n mikroskoop sigbaar is, bv bakterieë en virusse)

mikrosefaal <kyk mikrokefaal> : microcephalus

mikrosiet <kyk ook normosiet/cf makrosiet> : microcyte (rooibloedliggaampie wat kleiner as die gemiddelde eritrosiet is)

mikroskoop : microscope (instrument wat deur middel van lense voorwerpe <wat nie met die blote oog gesien kan word nie> sigbaar maak)

mikroskopie : microscopy (ondersoek mbv 'n mikroskoop)

mikroskopies : microscopic (van of mbt 'n mikroskoop)

mikroskopies <cf makroskopies> : microscopic (alleen waarneembaar met 'n mikroskoop)

mikrosoom : microsome (klein korreltjie in die protoplasma)

mikrotomie : microtomy (tegniek om uiters dun snitte te maak)

mikrotoom : microtome (apparaat waarmee baie dun snitte van weefsels gemaak kan word vir mikroskopiese ondersoek)

mikrovilli <ekv mikrovillus> : microvilli

mikrovillus <mv mikrovilli> : microvillus <pl microvilli> (klein, vingeragtige uitstulping van die selmembraan wat vashegting aan naburige selle bewerkstellig <kom ook voor op die vry oppervlak van selle van die dunderm en nierbuisies waar dit die absorpsieoppervlak vergroot>)

mikrovoedingstof <kyk spoorelement> : micronutrient

miksedeem <kyk ook hipotiroïdisme; kretinisme> : myxoedema ('n kliniese toestand wat veroorsaak word deur 'n tekort aan die hormoon tiroksien by volwassenes)

miksoïed : myxoid (wat soos slym lyk)

miktureer (urineer) : micturate, urinate (urien afskei)

mikturisie (urinering) : micturition, urination (blaaslediging)

milieu (omgewing) : milieu, environment (die somtotaal van alle faktore <fisies, chemies of fisiologies> wat rondom 'n sel of individu voorkom en 'n invloed daarop uitoefen)

milli-ekwivalent (mEkw) : milliequivalent, mEq (hoeveelheid opgeloste stof <in gram> opgelos in een milliliter van 'n normale oplossing)

milligram (mg) : milligram, mg ('n metrieke eenheid van massa, gelyk aan een duisendste van 'n gram)

milliliter (ml) : millilitre, ml ('n metrieke eenheid van volume, gelyk aan een duisendste van 'n liter <vir vloeistowwe is 1 ml = 1 cm3>)

millimeter (mm) : millimeter, mm ('n metrieke eenheid van lengte, gelyk aan een duisendste van 'n meter)

millimeter kwik (mm Hg) : millimeter mercury, mm Hg (eenheid vir druk)

millimol (mmol) : millimole, mmol (eenheid van hoeveelheid materie, gelyk aan een duisendste van 'n mol)

milliosmol : milliosmol (eenheid van die konsentrasie van 'n ioon in oplossing <uitgedruk in milligram per liter> gedeel deur die atoommassa)

millirad : millirad (een duisendste van 'n rad, wat die eenheid vir die geabsorbeerde dosis van ioniserende radiasie is)

millivolt (mV, mv) : millivolt, mV, mv (eenheid van elektromotoriese krag, gelyk aan een duisendste van 'n volt)

Millon-reagens : Millon's reagent (oplossing gemaak van kwik en salpetersuur wat gebruik word om te toets vir proteïene en stikstofbevattende verbindings <kleur baksteenrooi n verhitting indien positief>)

milt (liën) : spleen, lien (bloedvatryke, niertjievormige orgaan wat net onder die diafragma en effens links agter die maag geleë is <bevat baie bloedvate en limfoïede weefsel>)

miltsteek <kyk splenalgie> : splenalgia

mineraal <kyk ook minerale soute> : mineral ('n anorganiese stof wat natuurlik in die aardkors voorkom en in die liggaam gebruik word om talle liggaamsfunksies te reguleer <kom gewoonlik in verbindings in die liggaam voor, bv natriumchloried>)

minerale soute <kyk ook mineraal> : mineral salts ('n sout wat deur die liggaam benodig word vir die vervaardiging van proteïene, groei, herstel van verslete weefsel, vertering, oordra van senuwee-impulse, ens <gewoonlik chloriede, nitrate, sulfate en fosfate van metale soos kalium, natrium, kalsium, magnesium, aluminium en yster>)

mineralokortikoïed <kyk ook glukokortikoïed> : mineralocorticoid (hormoon wat deur die adrenaalkorteks gesekreteer word en wat natriumterughouding en kalsiumverlies bevorder)

minor <cf major 1e inskrywing> : minor (onbeduidend; gering)

minor <cf major 2e inkrywing> : minor (klein; kleiner; minder)

minor epilepsie <kyk petit mal> : minor epilepsy

minuutvolume <kyk ook kardiale omset; respiratoriese

minuutvolume> : minute volume (die volume vloeistof of lug wat per minuut 'n orgaan verlaat)

mioalbumien : myoalbumin ('n albumien wat sowat een persent van spierproteïen uitmaak)

mioblast : myoblast ('n embrioniese sel wat tot 'n spiervesel ontwikkel)

miofibril (spierfibril) : myofibril (mikroskopies klein spierveseltjie)

miogeen <kyk ook miosien> (miosinogeen) : myogen, myosinogen (albumienagtige proteïen wat sowat tien persent van spierproteïen uitmaak; voorloper van miosien)

miogeneties : myogenetic (wat in spierweefsel ontstaan)

mioglobien (miohemoglobien) : myoglobin, myohaemoglobin ('n respiratoriese pigment in spierweefsel wat suurstof bind)

miograaf : myograph (instrument wat spierkontraksie registreer)

miogram : myogram (registrasie gemaak deur 'n miograaf)

miohemoglobien <kyk mioglobien> : myohaemoglobin

miokardie <kyk sistool> : miocardia

miokardium : myocardium (verwys na die spiere van die hart)

miokinese : myokinesis (beweging van spiere)

miolemma <kyk sarkolemma> : myolemma

miolesitaal : myolecithal (verwys na 'n eier wat min dooier bevat)

miologie <kyk sarkologie> : myology

miometrium (uterusspierweefsel) : myometrium (gladdespierweefsel van die baarmoeder)

mion : myon (spiere wat 'n funksionele eenheid vorm)

mioneuraal : myoneural (mbt spier en senuwee)

mioneurale aansluiting (mioneurale oorgang) : myoneural junction (sinaps tussen senuweevesel en spiervesel)

mioneurale oorgang <kyk mioneurale aansluiting> : myoneural junction

miopie <cf hipermetropie> (bysiendheid) : myopia, nearsightedness, shortsightedness (te lang oogbal of te ronde lens veroorsaak dat ligstrale voor die retina tot 'n brandpunt gebring word, sodat 'n onduidelike beeld gevorm word)

miopies (bysiende) : myopic, nearsighted, shortsighted (aangetas deur miopie)

mioproteïen : myoprotein (proteïen aanwesig in spierweefsel)

miosien <kyk ook aktien; miogeen> : myosin (kontraktiele proteïen in spiere; globulien afkomstig uit die miogeen van 'n spier)

miosinogeen <kyk miogeen> : myosinogen

miospasma : myospasm (spierkramp)

miringoskoop : myringoscope (instrument vir die ondersoek van die trommelvlies)

misete : mycetes (verwys na swamme)

mismaking <kyk deformasie> : deformation

mitochondria <ekv mitochondrion> : mitochondria

mitochondrion <mv mitochondria> (chondriosoom) : mitochondrion, chondriosome ('n klein, staafvormige organel in die sitoplasma wat oksidasie-ensieme bevat en die setel van ATP-produksie is)

mitose <kyk ook nukleêre deling; meiose/cf amitose> : mitosis (die tipe seldeling wat in somatiese selle voorkom en veroorsaak dat twee geneties identiese dogterselle met dieselfde stelle chromosome as di‚ van die moedersel <2n> gevorm word; kariokinese en sitokinese)

mitoties : mitotic (gekenmerk deur mitose)

mitotiese spoel <kyk ook spoel> : mitotic spindle (struktuur wat tydens seldeling in die sitoplasma gevorm word)

mitraal : mitral (mbt die linker- atrioventrikulêre klep)

mitraal : mitral (met die vorm van 'n myter <biskopshoed>)

mitraalklep <kyk bikuspidale klep> : mitral valve

MIV <kyk HIV> : HIV

ml <kyk milliliter> : ml

mm <kyk millimeter> : mm

mm Hg <kyk millimeter kwik> : mm Hg

mmol <kyk millimol> : mmol

Mn <kyk mangaan> : Mn (chemiese simbool)

Mo <kyk molibdeen> : Mo (chemiese simbool)

modiolus : modiolus (sentrale beenas waarom die koglea se windinge in die binne-oor gedraai is)

mogilalie : mogilalia (moeilike spraak, bv hakkel)

mol : mol (die SI-eenheid wat gebruik word om die hoeveelheid van 'n stof te meet, en gedefinieer word as daardie hoeveelheid wat net soveel elementêre eenhede <atome, molekules, ione, of ander partikels> bevat as wat daar atome in twaalf gram koolstof-12 is)

molaar (kiestand, maaltand) : molar, molar tooth (agterste tande met sterk wortels en groot boonste oppervlak met riwwe wat help om voedsel te maal)

molaliteit <kyk ook molariteit> (m) : molality, m (die aantal mol opgeloste stof <konsentrasie> per kilogram van die suiwer oplosmiddel)

molariteit <kyk ook molaliteit; normale oplossing> (M) : molarity, M (die aantal mol opgeloste stof <konsentrasie> per liter van die oplossing)

molekule <mv molekules> (molekuul <mv molekule>) : molecule (die kleinste eenheid van 'n stof wat in 'n vry toestand kan bestaan en nog die eienskappe van die stof besit)

molekulêr : molecular (mbt 'n molekule)

molekulêre beweging <kyk Brown-beweging> : molecular movement

molekulêre konsentrasie : molecular concentration (die aantal mol van 'n stof aanwesig in 'n oplossing)

molekulêre massa <kyk ook molêre massa> : molecular mass (som van die atoommassas van al die atome wat die molekule uitmaak)

molekules <ekv molekule> : molecules

molekuul <kyk molekule> : molecule

molêr : molar (mbt die massa van een mol van 'n stof, uitgedruk in gram)

molêre massa <kyk ook molekulêre massa> : molar mass (massa van een mol van 'n suiwer stof <voorheen bekend as die molekulêre gewig>)

molibdeen (Mo) : molybdenum, Mo (silwergrys metaal wat in verbinding met swawel voorkom)

monatomies : monatomic (bevat slegs een atoom)

monatomies <kyk ook monovalent> : monatomic (met een verplaasbare atoom of radikaal)

mond <kyk ook mondholte> : mouth (eerste deel van die spysverteringskanaal)

mond : mouth (opening tot 'n orgaan of ruimte, bv baarmoeder of maag)

mondholte <kyk ook mond 1e inskrywing> : buccal cavity (hol ruimte tussen die dak van die mond en die onderkaak <waarin die tong beweeg>)

mongolisme <kyk Down-sindroom> : mongolism

mongoolagtig : mongolian (mbt die eienskappe van 'n mongool, nl kenmerkende breë, plat skedel, breë hande, kort vingers en skuins oë)

moniteer <kyk kontroleer> : monitor

monitor <kyk kontroleer> : monitor

monoamien : monoamine ('n amien met slegs een amiengroep)

monobasies : monobasic (mbt 'n monobasiese suur)

monobasiese suur : monobasic acid ('n suur met slegs een verplaasbare waterstofatoom, bv soutsuur of salpetersuur)

monoblast : monoblast ('n groot, onvolwasse monosiet)

monochromaties : monochromatic (mbt een kleur)

monochromaties : monochromatic (kan slegs met een kleurstof kleur)

monochromaties : monochromatic (persoon wat geheel en al kleurblind is)

monofilities : monophyletic (ontwikkel uit of afkomstig van 'n enkele seltipe)

monokarboksielsuur : monocarboxylic acid (suur wat slegs een karboksielgroep <-COOH> besit, bv pirodruiwesuur)

monoksied : monoxide (oksied wat slegs een suurstofatoom bevat)

monokulêr : monocular (mbt 'n mikroskoop met slegs een oogstuk)

monokulêr : monocular (mbt die gebruik van slegs een oog)

monomeer : monomer (enkele deel of eenheid)

monomeer <cf polimeer> : monomer (eenderse eenhede wat herhaaldelik in 'n reusemolekule aangetref word, bv 'n proteïen is 'n polimeer met aminosure as monomere)

mononukleêr (eenkernig) : mononuclear (met slegs een kern)

monopolêr <kyk ook bipolêr; multipolêr> (unipolêr) : monopolar, unipolar (met net een pool, uitsteeksel of terminaal)

monopolêre neuron <kyk ook bipolêre neuron; multipolêre neuron> (unipolêre neuron) : monopolar neuron, unipolar neuron (neuron met een enkele uitsteeksel wat onmiddellik verdeel in 'n akson en dendriet)

monosakkaried <kyk ook disakkaried; polisakarried, sakkaried>

(enkelsuiker) : monosaccharide, simple sugar (eenvoudige suiker <koolhidraat> met die algemene formule CnH2nOn wat nie verder gehidroliseer kan word nie, bv glukose of fruktose)

monosiet <kyk ook agranulosiet; granulosiet; leukosiet> : monocyte (grootste tipe witbloedsel met 'n ovale of ingeduikte kern <vorm ongeveer vyf persent van die leukosiete van die mens>)

monosinapties : monosynaptic (mbt 'n senuweebaan wat slegs een sinaps besit)

monovalent <kyk ook monatomies> (univalent) : monovalent, univalent (met 'n valensie van een; met 'n enkel waarde)

mons : mons (algemene term vir 'n verhewendheid)

mons pubis (skaamheuwel) : mons pubis (ronde verhewendheid in die vroulike geslag oor die pubiese simfise)

monster : monster (verwys na 'n individu wat agv abnormale ontwikkeling van die normale verskil)

monster : sample (verwys na 'n verteenwoordigende deel wat tipies van die geheel is)

monteer : mount (voorbereiding van preparate in 'n geskikte medium, bv histologiese snitte op mikroskoopplaatjies in Kanada-balsem)

morbiditeit : morbidity (sieklikheid of neerslagtigheid)

morbied : morbid (mbt morbiditeit)

morfien : morphine (verdowingsmiddel wat uit opium berei word)

morfogenese : morphogenesis (ontwikkeling en differensiasie van die vorm en struktuur van 'n organisme)

morfologie : morphology (studie van die struktuur, veral die fisiese vorm, grootte en onderlinge verhouding van liggaamstrukture)

morfologies : morphological (mbt morfologie)

mortaliteit <cf nataliteit> : mortality (sterftesyfer)

mortaliteit <cf nataliteit> : mortality (tempo waarteen individue van 'n bevolking in natuurlike toestande of weens ander oorsake sterf)

morula <kyk ook blastula> : morula ('n soliede, sferiese selmassa <lyk soos 'n moerbei> wat ontstaan het agv herhaaldelike seldeling van 'n ovum in die vroeë stadium van embrioniese ontwikkeling)

motiel : motile (besit die vermoë om te kan beweeg)

motiliteit (beweeglikheid) : motility (mbt motiel)

motories <kyk ook sensomotories; sensories> : motor ('n spier, senuwee of ander struktuur wat beweging veroorsaak of beïnvloed)

motories <kyk ook sensomotories; sensories> : motor (mbt beweging)

motoriese area <kyk ook sensorium> : motor area (area in die breinkorteks wat verantwoordelik is vir die regulering van willekeurige bewegings)

motoriese eenheid : motor unit ('n motoriese neuron en die spiervesels wat dit voorsien)

motoriese eindplaat (senuwee-eindplaat) : motor end-plate, nerve end-plate (die gespesialiseerde eindpunt van 'n motoriese senuwee waar dit aan 'n skeletspiervesel geheg is)

motoriese neuron <kyk efferente neuron> : motor neuron

motorneuron <kyk efferente neuron> : motor neuron

moutsuiker <kyk maltose> : malt sugar

mRNA <kyk boodskapper-RNA> : mRNA

MSH <kyk melanosietstimulerende hormoon> : MSH

mukoïed : mucoid ('n gekonjugeerde proteïen wat in weefsels soos ligamente en kraakbeen voorkom)

mukoïed (slymagtig) : mucoid (lyk soos slym)

mukolities : mucolytic (wat slym oplos of vernietig)

mukopolisakkaried : mucopolysaccharide ('n groep polisakkariede wat heksosamien bevat wat met proteïene kan verbind <in water versprei, vorm dit baie van die musiene>)

mukoproteïen : mucoprotein ('n verbinding wat in alle bind- en ondersteunende weefsel teenwoordig is, wat mukopolisakkariede as 'n prostetiese groep bevat en redelik weerstand kan bied teen denaturasie)

mukosa (mukusmembraan, slymvlies) : mucosa, mucous membrane (dun, klam epiteelweefsel wat liggaamsholtes of -kanale wat na buite open, uitvoer, bv mondholte, spysverteringskanaal, respiratoriese kanale en urogenitale buise)

mukus (slym) : mucus, phlegm ('n dik, taai sekreet wat musien bevat en deur die selle van die mukosa afgeskei word)

mukusmembraan <kyk mukosa> : mucous membrane

multipaar (pluripaar) : multipara, pluripara (vrou wat reeds geboorte aan een of meer kinders gegee het)

multipolêr <kyk ook bipolêr; monopolêr> : multipolar (met meer as een pool)

multipolêre neuron <kyk ook bipolêre neuron; monopolêre neuron> : multipolar neuron (neuron waarvan die senuweesel 'n hele aantal dendriete en 'n enkele akson besit)

multisellulêr <kyk meersellig> : multicellular

multivalent : multivalent (verwys na 'n element wat meer as een valens besit, bv koper het die valens van een of twee en yster di‚ van een, twee of drie)

murg <kyk medulla> : marrow

murgholte : medullary cavity (holte in die skag van langbene wat met beenmurg gevul is)

murgholtevlies <kyk endosteum> : endosteum

murgskede <kyk miëlienskede> : myelin sheath

muscularis : muscularis (verwys na die spierweefsel wat die wande van 'n hol orgaan <bv die maag> of 'n buisstruktuur <bv die dermkanaal of ureter> uitvoer)

muscularis mucosae : muscularis mucosae ('n dun lagie gladdespierweefsel wat tussen die slymvlies en die submukosa geleë is)

musculus (spier) : musculus, muscle (weefsel bestaande uit vesels wat die eienskappe van prikkelbaarheid en sametrekbaarheid besit <word volgens hul mikroskopiese voorkoms in hartspiere, gladdespiere <onwillekeurige spiere> en dwarsgestreepte spiere <willekeurige spiere> ingedeel>)

musien : mucin ('n mukopolisakkaried of glikoproteïen wat die hoofbestanddeel van mukus uitmaak)

musigeen : mucigen (voorloper van slym in 'n sel wat slym afskei)

muskulatuur (spierstelsel) : musculature (rangskikking van spiere in die liggaam)

muskulêr : muscular (mbt spiere)

mutant : mutant (individu wat agv mutasie ontstaan <wat eienskappe het wat van di‚ van die ouer verskil>, maar wat opreg kan aanteel)

mutase : mutase ('n ensiem wat oksidasie-reduksie-reaksies versnel)

mutasie <kyk ook geenmutasie> : mutation ('n ongewone verandering in die genetiese samestelling wat spontaan of deur induksie plaasvind; skielike en stabiele verandering van 'n geen wat 'n oorerflike variasie kan veroorsaak)

mutualisme <kyk ook kommensalisme; parasitisme; simbiose> : mutualism (assosiasie van twee spesies wat tot voordeel van beide strek)

mV <kyk millivolt> : mV

mv <kyk millivolt> : mv

myt : mite (baie klein, meestal parasitiese diertjie, bv brandsiektemyt)

 

N

 

n : n (skryfwyse vir die haploïede getal chromosome in 'n sel of organisme)

2n : 2n (skryfwyse vir die diploïede getal chromosome in 'n sel of organisme)

4n : 4n (skryfwyse vir die

tetraploïede getal chromosome in 'n sel of organisme)

N <kyk stikstof> : N (chemiese simbool)

N <kyk normaliteit> : N

N <kyk Newton> : N

Na <kyk natrium> : Na (chemiese simbool)

naamloos <kyk innominaat> : innominate

naat <kyk sutura> : suture

naat <kyk ook kommisuur> : raphe (die aansluitingslyn <fusielyn> waar twee simmetriese dele bymekaarkom)

nabypunt <cf vertepunt> : near point (die naaste punt vanwaar 'n voorwerp nog duidelik gesien kan word met maksimale akkommodasie)

NaCl <kyk natriumchloried> : NaCl (chemiese formule)

NAD <kyk nikotienamied-adeniendinukleotied> : NAD

nael : nail (horingagtige, dorsale plaat op die voorste lit van 'n mens se vingers en tone)

naelbed : nailbed (gedeelte van die huid waarop die nael neergelê is)

naelstring <kyk ook umbilikus> (nawelstring) : umbilical chord (vlesige koord wat die plasenta aan die fetus verbind en as voedingskanaal dien)

naeltjie <kyk umbilikus> : navel

nagblindheid <kyk niktalopie> : night blindness

nageboorte : afterbirth (algemene term vir die plasenta, naelstring en membrane wat na die geboorte van die baba uitkom)

nageboortelik <kyk postnataal> : postnatal

nagvisie <kyk skotopie> : night vision

NaHCO3 <kyk natriumbikarbonaat> : NaHCO3 (chemiese formule)

NaNO3 <kyk natriumnitraat> : NaNO3 (chemiese formule)

nanometer (nm) : nanometer, nm (eenheid van lengte wat gelyk is aan een biljoenste <10-9> van 'n millimeter)

NaOH <kyk natriumhidroksied> : NaOH (chemiese formule)

naontlading : afterdischarge (die gedeelte van die respons op stimulasie wat in 'n sensoriese senuwee bly voortbestaan nadat stimulasie opgehou het)

napotensieaal : afterpotential (klein veranderinge in die elektriese potensiaal wat op die piekpotensiaal volg <kan 'n positiewe of negatiewe waarde hê>)

nares <ekv naris> : nares

naris <mv nares> (neusgat) : naris, nostril (een van 'n paar openinge by die anterior of posterior gedeeltes van die neusopeninge)

narkose <kyk anestesie> : narcosis

narkosemiddel <kyk anestetikum> : narcotic

nasaal : nasal (mbt die neus)

nasale holte (neusholte) : nasal cavity (ruimte in die neus wat met slymvlies uitgevoer is <tussen die anterior nares en die nasofarinks>)

nasale konga (neusskulp, turbinaat) : nasal concha, turbinate (gekromde beentjies wat in die ruimtes van die neusholtes instrek om die neusgange te vorm)

nasale meatus : nasal meatus (een van die gange van die neusholte)

nasale septum (neusseptum) : nasal septum (benige tussenskot wat die neusgang in twee min of meer ewe groot holtes verdeel)

nasiform : nasiform (met die vorm van 'n neus)

nasofaringeaal (rinofaringeaal) : nasopharyngeal, rhinopharingeal (mbt die neus en die farinks)

nasofarinks <kyk ook laringofarinks; orofarinks> (epifarinks, neuskeelholte, rinofarinks) : nasopharynx, epipharynx, rhinopharynx (een van die drie streke van die keel wat bokant die sagte verhemelte geleë is)

nasolabiaal : nasolabial (mbt die neus en die lippe)

nasolakrimaal : nasolacrimal (mbt die neus en die traanapparaat)

nasolakrimale buis : nasolacrimal duct ('n buis wat vanaf die traanklier na die neusholte loop)

nasopalatien : nasopalatine (mbt die neus en die verhemelte)

nasoseptaal : nasoseptal (mbt die neusseptum)

nataal (geboorte-) : natal (mbt tot geboorte)

nataliteit <cf mortaliteit> (aanwasvermoë, geboortesyfer) : natality (tempo waarteen nuwe individue gebore word)

natrium (Na) : sodium, Na (ligte, sagte, silwerwit metaal behorende tot die alkalimetale)

natriumbikarbonaat (NaHCO3, koeksoda) : sodium bicarbonate, NaHCO3, bicarbonate of soda ('n wit, kristallyne poeier wat as algemene alkali gebruik word)

natriumchloried (NaCl, sout,

tafelsout) : sodium chloride, NaCl, salt, table salt (mees algemene sout wat in die see voorkom en wat algemeen huishoudelik gebruik kan word)

natriumhidroksied (NaOH, bytsoda, seepsoda) : sodium hydroxide, NaOH, caustic soda (wit, watertrekkende kristalle wat sterk alkalies is en as bytmiddel gebruik word)

natrium-kalium-pomp : sodium-potassium pump (die aktiewe transportstelsel waardeur natriumione uit die sel en kaliumione in die sel in beweeg <teen 'n konsentrasiegradiënt>)

natriumkarbonaat (wassoda) : sodium carbonate, washing soda ('n wit, oplosbare poeier wat 'n waterige, alkaliese oplossing vorm <word gebruik in die vervaardiging van glas>)

natronkalk : soda lime (mengsel van kalium- of natriumhidroksied en kalsiumhidroksied wat gebruik word om koolstofdioksied te absorbeer)

natriumnitraat (NaNO3) : sodium nitrate, NaNO3 ('n wit, oplosbare, watertrekkende vastestof wat verkry word deur natriumhidroksied met salpetersuur te neutraliseer)

natuurkundig <kyk fisies adj. 3e inskrywing> : physical

natuurlike immuniteit (ingebore immuniteit) : natural immunity, innate immunity (niespesifieke immuniteitsmeganisme wat afhanklik is van die genetiese samestelling van die organisme en hom van nature onvatbaar maak vir vreemde, toksiese stowwe)

natuurlike refleks <cf gekondisioneerde refleks> (aangebore refleks) : involuntary reflex, inborn reflex (onwillekeurige reaksie op 'n <skadelike> prikkel, bv knip van die oog, hoes of nies)

navikulêr <kyk skafoïed> : navicular

navikulêre been <kyk skafoïedbeen> : navicular bone

nawel <kyk umbilikus> : navel

nawelstring <kyk naelstring> : umbilical cord

Ne <kyk neon> : Ne (chemiese simbool)

neartrose (pseudoartrose, valsgewrig) : nearthrosis, pseudoarthrosis, false joint (gewrig wat in 'n abnormale posisie voorkom, bv tussen die gedeeltes van 'n gebreekte been)

neerslag <kyk sediment> : precipitation

neet : nit (eier van 'n luis wat in die hare van mense kan voorkom waar dit moeilik verwyder word)

nefridium : nephridium (embrioniese uitskeidingsbuise waaruit die niere ontwikkel)

nefries : nephric (mbt 'n nier)

nefron <kyk ook Bowman-kapsel; Malpighi-liggaampie 2e inskrywing> : nephron ('n strukturele en funksionele eenheid van die nier wat bestaan uit 'n nierbuisie met sy glomerulus)

nefros (nier) : nephros, kidney (een van die twee boontjievormige organe wat in die boonste, agterste gedeelte van die buikholte geleë is en betrokke is by die regulering van die water- en elektrolietbalans van die liggaam)

negatief <cf positief 1e inskrywing> : negative (met 'n waarde van minder as nul)

negatief <cf positief 2e inskrywing> : negative (tov toetse dui dit aan dat 'n stof of reaksie nie teenwoordig is nie)

negatief <cf positief 3e inskrywing> : negative (tov 'n stof dui dit aan dat die stof 'n negatiewe chemiese lading dra)

negatief <cf positief 4e inskrywing> : negative (ontkennend)

negatiewe druk <cf positiewe druk> : negative pressure ('n druk wat laer as atmosferiese druk is, maw kleiner <laer> as 760 mm Hg)

negatiewe ioon <kyk anioon> : negative ion

negatiewe terugvoer <kyk ook terugvoerbeheer/cf positiewe terugvoer> : negative feedback ('n meganisme waardeur

die toename in lewering <opbrengs> die aktiwiteit van die stelsel inhibeer of onderdruk om sodoende homeostase te handhaaf <veroorsaak dus 'n verandering in die teenoorgestelde rigting as die oorspronklike aksie>)

nek <kyk serviks 2e en 3e

inskrywing> : neck

nekrose (afsterwing) : necrosis, die-off (dood van weefsel, gewoonlik as individuele selle of groepe selle, in klein gelokaliseerde areas)

nekroties : necrotic (mbt nekrose)

nekslagaar <kyk karotisarterie> : carotid

nekwerwel <kyk servikale werwel> : neck vertebra

nematood <kyk ook Cestoda; lintwurm; wurm> (rondewurm) : nematode, roundworm ('n wurm wat oa parasities in die dermkanaal van die mens lewe)

neogenese : neogenesis (vorming van nuwe weefsel)

neogenese : neogenesis (weefselregenerasie)

neon <kyk ook atmosfeer 1e inskrywing> (Ne) : neon, Ne (een van die edelgasse)

neonaat (pasgeborene) : neonate, newborn (verwys na 'n pasgebore baba <spesifiek van geboorte tot die 28e dag>)

neonataal : neonatal (mbt die eerste vier weke na geboorte)

neoplasma <kyk ook tumor> (gewas) : neoplasm (enige abnormale weefselgroei)

nervi <ekv nervus> : nervi

nervus <mv nervi/kyk ook neuron> (senuwee) : nervus, nerve (een of meer bondels senuweevesels wat deur bindweefsel en bloedvate aan mekaar verbind word en waardeur motoriese of sensoriese impulse tussen die brein, rugmurg en ander liggaamsdele vervoer word)

nervus abducens (abdusens) : nervus abducens, abducent nerve (sesde kraniale senuwee <motoriese senuwee wat die laterale rektusspier van die oog voorsien>)

nervus accessorius (aksessoriese senuwee) : nervus accessorius, accessory nerve (elfde kraniale senuwee <noodsaaklik vir spraak, slukbewegings en sekere bewegings van die kop en skouers>)

nervus acusticus (akoestiese senuwee, gehoorsenuwee, nervus auditorius, nervus vestibulocochlearis, vestibulêre senuwee) : nervus acusticus, acoustic nerve, auditory nerve, nervus auditorius, nervus vestibulocochlearis, vestibulary nerve (agtste kraniale senuwee <bestaan uit twee gedeeltes, nl die kogleêre gedeelte betrokke by gehoor en die vestibulêre gedeelte wat betrokke is by balans>)

nervus auditorius <kyk nervus acusticus> : nervus auditorius

nervus facialis (fasiale senuwee) : nervus facialis, facial nerve (sewende kraniale senuwee <noodsaaklik vir die spiere van gesigsuitdrukking>)

nervus glossopharyngeus (glossofaringeale senuwee) : nervus glossopharyngeus, glossopharyngeal nerve (negende kraniale senuwee wat motoriese vesels na die tong en parotisklier voorsien en sensoriese vesels na die agterste derde van die tong <noodsaaklik vir smaak, vir sensasie in sommige organe en vir sekresie deur sommige kliere>)

nervus hypoglossus (hipoglossus, hipoglossussenuwee) : nervus hypoglossus, hypoglossus, hypoglossal nerve (twaalfde kraniale senuwee wat die spiere van die tong voorsien <noodsaaklik vir slukbeweging en beweging van die tong>)

nervus intercostalis (interkostale senuwee) : nervus intercostalis, intercostal nerve (senuwees wat die spiere tussen die ribbebene voorsien <daar is elf aan elke kant - die boonste ses loop na vore en voorsien die interkostale spiere en die vel van die toraks, terwyl die onderste vyf die spiere en vel van die buikwand voorsien>)

nervus oculomotorius (okulomotoriese senuwee) : nervus oculomotorius, oculomotor nerve (derde kraniale senuwee wat spiere in en om die oog voorsien <noodsaaklik vir oogbeweging>)

nervus olfactorius (olfaktoriese senuwee, reuksenuwee) : nervus olfactorius, olfactory nerve (eerste kraniale senuwee <noodsaaklik vir reuk>)

nervus opticus (gesigsenuwee, oogsenuwee, optiese senuwee) : nervus opticus, optic nerve (tweede kraniale senuwee <noodsaaklik vir die gesigsintuig>)

nervus saphena (beenvlaksenu, safenasenuwee) : nervus saphena, saphenous nerve (die grootste en langste tak van die femorale senuwee wat die vel aan die mediane kant van die been voorsien)

nervus trigeminus (trigeminale senuwee, trigeminus) : nervus trigeminus, trigeminal nerve, trigeminus (vyfde kraniale senuwee <een van die grootste pare kraniale senuwees wat gebruik word vir koubeweging, asook sensoriese voorsiening van die gesig>)

nervus trochlearis (trogleêre

senuwee) : nervus trochlearis, trochlear nerve (vierde kraniale senuwee <een van die kleinste pare kraniale senuwees wat noodsaaklik is vir oogbeweging en ooggevoeligheid>)

nervus vagus (vagussenuwee) : nervus vagus, vagus nerve (tiende kraniale senuwee <een van die twee langste pare kraniale senuwees wat noodsaaklik is vir spraak, slukbeweging, gevoeligheid en funksies van 'n groot verskeidenheid dele van die liggaam>)

nervus vestibulocochlearis <kyk nervus acusticus> : nervus vestibulocochlearis

netvlies <kyk retina> : retina

neuraal : neural (mbt 'n senuwee of die senuweestelsel)

neurale boog : neural arch (benige boog van 'n werwel wat dmv twee kort steeltjies aan die werwelliggaam vas is en die rugmurg omsluit en beskerm)

neurale buis <kyk neurale kanaal> : neural tube

neurale kanaal (neurale buis) : neural canal, neural tube (hol weefselbuis wat gevorm word deur die aansluiting van die twee neurale voue in die embrio en waaruit die brein en rugmurg ontwikkel)

neurilemma <kyk Schwann-skede> : neurilemma

neurities : neuritic (geassosieer met die senuweestelsel)

neuroanatomie : neuroanatomy (anatomie van die senuweestelsel)

neuroblast (onvolwasse senusel) : neuroblast (enige embrioniese sel wat in 'n senuweesel of senuwee ontwikkel)

neurofibril : neurofibril (een van die dun veseltjies wat in enige rigting binne-in die selliggaam van 'n neuron en parallel in aksone en dendriete verloop <dit is vermoedelik kanale vir die geleiding van impulse>)

neurofisiologie : neurophysiology (fisiologie van die senuweestelsel)

neurogeen : neurogenous (afkomstig van of veroorsaak deur die senuweestelsel)

neurogenese : neurogenesis (groei en ontwikkeling van die weefsel van die senuweestelsel)

neuroglia (glia, senuweebindweefsel) : neuroglia, glia (bindweefsel <stutweefsel> van die senuweestelsel wat tussen die neurone aangetref word <drie tipes word aangetref, nl astrosiete, oligodendroglia en mikroglia>)

neurohipofise <cf adenohipofise> : neurohypophysis (posterior lob <agterlob> van die hipofise)

neurolemma <kyk Schwann-skede> : neurolemma

neurologie : neurology (gedeelte van anatomie en fisiologie wat betrekking het op die senuweestelsel)

neurologies : neurologic (mbt die senuweestelsel)

neuromuskulêr : neuromuscular (mbt 'n senuwee en spier)

neuromuskulêre aansluiting (neuromuskulêre oorgang) : neuromuscular junction (die sinaps tussen 'n motoriese neuron en 'n skeletspiervesel)

neuromuskulêre eindorgaan : neuromuscular end organ (sensoriese senuwee-ente in die spierweefsel)

neuromuskulêre oorgang <kyk neuromuskulêre aansluiting> : neuromuscular junction

neuromuskulêre spoel : neuromuscular spindle (enigeen van 'n aantal klein spierveselbundeltjies wat deur 'n kapsel omsluit word, waarin die sensoriese senuweevesels eindig)

neuron <kyk ook nervus>

(senuweesel) : neuron, nerve cell (gespesialiseerde eenhede van die senuweestelsel wat bestaan uit 'n sentrale selliggaam en sy uitlopers)

neuronaal : neuronal (mbt 'n neuron)

neuroplasma : neuroplasm (die sitoplasma van 'n senuweesel)

neurovaskulêr : neurovascular (mbt senuwees en bloedvate)

neusgat <kyk naris> : nostril

neusholte <kyk nasale holte> : nasal cavity

neuskeelholte <kyk nasofarinks> : nasopharynx

neusskulp <kyk nasale konga> : turbinate

neusseptum <kyk nasale septum> : nasal septum

neutraal : neutral (die toestand presies in die middel van twee opponerende waardes, eenhede of eienskappe; bv in chemie, dit wat nóg suur nóg basies is <pH 7> en in elektrisiteit, dit wat nóg positief nóg negatief is)

neutraal : neutral (onaktief)

neutrale oplossing : neutral solution (oplossing waarin daar ewe veel OH- as H+ ione is)

neutrale vet <kyk trigliseried> : neutral fat

neutralisasie : neutralisation (die reaksie tussen 'n suur en 'n alkali wat 'n produk daarstel wat nóg suur nóg alkalies is <gewoonlik word 'n sout en water gevorm>)

neutraliseer : neutralise (om neutraal te maak)

neutraliseer : neutralise (om 'n aksie te balanseer)

neutrofiel <kyk ook granulosiet> : neutrophil (witbloedliggaampie met 'n duidelik gelobde kern en sitoplasmiese granules wat maklik gekleur word deur neutrale kleurstowwe en hoofsaaklik 'n verdedigingsfunksie het)

neutrofilie <cf neutropenie> : neutrophilia (abnormale vermeerdering van neutrofiele in die bloed)

neutron <kyk ook elektron; proton> : neutron (deeltjie in die kern van die atoom wat nie elektries gelaai is nie)

neutropenie <cf neutrofilie> : neutropenia ('n abnormale vermindering van neutrofiele in die bloed)

Newton (N) : Newton, N (die SI-eenheid van krag; die krag wat nodig is om aan 'n liggaam met 'n massa van een kilogram 'n versnelling van een meter per sekond per sekond te gee)

NH3 <kyk ammoniak> : NH3 (chemiese formule)

-NH4 <kyk ammonium> : -NH4 (chemiese formule)

Ni <kyk nikkel> : Ni (chemiese simbool)

niasien (nikotiensuur) : niacin, nicotinic acid ('n wit, kristallyne, wateroplosbare vitamien van die B-kompleks wat gewoonlik in plant- en dierselle as nikotienamied voorkom, waar dit as koënsiem funksioneer in die oksidasie-reduksie-meganisme van 'n sel)

niasienamied (nikotienamied) : niacinamide, nicotinamide (amied van nikotiensuur wat natuurlik in die liggaam voorkom en belangrik is by die behandeling van pellagra)

nie-elektroliet : nonelectrolyte ('n stof wat nie in ione dissosieer wanneer dit in oplossing gaan nie en dus nie elektrisiteit kan gelei nie)

niegeleier <cf geleier> : nonconductor ('n stof wat nie een of ander vorm van energie gelei nie, bv hout gelei nie hitte of elektrisiteit nie)

niemetaal <cf metaal> : nonmetal (enige stof anders as metaal, bv glas of hout)

nier <kyk nefros> : kidney

nierbekken <kyk ook kaliks> (renale pelvis) : renal pelvis (die verwyde gedeelte aan die bokant van die ureter waarin die nierkelke open)

nierdrempel <kyk ook drempel 1e inskrywing> : renal threshold (die konsentrasie van 'n stof in die plasma waarby die nier dit uitskei)

nierkelk <kyk kaliks> : calyx

nierpapil : renal papilla (verdikte punt van een van die nierpiramides in die nierbekken waarop die nierbuisie uitmond)

nierpiramide : renal pyramid (die koniese strukture wat die medulla van die nier vorm <dit bevat die Henle-lusse, versamelbuise en die vasa recta>)

nieverpligte anaëroob <kyk fakultatiewe anaëroob> : facultative anaerobe

nikkel (Ni) : nickel, Ni (silwerwit, smeebare metaal)

nikotien : nicotine (giftige alkaloïed wat in tabak voorkom)

nikotienamied <kyk

niasienamied> : nicotinamide

nikotienamied-adeniendinukleotied (NAD) : nicotinamide-adenine dinucleotide, NAD ('n koënsiem wat algemeen in die natuur aangetref word en betrokke is by verskeie ensimatiese reaksies)

nikotiensuur <kyk niasien> : nicotinic acid

niktalopie <kyk ook skotopie/cf himeralopie> (nagblindheid) : nyctalopia, night blindness (ooggebrek waar nie in dowwe lig of in die nag duidelik gesien kan word nie)

nimfomanie : nymphomania (oordrewe seksdrang by 'n vrou)

Nissl-liggaampie : Nissl's body (enigeen van die groot granulêre strukture in die sitoplasma van senuweeselle wat met basiese kleurstowwe kleur en RNA bevat)

nitraat : nitrate (enige sout van salpetersuur)

nitrering : nitration (invoeging van 'n nitrogroep <NO2> in 'n organiese molekule)

nitried : nitride (verbinding van metaal aan stikstof)

nitriet : nitrite (enige sout van salpetersuur)

nitrifikasie : nitrification (bakteriese oksidasie van ammoniak tot nitriete en dan tot nitrate in die grond)

nm <kyk nanometer> : nm

nodaal : nodal (mbt 'n knoop)

nodale ritme <kyk atrioventrikulêre ritme> : nodal rythm

nodule <verkleiningsvorm van nodus> : nodule

nodulêr : nodular (bestaande uit of gekenmerk deur die teenwoordigheid van knope)

nodus <verkleiningsvorm nodule> (knoop) : nodus, node ('n klein weefselmassa in die vorm van 'n swelsel of uitbulting <natuurlik of patologies>)

nodus <verkleiningsvorm nodule> (knoop) : nodus, node (insnoering of vernouing)

nokturie : nocturia (oormatige urinering in die nag)

nomenklatuur : nomenclature (stelselmatige naamgewing)

nomogram : nomogram ('n grafiese voorstelling van numeriese verwantskappe deur enige van vele metodes)

non compos mentis <cf compos mentis> : non compos mentis (verwys na 'n persoon wat nie by sy volle verstand is nie)

nonoos : nonose ('n koolhidraat wat nege koolstofatome in die molekule bevat)

noodhulp : first aid (noodbehandeling van beserings)

noodlottig <kyk fataal> : lethal

noradrenalien <kyk ook adrenalien> (norepinefrien) : noradrenaline, norepinephrine ('n hormoon wat deur die byniere uitgeskei word en verantwoordelik is vir verhoogde bloeddruk deur vasokonstriksie, sonder dat dit die kardiale omset beïnvloed; 'n hormoon wat deur die aksoneindpunte van sekere <adrenergiese> senuvesels vrygestel word en dien as 'n senuwee-oordragstof)

norepinefrien <kyk noradrenalien> : norepinephrine

normaal <cf abnormaal> : normal (beskryf 'n standaard, gemiddeld of tipiese voorbeeld van 'n stel waardes of eenhede)

normaal <cf abnormaal> : normal (volgens die reël)

normale oplossing <kyk ook molariteit; normaliteit> : normal solution ('n oplossing wat die gramekwivalent van die opgeloste stof in een liter oplossing bevat <tans word die term molariteit meer algemeen gebruik>)

normaliteit <kyk ook normale oplossing> (N) : normality, N (die aantal gramekwivalente massas van 'n opgeloste stof per liter van die oplossing)

normoblast : normoblast ('n sel wat nog 'n selkern besit en 'n voorloper van 'n normale volwasse eritrosiet is)

normoblasties : normoblastic (mbt of met die eienskappe van normoblaste)

normoblastose : normoblastosis (oormatige produksie van normoblaste deur die beenmurg, sodat dit in die perifere bloed verskyn)

normosiet <kyk ook makrosiet; mikrosiet> : normocyte (eritrosiet van normale kleur, vorm en grootte)

nosiseptor (pynreseptor) : nociceptor, pain receptor (reseptor wat deur pyn of besering gestimuleer word)

nosogenie : nosogeny (wat siekte laat onstaan)

notokoord <kyk chorda dorsalis> : notochord

nuga : nucha (agterkant van die nek)

nugterderm <kyk jejunum> : jejunum

nuklease : nuclease ('n ensiem of groep ensieme wat nukleïensure afbreek)

nukleêr : nuclear (mbt 'n kern)

nukleêre deling <kyk ook meiose; mitose> (kerndeling) : nuclear division (enige verdeling van die selkern om nuwe selle voort te bring)

nukleïensuur <kyk ook deoksiribonukleïensuur; ribonukleïensuur> : nucleic acid ('n reusagtige organiese molekule <polimeer> wat uit 'n groot aantal nukleotiede <monomere> opgebou is)

nukleolus (kernliggaampie) : nucleolus (enigeen van die klein, digte strukture wat hoofsaaklik uit ribonukleïensuur bestaan en in die kern voorkom)

nukleon : nucleon ('n deeltjie van die atoomkern <'n proton of neutron>)

nukleoplasma (karioplasma,

kernplasma) : nucleoplasm, karyoplasm, nuclear plasm (die semivloeibare deel van die kern waarin die nukleolus, chromosome ens voorkom; protoplasma van die selkern)

nukleoproteïen : nucleoprotein ('n gekonjugeerde proteïen wat in die selkern voorkom en uit proteïen plus nukleïensuur bestaan)

nukleosidase : nucleosidase (ensiem wat splitsing van nukleosiede kataliseer)

nukleosied <kyk ook

nukleotied> : nucleoside (oorblywende deel van 'n nukleotied nadat die fosforsuur verwyder is)

nukleosied : nucleoside (verbinding van 'n pentose <5C-suiker> en 'n purien- of pirimidienbasis)

nukleotidase : nucleotidase (ensiem wat nukleotiede in nukleosiede en fosforsuur splits)

nukleotied <kyk ook

nukleosied> : nucleotide (monomeer waaruit DNA en RNA opgebou is; verbinding opgebou uit 'n 5C-suiker, fosfaatgroep en 'n stikstofbevattende purien- of pirimidienbasis)

nukleus (karion, karioplast, kern,

selkern) : nucleus, karyon, karyoplast (sentrale struktuur wat chromosome bevat en alle fisiologiese prosesse in die sel beheer)

nukleus (kern) : nucleus (sentrale deel van 'n atoom)

nukleus (kern) : nucleus ('n groep senuweeselle van die sentrale senuweestelsel met 'n gemeenskaplike funksie)

nullipaar : nullipara (verwys na 'n vrou wat nog nooit geboorte gegee het nie)

nutriënt <kyk voedingstof> : nutrient

nutrisie <kyk voeding> : nutrition

 

