Oor Ons
Missie en doelstellings van die SA Akademie
Die missie en algemene doelstellings van die Akademie – soos in sy Akte van Oprigting vasgelê – is die bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die literatuur in Afrikaans en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans (primêr binne Suid-Afrika). Voorts behels dit ook die lewering van diens aan die samelewing. Hierdie multidissiplinêre organisasie wat die belange van alle Suid-Afrikaners wil dien, streef na uitnemendheid, billikheid, hoë wetenskaplike, morele en demokratiese waardes.
Aktiwiteite van die SA Akademie
Binne die raamwerk van sy missie en doelstellings ondersoek die Akademie voortdurend aktuele sake van openbare belang, neem standpunt daaroor in, en tree ook meermale adviserend, fasiliterend en meningsvormend in sake van nasionale belang op deur direk by die verloop van gebeure betrokke te raak.
Die Akademie is op 2 Julie 1909 gestig en het oor die jare bekend geword weens die gereelde toekenning van literêre pryse (waarvan die Hertzogprys die bekendste is), en ander prestigepryse, sy publikasies (twee gereelde tydskrifte en talle geleentheidspublikasies), die werk van sy Taalkommissie aan die standaardisering van Afrikaans, die talle vakwoordeboeke en terminologielyste wat deur lede van die Akademie opgestel en gepubliseer is.
Om meer te leer oor ons en wat ons doen, gebruik asseblief die hoof navigasie bo.
Nuusflitse
SA Akademie betreur taaldebakel op Stellenbosch
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns spreek haar ernstige kommer uit oor die gebeure die afgelope paar weke by die Universiteit Stellenbosch, een van Suid-Afrika se top universiteite, oor die gebruik van Afrikaans op sy kampus en ook die konseptaalbeleid wat pas bekend gemaak is. Lees meer.
Geskiedenissimposium
‘n Geskiedenissimposium is op Vrydag 29 2021 aanlyn gehou. Klik hier vir die program en besonderhede van die sprekers.
Jan H Maraisprys 2021
Die Jan H Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar gedeel deur proff Ina Wolfaardt-Gräbe van Pretoria en Hennie van Coller van Bloemfontein. Die prys ter waarde van R500 000 sal later vanjaar tydens ʼn funksie op Stellenbosch aan hulle oorhandig word. Lees meer.
Akademiepryse vir 2021
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 15 April 2021 oor die volgende bekronings vir 2021 besluit. Die pryse sal tydens twee virtuele bekroningsplegtighede later vanjaar oorhandig word. Die bekroondes is waar moontlik reeds mondeling oor die bekronings ingelig.. Lees meer.
Jaarverslag 2019
Geagte lede van die Akademie,
Dit is vir my ʼn voorreg om in ooreenstemming met paragraaf B.2.2 van die Statuut van die Suid-Afrikaanse Akademie, die verslag van die Raad vir die tydperk Januarie 2019 tot Desember 2019 aan die Algemene Vergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns voor te lê. Lees meer.
Konferensie 20 April 2020 te Amsterdam
Die SA Akademie se Buitelandse Werkgemeenskap-konferensie wat op 16 November 2020 in Amsterdam sou plaasvind, is onbebaald uitgestel.
NP Van Wyk Louw-Huldiging 2020
Op 7 Oktober 2020 is ‘n aanlyn seminaar deur die Akademie aangebied met die titel: NP van Wyk Louw 50 jaar na sy dood. Die seminaar is steeds te sien op die Akademie se facebookblad.
Kunspraatjies
Prof. Alex Duffey het reeds twee lesings van sy tweede reeks wat oor Suid-Afrikaanse kuns handel, gelewer. Dit kan gesien word op die Akademie se Facebookblad onder “Video’s”.
Beurse en finansiële steun vir navorsing en publikasies
Die SA Akademie bied jaarliks nagraadse beurse aan verdienslike M- en D-studente wat hul studie in enige vakdissipline in Afrikaans wil doen. Stuur e-pos aan beurse@akademie.co.za vir meer inligting. Die Akademie bied ook finansiële steun vir navorsing en vir publikasies in Afrikaans. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos na melanie@akademie.co.za.
ONTMOET DIE PERSONEEL VAN DIE AKADEMIE
Lees Ons Jongste Nuusbrief
Nuusbrief Februarie 2021
WIL U MEER WEET OOR ONS AKTIWITEITE EN PROJEKTE?
Engelenburghuismuseum
Nuus
Akademia bied Kollokwium: Politieke Wetenskap aan
Op Vrydag 10 Mei 2019 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) se derde jaarlikse Kollokwium: Politieke Wetenskap plaasgevind. Vanjaar is hierdie toonaangewende akademiese gespreksgeleentheid deur Akademia, met die steun van die SAAWK, by dié instelling se ouditorium in Centurion aangebied. Gerekende akademici wat al vir dekades die vakgebied uitbou het insiggewende referate […]
Wiskunde-in-Aksie en Wetenskap-in-Aksie 2019
Die nasionale Wiskunde-in-Aksieprojek is reeds die afgelope vier jaar aangebied en die Wetenskap-in-Aksie is in 2017 geloods. Aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) in samewerking met die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) Bogenoemde twee projekte word weer in 2019 nasionaal aangebied. Hiermee die uitnodiging aan alle primêre skole om leerders op hierdie wyse […]
Werkswinkel: Afrikaanse Wikipedia
Gekanselleer, nuwe datums sal in 2019 deur gegee word. Ons nooi graag alle belangstellendes uit na ʼn werkswinkel oor hoe om tot die Afrikaanse Wikipedia by te dra (die skryf, redigeer en vertaal van artikels). Almal is soos altyd baie welkom, maar hierdie werkswinkel is spesifiek daarop toegespits om persone wat nog nie voorheen aan […]