2022 se wenners van SA Akademiepryse

SIEN GALERY

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiebekronings vir 2022 aan.

Die pryse sal by twee virtuele bekroningsplegtighede in Julie vanjaar oorhandig word.

Hierdie verklaring bevat die besonderhede van die bekronings vir 2022. Die bekroondes is waar moontlik reeds mondelings daaroor ingelig.

HERTZOGPRYS VIR PROSA

Die Hertzogprys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en heet na die groot kampvegter vir Afrikaans, genl. J.B.M. Hertzog. Die prys is beperk tot oorspronklike letterkundige werk in Afrikaans en word jaarliks om die beurt vir poësie, drama en verhalende prosa, in dié volgorde, toegeken. Die prys word toegeken op aanbeveling van die Akademie se Letterkundekommissie.

Die Hertzogprys vir Prosa gaan vanjaar aan S.J. Naudé vir Dol heuning.

Die kortlys vanjaar was soos volg:

  • Ronelda Kamfer: Kompoun – Kwela
  • Etienne van Heerden: Die biblioteek aan die einde van die wêreld – Tafelberg
  • Ingrid Winterbach: Voorouer. Pelgrim. Berg – Human & Rousseau
  • S.J. Naudé: Dol heuning – Umuzi
  • Zirk van den Berg: Ek wens, ek wens - Kwela; en Tweegevreet – Kwela
  • Jan van Tonder: Die verevrou – Human & Rousseau; en Grootgeluk – Human &Rousseau

Die prysgeld word geborg deur Rapport.

Navrae oor hierdie prys:
Prof Hennie van Coller, Selfoon: 082 825 9743, E-pos: vCollerH@ufs.ac.za

EUGÈNE MARAISPRYS

Die prys word toegeken vir ʼn eerste of vroeë letterkundige werk en kan net een keer aan ʼn persoon toegeken word.

Die Eugène Maraisprys vir Poësie word toegeken aan Ashwin Arendse vir Swatland.

Die Eugène Maraisprys vir Prosa word toegeken aan Frederik de Jager vir Man op ʼn fiets êrens heen.

Die kortlys was soos volg:

  • Jaco Alant: Is mos Oos – Protea Boekhuis
  • Ashwin Arendse: Swatland – Kwela
  • Frederik de Jager: Man op ʼn fiets êrens heen – Protea Boekhuis
  • Carié Maas: Die miskruier en die maan – Protea Boekhuis
  • Hilda Smits: mag die diep slaap jou dan – Protea Boekhuis

Die prysgeld word gedeeltelik geborg deur Rapport.

Navrae oor hierdie prys:
Prof Hennie van Coller, Selfoon: 082 825 9743, E-pos: vCollerH@ufs.ac.za

SCHEEPERSPRYS VIR JEUGLITERATUUR

Die toekenning van hierdie prys word driejaarliks oorweeg vir ʼn jeugboek in Afrikaans in enige genre.

Die prys word toegeken aan Fanie Viljoen vir Offers vir die vlieë.

Die kortlys was soos volg:

  • Elrien Scheepers: Donkerbloed – Human & Rousseau
  • Jan Vermeulen: Baster – Lapa Uitgewers
  • Fanie Viljoen: Brand – Tafelberg
  • Fanie Viljoen: Offers vir die vlieë – Lapa Uitgewers

Navrae oor hierdie prys:
Prof Hennie van Coller, Selfoon: 082 825 9743, E-pos: vCollerH@ufs.ac.za

ALBA BOUWERPRYS VIR KINDERLITERATUUR

Die toekenning van hierdie prys word driejaarliks oorweeg vir ʼn Afrikaanse kinderboek in enige genre. Alleen boeke wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is, kwalifiseer vir bekroning.

Die prys word vanjaar toegeken aan Jaco Jacobs vir Die boekwinkel tussen die wolke.

Die kortlys was soos volg:

  • Jaco Jacobs: Die boekwinkel tussen die wolke – PanMacmillan
  • Jaco Jacobs: Oupa Zombie – PanMacmillan
  • Adeline Radloff: Die skandalige susters Smit – Tafelberg
  • Fanie Viljoen: Pieksel – Lapa Uitgewers

Die prysgeld word gedeeltelik geborg deur die ATKV.

Navrae oor hierdie prys:
Prof Hennie van Coller, Selfoon: 082 825 9743, E-pos: vCollerH@ufs.ac.za

HUBERTE RUPERTPRYS VIR KLASSIEKE MUSIEK

Die prys word driejaarliks toegeken aan enige persoon wat op die gebied van klassieke musiek presteer het: Sangers, komponiste, instrumentaliste wat klawerinstrumente, blaasinstrumente of strykinstrumente bespeel kom in aanmerking.