O

 

O <kyk suurstof> : O (chemiese simbool)

O2 : O2 (chemiese formule vir 'n suurstofmolekule)

obesiteit (vetsug) : obesity (oormatige ophoping van vet in die liggaam)

objekglasie <kyk voorwerpglasie> : microslide

objektafel : stage (platvorm van 'n mikroskoop waarop die voorwerpglasie vir mikroskopiese ondersoek vasgeklem word)

objektief : objective (wat op feite <nie gevoel nie> berus)

objektief : objective (in optiese instrumente, bv 'n mikroskoop, die lens naaste aan die voorwerp wat ondersoek word)

obligatories : obligatory (verplig of gedwonge)

obliquus : obliquus (benaming wat by spiere gebruik word <beteken skuins>)

obliterasie : obliteration (uitwissing of vernietiging)

oblongata : oblongata (Latynse woord wat verleng beteken en soms informeel gebruik word om na die medulla oblongata te verwys)

obstetrie (tokologie, verloskunde) : obstetrics, tocology (afdeling van die geneeskunde wat handel oor swangerskap en bevalling)

obturator : obturator (struktuur wat 'n opening sluit)

obturator foramen : obturator foramen (opening tussen die sit- en skaambene van die bekken)

obturator membraan : obturator membrane (vlies wat die obturator foramen gedeeltelik sluit)

oculus (oog) : oculus, eye (orgaan waarmee gesien word <wat dus ligstrale opvang>)

Oddi-sfinkter : Oddi's sphincter (kringspiervesels rondom die opening van die algemene galblaas in die duodenum)

odinolise : odynolysis (pynversagting)

odontoblast : odontoblast ('n sel wat in die tandholte geleë is en help met die vorming van dentien)

odontoïed (dentoïed) : odontoid, dentoid (met die vorm van 'n tand)

odontoïedproses <kyk ook dens> : odontoid process (ronde, tandvormige uitsteeksel van die aksis wat in die opening van die atlas pas om draaibeweging van die kop moontlik te maak)

odontoklast : odontoclast (een van die groot, veelkernige selle wat die wortels van melktande absorbeer)

odontologie (tandheelkunde) : odontology (wetenskap wat handel oor tande, hul struktuur, ontwikkeling en siektes)

oesofagus <kyk esofagus> : oesophagus

oestrogeen <kyk estrogeen> : oestrogen

oftalmies : ophthalmic (mbt die oog)

OH- <kyk ook hidroksiel> : OH- (chemiese simbool vir 'n hidroksielioon)

ohm (ê) : ohm, ê (die SI-eenheid van elektriese weerstand)

Ohm-wet <kyk Wet van Ohm> : Ohm's law

okklusie : occlusion (afsluiting of blokkering van 'n kanaal, buis of opening in die liggaam)

okkulte : occult (verborge of moeilik om direk waar te neem)

oksaalsuur : oxalic acid (besonder giftige organiese suur afkomstig van plante, wat veral as bleikmiddel gebruik word)

oksalaat : oxalate (sout van oksaalsuur)

oksel <kyk aksilla> : armpit

oksidase <kyk ook katalase; peroksidase> : oxidase (enigeen van 'n groep ensieme wat die byvoeging van suurstof tot 'n stof kataliseer)

oksidasie <cf reduksie 1e

inskrywing> : oxidation (verbinding van 'n stof met suurstof)

oksidasie <cf reduksie 2e inskrywing> : oxidation (enige reaksie waar die positiewe valens toeneem, of die negatiewe valens afneem agv 'n verlies aan elektrone)

oksidasie <cf reduksie 3e inskrywing> : oxidation (die toename in positiewe lading van 'n atoom of verlies aan negatiewe lading)

oksidasie <cf reduksie 4e inskrywing> : oxidation (die verwydering van waterstof vanaf 'n stof)

oksidasie-reduksie (oksidoreduksie, redoksreaksie) : oxidation-reduction, oxidoreduction, redox reaction (reaksie tussen twee stowwe waar elektrone verwyder word <oksidasie> vanaf die stof wat geoksideer word en oorgedra word <reduksie> na die stof wat gereduseer word)

oksidatiewe fosforilering : oxidative phosphorylation (terminale oksidasie)

oksidatiewe fosforilering : oxidative phosphorylation (finale stadium van selrespirasie waartydens ATP en H2O deur oksidasie in die teenwoordigheid van suurstof gevorm word)

oksidatiewe fosforilering : oxidative phosphorylation (wanneer 'n fosfaat met ADP koppel om ATP te vorm)

oksideer <cf reduseer 2e inskrywing> : oxidise (met suurstof verbind of laat verbind)

oksideer <cf reduseer 2e inskrywing> : oxidise (om waterstof te verwyder of om die valens van 'n element te laat toeneem deur die verlies aan elektrone)

oksideermiddel <cf reduseermiddel> : oxidising agent ('n stof wat 'n ander kan oksideer en terselfdertyd self gereduseer word)

oksidoreduksie <kyk oksidasie-

reduksie> : oxidoreduction

oksied : oxide (enige verbinding van suurstof aan 'n element of radikaal)

oksifiel <kyk asidofiel 2e inskrywing> : oxyphil

oksigenase : oxygenase (enige van die ensieme wat nodig is om die reaksie waar suurstof uit die atmosfeer in die weefsels geïnkorporeer word, te kataliseer)

oksigenasie <kyk oksigenering> : oxygenation

oksigeneer <cf deoksigeneer> : oxygenate (om met suurstof te versadig)

oksigenering <cf deoksigenering> (oksigenasie) : oxygenation (die proses van verbinding of versadiging van 'n stof met suurstof)

oksihemoglobien <cf deoksihemoglobien> (HbO2) : oxyhaemoglobin, HbO2 (onstabiele, omkeerbare verbinding van hemoglobien aan suurstof <dit is 'n losse verbinding wat maklik dissosieer in lae suurstofkonsentrasies>)

oksintiese sel <kyk pariëtale sel> : oxyntic cell

oksipitaal : occipital (verwys na die agterkant van die kop; mbt die oksiput)

oksipitale been <kyk ook frontale been; pariëtale been; temporale been> (agterhoofsbeen) : occipital bone (vorm die basis van die skedel en besit kenmerkend die foramen magnum waardeur die rugmurg gaan)

oksipitale kwab <kyk oksipitale lob> : occipital lobe

oksipitale kondiel : occipital condyle (een van twee ovaalvormige uitsteeksels aan die kante van die oksipitale been, weerskante van die foramen magnum, waarmee die kop met die atlas artikuleer)

oksipitale lob <kyk ook frontale lob; pariëtale lob; temporale lob> (agterhoofslob, endlob, oksipitale kwab) : occipital lobe, end lobe (agterste gedeelte van elke hemisfeer wat agter die pariëto-oksipitale groef geleë is)

oksiput : occiput (agterkant van die kop)

oksitosien : oxytocin (hormoon wat deur die hipotalamus gesintetiseer en deur die neurohipofise afgeskei word <stimuleer melkejeksie en laat die uterus saamtrek>)

oktavalent : octavalent (met 'n valens van agt)

okulêr : ocular (oogstuk van 'n optiese instrument)

okulêr : ocular (mbt die oog)

okulomotories : oculomotor (mbt die beweging van die oë)

okulomotoriese senuwee <kyk nervus oculomotorius> : oculomotor nerve

olekranon (kieliebeen) : olecranon (prominente uitsteeksel aan die bo-ent van die ulna wat die punt van die elmboog vorm)

oleum : oleum (olie)

olfaksie : olfaction (om te ruik)

olfaktories : olfactory (verwys na die reuksin; wat te doen het met reuk)

olfaktoriese sentrum : olfactory centre ('n groep neurone wat naby die aansluiting van die temporale en pariëtale lobbe van die brein voorkom en te doen het met die interpretasie van reukimpulse)

olfaktoriese senuwee <kyk nervus olfactorius> : olfactory nerve

olieagtig <kyk lipoïed> : oleaginous

olie-immersie <kyk immersie> : oil immersion

olieklier <kyk vetklier> : sebaceous gland

olierig <kyk lipoïed> : oleaginous

olighidrie (oligidrie) : olighidria, oligidria (gebrekkige sweetafskeiding)

oligidrie <kyk olighidrie> : oligidria

oligodendroglia <kyk ook neuroglia> : oligodendroglia (klein <nieneurale> ektodermale selle met klein kerne en lang uitsteeksels, wat deel van die ondersteunende bindweefsel <neuroglia> van die sentrale senuweestelsel uitmaak)

oligodendrosiet : oligodendrocyte ('n tipe neurogliasel wat neurone aan bloedvate verbind en miëlien vorm)

oligolesitaal : oligolecithal (met min dooier)

oligositemie : oligocythaemia (verlaging van die eritrosietinhoud van die bloed)

oligurie <kyk ook anurie/cf poliurie> : oliguria (verminderde urienafskeiding)

omdopping <kyk eversie> : eversion

omentum : omentum ('n vou of verlenging van die peritoneum wat óf vry óf as verbinding tussen twee organe in die buikholte strek)

omentum majus <cf omentum minus> (groot omentum) : omentum majus, greater omentum (strek vanaf die peritoneum wat die maag en die milt met mekaar verbind, tot by die transversale kolon en omvou die kronkels van die dunderm)

omentum minus <cf omentum majus> (klein omentum) : omentum minus, lesser omentum (strek vanaf die peritoneale lae wat die dorsale en ventrale oppervlaktes van die maag <klein boog> en die eerste deel van die duodenum uitvoer, tot by die porta van die lewer)

omfaloree : omphalorrhoea (bloeding uit die umbilikus)

omkeerbare reaksie <cf onomkeerbare reaksie> : reversible reaction ('n chemiese reaksie wat in enige rigting <vorentoe of agtertoe> versnel na gelang van omstandighede)

omgewing <kyk milieu> : environment

omset (produksie) : output (totale hoeveelheid van enige stof of vog wat in 'n bepaalde tyd voortgebring of uitgestoot word)

omsetting : conversion (verandering van eenhede vanaf een stelsel na 'n ander, bv milliliter na liter)

omtrek <kyk periferie> : perimeter

omtrek : circumference (buitelyn, veral van 'n sirkel of ander figuur; die afstand rondom iets)

omvang : extent, magnitude, scope (betekenis, grootte of waarde van iets)

omvorming <kyk transformasie> : transformation

omwal : circumvallate, vallate (omring met 'n wal of rif)

omwalde papil <kyk papilla circumvallata> : circumvallate papilla

onaktief <kyk dormant> : inactive

onaktief <kyk passief> : passive

onbenoemde slagaar : innominate artery (tov die slagaar wat uit die aorta ontstaan en waaruit die regtersleutelbeenslagaar en nekslagaar na die kop ontstaan)

onbeweeglikheid <kyk immobiliteit> : immobility

onbewus : insensible (kan nie mbv die sintuie waargeneem word nie)

onbewuste sweet <cf bewuste sweet> : insensible perspiration (onwaarneembare verlies van vog deur die liggaam, bv die vel en respiratoriese stelsel <nie deur sekretoriese aktiwiteit van kliere nie>)

onderafskeiding <kyk hiposekresie> : hyposecretion

onderdruk <kyk blokkeer> : block

onderhuids <kyk subkutaan> : subcutaneous

onderhuidse weefsel <kyk subkutane weefsel> : subcutaneous tissue

onderkaak <kyk mandibula> : mandible

onderkaakspeekselklier <kyk submandibularis> : submandibularis

ondernormaal <kyk subnormaal> : subnormal

onderste holaar <kyk vena cava inferior> : vena cava inferior

onderstel : substage (gedeelte van die mikroskoop wat onder die objektafel geleë is waaraan die kondensor en ander bykomstighede vasgeheg is)

ondertongspeekselklier <kyk sublingualis> : sublingualis

ondervoeding <kyk ook wanvoeding> : subnutrition (persoon kry te min voedsel in)

ondeurdringbaar <kyk ondeurlatend> : impermeable

ondeurlatend (ondeurdringbaar) : impermeable (laat nie stowwe deur nie)

ondeurstraalbaar : radio-opaque (laat nie stralingsenergie, bv röntgenstrale, deur nie)

ongebalanseerd <cf gebalanseerd 1e inskrywing> : imbalanced (ongelyke werking van opponerende kragte)

ongebalanseerd <cf gebalanseerd 2e inskrywing> : imbalanced (in chemie, wanneer die aantal elektrone wat die reduseermiddel verloor nie presies gelyk is aan die aantal elektrone wat die oksideermiddel bykry nie)

ongebluste kalk <kyk kalsiumoksied> : quicklime

ongedifferensieerd <kyk ook primitief/cf gedifferensieerd> : undifferentiated (nie gedifferensieerd nie, bv embrionies of nog onvolwasse)

ongekernde : nonnucleated (besit nie 'n kern nie)

ongelyksydig : scalene (driehoek waarvan die kante nie ewe lank is nie)

ongemedulleer(d) <kyk ongemiëlineer(d)> : nonmedullated

ongemiëlineer(d) <cf gemiëlineer(d)> (ongemedulleer(d)) : unmyelinated, nonmedullated (mbt 'n senuwee sonder 'n miëlienskede <murgskede>)

ongeslagtelik <kyk aseksueel> : asexual

ongeslagtelike voortplanting <cf geslagtelike voortplanting> (aseksuele voortplanting) : asexual reproduction (tipe voortplanting waar nuwe individue deur bv tweedeling gevorm word en waar gamete nie betrokke is nie)

ongewerwelde <kyk invertebraat> : invertebrate

onhigiënies (onsanitêr) : unhygienic, insanitary (nie skoon nie)

onigoïed : onychoid (wat soos 'n nael lyk)

onkogenese : oncogenesis (proses van vorming van neoplasmas of tumors)

onkotiese druk (massadruk) : oncotic pressure (die osmotiese druk wat ontstaan agv kolloïede, bv plasmaproteïene in 'n oplossing)

onomkeerbare reaksie <cf omkeerbare reaksie> : irreversible reaction ('n chemiese reaksie wat slegs in een rigting kan verloop)

onoplosbaar <cf oplosbaar> : insoluble (tov 'n stof wat nie in die oplosmiddel kan oplos nie)

onreëlmatige been : irregular bone ('n been met 'n onbepaalde vorm, bv vertebrae)

onsanitêr <kyk onhigiënies> : insanitary

onstabiel <kyk labiel> : unstable

ontbinding <kyk ook dekomposisie; verrotting> (dissosiasie) : decay, dissolution, dissociation (die afbreek van dooie organiese materiaal in eenvoudiger komponente)

ontbloting <kyk opruiming> : clearance

ontgiftiging <kyk detoksikasie> : detoxication

ontkalking <kyk dekalsifikasie> : decalcification

ontkapseling <kyk dekapsulering> : decapsulation

ontlaai : discharge (energie <gewoonlik elektrone> afgee)

ontlasting <kyk feses> : excrement

ontleed <kyk analiseer> : analyse

ontleedmes <kyk skalpel> : scalpel

ontleding <kyk analise> : analysis

ontoereikend : insufficient (onvermoë om normale funksies of aksies uit te voer)

ontogenese : ontogenesis (mbt ontogenie)

ontogenie <kyk ook filogenie> : ontogeny (oorsprong en ontwikkeling van 'n individu vanaf die bevrugte ovum tot volwassenheid)

ontruiming <kyk evakuasie> : evacuation

ontsenuïng <kyk enervasie> : enervation

ontsmet <kyk disinfekteer> : disinfect

ontsmettend <kyk antisepties> : antiseptic

ontsmettingsmiddel <kyk

antiseptikum> : disinfectant

ontspan : relax (los of slap maak)

ontspan : relax (spanning verminder)

ontsteking <kyk inflammasie> : inflammation

ontvanger <cf donor> : recipient (persoon wat bloed, weefsel of organe bykry, bv tydens 'n bloedoortapping bloed ontvang)

ontwater <kyk dehidreer> : dehydrate

ontwatering <kyk dehidrasie> : dehydration

ontwrigting <kyk dislokasie> : dislocation

onvatbaar <kyk immuun> : immune

onvatbaarheid <kyk immuniteit> : insusceptibility

onverenigbaar : incompatible (kan nie saamgevoeg word of saam bestaan nie)

onversadig <cf versadig 1e

inskrywing> : unsaturated (tov 'n oplossing waarin nog opgeloste stof, onder sekere omstandighede, kan oplos)

onversadig <cf versadig 2e inskrywings> : unsaturated (tov 'n chemiese verbinding waarin twee of meer atome met 'n dubbele of drievoudige band verbind is, sodat nog atome aan die verbinding kan bind, bv onversadigde vetsure)

onversadigde vetsuur <cf versadigde vetsuur> : unsaturated fatty acid (lipiedmolekules in die vorm van olies wat vloeibaar is by kamertemperatuur)

onvolwasse senusel <kyk neuroblast> : neuroblast

onvrugbaar <kyk steriel> : barren

onvrugbaarheid <kyk steriliteit> : sterility

onwillekeurig <cf willekeurig> : involuntary (staan nie onder beheer van die wil nie; vind outomaties of onbewustelik plaas)

onwillekeurige spiere <cf willekeurige spiere> : involuntary muscles (spiere wat nie onder beheer van die wil is nie, maar deur die outonome senuweestelsel beheer word <hart- en gladdespiere>)

oöblast : ooblast (kiemsel waaruit die eier <ovum> ontwikkel)

oöforon <kyk ovarium> : oophoron

oöforektomie : oophorectomy (chirurgiese verwydering van een of albei ovaria)

oog <kyk oculus> : eye

oögamie : oogamy (geslagtelike voortplanting waarby twee gamete van verskillende groottes versmelt, bv ovum en sperm)

oogbal <kyk oogbol> : eyeball

oogbindvlies <kyk konjunktiva> : conjunctiva

oogbol (oogbal) : eyeball (bolvormige liggaam in die oogholte wat van agter deur die retina en van voor deur die kornea begrens word)

oögenese <kyk ook gametogenese/cf spermatogenese> (ovogenese) : oogenesis, ovogenesis (vorming, ontwikkeling en volwassewording van vroulike gamete of ova)

ooghaar (wimper) : eyelash (hare wat aan die voorste uiteinde van die ooglede aangetref word)

oogholte : cavity (ruimte in die oog wat deur die lens en die lenshangband in twee holtes gedeel word)

oogkamer : chamber (ruimte in die oog wat tussen die lens en die kornea geleë is)

oogkas <kyk orbita> : orbit

ooglensvog <kyk kristallyne humor> : crystalline humour

ooglid <kyk palpebra> : eyelid

oögonium (ovogonium) : oogonium, ovogonium (die voorlopersel waaruit die primêre oösiet ontwikkel)

oogpurper <kyk rodopsien> : visual purple

oogrok <kyk sklera> : sclera

oogsenuwee <kyk nervus

opticus> : optic nerve

oogstuk : eyepiece (lens van 'n mikroskoop <of enige ander optiese toestel> wat naaste aan die oog geleë is)

oogtand (hoektand) : eyetooth, canine tooth (keëlvormige tand in die bokaak wat dien om die voedsel te skeur)

oogvaatvlies <kyk choroïed> : choroid

oop fraktuur <kyk ook gekompliseerde fraktuur/cf geslote fraktuur> : compound fracture (fraktuur wat gekompliseer word deurdat die sagteweefsel wat oor die been lê, beskadig is en die gebreekte beenpunt deur die vel steek)

oor : ear (gehoororgaan bestaande uit die inwendige oor, die middeloor en die uitwendige oor)

oorafskeiding <kyk

hipersekresie> : hypersecretion

ooraktiwiteit <kyk hiperaktiwiteit> : hyperactivity

oordraer (oorvormer) : transducer ('n instrument wat nie-elektriese energie in elektriese energie omskakel en andersom <bv die verandering van elektriese energie in klank deur 'n luidspreker>)

oordrag-RNA <kyk transport-RNA> : transfer RNA

oordragstof <kyk ook senuwee-oordragstof> : transmitter substance ('n chemiese stof wat aktiwiteit uitlok in prikkelbare weefsel soos senuwees en spiere)

oordrom <kyk timpaniese membraan> : eardrum

oorerflikheid <kyk erflikheid> : heredity

oorerwing : inheritance (liggaamlike of geestelike eienskappe van ouers of voorouers verkry)

oorgangselement : transition element ('n metaalelement met 'n onvolledige binneste elektronstruktuur, bv sink)

oorgangsepiteel : transitional epithelium (epiteelselle wat veranderinge kan ondergaan sodat dit uitgerek kan word, bv die wand van die urienblaas)

oorgevoeligheid <kyk hipersensitiwiteit> : hypersensitivity

oorgewig <kyk oormassa> : overweight

oorgieting <kyk transfusie> : transfusion

oorheersend <kyk dominant> : dominant

oorkeelbuis <kyk Eustachius-buis> : auditory tube

oorkruising <kyk ook chiasma> : crossing-over (die uitruiling van segmente van chromatiede tussen homoloë pare chromosome gedurende profase van die eerste meiotiese deling)

oormassa (geset, korpulent, oorgewig, vet) : overweight, obese, corpulent, fat (verwys na 'n persoon met meer as die normale liggaamsmassa <gewoonlik meer as 10%>)

oorplasing <kyk translokasie> : translocation

oorskulp (konga, ourikel, pinna) : auricle, concha, pinna (daardie deel van die oor wat aan die kant van die gesig uitsteek; kraakbeen van die buite-oor wat klankgolwe opvang)

oorspeekselklier <kyk parotis> : parotis

oorsprong : origin (die beginpunt van iets)

oorsprong <kyk ook aanhegting 2e inskrywing> : origin (die deel van die spieraanhegting wat aan 'n onbeweeglike liggaamsdeel vas is <die meer stabiele punt>)

oortapping <kyk transfusie> : transfusion

oortrommel <kyk timpaniese membraan> : eardrum

oorventilasie <kyk hiperventilasie> : overventilation

oorversadig : supersaturated (verwys na 'n oplossing wat meer molekules van 'n stof besit as wat daarin opgelos kan word)

oorvormer <kyk oordraer> : transducer

oorvormig : auriform (met die vorm van 'n oor)

oorwas <kyk serumen> : earwax

oösiet : oocyte (vroulike kiemsel <geslagsel> wat reduksiedeling moet ondergaan om 'n eiersel te vorm)

oötied : ootid ('n ryp ovum; eiersel nadat meiose plaasgevind het)

opdroging <kyk desikkasie> : desiccation

operasie : operation (chirurgiese prosedure wat gevolg word om 'n sieklike liggaamsdeel te herstel of verwyder)

operasie : operation (metode van werking)

opgaarplek <kyk reservoir> : reservoir

opgeloste stof <kyk ook oplosmiddel; oplossing> : solute ('n stof wat in 'n oplossing opgelos is, bv die sout in 'n soutoplossing)

opistotonus : opisthotonos (aanhoudende spasma van die rugspiere met die gevolg dat die kop en die onderste ledemate sterk na agter buig sodat die romp 'n boog na vore vorm)

opium : opium (gedroogde melksap van 'n soort papawer wat vir die stimulerende, bedwelmende of verdowende en pynstillende uitwerking daarvan gebruik word)

oplos : dissolve (wanneer 'n vaste- of ander stof deur vermenging 'n homogene eenheid met 'n vloeistof vorm)

oplosbaar <cf onoplosbaar> : soluble (kan opgelos word)

oplosbaarheid : solubility (die eienskap om opgelos te kan word)

oplosmiddel <kyk ook opgeloste stof; oplossing> : solvent (enige vloeistof waarin 'n ander stof kan oplos <gewoonlik water, maar ook alkohol, benseen ens>)

oplossing <kyk ook opgeloste stof; oplosmiddel> : solution ('n mengsel van twee of meer stowwe waar die molekules van die stowwe homogeen versprei word en nie chemies verander nie <'n oplossing kan in 'n gas-, vloeistof- of vastestoftoestand wees>)

opname : uptake (die absorpsie of inkorporering van 'n stof deur lewende weefsel)

opname <kyk imbibisie> : imbibition

opperhuid <kyk epidermis> : epidermis

oppervlak : surface (boonste of buitenste vlak of laag)

oppervlakkig : superficial (mbt of geleë op die vel)

oppervlakkig : superficial (mbt of geleë naby die oppervlak; wat nie diep is nie)

oppervlakspanning : surface tension (die eienskap van 'n vloeistof wat veroorsaak dat dit voorkom asof dit deur 'n membraan omsluit word <die molekules van 'n vloeistof trek mekaar ewe sterk in alle rigtings aan, behalwe di‚ op die oppervlak wat geen krag het wat dit na die bokant toe aantrek nie, met die gevolg dat die molekules na die binnekant van die vloeistof aangetrek word; die oppervlak neig om in die kleinste moontlike area saam te trek, bv 'n vry druppel sal 'n sferiese vorm aanneem>)

opruiming (ontbloting) : clearance (verwydering van sekere stowwe uit die bloed deur die niere)

opruimsel <kyk fagosiet> : scavenger-cell

opsplits <kyk disintegreer> : disintegrate

opspoorder <kyk detektor> : detector

opspoorder : tracer (radioaktiewe isotoop wat gebruik word om die voorkoms van strukture of biologiese prosesse op te spoor of te volg)

opsuig <kyk aspireer> : aspirate

opsuiging <kyk aspirasie> : aspiration

opties : optical, optic (wat te doen het met die gesig <sien>, oog of visie)

optiese as : optic axis ('n lyn wat horisontaal deur die middelpunt van 'n lenskromming en loodreg op die lengte-as van die lens loop; lyn waarop die refraksieoppervlakke van die oog gesentreer is)

optiese baan : optic tract (bandvormige struktuur waarin die optiese senuvesels verloop <begin by die optiese chiasma en verdeel in twee wortels by die talamus>)

optiese chiasma : optic chiasma (die plek waar die senuvesels van die binnehelftes van die retina mekaar kruis en die nasale vesels van een oog by die temporale vesels van die ander oog aansluit <sodat binokulêre visie moontlik is>)

optiese digtheid (absorbansie) : optic density, absorbance (mate waarin lig deur 'n ligdeurlatende stof deurgelaat word)

optiese medium : optic medium (stof wat lig deurlaat)

optiese middelpunt : optic centre (die punt op die as van die lens waardeur alle strale ongebuig deurgaan)

optiese senuwee <kyk nervus

opticus> : optic nerve

optika : optika (wetenskap wat handel oor lig)

optimum : optimum (die ideale toestand <temperatuur, pH ens>, waarby 'n reaksie die beste verloop)

optometrie : optometry (bepaling van gesigskerpte of gesigsdefekte)

ora : ora (rand)

ora serrata : ora serrata (geriffelde rand van die retina)

oraal : oral (mbt die mond)

oraalfarinks <kyk orofarinks> : oropharynx

orbita (oogkas) : orbita, orbit (benige holte in die skedel wat die oogbol en geassosieerde strukture soos die oogspiere, senuwees en bloedvate huisves)

orbitaal : orbital (mbt die oogkas of orbita)

orbitaal : orbital (die gedeelte van 'n atoom wat die ruimtelike beweging van elektrone in 'n bepaalde energievlak beskryf <elke orbitaal kan slegs twee elektrone, met teenoorgestelde spin, huisves>)

orde <kyk ook takson> : order ('n taksonomiese kategorie wat 'n groep hoër as familie, maar laer as klas aandui)

orgaan : organ ('n liggaamsdeel wat uit selle en weefsels bestaan wat saam 'n spesifieke funksie verrig)

orgaan van Corti <kyk Corti-orgaan> : Corti's organ

organel (selorganel) : organelle, cell organelle ('n selstruktuur wat in die sitoplasma voorkom en 'n spesifieke funksie verrig, bv mitochondrion, Golgi-kompleks, endoplasmiese retikulum, lisosoom, ribosoom en sentriool)

organies <cf anorganies 1e

inskrywing> : organic (mbt stowwe wat afkomstig is van lewende organismes en dus die elemente koolstof, waterstof en suurstof bevat)

organies : organic (mbt 'n orgaan of organe)

organisme : organism (enige lewende individu <plant of dier>)

organisme : organism ('n liggaam wat uit onderling afhanklike, lewende bestanddele bestaan)

organogenese : organogenesis (die vorming en ontwikkeling van organe en orgaanstelsels gedurende embrioniese ontwikkeling)

orgasme (klimaks) : orgasm, climax (hoogtepunt van geslagsomgang)

orgitis : orchitis (inflammasie van die testis)

oriëntering <cf disoriëntering> : orientation (bepaling van 'n mens se posisie mbt tyd en plek)

oRNA <kyk transport-RNA> : tRNA

orofarinks <kyk ook farinks; laringofarinks; nasofarinks> (oraalfarinks) : oropharynx (een van die drie anatomiese dele van die farinks <dit strek vanaf die onderkant van die sagte verhemelte tot by die epiglottis>)

ortodonsie : orthodontia (korreksie van die wanposisie van tande)

ortopedie : orthopaedics (afdeling van geneeskunde wat te doen het met die studie en behandeling van die skeletstelsel <insluitende gewrigte, spiere en geassosieerde strukture daarvan)

Os <kyk osmium> : Os (chemiese simbool)

os : os (been)

os <verkleiningsvorm oskulum> : os <diminutive osculum> (mond of opening)

os coxae <kyk koksiks> : os coxae

oskeoliet : oscheolith (steen in die talgkliere van die skrotum)

oskulum <verkleiningsvorm van os> : osculum

osmium (Os) : osmium, Os (blouwit metaal wat gewoonlik by platina voorkom)

osmol : osmol (die standaardeenheid van osmotiese druk; die hoeveelheid van 'n stof in oplossing <in die vorm van molekules, ione of beide - gewoonlik uitgedruk in gram> wat dieselfde osmotiese druk het as een mol van 'n ideale nie-elektroliet)

osmolaliteit <kyk ook osmolariteit 1e inskrywing> : osmolality ('n eienskap van 'n oplossing wat afhanklik is van die konsentrasie van die opgeloste stof per eenheid oplosmiddel <bv konsentrasie van die stof per liter oplosmiddel>)

osmolaliteit <kyk ook osmolariteit 2e inskrywing> : osmolality (die osmotiese druk van 'n oplossing uitgedruk in osmols of milliosmols per kilogram water)

osmolariteit <kyk ook osmolaliteit 1e inskrywing> : osmolarity (dui die konsentrasie van die osmoties aktiewe partikels in 'n oplossing aan)

osmolariteit <kyk ook osmolaliteit 2e inskrywing> : osmolarity (die osmotiese druk van 'n oplossing uitgedruk in osmols of milliosmols per kilogram van die oplossing)

osmoregulering : osmoregulation (regulering van die osmotiese druk in die liggaam deurdat die hoeveelheid water en/of opgeloste stowwe in die bloed en weefselvloeistof beheer word)

osmoreseptor (osmoseptor) : osmoreceptor, osmoceptor ('n sensoriese reseptor wat gevoelig is vir veranderinge in osmotiese druk)

osmoreseptor (osmoseptor) : osmoreceptor, osmoceptor (senuwee-eindorgaan wat deur reuk geprikkel word)

osmose <kyk ook absorpsie; diffusie> : osmosis (verskynsel dat wanneer twee oplossings van verskillende konsentrasies deur 'n differensieel deurlatende membraan geskei word, die oplosmiddel <meesal water> vanaf die laer konsentrasie na die hoër konsentrasie beweeg)

osmoseptor <kyk osmoreseptor> : osmoceptor

osmoties : osmotic (mbt osmose)

osmotiese druk : osmotic pressure (die druk <krag> wat deur osmose veroorsaak word)

osmotiese potensiaal : osmotic potential (die potensiële druk van 'n oplossing wat direk verband hou met die konsentrasie opgeloste stof daarin)

OSS <kyk outonome senuweestelsel> : ANS

osseomukoïed : osseomucoid (glukoproteïen in beenweefsel)

ossifikasie (beenvorming, verbening) : ossification, bone formation (proses waardeur kalsiumsoute en beenselle in die bindweefsel of beendere neergelê word om harde been te vorm)

ossifikasiesentrum : ossification centre (enige plek in been waar ossifikasie begin)

ossifiseer (verbeen) : ossify (in been omsit)

ossikel <kyk ook middeloorbeentjie> : ossicle (klein beentjie, soos bv die gehoorbeentjies <inkus, malleus, stapes> in die middeloor)

ossillasie (trilling, vibrasie) : oscillation, thrill, vibration (iets wat vinnig heen en weer of op en af tussen twee punte beweeg)

ossillograaf : oscillograph (instrument wat golfbeweging registreer)

osteaal : osteal (benig)

osteoblast (osteoplast) : osteoblast, osteoplast (beenvormende sel <voorloper van die osteosiet>)

osteochondraal : osteochondral (mbt been en kraakbeen)

osteofaag <kyk osteoklast> : osteophage

osteogenese : osteogenesis (oorsprong en ontwikkeling van beenweefsel)

osteoïed : osteoid (wat lyk soos beenweefsel)

osteoïed : osteoid (mbt beenweefsel)

osteoklast (osteofaag) : osteoclast, osteophage (meerkernige sel wat been resorbeer <vernietig>)

osteoklast (osteofaag) : osteoclast, osteophage (selle wat help met dekalsifikasie van beenweefsel)

osteolise : osteolysis (degenerasie en resorpsie van been <veral gebruik tov die verlies of verwydering van kalsium uit die been>)

osteologie : osteology (studie van been en beenweefsel)

osteomalasie : osteomalacia ('n abnormale toestand by volwassenes waar bene versag agv 'n kalsiumgebrek <gewoonlik te wyte aan 'n vitamien D-gebrek>)

osteomiëlitis : osteomyelitis (inflammasie van been of die murgholte van been)

osteoplast <kyk osteoblast> : osteoplast

osteoporose : osteoporosis (siektetoestand waar die normale beenruimtes vergroot sodat die bene meer poreus en dus meer breekbaar word)

osteose (ostose) : osteosis, ostosis (vorming van beenweefsel, veral die infiltrasie van bindweefsel met been)

osteosiet : osteocyte (beensel <was vroeër osteoblaste, maar is mettertyd opgeneem in die beenmatriks>)

ostiaal : ostial (mbt 'n opening)

ostium : ostium (enige mond of opening, bv die opening van die Fallopius-buis)

ostose <kyk osteose> : ostosis

otitis : otitis (inflammasie van die oor)

otoliet (statoliet) : otolith, statolith (een van die klein, kalkagtige korreltjies wat in die membraanlabirint van die binne-oor voorkom en die gevoelige haartjies prikkel om sodoende die organisme se posisie tov swaartekrag aan te dui)

oudiogram : audiogram (grafiese registrasie van 'n oudiometer wat gehoorskerpte vir verskillende toonhoogtes meet)

oudiometer (gehoormeter) : audiometer (instrument wat die verband tussen hoorbaarheid en die frekwensie van 'n geluid aandui)

ouditief (gehoor-) : auditive, auditory (wat betrekking het op die gehoor of gehoororgane)

ouksanometer : auxanometer (instrument waarmee die groei van mikro-organismes gemeet word)

ouraal : aural (mbt die oor)

ourikel <kyk oorskulp> : auricle

ourikel : auricle (die linker- of regteratrium van die hart <so genoem vanweë die oorvormige voorkoms>)

ourikulêr : auricular (mbt die oor)

ouskulteer : auscultate (proses waardeur daar na die geluide vanuit die liggaam geluister word)

outisties : autistic (uitsluitend gerig op die self; afsluiting van die buitewêreld)

outodigestie <kyk outolise> : autodigestion

outogamie (selfbevrugting) : autogamy (konjugasie van nouer verwante selle of kariogamie binne 'n enkele sel)

outo-immunisasie : autoimmunisation (spontane ontwikkeling van immuniteit deur die opdoen van infeksie)

outo-immuniteit : autoimmunity ('n abnormale toestand waar die liggaam teen sy eie weefselkomponente reageer en dit vernietig)

outoklaaf : autoclave (apparaat vir sterilisering <gebruik stoom onder hoë druk>)

outoklase : autoclasis (selfvernietiging van weefsel deur 'n outo-immuunreaksie)

outolise <kyk ook sitolise> (outodigestie, selfvertering) : autolysis, autodigestion (spontane vernietiging <lise> van selle en weefsel deur ensieme eie aan hierdie selle)

outolisien : autolysin (ensiem wat verantwoordelik is vir outolise)

outomaties : automatic (geskied onwillekeurig; geskied buite die wil of bewussyn; kom vanself tot stand)

outomatisme : automatism (werktuiglike uitvoering van 'n handeling sonder enige bewuste prikkels <senuweevoorsiening> van buite, bv hartklop)

outonome senuweestelsel <kyk ook parasimpatiese senuweestelsel; simpatiese senuweestelsel> (OSS) : autonomic nervous system, ANS (daardie deel van die senuweestelsel wat onwillekeurige funksies beheer <insluitend die aktiwiteite van die gladdespiere, hartspier en kliere>)

outonomie : autonomy (die eienskap om onafhanklik <onwillekeurig> te funksioneer)

outonoom : autonomic (mbt of van die outonome senuweestelsel)

outonoom : autonomic, autonomous (funksioneel onafhanklik of selfregulerend)

outopsie <kyk post mortem> : autopsy

outosomale chromosoom <kyk outosoom> : autosomal chromosome

outosoom <kyk ook geslagschromosoom> (liggaamschromosoom, outosomale chromosoom) : autosome, autosomal chromosome (alle chromosome behalwe die geslagschromosome <X- en Y-chromosome>)

ovaal (eiervormig) : oval, ovoid, oviform (met die vorm van 'n eier)

ovaalvenster <kyk fenestra ovalis> : oval window

ovaria <ekv ovarium> : ovaria

ovariotomie : ovariotomy (chirurgiese

verwydering van die ovaria of gedeelte daarvan)

ovarium <mv ovaria> (eierstok, oöforon) : ovarium, ovary, oophoron (een van die vroulike gonades wat in die bekkenholte weerskante van die uterus geleë is en eierselle <ova> produseer)

ovidukt <kyk Fallopius-buis> : oviduct

ovipaar <kyk ook ovovivipaar/cf vivipaar> (eierlêend) : oviparous (verwys na wyfies wat eiers lê)

ovogenese <kyk oögenese> : ovogenesis

ovogonium <kyk oögonium> : ovogonium

ovovivipaar <kyk ook ovipaar; vivipaar> (eierlewendbarend) : ovoviviparous (plant voort deur eiers wat binne-in die liggaam uitgebroei word)

ovulasie : ovulation (vrystelling van die ovum <eiersel> deurdat die ryp Graaf-follikel oopbars)

ovulêr : ovular (mbt 'n ovum)

ovum (eier, eiersel) : ovum, egg, egg cell (vroulike voortplantingsel)

P

 

P <kyk fosfor> : P (chemiese simbool)

Pa <kyk pascal> : Pa

Pacini-liggaampies <kyk ook Krause-liggaampies; Ruffini-liggaampies> : Pacini's corpuscles (ovaalvormige liggaampies wat veral in die huid van die hande en voete voorkom en verantwoordelik is vir die gewaarwording van aanraking <drukking>)

pad <kyk baan> : path

pagidermie : pachydermia (verdikking van die vel)

palatien : palatine (mbt die verhemelte)

palatofaringeaal : palatopharyngeal (mbt die verhemelte en die farinks)

palatoglossaal : palatoglossal (mbt die verhemelte en die tong)

palatonasaal : palatonasal (mbt die verhemelte en die neus)

palatum (verhemelte) : palatum, palate (boonste gedeelte of dak van die mond)

paleogeen : paleogenic (wat 'n oertydse, voorwêreldlike ontstaan het)

paleontologie : palaeonthology (wetenskap wat 'n studie maak van die uitgestorwe plant- en diersoorte)

paliree (regurgitasie) : palirrhoea, regurgitation (terugvloei of terugstroming <bv van voedsel wat reeds gesluk is> uit die maag uit <vomering>, of bloed wat deur 'n ondoeltreffende hartklep terugvloei)

palladium (Pd) : palladium, Pd ('n harde silwer metaalelement <word oa gebruik om chirurgiese instrumente te vervaardig>)

palm (handpalm) : palm (ventrale oppervlak van die hand tussen die gewrig en die basis van die vingers wanneer die hand horisontaal met die duim in 'n mediale posisie gehou word)

palmaar : palmar (verwys na die handpalm)

palpasie : palpation (betasting, bevoeling en beklopping <by mediese ondersoek>)

palpebra (ooglid) : palpebra, eyelid (een van die twee velvoue wat die oogbol beskerm)

palpebraal : palpebral (mbt 'n ooglid)

palpebraal : palpebral (mbt arterieë, ligamente, senuwees ens)

palpeer : palpate (aksie van palpasie)

pandemie : pandemic (wydverspreide epidemie; siekte wat oor die hele land versprei is)

