Die Akademie se nuwe aanlyn blog, Gesprekspunt, is pas op ons webblad geloods, waar Akademielede en ander kundiges uitgenooi word om te besin oor aktuele aangeleenthede.
AANKONDIGING: Wenner van die Jan H Maraisprys 2022
6/6/22
Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar toegeken aan die leksikograaf, prof Rufus Gouws, van Stellenbosch.
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiebekronings vir 2022 aan. Die pryse sal by twee virtuele bekroningsplegtighede in Julie vanjaar oorhandig word.