|
DIE SUID-AFRIKAANSE AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS |
![]() |
|
DIE ELISABETH EYBERS-BEURS Die Albert Wessels Trust stel jaarliks aan die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 'n bedrag geld beskikbaar
vir die toekenning van 'n beurs wat vernoem is na die Afrikaanse digter
Elisabeth Eybers. Die doel van die beurs is om die taal- en kulturele
bande tussen Suid-Afrika en Nederland te bevorder en te versterk. Aansoeke vir die beurs vir die jaar 2000 word tans ingewag. Die beurs is beskikbaar vir nagraadse studente, dosente en navorsers in die vakgebiede Afrikaans en Nederlands vir 'n studietydperk in die buiteland. In 2000 sal voorkeur gegee word aan 'n gevestigde akademikus. Die waarde van die beurs vir 2000 is nog nie gefinaliseer nie, maar dit sal minstens R40 800 bedra . Aansoekers moet 'n studieplan en curriculum vitae aan die keurkomitee voorlę. 'n Skriftelike verslag moet binne drie maande na afloop van die besoek aan die Suid-Afrikaanse Akademie en die Albert Wessels Trust voorgelę word. Die studie moet verkieslik voor die einde van 2001 afgehandel wees. Persone wat in die beurs belangstel, kan hulle aansoeke na die adres hierbo stuur. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart 2000.
23 November 1999 Metrodenpark 301, Vermeulenstraat 572, Pretoria |
| Tuisblad | Historiese Oorsig | Bestuur en Organisasie | Lidmaatskap en Lede | Pryse en Bekronings | |
| Standpunte | Taalkommissie | Tydskrifte en Publikasies | Wiskunde Olimpiade | . |
| Gepubliseer: 27 November 1999
Opdateer: 3 Januarie 2000 |