Paneth-selle : Paneth's cells (selle in die Lieberkühn-kripte wat eosinofiele korreltjies bevat)

pankreas (alvleisklier) : pancreas ('n lang, tongvormige, rooskleurige klier wat onder die maag in die kromming van die duodenum lê <dit is 'n gemengde eksokriene-endokriene klier wat ensieme en hormone afskei>)

pankreasamilase (amilopsien) : amylopsin (ensiem in die pankreas wat verantwoordelik is vir die hidrolise van stysel)

pankreassap <kyk succus

pancreaticus> : pancreatic juice

pankreaties : pancreatic (mbt die pankreas)

pankreosimien <kyk ook sekretien> (cholesistokinien) : pancreozymin, cholecystokinin ('n duodenale hormoon wat pankreasensieme, asook galblaaskontraksie stimuleer)

panopties : panoptic (wat alles sigbaar maak <gesê van 'n kleuringsmetode waardeur alle selstrukture onderskei word>)

pantoteensuur : pantothenic acid ('n vitamien van die B-kompleks)

pap <kyk pulpa> : pulp

papil : papilla (klein, tepelvormige uitsteeksel)

papilla circumvallata (omwalde papil) : papilla circumvallata, circumvalate papilla (een van die grootste papille wat op die agterste derde van die tong voorkom waar dit V-vormig gerangskik is)

papilla filiformis (filiforme papil, draadvormige papil) : papilla filiformis, filiform papilla (een van die papille wat op die voorste twee derdes van die tong voorkom en waarskynlik meer 'n tas- as 'n smaakfunksie het)

papilla fungiformis (knobbelvormige papil, swamvormige papil) : papilla fungiformis (een van die groot, breë papille wat veral aan die punt en aan die kante van die tong voorkom)

papillêr : papillary (mbt papille of wat papille bevat)

papillêr : papillary (soos 'n papil)

papillêre spier : papillary muscle (spier wat aan die punte van die atrioventrikulêre kleppe geheg is en ook met die wand van die ventrikel verbind is)

papillivorm <kyk ook mamillêr> : papilliform (met die vorm van 'n papil of tepeltjie)

paralise (verlamming) : paralysis, palsy (tydelike of permanente onvermoë om 'n liggaamsdeel of spiergroep te beweeg)

parallel : parallel (sy aan sy; ewewydig lopende lyn of vlak)

paramedies : paramedical (wat een of ander verband met die mediese wetenskap het; aanvullend tot geneeskunde in die handhawing en herstel van normale gesondheid <paramediese werkers sluit in terapeute, verpleegpersoneel, geneeskundige maatskaplike werkers, ambulanspersoneel, aptekers, dieetkundiges ens>)

parasentraal : paracentral (naby die middelpunt)

parasiet <kyk ook saprofiet> : parasite (organisme wat tydens sy hele lewe, of 'n fase daarvan, in of op 'n ander organisme <gasheer> lewe en sy voedsel van die gasheer verkry)

parasimpaties <cf simpaties> : parasympathetic (mbt of verwys na die kraniale en sakrale afdeling van die outonome senuweestelsel)

parasimpatiese senuweestelsel <kyk ook outonome senuweestelsel/cf simpatiese senuweestelsel> : parasympathetic nervous system (deel van die outonome senuweestelsel wat te doen het met die herstelprosesse n liggaamsaktiwiteite, bv vertraag hartklop, vermeerder afskeiding van spysverteringsappe ens)

parasimpatikolities <cf parasimpatikomimeties> : parasympathicolytic (mbt 'n stof wat 'n remmende invloed op die parasimpatiese stelsel uitoefen)

parasimpatikomimeties <cf parasimpatikolities> : parasympathicomimetic (mbt 'n stof wat 'n stimulerende invloed op die parasimpatiese stelsel uitoefen)

parasimpatikus <cf simpatikus> : parasympathetic nerve (senuwee van die parasimpatiese senuweestelsel)

parasities : parasitic (mbt of veroorsaak deur parasiete)

parasitisme <kyk ook kommensalisme; mutualisme; simbiose> : parasitism (simbiose waar een individu <parasiet> bevoordeel word terwyl die ander <gasheer> benadeel word)

parasitisme : parasitism (infeksie of infestasie deur parasiete)

parasitogeen : parasitogenic (wat deur parasiete veroorsaak word)

parasitologie : parasitology (wetenskap wat handel oor parasiete en parasitisme)

parathormoon (paratiroïedhormoon) : parathormone, parathyroid hormone ('n hormoon wat deur die paratiroïed gesekreteer word en met die kalsium- en fosformetabolisme geassosieer is)

paratiroïed (byskildklier) : parathyroid (een van die endokriene kliere geleë op die dorsale oppervlakte van die tiroïed wat die kalsiumbalans in die liggaam beheer)

paratiroïedhormoon <kyk parathormoon> : parathyroid hormone

parenchiem : parenchyma (grondstof in selle)

parenchiem : parenchyma (weefsel van 'n orgaan wat onderskei word van ondersteunende bindweefsel, bloedvate en senuwees)

parenchiemagtig : parenchymatous (wat lyk soos parenchiem)

parenkefalon <kyk serebellum> : parencephalon

parensefalon <kyk serebellum> : parencephalon

parenteraal : parenteral (enige posisie buite die dermkanaal <bv inspuiting onderhuids, binnespiers of binneaars>)

pariëtaal : parietal (van of mbt die buitenste wand van 'n holte)

pariëtaal : parietal (mbt of in verhouding met die pariëtale been van die skedel)

pariëtale been <kyk ook frontale been; oksipitale been; temporale been> : parietal bone (een van die twee bene wat die kante van die skedel vorm)

pariëtale kwab <kyk pariëtale lob> : parietal lobe

pariëtale lob <kyk ook frontale lob; oksipitale lob; temporale lob> (pariëtale kwab) : parietal lobe (die gedeelte van elke serebrale hemisfeer wat tussen die Rolando-spleet en die pariëto-oksipitale groef geleë is)

pariëtale pleura <kyk ook visserale pleura> : parietal pleura (membraan wat die binneste wand van die borsholte uitvoer)

pariëtale sel (oksintiese sel) : parietal cell, oxyntic cell (een van die soorte selle van die maagkliere wat soutsuur <en waarskynlik ook die intrinsieke faktor> produseer)

pariëtofrontaal : parietofrontal (mbt die pariëtale en frontale streke van die brein en skedel)

pariëto-oksipitaal : parieto-occipital (mbt die pariëtale en die oksipitale streke van die brein en skedel)

paring <kyk koïtus> : copulation

paring : copulation (die proses waardeur homoloë chromosome na mekaar aangetrek word gedurende meiose)

Parkinson-siekte : Parkinson's disease ('n stadige, progressiewe, degeneratiewe neurologiese siekte gekenmerk deur tremor, spierverswakking en spierstyfheid, asook gebrekkige en stadige bewegings)

paropsie : paropsis (versteurde visie)

paroties : parotic (geleë langs of naby die oor)

parotis <kyk ook sublingualis; submandibularis> (oorspeekselklier, parotisklier) : parotis, parotid gland (een van die speekselkliere geleë voor en net onder die uitwendige oor)

parotisklier <kyk parotis> : parotid gland

parovariaal : parovarian (naby die ovarium)

pars <mv partes> : pars (gedeelte of deel)

pars anterieur <kyk pars distalis> : pars anterieur

pars distalis (pars anterieur) : pars distalis, pars anterieur (deel van die voorlob van die hipofise wat ses noodsaaklike hormone voortbring)

pars intermedia : pars intermedia (deel van die voorlob van die hipofise wat MSH afskei)

pars tuberalis : pars tuberalis (deel van die voorlob van die hipofise wat geen rol by hormoonproduksie speel nie)

parsiële druk <kyk ook wet van Dalton> : partial pressure (die druk wat 'n enkele gas in 'n gasmengsel sou uitoefen indien dit alleen die spesifieke volume beset het)

partes <ekv pars> : partes

parturisie (baring, kraam) : parturition, childbirth, labour (skeiding van die embrio van sy moeder; geboorte gee)

pasaangeër : pacemaker (groep selle in die wand van die regteratrium waar die impuls vir hartsametrekking ontstaan <word ook die sinoatriale knoop genoem>)

pasaangeër (gangmaker) : pacemaker (elektroniese toestel wat in die hart ingeplant word om hartklop te reguleer)

pascal (Pa) : pascal, Pa (SI-eenheid van druk wat gedefinieer word as die druk van een newton per vierkante meter)

pasgeborene <kyk neonaat> : newborn

pasiënt : patient ('n siek persoon)

passief <kyk ook dormant/cf aktief> (onaktief) : passive (nie handelend of aktief nie)

passiewe beweging <cf aktiewe beweging> : passive movement (beweging van liggaamsdele deur kragte buite die liggaam sonder enige willekeurige aksie of weerstand van die individu)

passiewe immuniteit <cf aktiewe immuniteit> : passive immunity (verworwe immuniteit verkry deur die toediening van antiserum)

passiewe transport <cf aktiewe transport> : passive transport (beweging van molekules deur diffusie saam met die konsentrasiegradiënt)

passiewe transport <cf aktiewe transport> : passive transport (enige proses waar beweging van stowwe veroorsaak word sonder om energie te benodig)

patella (knieskyf) : patella, knee cap ('n plat, driehoekige sesamoïede been aan die voorkant van die kniegewrig)

patellarefleks (knierefleks) : patellar reflex, knee reflex (refleksbeweging waar die onderbeen skielik opwaarts beweeg wanneer daar op die knietendon net onder die patella gekap word)

patogeen n. : pathogen (enige agent of mikro-organisme wat siektes veroorsaak)

patogeen adj. (patogenies) : pathogenic (wat siektes veroorsaak)

patogene parasiet <cf kommensale parasiet> : pathogenic parasite (organisme wat op 'n gasheer lewe en siektes veroorsaak)

patogenies <kyk patogeen adj.> : pathogenic

patologie : pathology (studie van die eienskappe, oorsake en effekte van siekte, soos waargeneem in strukturele en funksionele versteurings van die liggaam)

patologies : pathological (mbt siekte; mbt patologie)

patoloog : pathologist (kundige op die gebied van patologie)

patroon <kyk templaat> : template

Pavlov-metode : Pavlov's method (gebruik van die gekondisioneerde refleks in fisiologie)

Pb <kyk lood> : Pb (chemiese simbool)

PCO2 (pCO2) : PCO2, pCO2 (simbool vir die parsiële <gedeeltelike> spanning <druk> van koolstofdioksied)

Pd <kyk palladium> : Pd (chemiese simbool)

pedaal : pedal (mbt die voet)

pediater : paediatrician (kinderarts)

pedikel : pedicle ('n dun uitsteeksel of steeltjie)

pedodonsie : paedodontia (tandheelkunde vir kinders)

pedometer : pedometer (instrument wat die afstand wat te voet afgelê word, meet)

pedunkel <kyk ook pedunkulêr>

(steel) : peduncle, stalk ('n smal uitsteeksel <steeltjie> wat as verbinding dien)

pedunkel : peduncle (strook wit senuvesels wat verskillende dele van die brein verbind)

pedunkulêr : peduncular (mbt 'n pedunkel)

pedunkulêr (gesteeld) : peduncular (met 'n steel)

peervormig <kyk piriform> : pyriform

pees <kyk tendon> : sinew

peiler (sonde) : probe, sound (metaalstaaf wat in 'n opening gesteek word om die diepte, wydte of aard daarvan te bepaal)

pektien : pectin ('n gelatienagtige stof <polisakkaried> wat in ryp vrugte gevind word)

pektoraal : pectoral (mbt die borsstreek of skouer)

pektorale gordel (skouergordel) : pectoral girdle, shoulder girdle (gedeelte van die liggaam wat die boonste ledemate met die asskelet verbind <bestaan uit twee bladbene agter en twee sleutelbene voor>)

pektus <kyk ook toraks> (bors, borskas) : pectus, chest (die voorste gedeelte van die bors of toraks)

pellagra : pellagra ('n siekte wat deur 'n niasiengebrek veroorsaak word en gekenmerk word deur dermatitis, demensie en diarree)

pellikel : pellicle ('n dun velletjie of membraan <soos di‚ op die oppervlak van 'n vloeistof>)

pelvies : pelvic (mbt die pelvis)

pelviese gordel (bekkengordel, buikgordel, heupgordel) : pelvic girdle (benige struktuur wat die onderste ledemate aan die liggaam heg <bestaan uit die ilium, iskium en die pubis en vorm saam met die sakrum en koksis die bekken>)

pelvis (bekken) : pelvis (die onderste gedeelte van die romp van die liggaam wat bestaan uit twee heupbene in 'n laterale posisie en die kruisbeen en koksiks aan die agterkant)

pelvis (bekken) : pelvis (kelkvormige holte, soos bv die nierpelvis)

pendulumbeweging <kyk ook

peristalse> : pendular movement (kontraksiegolwe in die dunderm wat op- en afwaarts oor die dermwand beweeg en help om die derminhoud te meng sonder om dit voort te dryf)

penetrasie : penetration (ingang van die penis in die vagina)

penetrasie (deurdringing, indringing) : penetration, invasion (om onder die oppervlak in te gaan)

penis : penis (die uitwendige manlike geslagsorgaan <homoloog aan die klitorus van die vrou>)

penisillien : penicillin (antibiotiese middel verkry van 'n skimmelplant <Penicillium notatum> wat die groei van sekere mikro-organismes inhibeer)

pentoksied : pentoxide (enige oksied met vyf suurstofatome)

pentose <kyk ook heksose; tetrose; triose> : pentose ('n monosakkaried met vyf koolstofatome <C5H10O5>, bv ribose; 'n 5C-suiker)

pepsien : pepsin ('n ensiem wat deur maagsap gesekreteer word en die hidrolise van proteïen kataliseer; 'n proteïnase)

pepsinogeen : pepsinogen ('n onaktiewe voorloper van pepsien wat deur soutsuur in die maag geaktiveer word om pepsien te vorm)

peptidase <kyk ook erepsien> : peptidase ('n proteolitiese ensiem wat peptiede hidroliseer tot aminosure)

peptied <kyk ook dipeptied; polipeptied; tripeptied> : peptide (verbinding wat uit twee of meer aminosure bestaan)

peptiedband : peptide bond (chemiese binding wat tussen die -NH2-groepe en -COOH-groepe van aangrensende aminosure ontstaan met verlies van 'n watermolekule)

pepties : peptic (mbt pepsien)

pepties : peptic (mbt vertering)

peptogeen : peptogenous (wat pepsien of peptone produseer)

peptoon : peptone (polipeptiedkettings <proteïene> wat gedurende hidrolise so kort geword het dat dit oplosbaar is in water en versadigde soutoplossings)

peptoon : peptone (verbinding wat gevorm word n gedeeltelike hidrolise van proteïene)

perdestert <kyk cauda equina> : horse tail

perforeer : perforate (deurboor of 'n gaatjie deur iets maak)

perfusie : perfusion (deurstroom met 'n vloeistof)

periaksiaal : periaxial (rondom 'n as)

periaksonaal : periaxonal (rondom 'n akson)

perichondraal : perichondral (mbt die perichondrium)

perichondrium : perichondrium (dun bindweefselvlies wat kraakbeen omring)

perifeer <cf sentraal> : peripheral (mbt of geleë naby die buitekant of periferie <omtrek>)

perifere senuwee : peripheral nerve (enige senuwee wat uit die brein of rugmurg ontstaan)

perifere senuweestelsel <cf sentrale senuweestelsel> (PSS) : peripheral nervous system, PNS (die motoriese, sensoriese en gemengde senuwees en ganglia wat buite die brein en rugmurg voorkom)

perifeerwaarts : peripherad (in die rigting van die periferie)

perifere weerstand : peripheral resistance (weerstand wat bloed ondervind wanneer dit deur bloedvate vloei <agv wrywing teen die wand van die bloedvat, veral arteriool>)

periferie (omtrek, randgebied) : periphery (buiterand; gedeelte van 'n liggaam verste weg van die middelpunt)

perikardiaal : pericardial (mbt die perikardium)

perikardiaal : pericardial (rondom die hart)

perikardium <cf endokardium> (hartsak) : pericardium (buitenste membraanagtige sak wat die hart omring)

perikranium : pericranium (die eksterne periosteum van die skedel)

perilimf <kyk ook endolimf> : perilymph (helder vloeistof wat die membraneuse en benige labirint van die inwendige oor van mekaar skei)

perimeter : perimeter (instrument waarmee die gesigsveld bepaal word)

perimetrium : perimetrium (buitenste laag van die uterus <afkomstig van die peritoneum>)

perimisium <kyk ook endomisium; epimisium> : perimysium (bindweefselskede wat die sekondêre spierbondels in 'n spier aan mekaar bind)

perinataal : perinatal (mbt die tydperk voor, tydens of net na geboorte)

perineum : perineum (gebied tussen die anus en die skrotum of vulva)

perineurium <kyk ook endoneurium; epineurium> : perineurium (bindweefselskede wat die sekondêre senuweebondels saambind)

periode : period (verwys na menstruasie)

periode (tydperk) : period (<onbepaalde> tydruimte waarin iets plaasvind)

periodiek : periodic (wat met min of meer gereelde tussenposes voorkom)

periodieke tabel : periodic table ('n tabel waarvolgens natuurlike elemente volgens toenemende atoomgetalle geklassifiseer word <soortgelyke eienskappe van elemente word so periodies herhaal>)

periodiese parasiet (intermitterende parasiet) : intermittent parasite (organisme wat slegs 'n sekere tyd in die gasheer lewe terwyl dit die res van die tyd vry voortbestaan)

periodisiteit : periodicity (ritmiese veranderinge in die aktiwiteite van organismes agv uitwendige of inwendige faktore)

periodontaal : periodontal (rondom 'n tand)

periosteaal : periosteal (mbt die periosteum)

periosteum <cf endosteum>

(beenvlies) : periosteum (buitenste veselagtige vlies wat been omring <behalwe by die gewrigsente>)

peristaltiese beweging <kyk

peristalse> : peristaltic movement

peristalse <kyk ook pendulumbeweging; segmentasiebeweging> (peristaltiese beweging) : peristalsis, peristaltic movement (ritmies golfagtige sametrekkings van buisstrukture waardeur die inhoud voortgestoot word, bv voedsel deur die dermkanaal, gal deur die galbuis en urien deur die ureter)

peristalties : peristaltic (mbt of met die voorkoms van peristalse)

peristool : peristole (een enkele peristaltiese beweging)

peritelium (bloedvaatskede) : perithelium (bindweefsellaag wat die kapillêre en kleiner bloedvate omsluit)

peritoneaal : peritoneal (mbt die peritoneum)

peritoneum (buikvlies) : peritoneum (sereuse membraan wat die hele buikholte uitvoer en die organe daarin omsluit en deels vasheg)

peritubulêr : peritubular (wat rondom 'n buis voorkom, veral die nefronbuise)

perkutaan : percutaneous (deur die vel)

permanent : permanent (blywend; wat nie verander nie)

permanente parasiet : permanent parasite (organisme wat sy hele lewensloop in die gasheer voltooi)

permanente tande : permanent teeth (een van die stel van 32 tande wat by ouer kinders en volwassenes voorkom)

perodaktilus : perodactylus ('n individu met ontbrekende of misvormde vingers en/of tone)

peroksidase <kyk ook katalase; oksidase> : peroxidase (ensiem wat die oksidasie van sekere organiese stowwe in die teenwoordigheid van waterstofperoksied kataliseer)

peroksied : peroxide (dioksied waarin twee suurstofatome direk aan mekaar gekoppel is, bv waterstofperoksied)

per os : per os (deur die mond)

persepsie : perception (die bewuste herkenning en interpretasie van stimuli deur onbewuste assosiasie, bv die leerproses)

persepsie <kyk ook estesie> : perception (waarneming van indrukke deur enigeen van die sintuie)

perseptiwiteit : perceptivity (die vermoë om waarnemings te kan maak)

petit mal <cf grand mal> (minor epilepsie) : petit mal, minor epilepsy (toestand gekenmerk deur kortstondige gedeeltelike verlies van bewussyn <dit kom dikwels slegs voor as 'n skielike onderbreking van spraak of verbygaande verwardheid>)

Petri-bakkie : Petri dish (vlak bakkie wat gebruik word om mikro-organismes in te kweek)

perspirasie (sweet) : perspiration, sweat (waterige afskeiding vanaf die sweetkliere)

perspireer (sweet) : perspire (skei perspirasie af)

Peyer-plakette : Peyer's patches ('n groep limfnodules in die slymvlies van die ileum <naby sy aansluiting met die kolon>)

PGAL <kyk fosfogliseraldehied> : PGAL

P-golf <kyk ook elektrokardiogram> : P wave (benaming gebruik by 'n elektrokardiogram wat die depolarisasie van die atria aantoon)

pH : pH (simbool wat gebruik word om die suurheid of alkaliniteit van 'n oplossing aan te dui <'n waarde van 7 is neutraal, minder as 7 suur en meer as 7 alkalies>)

pH : pH (negatiewe logaritme van die waterstofioonkonsentrasie uitgedruk in mol per liter)

pia <kyk pia mater> : pia

pia mater <kyk ook aragnoïed; dura mater; meninges> (pia, sagte harsingvlies, sagte rugmurgvlies) : pia mater, pia (binneste van die drie membrane wat die brein en rugmurg omsluit)

piekpotensiaal <kyk ook aksiepotensiaal> : spike potential (die aanvanklike groot potensiaalverandering wat in 'n selmembraan plaasvind tydens eksitasie)

piëlitis : pyelitis (inflammasie van die nierbekken)

pigment <kyk ook gepigmenteer(d)> : pigment (enige organiese kleurstof wat in die liggaam geproduseer word, bv melanien)

pigmentasie : pigmentation (gekleur deur 'n pigment)

pigopagus : pygopagus ('n tweeling wat by die boude aan mekaar vas is)

pika (allotriofagie) : pica, allotriophagy (begeerte na stowwe wat nie as voedsel geskik is nie, bv klei, kalk ens <gaan gewoonlik gepaard met 'n ystertekort>)

piknofrase : pyknophrasis (dik spraak)

pikometer (pm) : picometer, pm (een miljoenste deel van 'n mikrometer <10-12>)

pilêr : pilary (mbt 'n haar)

pilomotories : pilomotor (wat hare laat beweeg)

pilories : pyloric (mbt die pilorus)

piloriese sfinkter (pilorusklep, portierklep) : pyloric sfincter, pyloric valve (sterk kringspier wat die opening tussen die piloruskanaal en die duodenum afsluit)

pilorostenose : pylorostenosis (vernouing van die pilorus)

pilorus : pylorus (buisvormige laaste deel van die maag waar dit by die duodenum aansluit <word inwendig afgebaken deur 'n verdikking van die kringspierlaag van hierdie streek en uitwendig deur 'n effense insnoering aan die buitewand van die maag>)

pilorusklep <kyk piloriese sfinkter> : pyloric valve

pimelose : pimelosis (ombouing tot vet)

pineaal : pineal (mbt die pineale klier)

pineaalklier (epifise, pineaalliggaam) : pineal gland, epiphysis, pineal body (endokriene klier met 'n onduidelike funksie wat net bokant die serebellum geleë is)

pineaalliggaam <kyk pineaalklier> : pineal body

pinna <kyk oorskulp> : pinna

pinositose <kyk ook fagositose> : pinocytosis (die proses waardeur ekstrasellulêre vloeistof in die sel ingeneem word <deur invaginasie van die selmembraan>)

pinset : pincet (klein tangetjie)

piogeen : pyogenic (ettervormend)

pipet : pipette ('n gegradueerde, gekalibreerde, deurskynende glasbuis wat gebruik word om 'n bepaalde <klein> volume vloeistof af te meet)

pipetteer : pipette (vloeistof met 'n pipet oorbring)

piramidaal : pyramidal (mbt 'n piramide; in die vorm van 'n piramide)

piramidale baan <kyk kortikospinale baan> : pyramidal tract

piramide : pyramid ('n spitslopende anatomiese struktuur, soos bv in die nier, medulla en serebellum)

pireksie (koors) : pyrexia, fever ('n bo-normale liggaamstemperatuur <bv meer as 37,2 °C>)

piretoterapie : pyretotherapy (behandeling van siektes deur koors te verwek)

piridoksien (vitamien B6) : pyridoxine, vitamin B6 ('n wateroplosbare, wit, kristallyne vitamien, wat deel uitmaak van die vitamien B-kompleks <is essensieel vir die afbreek van aminosure en kom oa voor in lewer, gis, sojabone en graansoorte>)

piriform (peervormig) : pyriform (met die vorm van 'n peer)

pirimidien <kyk ook purien; timien; sitosien; urasiel> : pyrimidine ('n organiese basis van nukleïensure)

pirodruiwesuur : pyruvic acid (tussenproduk in die metabolisme van glukose <selrespirasie>)

pirogeen : pyrogen ('n stof wat die liggaamstemperatuur verhoog; enige koorsverwekkende stof)

pirovaat : pyruvate (sout van pirodruiwesuur)

pirrool : pyrrole (wateroplosbare, gelerige olie met 'n slegte smaak wat in die selle voorkom en gebruik word by die vervaardiging van geneesmiddels)

pituïtêr : pituitary (mbt die pituïtêre klier of hipofise)

pituïtêre klier <kyk hipofise> : pituitary gland

plaat : plate (enige dun, afgeplatte deel)

plaket : patch, plaque (enige goed omskrewe kol, gewoonlik effens verhewe bo die omringende oppervlak)

planosiet : planocyte ('n sel wat rondbeweeg)

plantaar : plantar (mbt die voetsool)

planum : planum (vlak of oppervlak)

plasebo : placebo (onaktiewe stof wat gebruik word as 'n kontrole by die toets van geneesmiddels)

plasenta : placenta (die struktuur wat die fetus aan die uteruswand heg en as voedings- en uitskeidingsorgaan van die fetus funksioneer)

plasentaal : placental (mbt die plasenta)

plasma <kyk bloedplasma> : plasma

plasmalemma <kyk selmembraan> : plasma lemma

plasmamembraan <kyk selmembraan> : plasma membrane

plasmaproteïen : plasma protein (enigeen van die proteïene wat ongeveer 6 tot 7 persent van die bloedplasma uitmaak <die vernaamste is albumien, fibrinogeen, protrombien en die gammaglobuliene>)

plasmasel (plasmasiet) : plasma cell, plasmacyte ('n limfoïede of limfagtige sel wat in beenmurg, bindweefsel en soms in bloed voorkom en betrokke is by die immunologiese meganisme van die liggaam)

plasmasiet <kyk plasmasel> : plasmacyte

plasmaties (plasmies) : plasmatic, plasmic (mbt plasma)

plasmien <kyk fibrinolisien> : plasmin

plasmies <kyk plasmaties> : plasmic

plasminogeen <kyk fibrinogeen> : plasminogen

plasmolise : plasmolysis (verlies van vloeistof uit 'n sel deur osmotiese aktiwiteit)

plasmolise : plasmolysis (die oplos van 'n sel)

plasmosoom : plasmosome (die ware nukleolus of mitochondria van 'n sel)

plasties <cf aplasties 1e inskrywing> : plastic (die vermoë om weefsel te vorm)

plasties <cf aplasties 2e inskrywing> : plastic (in staat om gevorm te word)

plastisiteit <kyk ook elastisiteit; vervormbaarheid> : plasticity (eienskap van 'n liggaam om van vorm te kan verander, bv die blaaswand wat kan uitrek)

platbeen : flat bone, squama ('n been met 'n plat voorkoms, bv bladbeen <bestaan uit twee lagies kompakte been met sponsbeen tussenin>)

platina (Pt) : platinum, Pt (swaar, silwerwit metaal)

platipodie : platypodia (abnormale plat voete)

plaveiselepiteel (skubselepiteel, skubvormige epiteel) : pavement epithelium, squamous epithelium (een laag groot, plat selle wat langs mekaar gepak is, bv bloedvatwande)

pleksus : plexus ('n vlegwerk van senuwees, bloedvate of limfvate, waarvan daar heelwat in die liggaam voorkom)

pleositose : pleocytosis (vermeerdering van selle in die liggaamsvloeistof, veral limfosiete in die serebrospinale vog)

pletbaar : malleable (kan platgeslaan word tot 'n dun plaat)

pletismograaf : plethysmograph (apparaat waarmee die verandering in grootte en volume van ledemate of organe geregistreer word deur veranderinge in hulle bloedvolumes te meet)

pleura (longvlies) : pleura (dun, dubbele membraan wat die borsholte uitvoer en die longe omsluit)

pleuraal : pleural (mbt die pleura)

pleurale holte : pleural cavity (potensiële ruimte tussen die pariëtale en visserale pleura)

pleuralgie : pleuralgia (pyn in die pleura of sy)

plika : plica (vou of plooi)

pluripaar <kyk multipaar> : pluripara

plutonium (Pu) : plutonium, Pu (radioaktiewe element wat uit uraan verkry word)

pm <kyk pikometer> : pm

pneumaties : pneumatic (mbt lug of respirasie)

pneumometer <kyk spirometer> : pneumometer

pneumonie (longontsteking) : pneumonia (inflammasie van die longe)

pneumotaktiese sentrum : pneumotaxic centre (sentrum in die boonste gedeelte van die pons wat ritmies, onafhanklik van die vagi, inspirasie beheer)

pneumotoraks : pneumothorax (aanwesigheid van gas of lug tussen die borskaswand en die longe, dws in die pleurale holte)

PO2 (pO2) : PO2, pO2 (parsiële <gedeeltelike> suurtofspanning)

pododinie : pododynia (pyn in die voet)

podosiet : podocyte ('n epiteelsel van die binneste wand van die nierglomerulus wat moontlik 'n sametrekkende funksie het en 'n rol by nierfiltrasie speel)

poikilosiet : poikilocyte (onreëlmatig gevormde eritrosiet)

poikilotermies <cf homotermies> (koudbloedig) : poikilothermic, cold-blooded (liggaamstemperatuur varieer na gelang van die omgewingstemperatuur)

polarisasie <kyk ook polariseer 1e inskrywing/cf depolarisasie> : polarisation (die ontwikkeling van 'n elektriese lading tussen twee punte, soos byvoorbeeld op die oppervlakte van 'n selmembraan)

polarisasie <kyk ook polariseer 2e inskrywing/cf depolarisasie> : polarisation (die toestand waar liggolwe slegs in een vlak vibreer)

polariseer <kyk ook polarisasie 1e inskrywing/cf depolariseer> : polarise (om 'n stof <elektrode> 'n positiewe of negatiewe lading te laat aanneem)

polariseer <kyk ook polarisasie 2e inskrywing/cf depolariseer> : polarise (polariteit aanneem)

polariteit : polarity (aanwesigheid van teenoorgestelde pole <positief en negatief>)

polariteit : polarity (die eienskap dat twee eindpunte 'n teenoorgestelde effek vertoon)

polêr : polar (mbt of geleë naby 'n pool)

poliakson : polyaxon (senuweesel met meer as een akson)

poliatomies <kyk ook polivalent> : polyatomic (bestaan uit 'n aantal atome)

polibasies : polybasic (mbt enige suur wat meer as een verplaasbare waterstofatoom het)

polichromaties : polychromatic (veelkleurig)

polidipsie : polydipsia (abnormale dors wat oormatige vloeistofinname tot gevolg het)

polifagie (bulimie) : polyphagia, bulimia (oormatige voedselinname agv uitermate eetlus)

poligraaf : polygraph (instrument om gelyktydig meer as een fisiologiese respons te registreer, bv bloeddruk, respiratoriese bewegings en arteriële polsslag gelyk)

polimeer <cf monomeer> : polymer (reusemolekule wat opgebou is uit baie monomere, bv proteïen opgebou uit aminosure)

polimeriseer : polymerise (die vorming van 'n polimeer uit monomere)

polimorf : polymorph (algemene term vir 'n polimorfonukleêre leukosiet)

polimorfies (veelvormig) : polymorphic, polymorphous (met verskillende vorme)

polimorfonukleêr : polymorphonuclear (met 'n kern wat in lobbe verdeel is wat met fyn draadjies aan mekaar verbind is <sodat dit veelvormig vertoon>)

polinukleêr (veelkernig) : polynuclear (met baie kerne <nukleï>)

poliomiëlitis : poliomyelitis (inflammasie van die grysstof van die rugmurg)

poliose : poliosis (die grysword van hare)

poliovirus : poliovirus (een van 'n klein groepie RNA-bevattende virusse wat poliomiëlitis veroorsaak)

polipeptied <kyk ook dipeptied; peptied> : polypeptide (molekule wat uit baie aminosure, wat mbv peptiedbande aan mekaar verbind is, bestaan; 'n produk van proteïenvertering)

polipnee <kyk tagipnee> : polypnoea

poliribosoom <kyk ook ribosoom> (polisoom) : polyribosome, polysome ('n groepie ribosome wat deur boodskapper-RNA aan mekaar gebind is en die genetiese kode dra)

polisakkaried <kyk ook monosakkaried; disakkaried; sakkaried> : polysaccharide (koolhidraat wat uit 'n groot aantal monosakkariede opgebou is <sluit stysel, dekstriene, glikogeen, sellulose en insulien in>)

polisitemie (eritrositemie) : polycythaemia, erythrocythaemia (teenwoordigheid van 'n oormaat rooibloedselle in die bloed)

polisoom <kyk poliribosoom> : polysome

poliurie <kyk ook anurie/cf oligurie> : polyuria (oormatige afskeiding van urien)

polivalent <kyk ook poliatomies> : polyvalent (met meer as een valens, maw in staat om aan meer as een monovalente atoom te verbind)

polleks (duim) : pollex, thumb (binneste vinger aan die radiale kant van die hand)

polosiet <kyk poolliggaampie> : polocyte

pols n. <kyk ook polsgewrig> : pulse (deel van die onderarm net bokant die hand)

pols n. (polsslag, pulsasie) : pulse, pulse beat, pulsation (ritmiese verwyding en vernouing van arterieë <gemiddeld 60-80 polsslae per minuut>)

pols v. (pulseer) : pulsate (ritmies klop)

polsbeentjie <kyk karpus> : carpus

polsdruk : pulse pressure (die verskil tussen sistoliese en diastoliese bloeddruk <gewoonlik 30 tot 40 mm Hg>)

polsgewrig <kyk ook pols n. 1e inskrywing> : wrist (gewrig tussen die hand en die arm)

polsslag <kyk pols n. 2e inskrywing> : pulse beat

pompkamer <kyk ventrikel 2e inskrywing> : ventricle

pons (brug) : pons, bridge (enige weefselstrook wat twee dele van 'n struktuur of orgaan aan mekaar verbind)

pons <kyk pons Varolii> : pons

pons Varolii (brug van Varolius, pons, Variolus-brug) : pons Varolii, pons of Variolus, bridge of Variolus, pons (strook van inmekaargevlegte senuvesels wat die serebrum, serebellum en medulla oblongata onderling verbind)

pool : pole (in biologie is dit die eindpunte van enige denkbeeldige as wat deur simmetries gerangskikte dele van 'n sel, ovum, orgaan of kern getrek word)

pool : pole (in anatomie is dit die punt op 'n senusel waar die dendriete ontspring)

pool : pole (enigeen van die twee punte wat teenoorgestelde fisiese eienskappe vertoon <elektries of andersins>)

poolliggaampie (polosiet) : polar body, polocyte (een van die klein niefunksionele selletjies wat tydens die tweede meiotiese deling in die ontwikkelingsproses van vroulike gamete ontstaan en later verdwyn)

poortaar (poortvena, portale vena) : portal vein (aar met kapillêre vate aan weerskante)

poortsisteem (portale stelsel) : portal system (die netwerk are wat bloed van die abdominale deel van die spysverteringskanaal, milt, pankreas en galblaas dreineer en dit na die lewer vervoer)

poortvena <kyk poortaar> : portal vein

popliteaal : popliteal (verwys na die agterkant van die knie)

poreus : porous (met porieë of openinge)

porfirien : porphyrin (enige yster- of magnesiumvry pirroolderivaat wat algemeen in protoplasma voorkom <dit vorm die basis van respiratoriese pigmente>)

porie : pore (baie klein opening)

porta : porta (mbt die hilum of poort van 'n orgaan, bv lewerpoort)

portale sirkulasie : portal circulation (veneuse terugvloei vanaf die ingewande na die lewer)

portale vena <kyk poortaar> : portal vein

portale stelsel <kyk poortsisteem> : portal system

portierklep <kyk piloriese sfinkter> : pyloric sphincter

posisie : position (stand of houding van die liggaam)

positief <cf negatief 1e inskrywing> : positive (met 'n waarde van meer as nul)

positief <cf negatief 2e inskrywing> : positive (tov toetse is dit 'n aanduiding dat 'n stof of reaksie teenwoordig is)

positief <cf negatief 3e inskrywing> : positive (tov 'n stof is dit 'n aanduiding dat die stof 'n positiewe chemiese lading dra)

positief <cf negatief 4e inskrywing> : positive (bevestigend)

positiewe druk <cf negatiewe druk> : positive pressure ('n druk wat hoër as die omringende atmosferiese druk is)

positiewe elektron <kyk positron> : positive electron

positiewe ioon <kyk katioon> : positive ion

positiewe terugvoer <kyk ook terugvoerbeheer/cf negatiewe terugvoer> : positive feedback ('n toename in funksie <opbrengs> of aktiwiteit in reaksie op 'n stimulus vind plaas, bv toename in mikturisie wanneer urien begin vloei <verandering vind dus in dieselfde rigting as die oorspronklike aksie plaas>)

positron (positiewe elektron) : positron, positive electron (deeltjie met dieselfde massa as 'n elektron, maar met 'n positiewe lading)

posterieur <kyk posterior> : posterior

posterior <cf anterior 1e inskrywing> (agter, posterieur) : posterior, back, behind (aan die agterkant van 'n liggaam geleë)

posterior <cf anterior 2e inskrywing> (agter, posterieur) : posterior, back, behind (mbt die dorsale kant <rugkant>)

postganglionies <cf preganglionies> : postganglionic (posterior of distaal van 'n ganglion geleë <gesê van outonome senuwees>)

post mortem (lykskouing, outopsie) : post mortem, autopsy (nadoodse ondersoek)

post mortem : post mortem (na die dood)

postnataal <cf prenataal> (nageboortelik) : postnatal (mbt na die geboorte)

postpartum : postpartum (na die bevalling <geboorte>)

postsinapties <cf presinapties 1e inskrywing> : postsynaptic (geleë na die sinaps)

postsinapties <cf presinapties 2e inskrywing> : postsynaptic (wat plaasvind nadat die impuls oor die sinaps beweeg het)

posturaal : postural (mbt liggaamshouding of posisie)

postuur : posture (liggaamshouding of gestalte)

potensiaal : potential (beskikbare sterkte of vermoëndheid)

potensiaal : potential (in elektrisiteit is dit 'n elektriese spanning tussen twee punte)

potensiaal : potential (die vermoë om arbeid te verrig)

potensiaalverskil : potential difference (die verskil in elektriese potensiaal tussen twee punte in 'n elektriese veld)

potensieel : potential (beskikbare bron of vermoë, bv potensiële energie)

potensieel (latent) : potential, latent (aanwesig, maar nie aktief nie)

potensiële energie <kyk ook kinetiese energie> : potential energy (energie wat 'n liggaam besit agv sy posisie, samestelling of toestand <energie is nie onmiddellik beskikbaar nie, dws latente energie>)

potjie : socket (hol gewrig in die liggaam)

