Afrikaanse Organisasies

Ander noemenswaardige hulpbronne

Skakels

afrikaans.com

Afrikaans.com is daarop gemik om die diversiteit en skoonheid van Afrikaans te vier en te verken. Op Afrikaans.com sal jy alles vind oor Afrikaans. Alle groot organisasies, feeste, optredes en projekte word hier bemark met deurklik-skakels na die verwante webtuistes.

Kyk gerus ook na

INK Skryf in Afrikaans

INK gee wenke aan skrywers oor hoe om kortverhale, fiksie, radiodrama of 'n radioverherhaal te skryf en gee wenke vir digters byvoorbeeld poëtiese begrippe, digvorme, die gebruik van leestekens in digkuns, en so meer.

Besoek webtuiste
Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere

SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) is ʼn dinamiese, onafhanklike sentrum waar die kultuurbelange van Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika ontmoet, primêr vir Afrikaanssprekendes, en met die doel om gedeelde taal- en ander kultuur-ervarings te bewerkstellig.

Besoek webtuiste
Die Afrikaanse Taalraad (ATR)

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) bevorder Afrikaans en haar sprekers in hulle volle diversiteit. Die ATR gee dus erkenning aan alle sprekers en variëteite van die taal, van Standaardafrikaans deur tot Kaaps.

Besoek webtuiste
fak

Die SA Akademie was instrumenteel in die ontstaan van Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) wat reeds in 1929 gestig is. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en ons trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.  

Besoek webtuiste
Universitat Wien

Die doelstellings van hierdie inisiatief is:

  • Om akademiese en kulturele wisselwerking tussen Afrikaans in Europa en Afrikaans in Afrika aan universiteite, institute, kolleges, tegnikons, skole, organisasies, verenigings, klubs, diverse belangegroepe en individue te bevorder.
  • Om as inligtingsforum vir die studie van Suid-Afrikaanse landkunde te dien om só die land se diverse taal en kulture bekend te stel.
  • Om kontaknetwerke op te bou tussen die geglobaliseerde belangegroepe ten opsigte van die Afrikaanse taal en kultuur in Afrika, Europa, VSA, Kanada en Australasië.
  • Om praat, skryf en lees in Afrikaans te stimuleer.
Besoek webtuiste
Mentorvennoot

Mentorvennoot is gestig om mentors aan entrepreneurs beskikbaar te maak sodat meer van die nuwe besighede en werkgeleenthede wat in Suid-Afrika geskep word op die langer termyn kan oorleef.

Besoek webtuiste
Die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NSTF)

Die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NSTF) is 'n breedweg verteenwoordigende sambreelliggaam vir belanghebbendes vir organisasies met 'n belangstelling in wetenskap, ingenieurswese, tegnologie (SET) en innovasie. Die NSTF verteenwoordig meer as 100 organisasies, rade en instellings. Dit strek oor beide die private en openbare sektor.

Besoek webtuiste
Sigbaar Afrikaans

Die SBA (Sigbaar Afrikaans) se missie is om geletterdheid deur Afrikaans te ontwikkel en terselfdertyd respek vir Afrikaans te bewerkstellig. Die SBA is gefokus op die algemene bevordering van Afrikaans wat veral fokus op Afrikaans-jeugontwikkeling.

Besoek webtuiste
Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is 'n navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste en is 'n geregistreerde maatskappy sonder winsoogmerk. VivA se hoofdoelstellings is om die gebruik en gehalte van Afrikaans plaaslik en internasionaal uit te bou deur:

  1. die beskrywing en bestudering van Afrikaans in sy volle omvang;
  2. die ontwikkeling van omvattende digitale en ander hulpbronne, hulpmiddele en platforms vir gesproke en geskrewe Afrikaans; en
  3. die lewering van 'n praktiese Afrikaanse taaldiens deur middel van tegnologie.
Besoek webtuiste
SKENKINGS