Wie is ons?

Ontmoet die Akademie se Raads- en spanlede, en lees meer oor ons kommissies en werkgemeenskappe

Organisasie en bestuur

Die Akademieraad vir die termyn 2023 tot 2026

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns staan onder gesag en leiding van 'n verkose Raad, waarin verskillende vakdissiplines, en ook geografiese gebiede, in ag geneem word. Die organisasie en administrasie van die Akademie word onder leiding van die Hoof- Uitvoerende Beampte vanuit die Akademiekantoor in Pretoria bedryf. Binne die raamwerk van sy missie en doelstellings ondersoek die Akademie voortdurend aktuele sake van openbare belang, neem standpunt daaroor in, en tree meermale adviserend, fasiliterend en meningsvormend in sake van nasionale belang op deur regstreeks by die verloop van gebeure betrokke te raak.

Fakulteit Kuns en Geesteswetenskappe

Prof AE (Ilse) Feinauer (Voorsitter)
Dr HJ (Jaco) Deacon
Prof A (André) Duvenhage
Dr L (Lindie) Koorts
Dr DC (Donovan) Lawrence
Dr CI (Conrad) Steenkamp
Adv JJ (Jean) Meiring
Mnr PR (Rudolph) Botha Ex officio, Voorsitter van die Oudit- en Risikobestuurkomitee
Prof RC (Ina) Wolfaardt-Gräbe. Ex officio, Hoofredakteur van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW)

Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie

Prof L (Leopoldt) van Huyssteen (Ondervoorsitter)
Prof EPJ (Ewert) Kleynhans
Prof M (Marena) Manley
Prof R (Rialet) Pieters
Prof L (Laurette) Pretorius
Prof RW (Rudi) Pretorius
Prof CJ de W (Hannes) Rautenbach. Hoofredakteur van die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie (SATNT)

Die Bestuurspan

Kommissies

Die werksaamhede van die Akademie word deur verkose en staande komitees en kommissies verrig. Die kommissies vir taal, letterkunde, onderwys, geskiedenis, uitvoerende en visuele kunste is met spesifieke opdragte belas. 'n Verskeidenheid van vak- en spesiale komitees voer op soortgelyke wyse take op bepaalde terreine uit en behartig keuringswerk vir die onderskeie toekennings van die Akademie.

Geskiedeniskommissie

Dr Lindie Koorts (voorsitter)
Prof Alex Mouton (ondervoorsitter)
Dr Ruhan Fourie
Prof Anton van Vollenhoven
Prof Johan Wasserman
Prof Evert Kleynhans
Prof Lize Kriel

Letterkundekommissie

Dr Marni Bonthuys
Prof Willie Burger (voorsitter)
Prof Marius Crous
Prof Thys Human
Me Valda Jansen
Dr Amanda Marais
Prof Hein Viljoen
Prof Andries Visagie
Me Bettina Wyngaard

Onderwyskommissie

Dr Zelda Barends
Mev Melanie Buys
Dr Jaco Deacon
Dr Morné Diedericks
Dr Pierre Edwards
Prof Irma Eloff
Prof Jan Heystek (voorsitter)
Prof Melanie Moen
Mnr Daan Potgieter
Dr Louis Swanepoel
Mnr Jannie van der Westhuizen
Dr Surette van Staden

Taalkommissie

Suléne Pilon, UP (voorsitter)
Marius Swart, Taalkundige, US (ondervoorsitter)
Jana Luther, Taalpraktisyn, WAT (sekretaris)
Fred Pheiffer, Taalpraktisyn, WAT
Dr Annelise de Vries, Taalkundige, Akademia
Jaco du Toit, Rekenaarlinguis, NWU
Monique Rabé, Nuwemediaspesialis

Kommissie vir Uitvoerende Kunste

Prof Nico Luwes (voorsitter)
Paul Boekkooi
Prof Petrus du Preez
Prof IJ Grové
Prof Gerrit Olivier
Leon van Nierop

Kommissie vir Visuele Kunste

Prof John Botha
Dr Nicholas Clarke
Dr Louisemarié Combrink
Prof Amanda du Preez (voorsitter)
Prof Alex Duffey
Prof Suzanne Human (waarnemende voorsitter)
Dr Pieter Mathews
Dr Jan van der Merwe
Dr Josef van Wyk

Werkgemeenskappe

Akademielede word hoofsaaklik georganiseer in werkgemeenskappe wat van tyd tot tyd vergader. Tans is daar agt plaaslike werkgemeenskappe, naamlik: Werkgemeenskap Wes-Kaap; Oos-Kaapland; Vrystaat; Durban; Potchefstroom; Vaaldriehoek; Witwatersrand; en Pretoria.

'n Werkgemeenskap beoog om die doelstellings van die Akademie op plaaslike vlak te bevorder, om die werksaamhede van die Akademie plaaslik bekend te stel en om gesellige verkeer tussen sy lede in die hand te werk. 'n Werkgemeenskap lê hom in die besonder toe op interdissiplinêre en, waar moontlik, interfakultêre werksaamhede aangaande die beoefening van die wetenskappe en die kunste.

Die Akademie het 'n negende werkgemeenskap, naamlik die Buitelandse Werkgemeenskap. Buitelandse lede bevind hulle in onder meer die VSA, Frankryk, België, Nederland, Pole, Hongkong en Tsjeggië.

SKENKINGS