Nuus

Prolingua Uitnodiging

Prolingua-lede en ander belangstellendes

Kom luister gerus na ’n boeiende spreker wat op Woensdag 16 Augustus 2017 by Prolingua kom gesels oor ’n buitengewone onderwerp naamlik radiotegnologie en radioterme. Chris Burger is ’n senior navorser by die WNNR, ’n beroepsvlieënier asook ’n taalwerker en skrywer. Sy onderwerp is ’n Afrikaanse studiegids en termlys vir radiotegnologie. Hy sal ook die Prolingua-toekenning ontvang vir hierdie lys met radioterme en gratis studiemateriaal wat hy uit eie inisiatief saamgestel het. Sy aanbieding sal in Afrikaans en Engels wees. Om ’n voorsmakie van sy werk te kry, gaan kyk gerus by RadioWoordelys en Amateurradio

Die aanbieding begin om 09:30 tot 10:30 in Kamer I-52, Blok I in die Ingenieursgebou van Tshwane Munisipaliteit, Basdenlaan, Centurion. Sien asseblief die aangehegte aanwysings. Tee/Koffie en verversings word bedien.

Enigeen is welkom, maar Prolingua-lede en besoekers moet asseblief vir Retha Bosman by rethab@uj.ac.za, Rika Weiss by rikaweiss@telkomsa.net of Marietjie du Plessis by marietdp@vodamail.co.za so gou as moontlik laat weet wie die aanbieding gaan bywoon vir die getalle vir die verversings. Prolingua-lede betaal R20 en nielede R50 en die geld is betaalbaar voor die aanbieding begin. Studente is ook welkom en het gratis toegang.

Laat asseblief genoeg tyd om parkeerplek te kry en om die lokaal te bereik.

Prolingua sien daarna uit om almal te ontmoet!

Dr. Marietjie du Plessis
Voorsitter: Prolingua

082 867 8100
011 475 6092

 

Prolingua sien daarna uit om almal te ontmoet!

Dr. Marietjie du Plessis
Voorsitter: Prolingua
Selnommer: 082 867 8100
Huisnommer: 011 475 6092