Irma Eloff is 'n professor in opvoedkundige sielkunde aan die Universiteit van Pretoria en 'n ereprofessor by die Universiteit van Innsbruck in Oostenryk. Sy is 'n voormalige dekaan van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria, en die stigtersdekaan van die Afrika Forum vir Dekane van Opvoedkunde (ADEF), wat 'n fokuspunt van die UNESCO Internasionale Onderwysers Taakspan is. Sy is die voorsitter van die Global Network of Deans of Education (GNDE). Sy het besoekende professorate beklee in die VSA, Brittanje en Europa. In 2018 is die Förderkreis 1669 Wissenschafft Gesellschaft -professoraat in sosiale wetenskappe aan die Universität Innsbruck aan haar toegeken. Sy is 'n voormalige Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, ‘n lid van die Academy of Science of South Africa (ASSAf), en 'n stigterslid van die South African Positive Psychology Association (SAPPA). Irma is 'n alumnus van die Universiteite van Pretoria, Stellenbosch, Noordwes en die GIBS Besigheidskool.