Missie & Visie
Die missie en algemene doelstellings van die Akademie – soos in sy Akte van Oprigting vasgelê – is die bevordering van wetenskap, tegnologie, letterkunde en kuns in Afrikaans, asook die beskerming en bevordering van Afrikaans in al sy variëteite.
Voorts behels dit ook die lewering van diens aan die samelewing. Hierdie multidissiplinêre organisasie wat die belange van alle Suid-Afrikaners wil dien, streef na uitnemendheid, billikheid, hoë wetenskaplike, morele en demokratiese waardes.