Afrikaanse woordelys en spelreëls

Die ontstaan en uitbouing van Afrikaans

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls

Die Akademie het leiding geneem in die ontstaan en uitbouing van Standaardafrikaans: Afrikaans as kultuur- en wetenskapstaal. Die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans is 'n sleuteldoelstelling van die Akademie. Sedert 1915 tree die Akademie se Taalkommissie standaardiserend op ten opsigte van Afrikaans as skryftaal en in belang van die gebruik en ontwikkeling van Afrikaans in al sy funksies. 'n Belangrike resultaat van hierdie werk is die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS), waarvan die elfde uitgawe in 2017, die eeufeesjaar van die AWS, verskyn het. Klik op die eerste drie uitgawes van die AWS wat hier onder verskyn om te sien hoe Afrikaans in 1917, 1921 en 1931 gelyk het, teenoor die Afrikaans soos ons dit vandag praat.

Besoek gerus die Taalkommissie se webblad by www.taalkommissie.co.za

Besoek ons e-winkel vir aankope
koop AANLYN
SKENKINGS