Jan H Maraisprys

Die Jan H Marais prys is tydens ‘n spoggeleentheid toegeken aan prof. Hermann Giliomee (sien onder).

Prof. Hermann Giliomee

 

 

 

 

 

Die historikus prof. Hermann Giliomee is die eerste ontvanger van die Jan H. Maraisprys wat oorhandig is op ’n spoggeleentheid by die Universiteit Stellenbosch.

Die prys, wat deur die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Universiteit Stellenbosch (US) en Media24 moontlik gemaak is, gee erkenning aan ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van uitmuntende gehalte in Afrikaans.

Die Jan H. Marais-prys is ’n spesiale prys wat as ’n Nobelprys gesien kan word.


Die-Helpende-Hand-beeld

 

 

 

 

 

 

Coert Steynberg Beeld “Helpende Hand”

 

Die toekenning gaan met ’n kontantprys van R500 000 en ’n afgietsel van die ‘Helpende Hand’ gepaard. Om die geskiedenis van die ‘Helpende Hand’ beeldjie te lees en vir meer foto’s van die beeld klik hier.

Die geleentheid is deur verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die oorsigliggaam vir die keurproses, die US, Media 24 en die Het Jan Marais Nationale Fonds bygewoon.

Om die toesprake wat gelewer is tydens die geleentheid te lees klik hier.

Vir meer foto’s klik hier.