Ontmoet die Akademieraad en Akademiekantoorpersoneel, en lees meer oor die SA Akademie se kommissies en werkgemeenskappe.
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns staan onder die gesag en leiding van ’n verkose Akademieraad, waarvan die samestelling voorsiening maak vir verteenwoordiging uit verskillende vakdissiplines. Die organisasie en administrasie van die SA Akademie word onder leiding van die hoof- uitvoerende beampte vanuit die Akademiekantoor in Pretoria behartig.
Binne die raamwerk van die visie en missie ondersoek die SA Akademie voortdurend aktuele vraagstukke van openbare en nasionale belang. Waar toepaslik neem die SA Akademie standpunt daaroor in en lewer ’n bydrae tot die openbare gesprek deur adviserend, fasiliterend en meningsvormend op te tree en, waar omstandighede dit vereis, regstreeks by tersaaklike aangeleenthede en ontwikkelings betrokke te raak.
Prof. M. (Marena) Manley (voorsitter)
Prof. O.B.W. (Oppel) Greeff
Prof. L. (Laurette) Pretorius
Prof. C.J. de W (Hannes) Rautenbach
Prof. T.J. (Tobie) van Dyk (ondervoorsitter)
Mnr. P.R. (Rudolph) Botha (Voorsitter: ORK)
Dr. A. (Annelise) de Vries (HUB)
Prof. L.T. (Theo) du Plessis
Dr. H.J. (Jaco) Deacon (Voorsitter: MHK)
Prof. E.H. (Helena) van Coller
Die werksaamhede van die SA Akademie word deur verkose en staande kommissies verrig. Die kommissies vir taal, letterkunde, onderwys, geskiedenis, regte, uitvoerende en visuele kunste, natuurwetenskappe en taaltegnologie is met spesifieke opdragte belas. Verskeie vak- en spesiale komitees voer op soortgelyke wyse take op bepaalde terreine uit en behartig keuringswerk vir die onderskeie toekennings van die SA Akademie.
Me. Suléne Pilon (voorsitter)
Prof. Terrence Carney
Dr. George de Bruin
Me. Bridgette Brandt
Mnr. Jaco du Toit
Me. Sisca Julius
Me. Jana Luther
Mnr. Fred Pheiffer
Me. Monique Rabé
Mnr. Marius Swart
Prof. Thys Human (voorsitter)
Prof. Sonja Loots
Prof. Phil van Schalkwyk
Dr. Amanda Marais
Dr. Neil van Heerden
Me. Teneal Apollis
Me. Valda Jansen
Mnr. Luan Staphorst
Dr. Morné Diedericks (voorsitter)
Prof. Jan Heystek
Dr. Zelda Barends
Dr. Hanrie Bezuidenhout
Dr. Jaco Deacon
Dr. Johan Kruger
Dr. Chris-Mari le Hanie
Dr. Louis Swanepoel
Mnr. Daan Potgieter
Prof. Johan Wassermann (voorsitter)
Dr. Ruhan Fourie (ondervoorsitter)
Prof. Francois Cleophas
Prof. Evert Kleynhans
Prof. Lizabé Lambrechts
Prof. Anton van Vollenhoven
Dr. Lizelle Smit
Adv. Jean Meiring (voorsitter)
Prof. Johan Scott
Prof. Christa Rautenbach
Prof. Ernst Marais
Prof. Petrus du Preez (voorsitter)
Dr. André Gerber
Mnr. Danie Marais
Mnr. Megan-Geoffrey Prins
Me. Ina Strydom
Dr. Louisemarié Combrink (voorsitter)
Prof. Janine Allen-Spies
Prof. Elfriede Dreyer
Dr. Pieter Mathews
Dr. Jan van der Merwe
Dr. Johan van Zyl
Mnr. Josef van Wyk
Mnr. Héniel Fourie
Prof. Rudi Pretorius (voorsitter)
Prof. Marina Joubert
Prof. Ewert Kleynhans
Prof. Ernie Langner
Prof. Marena Manley
Prof. Rialet Pieters
Prof. Laurette Pretorius
Prof. Hannes Rautenbach
Prof. Laurette Pretorius (voorsitter)
Prof. Menno van Zaanen
Dr. Febe de Wet
Dr. Laurette Marais
Dr. Friedel Wolff
Akademielede word hoofsaaklik georganiseer in werkgemeenskappe wat van tyd tot tyd vergader. Tans is daar agt plaaslike werkgemeenskappe, naamlik: Werkgemeenskap Wes-Kaap; Oos-Kaap; Noord-Kaap en Vrystaat; KwaZulu-Natal; Potchefstroom; Vaaldriehoek; Witwatersrand; en Pretoria.
'n Werkgemeenskap beoog om die doelstellings van die SA Akademie op plaaslike vlak te bevorder, om die werksaamhede van die SA Akademie plaaslik bekend te stel en om gesellige verkeer tussen sy lede in die hand te werk. 'n Werkgemeenskap is in die besonder toegespits op interdissiplinêre en, waar moontlik, interfakultêre werksaamhede aangaande die beoefening van die wetenskappe en die kunste.
Die SA Akademie het ook 'n negende werkgemeenskap, naamlik die Buitelandse Werkgemeenskap. Buitelandse lede bevind hulle in onder meer die VSA, Frankryk, België, Nederland, Pole, Hongkong, Tsjeggië en Australië.