Pott-fraktuur : Pott's fracture (fraktuur aan die onderpunt van die tibia)

preganglionies <cf postganglionies> : preganglionic (anterior of proksimaal van 'n ganglion geleë <gesê van outonome senuwees>)

prematuur (voortydig) : premature (wat voor die vasgestelde tyd plaasvind)

premedikasie : premedication (toediening van 'n middel om 'n mate van verdowing teweeg te bring voor die toediening van die algemene verdowingsmiddel <narkose>)

premenstrueel : premenstrual (wat voor menstruasie geskied)

premolaar (voorkiestand,

voormaaltand) : premolar (enigeen van die agt tande, twee aan elke kant van elke kaak, wat voor die maaltande geleë is)

prenataal <cf postnataal> (voorgeboortelik) : prenatal, antenatal (mbt voor die geboorte)

preparaat : preparation (in anatomie het dit betrekking op weefsel of organe wat gereed gemaak is vir demonstrasie of eksperimentele ondersoek)

preparaat : preparation (iets wat voorberei is)

presbiopie : presbyopia (verlies van akkommodasievermoë van die oog weens verharding van die kristallens <gewoonlik aanwesig by ouer mense>)

prepilories : prepyloric (mbt die gedeelte van die maag onmiddellik voor die pilorus)

presinapties <cf postsinapties 1e inskrywing> : presynaptic (geleë voor die sinaps)

presinapties <cf postsinapties 2e inskrywing> : presynaptic (wat plaasvind voordat die impuls oor die sinaps beweeg)

presipitaat <kyk sediment> : precipitate

pressoreseptor <kyk ookbaroreseptor> : pressoreceptor (reseptor <senuwee-eindpunt> wat gevoelig is vir vasomotoriese aktiwiteite)

prikkel n. <kyk stimulus> : stimulus

prikkel v. <kyk stimuleer> : stimulate

prikkelbaar : irritable, excitable (in staat om op 'n prikkel te reageer)

prikkelbaar : irritable, excitable (maklik opgewonde raak)

prikkelbaarheid : irritability, excitability (vermoë om te kan reageer op 'n verandering in die omgewing)

prikkelbaarheid : irritability, excitability (neiging om maklik opgewonde te raak)

prikkelend <kyk eksitatories> : stimulating

prikkeling <kyk eksitasie> : stimulation

primêr <kyk ook sekondêr; tersiêr> : primary (eerste ontstaan; vroegste aanwesig, oorspronklik of vernaamste)

primêre alkohol : primary alcohol ('n alkohol wat die monovalente karbinolgroep <-CH2OH> besit)

primêre spermatosiet : primary spermatocyte (sel wat gevorm word deur verdeling van die spermatogonium)

primêre wondgenesing : healing by first intention (spontane genesing van 'n wond sonder infeksie of die vorming van sigbare granulasieweefsel <dit laat byna geen letsel>)

primitief <kyk ook

ongedifferensieerd> : primitive (oorspronklik; onontwikkeld)

primordiaal : primordial (oorspronklike vorm; wat van die begin af bestaan)

primordium : primordium (oerstruktuur; die eerste herkenbare stadium in die embrioniese ontwikkeling en differensiasie van 'n spesifieke orgaan, weefsel of struktuur)

prisma : prism ('n blok deurskynende materiaal <gewoonlik glas of plastiek> waarvan die snylyne van die opstaande syvlakke gelyk is <word gebruik in optiese instrumente omdat dit lig buig>)

produksie <kyk omset> : output

proe <kyk smaak v.> : taste

proe : taste (deur die smaaksintuig waarneem, bv proe of iets reg smaak)

proef <kyk eksperiment> : experiment

proefbuis : test tube ('n glasbuisie met 'n ronde, geslote punt wat in laboratoriums gebruik word vir wetenskaplike ondersoek van vloeistowwe ens)

profase <kyk ook anafase; interfase; metafase; telofase> : prophase (eerste stadium van kerndeling in mitose en meiose waartydens oa lengteverdeling van chromosome plaasvind)

profilaktikum (voorbehoedmiddel) : prophylactic, contraceptive (middel wat gebruik word om bv swangerskap te verhoed)

profunda : profunda ('n term wat gebruik word om aan te toon dat een struktuur dieper <verder van die liggaamsoppervlak> as 'n ander geleë is)

progesteroon (progestien) : progesterone, progestin (hormoon van die corpus luteum wat die uterus voorberei vir die inplanting en ontwikkeling van 'n bevrugte eiersel)

progestien <kyk progesteroon> : progestin

prognose : prognosis ('n voorspelling van die moontlike duur en verloop van 'n siekte <deur die toestand van die persoon te vergelyk met die normale verloop en duur onder soortgelyke toestande>)

progressief <cf regressief> : progressive (geleidelik toenemend)

projeksie : projection (uitsteeksel)

projeksie <kyk ook verwysde pyn> : projection (verwysing van 'n sensasie na 'n sekere liggaamstreek)

prokarioties : prokaryotic (mbt organismes sonder 'n egte selkern, bv bakterieë)

proksimaal <cf distaal 1e

inskrywing> : proximal (geleë in die rigting van <tov die plek van aanhegting of oorsprong>)

proksimaal <cf distaal 2e

inskrywing> : proximal (nader aan die verwysingspunt)

proktodeum : proctodeum (terminale deel van die spysverteringskanaal van die ontwikkelende embrio wat met ektoderm uitgevoer is en uiteindelik die anus en anale kanaal vorm)

prolaktien : prolactin (hormoon wat deur die anterior hipofise vrygestel word en oa verantwoordelik is vir die groei en ontwikkeling van die melkkliere)

proliferasie : proliferation (vermenigvuldiging deur herhaalde deling)

prolifereer : proliferate (aksie van proliferasie)

pronasie <cf supinasie 1e inskrywing> : pronation (wanneer die duim na binne en die palm na onder beweeg word)

pronasie <cf supinasie 2e inskrywing> (vooroorkanteling) : pronation (so 'n posisie in te neem dat die ventrale oppervlak van die liggaam na onder wys)

pronator : pronator (spier wat pronasie veroorsaak)

pronefros : pronephros (eerste embrioniese nier)

pronukleus : pronucleus (voorloper van 'n nukleus)

pronukleus : pronucleus (kern van die gameet gedurende bevrugting)

properdien <kyk ook komplement> : properdin ('n groep ensieme wat in bloed aanwesig is en komplement aktiveer)

proprioseptief : proprioceptive (vermoë om prikkels van binne die liggaam te ontvang <wat in spiere, gewrigte en tendons ontstaan>)

proprioreseptor <kyk proprioseptor> : proprioreceptor

proprioseptor <kyk ook eksteroseptor; interoseptor; meganoreseptor> (proprioreseptor) : proprioceptor, proprioreceptor (sinsreseptor vir interne prikkels; sensoriese reseptor geleë in spiere, tendons en gewrigte wat gewaarwordinge ivm liggaamsposisie en -beweging waarneem)

propulsie (voortstuwing) : propulsion (handeling van vorentoe beweeg)

prosenkefalon (prosensefalon, voorbrein, voorharsings) : prosencephalon, forebrain (die gedeelte van die brein wat die diënkefalon en telenkefalon insluit)

prosensefalon <kyk prosenkefalon> : prosencephalon

proses : process (natuurlike uitsteeksel vanuit been of ander weefsel)

proses : process ('n opeenvolgende reeks gebeure vanaf 'n spesifieke toestand tot by 'n resultaat)

prosogaster : prosogaster (buisvormige embrionale orgaan waaruit die farinks, esofagus, maag en duodenum ontwikkel)

prosopospasma : prosopospasm ('n kramp in die gesigspiere)

prostaat <kyk prostaatklier> : prostate

prostaatklier (prostaat) : prostate gland, prostate ('n sekondêre geslagsklier by mans wat die nek van die blaas en die uretra omsluit en 'n afskeiding vrystel wat gekoaguleerde semen vloeibaar maak)

prostaglandiene : prostaglandins (verbindings wat uit essensiële vetsure geproduseer word en biologies baie aktief is in die beheer van gladdespierkontraksie)

prostetiese groep : prosthetic group (nieproteïengedeelte van 'n ensiem wat styf aan die proteïen gebind is en nodig is voor die proteïen kan werk)

protanopie : protanopia ('n soort kleurblindheid wat gekenmerk word deur die onvermoë om die rooi kleur waar te neem)

protease (proteolitiese ensiem) : protease, proteolytic enzyme (ensiem wat proteïene verteer; wat die reaksie om proteïene af te breek, kataliseer)

proteïen : protein ('n komplekse organiese stikstofverbinding wat uit baie aminosure <meer as 50> opgebou is)

proteïnase : proteinase (enigeen van die verteringsensieme wat op proteïene inwerk)

proteïnurie : proteinuria (aanwesigheid van abnormale hoeveelhede proteïen, veral albumien, in die urien)

proteoklasties <kyk proteolities> : proteoclastic

proteolise : proteolysis (proses waardeur water, in die teenwoordigheid van ensieme, tot die peptiedbinding van proteïene gevoeg word sodat dit hidroliseer <opbreek>)

proteolities (proteoklasties) : proteolytic, proteoclastic (mbt enige stof wat die afbraak van proteïene bevorder)

proteolitiese ensiem <kyk protease> : proteolytic enzyme

proteose : proteose (afbraakproduk van proteïene <tussen 'n proteïen en peptone>)

protoblast : protoblast (sel sonder 'n membraan)

protoblast : protoblast (eerste of eenselstadium van 'n embrio)

proton <kyk ook elektron; neutron> : proton ('n positief gelaaide partikel in 'n atoomkern <die aantal protone in die kern van 'n atoom dui die atoomgetal van die element aan>)

protoplasma : protoplasm (die fundamentele materiaal waaruit alle lewende selle opgebou is <bestaan basies uit die sitoplasma, selkern, selorganelle en selmembraan>)

protoplasmastroming <kyk siklose> : protoplasmic streaming

protoplasmies : protoplasmic (mbt protoplasma)

protosoön : protozoan (een van die eensellige mikro-organismes <waarvan sommige parasities en patogeen is>)

protrombien <kyk ook antitrombien; trombien> (trombinogeen) : prothrombin, thrombinogen (een van die bloedstollingsfaktore in bloedplasma wat 'n voorloper is van trombien <wat in die teenwoordigheid van vitamien K fibrinogeen omvorm tot fibrien>)

PR-segment <kyk ook elektrokardiogram> : PR interval (die afstand tussen die einde van die P- en die begin van die Q-golf op 'n elektrokardiogram <wat depolarisasie van 'n gedeelte van die AV-knoop, die His-bondel en die bondeltakke verteenwoordig>)

pseudoartrose <kyk neartrose> : pseudoarthrosis

pseudopodia <ekv pseudopodium> : pseudopodia

pseudopodium <mv pseudopodia> (skynvoet) : pseudopodium (tydelike uitstulping van die protoplasma van selle om te dien vir beweging of voeding)

psige : psyche (die mens se innerlike <siel, gees en verstand> wat die bewuste en onderbewuste prosesse insluit)

psigies : psychic (betreffende die siel of gees; nie liggaamlik nie)

psigomotories (ideomotories) : psychomotor, ideomotor (mbt willekeurige bewegings)

psigose (kranksinnigheid) : psychosis, insanity (geestelike afwyking of siekte waarin kontak met die realiteit verlore gaan <gaan dikwels gepaard met hallusinasies, illusies ens>)

psigosomaties : psychosomatic (wat betrekking het op beide die gees en die liggaam)

PSS <kyk perifere senuweestelsel> : PNS

Pt <kyk platina> : Pt (chemiese simbool)

ptialien (speekselamilase) : ptyalin (ensiem in speeksel wat gaar stysel na maltose afbreek)

Pu <kyk plutonium> : Pu (chemiese simbool)

puberteit : puberty (tydperk wanneer geslagsrypheid intree)

pubes : pubes (gebied waar hare oor die pubiese wyk groei)

pubies : pubic (mbt die skaambeen <pubis>)

pubiese been <kyk pubis> : pubic bone

pubiese simfise : pubic symphysis (kraakbeengewrig waar die pubiese bene aan mekaar vergroei is)

pubiese wyk : pubic region (gebied van die geslagsorgaan)

pubis <kyk ook heupbeen; ilium; ischium> (pubiese been, skaambeen) : pubis, pubic bone (voorste van die drie vergroeide bene van die heupgordel)

pulmonaal <kyk pulmonêr> : pulmonary

pulmonêr (pulmonaal) : pulmonary (mbt die longe)

pulmonêre hartsiekte <kyk cor pulmonale> : pulmonary heart disease

pulmonêre sirkulasie <kyk ook sistemiese sirkulasie; kardiovaskulêre stelsel> (klein bloedsomloop) : pulmonary circulation (deel van die bloedsomloop wat bloed van die hart na die longe en terug vervoer)

pulpa (pap) : pulp (sagte, sponsagtige weefsel wat ryklik van bloedvate voorsien is <kom voor in die milt of in 'n tand>)

pulsasie <kyk pols n. 2e inskrywing> : pulsation

pulseer <kyk pols v.> : pulsate

pulseer : pulsate (heen en weer of op en af beweeg)

punksie : puncture (deurboring met 'n skerp instrument of voorwerp)

Punnett-vierkant : Punnett square ('n diagram wat gebruik word om die moontlike genotipe en fenotipe van die nakomeling van spesifieke ouers te bepaal)

pupil (kyker) : pupil (ronde opening in die iris van die oog wat lig na die lens deurlaat)

pupillêr : pupillary (mbt die pupil)

purien <kyk ook adenien; guanien; pirimidien> : purine (een van die stikstofbasisse wat deel van 'n nukleïensuur uitmaak)

Purkinje-selle : Purkinje's cells (groot, peervormige selle met baie dendriete wat in die korteks van die serebellum aangetref word)

Purkinje-netwerk : Purkinje's network ('n komplekse netwerk

vesels in die subendokardiale weefsel van die hart wat impulse vanaf die AV-bondel vervoer en veroorsaak dat die ventrikels byna gelyktydig saamtrek)

purpura : purpura (abnormale toestand gekenmerk deur die aanwesigheid van blou of perserige kolle onder die vel of in die slymvliese agv subkutane bloeding)

pyn : pain (onaangename sensasie wat veroorsaak word deur skadelike stimulasie van die sensoriese senu-eindpunte)

pynreseptor <kyk nosiseptor> : pain receptor

pynstillend <kyk analgeties> : pain relieving

pynstiller <kyk analgetikum> : pain reliever

 

Q

 

Q-golf <kyk ook elektrokardiogram> : Q wave (die aanvanklike afwaartse <negatiewe> uitwyking in die QRS-kompleks)

QRS-kompleks <kyk ook elektrokardiogram> : QRS complex (elektriese uitwyking op 'n elektrokardiogram wat ooreenstem met die depolarisasie van die ventrikels)

quadriceps : quadriceps (spier aan die voorkant van die dy wat uit vier dele bestaan)

 

R

 

R <kyk röntgen> : R

Ra <kyk radium> : Ra (chemiese simbool)

rabdium : rhabdium ('n willekeurigespiervesel)

rabdoïed (staafvormig) : rhabdoid (met die vorm van 'n staaf)

rad <kyk ook rem> : rad (basiese eenheid van geabsorbeerde ioniserende strale <röntgenstrale>)

radiaal : radial (mbt die radius <speekbeen>)

radiaal : radial (straalvormig, dws wat vanaf 'n gemeenskaplike punt uitsprei)

radiaalwaarts : radiad (in die rigting van die radius of radiale kant)

radiasie <kyk straling> : radiation

radikaal : radical ('n groep atome wat as 'n eenheid reageer, maar nie as sulks in die natuur bestaan nie, bv die hidroksielgroep <-OH>, karboksielgroep <-COOH>, ammoniumgroep <-NH4>)

radikaal : radical (diep ingrypend)

radikaal : radical (mbt die wortel)

radikel <kyk radikula> : radicle

radikula (radikel) : radicula, radicle (een van die kleinste vertakkings van senuwees of bloedvate)

radioaktief : radioactive (wat die eienskap van radioaktiwiteit besit; wat radioaktiewe strale <alfa, beta of gamma> kan uitstraal)

radioaktiewe element : radioactive element ('n element waarvan die kern spontaan disintegreer om radioaktiewe strale uit te stuur <alle elemente met atoomgetal groter as 83 is radioaktief>)

radioaktiwiteit : radioactivity (beskryf atome wat spontaan alfa-, beta- of gammastrale uitstraal agv disintegrasie van die atoomkern)

radiograaf : radiographer (iemand wat radiografie beoefen, maw wat röntgenfoto's neem)

radiografie : radiography (fotografiese opname van voorwerpe deur röntgenstrale)

radio-isotoop : radioisotope (radioaktiewe isotoop wat deur die liggaam kan beweeg agv sy radioaktiwiteit <isotope wat algemeen in die biologie gebruik word, is radioaktiewe jodium en radioaktiewe koolstof vir ouderdomsbepaling, radioaktiewe chroom vir bepaling van die leeftyd van rooibloedselle en radioaktiewe kobalt vir kanker>)

radiokarpaal : radiocarpal (mbt die radius en die karpale gedeelte van die hand)

radiologie (röntgenologie) : radiology (vertakking van die mediese wetenskap wat betrekking het op die diagnostiese en terapeutiese gebruik van stralingsenergie, veral röntgenstrale en radium)

radioloog : radiologist (deskundige op die gebied van radiologie)

radioterapie <kyk bestraling> : radiotherapy

radium (Ra) : radium, Ra (seldsame chemiese element van die alkali-aardmetale wat strale kan uitstuur wat deur verskillende liggame kan dring en as liggewende stof gebruik word)

radius (straal) : radius (lyn vanaf die middelpunt tot by die omtrek van die sirkel)

radius <kyk ook ulna> (speekbeen) : radius (kleinste van die twee voorarmbene <lê aan die duimkant>)

radon <kyk ook atmosfeer 1e inskrywing> (Rn) : radon, Rn (radioaktiewe, inerte, gasagtige niemetaal wat as eerste afbreekproduk uit radium vrygestel word)

ragidiaal : rachidial (mbt die werwelkolom)

ragis (ruggraat, spinale kolom, werwelkolom) : rachis, spinal column, backbone (die buigbare struktuur wat die sentrale deel van die skelet vorm <is opgebou uit 33 onreëlmatige beentjies wat die skedel ondersteun en die rugmurg omsluit>)

ragitis : rachitis, rickets (gebrekkige beenverkalking by kinders weens 'n tekort aan vitamien D)

rami <ekv ramus> : rami

ramifikasie : ramification (vertakking)

ramifiseer : ramify (vertak)

ramus <mv rami> : ramus (tak of vertakking van senuwees of bloedvate)

randgebied <kyk periferie> : periphery

Ranvier-knoop : Ranvier node (insnoerings op gereelde afstande in die neurilemma van perifere senuwees)

ras (stam) : race, stock (groep individue met gemeenskaplike kenmerke of vaste erflike eienskappe)

RBS <kyk eritrosiet> : RBC

reabsorpsie (resorpsie) : reabsorption, resorption (die inneem of opname van iets wat alreeds uitgeskei is)

reagens : reagent ('n stof wat betrokke is by 'n chemiese reaksie <word gebruik vir die opsporing, sintese of bepaling van 'n ander stof in die reaksie>)

reaksie : reaction (chemiese proses waar een soort molekule in 'n ander omgeskakel word, of aan 'n ander verbind)

reaksie : reaction (respons op stimulasie)

reaksietyd <kyk latente periode> : reaction time

reaktiveer : reactivate (om weer aktief te maak)

receptaculum (reseptakulum) : receptaculum (opvanggebied of opvangruimte)

redoksreaksie <kyk oksidasie-

reduksie> : redox reaction

reduksie <cf oksidasie 1e inskrywing> : reduction (die verwydering van suurstof van 'n stof)

reduksie <cf oksidasie 2e inskrywing> : reduction ('n chemiese reaksie waar 'n stof elektrone ontvang)

reduksie <cf oksidasie 3e inskrywing> : reduction (verlies aan positiewe lading of wins aan negatiewe lading)

reduksie <cf oksidasie 4e inskrywing> (hidrogenasie) : reduction, hydrogenation (die byvoeging van waterstof tot 'n stof)

reduksiedeling <kyk meiose> : reduction division

reduktase (hidrogenase) : reductase, hydrogenase (enige ensiem wat reduksie in chemiese reaksies teweegbring)

reduseer : reduce (herstel of terugbring tot 'n vroeëre punt of peil, bv die korreksie van 'n breuk of fraktuur)

reduseer <cf oksideer> : reduce (in chemie is die plaasvind van reduksie)

reduseerbaar : reducible (kan gereduseer word)

reduseermiddel <cf oksideermiddel> : reducing agent ('n stof wat 'n ander kan reduseer en terselfdertyd self geoksideer word)

reduserend : reducing (wat reduksie veroorsaak)

reduserende suiker : reducing sugar ('n suiker met 'n atoomgroep wat maklik geoksideer kan word en sodoende 'n ander stof reduseer <alle monosakkariede en sommige disakkariede, bv laktose en maltose, is reduserende suikers>)

reënboogvlies <kyk iris 2e

inskrywing> : iris

refleks <kyk ook natuurlike refleks; gekondisioneerde refleks> : reflex ('n onwillekeurige, voorspelbare reaksie op 'n prikkel)

refleks : reflex (terugwerking)

refleksbeweging : reflex movement ('n onwillekeurige, stereotipe beweging wat uitgelok word deur eksterne stimuli en deur 'n reflekssentrum werk)

refleksboog : reflex arc (pad wat 'n impuls volg vanaf die reseptor wat dit opvang, langs 'n afferente senuvesel na die senusentrum in die rugmurg en van daar met 'n efferente senuvesel na die effektor <spier of klier>)

reflekssentrum : reflex centre (enige sentrum in die brein of rugmurg waar sensoriese impulse omgeskakel word in motoriese impulse)

refluks (terugvloeiing) : reflux (abnormale terugvloei van vloeistof)

refraksie (breking, ligbreking) : refraction (die verandering van voortplantingsrigting van lig- of ander elektromagnetiese strale wanneer dit van een medium na 'n ander met verskillende digtheid beweeg, bv beweging van lig uit die lug in die oog in)

refraksie : refraction (handeling van terugbuiging)

refrakteer : refract (mbt refraksie)

refraktêr (refraktories) : refractory (ongevoelig vir prikkeling; reageer nie geredelik nie)

refraktêre periode (refraktoriese periode) : refractory period (tydsduur direk na stimulasie <depolarisasie> waartydens 'n senuwee of spier nie op 'n volgende prikkel kan reageer nie)

refraktories <kyk refraktêr> : refractory

refraktoriese periode <kyk refraktêre periode> : refractory period

regenereer : regenerate (vermoë om beskadigde weefsel te herstel of om te herbou)

regio : regio (gebied of streek)

regionaal : regional (mbt 'n gebied of streek)

regionale anatomie (streeksanatomie) : regional anatomy (anatomie van bepaalde dele van die liggaam)

regressie : regression (terugkeer na 'n vroeëre stadium)

regressie : regression (terugval)

regressief <cf progressief> : regressive (geleidelik terugwerkend)

regs <kyk dekster> : right

regter- atrioventrikulêre klep <kyk trikuspidale klep> : right atrioventricular valve

reguleer <kyk beheer>: regulate

regulerende hormoon : regulating hormone (hormoon wat die tempo van afskeiding van ander kliere beheer)

regurgitasie <kyk paliree> : regurgitation

Reissner-membraan : Reissner's membrane (dun membraan wat skuins opwaarts vanaf die boonste oppervlak van die lamina spiralis tot teen die buitewand van die benige koglea strek <vorm saam met die basilaarmembraan die membraanlabirint>)

rekbaarheid <kyk elastisiteit> : elasticity

rekord : record (verslag of aantekening)

rektaal : rectal (mbt die rektum)

rektostenose : rectostenosis (vernouing van die rektum)

rektovaginaal : rectovaginal (mbt die rektum en die vagina)

rektovesikaal : rectovesical (mbt die rektum en die blaas)

rektum (endelderm) : rectum (laaste, nouer gedeelte van die dikderm wat in die anus eindig)

rektus : rectus (reguit)

rektusspier : rectus muscle ('n spier in die liggaam wat 'n relatief reguit voorkoms het, bv sommige oogspiere)

relaksien : relaxin ('n hormoon van die corpus luteum wat uteriene kontraksie tydens swangerskap onderdruk)

relatiewe digtheid <kyk ook absolute digtheid> : relative density (die verhouding tussen die massa van 'n liggaam met 'n gegewe volume en die massa van dieselfde volume water, dws die verhouding tussen die digtheid van die stof en die digtheid van water)

relatiewe humiditeit <kyk ook absolute humiditeit> (RH) : relative humidity, RH (die persentasie waterdamp in die lug in vergelyking met die hoeveelheid wat aanwesig sou wees indien die lug 100 persent versadig sou wees)

rem <kyk ook rad> : rem (die hoeveelheid ioniserende strale wat biologies net so effektief is as 1 rad X-strale <akroniem vir die Engels röntgen-equivalent-man>)

renaal : renal (mbt die nier)

renale buis : renal tube (een van die nierbuisies wat by die Malpighi-liggaampie begin en by die punt van 'n nierpapil in die nierbekken open <vorm dus die parenchiem van die nier>)

renale liggaampie <kyk Malpighi-liggaampie> : renal body

renale pelvis <kyk nierbekken> : renal pelvis

renien : renin ('n ensiem wat deur die niere vrygestel word en die bloeddruk verhoog deur angiotensienproduksie te stimuleer)

rennien : rennin (verteringsensiem in maagsap wat melkstolling veroorsaak)

reobasis : rheobase (minimum elektriese stroom wat nodig is om stimulasie te veroorsaak)

reostaat : rheostat (instrument waarmee die sterkte van 'n elektriese stroom beheer word; reëlbare weerstand)

reotakse : rheotaxis (die oriëntering van mikro-organismes in 'n vloeistofstroom met hul lengte-as parallel aan die rigting van die stroom)

replikasie : replication (duplisering van 'n deel <letterlik beteken dit die terugvouing van 'n deel om 'n duplikaat te vorm>)

replikasie : replication (in navorsing is dit die herhaling van 'n eksperiment om die resultaat te bevestig)

repolarisasie : repolarisation (herlading of herstel van die selmembraan van senuwee- of spiervesels vanaf die gepolariseerde toestand na die rustoestand)

reproduksie (voortplanting) : reproduction (die vermoë om oorsprong te gee aan 'n ander organisme van dieselfde soort <'n kenmerk eie aan lewende organismes>)

reproduktief (voortplantend) : reproductive (mbt die vermoë om nakomelinge voort te bring)

reseptakulum <kyk receptaculum> : receptaculum

reseptief : receptive (ontvanklik)

reseptor : receptor ('n chemiese kompleks op 'n selmembraan of in 'n sel wat 'n chemiese stof, bv hormone en neuro-oordragstowwe, bind)

reseptor : receptor (anatomiese strukture wat prikkels soos druk, tas, pyn en temperatuur waarneem)

reservoir (opgaarplek) : reservoir ('n sel, orgaan of holte wat gebruik word vir opberging van stowwe)

reserwevolume <kyk ook getyvolume; residuele volume> : reserve volume (die ekstra volume lug wat nog deur 'n maksimale poging in- of uitgeasem kan word n gewone asemhaling)

resessief <cf dominant> (sluimerend) : recessive (tov 'n kenmerk wat oorgeërf word en eers waarneembaar is wanneer dit homosigoties is <moontlik eers na baie geslagte wanneer albei lede van 'n allele geenpaar eenders is>)

resessiewe eienskap : recessive characteristic (tov 'n eienskap wat slegs in die fenotipe verskyn wanneer albei lede van 'n allele geenpaar eenders is)

resessiewe geen <cf dominante geen> : recessive gene ('n geen wat slegs 'n eienskap voortbring wanneer dit deur beide ouers oorgedra word, maw wanneer die individu homosigoties vir daardie geen is)

resessiewe oorerwing <cf dominante oorerwing> : recessive inheritance (eienskap kom slegs in diegene voor wat homosigoties vir daardie geen is)

residu : residue (dit wat agterbly)

residueel : residual (mbt residu)

residuele volume <kyk ook getyvolume; reserwevolume> : residual volume (volume lug wat n die sterkste moontlike ekspirasie nog in die longe agterbly)

resiprook : reciprocal (die omgekeerde; <om>ruilbaar in die natuur)

resiprook : reciprocal (wederkerig of wedersyds)

resolusie : resolution (daardie punt by optiese instrumente waar twee punte nog duidelik van mekaar onderskei kan word; diskrimineringsvermoë)

resonansie : resonance (meetrilling van die toon op enige voorwerp wat getref word; weerklank)

resoneer : resonate (om mee te tril of weerklank te gee)

resorbeer : resorb (om op te los en te assimileer)

resorpsie <kyk reabsorpsie> : resorption

respirasie : respiration (vrystelling van energie uit chemiese verbindings)

respirasie <kyk ook eksterne respirasie; interne respirasie> : respiration (gaswisseling <suurstof en koolstofdioksied> tussen lewende weefsel en die omringende omgewing)

respirator : respirator (toestel wat gebruik word om om lug te suiwer vir inaseming of om reëlmatige asemhaling te bevorder)

respiratories : respiratory (mbt respirasie)

respiratoriese kwosiënt (RK) : respiratory quotient, RQ (verhouding CO2 teenoor O2 wat verbruik word; verhouding tussen die volume koolsuurgas wat uitgeasem word en die volume suurstof wat ingeasem word oor 'n vasgestelde tyd)

respiratoriese minuutvolume <kyk ook minuutvolume> : minute respiratory volume (die totale volume "nuwe lug" wat deur die lugweë per minuut beweeg <gelyk aan die getyvolume vermenigvuldig met die respirasiespoed>)

respiratoriese sentrum (asemhalingsentrum) : respiratory centre (verspreide senuselle geleë in die vloer van die vierde breinventrikel wat betrokke is by die regulering van die diepte en tempo van asemhaling)

respireer : respire (asemhaal)

respirometer : respirometer (instrument om die krag van die asemstoot tydens uitaseming te meet; instrument wat die aard van asemhalingsbewegings meet)

respons : response (reaksie op 'n prikkel)

restivorm : restiform (touagtig of koordvormig)

restivorme liggaam : restiform body (gedeelte van die medulla oblongata wat die serebellum en die wortels van die spinale senuwees verbind)

resussitasie : resuscitation (bybringing of opwekking, maw die proses waarby die vitale funksies van 'n persoon tydens respiratoriese of hartversaking weer tot aktiwiteit gestimuleer word)

rete : rete ('n netwerk <veral in anatomie gebruik vir are en slagare>)

retensie : retention (die vermoë van die spysverteringstelsel om voedsel en water terug te hou)

retensie : retention (onvermoë om te urineer of te ontlas)

retensie : retention (terughouding)

retikulêr : reticular (met 'n gevlegte of netagtige voorkoms)

retikulêre formasie : reticular formation ('n komplekse netwerk van senuweevesels in die breinstam wat die vitale funksies van die liggaam beheer)

retikulo-endoteliale stelsel : reticulo-endothelial system ('n funksionele, eerder as 'n anatomiese struktuur van die liggaam, wat veral as beskermingsmeganisme teen infeksies optree <dit bestaan uit makrofages, Kupfer-selle van die lewer en retikulumselle van die longe, beenmurg, milt en limfknope>)

retikulosiet <kyk ook retikulumsel> : reticulocyte ('n onvolwasse eritrosiet wat gekenmerk word deur 'n basofiele netwerk in die posisie van die selkern)

retikulum : reticulum ('n netwerk van veral protoplasma in selle)

retikulumsel <kyk ook retikulosiet> : reticular cell (mesenchimale selle van beenmurg, limfknope en die milt wat oorsprong gee aan granulosiete, limfosiete en monosiete)

retina (netvlies) : retina (die binneste tienlagige senuweevlies van die oog met die reseptore vir ligstrale)

retinaal : retinal (mbt die retina)

retineen (retinien) : retinene (enigeen van die twee karotenoïedpigmente wat in die stafies van die retina aangetref word, voorlopers van vitamien A is en deur lig geaktiveer word)

retinien <kyk retineen> : retinene

retinol (vitamien A1) : retinol, vitamin A1 (die vorm waarin vitamien A in soogdiere voorkom)

retinopatie : retinopathy (enige siektetoestand van die retina)

retort : retort ('n distilleerfles bestaande uit 'n bolvormige liggaam met 'n lang, krom nek)

retortstander : retort stand (toestel waaraan flesse, proefbuise of ander skeikundige apparaat geklamp word, of waarin dit gesteek word om dit te stut)

retraksie : retraction (inkrimping <van 'n bloedklont>)

retraksie : retraction (optrekking van spiere)

retraksie : retraction (terugtrekking)

retraktiel : retractile (terugtrekbaar)

retraktor : retractor (iets wat 'n ander voorwerp terugtrek)

retraktor (wondhaak) : retractor (instrument wat gebruik word om die wande van weefsel en organe terug te trek sodat die onderliggende anatomie sigbaar is)

retraktorspier : retractor muscle (spier wat 'n liggaamsdeel terugtrek)

retrofarinks : retropharynx (agterste deel van die farinks)

retrogressie : retrogression (agteruitgang)

retrogressie : retrogression (degenerasie of atrofie van liggaamsdele)

retroperitoneaal : retroperitoneal (agter die peritoneum)

retroperitoneaal : retroperitoneal (van of mbt organe wat styf teen die abdominale wand voorkom en gedeeltelik deur die peritoneum bedek word)

retrosekaal : retrocaecal (agter die sekum)

retrovirus : retrovirus ('n RNA-bevattende virus wat sy genetiese materiaal aan die DNA van die gasheersel kan oordra <sluit HIV en virusse wat sekere kankers veroorsaak in>)

reuk : odour, smell (die geur wat iets afgee)

reukbrein <kyk rinenkefalon> : rhinencephalon

reuksenuwee <kyk nervus olfactorius> : olfactory nerve

reusegroei <kyk gigantisme> : gigantism

reusesel : giant cell (veelkernige sel wat gevorm word deur samesmelting van twee of meer makrofage, of deur 'n herverdeling van die selkern sonder verdeling van die selliggaam <word gewoonlik by abnormale toestande of vreemde voorwerpe in die liggaam gevind>)

R-golf <kyk ook elektrokardiogram> : R wave (positiewe uitwyking op die elektrokardiogram wat veroorsaak word deur depolarisasie van die hartventrikels)

RH <kyk relatiewe humiditeit> : RH

Rhesus-faktor (Rh-faktor) : Rhesus factor, Rh factor ('n antigeen <bloedproteïen> wat oorspronklik in die bloed van die Rhesus-aap geïsoleer en geïdentifiseer is en teenwoordig is in die rooibloedselle van ±85% mense <mense met die faktor is Rh-positief en die daarsonder is Rh-negatief>)

Rh-faktor <kyk Rhesus-faktor> : Rh factor

Rh-negatief <kyk ook Rhesus-faktor> : Rh negative (sonder die Rhesus-faktor)

Rh-positief <kyk ook Rhesus-faktor> : Rh positive (met die Rh-faktor)

rib : rib (enigeen van die twaalf pare plat, smal, geboë bene wat vanaf die werwelkolom na die borsbeen verloop <dit sluit in ware ribbe, valsribbe en swewende ribbe>)

riboflavien (vitamien B2) : riboflavine, vitamin B2 ('n geel, kristallyne, wateroplosbare pigment <een van die hittestabiele komponente van die vitamien B-kompleks wat oa in melk, eiers, lewer en blaargroente voorkom>)

ribonuklease : ribonuclease ('n ensiem wat die hidrolise van ribonukleïensuur kataliseer)

ribonukleïensuur <kyk ook deoksiribonukleïensuur; nukleïensuur> (RNA) : ribonucleic acid, RNA ('n nukleïensuur wat in die selkern en sitoplasma van selle aangetref word en verantwoordelik is vir die oordrag van genetiese boodskappe van die selkern na die sitoplasma <drie tipes, naamlik boodskapper-RNA, oordrag-RNA en ribosoom-RNA is betrokke by proteïensintese in selle>)

ribose : ribose ('n pentosesuiker <5C> wat oa in ribonukleïensuur aangetref word)

ribosoom <kyk ook poliribosoom> : ribosome ('n sitoplasmiese organel wat by proteïensintese betrokke is <is gewoonlik vasgeheg aan die endoplasmiese retikulum, of kom in groepies in die sitoplasma voor waar dit dan as poliribosome bekend staan>)

ribosoom-RNA <kyk ook boodskapper-RNA; transport-RNA> (rRNA) : ribosomal RNA, rRNA ('n vorm van RNA wat in die ribosome voorkom en betrokke is by proteïensintese <blykbaar betrokke by die korrekte opstelling van bRNA en tRNA op die ribosomale oppervlak>)

rietsuiker <kyk sukrose> : cane sugar

rif : ridge, crest (verhewe rand op verskillende liggaamstrukture, soos byvoorbeeld op 'n been <bv skapula>)

rigiditeit : rigidity (onbuigsaamheid, styfheid)

rigor : rigor ('n styfheid in die liggaamsweefsels, soos byvoorbeeld rigor mortis)

rigor : rigor (onbeheerde bewerasie geassosieer met koudheid en koors)

rigor mortis : rigor mortis (algemene spierstyfheid wat kort na die dood intree)

rima : rima (anatomiese term vir 'n gleuf of spleet)

rimula : rimula (klein gleufie, veral in die brein of rugmurg)

rinaal : rhinal (mbt die neus)

rinenkefalon (reukbrein, rinensefalon) : rhinencephalon (olfaktoriese gedeelte van die brein)

rinensefalon <kyk rinenkefalon> : rhinencephalon

ring <kyk annulus> : ring

ring : ring (enige sirkelvormige area of streek)

ring : ring (in chemie is dit die samestelling van atome in 'n geslote ketting)

Ringer-oplossing <kyk ook fisiologiese soutoplossing> : Ringer's solution ('n helder, kleurlose oplossing met 'n souterige smaak wat ooreenstem met weefselvloeistof en as bloedvervangstof, of as bespoeling- en perfusievloeistof gebruik word)

rinofaringeaal <kyk nasofaringeaal> : rhinopharyngeal

rinofarinks <kyk nasofarinks> : rhinopharynx

risoïed : rhizoid (met 'n onreëlmatig vertakte voorkoms wat lyk soos wortels)

ritme : rhythm (handeling wat met gereelde tussenposes geskied)

RK <kyk respiratoriese kwosiënt> : RQ

Rn <kyk radon> : Rn (chemiese simbool)

RNA <kyk ribonukleïensuur> : RNA

rodopsien <kyk ook jodopsien> (eritropsien, gesigspurper,

oogpurper) : rhodopsin, erythropsin, visual purple ('n fotosensitiewe, rooskleurige pigment in die stafies van die retina wat nodig is vir skemersig)

roentgen <kyk röntgen> : roentgen

Rolando-groef (groef van Rolando) : Rolando fissure, fissure of Rolando (groef wat vanaf die dorsale kant van elke hemisfeer van die serebrum ventraal en skuins na voor strek <verdeel elke halfronde van die serebrum in vier lobbe>)

rombenkefalon (agterbrein, agterharsings, rombensefalon) : rhombencephalon, hind brain (gedeelte van die brein bestaande uit die serebellum, pons en medulla oblongata)

rombensefalon <kyk rombenkefalon> : rhombencephalon

rombies <kyk romboïed> : rhomboid

romboïed (rombies) : rhomboid (ruitvormig; skeefhoekige parallelogram)

romp <kyk torso> : trunk

rondevenster <kyk fenestra

rotundus> : fenestra rotundus

rondevensterkanaal <kyk scala tympani> : scala tympani

rondewurm <kyk nematood> : roundworm

röntgen (R, roentgen) : röntgen, R, roentgen (internasionale eenheid om die dosis röntgenbestraling te meet)

röntgenfoto <kyk röntgenogram> : radiograph

röntgenogram (röntgenfoto, skiagram, X-straalfoto, X-straalplaat) : röntgenogram, skiagram, radiograph, X-ray photo (foto wat mbv röntgenstrale gemaak word)

röntgenologie <kyk radiologie> : röntgenology

röntgenstrale (X-strale) : röntgen rays, X-rays (onsigbare elektromagnetiese strale wat deur die meeste stowwe beweeg, weefselvernietiging veroorsaak en fotografiese beelde veroorsaak wat vir diagnostiese doeleindes gebruik word)

roof : scab (korsie wat ontstaan deur uitdroging van die afskeiding van 'n seerplek)

rooibeenmurg <kyk ook

geelbeenmurg> : red bone marrow, red marrow (sagte weefsel wat ryklik van bloedliggaampies voorsien is <kom voor in bene van babas en jong kinders, asook in platbene en die epifises van langbene by volwassenes, waar dit verantwoordelik is vir die vorming van leukosiete en eritrosiete in die bloedstroom>)

rooibloedliggaampie <kyk eritrosiet> : red blood corpuscle

rooibloedsel <kyk eritrosiet> : red blood cell

rook : smoke (vlugtige, gasagtige produk wat ontstaan by die verbranding van 'n organiese stof)

rostraal : rostral (term wat dikwels in embriologie gebruik word om na die voorste of sternale mond- en neusgedeelte van die embrio te verwys)

rostrum : rostrum ('n snawelagtige uitsteeksel)

rotameter (vloeimeter) : rotameter, flowmeter ('n instrument wat gebruik word om die snelheid van gasvloei ooreenkomstig die viskositeit en digtheid te meet)

rotarspier <kyk roteerder> : rotator

rotasie : rotation (die beweging wat uitgevoer word wanneer 'n deel van die liggaam rondom 'n denkbeeldige as beweeg, bv as die kop heen en weer gedraai word)

roteerder (rotarspier) : rotator (spier wat 'n ledemaat om sy lengteas draai)

rouleau : rouleau (manier waarop rooibloedliggaampies aan mekaar kleef sodat dit lyk na 'n stapel muntstukke)

rRNA <kyk ribosoom-RNA> : rRNA

rubella (Duitse masels) : rubella, German measles (akute aansteeklike siekte wat lyk soos masels, maar wat kort van duur is en ligte simptome het <dit word gekenmerk deur koors, 'n pienk uitslag en ontsteking van die agterservikale limfklier>)

rubor : rubor (rooiheid agv inflammasie)

rudimentêr <kyk ook vestigiaal> : rudimentary (nie volkome ontwikkel nie)

Ruffini-liggaampies <kyk ook Krause-liggaampies; Pacini-liggaampies> : Ruffini's corpuscles (sensoriese senuwee-eindpunte in die huid wat veral verantwoordelik is vir hittegewaarwording <kom voor in die elmboë, wange, rug, vingers en handpalms>)

rug <kyk dorsum 1e inskrywing> : back

ruga : ruga (plooi of vou wat groot voue in die slymvliese van 'n orgaan veroorsaak, soos bv die rugae van die maag)

ruggraat <kyk ragis> : backbone

rugkant <kyk dorsum 2e inskrywing> : dorsum

rugmurg <kyk miël> : spinal cord

rugmurgkanaal <kyk vertebrale

kanaal> : vertebral canal

ruimtelike summasie : spacial summation (een <postsinaptiese> neuron ontvang impulse vanaf verskeie <presinaptiese> neurone)

ruik : smell (om deur die reuksintuig iets waar te neem)

rumatiek : rheumatism (algemene begrip vir verskillende toestande gekenmerk deur pyn in die spiere, gewrigte en bindweefselstrukture)

ruptuur : rupture (breking of skeuring van 'n liggaamsdeel of weefsel)

ruptuur <kyk hernia> : rupture

rus : rest (beëindiging van arbeid of aktiwiteit)

ruspotensiaal <cf aksiepotensiaal> : resting potential (die elektriese potensiaal oor die selmembraan by rustende selle <gewoonlik -70 millivolt agv negatiewe ione wat by die binnevlak en positiewe ione wat by die buitevlak van die membraan oorheers>)

rustend <kyk dormant> : dormant

rustende sel <kyk interfasesel> : resting cell

ruvesel (sellulose) : roughage, cellulose ('n kleurlose, onoplosbare, onverteerbare, deurskynende, soliede koolhidraat <polisakkaried> wat die grootste gedeelte van die selwande van plante uitmaak)

ryk <kyk ook takson> : kingdom (een van die drie kategorieë waarin die natuur tradisioneel verdeel word, nl die planteryk <alle plante>, diereryk <alle diere> en die mineraleryk <alle nielewende voorwerpe>)

ryp <kyk volwasse> : mature

rypheid <kyk volwassenheid> : maturity

rypingsdeling <kyk meiose> : meiosis

rypwording <kyk maturasie> : maturation

 

S

 

S <kyk swael> : S (chemiese simbool)

