Lidmaatskap
Lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is oop vir alle persone met die nodige akademiese meriete. Lidmaatskap word bekom deur voorgestel en verkies te word volgens die voorgeskrewe prosedure. Besonderhede is op aanvraag by die Akademiekantoor beskikbaar.
Lede van die Akademie word op grond van prestasie op wetenskaplike, tegnologiese of kulturele gebied verkies. Lidmaatskap is egter nie net tot hierdie groep beperk nie. Vooraanstaande bankiers, ouditeurs, sakeleiers, geneeshere, regsgeleerdes, ingenieurs, kunstenaars en ander wat op hulle besondere terreine presteer, word ook tot Akademielede verkies.
Gebruik van LAkadSA
Lede van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kan die volgende op hulle CV’s, visitekaartjies, ens. aanbring: LAkadSA – (indien die dokumentasie in Afrikaans is). MAkadSA – (indien die dokumentasie in Engels is).
Klik hier om die Lidmaatskap-voorstelvorm te lees en af te laai. Slegs lede mag kandidate voorstel.
Ledestelsel
Teken aan op ons Ledestelsel.