Jaarverslae van die Akademie

Verslaggewing oor die Akademie se werksaamhede

Jaarverslae

In die Jaarverslae word onder andere verslag gedoen oor die werksaamhede van die SA Akademie wat gedurende die betrokke jaar plaasgevind het. Verslag word byvoorbeeld gelewer oor die aantal raadsvergaderings wat gehou is, werk wat gedoen is deur die kommissies en die werkgemeenskappe van die Akademie, pryse wat toegeken is, simposia wat gehou is en lesingreekse.

Verslag word ook deur die redakteurs van die twee vaktydskrifte gelewer oor die uitgawes wat in die betrokke verslagjaar verskyn het, tendense wat betref die aanbod van artikels vir die tydskrifte, en so meer.

'n Belangrike komponent in die Jaarverslae is terugvoer oor die nagraadse beurse wat in die betrokke jaar aan studente toegeken is, befondsing vir navorsing en vir publikasies.

'n Volledige ledelys verskyn op die laaste bladsye van elke Jaarverslag wat voorafgegaan word met die name van lede wat in die betrokke verslagjaar gesterf het. In die Jaarverslag verskyn ook 'n lys name van lede wat in die verslagjaar by die Akademie aangesluit het.

Klik op die betrokke jaar om die jaarverslag te besigtig of af te laai.