Lidmaatskap

Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.

BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004

Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.

x

Lidmaatskap van die SA Akademie is oop vir alle persone wat die visie en missie van die SA Akademie onderskryf en op meriete gekeur word. Akademici en vooraanstaande bankiers, ouditeurs, sakeleiers, geneeshere, regsgeleerdes, ingenieurs, kunstenaars, natuurwetenskaplikes en ander wat op hul onderskeie terreine presteer, kan ook tot lid van die SA Akademie verkies word.

Akademielidmaatskap bestaan uit vier kategorieë:

Volle lidmaatskap
Lede geniet alle regte en voorregte van die SA Akademie. Volle ledegeld is jaarliks betaalbaar.

Assosiaatlidmaatskap
'n Persoon wat oor ten minste 'n vierjarige naskoolse kwalifikasie beskik, kan tot assosiaatlid verkies word. Assosiaatlede geniet dieselfde regte en voorregte as volle lede, maar is slegs stemgeregtig op sekere Akademiestrukture. Jaarlikse ledegeld is minder as vir volle lede.

Emeritus lidmaatskap
Lede ouer as 65 jaar kan aansoek doen om emeritus lidmaatskap. Die jaarlikse ledegeld is minder as vir volle lede, maar 'n lid wat in hierdie kategorie ingedeel is, het onder meer nie stemreg nie.

Erelidmaatskap
Die Akademieraad kan 'n persoon tot erelid van die SA Akademie verkies ter erkenning van buitengewone dienste aan Suid-Afrika, aan die Afrikaanse taal óf aan die SA Akadememie in die besonder. Dit word beskou as die hoogste eerbewys wat die SA Akademie aan 'n verdienstelike persoon kan toeken.

'n Persoon kan op twee maniere 'n lid word van die SA Akademie, naamlik deur:

1. self aansoek te doen; of
2. voorgestel te word deur 'n bestaande Akademielid en twee sekondante.

Laai gerus die onderskeie vorms hier af:

Stuur die voltooide vorm en stawende dokumentasie aan dr. Linda Brink by linda@akademie.co.za.
Alle aansoeke is onderhewig aan 'n streng eweknie-evalueringsproses.

Ledegeld

U kan u jaarlikse ledegeld aanlyn vereffen met behulp van PayFast. Gebruik asseblief u lidmaatskapnommer as verwysing. Kontak die finansiële beampte, me. Hanlie Willemse, by finansies@akademie.co.za indien u enige navrae het.

Betaal u ledegeld deur op die toepaslike knoppie te klik (indien die bedrag verskuldig meer is as die jaarlikse fooi, klik asseblief op die pasgemaakte bedrag):

Gebruik van LAkadSA

Lede van die SA Akademie kan die volgende op hul CVs, visitekaartjies, ens. aanbring: 

LAkadSA (Afrikaans) 
MAkadSA (Engels)

x

Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u vooruit of 'n pasgemaakte bedrag wil inbetaal.

BANKBESONDERHEDE

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004

Gebruik asb jou lidmaatskapnommer as verwysing vir die betaling.

SKENKINGS