Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2023 aan. Die pryse sal by twee bekroningsplegtighede in September vanjaar oorhandig word.
Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (sg. Bela)
16/11/22
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns voeg graag haar stem by dié van ander belanghebbende Afrikaanse organisasies en individue wat besware opper oor die voorgestelde wysigings aan skole se taal- en toelatingsbeleid.
Die Akademie se nuwe aanlyn blog, Gesprekspunt, is pas op ons webblad geloods, waar Akademielede en ander kundiges uitgenooi word om te besin oor aktuele aangeleenthede.
AANKONDIGING: Wenner van die Jan H Maraisprys 2022
6/6/22
Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar toegeken aan die leksikograaf, prof Rufus Gouws, van Stellenbosch.