POORT-kompetisie

Die POORT-kompetisie is daarop gemik om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek, aan te moedig, en te waardeer

POORT-kompetisie

Sluitingsdatum 28 Februarie 2024

Agtergrond

Die POORT-kompetisie is daarop gemik om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek, aan te moedig, te waardeer en aan ’n groter gehoor bloot te stel. Dit vind al vanaf 1971 plaas en gaan jaarliks van krag tot krag.

Die kompetisie het aanvanklik op skryftalent in Afrikaans gefokus en doen dit steeds, maar het die afgelope drie jaar ook ’n ontwerpkomponent.

POORT-bundels kan in die e-winkel bestel word.

Kompetisie

Die POORT-kompetisie is daarop gemik om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek, aan te moedig, te waardeer en aan ’n groter gehoor bloot te stel. Dit vind al vanaf 1971 plaas en gaan jaarliks van krag tot krag.

Die kompetisie het aanvanklik op skryftalent in Afrikaans gefokus en doen dit steeds, maar het die afgelope drie jaar ook ’n ontwerpkomponent.

Die SA Akademie nooi alle leerders wat in 2024 in graad 10, 11 of 12 is (of matriek in 2023) met skryf- en kunstalent uit om deel te neem aan die POORT-kompetisie van 2024. Skryf ’n storie of gedig, of skep ’n voorblad vir die POORT-boekie.

Volg eenvoudig die volgende stappe om in te skryf.

Hoe maak ’n mens?

1

Lees die advertensie en reëls

2

Betaal die inskrywingsfooi

Inskrywingsfooi: R60 per skryfstuk | R40 per ontwerp.

Bankbesonderhede: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns​
Tjekrekening: 610 810 004
​Bank: ABSA, Brooklyn (Takkode: 632 005)​
Verwysing: Poort2024 en skool/leerder se naam

3

Stuur die inskrywing

Voltooi die:

aanlyn inskrywingsvorm

Indien u ondersteuning nodig het met die aanlyn inskrywingsvorm, kontak asseblief vir
Sanita Meyer by sanita@akademie.co.za of skakel 086 133 3786.

Sosiale Media

Ons moedig alle deelnemers aan om julle POORT-ervaring op sosiale media te deel – gebruik die hutsmerke #poort2024 en #saakademie.

Volg gerus ook die SA Akademie op die volgende platforms​

instagram logo
youtube logo
SKENKINGS