SA <kyk sinoatriaal> : SA

saad <kyk semen> : seed

saadbuis <kyk ductus deferens> : seminiferous tube

saadbuisie <kyk seminifereuse buisie> : seminiferous tubule

saadleier <kyk ductus deferens> : vas deferens

saadsakkie <kyk vesicula seminalis> : vesicula seminalis

saadvog <kyk semen> : semen

saalgewrig : saddle joint (gewrig met twee saalvormige oppervlaktes <een konveks en die ander konkaaf> loodreg op mekaar, bv die karpometakarpale gewrig van die duim)

saamgesteld : complex, compound (wat saamgestel, kompleks of ingewikkeld is)

saamgestelde epiteel <kyk gestratifiseerde epiteel> : complex epithelium

saamgestelde proteïen <kyk konjugaatproteïen> : conjugate protein

saamkleef <kyk agglutineer> : agglutinate

saamklewing <kyk agglutinasie> : agglutination

saamklont <kyk agglutineer> : agglutinate

saamklonting <kyk agglutinasie> : agglutination

saampakking <kyk konglutinasie> : conglutination

saamtrek <kyk ook kontraksie> (inkrimp) : contract (gebruik tov spiere en weefsels wat deur fisiologiese werking kan verkort of krimp)

saamtrekbaar <kyk kontraktiel> : contractile

saamtrekbaarheid : contractibility (mbt saamtrek)

sacculus (sakkulus) : sacculus (klein sakkie)

sacculus <kyk ook utrikulus> (sacculus vestibularis, sakkulus) : sacculus, sacculus vestibularis (term wat in anatomie gebruik word om die kleinste van die twee dele van die membraanlabirint van die vestibulum, wat met die kogleabuis in verbinding is, aan te dui)

sacculus vestibularis <kyk sacculus 2e inskrywing> : sacculus vestibularis

saccus (sak) : saccus, pouch, sac (in- of uitstulping; holte; plooi of vou)

saccus lacrimalis (dakriosist, lakrimale sak, traansak) : saccus lacrimalis, dacryocyst, lacrimal sac (boonste wye gedeelte van die traanbuis)

safena-aar (beenvlakaar, vlakaar) : saphena, saphenous vein (enigeen van die twee groot, oppervlakkige are van die been)

safenasenuwee <kyk nervus saphena> : saphenous nerve

safeneus (beenvlak-) : saphenous (mbt die oppervlakkige bloedvate of senuwees van die been)

sagittaal : sagittal (enige denkbeeldige lyn wat van voor na agter deur die liggaam verloop en dit sodoende in 'n linker- en regterkant verdeel)

sagittaal : sagittal (pylvormig, soos die sagittale naat van die skedel)

sagittale vlak : sagittal plane (die anteroposterior vlak; die enigste vertikale vlak wat parallel aan die mediane vlak van die liggaam loop)

sagittale sutura : sagittal suture (die getande verbinding tussen die twee pariëtale bene waar hulle bo, in die middel van die skedel bymekaarkom)

sagte harsingvlies <kyk pia mater> : pia mater

sagte rugmurgvlies <kyk pia mater> : pia mater

sak <kyk saccus> : sac

sakagtig : saccular (met die voorkoms van 'n sak)

sakderm <kyk sekum> : caecum

sakkarase : saccharase (ensiem wat disakkariede tot monosakkariede hidroliseer)

sakkaried <kyk ook disakkaried; monosakkaried; polisakkaried> : saccharide ('n koolhidraateenheid wat uit een of meer suikereenhede bestaan)

sakkarose <kyk sukrose> : saccharose

sakkulus <kyk sacculus> : sacculus

SA-knoop <kyk sinoatriale knoop> : SA node

sakraal : sacral (mbt die sakrum)

sakrale werwel (kruiswerwel) : sacral vertebra (een van vyf vergroeide werwels wat die kruisbeen <sakrum> vorm)

sakrokoksigeaal : sacrococcygeal (mbt die sakrum en die koksiks)

sakrolumbaal : sacrolumbar (mbt die sakrum en die lumbale gebied)

sakrovertebraal : sacrovertebral (mbt die sakrum en die werwels)

sakrum (heiligbeen, kruisbeen) : sacrum (die groot, driehoekige been net onder die lendewerwels wat gevorm word deur versmelting van die vyf kruiswerwels en soos 'n wig tussen die twee heupbene inpas)

saliva (speeksel, spoeg, spuug) : saliva, spit, spittle (kleurlose, slymerige, alkaliese vloeistof wat deur die speeksel- en slymkliere in die mond afgeskei word <bevat water, musien, organiese soute en die verteringsensiem ptialien>)

saliveer (kwyl) : salivate (oortollige afskeiding van speeksel)

saltatoriese geleiding

(spronggeleiding) : saltatory conduction (verwys na die geleiding van impulse waar dit "spring" van een Ranvier-knoop na die volgende)

salpetersuur (HNO3) : nitric acid, HNO3 (kleurlose, sterk bytende en prikkelende suur wat voorberei word deur natriumnitraat met swaelsuur te distilleer)

salpingotomie : salpingotomy (chirurgiese insnyding in 'n uterusbuis)

samesmelting <kyk fusie> : fusion

samestelling <kyk verbinding> : compound

samevoeging <kyk integrasie> : integration

sanitasie : sanitation (maatreëls vir die bevordering van openbare gesondheid)

sanitêr : sanitary (mbt gesondheid en maatreëls ter beskerming daarvan)

sap <kyk succus> : juice

saprofiet <kyk ook parasiet> : saprophyte (organisme wat op dooie organiese materiaal lewe, bv skimmel en die meeste bakterieë)

saprofities : saprophytic (mbt 'n saprofiet)

saprogeen : saprogenic, saprogenous (wat verrotting veroorsaak)

saprogeen : saprogenic, saprogenous (veroorsaak deur verrotting)

saproob : saprobe ('n organisme wat op dooie en verrottende organiese materiaal van plante en diere lewe)

saprosoïes : saprozoic (wat op verrottende organiese materiaal lewe)

saprosoïet : saprozoite ('n organisme <gewoonlik protosoön> wat nie 'n lewende gasheer benodig nie)

sarkoblast : sarcoblast (voorloper van 'n spiersel)

sarkolemma (miolemma) : sarcolemma, myolemma (selmembraan van 'n spiervesel; die delikate skede rondom 'n spiervesel)

sarkologie (miologie) : sarcology, myology (afdeling van anatomie wat oor die sagteweefsels van die liggaam handel)

sarkomeer : sarcomere (die segment tussen twee Z-lyne van 'n spierfibril <die eintlike saamtrekbare eenheid van 'n spiervesel>)

sarkoplasma (spierplasma) : sarcoplasm (grondstof waarin spierveselfibrille ingebed lê; sitoplasma van spierselle)

sarkoplasmiese retikulum : sarcoplasmic reticulum (fyn buisienetwerk in spierselle)

sarkoplast : sarcoplast ('n interstisiële sel van 'n spier wat self tot 'n spier omvorm kan word)

sarkosoom : sarcosome (ander naam vir die mitochondrion van 'n miofibril)

sartorius : sartorius (die langste spier in die liggaam wat strek vanaf die pelvis tot by die kuit van die been)

satureer : saturate (om versadig te maak)

Sb <kyk antimoon> : Sb (chemiese simbool)

scala (skala) : scala (trap- of leervormige struktuur <verwys veral na die verskillende gange van die koglea>)

scala media (ductus cochlearis, kogleabuis, slakkehuiskanaal) : scala media, ductus cochlearis, cochlear duct (middelste membraneuse gang wat blind eindig bo in die koglea en geleë is tussen die Reissner-membraan en die basale membraan waarop die eindorgaantjies van gehoor geleë is)

scala tympani (rondevensterkanaal) : scala tympani (kom aan die onderkant tussen die basale membraan en die wand van die koglea voor <loop dood teen die rondevenster>)

scala vestibuli (vestibulêre kanaal, voorhofskanaal) : scala vestibuli, vestibular canal (kom aan die bokant tussen die Reissner-membraan en die wand van die koglea voor en is in verbinding met die vestibulum)

Schlemm-kanaal : Schlemm's canal (kanaal by die aansluiting van die kornea en die sklera wat die waterige vog terug na die bloed dreineer)

Schultz-reagens : Schultz's reagent (chemiese oplossing <chloor-sink-jodium> wat gebruik word om vir sellulose te toets)

Schwann-sel : Schwann's cell (een van die selle wat net onder die neurilemma tussen die Ranvier-knope van 'n senuweevesel geleë is en betrokke is by regenerasie van perifere senuwees)

Schwann-skede (neurilemma, neurolemma) : Schwann's sheath, neurilemma, neurolemma (dun, membraneuse buitenste bedekking van 'n senuweevesel wat die miëlienskede omsluit)

Se <kyk seleen> : Se (chemiese simbool)

sebum (talg) : sebum (olierige afskeiding van vetkliertjies wat uitdroging van die hare en vel voorkom)

sebumklier (talgklier) : sebum gland (kliere in die vel wat olie <sebum, talg> sekreteer)

sedatief <kyk kalmeermiddel> : sedative

sediment (neerslag, presipitaat) : sediment, precipitate, precipitation (afsaksel in 'n oplossing)

sedimentasie (besinking) : sedimentation (afsakking van 'n vastestof in 'n vloeistof)

seep : soap (enige verbinding van vetsure met 'n alkali)

seepsoda <kyk natriumhidroksied> : caustic soda

seer : sore (pynlike plek aan die liggaam)

sefalhematoom <kyk kefalhematoom> : cephalhaematoma

sefalies <kyk kefalies> : cephalic

sefalometer <kyk kefalometer> : cephalometer

segment : segment ('n stukkie of gedeelte van 'n groter struktuur of liggaam)

segmentaal : segmental (mbt of bestaande uit segmente)

segmentasie : segmentation (verdeling in soortgelyke stukke of onderdele)

segmentasiebeweging <kyk ook peristalse> : segmentation movement (reeks ritmies opeenvolgende kontraksies en verslappings van 'n dermsegment wat vermenging van die derminhoud bevorder, maar nie die spysbry voortbeweeg nie)

segregasie : segregation (om af te sonder, te skei of apart te hou)

segregasie : segregation (in genetika is dit die skeiding van allele gene gedurende meiose wanneer homoloë chromosome na die pole van die sel begin beweeg)

sekaal : caecal (mbt die sekum)

sekelsel : sickle cell ('n abnormale, halfmaanvormige rooibloedsel)

sekelselanemie : sickle cell anaemia (hemolitiese anemie waar persone abnormale, sekelvormige rooibloedselle met hemoglobien-S besit)

sekondêr <kyk ook primêr; tersiêr> : secondary (van minder belang of betekenis)

sekondêre geslagskenmerke : secondary sexual characteristics (enigeen van die fisiese of psigiese kenmerke van geslagsrypheid, bv haargroei, ontwikkeling van borste, belangstelling in teenoorgestelde geslag ens)

sekondêre wondgenesing : healing by second intention (vind plaas by wonde waar die kante nie bymekaarkom nie, sodat granulasieweefsel die opening toemaak, epiteel uiteindelik daaroor groei en 'n groter letsel nalaat as in die geval van primêre wondgenesing)

sekondêre spermatosiet : secondary spermatocyte (sel wat gevorm word deur die verdeling van die primêre spermatosiet)

sekreet <kyk sekresie 2e inskrywing> : secretion

sekresie (afskeiding) : secretion (die handeling van 'n klier om sekere nuttige stowwe af te skei; vrystelling van waterige, slymerige, bloederige of etterige vog)

sekresie (afskeiding, sekreet) : secretion (afskeidingsproduk van 'n orgaan; die stof wat afgeskei word)

sekreteer (afskei) : secrete (om af te skei, meer spesifiek, om iets uit die bloed of liggaamsvog af te skei deur klierwerking)

sekretien <kyk ook pankreosimien> : secretin ('n hormoon wat deur die duodenum en jejunum afgeskei word wanneer spysbry daar aankom, sodat die pankreas gestimuleer word tot sekresie van pankreassap)

sekretories : secretory (wat sekresie teweegbring)

seks n. (geslag) : sex (klassifikasie as manlik of vroulik op grond van anatomiese en chromosomale eienskappe)

seks v. : sex (om die geslag te bepaal)

seksbeperk <kyk geslagsbeperk> : sex-limited

sekschromatien <kyk geslagschromatien> : sex chromatin

seksgekoppel <kyk geslagsgekoppel> : sex-linked

seksie (snee) : section (gedeelte wat uit- of afgesny is)

seksivalent : sexivalent (met 'n valens van ses)

seksueel <kyk ook geslags-> (geslagtelik) : sexual (betreffende die natuurlike geslag)

seksuele omgang <kyk koïtus> : sexual intercourse

sekum (sakderm, tiflon) : caecum, cecum, typhlon (die sakagtige gedeelte van die dikderm wat by die aansluiting met die dunderm geleë is)

sekundigravida : secundigravida ('n vrou wat vir die tweede keer swanger is)

sel : cell (fundamentele eenheid van lewende organismes wat bestaan uit protoplasma met minstens een selkern en omsluit met 'n dun selmembraan)

sel : cell (afgeslote ruimte)

selbemiddelde immuniteit <kyk ook immuniteit; humorale immuniteit> : cell-mediated immunity (verworwe immuniteit verkry deurdat limfoïede selle, wat gesensitiseer is deur vorige blootstelling aan antigene, met die betrokke antigene kontak maak en hulle vernietig)

seldeling : cell division (verdeling van die sel deur verdeling van die selkern, waarna die sitoplasma insnoer)

seleen (Se) : selenium, Se (niemetaalagtige element wat besondere gebruike het agv verskil in weerstandsvermoë teen elektrisiteit in lig en donker)

selektief deurlatend <kyk ook halfdeurlatend> (differensieel deurlatend) : selectively permeable, differentially permeable (sekere stowwe word vryelik deurgelaat, terwyl ander glad nie, of tot 'n mindere mate deurgelaat word, bv by die endoteelselle by die bloed-brein-skans)

selfbevrugting <kyk outogamie> : autogamy

selfvertering <kyk outolise> : autolysis

selfverwek <kyk idiopaties> : idiopathic

seliakarterie <kyk arteria coeliaca> : coeliac artery

seliakpleksus <kyk solare pleksus> : coeliac plexus

selkern <kyk nukleus 1e inskrywing> : nucleus

selliggaam (soma) : cell body, soma (die sentrale deel van die sel wat die selkern en omringende sitoplasma bevat <met die uitsteeksels soos die akson, dendriete of stert van 'n spermatosoon uitgesluit>)

sellulêr : cellular (mbt of bestaande uit selle)

sellulose <kyk ruvesel> : cellulose

selmembraan (plasmalemma, plasmamembraan) : cell membrane, plasma lemma, plasma membrane (dun, delikate, selektief deurlatende membraan wat alle lewende selle omring <dit besit dikwels klein projeksies of mikrovilli wat die oppervlakarea vergroot>)

selmilieu : cell milieu (interne omgewing waarin die sel voorkom <bestaan uit 'n dun lagie weefselvloeistof>)

seloom : coelom (embrionale liggaamsholte)

selorganel <kyk organel> : cell organelle

SEM <kyk

skandeerelektronmikroskoop> : SEM

semeiografie : semeiography (beskrywing van siektesimptome)

semen <kyk ook spermatosoön> (saad, saadvog) : semen, seed (die dik, witterige sekresie wat tydens ejakulasie deur die manlike voortplantingsorgane afgeskei word en oa spermatosoa bevat)

semenbuis <kyk ductus deferens> : seminiferous tube

sement : cement (beenagtige stof wat twee oppervlaktes aan mekaar heg, bv die tandwortel in die tandkas)

semifleksie : semiflexion (beweging van 'n ledemaat tot 'n posisie halfpad tussen fleksie en ekstensie)

seminaal (spermaties) : seminal, spermatic (mbt semen)

seminale sakkie <kyk vesicula seminalis> : seminal vesicle

seminifereuse buisie (saadbuisie) : seminiferous tubule (een van die fyn buisies wat in die testis voorkom)

sening <kyk tendon> : tendon

sening <kyk chorda> : sinew

sensasie <kyk ook estesie> (gewaarwording) : sensation (gevoel of indruk veroorsaak deur prikkeling van sensoriese senuwees)

sensitief <kyk ook allergies>

(gevoelig) : sensitive (verhoogde gevoeligheid vir 'n spesifieke stimulus)

sensitief (gevoelig) : sensitive, sensible (kan prikkels waarneem)

sensitisasie : sensitisation ('n verworwe reaksie waartydens spesifieke antiliggame ontwikkel as 'n reaksie op spesifieke antigene)

sensitiseer <cf desensitiseer> : sensitise (proses waardeur 'n individu sensitief vir 'n spesifieke proteïen <antigeen> gemaak word)

sensitiwiteit : sensitivity (oorgevoeligheid)

sensomotories <kyk ook motories; sensories> : sensomotor (waarneming van sensoriese sowel as motoriese impulse)

sensor : censor ('n sensitiewe instrument <gewoonlik elektronies> wat fisiologiese prikkels kan waarneem)

sensor : censor (iets wat prikkels waarneem)

sensories <kyk ook motories; sensomotories> : sensory (ontvang prikkels of gelei impulse vanaf 'n sintuig)

sensoriese area <kyk sensorium> : sensory area

sensoriese neuron <kyk afferente neuron> : sensory neuron

sensorium <kyk ook motoriese area> (sensoriese area) : sensorium, sensory area (area in die brein waar sensoriese gewaarwordinge, bv hitte, koue ens, ontstaan)

senter <kyk sentrum 3e inskrywing> : centre

sentimeter (cm) : centimeter, cm ('n lengte-eenheid wat gelyk is aan een honderdste van 'n meter)

sentraal <cf perifeer> : central (van, geleë by, of mbt die middelpunt of sentrum)

sentrale senuweestelsel (SSS) <cf perifere senuweestelsel> : central nervous system, CNS (een van die twee hoofafdelings van die senuweestelsel van die liggaam wat uit die brein en rugmurg bestaan)

sentraalwaarts : centrad (nader aan die middelpunt)

sentries <cf asentries> : centric (met verwysing na die middel)

sentrifugaal <cf sentripetaal> (middelpuntvliedend) : centrifugal (wat weg van die middelpunt of sentrum beweeg)

sentrifugale krag <cf sentripetale krag> : centrifugal force (krag wat 'n liggaam wat in 'n sirkelbaan om 'n ander liggaam beweeg, dwing om sy baan te verlaat en na buite te beweeg)

sentrifuge : centrifuge (apparaat waarmee vloeistowwe van verskillende digthede geskei word deur dit teen hoë snelhede uit te swaai)

sentrifugeer <kyk ook sentrifugale krag> (uitswaai) : centrifuge (skei van ligter dele van 'n oplossing van die swaarder dele deur sentrifugale krag)

sentriool <kyk ook sentrosoom> : centriole (enigeen van twee klein selorganelle wat gewoonlik in die sentrosoom voorkom en gedurende seldeling na teenoorgestelde pole beweeg <om te help met spoelvorming tydens mitose>)

sentripetaal <cf sentrifugaal> (middelpuntsoekend) : centripetal (beweging na die sentrum of middelpunt toe)

sentripetale krag <cf sentrifugale krag> : centripetal force ('n krag wat radiaal inwerk op 'n liggaam wat in 'n sirkel om 'n sentrale punt beweeg <dit is ewe groot, maar teenoorgesteld in rigting aan die sentrifugale krag en help dus die liggaam om in 'n sirkel te bly beweeg>)

sentrolesitaal : centrolecithal (mbt ova waar die dooier in die middel geleë is)

sentromeer : centromere ('n duidelik ingesnoerde gedeelte wat twee chromatiede van 'n chromosoom aan mekaar verbind en tydens mitose en meiose aan die chromosoomspoeldraadjies heg)

sentrosoom <kyk ook sentriool> : centrosome (gespesialiseerde deeltjie in die sitoplasma van 'n sel waarin sentriole voorkom en wat verantwoordelik is vir die vorming van die mitotiese spoel)

sentrum : centrum (gedeelte van 'n werwelliggaam wat 'n afsonderlike ossifikasiesentrum bevat)

sentrum : centrum (groep senuselle in die sentrale senustelsel wat 'n bepaalde funksie reguleer)

sentrum (middelpunt, senter) : centre (sentrale of middelste gedeelte van enige liggaam)

senuskede <kyk epineurium> : epineurium

senuwee <kyk nervus> : nerve

senuwee-eindplaat <kyk motoriese eindplaat> : nerve end-plate

senuweebindweefsel <kyk neuroglia> : glia

senuweeblok : nerve block (verhindering van impulse om deur 'n senuwee te beweeg)

senuweeknoop <kyk ganglion> : ganglion

senuwee-oordragstof : neurotransmitter ('n chemiese stof, bv asetielcholien, wat in die sinapse van senuwees aangetref word, waar dit betrokke is by die oordrag van impulse van een senuwee na 'n ander)

senuweepleksus : nerve plexus (netwerk van perifere senuwees)

senuweesel <kyk neuron> : nerve cell

senuweestelsel : nervous system (versamelnaam vir die brein, rugmurg, senuwees en hulle uitlopers)

senuwee-uitloper <kyk akson> : axon

senuweevesel : nerve fibre ('n akson of dendriet met of sonder 'n neurilemma)

senuweewortel : nerve root (gedeelte van 'n spinale senuwee net buite die rugmurg)

sepsis : sepsis (algemene infeksie)

septaal : septal (mbt 'n septum)

septies <kyk ook antisepties/cf asepties> (besmet) : septic (teenwoordigheid van mikro-organismes wat bederf <verotting> bevorder)

septisemie : septicaemia (toestand van infeksie veroorsaak deur patogene bakterieë en toksiene in die bloed)

septivalent : septivalent (met 'n valens van sewe)

septonasaal : septonasal (mbt die neusseptum)

septum (tussenskot, tussenwand) : septum (afskorting of wand wat weefselmassas of holtes van mekaar skei)

serebellêr : cerebellar (mbt die serebellum)

serebellum <kyk ook serebrum> (kleinbrein, kleinharsings, parenkefalon, parensefalon) : cerebellum, parencephalon (gedeelte van die brein wat onderkant die serebrum en bokant die breinstam geleë is en hoofsaaklik te doen het met koördinasie van willekeurige spierbewegings)

serebraal : cerebral (mbt die serebrum)

serebrale hemisfeer : cerebral hemisphere (een helfte van die serebrum <wat verantwoordelik is vir sensasie en beweging aan die teenoorgestelde kant van die liggaam>)

serebrale korteks : cerebral cortex ('n dun lagie grysstof wat die hele oppervlak van die serebrale hemisfeer bedek en alle willekeurige aksies beheer)

serebrospinaal : cerebrospinal (mbt die brein en die rugmurg)

serebrospinale vloeistof <kyk serebrospinale vog> : cerebrospinal fluid

serebrospinale vog (SSV, serebrospinale vloeistof) : cerebrospinal fluid, CSF ('n helder, alkaliese, kleurlose vloeistof wat deur die breinventrikels, die subaragnoïede ruimte en die rugmurgkanaal vloei en dit beskerm)

serebrovaskulêr : cerebrovascular (mbt die brein en bloedvate)

serebrum <kyk ook serebellum> (grootbrein, grootharsings) : cerebrum (die grootste en boonste gedeelte van die brein wat deur 'n oorlangse spleet in twee eenderse hemisfere verdeel word en by hul basis deur die corpus callosum geheg word <maak aktiwiteite soos denke en geheue moontlik>)

sereus : serous (waterig)

sereus : serous (wat verband het met serum, vloeistof, selle, weefsels of kliere)

sereus : serous (wat serum produseer)

sereus : serous (wat na serum lyk)

sereuse membraan <kyk serosa> : serous membrane

serologie : serology (wetenskap wat te doen het met die studie van serums en hul werking)

serosa (sereuse membraan) : serosa, serous membrane (membraan wat liggaamsholtes uitvoer en 'n waterige afskeiding vrystel; peritoneale bedekking van die ingewande)

serotonien : serotonin ('n vasokonstriktor wat in serum en verskeie liggaamsweefsels aangetref word <dit word deur bloedplaatjies vrygestel by bloedvatbeskadiging>)

Sertoli-selle <kyk ook stutsel> : Sertoli's cells (verlengde selle in die tubulêre epiteel van die testis waaraan spermatiede vasheg <dit verleen steun, beskerming en blykbaar voeding aan spermatiede tot volwassenheid>)

serum <kyk bloedserum> : serum

serumen (oorwas, was) : cerumen, earwax, wax (gelerige, wasagtige afskeiding van die kliertjies in die uitwendige gehoorgang)

servikaal : cervical (van of mbt die nek of nekstreek)

servikaal : cervical (mbt 'n insnoering of struktuur wat lyk soos 'n nek, bv die nek van 'n tand of die serviks van die uterus)

servikale werwel (nekwerwel) : cervical vertebra, neck vertebra (een van die sewe nekwerwels)

serviks (baarmoedernek) : cervix (die gedeelte van die uterus wat in die vagina uitmond)

serviks (nek) : cervix, neck (die liggaamsdeel wat die kop en romp verbind)

serviks (nek) : cervix, neck (vernoude gedeelte aan die punt van 'n orgaan)

servisektomie : cervicectomy (verwydering van die uteriene serviks)

sesamoïed (knobbelrig) : sesamoid ('n klein, knopvormige beentjie wat in 'n tendon of gewrigskapsel geleë is)

sesamoïedbeen : sesamoid bone (enigeen van die klein beentjies wat in 'n tendon voorkom waar so 'n tendon in normale beweging oor 'n benige oppervlak gly, bv die patella)

sesium (Cs) : caesium, Cs (metaalagtige element met 'n silwerwit kleur waarvan die radioaktiewe isotoop gebruik word vir bestraling)

sessiel : sessile (permanent vasgeheg)

sestoïed : cestoid (lyk soos 'n lintwurm)

sfeer : sphere (bolvormige voorwerp)

sfenoïed <kyk wigvormig> : sphenoid

sfenoïed : sphenoid (mbt die sfenoïedbeen)

sfenoïedbeen : sphenoid bone (een van die wigvormige bene wat die basis van die skedel vorm)

sfenopalatien : sphenopalatine (mbt die sfenoïedbeen en die verhemelte)

sferies (bolvormig) : spherical (met die vorm van 'n bol; wat op 'n bol betrekking het)

sferoïdaal : spheroidal (bolvormig afgeplat)

sferoïde <kyk sferoïed> : spheroid

sferoïed (sferoïde) : spheroid (afgeplatte bol)

sferometer : spherometer (instrument wat gebruik word om oppervlakkrommings <veral di‚ van lense> mee te meet)

sfigmograaf : sphygmograph (instrument wat polsslag registreer)

sfigmogram : sphygmogram (registrasie wat deur 'n sfigmograaf geproduseer word)

sfigmomanometer <kyk ook

bloeddruk> : sphygmomanometer (instrument waarmee bloeddruk gemeet word)

sfinkter : sphincter (gladde kringspiere wat om 'n opening lê en dien om dit te verklein of vergroot, bv pilorusklep en anale sfinkter)

SG <kyk soortlike gewig> : SG

SI <kyk SystŠme International d'Unit‚s> : SI

Si <kyk silikon> : Si (chemiese simbool)

sialogeen : sialogenous (verwys na 'n stof wat speekselvloei teweegbring)

sialoïed : sialoid (mbt of met die geaardheid van speeksel)

sianokobalamien (vitamien B12) : cyanocobalamin, vitamin B12 ('n hematopoiëtiese vitamien wat oa voorkom in vleis, lewer, niertjies, melk, eiers en kaas)

sianose : cyanosis (die blou verkleuring van die vel en slymvliese, veral di‚ van die lippe, ore en vingerpunte, weens 'n tekort aan suurstof in die bloed <die kapillêre bloed bevat 'n hoë konsentrasie gedeoksigeneerde hemoglobien wat donkerder van kleur is as geoksigeneerde hemoglobien>)

sianoties : cyanotic (aangetas deur, of mbt sianose)

siderofiel : siderophilous (verwys na selle wat neig om yster te absorbeer)

siekte : sickness, disease (afwyking van die normale toestand; ongesteldheid)

sifbeen <kyk etmoïedbeen> : ethmoid bone

sig <kyk visie> : sight

sigmoïed : sigmoid (verwys na 'n S-vormige liggaam)

sigmoïed : sigmoid (mbt die sigmoïedkolon)

sigmoïedkolon : sigmoid colon (die deel van die kolon wat vanaf die einde van die dalende kolon in die pelvis tot by die aansluiting by die rektum strek)

sigoma (jukbeen, mala, sigomatiese been, sigoom, wangbeen) : zygoma, mala, zygomatic bone, cheekbone (een van die bene wat die prominente uitsteeksel van die wang en die onderste deel van die oogkas vorm)

sigomatiese been <kyk sigoma> : zygoma

sigomatikotemporaal : zygomaticotemporal (mbt die wangbeen en die slaapbeen)

sigoom <kyk sigoma> : zygoma

sigoot <kyk ook gameet> : zygote (bevrugte eiersel)

sigoot <kyk ook gameet> : zygote (versmeltingsproduk van twee gamete tydens geslagtelike voortplanting)

sigoties : zygotic (mbt 'n sigoot)

siklies <kyk ook alifaties 2e inskrywing/cf asiklies> : cyclic (beskryf 'n ringstruktuur, bv 'n sikliese of ringverbinding)

sikliese adenosienmonofosfaat (cAMP, sikliese AMP) : cyclic adenosine monophosphate, cAMP, cyclic AMP ('n verbinding wat die respons van selle teenoor hormone bemiddel)

sikliese AMP <kyk sikliese adenosienmonofosfaat> : cyclic AMP

siklose (protoplasmastroming) : cyclosis, protoplasmic streaming (sirkelvormige beweging van die sitoplasma in die sel <sonder dat die selmembraan van vorm verander>)

siklus : cycle (reeks gebeurtenisse wat reëlmatig herhaal word)

silia <ekv silium> : cilia

siliaarliggaam <kyk corpus ciliare> : ciliary body

siliaarspier <kyk siliêre spier> : ciliary muscle

siliêr : ciliary (mbt silia)

siliêr : ciliary (mbt die siliêre liggaam)

siliêre liggaam <kyk corpus ciliare> : ciliary body

siliêre proses : ciliary process (enigeen van die ongeveer 80 klein, vlesige uitsteeksels aan die agterste oppervlak van die iris wat 'n fraiing rondom die grense van die lens vorm)

siliêre spier (siliaarspier) : ciliary muscle (ringvormige band gladdespiervesels in die siliêre liggaam wat aan die choroïed vas is en die vorm van die lens beheer)

silikon (Si) : silicon, Si (niemetaalagtige element wat slegs in verbinding met ander chemiese stowwe gevind word)

silinderepiteel <kyk ook wimperepiteel> (kolomepiteel) : columnar epithelium (silindervormige selle wat in die lengte na bo gerig is <vorm bv die spysverteringskanaal>)

silium <mv silia/kyk ook flagellum> (cilium, trilhaar) : cilium <pl cilia> ('n beweeglike klein uitgroeisel wat op sommige epiteel voorkom)

silwer (Ag) : silver, Ag (sagte, wit edelmetaal)

silwernitraat : silver nitrate (chemiese stof wat as 'n plaaslike anti-infektiewe middel gebruik word)

simbiont : symbiont (organisme wat in simbiose met 'n ander organisme saamleef)

simbiose <kyk ook kommensalisme; mutualisme; parasitisme> : symbiosis (saamleef van twee andersoortige organismes <simbionte> tot albei se voordeel)

simbioties : symbiotic (mbt simbiose)

simbool : symbol (in chemie is dit letters en syfers wat gebruik word om 'n atoom of verbinding voor te stel)

simbool : symbol (teken of letter wat gebruik word om 'n idee voor te stel)

simfise : symphysis (kraakbeengewrig waar twee bene by mekaar aansluit en met veselkraakbeen geheg is, bv pubiese simfise)

simfiseaal : symphyseal (mbt 'n simfise)

simmetrie : symmetry (die eenderse rangskikking, in vorm en verhouding, van dele rondom 'n sentrale as of weerskante van 'n spesifieke liggaamsvlak)

simmetries <kyk ook bilateraal simmetries/cf asimmetries> : symmetrical (eweredig verdeel sodat twee spieëlbeelde gevorm word)

simmetries <kyk ook bilateraal simmetries/cf asimmetries> : symmetrical (struktuur wat in twee eenderse helftes verdeel kan word)

simogeen : zymogen (onaktiewe voorloper van 'n ensiem)

simogeen : zymogen (onaktiewe ensiem)

simpaties <cf parasimpaties> : sympathetic (mbt die simpatiese senuweestelsel)

simpatiese ketting <kyk simpatiese trunkus> : sympathetic chain

simpatiese senuweestelsel <kyk ook outonome senuweestelsel/cf

parasimpatiese senuweestelsel> : sympathetic nervous system (deel van die outonome senuweestelsel wat gladde- en hartspiere, sowel as kliere dwarsoor die liggaam voorsien en die liggaam gereed maak vir aksie <versnel hartklop, verwyd brongi, stel noodenergie vry ens>)

simpatiese trunkus (simpatiese

ketting) : sympathetic trunk, sympathetic chain (senuweestring met ganglia op gereelde afstande aan weerskante van die werwelkolom <strek vanaf die skedel tot voor die stuitjiebeen waar dit met mekaar verbind is>)

simpatikus <cf parasimpatikus> : sympathetic nerve (senuwee van die simpatiese senuweestelsel)

simpatomimetiese middel <kyk simpatomimetikum> : sympathomimetic

simpatomimetikum (simpatomimetiese middel) : sympathomimetic (stof wat die effek van impulse van adrenergiese, postganglioniese vesels van die simpatiese senuweestelsel namaak)

simpleks : simplex (mbt enkelvoudige vorm)

simptomaties : symptomatic (mbt 'n simptoom)

simptomaties : symptomatic (aanduidend)

simptoom : symptom ('n subjektiewe gewaarwording wat 'n aanduiding is van 'n siekte)

simptoom : symptom (siekteverskynsel)

simulasie : simulation (nabootsing)

sin : sense (die vermoë om 'n prikkel waar te neem; sintuiglike vermoë)

sinaps : synapse (area waar senu-impulse deur 'n oordragstof tussen twee neurone of neuron en effektor oorgedra word <impuls beweeg altyd net in een rigting oor 'n sinaps>)

sinapties : synaptic (mbt 'n sinaps)

sinaptiese knoppies <kyk

eindvoetjies> : synaptic knobs

sinartrose (bindweefselgewrig, fibreuse gewrig, veselagtige gewrig) : synarthrosis, fibrous joint (onbeweeglike gewrig waar bene stewig aan mekaar geheg is deur getande nate met slegs 'n dun lagie veselagtige kraakbeen tussenin, bv die bene van die kranium)

sinchondrose (kraakbeengewrig) : synchondrosis, cartilaginous joint (gewrig waar beendere deur wit, veselagtige kraakbeen aan mekaar verbind word en slegs 'n geringe mate van beweging toelaat, bv tussen die ribbe en sternum)

sindesmose : syndesmosis ('n veselagtige gewrig waar die aangrensende bene met redelik baie bindweefsel verbind is, bv timpano-stapedius-verbinding)

sindesmus <kyk ligament> : syndesmus

sindroom : syndrome (siektebeeld saamgestel van simptome waaraan mens 'n siekte kan herken)

sinergeties : synergetic (mbt sinergisme)

sinergie <kyk ook sinergisme> : synergy (die proses waardeur twee organe, stowwe of liggaamsdele saamwerk om 'n spesifieke funksie uit te voer, bv gesamentlike funksie van spiere en senuwees)

sinergie <kyk ook sinergisme> : synergy (vermoë om sekere bewegings te koördineer)

sinergis <kyk ook agonis/cf

antagonis> : synergist ('n orgaan, liggaamsdeel of stof wat die aktiwiteit van 'n ander orgaan, liggaamsdeel of stof versterk)

sinergis <kyk ook agonis/cf

antagonis> : synergist (middel of orgaan wat samewerking met 'n ander middel of orgaan teweegbring)

sinergisme <kyk ook sinergie/cf antagonisme> : synergism (samewerking van verskillende komponente tot groter doeltreffendheid)

sinerie : cinerea (grysstof van die senuweestelsel)

singamie : syngamy (die vereniging van gamete; geslagtelike voortplanting)

sinister <cf dekster> (links,

sinistraal) : sinister, left, sinistral (dui die linkerkant aan)

sinistraal <kyk sinister> : sinistral

sinistroserebraal : sinistrocerebral (mbt die linker- serebrale hemisfeer)

sink (Zn) : zinc, Zn (harde, blouwit metaal)

sinoatriaal (SA) : sinoatrial, SA (mbt die sinus venosus en die regteratrium van die hart)

sinoatriale knoop <kyk ook atrioventrikulêre knoop> (SA-knoop) : sinoatrial node, SA node ('n groep spesiaal gewysigde spierselle geleë waar die vena cava superior die regteratrium binnedring en verantwoordelik is vir hartritme; pasaangeër van die hart)

sinovia (gewrigsvloeistof, gewrigsvog, sinoviale vloeistof) : synovia, synovial fluid (deurskynende, viskeuse vloeistof wat deur sinoviaalmembrane afgeskei word en dien as smeermiddel by gewrigte, bursae en tendons om wrywing te verminder)

sinoviaal : synovial (mbt sinovia of die synovium)

sinoviaalgewrig <kyk sinoviale

gewrig> : synovial joint

sinoviaalmembraan <kyk sinovium> : synovial membrane

sinoviaalvlies <kyk sinovium> : synovial membrane

sinoviale gewrig (sinoviaalgewrig) : synovial joint (vryelik beweegbare gewrig)

sinoviale membraan <kyk sinovium> : synovial membrane

sinoviale skede : synovial sheath (skede van 'n sinoviale membraan rondom 'n tendon)

sinoviale vloeistof <kyk sinovia> : synovial fluid

sinovium (gewrigsholtevlies, sinoviaalmembraan, sinoviaalvlies, sinoviale membraan) : synovium, synovial membrane (membraan wat die gewrigsruimte van 'n vrylik beweeglike gewrig of tendonskede uitvoer)

sinsbedrog <kyk hallusinasie> : hallucination

sinsipitaal : sincipital (mbt die sinsiput)

sinsiput (skedelkruin) : sinciput (boonste en voorste gedeelte van die kop)

sinsitiaal : syncytial (mbt 'n sinsitium)

sinsitium : syncytium (massa sitoplasma met baie selkerne omring deur een plasmamembraan)

sinsitium : syncytium (produk van kerndeling sonder seldeling)

sinsitoïed : syncytoid (soos 'n sinsitium)

sinsorgaan <kyk sintuig> : sense organ

sinsorgaan : sense organ (reseptororgaan met 'n lae drempelwaarde vir 'n bepaalde prikkel)

sintese : synthesis (vorming van 'n nuwe, meer komplekse molekule uit 'n eenvoudige molekule; samestelling)

sinteties : synthetic (van of mbt 'n stof wat deur kunsmatige eerder as natuurlike prosesse vervaardig is)

sintetiseer : synthesise (sintese teweegbring)

sintuig (sinsorgaan, sintuigorgaan) : sense organ (reseptororgaan wat prikkels van buite die liggaam opvang en verantwoordelik is vir spesifieke gewaarwordinge <daar is vyf sintuie, nl vir gesig, gehoor, tas, reuk en smaak>)

sintuigorgaan <kyk sintuig> : sense organ

sinus : sinus (liggaamsruimte of -holte wat gewoonlik gevul is met liggaamsvloeistof)

sinus : sinus ('n spesifieke golfvorm)

sinusritme : sinus rhythm (normale hartritme wat in die sinoatriale knoop ontstaan)

sinusoïed : sinusoid (soos 'n sinus)

sinusoïed : sinusoid (bloedvate wat wyer is as haarvate, meer kronkelend verloop en aangetref word waar bloed baie stadig moet beweeg, bv in die lewer)

sinus venosus : sinus venosus ('n groot kanaal of aar waarin suurstofarme <veneuse> bloed sirkuleer)

sinus venosus : sinus venosus (gemeenskaplike kamer vir veneuse invloei in die embrionale hart)

siringoseel : syringocele (die sentrale kanaal van die rugmurg)

sirkadies : circadian (mbt 'n tydperk van ongeveer 24 uur)

sirkulasie : circulation (beweging van 'n stof sodat dit weer na die oorspronklike vertrekpunt terugkeer, bv bloed, limf en serebrospinale vog)

sirkulasie : circulation (kringloop)

sirkumduksie : circumduction (sirkelbeweging van byvoorbeeld 'n ledemaat of oog)

sirkumfleks (boogvormig) : circumflex, arcuate (bloedvate en senuwees wat boogvormig verloop)

sirrose : cirrhosis ('n chroniese, progressiewe lewersiekte wat vergroting van die lewer meebring)

sist : cyst (enige sakvormige of blaasvormige struktuur wat vloeistof of halfvloeibare stof bevat)

sist : cyst (dik weerstandbiedende wand wat 'n struktuur omhul)

sisteem <kyk stelsel> : system

sisteïen : cysteine (swaelbevattende aminosuur)

sistematiese anatomie : systematic anatomy (anatomie waar die liggaam in stelsels opgedeel word, bv kardiovaskulêre, skelet-, senuweestelsel ens)

sistemies : systemic (mbt die liggaam as 'n geheel eerder as slegs 'n sekere streek of gedeelte daarvan)

sistemies : systemic (mbt 'n sisteem)

sistemiese sirkulasie <kyk ook kardiovaskulêre stelsel; pulmonêre sirkulasie> (groot bloedsomloop) : systemic circulation (bloedvloei deur die hele liggaam met die uitsondering van die portale en pulmonêre sirkulasie)

sisterne <kyk cisterna> : cisterna

sistien : cystine (aminosuur wat in verskeie proteïene in die liggaam, insluitend keratien en insulien, voorkom)

sisties : cystic (mbt of wat lyk soos 'n sist)

sisties : cystic (mbt die galblaas of blaas)

sistiese buis : cystic duct (buis wat gal van en na die galblaas vervoer)

sistolie <kyk sistool> : systole

sistolies <cf diastolies> : systolic (gebeurtenis tydens die sametrekkingsfase van die hart)

sistolies <cf diastolies> : systolic (mbt die sistool)

sistoliese druk <cf diastoliese druk> : systolic pressure (arteriële bloeddruk tydens hartkontraksie <sistolie>)

sistometrogram : cystometrogram (grafiese registrasie van drukveranderinge gedurende verskillende stadiums van urienblaasvulling)

sistool <cf diastool> (hartkontraksie, miokardie, sistolie) : systole, myocardia (sametrekking van enige deel van die hart)

sitbeen <kyk ischium> : ischium

sitioterapie : sitiotherapy (behandeling deur 'n spesifieke dieet voor te skryf)

sitochroom : cytochrome ('n algemene naam vir 'n groep selpigmente wat in byna alle weefsel voorkom en elektrone tydens sellulêre respirasie oordra)

sitofiel : cytophil ('n element of stof wat 'n affiniteit vir selle het; "lief vir" selle)

sitogeen : cytogenous (wat selle voortbring)

sitogenese : cytogenesis (die oorsprong, ontwikkeling en differensiasie van selle)

sitokinese <kyk ook kariokinese> : cytokinesis (veranderinge wat tydens mitose, meiose en bevrugting in die sitoplasma plaasvind)

sitokinese <kyk ook kariokinese> : cytokinesis (verdeling van die sitoplasma n kerndeling)

sitolise <kyk ook outolise> : cytolysis (afbreek of vernietiging van lewende selle deur disintegrasie van die selmembraan)

sitolisien : cytolysin (teenliggaam wat antigene vernietig)

sitologie <kyk ook histologie> : cytology (studie van die oorsprong, struktuur en funksies van selle)

sitometer : cytometer (instrument waarmee die selle in 'n gegewe hoeveelheid vloeistof <bv bloed, SSV of urine> getel en gemeet word)

siton : cyton (selliggaam van 'n senuweesel)

sitopenie : cytopenia (abnormaal lae bloedseltelling; tekort aan selle in die bloed)

sitoplasma : cytoplasm (protoplasma van die sel, behalwe die selkern; alle dele van die sel wat buite die selkern geleë is)

sitopoiëse : cytopoiesis (vervaardiging of produksie van selle)

sitosien <kyk ook pirimidien; purien; timien; urasiel> : cytosine (een van die pirimidienbasisse wat deel uitmaak van RNA en DNA)

sitosoom : cytosome (selliggaam sonder die selkern)

sitotakse : cytotaxis (aantrekking <positiewe sitotakse> of afstoting <negatiewe sitotakse> tussen selle)

sitotoksien : cytotoxin ('n stof of teenliggaam wat 'n toksiese effek op sekere selle het)

sitraat : citrate (enige sout van sitroensuur)

sitroensuur : citric acid (wit, kristallyne, organiese suur wat oplosbaar is in water en alkohol en verkry word uit sitrusvrugte)

sitroensuur : citric acid ('n 6C-verbinding wat as tussenproduk in die Krebs-siklus voorkom)

sitroensuursiklus <kyk Krebs-siklus> : citric acid cycle

skaal : scale (enigiets wat op gereelde afstand afmetings besit en gebruik word om mee te meet, bv termometer, maatstok, gradeboog ens)

skaal <kyk ook balans> : scale (een van die twee bakke aan die arms van 'n balans waarin iets wat geweeg moet word en die gewigte geplaas word <by uitbreiding die weegtoestel self>)

skaambeen <kyk pubis> : pubic bone

skaamheuwel <kyk mons pubis> : mons pubis

skaamlippe <kyk vulva> : vulva

skafoïed (navikulêr) : scaphoid, navicular (bootvormig, soos bv die navikulêre been van die gewrig)

skafoïedbeen (navikulêre been) : scaphoid bone, navicular bone ('n bootvormige beentjie van die tarsus en karpus)

skag : shaft (lang, dun <silindriese of staafvormige> gedeelte, bv die diafise van enige langbeen)

skagpunt <kyk epifise> : epiphysis

skala <kyk scala> : scala

skalpel (ontleedmes) : scalpel (lang, reguit messie, gewoonlik met 'n konvekse rand wat gebruik word vir disseksie)

skandeerelektronmikroskoop (SEM, aftaselektronmikroskoop) : scanning electron microscope, SEM (tipe elektronmikroskoop wat die oppervlak van weefsel vergroot en uitbeeld)

skans <kyk versperring> : barrier

skapula (bladbeen) : scapula (groot, plat, driehoekige been wat deel van die skouergordel uitmaak en agter oor die ribbes gly)

