Lede

Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.

BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004

Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.

x

Lidmaatskap

Lidmaatskap van die Akademie is op uitnodiging op grond van besondere prestasies op wetenskaplike, tegnologiese of kulturele gebied. Vooraanstaande bankiers, ouditeurs, sakeleiers, geneeshere, regsgeleerdes, ingenieurs, kunstenaars en ander wat op hulle eie terreine presteer, word ook tot die Akademie verkies. Persone wat belangstel in lidmaatskap van die Akademie kan ook aansoek doen vir lidmaatskap. Aansoeke van alle kandidate is onderhewig aan eweknie-evaluering.

Akademielidmaatskap bestaan uit vier kategorieë:

Volle lidmaatskap
Lede geniet alle regte en voorregte van die Akademie.

Emerituslede
Lede ouer as 70 jaar kan aansoek doen vir emerituslidmaatskap. Die jaarlikse ledegeld is minder, maar ʼn lid wat in hierdie kategorie ingedeel is, het onder andere nie stemreg nie en moet inskryf op die Akademie se hardekopie-tydskrif.

Erelidmaatskap
Erelede behou die regte en voorregte wat hy/sy gehad het, maar betaal geen ledegeld nie.

Assosiaatlidmaatskap
'n Persoon wat die doelstellings van die Akademie onderskryf, en wat oor ten minste 'n vierjarige naskoolse kwalifikasie beskik, kan as assosiaatlid voorgestel word.

Persone wat vir lidmaatskap in aanmerking wil kom, kan navraag doen by die Hoof- Uitvoerende Beampte by akademie@akademie.co.za

Ledegeld

U kan ook nou u jaarlikse ledegeld aanlyn vereffen met behulp van PayFast. Gebruik asb u lidmaatskapnommer as verwysing. Vir navrae kontak Hanlie by finansies@akademie.co.za

Betaal u lidmaatskap deur op die toepaslike knoppie te klik (indien die verskuldigde bedrag meer is as die jaarlikse fooi, klik asseblief op die pasgemaakte bedrag):

Ledestelsel

Kontakbesonderhede

Kry toegang tot die ledeportaal om kontakbesonderhede te verander, of kontak linda@akademie.co.za

Gebruik van LAkadSA

Lede van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kan die volgende op hulle CVs, visitekaartjies, ens. aanbring: 

LAkadSA (indien die dokumentasie in Afrikaans is). 
MAkadSA  (indien die dokumentasie in Engels is).

'n Persoon kan lid van die Akademie word deur voorgestel te word deur bestaande Akademielede.
Akademielede kan ʼn voorstelvorm aanvra by linda@akademie.co.za

'n Persoon wat belangstel om lid van die Akademie te word, kan ook aansoek doen om lidmaatskap.

x

Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u vooruit of 'n pasgemaakte bedrag wil inbetaal.

BANKBESONDERHEDE

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004

Gebruik asb jou lidmaatskapnommer as verwysing vir die betaling.

SKENKINGS