Wiskunde- en Wetenskap-in-Aksie 2018 Verslag

PROJEKOORSIG

Die doel van Wiskunde- en Wetenskap-in-Aksie is om leerders in graad 6 en 7 wat ‘n besondere belangstelling in wiskunde en/of wetenskap het, die geleentheid te bied om aan ‘n nasionale kompetisie deel te neem. Die projek, wat vanjaar in sy vyfde jaar is, word deur die SA Akademie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) aangebied.

Die projekte het ten doel om die Einsteins van die toekoms te identifiseer en erkenning te gee aan leerders wat op ‘n vroeë ouderdom reeds uitnemend presteer. Die kompetisie word beskou as ‘n leergeleentheid. Alle belangstellende leerders in graad 6 en 7 kon vir die Aksies inskryf. Die wiskundevraestel is op Maandag 6 Augustus en die wetenskapvraestel op Dinsdag 7 Augustus 2018 geskryf en het uit 40 meerkeusevrae bestaan. “Oop” vrae wat addisioneel beantwoord moes word, is ingesluit om tussen die uitblinkers te onderskei.

Altesaam 285 skole en 4 048 leerders het in 2018 aan die Aksies deelgeneem. Die beste leerders in elke streek is genooi na pretdae, wat op onderskeidelik 8 September by die UP, 15 September by die UJ, NWU, UV en NMU, en 13 en 20 Oktober by die US plaasgevind het. Tydens al hierdie geleenthede is die belangstelling in wiskunde en wetenskap verder geprikkel en ontwikkel.

Die SA Akademie dra graag sy dank en waardering oor aan die skoolhoofde, vakonderwysers en leerders vir hulle deelname aan en betrokkenheid by Wiskunde- en Wetenskap-in-Aksie vir graad 6 en 7. Ouers verdien ‘n baie groot dankie vir die ondersteuning en motivering van hul kinders.

Die terugvoering deur ouers en leerders is oorweldigend positief.

Hennie de Wet
ORGANISEERDER

 

AKTIWITEITE BY SCI-ENZA, UP

Klik hier om verder te lees.