Studentesimposium
26 en 27 Februarie 2026

Sesde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe Hibriede formaat | In Afrikaans

Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.

BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004

Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.

x

Oproep om referate en plakkate

Sluitingsdatum om te registreer en jou voorstel in te dien: 16 Januarie 2026

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) beplan om op26 en 27 Februarie 2026 die sesde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe aan te bied en nooi nagraadse studente van Suid-Afrika én die res van die wêreld uit om deel te neem.

Hierdie simposium is ’n unieke platform waar jong navorsers die geleentheid kry om hul werk in Afrikaans met ’n akademiese gehoor te deel, insiggewende terugvoer te ontvang en ʼn bydrae tot die bevordering van Afrikaans as akademiese taal te lewer.

Wat kan jy doen?

  • Referaat: ’n 20-minute aanbieding waarin jy jou navorsing in diepte uiteensit
  • Plakkaat: ’n 10-minute oorsig van jou navorsing, ideaal vir visueelgedrewe aanbiedings

Alle aanbiedings moet in Afrikaans wees.
Studente wat navorsing in ander tale doen, word sterk aangemoedig om hul bevindinge vir die simposium in Afrikaans te vertaal. Dit help om Afrikaans as volwaardige vaktaal binne die sosiale en geesteswetenskappe verder te ontwikkel.

Wie kan deelneem?

  • Nagraadse studente van universiteite en navorsingsinstellings in Suid-Afrika én internasionaal

Onderwerpe uit enige veld van die sosiale en geesteswetenskappe word oorweeg – van sosiologie, antropologie, filosofie, geskiedenis en taalkunde tot opvoedkunde, politieke wetenskap, kunsgeskiedenis, media- en kommunikasiestudies en dies meer.

Nuutskeppingskompetisie
Soos in vorige jare word daar ook ’n nuutskeppingskompetisie aangebied vir die ontwikkeling van nuwe Afrikaanse vakkundige terme. Hierdie kompetisie fokus op die benoeming van konsepte waarvoor daar nog nie ’n gevestigde Afrikaanse term in vakwoordelyste of -woordeboeke bestaan nie. Dit is ’n gulde geleentheid om jou kreatiwiteit ten toon te stel én ’n blywende bydrae tot die taal te maak.

Hoekom moet jy inskryf?

  • Kry blootstelling aan ’n netwerk van Afrikaanssprekende akademici en studente.
  • Ontvang waardevolle terugvoer van kenners in jou veld.
  • Dra aktief by tot die bevordering van Afrikaans as akademiese taal.
  • Bou jou aanbiedingservaring in ’n ondersteunende en stimulerende omgewing.

Die simposium vind in ’n hibriede formaat plaas, wat deelname moontlik maak vir aanlyn én fisieke teenwoordigheid – waar jy ook al in die wêreld is.

Registreer en dien jou voorstel elektronies in voor/teen 16 Januarie 2026

Indien jy enige vrae of kommernisse het, stuur gerus ʼn vonkpos na dr. Linette van der Merwe

Suksesvolle aansoekers sal teen 6 Februarie 2026 per e-pos verwittig word.

Belangstellendes wat die simposium wil bywoon op 27 en 28 Februarie kan aanlyn epos stuur na: Melanie Rens

Bywoningskoste

In persoon
R300 per dag
Aanlyn
R150 per dag
SKENKINGS