Wie is ons?

Ontmoet die Akademieraad en Akademiekantoorpersoneel, en lees meer oor die SA Akademie se kommissies en werkgemeenskappe

Organisasie en bestuur

Die Akademieraad vir die termyn 2023 tot 2026

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns staan onder gesag en leiding van 'n verkose Raad, waarin verskillende vakdissiplines in ag geneem word. Die organisasie en administrasie van die SA Akademie word onder leiding van die hoof- uitvoerende beampte vanuit die Akademiekantoor in Pretoria bedryf. Binne die raamwerk van die visie en missie ondersoek die SA Akademie voortdurend aktuele sake van openbare belang, neem standpunt daaroor in, en tree meermale adviserend, fasiliterend en meningsvormend in sake van nasionale belang op deur regstreeks by die verloop van gebeure betrokke te raak.

Fakulteit Kuns en Geesteswetenskappe

Prof AE (Ilse) Feinauer (Voorsitter)
Dr HJ (Jaco) Deacon
Dr DC (Donovan) Lawrence
Dr CI (Conrad) Steenkamp
Adv JJ (Jean) Meiring
Mnr PR (Rudolph) Botha, Ex officio, Voorsitter van die Oudit- en Risikobestuurkomitee (ORK)
Prof Nerina Bosman, Ex officio, Hoofredakteur van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW)

Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie

Prof L (Leopoldt) van Huyssteen (Ondervoorsitter)
Prof EPJ (Ewert) Kleynhans
Prof M (Marena) Manley
Prof R (Rialet) Pieters
Prof L (Laurette) Pretorius
Prof RW (Rudi) Pretorius
Prof CJ de W (Hannes) Rautenbach, Hoofredakteur van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie (SATNT)

Die Bestuurspan

Kommissies

Die werksaamhede van die SA Akademie word deur verkose en staande kommissies verrig. Die kommissies vir taal, letterkunde, onderwys, geskiedenis, regte, uitvoerende en visuele kunste is met spesifieke opdragte belas. Verskeie vak- en spesiale komitees voer op soortgelyke wyse take op bepaalde terreine uit en behartig keuringswerk vir die onderskeie toekennings van die SA Akademie.

Taalkommissie

Me Suléne Pilon (voorsitter)
Prof Terrence Carney
Dr George du Bruyn
Me Bridgette Brandt
Mnr Jaco du Toit
Me Sisca Julius
Me Jana Luther
Mnr Fred Pheiffer
Me Monique Rabé
Mnr Marius Swart

Letterkundekommissie

Prof Thys Human (voorsitter)
Prof Marius Crous
Dr Marni Bonthuys
Dr Sonja Loots
Dr Amanda Marais
Me Teneal Apollis
Me Valda Jansen
Me Bettina Wyngaard

Onderwyskommissie

Prof Jan Heystek (voorsitter)
Prof Melanie Moen
Dr Zelda Barends
Dr Jaco Deacon
Dr Morné Diedericks
Dr Pierre Edwards
Dr Louis Swanepoel
Me Melanie Buys
Mnr Daan Potgieter
Mnr Jannie van der Westhuizen

Geskiedeniskommissie

Prof Alex Mouton (voorsitter)
Prof Francois Cleophas
Prof Evert Kleynhans
Prof Lizabé Lambrechts
Prof Anton van Vollenhoven
Prof Johan Wassermann
Dr Lizelle Smit
Dr Ruhan Fourie

Regskommissie

Adv Jean Meiring (voorsitter)
Prof Johan Scott
Prof Christa Rautenbach
Prof Ernst Marais

Kommissie vir Uitvoerende Kunste

Prof Petrus du Preez (voorsitter)
Dr André Gerber
Mnr Danie Marais
Mnr Megan-Geoffrey Prins
Me Ina Strydom

Kommissie vir Visuele Kunste

Dr Louisemarié Combrink (voorsitter)
Prof Alex Duffey
Dr Nicholas Clarke
Dr Pieter Mathews
Dr Jan van der Merwe
Dr Josef van Wyk

Werkgemeenskappe

Akademielede word hoofsaaklik georganiseer in werkgemeenskappe wat van tyd tot tyd vergader. Tans is daar agt plaaslike werkgemeenskappe, naamlik: Werkgemeenskap Wes-Kaap; Oos-Kaapland; Vrystaat; Durban; Potchefstroom; Vaaldriehoek; Witwatersrand; en Pretoria.

'n Werkgemeenskap beoog om die doelstellings van die SA Akademie op plaaslike vlak te bevorder, om die werksaamhede van die SA Akademie plaaslik bekend te stel en om gesellige verkeer tussen sy lede in die hand te werk. 'n Werkgemeenskap is in die besonder toegespits op interdissiplinêre en, waar moontlik, interfakultêre werksaamhede aangaande die beoefening van die wetenskappe en die kunste.

Die SA Akademie het ook 'n negende werkgemeenskap, naamlik die Buitelandse Werkgemeenskap. Buitelandse lede bevind hulle in onder meer die VSA, Frankryk, België, Nederland, Pole, Hongkon, Tsjeggië en Australië.

SKENKINGS