skapulêr : scapular (mbt die skapula)

skarniergewrig <kyk ginglimus> : hinge joint

skede : sheath (omhulsel)

skede <kyk vagina> : sheath

skede : sheath (in anatomie, buitenste beskermende laag van 'n orgaan of deel daarvan, bv arterieë, senuwees ens)

skedel <kyk kranium> : skull

skedelkruin <kyk sinsiput> : sinciput

skeelheid <kyk strabismus> : squint

skeelhoofpyn <kyk migraine> : migraine

skeen : shin (voorkant van die onderbeen, tussen die knie en die enkel)

skeenbeen <kyk tibia> : shin bone

skeikunde <kyk chemie> : chemistry

skeikundig <kyk chemies> : chemical

skelet (geraamte) : skeleton (benige raamwerk wat die sagte dele van die liggaam ondersteun en beskerm)

skeletspier <kyk ook gladdespier; kardiale spier; willekeurige spier> (dwarsgestreepte spier) : skeletal muscle, striated muscle (groot, spoelvormige spier wat uit vesels bestaan wat onder die mikroskoop ligte en donker strepe vertoon)

skeletstelsel : skeletal system (versamelnaam vir al die bene en gewrigte in die liggaam)

skenker <kyk donor> : donor

skeurbuik : scurvy ('n siekte agv 'n vitamien C-gebrek <word gekenmerk deur bloeding van die tandvleis en in gewrigte>)

skerp <kyk akuut> : sharp

skiagram <kyk röntgenogram> : skiagram

skildklier <kyk tiroïed> : thyroid gland

skimmel <kyk ook fungus> : mould (witterige, grys swamplantjie wat op lewendige of dooie organismes groei)

skirus : scirrhus (harde karsinoom wat baie bindweefsel bevat)

skisofrenie : schizophrenia (gesplete persoonlikheid)

skistoglossie : schistoglossia (spleet in die tong)

sklera (oogrok) : sclera (stewige, ondeursigtige, buitenste wit laag van die oog)

skleraal : scleral (mbt die sklera)

sklerose : sclerosis (verharding van weefsels agv enigeen van verskeie oorsake, insluitend inflammasie, neerlegging van minerale soute en infiltrasie van bindweefselvesels)

skleroties : sclerotic (verhard of hard)

skleroties : sclerotic (mbt die sklera)

skok <kyk ook anafilaktiese skok; kollaps> : shock (abnormale fisiologiese toestand agv ontoereikende bloedvloei <en dus suurstofvoorsiening> na die weefsels <ontstaan agv hewige bloeding, oordosering, persoonlike tragedie ens>)

skok <kyk ook anafilaktiese skok; kollaps> : shock (kliniese beeld van die liggaam agv 'n wanverhouding tussen bloedvatkapasiteit en bloedvolume)

skoliose <kyk ook kifose; lordose> : scoliosis (laterale kromming van die ruggraat)

skommeling <kyk fluktuasie> : fluctuation

skors <kyk korteks> : cortex

skotopie <kyk ook hemeralopie; niktalopie> (nagvisie) : scotopia, night vision (vermoë om in skemerlig te sien)

skouer : shoulder (aansluiting van die arm by die romp)

skouergordel <kyk pektorale gordel> : shoulder girdle

skouerpotjie : shoulder joint (bal-en-potjie-gewrig van die humerus met die skapula)

skraping <kyk kurettering> : curage

skrotum : scrotum (velsakkie waarin die testes en gedeelte van die spermkoorde geleë is)

skrywerskramp <kyk grafospasma> : writer's cramp

skub : scale, squama (klein, dun plaatjie van gekeratiniseerde epiteel wat gedurig van die vel afgewerp word)

skubselepiteel <kyk plaveiselepiteel> : squamous epithelium

skubvormige epiteel <kyk plaveiselepiteel> : squamous epithelium

skudmengsel <kyk emulsie> : emulsion

skulp <kyk konga 2e inskrywing> : concha

skwamopariëtaal : squamoparietal (mbt die plat deel van die pariëtale been en die temporale been)

skyf <kyk diskus> : disc

skyfie <kyk voorwerpglasie> : slide

skyfie : slide (gemonteerde fotografiese negatief of positief wat met projeksie 'n ligbeeld vorm)

skyforgaan <kyk teikenorgaan> : target organ

skyfvormig : discoid, disciform (in die vorm van 'n skyf)

skynvoet <kyk pseudopodium> : pseudopodium

slaap : sleep (rustoestand gekenmerk deur verminderde bewussyn, verminderde aktiwiteit van skeletspiere en verlaagde metabolisme)

slaap : temple (plat, effens ingeduikte gedeelte aan die kant van die kop net agter die oë en bokant die ore)

slaapbeen <kyk temporale been> : temporal bone

slagaar <kyk arteria> : artery

slagaartjie <kyk arteriool> : arteriole

slagvolume : stroke volume (volume bloed wat 'n ventrikel per kontraksie <sistolie> uitpomp <±70 ml tydens rustoestand>)

slakkehuis <kyk koglea> : cochlea

slakkehuiskanaal <kyk scala media> : cochlear duct

slap : flaccid (ontspanne; pap)

sleutelbeen <kyk klavikula> : collar bone

sluimerend <kyk resessief> : recessive

sluimerend <kyk dormant> : dormant

sluk n. : gullet (farinks en boonste gedeelte van die esofagus)

sluk n. (slukproses) : swallowing, deglutition (die handeling van sluk)

sluk v. : swallow (om voedsel en ander stowwe vanaf die mond deur die esofagus tot in die maag te laat gaan)

slukderm <kyk esofagus> : gullet

slukproses <kyk sluk n. 2e

inskrywing> : deglutition

slym <kyk mukus> : phlegm

slym- : mucous, mucigenous (mbt slym; slymbevattend)

slymagtig <kyk mukoïed> : mucoid

slymbeurs <kyk bursa> : bursa

slymvlies <kyk mukosa> : mucous membrane

slymvlies- : mucosal (mbt 'n slymvlies)

smaak n. : gustation, taste (gewaarwording wat ontstaan agv 'n chemiese prikkel van 'n stof wat in oplossing is <slegs vier smake, nl sout, soet, suur en bitter kan onderskei word>)

smaak v. (proe) : taste ('n bepaalde smaak hê, bv iets smaak suur of bitter)

smaakbeker : taste bud (reseptororgaan vir smaak wat op die punt, sykante en agter op die tong voorkom)

smeermiddel : lubricant (enige vastestof of vloeistof wat in staat is om wrywing tussen twee oppervlaktes wat oor mekaar gly, te verminder, bv poeier of olie)

smeltkroes <kyk kroesie> : crucible

smeltpunt : melting point (temperatuur <by 'n bepaalde druk> waarby 'n vastestof in 'n vloeistof verander)

Sn <kyk stannum> : Sn (chemiese simbool)

snee <kyk seksie> : section

Snellen-kaart : Snellen chart (kaart met letters, getalle en simbole van verskillende groottes wat van groot na klein gerangskik is en gebruik word om gesigskerpte te bepaal)

snytand : incisor (skerp, beitelvormige tand wat effens na vore gekrom is en gebruik word om voedsel af te byt)

snyvlak : section (gesnyde oppervlak)

snyvlak : section (vlak van 'n snydende deel)

SO2 <kyk swaeldioksied> : SO2 (chemiese formule)

soïes : zoic (mbt dierelewe)

sol <cf jel> : sol (die vloeibare toestand waarin 'n kolloïdale oplossing, bv protoplasma, verkeer)

solare pleksus (seliakpleksus) : solar plexus, coeliac plexus (simpatiese en parasimpatiese senuweepleksus geleë in die maag)

solied : solid (vaste toestand; stewig; vas)

soma <kyk selliggaam> : soma

soma <kyk ook corpus 1e

inskrywing> : soma (die aksiale deel van die liggaam sonder die arms en bene <kop ingesluit>)

soma : soma (hele liggaam <liggaamsweefsel> soos onderskei van die kiemselle)

soma (liggaam) : soma, body (fisiese mens soos onderskei van die verstand of siel)

somaties : somatic (behorende tot die liggaam)

somatiese sel : somatic cell (gewone liggaamsel van 'n organisme, uitsluitend die geslagselle)

somatiese senuwees : somatic nerves (senuwees wat met die SSS verbind is en vir willekeurige handelinge en sensasie verantwoordelik is)

somatoblast : somatoblast (moedersel waaruit normale liggaamselle ontstaan)

somatoplasma : somatoplasm (protoplasma van liggaamselle)

somatostatien : somatostatin (hormoon wat deur die hipotalamus vrygestel word en die sekresie van groeihormoon, insulien, glukagon ens demp)

somatotrofien <kyk somatotrofiese hormoon> : somatotropin

somatotropien <kyk somatotrofiese hormoon> : somatotropin

somatotrofiese hormoon (STH, groeihormoon, GH, somatotrofien, somatotropien) : somatotrophic hormone, STH, growth hormone, GH, somatotropin (hormoon wat deur die anterior hipofise afgeskei word en groei bevorder)

sonar : sonar (instrument wat gebruik word om voorwerpe mbv gereflekteerde klank op te spoor <akroniem vir die Engels sound navigation ranging>)

sonde <kyk peiler> : sound

sonometer : sonometer (apparaat waarmee gehoorskerpte gemeet word)

soog : nurse (borsvoed)

soogdier <kyk ook Mammalia> : mammal ('n individuele lid van die klas Mammalia)

sool : sole (onderkant of loopvlak van die voet)

soönose : zoonosis (siektetoestand van diere wat na mense oorgedra kan word)

soortlike gewig (SG) : specific gravity, SG (die gewig van enige stof in vergelyking met di‚ van water <waar suiwer water 'n SG van 1 toegeken word>)

sout <kyk natriumchloried> : salt

sout : salt (een van die produkte wat gevorm word tydens neutralisasie van 'n suur deur 'n basis)

soutoplossing <kyk ook fisiologiese soutoplossing; Ringer-oplossing> : saline ('n oplossing van soute, gewoonlik natriumchloried)

soutsuur <kyk ook chloried> (HCl) : hydrochloric acid, HCl ('n sterk suur wat verkry word deur die chemiese verbinding van waterstof met chloor)

spalk n. : splint (voorwerp waarmee gebreekte bene of ander beweegbare dele in 'n onbeweeglike posisie gehou word)

spalk v. : splint (met spalke verbind)

spanning <kyk stres> : tension

spanning <kyk tonus> : tone

spanning : strain, tension (om fisiese krag op so 'n manier uit te oefen dat 'n besering plaasvind <gewoonlik spierbesering>; toestand wat die gevolg is van oormatige of ondoeltreffende gebruik van 'n liggaamsdeel)

spanopnee : spanopnoea (vermindering in die aantal respirasies per minuut)

spasie : space (ruimte of opening)

spasma : spasm (skielike, onwillekeurige sametrekking van spiere)

spasmodies : spasmodic (gekenmerk deur spasmas)

spasties : spastic (mbt of gekenmerk deur spasmas)

spastisiteit : spasticity ('n paralise gekenmerk deur toniese spasmas <styfheid> van aangetaste spiere)

spataar (variks) : varicose vein, varix ('n permanente, abnormale vergroting en gekronkelde toestand van 'n aar, veral aan die bene en voete)

spatel : spatula ('n stomp, plat instrument soos 'n plat lepel of spaantjie)

speekbeen <kyk radius 2e

inskrywing> : radius

speeksel <kyk saliva> : saliva

speekselamilase <kyk ptialien> : ptyalin

spektrofotometer : spectrophotometer (instrument wat die hoeveelhede van die chemiese bestanddele van 'n monster ontleed en bepaal)

spektrograaf : spectrograph (apparaat waarmee die spektrum gefotografeer word)

spektrometer : spectrometer (instrument vir die meting van ligbreking en golflengtes van die strale van die spektrum)

spektrum : spectrum (reeks kleure <rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo, violet> wat verkry word wanneer 'n ligstraal deur 'n prisma beweeg)

spektrum : spectrum (reeks eienskappe of verskynsels wat in toenemende of afnemende graad voorkom)

sperm <kyk spermatosoön> : sperm

sperma <kyk spermatosoön> : sperma

spermatied <kyk ook spermatosiet> (spermatoblast, spermoblast) : spermatid, spermatoblast, spermoblast (manlike voortplantingsel wat gevorm word deur meiose van 'n spermatosiet net voor dit in 'n spermatosoön <spermsel> gedifferensieer word; voorloper van 'n spermsel)

spermaties <kyk seminaal> : spermatic

spermatiese koord : spermatic cord (struktuur waaraan die testis buite die liggaamsholte hang <bevat die ductus deferens, bloedvate, limfvate, senuwees en 'n dwarsgestreepte spier>)

spermatoblast <kyk spermatied> : spermatoblast

spermatogeen : spermatogenic (wat sperme of semen produseer)

spermatogenese <kyk ook gametogenese/cf oögenese> : spermatogenesis (die proses van vorming en ontwikkeling van sperme)

spermatogonium : spermatogonium (diploïede kiemsel wat deur meiotiese deling oorsprong gee aan vier <haploïede> spermatosoa)

spermatopoiëties : spermatopoietic (mbt die produksie of sekresie van semen)

spermatosiet <kyk ook spermatied> : spermatocyte (manlike kiemsel <2n> wat uit die spermatogonium ontwikkel <dit gee oorsprong aan twee haploïede <n>, sekondêre spermatosiete wat ontwikkel in spermatiede>)

spermatosoa <ekv spermatosoön> : spermatozoa

spermatosoë <ekv spermatosoön> : spermatozoa

spermatosoön <mv spermatosoa; spermatosoë/kyk ook semen> (sperm, sperma, spermsel) : spermatozoon <pl spermatozoa>, sperm, sperma (volwasse manlike kiemsel wat kan beweeg en in staat is om die ovum te bevrug)

spermoblast <kyk spermatied> : spermoblast

spermsel <kyk spermatosoön> : sperm

spesialisasie : specialisation (die aanpassing van 'n sel om 'n besondere funksie of funksies te verrig)

spesie <kyk ook takson> : species (onderafdeling van 'n genus in die klassifikasie van lewende organismes; individue van dieselfde genus wat soortgelyk in struktuur en chemiese samestelling is en kan kruisteel)

spesifiek : specific (van of mbt 'n spesie, of onderskeidende kenmerk van 'n spesie)

spier <kyk musculus> : muscle

spierfibril <kyk miofibril> : myofibril

spierplasma <kyk sarkoplasma> : sarcoplasm

spierspoel : muscle spindle (sensoriese eindorgaan in skeletspiere wat gevoelig is vir strekking)

spierstelsel <kyk muskulatuur> : musculature

spiervlies <kyk epimisium> : epimysium

spilgewrig <kyk trochoïedgewrig> : pivot joint

spilvormig <kyk trochoïed> : trochoid

spina : spina (enige spits, doringagtige uitsteeksel)

spinaal : spinal (mbt die werwelkolom of rugmurg)

spinale kolom <kyk ragis> : spinal column

spinale murg <kyk miël> : spinal cord

spinale senuwee : spinal nerve (een van 'n aantal gepaarde senuwees wat in die rugmurg ontstaan <die mens het 31 paar spinale senuwees, nl 8 servikaal, 12 torakaal, 5 lumbaal, 5 sakraal en een koksigeaal>)

spineus : spinous (mbt of wat lyk soos 'n spina)

spinnerakvlies <kyk aragnoïed> : arachnoid

spinobulbêr : spinobulbar (mbt die rugmurg en die medulla oblongata)

spiraal : spiral (met windings soos die draad van 'n skroef)

spirograaf : spirograph (instrument vir die registrasie van asemhalingsbewegings)

spirogram : spirogram (registrasie of grafiek van die spirograaf)

spirometer (pneumometer) : spirometer, pneumometer (apparaat wat gebruik word om longfunksie te meet)

splangnies : splanchnic (mbt die ingewande)

splangnologie : splanchnology (studie van die ingewande)

spleet <kyk ook fissuur; sulkus> (groef, keep) : cleft, groove (langwerpige holte)

splenalgie (miltsteek) : splenalgia (pyn in die gebied van die milt <kom veral voor by kinders wat hardloop>)

splenies (liënaal) : splenic, lienal (mbt die milt)

splenopankreaties : splenopancreatic (mbt die milt en die pankreas)

splenopatie : splenopathy (enige siektetoestand van die milt)

splenopneumonie : splenopneumonia (waar die long lyk soos miltweefsel agv kondensasie en verstopping)

splitsing <kyk deling> : fission

splitsing <kyk kliewing> : fission

splyting <kyk kliewing> : fission

spoeg <kyk saliva> : saliva

spoel <kyk ook mitotiese

spoel> : spindle (struktuur wat vanaf die middel geleidelik dunner word na die punte toe)

spoelvormig <kyk fusiform> : fusiform

spondilitis (werwelontsteking) : spondylitis (inflammasie van een of meer werwels)

spongiosa <kyk ook kompakte been> (kanselleuse been, sponsbeen) : spongiosa, cancellous bone, spongy bone (been wat bestaan uit stafies en plaatjies met onreëlmatige openinge <soos 'n spons> daartussen, en gewoonlik rooibeenmurg bevat)

sponsbeen <kyk spongiosa> : spongy bone

spoor : spore (ongeslagtelike voortplantingsel wat deur organismes voortgebring word en direk of indirek aan 'n nuwe organisme oorsprong gee)

spoorelement <cf makro-element> (mikro-element, mikrovoedingstof) : trace element, microelement, micronutrient (element wat in uiters klein hoeveelhede vir metaboliese prosesse in die liggaam benodig word, bv jodium, yster ens)

sporogeen : sporogenic (wat spore voortbring)

spraaksentrum : speech centre (deel van die brein wat spraak beheer)

spronggeleiding <kyk saltatoriese geleiding> : saltatory conduction

spuit : syringe (silindervormige instrument waarmee vloeistof in 'n liggaamsdeel of -holte gespuit word)

spuitbuis <kyk ductus ejaculatorius> : ejaculatory tube

spuitnaald : hypodermic needle ('n kort, dun, hol naald wat gebruik word om middels onder die vel in te spuit)

sputum : sputum (slym en ander stowwe wat uit die longe opgehoes word en deur die mond vrygestel word)

spuug <kyk saliva> : spit

spysbry <kyk chym> : chyme

spysvertering <kyk digestie> : digestion

spysverteringskanaal <kyk ook intestinum> (SVK, maagdermkanaal, verteringskanaal) : digestive tract, alimentary canal (lang buis wat strek vanaf die mond tot by die anus en uitgevoer is met slymvliesepiteel <kan verdeel word in die mond, farinks, esofagus, maag, dunderm en dikderm>)

spysverteringstelsel : digestive system (bestaan uit die verteringskanaal en verteringsorgane met inbegrip van die speekselkliere, tong, tande, lewer, galblaas en pankreas)

Sr <kyk stronsium> : Sr (chemiese simbool)

SSS <kyk sentrale senuweestelsel> : CNS

SSV <kyk serebrospinale vog> : CSF

staafvormig <kyk rabdoïed> : rhabdoid

stabiel : stable (nie geneig om te verander, af te breek of op te los nie)

stabiel : stable (die neiging van 'n verbinding om sy samestelling te behou onder fisiese en chemiese invloede)

stadium : stage (fase; tydperk; periode of ontwikkelingspunt)

stafie : rod (reguit, silindriese struktuur)

stafie <kyk ook keëltjie> : rod (een van die klein, silindriese reseptororgaantjies in die retina van die oog wat rodopsien bevat en die oog by toestande van lae ligintensiteit aanpas)

stafilokokkus <kyk ook

streptokokkus> : staphylococcus (bakterieë wat gewoonlik as onreëlmatige trosse voorkom en in pitswere en ander etterende letsels aangetref word)

stafiloptose : staphyloptosis (buitengewone verlenging van die uvula)

stagnant : stagnant (bewegingloos of onaktief)

stam <kyk filum> : phylum

stam <kyk ras> : stock

stam : trunk (hoofbloedvat of

-senuwee)

stamsel <kyk ook blast> : stem cell (enige primitiewe sel wat deur verdeling meer gespesialiseerde selle vorm)

standaard : standard (basis wat gebruik word om verskillende eienskappe of stowwe met mekaar te vergelyk)

standaard : standard (van bekende waarde, sterkte of kwaliteit)

standaardafwyking : standard deviation (in statistiek is dit die mate van variasie van 'n normale kurwe)

standaardisasie : standardisation (die vasstel en aanneem van standaarde waardeur so 'n groot moontlike uniformiteit van 'n bepaalde kwaliteit en samestelling van die produk verkry word)

standaardisasie : standardisation (beheer dmv 'n standaard)

standaardoplossing : standard solution (oplossing met 'n bekende konsentrasie <bevat 'n vaste hoeveelheid reagens per liter oplossing en word gewoonlik uitgedruk in normaliteit of molariteit>)

standaardtemperatuur en -druk (STD) : standard temperature and pressure, STP (verwys na 'n temperatuur van

0 °C en atmosferiese druk van 760 mm Hg)

stanni- : stannic (verwys na verbindings van tetravalente tin <SnCl4>)

stanno- : stannous (verwys na verbindings van divalente tin <SnCl2>)

stannum (Sn, tin) : stannum, Sn, tin (gryswit, smeltbare metaal)

stapes <kyk ook inkus; malleus; timpanum> (stiebeuel) : stapes, stirrup (stiebeuelvormige gehoorbeentjie in die middeloor wat met sy voetstuk teen die ovale venster en sy kop teen die inkus geleë is)

Starling-wet <kyk wet van Starling> : Starling's law

stase : stasis (abnormale toestand waarby die normale vloei van vloeistof <gewoonlik bloed> deur 'n vat in die liggaam vertraag of stopgesit word)

staties : static (stabiel of stilstaande)

statiese elektrisiteit : static electricity (elektrisiteit wat agv wrywing ontstaan)

statiese elektrisiteit : static electricity (elektrisiteit in rus)

statiese ewewig : static equilibrium (die handhawing van balans <ewewig> wanneer die kop en liggaam bewegingloos is)

statistiek : statistics (wetenskap wat getallegegewens orden en rangskik en daaruit spesifieke afleidings maak)

statoliet <kyk otoliet> : statolith

status : status (toestand of stand)

STD <kyk standaardtemperatuur en

-druk> : STP

steapsien <kyk lipase> : steapsin

steatogeen : steatogenous ('n stof wat vet produseer)

steek n. : suture (hegting met naald en gare)

steek n. : stitch (skielike skerp pyn, soos bv miltsteek)

steek v. : stab (deurboor met 'n skerp voorwerp)

steekproef : random sample ('n verteenwoordigende monster wat so uitgesoek is dat elke item 'n gelyke kans het om gekies te word)

steel <kyk pedunkel 1e inskrywing> : stalk

steen <kyk kalkulus> : stone

stelp : stanch (om bloed of enige ander liggaamsvloeistof uit 'n wond te verminder of te stop)

stelsel (sisteem) : system (groep verskillende organe wat elk sy besondere funksie verrig, maar wat saam 'n gemeenskaplike doel beoog, bv spysverteringstelsel, bloedstelsel)

stembande : vocal cords (twee sterk spierbande in die larinks wat deur trilling klank voortbring)

stemkas <kyk larinks> : voice box

stemspleet <kyk glottis> : glottis

stemvurk : tuning fork ('n klein, gevurkte metaalinstrument wat 'n konstante frekwensie het en dus 'n onveranderlike toon voortbring wanneer dit gekap word)

stenose <kyk ook konstriksie> : stenosis (abnormale toestand gekenmerk deur 'n vernouing van 'n opening, bloedvat of kanaal in die liggaam)

Stensen-buis : Stensen duct (dun afvoerbuis vanaf die anterior deel van die parotisklier tot in die mond)

stereoskopies : stereoscopic (kombinasie van twee beelde van dieselfde voorwerp uit verskillende rigtings sodat dit in die bewussyn tot een versmelt en sodoende 'n driedimensionele voorkoms het)

stereoskoop : stereoscope (kyktoestel wat plat beelde as uitstaande reliëfbeelde laat sien)

stereoskopiese mikroskoop : stereoscopic microscope ('n mikroskoop wat driedimensionele beelde vorm deur gebruik te maak van dubbele oogstukke en dubbele objektiewe)

stereoskopiese visie : stereoscopic vision (die vermoë om voorwerpe driedimensioneel te sien)

stereotipe : stereotype (herhaalde, voorspelbare reaksie op stimulasie)

steriel <cf fertiel> (onvrugbaar) : sterile, barren (nie in staat om 'n nageslag voort te bring nie)

steriel <kyk asepties> : sterile

sterilisasie : sterilisation (tegniek waardeur mikro-organismes vernietig word deur gebruik te maak van hitte, water, chemikalieë of gasse)

sterilisasie : sterilisation (proses waardeur 'n individu onvrugbaar gemaak word)

sterilisator : steriliser (apparaat wat gebruik word om mikro-organismes te vernietig)

steriliseer : sterilise (om steriel te maak)

steriliteit (onvrugbaarheid) : sterility (onvermoë om 'n nageslag voort te bring)

sterkobilien : stercobilin ('n galpigment wat die bruin kleur aan feses verleen)

sternaal : sternal (mbt die sternum)

sternoïed : sternoid (soos die sternum)

sternoklavikulêr : sternoclavicular (mbt die sternum en die klavikel)

sternokostaal : sternocostal (mbt die sternum en die ribbe)

sternum (borsbeen) : sternum, chest bone (lang, plat been aan die voorkant van die borskas <bestaan uit 'n vergroeide boonste manubrium, middelste liggaam <gladiolus> en onderste xifoïedbeen>)

steroïed : steroid (chemiese verbinding <lipiedmolekule> met 'n ingewikkelde ringstruktuur wat derivate van cholesterol insluit)

sterol : sterol ('n organiese verbinding met vier koolstofringe wat vitamien D, cholesterol, adrenokortikale hormone en geslagshormone insluit)

stertloos <kyk akoudaal> : acaudal

stetoskoop (gehoorpyp) : stethoscope (instrument vir die beluistering van klanke afkomstig vanaf verskillende dele van die liggaam, veral die hart en longe)

steunpunt : fulcrum (ruspunt of vaste punt waarom 'n hefboom draai)

steunsel : support cell (sel wat steun verleen, soos bv die steunselle in die Corti-orgaan van die oor)

STH <kyk somatotrofiese hormoon> : STH

stiebeuel <kyk stapes> : stirrup

stigma : stigma (merk of vlek op die vel)

stikstof (N) : nitrogen, N (kleurlose, reuklose, smaaklose gas wat ongeveer 80% van die gas in die atmosfeer uitmaak)

stilet <kyk stilus> : stylet

stiloïed : styloid (skerp, soos 'n stilet)

stilstand : standstill (onaktiwiteit agv die opheffing van 'n funksie)

stilus (stilet) : stylus, stylet (skerp instrument, bv 'n graveerpen)

stilus (stilet) : stylus, stylet (dun metaaldraadjie wat in 'n naald gesteek of daardeur getrek word om dit oop te hou)

stimulant (stimuleermiddel) : stimulant (prikkelende of opwekkende middel)

stimulasie <kyk eksitasie> : stimulation

stimuleer (prikkel) : stimulate, exite (om 'n reaksie aan die gang te sit of om die aktiwiteit van 'n orgaan of struktuur te verhoog)

stimuleermiddel <kyk stimulant> : stimulant

stimulerend <kyk eksitatories> : stimulating

stimulus (prikkel) : stimulus (aansporing, opwekking of impuls)

stimulus (prikkel) : stimulus ('n verandering in die omgewingstoestand wat 'n organisme of deel daarvan aktiveer, laat reageer of laat funksioneer)

stimulus (prikkel) : stimulus ('n verandering in die omgewing wat selaktiwiteit beïnvloed)

stoelgang <kyk feses> : stool

stof <kyk substantia> : substantia

stol <kyk koaguleer> : clot

stoltyd (stollingstyd) : clotting time (tyd wat die bloed neem om te stol)

stolling <kyk koagulasie> : coagulation

stollingsfaktor : clotting factor (een van dertien faktore wat noodsaaklik is vir bloedstolling en dus om hemostase van die liggaam te handhaaf)

stollingstyd <kyk stoltyd> : clotting time

stolmiddel <kyk koagulant> : coagulant

stolsel (klont) : clot, coagulum (gestolde massa; 'n halfsoliede, jellieagtige massa wat die eindresultaat van stolling van bloed, melk of ander proteïenhoudende vloeistof is)

stolselretraksie : clot retraction (inkrimping van die stolsel, bv bloedklont)

stoma : stoma (mond)

stoma : stoma (enige klein natuurlike of chirurgies gemaakte opening in 'n vrye oppervlak)

stomatopatie : stomatopathy (enige mondsiekte)

straal n. <kyk radius 1e inskrywing> : radius

straal n. : ray (bundel lig, hitte of radioaktiewe stof wat vanaf 'n bepaalde bron voortgeplant word, bv röntgenstraal)

straal v. (uitstraal) : radiate (vanaf 'n gemeenskaplike punt uitsprei of uitwyk)

straalbreking <kyk diffraksie> : diffraction

straalliggaam <kyk corpus ciliare> : ciliary body

strabismus (skeelheid) : strabismus, squint ('n toestand waar die twee oë nie op dieselfde punt fokus nie)

straf <kyk akuut> : acute

straling <kyk ook geleiding;

stroming> (radiasie, uitstraling) : radiation (die uitstuur van strale <lig, hitte of radioaktiwiteit> vanaf 'n sentrale bron)

stralingsenergie : radiant energy (energie wat in die vorm van elektromagnetiese golwe uitgestraal word, bv radiogolwe, sigbare lig, X-strale en gammastrale)

stratifikasie (laagvorming) : stratification (in lae gerangskik)

stratum : stratum ('n dik, onveranderlike laag, gewoonlik geassosieer met ander lae)

stratum corneum (horinglaag) : stratum corneum, horny layer (horingagtige buitenste laag van die epidermis bestaande uit dooie selle wat gekeratiniseer word en gedurig afskilfer)

stratum germinativum (kiemlaag, laag van Malpighi, Malpighi-laag, stratum Malpighii) : stratum germinativum, germ layer, Malpighi layer, Malpighi's layer, stratum Malpighii (diepste van die vyf lae van die epidermis, bestaande uit lang, silindriese selle wat nuwe selle dmv mitotiese seldeling vorm en wat op die vingeragtige uitstulpings van die dermis rus)

stratum granulosum : stratum granulosum (laag met sigbare granules <korrels> in die sitoplasma van die selle; pigmentlaag van die vel)

stratum granulosum : stratum granulosum (laag follikelselle teenaan die wand van 'n Graaf-follikel)

stratum lucidum : stratum lucidum (helder, deursigtige laag van die epidermis net onder die horinglaag <kom slegs in die dikker dele van die vel, nl die handpalms en voetsole voor>)

stratum Malpighii <kyk stratum germinativum> : stratum Malpighii

stratum spinosum : stratum spinosum (stekelsellaag geleë tussen die stratum granulosum en die stratum germinativum)

stratum spongiosum : stratum spongiosum (middelste van die drie lae van die endometrium van die uterus wat die uteriene kliere bevat)

streek <kyk area> : region

streeksanatomie <kyk regionale anatomie> : regional anatomy

streepliggaam <kyk corpus striatum> : corpus striatum

strekking <kyk ekstensie> : extension

strekreseptor : stretch receptor ('n struktuur in die longe en tendons wat reageer wanneer die weefsels gestrek word, bv gedurende inaseming)

strekspier <kyk ekstensor> : extensor

streptobasil : streptobasil (tipe bakterie <basil> wat kronkelende kettings vorm)

streptokokkus <kyk ook

stafilokokkus> : streptococcus (bakterie wat Gram-positief kleur en kettingvormige groepvorming het)

streptomisien : streptomycin (kragtige antibiotiese middel van die swam Streptomyces griseus verkry)

streptoseptisemie : streptosepticaemia (septisemie veroorsaak deur streptokokkusinfeksie)

stres (spanning) : stress, tension (enige emosionele, fisiese, sosiale, ekonomiese of ander faktor wat neig om die liggaamshomeostase te versteur)

stres (spanning) : stress, tension (die gevolg van die inwerking van 'n stressor)

stressor : stressor (enigiets wat stres veroorsaak)

stria <mv striae> : stria (streep of lyn)

striae <ekv stria> : striae

striatum : striatum (gestreep of gegroef)

string <kyk chorda> : string

stroboskoop : stroboscope (instrument om bewegende voorwerpe op so 'n manier waar te neem dat dit lyk asof dit stilstaan)

stroma : stroma (grondstof)

stroma : stroma (ondersteunende weefsel of matriks van 'n orgaan)

stroma : stroma (bindweefsel of intersellulêre materiaal in selle)

stroming <kyk ook geleiding; straling> (konveksie) : convection (die proses waardeur hitte in 'n vloeistof <of gas> versprei word deur beweging van die vloeistof <of gas> self)

stronsium (Sr) : strontium, Sr (witgeel metaal soortgelyk aan kalsium)

strotklep <kyk epiglottis> : epiglottis

strottehoof <kyk larinks> : larynx

struktuurformule <kyk ook formule> : structural formula (skematiese voorstelling van die rangskikking van die atome in 'n formule-eenheid of molekule van 'n verbinding, bv

H - O)

O

ST-segment <kyk ook elektrokardiogram> : ST segment (die afstand <tyd> tussen die einde van die QRS-kompleks en die begin van die T-golf op 'n elektrokardiogram <volg gewoonlik die basislyn>)

stuipe <kyk ook konvulsie> : seizure, convulsion ('n skielike toeval; plotselinge sametrekking van die spiere wat dikwels met bewusteloosheid gepaardgaan <veral by klein kinders>)

stuiptrekking <kyk konvulsie> : convulsion

stuitbeen <kyk koksiks> : coccyx

stuitjie <kyk koksiks> : coccyx

stupor : stupor (toestand van onbewus wees van die omgewing; bewussynstoornis)

stut <kyk sustentakulum> : sustentaculum

stutsel <kyk ook Sertoli-selle> : sustentacular cell (ondersteunende sel; selle wat gespesialiseerd is om te stut)

stuwing <kyk kongestie> : congestion

stygende : ascending (met 'n opwaartse gang, bv stygende kolon)

stygende kolon : ascending colon (die deel van die kolon wat aan die regterkant van die buikholte opwaarts, tot teen die lewer, strek)

stysel : starch (polisakkaried wat gevorm word uit 'n lang ketting glukosemolekules <algemene formule is (C6H10O5)n>)

subaksillêr : subaxillary (geleë onderkant die oksel)

subaragnoïed : subarachnoid (geleë onder die aragnoïed)

subaragnoïede ruimte : subarachnoid space (ruimte tussen die pia mater en die aragnoïed)

subatomiese deeltjie : subatomic particle ('n deeltjie wat kleiner as 'n atoom is, bv elektron, proton, neutron)

subchondraal : subchondral (geleë onder 'n kraakbeen)

subduraal : subdural (tussen die dura en die aragnoïed geleë)

subepidermaal : subepidermal (onder die epidermis)

subklavikulêr : subclavicular (onder die klavikel)

subkortikaal : subcortical (wat geleë is onder die skors <korteks> van 'n orgaan)

subkostaal : subcostal (onderkant 'n rib)

subkutaan <kyk ook intradermaal> (hipodermies, onderhuids) : subcutaneous, hypodermic (wat onder die vel lê of voorkom; onder die vel)

subkutane weefsel (hipodermis, onderhuidse weefsel) : subcutaneous tissue, hypodermis (los bindweefsel wat die dermis met spiere verbind sodat die vel maklik opgelig of geskuif kan word)

sublimering <kyk ook verdamping> : sublimation (vervlugtiging van 'n vastestof gevolg deur kondensasie sonder dat dit deur 'n vloeibare fase gegaan het, bv verhitting van jodiumkristalle)

subliminaal : subliminal (onderkant die drempel waar sensasie waargeneem kan word)

sublinguaal : sublingual (onder die tong)

sublinguale klier <kyk sublingualis> : sublingual gland

sublingualis <kyk ook parotis; submandibularis> (ondertongspeekselklier, sublinguale klier) : sublingualis, sublingual gland (klein, amandelvormige speekselklier wat onder die slymvlies van die vloer van die mond geleë is)

submaksillêr : submaxillary (onder die maksilla <bokaak>)

submaksillêre klier <kyk submandibularis> : submaxillary gland

submandibularis <kyk ook parotis; sublingualis> (onderkaakspeekselklier, submandibulêre klier, submaxillaris, submaksillêre klier) : submandibularis, submandibulary gland, submaxillaris, submaxillary gland (een van 'n paar ronde speekselkliere wat in die submandibulêre driehoek aan beide kante van die binnekant van die onderkaak voorkom)

submandibulêr : submandibular (onder die onderkaak <mandibel>)

submandibulêre klier <kyk submandibularis> : submandibular gland

submarginaal : submarginal (onder of naby 'n rand geleë)

submaxillaris <kyk submandibularis> : submaxillaris

submikroskopies : submicroscopic (te klein om met 'n ligmikroskoop gesien te word)

submukosa : submucosa (losmasige bindweefsellaag wat die mukosa <slymvlieslaag> met die onderliggende strukture verbind)

subnormaal (ondernormaal): subnormal (minder as normaal)

subnormaal : subnormal (wat nie normaal voorkom nie)

substansie <kyk substantia> : substantia

substantia (materie, stof, substansie): substantia, matter (enigiets wat massa besit en ruimte beslaan)

substantia propria (grondstof, grondsubstansie, matriks, matrys) : substantia propria, ground substance, matrix (stof bestaande uit belangrike vloeistowwe of strukture wat tussen die selle in die weefsel voorkom en noodsaaklik is vir die lewe van die orgaan of organisme; die basiese stof waaruit 'n spesifieke orgaan of tipe weefsel ontwikkel)

substraat (substratum) : substrate, substratum ('n stof waarop ensieme inwerk)

substraat (substratum) : substrate, substratum ('n stof waarop mikro-organismes ens gekweek word)

substratum <kyk substraat> : substratum

substratum : substratum ('n laag wat onder 'n ander laag of stof geleë is; onderlaag of grondlaag)

succus (sap) : succus, juice ('n sap of vloeistof, gewoonlik di‚ wat deur die organe van die spysverteringstelsel afgeskei word)

succus entericus (dermsap) : succus entericus, intestinal juice (helder, betreklik slymerige, alkaliese afskeiding van die dunderm wat verteringsensieme bevat)

succus gastricus (gastriese sap, maagsap) : succus gastricus, gastric juice (spysverteringsap in die maag wat uit ensieme, soutsuur en water bestaan)

succus pancreaticus (pankreassap) : succus pancreaticus, pancreatic juice (helder, waterige, alkaliese vloeistof wat ensieme bevat en afgeskei word wanneer voedsel die duodenum binnekom)

sudomotories : sudomotor (sweetafdrywend)

suigapparaat <kyk aspirator> : aspirator

suiker <kyk ook koolhidraat> : sugar (enigeen van 'n verskeidenheid wateroplosbare koolhidrate met 'n soet smaak <algemene formule CnH2nOn>)

suikersiekte <kyk diabetes mellitus> : diabetes mellitus

sukrase (invertase) : sucrase, invertase (verteringsensiem wat sukrose opbreek in glukose en fruktose)

sukrose (rietsuiker, sakkarose) : sucrose, cane sugar, saccharose (koolhidraat verkry uit suikerriet of beet; disakkaried bestaande uit 1 mol glukose en l mol fruktose)

sulfaat : sulphate (sout van swaelsuur)

sulfhidrielgroep : sulphydryl group (die eenwaardige radikaal -SH)

sulfied : sulphide (chemiese verbinding van swael met een of ander element)

sulfied : sulphide ('n sout van waterstofsulfied <H2S>)

sulfiet : sulphite (chemiese verbinding van drie elemente waarvan twee swael en suurstof is en die derde 'n metaal)

sulfiet : sulphite (sout van swaeligsuur <H2SO3>)

sulkus <kyk ook fissuur> : sulcus (vlak groef of spleet op die oppervlak van 'n orgaan, veral aangetref op die breinoppervlak <vlakker as 'n fissuur>)

summasie : summation (gesamentlike effek <somtotaal> van verskeie subliminale prikkels wat aan 'n spier, senuwee of refleksboog gelewer word)

summasie : summation (ophoping)

superficialis : superficialis ('n term wat gebruik word om aan te dui dat 'n struktuur nader aan die oppervlak as 'n ander geleë is)

superficialis : superficialis (op of naby die oppervlak)

superior <cf inferior> : superior (beskryf 'n struktuur wat bokant 'n ander verwysingspunt geleë is)

supernatant : supernatant (die helder vloeistof wat aan die bokant van enige sediment of neerslag voorkom)

supersekresie : supersecretion (uitermate hoë sekresie)

supinasie <cf pronasie 1e inskrywing> : supination (draaiing van die voorarm sodat die handpalm na vore en opwaarts wys)

supinasie <cf pronasie 2e inskrywing> (agteroorkanteling) : supination (die posisie waar op die rug gelê word, gesigkant na bo)

supplementêr : supplemental (bykomstig of aanvullend)

supraklavikulêr : supraclavicular (bokant die klavikel)

supraliminaal : supraliminal (bo die drempelwaarde)

suprarenaal <kyk adrenaal> : suprarenal

suprarenaalklier <kyk bynier> : suprarenal gland

susmiddel <kyk bedaarmiddel> : tranquilliser

suspensie <kyk ook kolloïed> : suspension (vloeistof waar die molekules <deeltjies> te groot is om in ware oplossing te gaan en dan mettertyd agv swaartekrag uitsak)

suspensories : suspensory (verwys na 'n ligament, been of spier wat dien om 'n struktuur op te hou)

suspensoriese ligament (lenshangband) : suspensory ligament (dun, nie-elastiese vlies wat die lens met die siliêre liggaam verbind en dit in posisie hou)

sustentakulum (stut) : sustentaculum (enige anatomiese struktuur wat 'n ander ondersteun)

sutura (naat) : sutura, suture (onbeweeglike bindweefselgewrig, bv die vergroeiingslyn waar die skedelbene aan mekaar geheg is)

surfaktant : surfactant ('n stof wat oppervlakspanning verlaag)

suur n. <cf alkali> : acid (enige stof wat waterstofione <protone> afgee)

suur n. <cf alkali> : acid ('n vloeistof met 'n pH van minder as 7)

suur adj. <cf alkalies> : acid (een van die vier basiese smake, nl sout, suur, soet en bitter; eienskap van 'n vloeistof met 'n pH van minder as 7)

suur-basis-balans : acid-base balance (toestand in die liggaam waar die H+-ioonkonsentrasie stabiel is, maw ewe veel suur en alkali geproduseer word)

suurgehalte <kyk asiditeit> : acidity

suurheid <kyk asiditeit> : acidity

suurkleurstof : acid stain (kleurstof met 'n suurreaksie wat die asidofiele bestanddele van protoplasma, bv sitoplasmagranules, kleur)

suurstof (O) : oxygen, O (kleurlose, smaaklose, reuklose gas wat lewe onderhou <een van die hoofbestanddele van organiese verbindings in die natuur>)

suurstofarm <kyk gedeoksigeneer(d)> : oxygen-deficient

suurstofryk <kyk geoksigeneer(d)> : oxygenated

SVK <kyk spysverteringskanaal> : digestive tract

swaartekrag <kyk gravitasie> : gravitation

swam <kyk fungus> : fungus

swamvormige papil <kyk papilla fungiformis> : papilla fungiformis

swanger (verwagtend) : pregnant, expectant (mbt swangerskap)

swangerskap <kyk gestasie> : pregnancy

swael (S, swawel) : sulphur, sulfur, S ('n niemetaalagtige, smaaklose, reuklose chemiese stof wat algemeen in vulkaniese areas aangetref word)

swaelagtig <kyk swaelig-> : sulphurous

swaeldioksied (SO2) : sulphur dioxide, SO2 ('n kleurlose, oplosbare gas met 'n skerp, bytende reuk)

swaelhoudend <kyk swaelig-> : sulphurous

swaelig- (swaelagtig, swaelhoudend) : sulphurous (met die geaardheid van, of verbind aan swael)

swaeligsuur (H2SO3) : sulphurous acid, H2SO3 ('n swak, dibasiese suur wat verkry word wanneer swaeldioksied met water verbind <word dikwels as 'n bleikmiddel gebruik>)

swaelsuur (H2SO4) : sulphuric acid, H2SO4 (helder, olierige, vretende suur wat hitte vrystel wanneer dit met water gemeng word)

swawel <kyk swael> : sulphur

sweephaar <kyk flagellum> : flagellum

sweet n. <kyk perspirasie> : sweat

sweet v. <kyk perspireer> : perspire

sweetklier : sweat gland (gekronkelde buisies in die korium of subkutane

weefsel wat ryklik van bloedvate voorsien is en sweet afskei)

swelling <kyk swelsel> : swelling

swelsel (swelling) : swelling ('n tydelike abnormale vergroting van 'n liggaamsdeel of orgaan, bv agv ontsteking)

sweserik <kyk timus> : thymus

swewende rib <kyk ook valsrib; ware rib> : floating rib (enige een van die laaste twee paar ribbes wat nie met die sternum en ook nie met 'n ander rib artikuleer nie, sodat hulle voor heeltemal vry is)

sykant <kyk flank> : flank

Sylvius-spleet (groef van Sylvius) : Sylvian groove, fissure of Sylvius (groef wat vanaf die voorkant van elke hemisfeer van die serebrum 'n entjie na agter strek)

