POORT-kompetisie

Die POORT-kompetisie is daarop gemik om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek, aan te moedig, en te waardeer

POORT-kompetisie 2026

Dit is vir ons ’n groot voorreg om u skool en leerders uit te nooi om deel te neem aan die Poort-skryfkompetisie 2026, ’n nasionale kreatiewe skryfkompetisie wat jong Afrikaanse stemme aanmoedig om hul verbeelding en taalvaardigheid te vier.  Hierdie kompetisie, wat reeds sedert 1971 plaasvind, bied ’n waardevolle geleentheid vir leerders om hul kreatiewe denke en skryfvaardigheid te ontwikkel, en om erkenning vir uitmuntende werk in Afrikaans te ontvang.

Vanaf 2026 kan ʼn tweede- of derdetaalspreker se werk in aanmerking kom vir ʼn afsonderlike prys van R10 000 vir ʼn storie, gedig of drama in Afrikaans.

POORT-bundels kan in die e-winkel bestel word.

Tema: Eie keuse
Genres: Poësie | Prosa | Drama
Lengte: Verhale tot 1 500 woorde | Gedigte en dramas: wisselende lengte
Inskrywingsfooi: R60 per inskrywing
POORT-bundel voorbladkompetisie: R40 per inskrywing. Tema: Eie keuse

Sluitingsdatum: 16 Februarie 2026

Pryse

  1. Eerstetaalsprekers: Twee wenners – R10 000 elk
  2. Tweede-/derdetaalsprekers: Een wenner – R10 000
  3. Beste voorbladontwerp: Een wenner – R2 000

Wie mag deelneem ∙Graad 10, 11 en 12 in 2026. Matrieks van 2025 is welkom om ook deel te neem.

Navrae:
Dr. Linda Brink  linda@akademie.co.za

Laat jou verbeelding vlerke kry — skryf, skep in Afrikaans!!!

Volg eenvoudig die volgende stappe om in te skryf.

Hoe maak ’n mens?

1

Lees die advertensie en reëls

2

Betaal die inskrywingsfooi

Inskrywingsfooi: R60 per skryfstuk | R40 per ontwerp.

Bankbesonderhede: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns​
Tjekrekening: 610 810 004
​Bank: ABSA, Brooklyn (Takkode: 632 005)​
Verwysing: Poort2026 en skool/leerder se naam

3

Stuur die inskrywing

Voltooi die:

aanlyn inskrywingsvorm

Indien u ondersteuning nodig het met die aanlyn inskrywingsvorm, kontak asseblief vir
dr. Linda Brink by linda@akademie.co.za of skakel 086 133 3786.

Sosiale Media

Ons moedig alle deelnemers aan om julle POORT-ervaring op sosiale media te deel – gebruik die hutsmerke #poort2026 en #saakademie.

Volg gerus ook die SA Akademie op die volgende platforms​

SKENKINGS