Nuus

Prolingua Uitnodiging

Prolingua-lede en ander belangstellendes

Dante se meesterlike Paradiso in Afrikaans

Die bekende digter, Cas Vos, gesels op Woensdag 8 Augustus 2018 by Prolingua in Centurion oor sy vertaling van Dante Alighieri se Paradiso in Afrikaanse digvorm. ’n DVD sal vertoon word waarop die gesoute akteur, Dawid Minnaar, van die vertalings voorlees met musiek en visuele voorstellings deur Hennie Maas. Sien die aangehegte omslag van Cas Vos se boek asook die inligtingstuk.

Bestellings vir Il Paradiso kan direk by Tertia Swart van Naledi Uitgewers geplaas word deur ’n SMS te stuur na 078 648 8616. E-pos kan ook gestuur word na tertiaswart@naledi.online. Die boek kos R240 met posgeld ingesluit.

Die aanbieding begin om 09:30 en duur tot 10:30 in Kamer I-52, Blok I in die Ingenieursgebou van Tshwane Munisipaliteit, Basdenlaan, Centurion. Sien asseblief die aangehegte kaart. Tee, koffie en verversings word bedien.

Enigeen is welkom, maar Prolingua-lede en besoekers moet asseblief vir Retha Bosman by rethab@uj.ac.za, Rika Weiss by rikaweiss@telkomsa.net of  Marietjie du Plessis by marietdp@vodamail.co.za so gou as moontlik laat weet wie die aanbieding gaan bywoon vir die verversings. Prolingua-lede betaal R20 en nielede R50 en die geld is betaalbaar voor die sessie begin. Studente is ook welkom en het gratis toegang.

Laat asseblief genoeg tyd om parkeerplek te kry en om die lokaal te bereik.

Prolingua sien uit om almal daar te ontmoet!


Klik hier vir die inligtingstuk.

Klik hier om die padaanwysings af te laai.