SystŠme International d'Unit‚s (SI) <kyk ook metrieke stelsel> : SystŠme International d'Unit‚s, SI ('n internasionale meetstelsel gebaseer op sewe basiseenhede, nl die meter <m>, kilogram <kg>, sekonde <s>, ampŠre <A>, kandela <cd> en die mol <mol>)

 

T

 

T <kyk tritium> : T (chemiese simbool)

T3 <kyk trijodotironien> : T3

T4 <kyk tiroksien> : T4

taaiheid <kyk viskositeit> : tenacity

tafel : table (in anatomie is dit enige plat struktuur of laag)

tafelsout <kyk natriumchloried> : table salt

tagikardie : tachycardia (versnelde hartspoed)

tagipnee <kyk ook eupnee> (polipnee) : tachypnoea, polypnoea (verhoogde asemhalingstempo)

tak : branch (afsplitsing <vertakking> van 'n senuwee, bloedvat of enige ander struktuur)

takson <kyk ook familie; filum; genus; klas; orde; ryk; spesie> : taxon (enige eenheid of groep verwante organismes wat in taksonomie gebruik word <die hoofkategorieë in stygende volgorde is spesie, genus, familie, orde, klas, filum en ryk>)

taksonomie : taxonomy (studie van die klassifikasie van lewende organismes)

talamus : thalamus (een van 'n paar groot, ovaalvormige organe <kol grysstof> wat weerskante van die derde ventrikel geleë is en deel van die diënkefalon uitmaak)

talg <kyk sebum> : sebum

talgklier <kyk sebumklier> : sebum gland

talotibiaal : talotibial (mbt die enkel en die skeenbeen)

talus : talus (die tweede grootste enkelbeen wat op die kalkaneus rus en die tibia ondersteun)

tanatobiologies : thanatobiologic (mbt die lewe en dood)

tand : tooth (beentjie met 'n spesifieke doelmatige vorm in die bo- en onderkaak waaruit die gebit bestaan)

tandbeen <kyk dentien> : dentine

tandekry <kyk dentisie 2e

inskrywing> : teething

tandformule <kyk ook dentisie 2e inskrywing> : dental formula (formule waarvolgens die tande voorgestel word vanaf middelvoor na agter met bokaak bo geskryf en onderkaak onder die streep <vir 'n volwassene is dit byvoorbeeld

2123

2123

maw 2 snytande, 1 oogtand, 2 voorste maaltande en 3 ware maaltande in die bo- en onderkaak onderskeidelik>)

tandglasuur <kyk emalje> : enamel

tandheelkunde <kyk odontologie> : odontology

tandholte : pulp cavity (holte in die tand wat bloedvate en senuwees bevat <die sogenaamde "lewe" van 'n tand>)

tandkas : tooth socket (holte waarin 'n tand in die kakebeen pas)

tandkroon : crown of the tooth (gedeelte van die tand wat met emalje bedek is en bokant die tandvleis uitsteek)

tandvleis <kyk gingiva> : gum

tangoreseptor (gevoelsreseptor, tasreseptor) : tangoreceptor (reseptor wat gevoelig is vir aanraking of fisieke kontak)

tarsaal : tarsal (mbt die voetwortelbeentjies of tarsi)

tarsaal : tarsal (mbt die bindweefselplaat van die ooglid)

tarsale klier <kyk Meibom-klier> : tarsal gland

tarsi <ekv tarsus> : tarsi

tarsofalangeaal : tarsophalangeal (mbt beide die tarsus en die falanges)

tarsus <mv tarsi> (voetwortel) : tarsus (die beentjies wat die enkel en proksimale deel van die voet vorm)

tarsus <mv tarsi> : tarsus (een van die digte bindweefselplate wat die ooglid stut en daaraan vorm gee)

tarsus osseus (voetwortelbeentjie) : tarsus osseus, bony tarsus (enigeen van die sewe beentjies wat die gewrig tussen die been en die voet vorm)

tas : touch (voel of aanraak)

tasreseptor <kyk tangoreseptor> : tangoreceptor

TB <kyk tuberkulose> : TB

Te <kyk tellurium> : Te (chemiese simbool)

teëgif <kyk antidoot 1e inskrywing> : counter-poison

teengif <kyk antidoot 1e inskrywing> : counter-poison

teenliggaam <kyk antiliggaam> : antibody

teëmiddel <kyk antidoot 2e inskrywing> : antidote

teenmiddel <kyk antidoot 2e inskrywing> : antidote

teenstroom : countercurrent (gebeurtenis wat plaasvind wanneer 'n gas, vloeistof of elektriese stroom in teenoorgestelde rigtings deur twee geleiers wat ongeveer parallel en digby mekaar verloop, vloei <die vloei in een rigting kan dan die fisiese en/of chemiese karakter van die materie wat in die ander geleier in die teenoorgestelde rigting vloei, aansienlik beïnvloed>)

teenstroomuitruiling : countercurrent exchange (passiewe meganisme waardeur stowwe van een been van 'n lus na die ander oorgedra word <geskied saam met die konsentrasiegradiënt, maw van 'n hoë na 'n lae konsentrasie of aktiwiteit>)

teenstroomvermenigvuldiger : countercurrent multiplier (meganisme waar daar passiewe teenstroomuitruiling is, asook aktiewe meganismes om stowwe in of uit die lumen van 'n buis te vervoer)

tegument <kyk integument> : tegument

teikensel : target cell (enige sel met 'n spesifieke reseptor wat met 'n spesifieke hormoon, antigeen, antiliggaam, gesensitiseerde T-sel of enige ander stof reageer)

teikensel : target cell (abnormale rooibloedsel wat lyk soos 'n teiken en by sommige anemieë voorkom)

teikenorgaan (skyforgaan) : target organ (die spesifieke orgaan wat beïnvloed word)

teikenorgaan (skyforgaan) : target organ (in endokrinologie is dit 'n orgaan wat die meeste geraak word deur 'n spesifieke hormoon, bv die tiroïed wat die teikenorgaan van TSH is)

teka : theca (skede of kapsel wat dien as beskermende omhulsel)

tekortsiekte <kyk gebreksiekte> : deficiency disease

tektoriaal : tectorial (met die aard van bedekking; om as 'n dak te dien)

tektoriale membraan <kyk membrana tectoria> : tectorial membrane

telalgie : thelalgia (pyn in die tepel)

telemetrie : telemetry (meting wat op 'n afstand vanaf die voorwerp gedoen word, bv deur radioseine te gebruik)

telenkefalon (eindharsings, telensefalon) : telencephalon (voorste gedeelte van die brein <sluit die serebrale hemisfere, laterale ventrikels en die optiese deel van die hipotalamus in>)

telensefalon <kyk telenkefalon> : telencephalon

telkamer <kyk ook hemositometer> : counting chamber (ruimte van bepaalde dikte met 'n gelinieerde basis waarin bloed van 'n spesifieke konsentrasie geplaas word om die hoeveelheid selle mbv 'n mikroskoop te tel)

telodendron : telodendron (een van baie klein terminale vertakkinge van 'n neuron)

telofase <kyk ook anafase; interfase; metafase; profase> : telophase (finale stadium in die seldelingsproses waartydens die dogterchromosome by die pole versamel, die kernmembraan en kernliggaampie ens weer verskyn en die sitoplasma begin verdeel)

telolesitaal : telolecital (met 'n groterige dooier wat eksentries geleë is)

tellurium (Te) : tellurium, Te (seldsame element wat in verbinding met goud of silwer in sommige minerale aangetref word)

TEM <kyk transmissie-elektronmikroskoop> : TEM

temperatuur : temperature (graad van waarneembare hitte of koue van 'n liggaam of van die atmosfeer soos gemeet met 'n termometer)

templaat (patroon) : template (enige spesifieke molekule wat as patroon vir sy eie verdubbeling dien, soos by DNA)

tempo : tempo (bepaalde tydmaat of snelheid)

temporaal : temporal (mbt die laterale dele van die kop <slape>)

temporaal : temporal (mbt tyd)

temporale been <kyk ook frontale been; oksipitale been; pariëtale been> (slaapbeen) : temporal bone (een van die bene van die kranium wat aan weerskante van die kop voorkom en met die onderkaak artikuleer)

temporale kwab <kyk temporale lob> : temporal lobe

temporale lob <kyk ook frontale lob; oksipitale lob; pariëtale lob> (temporale kwab) : temporal lobe (die laterale deel van die serebrum wat net onder die Sylvius-groef geleë is)

temporale summasie (tydsummasie) : temporal summation (opeenhopende effek van vinnig opmekaarvolgende ontladings deur dieselfde <presinaptiese> neuron)

tendon <kyk ook ligament> (pees, sening) : tendon (taai, wit, veselagtige bindweefsel aan die punt van 'n spier wat dien om die spier aan been vas te heg)

tenorafie : tenorraphy (hegting van 'n tendon)

tenotomie : tenotomy (deursny van 'n tendon)

teorie <kyk ook hipotese> : theory ('n wetenskaplike verklaring van sekere feite wat nog eksperimenteel bewys moet word)

tepel <kyk mamilla> : nipple

tepelvormig <kyk mamillêr> : mamillary

tering <kyk tuberkulose> : tuberculosis

termies : thermic (mbt hitte)

terminaal : terminal (mbt of geleë naby die eindpunt van 'n struktuur)

terminaal : terminal (een van die pole van 'n elektriese apparaat)

terminologie : terminology (vakterme)

termogenese : thermogenesis (die produksie van hitte in die liggaam)

termograaf : thermograph (instrument wat outomaties temperatuurskommelinge oor 'n spesifieke tydperk registreer)

termolabiel <cf termostabiel> (hittelabiel) : thermolabile, heat labile (kan maklik deur hitte verander of vernietig word)

termometer <kyk ook kliniese termometer> : thermometer (gegradeerde, fyn glasbuis met kwik of alkohol in wat deur uitsetting en inkrimping die temperatuur aantoon)

termoreseptor : thermoreceptor (senuwee-eindorgaan vir gewaarwording van hitte of koue)

termostaat : thermostat (toestel wat outomaties die temperatuur <binne sekere grense> reël)

termostabiel <cf termolabiel> : thermostable (word nie deur 'n verhoging in temperatuur beïnvloed nie)

tersiêr <kyk ook primêr; sekondêr> : tertiary (wat derde in volgorde voorkom)

terugvloeiing <kyk refluks> : reflux

terugvoerbeheer <kyk ook negatiewe terugvoer; positiewe terugvoer> : feedback control (fisiologiese beheerstelsel vir die behoud van homeostase in die liggaam waartydens informasie <prikkels> deur 'n reseptor waargeneem word, vergelyk word met die fisiologiese norm en weer na 'n reseptor gelei word vir reaksie)

testes <ekv testis> : testes

testikel <verkleiningsvorm van

testis> : testicle

testikulêr : testicular (mbt die testis)

testis <mv testes/verkleiningsvorm testikel> : testis <diminutive testicle> (een van die paar manlike gonades <voortplantingskliere> waarin die sperme of manlike gamete gevorm word)

testosteroon : testosterone (manlike geslagshormoon; 'n androgeen wat natuurlik in die liggaam voorkom)

tetanie : tetany (spierkrampe en

-konvulsies wat veroorsaak word deur 'n abnormale kalsiummetabolisme, bv 'n lae bloedkalsiumvlak)

tetanus : tetanus (die verskynsel wanneer prikkels mekaar so vinnig opvolg dat aparte spierkontraksies nie waarneembaar is nie <gewoonlik eksperimenteel aangebring>)

tetanus : tetanus (volgehoue spiersametrekking wat veroorsaak word deur 'n tetanusbasilinfeksie <klem-in-die-kaak>)

tetrachromies : tetrachrome, tetrachromic (tipe kleurblindheid waar slegs vier kleure onderskei kan word)

tetrade (viertal) : tetrad ('n groep van vier chromatiede wat die produk van 'n homoloë chromosoompaar is en tydens die diploteenstadium van meiose verskyn)

tetraplegie <kyk kwadruplegie> : tetraplegia

tetraploïed : tetraploid ('n individu of sel wat vier stelle chromosome besit)

tetravalent <kyk kwadrivalent> : tetravalent

tetrose <kyk ook heksose; pentose; triose> : tetrose ('n monosakkaried met vier koolstofatome)

T-golf <kyk ook elektrokardiogram> : T wave (positiewe uitwyking op 'n elektrokardiogram wat veroorsaak word deur repolarisasie van die ventrikels; tweede ventrikulêre kompleks)

tiamien (vitamien B1) : thiamine, vitamin B1 ('n wateroplosbare, kristallyne verbinding van die vitamien B-kompleks wat belangrik is vir normale metabolisme <kom voor in doppies van graansoorte, sade van peulplante en voorkom beri-beri>)

tibia <kyk ook fibula> (skeenbeen) : tibia, shin bone (tweede langste been van die skelet wat deel van die onderbeen vorm <artikuleer lateraal met die fibula, distaal <onder> met die talus en proksimaal <bo> met die femur waar dit die kniegewrig vorm>)

tibiaal : tibial (mbt die tibia)

tiflon <kyk sekum> : typhlon

tiflose : typhlosis (blindheid)

tiflostenose : typhlostenosis (sametrekking van die sekum)

timien <kyk ook pirimidien; purien; sitosien; urasiel> : thymine (een van die organiese basisse wat deel uitmaak van DNA)

timolise : thymolysis (vernietiging van timusweefsel)

timopatie : thymopathy (enige siekte van die timusklier)

timopatie : thymopathy (enige geestesiekte)

timosien : thymosin (hormoon wat deur die timus afgeskei word <is noodsaaklik vir die normale ontwikkeling van die immuunrespons>)

timpanies : tympanic (mbt die timpanum)

timpanies : tympanic (van of mbt strukture wat resoneer wanneer dit geslaan word)

timpaniese been : tympanic bone (dermale skedelbeen wat die buitenste deel van die benige sfeer wat die binneoor omring, vorm)

timpaniese membraan (membrana tympani, oordrom, oortrommel, trommelvlies) : tympanic membrane, membrana tympani, eardrum (dun, halfdeurskynende vlies in die middeloor wat klankvibrasies dmv die gehoorbeentjies na die binneoor oordra)

timpanostapedius : tympanostapedia (mbt die timpanum en die stapes)

timpanum <kyk ook inkus; malleus; stapes> : tympanum (middeloorholte waarin die gehoorbeentjies voorkom)

timus (sweserik, timusklier) : thymus, thymus gland (tweelobbige endokriene klier wat in die mediastinum net onderkant die tiroïed geleë is <speel 'n rol by die ontwikkeling van immuniteit>)

timusafhanklike limfosiet <kyk T-limfosiet> : thymus-dependent lymphocyte

timusklier <kyk timus> : thymus gland

tin <kyk stannum> : tin

tintel : tingle (prikkelende sensasie van die vel)

tireotropien <kyk tiroïedstimulerende hormoon> : thyrotropin

tiroglobulien : thyroglobulin (jodiumbevattende proteïen van die tiroïedklier <waarskynlik die manier waarop tiroïedhormone gestoor word>)

tiroïde <kyk tiroïed> : thyroid

tiroïed (tiroïde, skildklier,

tiroïedklier) : thyroid, thyroid gland (endokriene klier bestaande uit twee lobbe wat aan mekaar verbind is met 'n smal klierstrokie en wat weerskante van die tragea, net onder die larinks geleë is)

tiroïedklier <kyk tiroïed> : thyroid gland

tiroïedhormoon <kyk ook trijodotironien;

tiroksien> : thyroid hormone ('n jodiumbevattende verbinding wat deur die tiroïed afgeskei word en noodsaaklik is vir normale metaboliese prosesse en verstandelike en fisieke ontwikkeling <kom in twee vorms, nl T3 en T4 voor>)

tiroïedkraakbeen : thyroid cartilage (grootste van die kraakbene van die larinks wat deel uitmaak van die strottehoof <die stembande word hierdeur beskerm>)

tiroïedstimulerende hormoon (TSH, tireotropien, tirotrofien, tirotropien) : thyroid-stimulating hormone, TSH, thyrotropin (hormoon van die adenohipofise <voorlob> wat die skildklier beheer)

tiroksien (T4) <kyk ook tiroïedhormoon> : thyroxine, T4 ('n jodiumbevattende hormoon van die skildklier wat die basale metaboliese spoed van die liggaam reguleer)

tirosien : tyrosine (essensiële aminosuur wat in die meeste proteïene aangetref word)

tirotrofien <kyk tiroïedstimulerende hormoon> : thyrotropin

tirotropien <kyk tiroïedstimulerende hormoon> : thyrotropin

titrasie : titration (bepaling van die gehalte van 'n stof, bv sure, deur dit te vergelyk met standaardoplossings)

titreer : titrate (die gehalte bepaal dmv 'n titrasie)

T-limfosiet <kyk ook B-limfosiet; limfosiet> (timusafhanklike limfosiet, T-sel) : T-lymphocyte, thymus-dependent lymphocyte, T-cell (limfosiete wat deur die timus gaan of daardeur beïnvloed word en verantwoordelik is vir selbemiddelde immuniteit)

toereikendheid <kyk kompetensie> : competence

toerniket (klemverband) : tourniquet ('n verband wat styf om die ledemaat gedraai of geskroef word om bloeding in 'n slagaar te stop)

toets : test (proef of ondersoek)

toevallige parasiet : incidental parasite (organisme wat parasities op 'n gasheer wat hy nie normaalweg gebruik nie voorkom)

tokoferol (vitamien E) : tocopherol, vitamin E (enigeen van 'n groep vetoplosbare vitamiene wat essensieel vir normale voortplanting, spierontwikkeling en verskeie ander biochemiese funksies is <kom oa voor in plantolies, kiemgedeeltes van sade, kropslaai en spinasie>)

tokologie <kyk obstetrie> : tocology

toksemie (bloedvergiftiging) : toxaemia ('n toestand waar die bloed gifstowwe bevat wat deur die liggaam self of deur bakterieë gevorm is)

toksien : toxin (enige gifstof van biologiese oorsprong <deur 'n plant, die liggaam self of mikro-organismes gevorm>)

toksies <kyk ook antitoksies/cf atoksies> : toxic (mbt 'n toksien)

toksies <kyk ook antitoksies/cf atoksies> (giftig) : toxic, poisonous (wat gif bevat en potensieel dodelik is)

toksigeen (toksikogeen) : toxigenous, toxicogenic (wat gifstowwe produseer)

toksikogeen <kyk toksigeen> : toxicogenic

toksikologie : toxicology (die wetenskaplike studie van gifstowwe, hul opsporing, uitwerking en die behandeling daarteen)

toksikoloog : toxicologist (gesaghebbende op die gebied van toksikologie)

toksisiteit : toxicity (giftigheid)

toksolisien <kyk antidoot 1e inskrywing> : toxolycin

toleransie (verdraagsaamheid) : tolerance (die vermoë om die invloed van skadelike stowwe of pyn te verduur sonder enige nadelige fisiologiese of psigiese gevolge)

tomografie : tomography ('n X-straaltegniek wat röntgenfoto's van liggaamsweefsels op voorafbepaalde vlakke neem)

tong <kyk lingua> : tongue

tonies : tonic (mbt tonus)

tonies : tonic (wat die normale tonus bewerkstellig of herstel)

tonies : tonic (versterkend)

tonisiteit <kyk ook tonus/cf atonisiteit> : tonicity (normale toestand van gedeeltelike sametrekking <spanning of tonus> van 'n spier of weefsel)

tonisiteit <kyk ook tonus/cf atonisiteit> : tonicity (effektiewe osmotiese druk van 'n oplossing)

tonometer : tonometer (instrument wat spanning of tonus meet)

tonsil <kyk ook adenoïede; tonsilla palatina> (tonsilla) : tonsil, tonsilla ('n klein, ronde massa weefsel, gewoonlik limfoïede weefsel <die term word dikwels ongekwalifiseerd gebruik om na die mangels te verwys>)

tonsilla <kyk tonsil> : tonsilla

tonsilla palatina (mangel) : tonsilla palatina, tonsil (enigeen van die twee klein, amandelvormige liggaampies wat aan die laterale wande van die farinks geheg is en die respiratoriese en spysverteringskanale teen infeksie beskerm)

tonsillêr : tonsillar (mbt 'n tonsil)

tonsillitis (mangelontsteking) : tonsillitis (inflammasie van die mangels weens bakteriese of virusinfeksie)

tonus <kyk ook atonisiteit; tonisiteit> (spanning) : tonus, tone (die normale toestand van spanning <gedeeltelike sametrekking> in die liggaamsweefsels, veral spiere)

toon <kyk ook toonhoogte> : tone (klank van 'n bepaalde hoogte of kleur)

toon : toe, digit (een van die vyf uitsteeksels van die voet)

toonhoogte <kyk ook toon 1e inskrywing> : pitch (hoogte of kwaliteit van klank wat voortgebring word deur die trillingsfrekwensie van 'n geluid)

topikaal : topical (mbt die oppervlak van 'n liggaamsdeel)

topografie : topography (beskrywing van 'n anatomiese streek of 'n spesifieke liggaamsdeel in verhouding met die omliggende strukture)

topografiese anatomie : topographic anatomy (anatomie van 'n liggaamsdeel in verhouding tot ander liggaamsdele)

torakaal : thoracic (mbt of geleë in die borskas)

torakale buis <kyk ductus

thoracicus> : thoracic duct

torakale werwel : thoracic vertebra (een van die twaalf werwels wat tussen die nek- en lumbale werwels geleë is)

toraks <kyk ook pektus> (bors, borsholte, borskas, borskasholte) : thorax, chest, chest cavity, thoracic cavity (gedeelte van die liggaam geleë tussen die nek en die buikholte wat die belangrikste respiratoriese en sirkulatoriese organe, asook sommige abdominale organe omsluit <word begrens deur die nek bo, die sternum en ribbes voor, die ribbes en werwelkolom agter en die diafragma aan die onderkant>)

torsie : torsion (draaiing, wringing of rotasie weg van die normale posisie <dit mag positief, dws kloksgewys, of negatief, dws antikloksgewys, wees>)

torsiebalans (wringbalans) : torsion balance (toestel vir die meet van klein kragte <die skaal word deur metaalstrokies ondersteun wat deur torsie geaktiveer word>)

torso <kyk ook corpus 1e inskrywing> (romp) : torso, trunk (lyf sonder die kop en ledemate)

torus : torus (verhewenheid of uitsteeksel, bv torus palatinus <verhewenheid in die harde verhemelte>)

traagheid <kyk inersie> : inertia

traan (traanvog) : tear (die alkaliese, souterige, waterige afskeiding van die lakrimaalkliere waarmee die konjunktiva klam gehou word)

traan- <kyk lakrimaal> : lacrimal

traanbuis <kyk lakrimale buis> : lacrimal duct

traanklier <kyk lakrimale klier> : lacrimal gland

traansak <kyk saccus lacrimalis> : lacrimal sac

traanvloed <kyk dakrioree> : dacryorrhoea

traanvog <kyk traan> : tear

trabekula <mv trabekulae> : trabecula <pl trabeculae> (verwys na feitlik enige dwarsseptum of -balkie van bindweefsel wat vanaf die buiterand in die orgaan instrek en dit ondersteun of anker)

trabekulae <ekv trabekula> : trabeculae

trachea <kyk tragea> : trachea

tragea <kyk ook annulus tracheae> (lugpyp, trachea) : trachea, windpipe (membraanbuis wat deur C-vormige kraakbeenringe oopgehou word en vanaf die onderste deel van die larinks tot by die brongi strek)

tragelopeksie : trachelopexy (hegting van die nek van die uterus)

trageostenose : tracheostenosis (vernouing van die tragea)

tragus : tragus (klein verhewendheid van die kraakbeen wat oor die opening van die uitwendige oor strek)

traksie : traction (trekking)

traktus <kyk baan> : tract

transaminasie : transamination (oordrag van 'n aminogroep van een verbinding na 'n ander dmv ensieme)

transduksie : transduction ('n metode van genetiese rekombinasie waarby DNA oorgedra word van een sel na 'n ander)

transduksie : transduction (dui die prosesse aan wat plaasvind vandat 'n prikkel ontvang is totdat die reseptorpotensiaal ontwikkel)

transformasie (omvorming) : transformation (verandering van vorm)

transformasie (omvorming) : transformation (omsetting van energie)

transfusie <kyk ook bloedoortapping> (oorgieting, oortapping) : transfusion (oortapping van verenigbare bloed, bloedkomponente of enige ander vloeistof in die vate van die liggaam)

translokasie (oorplasing) : translocation (die herrangskikking van genetiese materiaal in 'n chromosoom, of die oordrag van een chromosoomsegment na 'n ander chromosoom)

transmissie : transmission (die oordrag van iets van een persoon of plek na 'n ander, bv genetiese eienskap)

transmissie-elektronmikroskoop (TEM) : transmission electron microscope, TEM (tipe elektronmikroskoop wat die binnekant van strukture vergroot en uitbeeld dmv elektronstrale wat deur die weefsel dring)

transport-RNA <kyk ook boodskapper-RNA; ribosoom-RNA> (tRNA, oordrag-RNA, oRNA) : transfer RNA, tRNA ('n vorm van RNA met die funksie om in die sitoplasma met aminosure te bind en hulle dan in die regte posisie <volgorde> te plaas in die vormende proteïenmolekule)

transversaal <kyk horisontaal> : transverse

transversale kolon (dwarsgaande

kolon) : transverse colon (die deel van die kolon wat dwars draai en van regs na links onderkant die maag verbyloop)

transversale vlak <kyk horisontale vlak> : transverse plane

trapesium : trapezium ('n onreëlmatige figuur met vier sye)

trapesium : trapezium (een van die polsbeentjies aan die radiale kant van die distale ry)

trapesium : trapezium (dwarsverlopende veselbondel in die pons wat deel van die gehoorvesels uitmaak)

trapesoïed : trapezoid (met die vorm van 'n trapesium)

trapverskynsel <kyk treppe> : staircase phenomenon

trauma (trouma) : trauma (fisiese of psigiese wond of besering)

tregter : funnel (keëlvormige toestel met 'n wye mond en nou tuit wat dien om poeiervormige stowwe of vloeistowwe deur 'n nou opening te giet)

tremor : tremor (onwillekeurige skeletspierbewegings)

treonien : threonine (een van die essensiële aminosure)

treppe (trapverskynsel) : treppe, staircase phenomenon (trapsgewyse vermeerdering in krag van spiersametrekking indien 'n spier met kort tussenposes geprikkel word)

triatomies : triatomic (beskryf 'n molekule wat uit drie atome bestaan, bv H2O)

tribasies : tribasic (beskryf 'n suur met drie verplaasbare waterstofatome, bv NH4, H3PO4 ens)

trichlorometaan <kyk chloroform> : trichloromethane

trichromaat <kyk ook achromaat; dichromaat> : trichromat ('n persoon met normale kleurvisie)

trigeminale senuwee <kyk nervus trigeminus> : trigeminal nerve

trigeminus <kyk nervus trigeminus> : trigeminus

trigitis : trichitis (inflammasie van die haarwortels)

trigliseried (neutrale vet) : triglyceride, neutral fat ('n ester van alkohol en drie vetsure wat die normale vorm is waarin vette in die liggaam gestoor word)

trigonose : trichonosis (enige siekte wat die hare aantas)

trijodiumtironien <kyk

trijodotironien> : triiodothyronine

trijodotironien <kyk ook tiroïedhormoon> (trijodiumtironien, T3) : triiodothyronine, T3 ('n kragtige hormoon van die tiroïed wat betrokke is by normale groei en ontwikkeling, regulering van metabolisme en liggaamstemperatuur, en ook die afskeiding van tireotropien inhibeer)

trikarboksielsuursiklus <kyk Krebs-siklus> : tricarboxylic acid cycle

trikuspidaal <kyk ook bikuspidaal> : tricuspid (met drie punte of kleppe)

trikuspidale klep <kyk ook atrioventrikulêre klep; bikuspidale klep> (drieslipklep, regter- atrioventrikulêre klep) : tricuspid valve, right atrioventricular valve (klep tussen die regteratrium en regterventrikel)

trilhaar <kyk silium> : cilium

trilling <kyk ossillasie> : thrill

triose <kyk ook heksose; pentose; tetrose> : triose (monosakkaried met drie koolstofatome <C3H6O3>)

tripeptied <kyk ook peptied> : tripeptide (verbinding wat n hidrolise drie aminosure sal lewer)

tripsien : trypsin ('n proteolitiese ensiem in die pankreassap wat proteïenvertering bevorder)

tripsinogeen : trypsinogen (onaktiewe vorm van tripsien wat deur die pankreas afgeskei word en in die derm deur enterokinase vanaf die dermsap geaktiveer word)

triptofaan : tryptophane ('n essensiële aminosuur)

triseps <kyk ook biseps>

(driekopspier) : triceps (groot spier wat bo die humerus geleë is en drie aanhegtingspunte <koppe> het)

trisomie 21-sindroom <kyk Down-sindroom> : trisomy 21 syndrome

tritium (T) : tritium, T ('n radioaktiewe isotoop <3H> van waterstof)

trivalent (driewaardig) : trivalent (verwys na 'n molekule wat met drie waterstofatome kan verbind, of dit vervang)

trivalent (driewaardig) : trivalent (met 'n valens van drie)

tRNA <kyk transport-RNA> : tRNA

trochoïed (spilvormig, trogoïed) : trochoid (met die vorm van 'n wiel)

trochoïed (spilvormig, trogoïed) : trochoid (mbt iets wat kan roteer)

trochoïedgewrig (spilgewrig, trogoïedgewrig) : trochoid joint, pivot joint (gewrig waar beweging beperk is tot rotasie van 'n beenpunt, of beweging rondom 'n ander been)

trofies : trophic (wat verband het met voeding)

trofoblas : trophoblast (die buitenste sellaag wat die wand van die blastosist vorm <dit heg die ovum aan die uteruswand en sorg vir die voeding van die embrio>)

troganter : trochanter (een van die twee benige uitsteeksels aan die bopunt van die femur wat dien as aanhegtingspunt vir verskeie spiere <die groot troganter kom voor aan die buitekant en die klein troganter aan die binnekant>)

troglea : trochlea (enige struktuur of liggaamsdeel wat diens doen as 'n katrol)

trogleêr : trochlear (mbt die trogleêre senuwee)

trogleêr : trochlear (wat werk soos 'n katrol)

trogleêre senuwee <kyk nervus trochlearis> : trochlear nerve

trogoïed <kyk trochoïed> : trochoid

trogoïedgewrig <kyk trochoïedgewrig> : trochoid joint

trokar : trocar ('n skerp, gepunte staaf wat binne-in 'n buis voorkom <word gebruik om liggaamsweefsels te deurboor>)

trombien <kyk ook protrombien> : thrombin (aktiewe bloedstollingsfaktor in die plasma wat tydens bloedstolling vanaf protrombien gevorm word en veroorsaak dat fibrinogeen in fibrien verander)

trombinogeen <kyk protrombien> : thrombinogen

trombokinase <kyk ook

tromboplastien> : thrombokinase (ensiem wat saam met kalsium protrombien aktiveer om trombien te vorm)

trombopenie <kyk trombositopenie> : thrombopenia

tromboplastien <kyk ook

trombokinase> : thromboplastin (een van die bloedstollingsfaktore wat in die bloed vrygestel word wanneer bloedplaatjies en bloedvatwande beskadig word)

trombose : thrombosis (vorming van 'n bloedklont of trombus)

trombosiet <kyk ook eritrosiet, leukosiet> (bloedplaatjie) : thrombocyte, blood platelet (kleinste van die selle in bloed <besit geen hemoglobien of selkern nie en is noodsaaklik vir bloedstolling>)

trombositemie <kyk trombositose> : thrombocythaemia

trombositopenie <kyk ook trombositose> (trombopenie) : thrombocytopenia, thrombopenia (abnormaal lae aantal bloedplaatjies in die bloed)

trombositopoiëse : thrombocytopoiesis (vorming van bloedplaatjies)

trombositose <kyk ook trombositopenie> (trombositemie) : thrombocytosis, thrombocythaemia (abnormaal hoë aantal bloedplaatjies in die bloed)

trombus (bloedklont) : thrombus, blood clot ('n bloedstolsel in 'n bloedvat; gestolde bloed)

trommelvlies <kyk timpaniese membraan> : tympanic membrane

tropomiosien : tropomyosin ('n spierproteïen wat spierkontraksie inhibeer deur die interaksie tussen aktien en miosien te keer)

troponien : troponin ('n spierproteïen wat spierkontraksie inhibeer deur die interaksie tussen aktien en miosien te keer, tensy dit met Ca++ verbind is)

trouma <kyk trauma> : trauma

troumatopnee : traumatopnoea (asemhaling deur 'n wond in die borskaswand)

T-sel <kyk T-limfosiet> : T-cell

TSH <kyk tiroïedstimulerende hormoon> : TSH

tuba : tuba (buis)

tuba acustica <kyk Eustachius-buis> : tuba acustica

tuba uterina <kyk Fallopius-buis> : tuba uterina

tuberkel : tubercle ('n nodule of klein verhewendheid, soos op 'n been; knoppie of uitsteeksel)

tuberkuleus : tuberculous (mbt tuberkulose; aan tuberkulose ly)

tuberkulien : tuberculin ('n steriele vloeistof van kulture van tuberkelbasille wat gebruik word in die diagnose en behandeling van tuberkulose)

tuberkulose (TB, tering) : tuberculosis, TB (aansteeklike bakteriese siekte <veroorsaak deur die basil Mycobacterium tuberculosis> wat veral gekenmerk word deur die vorming van tuberkuleuse letsels in die longe, dermkanaal en die limfknope, maar dit kan ook wydverspreid in die res van die liggaam voorkom)

tubulêr (buisvormig) : tubular (mbt 'n buis)

tumor <kyk ook neoplasma> : tumour (swelsel of vergroting wat tydens 'n inflammatoriese toestand ontstaan)

tunica : tunica (enige bedekking, laag, membraan of skede)

tunica adventitia <kyk

adventitia> : tunica adventitia

tunica albuginea : tunica albuginea (veselagtige kapsel van die testis)

tunica intima <kyk intima> : tunica intima

tunica media <kyk media 2e inskrywing> : tunica media

turbinaat : turbinate (mbt 'n tolvormige liggaam)

turbinaat <kyk nasale konga> : turbinate

turbinaatbeen : turbinate bone (een van die drie verhewe, benerige strukture van elk van die neusholtes)

turgor (vogspanning, weefselspanning) : turgor (swelling en styfheid van 'n sel vanweë die opname van water deur die selvloeistof)

tussenbenig <kyk interosseus> : interosseous

tussenharsings <kyk diënkefalon> : interbrain

tussenribspiere <kyk interkostale spiere> : intercostal muscles

tussensel-stimulerende hormoon <kyk luteïniserende hormoon> : interstitial cell-stimulating hormone

tussenskot <kyk septum> : septum

tussenslagaarbuis <kyk ductus arteriosus> : ductus arteriosus

tussenwand <kyk septum> : septum

twaalfvingerderm <kyk duodenum> : duodenum

tweedelig <kyk binêr> : binary

tweedeling <kyk binêre deling> : binary fission

tweekopspier <kyk biseps> : biceps

tweeling : twins (twee kinders wat tydens dieselfde kraam gebore is <kan identies, dws een bevrugte eiersel, of nie-identies, dws twee bevrugte eierselle, wees>)

tweeogig <kyk binokulêr> : binocular

tweeslipklep <kyk bikuspidale klep> : bicuspid valve

tweevoudig <kyk dubbel 2e

inskrywing> : twofold

tweewaardig <kyk bivalent> : bivalent

tweewaardigheid <kyk bivalensie> :

bivalence

tydelike tand <kyk melktand> : deciduous tooth

tydperk <kyk periode> : period

tydsummasie <kyk temporale summasie> : temporal summation

Tyndall-effek : Tyndall effect (verskynsel waardeur andersins onsigbare deeltjies sigbaar gemaak word deur die weerkaatsing van lig wat deur die gas of vloeistof gaan)

 

U

 

U <kyk uraan> : U (chemiese simbool)

U-golf <kyk ook elektrokardiogram> : U wave (positiewe uitwyking na die T-golf op 'n elektrokardiogram)

uitaseming <kyk ekspirasie 2e inskrywing> : exhalation

uitbloei : exsanguinate (om bloedloos te maak)

uitdroging <kyk desikkasie> : desiccation

uiteenwyk <kyk divergeer 2e inskrywing> : diverge

uitpeuling <kyk evaginasie> : evagination

uitskakel <kyk elimineer> : eliminate

uitskeiding <kyk ekskresie 2e inskrywing> : excretion

uitsprei <kyk divergeer 2e

inskrywing> : diverge

uitstraal <kyk straal v.> : radiate

uitstraling <kyk straling> : radiation

uitstulping <kyk evaginasie> : evagination

uitswaai <kyk sentrifugeer> : centrifuge

uitwendig <kyk ekstern> : external

uitwendig <kyk ekstrinsiek> : external

uitwendige gehoorgang <kyk uitwendige gehoormeatus> : external auditory meatus

uitwendige gehoormeatus (uitwendige gehoorgang) : external auditory meatus (effens gebuigde buis wat vanaf die holte van die oorskulp tot teen die trommelvlies <timpanum> strek)

uitwendige oor : external ear (oorskulp en die uitwendige gehoorgang <meatus>)

uitwendige respirasie <kyk eksterne respirasie> : external respiration

uitwendige skelet <kyk eksoskelet> : exoskeleton

uitwerp <kyk ekskreteer> : excrete

uitwerping <kyk ekskresie 3e inskrywing> : excretion

uitwerping <kyk ejeksie 2e

inskrywing> : ejection

uitwerpsels <kyk ekskreet> : excreta

ula <kyk gingiva> : ula

ulna <kyk ook radius 2e inskrywing> (ellepyp) : ulna (grootste van die twee voorarmbene <lê aan die pinkie se kant>)

uloglossitis : uloglossitis (inflammasie van die tandvleis en die tong)

ulose : ulosis (iets wat 'n litteken vorm)

ultrasonies : ultrasonic (wat bokant of buite die grens van hoorbaarheid gaan)

ultraviolet (UV) : ultraviolet, UV (elektromagnetiese golwe wat korter is as die sigbare violet deel van die spektrum <word in die liggaam gebruik om vitamien D te vervaardig>)

umbilikaal : umbilical (mbt die naeltjie <umbilikus>)

umbilikus <kyk ook naelstring> (naeltjie, nawel) : umbilicus, navel (ronde, ingeduikte litteken in die middel van die buik wat die aanhegting van die naelstring aandui)

unilobêr : unilobar (met net een lob)

unipaar : uniparous (verwys na 'n vrou wat geboorte gegee het aan haar eerste kind)

unipolêr <kyk monopolêr> : unipolar

unipolêre neuron <kyk monopolêre neuron> : unipolar neuron

univalent <kyk monovalent> : univalent

universeel : universal (algemeen)

universele indikator <kyk ook indikator> : universal indicator ('n mengsel van spesifieke indikators wat 'n geleidelike kleurverandering oor 'n wye pH-gebied gee)

uraan (U) : uranium, U (radioaktiewe metaal)

urasiel <kyk ook pirimidien; purien; sitosien; timien> : uracil (organiese basis van RNA; 'n pirimidienbasis)

urease : urease ('n ensiem wat die hidrolise van ureum in ammoniak en koolstofdioksied kataliseer <kom algemeen in mikro-organismes voor>)

ureter <kyk ook uretra> (urienleier) : ureter (buis wat urine vanaf die niere na die blaas vervoer)

ureteraal : ureteral (mbt die ureter)

uretra <kyk ook ureter> : urethra (buis wat urine vanaf die blaas na buite vervoer)

uretraal : urethral (mbt die uretra)

ureum : urea ('n stikstofbevattende, metaboliese uitskeidingsproduk van proteïenvertering <word gevorm uit die -NH2-groep>)

urien (urine) : urine (strooikleurige, waterige vloeistof wat deur die niere afgeskei word <bevat afvalstowwe ureum, uriensuur, kreatinien en ammoniak>)

urienblaas : bladder (spierkragtige sak waarin urine gestoor word)

uriendrywend <kyk diureties> : diuretic

urienleier <kyk ureter> : ureter

uriensuur : uric acid ('n stikstofbevattende afvalproduk wat vorm wanneer die puriene wat in DNA en RNA aanwesig is, afgebreek word)

urienvloed <kyk diurese> : diuresis

urine <kyk urien> : urine

urineer <kyk miktureer> : urinate

urinêr : urinary (van of mbt urien of die vorming van urine)

urinêre omset : urinary output (hoeveelheid urien wat deur die niere uitgeskei word)

urinering <kyk mikturisie> : urination

urobilien : urobilin (geelbruin pigment wat normaalweg in die feses en in klein hoeveelhede in urine voorkom en wat gevorm word deur die oksidasie van urobilinogeen)

urobilinogeen : urobilinogen (galpigment wat in die dermkanaal ontstaan agv die afbraak van billirubien deur bakterieë)

urogenitaal : urogenital (mbt die urinêre en geslagsorgane)

uterien : uterine (mbt die uterus)

uteriene buis <kyk Fallopius-buis> : uterine tube

uteroservikaal : uterocervical (mbt die uterus en die serviks)

uterus (baarmoeder) : uterus, womb (hol, peervormige vroulike voortplantingsorgaan waarin die eier ingeplant word en die embrio ontwikkel)

uterusspierweefsel <kyk miometrium> : myometrium

utrikel <kyk utrikulus> : utricle

utrikulus <kyk ook sacculus> (utrikel) : utricle (grootste van die twee membraansakke in die vestibulum van die membraanlabirint van die oor waaruit die halfsirkelvormige kanale ontstaan)

UV <kyk ultraviolet> : UV

uvea : uvea (gepigmenteerde deel van die oog <sluit die iris, siliaarliggaam en choroïed in>)

uveaal : uveal (mbt die uvea)

uviosensitief : uviosensitive (sensitief vir ultraviolet strale)

uvula (kleintongetjie) : uvula (klein, keëlvormige, hangende deel van die sagte verhemelte wat die toegang na die neusholte sluit tydens die slukproses)

uvulêr : uvular (mbt die uvula)

uvuloptose : uvuloptosis (verslapte toestand van die kleintongetjie)

 

V

 

V <kyk volt> : V

vaatvernouing <kyk vasokonstriksie> : vasoconstriction

vaatvlies <kyk choroïed> : choroid

vagina (skede) : vagina, sheath (buisvormige deel van die vroulike geslagsorgaan wat die nek van die uterus met die uitwendige opening verbind)

vaginaal : vaginal (mbt die vagina)

vaginovesikaal : vaginovesical (mbt die vagina en die blaas)

vagotomie : vagotomy (chirurgiese deursnyding van die vagussenuwee)

vagussenuwee <kyk nervus vagus> : vagus nerve

vaksien (entstof) : vaccine (preparaat van dooie of verswakte mikro-organismes wat vir inenting gebruik word)

vaksinasie <kyk vaksinering>: vaccination

vaksineer <kyk ook vaksinering> (ent, immuniseer, inent, inokuleer) : vaccinate, immunise, inoculate ('n entstof toedien om siekte te voorkom; vir siektes onvatbaar maak)

vaksinering <kyk ook vaksineer> (enting, immunisering, inenting, inokulasie, inokulering, vaksinasie) : vaccination, inoculation, immunisation (die inbring van mikro-organismes in die weefsel <gewoonlik deur 'n inspuiting> sodat antiliggame geproduseer en immuniteit verkry kan word; handeling <resultaat> van vaksineer)

vakuool : vacuole (afgeslote, vloeistofgevulde ruimte in 'n sel)

vakuum (lugleegte) : vacuum ('n area of ruimte wat geen materie bevat nie)

valens <kyk valensie> : valence

valenselektron : valency electron (elektron van die heel buitenste energievlak wat by binding van atome betrokke is)

valensie (valens) : valency, valence (getal waterstofatome waarmee 'n atoom of radikaal kan verbind of uit 'n verbinding verplaas)

vallende siekte <kyk epilepsie> : epilepsy

valsgewrig <kyk neartrose> : false joint

valsrib <kyk ook swewende rib/cf ware rib> : false rib (enigeen van die laaste vyf pare ribbes wat nie met die sternum verbind is nie <die eerste drie is dmv kraakbeen aan die kraakbeen van die voorafgaande rib geheg, terwyl die laaste twee voor heeltemal vry is>)

valswerwel <kyk ook koksiks; sakrum/cf ware werwel> : false vertebra (een van die laaste nege werwels van die werwelkolom <word so genoem omdat dit in twee groepe met mekaar versmelt is>)

variant : variant (beskryf 'n eienskap of organisme wat van die normale verskil)

varikotomie : varicotomy (chirurgiese deursnyding van 'n spataar)

variks <kyk spataar> : varix

Varolius-brug <kyk pons Varolii> : pons of Varolius

vas n. <mv vasa> : vas (enigeen van die menigte klein buisies in die liggaam <verwys veral na di‚ wat bloed, limf of spermatosoa vervoer>)

vas v. : fast (sonder voedsel bly)

vas adj. : fixed (nie los, beweeglik of verplaasbaar nie)

vasa <ekv vas> : vasa

vasa recta : vasa recta (lang, U-vormige vate wat uit die efferente glomerulêre arteriole van die jukstamedullêre nefrone ontstaan en die renale medulla voorsien)

vas deferens <kyk ductus deferens> : vas deferens

vaskulêr : vascular (mbt bloedvate; van bloedvate voorsien)

vasodilatasie <cf vasokonstriksie> : vasodilation (verwyding van bloedvate <veral slagaartjies> agv die verslapping van hul spierwande)

vasodilator <cf vasokonstriktor> : vasodilator ('n senuwee of stof wat bloedvate verwyd)

vasokonstriksie <cf vasodilatasie> (vaatvernouing) : vasoconstriction (vernouing van bloedvate <veral slagaartjies> agv die sametrekking van hul spierwande)

vasokonstriktor <cf vasodilator> : vasoconstrictor ('n senuwee of stof wat konstriksie of vernouing van bloedvate teweegbring)

vasomotories : vasomotor (dit wat verwyding of vernouing van bloedvate reguleer)

vasomotoriese senuwees : vasomotor nerves (senuwees van die outonome senuweestelsel wat die gladdespiervesels in die wande van bloedvate stimuleer om saam te trek of te ontspan)

vasopressien <kyk antidiuretiese hormoon> : vasopressin

vastestof <kyk ook gas; vloeistof> : solid ('n toestand van materie waarin die deeltjies nie vry is om te beweeg nie, maar vaste posisies het waarin dit vibreer, bv yster)

vat : vessel (enige buis of kanaal wat vloeistof vervoer)

vatbaar <cf immuun> : susceptible (ontvanklik, gevoelig of sensitief vir 'n stof)

veelkernig <kyk polinukleêr> : polynuclear

veelsellig <kyk meersellig> : multicellular

veelvormig <kyk polimorfies> : polymorphic

veelvoudig : multiple (baie; veelvuldig; menigvuldig)

veerkragtigheid <kyk elastisiteit> : elasticity

vektor : vector (reguit lyn wat grootte en rigting van 'n krag voorstel)

vektor : vector (organisme wat siektekieme oordra)

vel <kyk integument> : skin

veld : field (bepaalde gebied of ruimte)

vena <cf arteria> (aar, vene) : vena, vein (bloedvat wat bloed vanaf die weefsels na die hart vervoer)

vena cava inferior <cf vena cava superior> (onderste holaar) : vena cava inferior (aar wat bloed vanaf die onderste ledemate en ingewandsorgane na die regteratrium vervoer)

vena cava superior <cf vena cava inferior> (boonste holaar) : vena cava superior, precaval vein (aar wat bloed vanaf die boonste ledemate en kop na die regteratrium vervoer)

vene <kyk vena> : vein

veneus : venous (mbt venas of are)

veneuse bloed <cf arteriële bloed> : venous blood (bloed wat sy O2 in die weefsels afgegee het en baie CO2 bevat <meestal bloed op pad terug na die hart>)

venster <kyk fenestra> : window

ventilasie : ventilation (verwisseling van gasse in die longe)

ventilasie : ventilation (verskaffing van vars lug en afvoer van bedorwe lug na en van 'n ruimte)

ventraal <kyk ook lateraal 2e inskrywing/cf dorsaal> : ventral (aan die onderkant van 'n spesifieke verwysingspunt)

ventraal <kyk ook lateraal 2e inskrywing/cf dorsaal> : ventral (mbt die abdomen of buik <dieselfde as anterior in menslike anatomie>)

ventrale horing <cf dorsale horing> : ventral horn (die voorste <anterior> arm van die H-vormige grysstof van die rugmurg wat motoriese impulse na skeletspiere gelei)

ventrale wortel <cf dorsale wortel> : ventral root (die motoriese tak van 'n rugmurgsenuwee waar dit die rugmurg verlaat)

ventrikel <kyk ook breinventrikel> : ventricle (klein holte of sakkie)

ventrikel <kyk ook atrium> (hartkamer, pompkamer) : ventricle, heart chamber (deel van die hart wat bloed vanaf die atrium ontvang)

ventrikulêr : ventricular (mbt 'n ventrikel)

ventrodorsaal : ventrodorsal (mbt die ventrale en dorsale oppervlaktes)

venule <cf arteriool> (aartjie) : venule, venula (klein aartjie of vene wat bloed vanaf die haarvate <kapillêre> versamel en na die are <venas> oordra)

verbeen <kyk ossifiseer> : ossify

verbening <kyk ossifikasie> : ossification

verbinding (aanhegting) : connection, linkage (samevoeging van of aansluiting tussen twee strukture)

verbinding (samestelling) : compound ('n stof wat uit twee of meer dele bestaan)

verbinding : compound (in chemie verwys dit na 'n stof wat uit meer as een element bestaan, bv NaCl)

verbindingsbrug <kyk kommissuur> : commissure

verbrokkel <kyk disintegreer> : disintegrate

verdamping <kyk ook sublimering> : evaporation, vaporisation (omvorming van 'n stof vanaf 'n vloeibare of vaste fase in 'n gasfase)

verdowing <kyk anestesie> : anaesthesia

verdowingsmiddel <kyk anestetikum> : narcotic

verdowingsmiddel <kyk ook dwelmmiddel> : drug (middel wat 'n toestand van bedwelming <gevoelloosheid en dofheid> veroorsaak)

verdraagsaam : tolerant (weerstandbiedend teen die uitwerking van 'n geneesmiddel of ander stof sonder skadelike gevolge)

verdraagsaamheid <kyk toleransie> : tolerance

verdubbel <kyk dupliseer> : duplicate

verdunning : dilution (vermindering van die sterkte van die oplossing deur bv water by te voeg)

verenigbaarheid : compatibility (eienskap van stowwe om met mekaar vermeng te kan word sonder enige ongunstige chemiese reaksie, bv die afwesigheid van agglutinasie by bloedoortappings van dieselfde bloedgroepe)

vergelykende anatomie : comparative anatomy (vergelyking van die anatomiese kenmerke van verskillende spesies met mekaar)

vergelyking <kyk chemiese vergelyking> : equation

vergemakliking <kyk fasilitasie> : facilitation

vergroting : magnification (toename in grootte van 'n beeld of voorwerp deur gebruik te maak van 'n vergrootglas of mikroskoop)

verhemelte <kyk palatum> : palate

verhewendheid <kyk eminensie> : eminence

verhoorning <kyk kornifikasie 2e inskrywing> : cornification

verkalking <kyk kalsifikasie> : calcification

verklomp <kyk agglutineer> : clump

verklomping <kyk agglutinasie : clumping

verkoling <kyk karbonisasie> : carbonisation

verkool <kyk karboniseer> : carbonise

verlamming <kyk paralise> : paralysis

verlengde rugmurg <kyk medulla oblongata> : medulla oblongata

verloskunde <kyk obstetrie> : obstetrics

vermiform : vermiform (met die vorm van 'n wurm)

verminking <kyk deformasie> : deformation

vermis : vermis (verwys na 'n wurm of wurmagtige struktuur)

vermis : vermis (dui dikwels die verbinding tussen die twee lobbe van die serebellum aan)

vermoeidheid : fatigue (moegheid of afgematheid)

vernouing <kyk konstriksie> : narrowing

veroudering : senescence (proses van oud word)

verplasing : displacement ('n chemiese reaksie waar een element of groep die plek inneem van 'n ander element of groep)

verplasing : displacement (die hoeveelheid vloeistof wat deur die volume van 'n voorwerp weggedruk <verplaas> word)

verpleeg : nurse (om 'n sieke te versorg)

verpligte anaëroob <cf fakultatiewe anaëroob> : obligatory anaerobe (mikro-organismes wat slegs in die afwesigheid van vry suurstof kan lewe)

verpligte parasiet : obligatory parasite (parasiet wat slegs in die gasheer kan lewe)

verrotting <kyk ook dekomposisie; ontbinding> : putrefaction (ontbinding van plant- of dierlike materiaal, gewoonlik deur mikro-organismes)

versadig <cf onversadig 1e

inskrywing> : saturated (skeikundige toestand wanneer soveel van 'n vastestof in die oplosmiddel <vloeistof> opgelos is as wat moontlik is)

versadig <cf onversadig 2e

inskrywing> : saturated (tov 'n chemiese verbinding waar alle bande enkelbande is sodat geen atome meer aan die molekule kan bind nie)

versadigde dampdruk : saturated vapour pressure (toestand wanneer die damp in ewewig is met die vastestof of gas)

versadigde vetsuur <cf onversadigde vetsuur> : saturated fatty acid (vette wat as vastestowwe by kamertemperatuur voorkom)

versamelbuisie : collecting tubule ('n klein buisie wat urine vanaf die korteks na die pelvis van die nier vervoer)

versiendheid <kyk hipermetropie> : farsightedness

versneller <kyk akselerator> : accelerator

versperring (skans) : barrier ('n membraan of ander voorwerp wat die deurgang van stowwe kan vertraag of belemmer)

verstandstand : wisdom tooth (een van die vier groot, dubbele agtertande in die bo- en onderkaak)

versterking : intensification (verhoging van 'n respons tot 'n verlengde of sterker prikkel)

verstuiting <kyk ook dislokasie> : sprain (besering van die tendons, spiere of ligamente rondom die gewrig sonder dat ontwrigting plaasvind)

verstuiwer : inhaler, nebuliser (apparaat wat 'n fyn sproei veroorsaak, en waardeur inasemingsmiddels dikwels toegedien word)

vertebra (werwel) : vertebra (een van die 33 bene wat gesamentlik die werwelkolom vorm)

vertebraal : vertebral (mbt 'n werwel)

vertebrale kanaal (rugmurgkanaal, werwelkanaal) : vertebral canal (kanaal wat gevorm word deur die sentrale opening van opeenvolgende werwels wat die rugmurg en meninges omsluit)

Vertebrata <cf Invertebrata> : Vertebrata (die groep diere wat 'n werwelkolom besit <sluit in voëls, reptiele, amfibieë, visse en soogdiere>)

verteer : digest (om in kleiner <absorbeerbare> deeltjies op te breek deur chemiese of meganiese metodes)

vertepunt <cf nabypunt> : far point (die verste punt vanaf die oog vanwaar 'n voorwerp nog duidelik onderskei kan word)

vertering <kyk digestie> : digestion

verteringsappe : digestive juices (sekresies wat ensieme bevat en in die spysverteringskanaal afgeskei word om te help met vertering)

verteringskanaal <kyk spysverteringskanaal> : digestive tract

verteringsorgane : digestive organs (organe betrokke by die inname, vertering en assimilasie van voedsel <sluit in die speekselkliere, tande, tong, lewer, galblaas en pankreas>)

vertigo (duiseligheid) : vertigo, dizziness (sensasie van versteurde verhouding met die omgewing; dronkheid in die kop)

vertikaal : vertical (loodreg)

vertikale vlak : vertical plane (enige vlak van die liggaam wat loodreg aan die lengte-as van die liggaam verloop en sodoende die liggaam in 'n linker- en regter-, of voorste en agterste deel verdeel, bv die sagittale en frontale vlakke)

vertraag n. : delay (stadiger maak of verminder)

vertraag adj. : retarded (verstandelik agterlik)

verval : decay (afname of vermindering van bv radioaktiwiteit)

vervormbaarheid <kyk ook

plastisiteit> : compliance (mate waarin 'n struktuur of substans van vorm kan verander)

vervorming <kyk deformasie> : deformation

verwagtend <kyk swanger> : expectant

verworwe <cf kongenitaal> : acquired (mbt 'n eienskap, siekte of toestand wat eers na geboorte voorkom en nie oorgeërf word nie, maar deur omgewings- of ander faktore buite die organisme ontstaan)

verworwe immuniteit <kyk ook verworwe

immuniteitsgebreksindroom> : acquired immunity (immuniteit kan natuurlik of kunsmatig verwerf word deurdat spesifieke antitoksiene en antiliggame in die liggaam ontwikkel n blootstelling aan vreemde toksiese stowwe)

verworwe immuniteitsgebreksindroom <kyk ook HIV> (Vigs, VIGS) : acquired immune deficiency syndrome, Aids, AIDS (ernstige <fatale> siekte wat heel waarskynlik deur 'n retrovirus waardeur die persoon se immuunstelsel onderdruk word, veroorsaak word en verminderde weerstand teen infeksies tot gevolg het)

verwyd <kyk dilateer> : dilate

verwysde pyn <kyk ook projeksie> : referred pain (pyn wat in 'n ander deel van die liggaam voorkom as waar die oorsaak van die pyn geleë is <angina word bv in die linkerarm, linkerskouer en linkerkaak gevoel>)

vesel : fibre ('n verlengde, draderige struktuur in liggaamsweefsels <kan bestaan uit bindweefsel, selle soos spierselle, of gedeeltes van selle soos senuweeselle>)

veselagtig <kyk fibreus> : fibrous

veselagtige bindweefsel <kyk ook areolêre bindweefsel; elastiese bindweefsel> (fibreuse bindweefsel, wit veselagtige bindweefsel) : fibrous tissue, white fibrous connective tissue (besondere sterk weefsel met baie wit, nie-elastiese veselbundels wat min of meer parallel loop <vorm bv ligamente>)

veselagtige gewrig <kyk sinartrose> : fibrous joint

veselagtige kraakbeen <kyk fibrokraakbeen> : fibrous cartilage

veselband : tenaculum (anatomiese struktuur wat liggaamsdele in posisie hou)

veselbondel <kyk fasciculus> : fascicle

veselkraakbeen <kyk fibrokraakbeen> : fibrocartilage

veselplaat : fibroplate (interartikulêre veselkraakbeen)

vesica (blaas, vesika): vesica, bladder (spierkragtige, membraanagtige sak waarin sekresie opgegaar word en wat geledig kan word, bv die galblaas of urienblaas)

vesicula <kyk vesikel> : vesicula

vesicula seminalis (saadsakkie, seminale sakkie) : vesicula seminalis, seminal vesicle (sakvormige struktuur wat net agter die blaasbasis geleë is en waarin spermatosoë ontwikkel en opgegaar word)

vesika <kyk vesica> : vesica

vesikaal : vesical (mbt die blaas)

vesikel <kyk ook blaar> (blasie, vesicula, vesikula) : vesicula, blister, vesicle (klein sakkie wat vog bevat, bv sinaptiese vesels; algemeen gebruik in anatomie vir 'n holtetjie wat vloeistof bevat)

vesikula <kyk vesikel> : vesicula

vesikoabdominaal : vesico-abdominal (mbt beide die blaas en die abdomen)

vesikulase : vesiculase (ensiem van die prostaatklier wat semen koaguleer)

vesikulasie : vesiculation (dui op die teenwoordigheid of vorming van blasies)

vesikulêr : vesicular (mbt of bestaande uit vesikels)

vestibulêr : vestibular (mbt die vestibulum)

vestibulêre kanaal <kyk scala vestibuli> : vestibular canal

vestibulêre senuwee <kyk nervus acusticus> : vestibular nerve

vestibulo-uretraal : vestibulo-urethral (mbt die vestibulum van die vulva en die uretra)

vestibulum (voorhof) : vestibulum, vestibule (kamer of holte wat na 'n ander holte of gang lei)

vestigiaal <kyk ook rudimentêr> : vestigial (beskryf 'n gedegenereerde struktuur wat in 'n vroeëre stadium wel meer ontwikkeld of funksioneel was)

vet n. : fat (organiese voedingstof opgebou uit vetsure en gliserol <kom in verskillende vorms en digthede voor wat wissel van olierig tot harde vet>)

vet adj. <kyk oormassa> : fat

vetagtig <kyk lipoïed> : oleaginous

vetklier (olieklier) : sebaceous gland (een van verskeie saamgestelde kliertjies wat in die vel <dermis> voorkom <gewoonlik geassosieer met hare> en wat 'n vetterige stof <sebum> afskei)

vetsug <kyk obesiteit> : obesity

vetsuur : fatty acid (een van verskeie organiese sure wat deur hidrolise van gewone vet gevorm word)

vetsuur : fatty acid ('n koolstofketting wat in 'n suurgroep <-COOH> eindig en saam met gliserol 'n vet vorm)

vetterig <kyk lipoïed> : fatty

vetvormend <kyk lipogeen> : lipogenic

vetvorming <kyk lipogenese> : lipogenesis

vetweefsel (adipeuse weefsel) : adipose tissue (tipe bindweefsel waarvan die selle groot vetmolekules bevat)

vibrasie <kyk ossillasie> : vibration

vierdelig <kyk kwadrigeminaal> : quadrigeminal

viertal <kyk tetrade> : tetrad

viertal : tetrad ('n groep van vier)

viervoudig <kyk kwadrigeminaal> : quadrigeminal

vierwaardig <kyk kwadrivalent> : quadrivalent

Vigs <kyk verworwe immuniteitsgebreksindroom> : Aids

VIGS <kyk verworwe immuniteitsgebreksindroom> : AIDS

villi <ekv villus> : villi

villus <mv villi> : villus (een van vele mikroskopies klein, vingeragtige uitsteeksels wat dien om 'n oppervlak te vergroot)

vinger : finger, digit (enigeen van die vyf voorste dele van die hand)

viriel <kyk manlik 3e inskrywing> : virile

virologie : virology (die studie van virusse)

virulent : virulent (giftig, venynig, boosaardig of erg skadelik)

virus : virus (een van 'n groep mikroskopies klein agente wat siektes by plante en diere veroorsaak <word gekenmerk deurdat dit slegs in lewende selle kan voortplant>)

visie (gesig, sig) : vision, sight (vermoë om te sien)

viskeus : viscous (verwys na 'n vloeistof met 'n hoë viskositeit, maw 'n dik, stroperige, taai vloeistof)

viskositeit (taaiheid, vloeitraagheid) : viscosity, tenacity (die eienskap van 'n vloeistof waardeur dit weerstand teen vloei bied agv die interne weerstand tussen verskillende lae gasse of vloeistowwe in beweging)

viskus <mv vissera> (ingewande) : viscus <pl viscera> (enigeen van die groot inwendige organe in die abdominale, torakale of buikholte <bv hart, lewer, longe ens>)

vissera <ekv viskus> : viscera

visseraal : visceral (mbt die ingewande)

visserale pleura <kyk ook pariëtale pleura> : visceral pleura (membraan wat styf om die longe gespan word en die verskillende lobbe van mekaar skei <is van die pariëtale pleura geskei deur 'n dun lagie vloeistof>)

visueel : visual (mbt die gesig of visie)

visuele area : visual area (area in die serebrum wat verantwoordelik is vir gesigsgewaarwordinge)

vitaal : vital (lewensbelangrik)

vitaal : vital (mbt die lewe; wat tot die lewe behoort)

vitale kapasiteit : vital capacity (die volume lug wat deur 'n maksimale ekspirasie uitgeasem kan word na 'n maksimale inspirasie)

vitaliteit : vitality (lewenskragtigheid of lewensvatbaarheid)

vitamien <mv vitamiene> (vitamine <mv vitamines>) : vitamin (enigeen van 'n aantal lewensnoodsaaklike organiese voedingstowwe waarvan klein hoeveelhede benodig word vir metaboliese prosesse <kan meestal nie in die liggaam gesintetiseer word nie, maar moet deur die dieet ingeneem word>)

vitamien A : vitamin A ('n vetoplosbare vitamien teenwoordig in alle geel vrugte- en groentesoorte, suiwelprodukte <botter, room, melk>, asook eiergeel en spinasie <dis noodsaaklik vir groei van die skelet, handhawing van normale mukosa-epiteel en gesigskerpte>)

vitamien A1 <kyk retinol> : vitamin A1

vitamien B1 <kyk tiamien> : vitamin B1

vitamien B2 <kyk riboflavien> : vitamin B2

vitamien B6 <kyk piridoksien> : vitamin B6

vitamien B12 <kyk sianokobalamien> : vitamin B12

vitamien B-kompleks : vitamin B complex ('n groep wateroplosbare vitamiene wat onderverdeel word in 'n aantal verskillende vitamiene <vitamiene B1, B2, B6 ens> wat in struktuur en funksie van mekaar verskil)

vitamien C <kyk askorbiensuur> : vitamin C

vitamien D <kyk kalsiferol> : vitamin D

vitamien E <kyk tokoferol> : vitamin E

vitamien K : vitamin K ('n groep vetoplosbare vitamiene wat essensieel is vir die vorming van normale hoeveelhede protrombien <kom voor in blaargroentes, lewer en melk>)

vitamine <kyk vitamien> : vitamin

vitellien n. : vitelline ('n fosfoproteïen wat in eiergeel of dooier voorkom)

vitellien adj. : vitelline (mbt dooier of dooiersak)

vitellienmembraan : vitelline membrane (selmembraan van die ovum)

vitreuse liggaam <kyk ook akweuse vog> (glasagtige liggaam, glasliggaam, glasvog) : vitreous humour, vitreous body (deurskynende, jellieagtige massa wat die ruimte tussen die lens en die retina vul)

vivipaar <kyk ook ovovivipaar/cf ovipaar> (lewendbarend) : viviparous (kleintjies word lewend gebore)

viviseksie <cf antiviviseksie> : vivisection (uitvoering van anatomiese en fisiologiese eksperimente op lewende diere)

vlak : plane (enige plat, gladde oppervlakte)

vlak : plane (denkbeeldige plat oppervlak wat die liggaam verdeel)

vlakaar <kyk safena-aar> : saphena

vlakreiniging <kyk kurettering> : curage

vleëlgewrig : flail joint (gewrig waar abnormale beweeglikheid voorkom)

vlerknaald : butterfly needle (hol naald met vlerkvormige uitsteeksels aan weerskante om te verhoed dat dit in of uit die bloedvat gly <word gewoonlik gebruik om 'n intraveneuse drup aan die pasiënt te koppel>)

vlies <kyk membraan> : membrane

vliesdoolhof <kyk membraanlabirint> : membrane labyrinth

vloeibaar : fluid, liquid (in staat om te vloei)

vloeimeter <kyk rotameter> : flowmeter

vloeistof <kyk ook gas; vastestof> : liquid, fluid (toestand van materie tussen 'n vastestof en 'n gas waarin die deeltjies relatief vry beweeg en dus die vorm van die houer waarin dit is, aanneem, bv water)

vloeistofbalans : fluid balance (die toestand van die liggaam mbt die inname en uitskeiding van water en elektroliete)

vloeitraagheid <kyk viskositeit> : viscosity

vlugtig : volatile, evanescent (beskryf 'n stof wat maklik verdamp)

voed : feed (voedsel gee aan)

voeding : feeding (die inname van voedsel of die gee daarvan)

voeding (nutrisie) : nutrition (al die prosesse wat gesamentlik nodig is om die voedsel deel van die liggaam te maak, nl inname, vertering, absorpsie en assimilering)

voedingsanemie : nutritional anaemia (anemie wat saam met wanvoeding voorkom agv 'n gebrekkige inname van essensiële, bloedvormende voedingstowwe soos yster, foliensuur of vitamien B12)

voedingstof (nutriënt) : nutrient (chemiese stof wat in voedsel teenwoordig is en deur die liggaam gebruik word om normale groei, instandhouding en herstel van selle te verseker)

voedsaam : nutritious (voedend of kraggewend)

voedsel (kos) : food (enige stof, gewoonlik plant- of diermateriaal, bestaande uit koolhidrate, proteïene, vette en ander bykomende elemente soos minerale en vitamiene, wat deur die liggaam ingeneem word en, nadat dit geassimileer is, as boustof of energiebron gebruik word, of enige ander funksie in die liggaam verrig)

voedselvoorskrif <kyk dieet> : diet

voelbaar : palpable (wat deur middel van die tassin waargeneem kan word)

voet : foot (liggaamsdeel waarmee geloop word; gedeelte van die been onderkant die enkel)

voetheelkundige <kyk chiropodis> : chiropodist

voetsool : foot sole (harde velbedekking aan die onderkant van die voet)

voetwortel <kyk tarsus> : tarsus

voetwortelbeentjie <kyk tarsus

osseus> : bony tarsus

vog <kyk ook humor> : fluid (vloeistof, nattigheid of waterige oplossing)

vogspanning <kyk turgor> : turgor

vogtig : humid (mbt vog)

vogtigheid <kyk humiditeit> : humidity

vogtrekkend <kyk higroskopies> : hygroscopic

vokaal : vocal (mbt die stem)

Volkmann-kanaal <kyk ook Havers-kanaal> : Volkmann's canal (een van die klein kanaaltjies wat verskillende Havers-kanale in beenweefsel verbind)

volledige hartblok <kyk ook gedeeltelike hartblok> : complete heart block (atria en ventrikels trek met afsonderlike ritmes saam, aangesien geen impulse vanaf die atria die ventrikels bereik nie <die ventrikels trek dan met hulle eie outonome ritme saam>)

volt (V) : volt, V (die SI-eenheid van elektriesepotensiaalverskil)

volume (inhoud, kapasiteit) : volume, capacity (hoeveelheid ruimte wat deur 'n liggaam ingeneem word, uitgedruk in kubieke eenhede)

volumetries : volumetric (volgens of mbt die volume)

volumetriese fles : volumetric flask ('n glasfles met 'n lang, dun nek waarop 'n merkie aangebring is sodat akkurate volumes vloeistof daarin afgemeet kan word)

volwasse (ryp) : mature (mbt volwassenheid)

volwassenheid (rypheid) : maturity (toestand van volledig ontwikkeld te wees)

vomeer (braak) : vomit, puke (om die maaginhoud kragtig deur die mond uit te werp)

vomer : vomer (dun beenplaat wat die onderste en agterste deel van die nasale septum vorm)

vomering (braking, emesis) : vomiting, puking, emesis(kragtige uitwerping van die maaginhoud deur die mond)

voor <kyk anterior> : front

voorarm <kyk antebrachium> : forearm

voorbehoedmiddel <kyk

profilaktikum> : contraceptive

voorbrein <kyk prosenkefalon> : forebrain

voorgeboortelik <kyk prenataal> : antenatal

voorharsings <kyk prosenkefalon> : forebrain

voorhof <kyk vestibulum> : vestibule

voorhofskanaal <kyk scala vestibuli> : vestibular canal

voorhoof <kyk voorkop> : brow

voorhoofsbeen <kyk frontale been> : frontal bone

voorhartkamer <kyk atrium> : atrium

voorhuid : foreskin, prepuce (velvou wat die glans penis of klitorus bedek)

voorkamervog <kyk akweuse vog> : aqueous humour

voorkant <kyk frontaal> : frontal

voorkiestand <kyk premolaar> : premolar

voorkop (voorhoof) : forehead, brow (gedeelte van die gesig bokant die oë)

voormaaltand <kyk premolaar> : premolar

vooroorkanteling <kyk pronasie 2e inskrywing> : pronation

voorste <kyk anterior> : anterior

voorste oogholte : anterior cavity (klein holte gevul met watervog wat weer in twee oogkamers verdeel word)

voorste oogkamer : anterior chamber (ruimte tussen die kornea en die iris)

voortplant : reproduce (om te vermeerder of te versprei)

voortplantend <kyk reproduktief> : reproductive

voortplanting <kyk reproduksie> : reproduction

voortstuwing <kyk propulsie> : propulsion

voortydig <kyk prematuur> : premature

voorwaardelik <kyk kondisioneel> : conditional

voorwerpglasie <kyk ook dekglasie> (objekglasie, skyfie) : microslide, slide (langwerpige stukkie glas ongeveer 7 cm by 3 cm waarop voorwerpe gemonteer word vir mikroskopiese ondersoek)

vormloos <kyk amorf adj.> : amorphous

vormloosheid <kyk amorfie> : amorphia

vries : freeze (so koud wees dat die vloeistof, bv water, in 'n vastestof oorgaan)

vriespunt : freezing point (temperatuur waarby 'n vloeistof vries <vir suiwer water by standaarddruk is dit by

0 °C of 32 °F>)

vroulik <cf manlik 1e inskrywing> : female (mbt 'n individu waarvan die geslagsorgane slegs ova <eiers> voortbring <simbool >)

vroulik <cf manlik 2e inskrywing> : female, feminine (soos 'n vrou)

vrugbaar <kyk fertiel> : fertile

vrugbaarheid : fertility, fecundity (eienskap om vrugbaar te wees en baie nakomelinge te kan voortbring)

vrugbindweefsel <kyk mesenchiem> : mesenchyme

vrugrugmurg <kyk chorda dorsalis> : notochord

vrugtesuiker <kyk fruktose> : fructose

vrugwater <kyk amnionvloeistof> : amniotic fluid

vrugwatersak <kyk amnion> : amniotic sac

vry : free (term wat in chemie gebruik word vir ongebonde)

vryenergie : free energy (energie wat gebruik word om arbeid te verrig)

vulva (skaamlippe) : vulva (uitwendige geslagsdeel van 'n vrou)

vulvêr : vulvar (mbt die vulva)

vulvovaginitis : vulvovaginitis (inflammasie van die vulva en die vagina)

 

W

 

W <kyk watt> : W

waarneembaar : sensible (in staat om deur die sintuie waargeneem te word)

wand : wall (gladde vlak of afskeiding wat 'n ruimte begrens)

wanfunksie <kyk disfunksie> : malfunction

wang <kyk bucca> : cheek

wangbeen <kyk sigoma> : cheekbone

wanvoeding <kyk ook ondervoeding> : malnutrition (wanneer 'n persoon nie die regte voedsel of die regte verskeidenheid van voedselsoorte inkry nie <lei bv tot kwasjiorkor>)

wanvorming : malformation (verkeerd of abnormaal gevorm)

ware oplossing : true solution ('n helder oplossing, maw een waar die opgeloste stof geheel en al in die oplosmiddel opgelos is)

ware parasiet : true parasite (parasiet wat van die weefsel van sy gasheer leef)

ware rib <kyk ook swewende rib/cf valsrib> : true rib (enigeen van die sewe paar boonste ribbe wat aan die een kant met die torakale werwel en aan die ander kant met die sternum artikuleer)

ware werwel <cf valswerwel> : true vertebra (een van die eerste 24 werwels wat nie met mekaar versmelt is nie)

warmbloedig <kyk

homotermies> : warm blooded

was <kyk serumen> : wax

wasem <kyk damp> : vapour

wassoda <kyk natriumkarbonaat> : washing soda

water <kyk aqua> : water

waterabsorberend <kyk hidrofiel> : hydrophilic

waterblaas <kyk blaar> : blister

waterdamp : water vapour (water in 'n damp of gasvormige toestand)

waterig : aqueous (vol water)

waterpas <kyk horisontaal> : horizontal

waterstof (H) : hydrogen, H (die eenvoudigste, ligste element wat in 'n gasvorm in die natuur voorkom <word in feitlik alle organiese verbindings aangetref>)

waterstofperoksied (H2O2) : hydrogen peroxide, H2O2 ('n sterk bleik- en antiseptiese middel)

waterstofsulfied (H2S) : hydrogen sulphide, H2S ('n kleurlose, giftige, vlambare gas wat na vrot eiers ruik)

watervog <kyk akweuse vog> : aqueous humour

watt (W) : watt, W (die SI-eenheid van arbeidstempo of drywing wat gelyk is aan een joule per sekonde en ooreenstem met die tempo van energie in 'n elektriese stroombaan waar die potensiaalverskil een volt en die stroom daardeur een ampŠre is)

WBS <kyk leukosiet> : WBC

weefsel : tissue (versameling selle wat 'n bepaalde struktuur vorm en 'n gespesialiseerde funksie verrig)

weefselband <kyk ismus> : isthmus

weefselrespirasie <kyk interne respirasie> : tissue respiration

weefselspanning <kyk turgor> : turgor

weefselvloeistof <kyk ook limf> : tissue fluid (bloedplasma wat die haarvate verlaat het en die selle omspoel)

weegskaal <kyk balans 3e

inskrywing> : scale

weerstand : resistance (vermoë van 'n individu om die uitwerking van skadelike stowwe af te weer)

weerstand : resistance (belemmering van die deurgang van 'n elektriese stroom)

weg <kyk baan> : tract

wegtrek <kyk abduseer> : abduct

wegtrekking <kyk abduksie> : abduction

wegvoerend <kyk efferent> : deferent

welsynsgevoel <kyk euforie 2e inskrywing> : euphoria

wenkbrou : eyebrow, brow (haarboog bokant die oog)

werking <kyk funksie> : function

werkmeter <kyk ergometer> : ergometer

werwel <kyk vertebra> : vertebra

werwelkanaal <kyk vertebrale

kanaal> : vertebral canal

werwelkolom <kyk ragis> : spinal column

werwelliggaam <kyk ook sentrum 2e inskrywing> : vertebral body (die sentrale, soliede gedeelte van die werwel)

werwelontsteking <kyk spondilitis> : spondylitis

wet : law (stelling van 'n vaste reël of beginsel wat in die natuur geld)

wet : law (voorskrif wat neergelê word)

wet van Avogadro (Avogadro-wet) : Avogadro's law (gelyke volumes gasse by dieselfde temperatuur en druk bevat dieselfde getal molekules)

wet van Bell-Magendie (Bell-Magendie-wet) : Bell-Magendie law (beginsel dat 'n prikkel in 'n refleksboog slegs in een rigting gelei word)

wet van Boyle (Boyle-wet) : Boyle's law (die volume van 'n gegewe hoeveelheid gas by enige spesifieke temperatuur is omgekeerd eweredig aan die druk)

wet van Dalton <kyk ook parsiële druk> (Dalton-wet) : Dalton's law (volgens di‚ wet sal die druk wat deur 'n mengsel gasse uitgeoefen word by 'n konstante temperatuur gelyk wees aan die som van die druk wat elke gas afsonderlik sou uitoefen indien dit alleen in die houer was, en dieselfde volume as die mengsel beslaan)

wet van Mendel (Mendel-wet) : Mendel's law (twee wette van oorerwing wat deur Gregor Mendel voorgestel is, nl die wet van segregasie waarvolgens eienskappe van 'n organisme bepaal word deur interne faktore of gene wat altyd in pare voorkom <slegs een van hierdie faktore of gene kan in 'n enkele gameet gedra word>; en die wet van onafhanklike sortering waarvolgens elk van 'n paar kontrasterende eienskappe met enige een van 'n ander paar kan kombineer)

wet van Ohm (Ohm-wet) : Ohm's law (die stroom tussen enige twee punte in 'n geleier is eweredig aan die potensiaalverskil tussen die punte, op voorwaarde dat die fisiese omstandighede onveranderd bly)

wet van Starling (Starling-wet) : Starling's law (die krag waarmee die hart saamtrek, wissel direk eweredig met die lengte van die spiervesels teen die einde van diastolie, mits uitrekking nie die fisiologiese perke oorskry nie)

Wharton-buis : Wharton's duct (afvoerbuis van die submandibulêre speekselklier)

wigvormig (sfenoïed) : cuneate, cuneiform, sphenoid (spits uitlopend soos 'n wig)

willekeurig <cf onwillekeurig> : voluntary (staan onder die beheer van die wil; na eie vrye wil)

willekeurige spier <cf onwillekeurige spier> : voluntary muscle (skeletspiere, dws spiere wat na eie vrye wil beweeg kan word)

wimper <kyk ooghaar> : eyelash

wimperepiteel <kyk ook silinderepiteel> : ciliated columnar epithelium (gesilieerde silinderepiteel)

winderigheid <kyk flatulensie> : flatulence

winding : convolution (onreëlmatige vou)

wisseling <kyk fluktuasie> : fluctuation

wisselstroom <kyk ook gelykstroom> (WS) : alternating current, AC ('n elektriese stroom waarvan die rigting vinnig en reëlmatig wissel)

wisseltand <kyk melktand> : deciduous tooth

witbloedliggaampie <kyk leukosiet> : white blood corpuscle

witbloedsel <kyk leukosiet> : white blood cell

witliggaam <kyk corpus albicans> : corpus albicans

witseerkeel <kyk difterie> : diphtheria

witstof <kyk ook grysstof> : white matter (senuweeweefsel wat hoofsaaklik uit gemiëliniseerde senuweevesels met 'n klein hoeveelheid bindweefsel bestaan)

wit veselagtige bindweefsel <kyk veselagtige bindweefsel> : white fibrous connective tissue

wondhaak <kyk retraktor> : retractor

Worm-bene <kyk Wormiese bene> : Wormian bones

Wormiese bene (Worm-bene) : Wormian bones (klein beentjies wat af en toe in die skedelnate aangetref word)

wortel : root (die onderste deel van 'n struktuur wat in die weefsel ingebed lê)

wortel : root (begin of proksimale deel van 'n struktuur, bv die voorste en agterste wortel van 'n rugmurgsenuwee)

Wright-kleurstof : Wright's stain (kleurstof wat metileenblou en eosien bevat en gebruik word om veral bloedselle te kleur)

wringbalans <kyk torsiebalans> : torsion balance

wrywing (friksie) : friction (weerstand teen beweging wanneer twee liggame in aanraking met mekaar is)

WS <kyk wisselstroom> : AC

wurm <kyk ook Cestoda; lintwurm; nematood> : worm, helminth (ongewerwelde met 'n lang, plat of ronde, baie buigsame en saamtrekbare liggaam)

 

X

 

X-chromosoom <cf Y-chromosoom> : X chromosome (grootste van die geslagschromosome wat in beide geslagte voorkom; die vroulike geslagschromosoom <sigoot met 'n XX-chromosoompaar ontwikkel tot 'n vroulike individu>)

X-straalfoto <kyk röntgenogram> : X-ray photo

X-straalplaat <kyk röntgenogram> : X-ray photo

X-strale <kyk röntgenstrale> : X-rays

xanteen : xanthene ('n verbinding waaruit kleurstowwe en indikators berei word)

xantien : xanthine ('n stikstofbevattende basiese stof wat in weefsels soos spiere, lewer, pankreas, milt, asook urine aangetref word <dit word deur hidrolise van guanien geproduseer en kan tot uriensuur geoksideer word>)

xantochromaties : xantochromatic (met 'n geel kleur)

Xe <kyk xenon> : Xe (chemiese simbool)

xenofonie : xenophonia (verandering van die aksent en intonasie van die stem sodat dit onherkenbaar word)

xenon <kyk ook atmosfeer 1e inskrywing> (Xe) : xenon, Xe (gasagtige element wat in baie klein hoeveelhede in die atmosfeer aangetref word)

xerodermie : xerodermia (abnormale droogheid van die vel)

xifisternum <kyk xifoïed> : xiphisternum

xifoïed <kyk ook corpus sterni; manubrium> (xifisternum, xifoïedproses) : xiphoid, xiphisternum, xiphoid process (swaardvormige uitsteeksel aan die onderkant van die sternum; kleinste van die drie dele van die sternum)

xifoïedproses <kyk xifoïed> : xiphoid process

xileen (xylol) : xylene, xylol (kleurlose, vlambare stof wat algemeen as oplosmiddel of as ophelderingsmiddel in histologie gebruik word)

xilol <kyk xileen> : xylol

XX <cf XY> : XX (in genetika dui dit die normale geslagschromosome van 'n vroulike individu aan)

XY <cf XX> : XY (in genetika dui dit die normale geslagschromosome van 'n manlike individu aan)

 

Y

 

Y-chromosoom <cf X-chromosoom> : Y chromosome (kleinste van die geslagschromosome wat slegs in 'n manlike individu voorkom; die manlike geslagschromosoom <sigoot met 'n XY-chromosoompaar ontwikkel tot 'n manlike individu>)

yster <kyk ferrum> : iron

 

Z

 

Z <kyk atoomgetal> : Z

Z-lyn <kyk ook A-band; H-band; I-band> : Z line (mikroskopiese lyn in spiervesels wat miofibrille van mekaar skei <die afstand tussen twee Z-lyne word 'n sarkomeer genoem>)

zero : zero (nul of nulpunt)

Zn <kyk sink> : Zn (chemiese simbool)

zona : zona (sone of gebied)

zona fasciculata : zona fasciculata (middelste laag van die bynierskors)

zona glomerulosa : zona glomerulosa (dun buitenste laag van die bynierskors)

zona granulosa : zona granulosa (buitenste laag selle om die ovariumfollikel)

zona retikularis : zona retikularis (binneste laag van die bynierskors)

zonula : zonula (klein sone)