Die prys word toegeken aan die sopraan, Emma Renzi.

Muse en musiek in Suid-Afrika is enorm verryk deur die teenwoordigheid van Emma Renzi, ʼn sopraan wat in die fleur van haar loopbaan van die beroemdste wêreldverhoë betree het, maar tot vandag toe ook eweneens haar buitengewone talente as sangpedagoog met ʼn jonger geslag deel.

Die prys word geborg deur die Rupert Musiekstigting.

DIE EREPENNING VIR GEESTESWETENSKAPPE EN DIE KUNSTE

Die Erepenning word toegeken aan Emma Willemse vir haar bydrae tot visuele kunste in Suid-Afrika.

Emma Willemse is ʼn konseptuele kunstenaar, kurator en kunsopvoeder wat in RiebeekKasteel in die Wes-Kaap woon en werk. Emma is ʼn multimedium kunstenaar wat reeds vir vier dekades lank ʼn impak in die Suid-Afrikaanse kunswêreld gemaak het. Haar kuns is in Florence, Dakar, Johannesburg, Stellenbosch, Parys en Londen uitgestal. Emma Willemse se kinetiese kunstenaarsboeke-installasies het die estetiese interaksie tussen ‘leser’ en teks geherdefinieer en dit word vandag wêreldwyd met lof besing.

DIE EREPENNING VAN DIE SA AKADEMIE SE FAKULTEIT NATUURWETENSKAP ENTEGNOLOGIE

Die Erepenning word toegeken vir prestasies en bydraes ten opsigte van die bevordering en ontwikkeling van ʼn besondere vakgebied in die natuurwetenskappe.

Die prys word toegeken aan prof A.R. Coetzee, emeritus professor en uitvoerende voorsitter, Departement Anestesiologie en Intensiewe Sorg, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch, Tygerberg. Prof. André Coetzee geniet nasionale sowel as internasionale erkenning as wetenskaplikeen as klinikus. Prof. Coetzee is ʼn spesialisnarkotiseur met subspesialisregistrasie in Kritieke Sorg. Hy het ʼn baie besondere rol in die ontwikkeling van die veld van Anestesiologie in Suid-Afrika gespeel. Sy bydraes, gegrond op hoogstaande laboratorium en kliniese studies, het ʼn blywende uitwerking op hedendaagse narkosepraktykvoering gehad, beide nasionaal sowel as internasionaal.


N.P. VAN WYK LOUWMEDALJE

Die prys word toegeken vir ʼn persoon se skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van ʼn vertakking of vertakkings van die geesteswetenskappe, wat as ʼn wesenlike en belangrike bydrae tot die bevordering van die geesteswetenskappe beskou kan word.

Die prys word vanjaar toegeken aan prof H.P. van Coller, emeritus uitstaande professor en navorsingsgenoot aan die UV en buitengewone professor (NWU).

Prof. Hennie van Coller het deur die gehalte van sy wetenskaplike artikels en boeke ʼn impak in die literêre wêreld in Suid-Afrika én internasionaal gehad. Hy is ʼn veelsydige en deeglike vakman wat werk van hoë gehalte lewer. Prof. Van Coller het akademiese skryfwerk in Afrikaans nie net gedien deur sy eie lys publikasies nie, maar ook deur sy talle boeke (soos Perspektief en profiel) waarin vir ander (jong) akademici die kans gegee is om te publiseer.

Boonop het hy ʼn mentorsrol vervul teenoor verskeie kollegas en oudstudente.

M.T. STEYNPRYS VIR NATUURWETENSKAPLIKE EN TEGNOLOGIESE PRESTASIE

Die prys word toegeken aan 'n persoon vir sy/haar skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die natuurwetenskap en/of die tegnologie (of 'n vertakking of vertakkings daarvan) en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband soos in landsbelang. Die prys word gesien as 'n kroon op 'n lewenstaak en kan daarom net een maal aan 'n persoon toegeken word.

Die prys word vanjaar toegeken aan prof Lise Korsten, verbonde aan die Departement Plant en Grondwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria.

Prof. Lise Korsten se navorsing is toegespits op die behandeling en voorkoming van plantsiektes en op voedselveiligheid van verskillende landbougewasse. Sy was van vroeg af baie nou betrokke by verskillende industrieë in die produksie van plante. Haar navorsing het ‘n groot effek gehad op die produksie van baie landbougewasse.

Die prys word geborg deur Sanlam.

GUSTAV PRELLERPRYS VIR LITERATUURWETENSKAP EN LETTERKUNDIGEKRITIEK

Die prys word toegeken vir ʼn hoogstaande publikasie of ʼn reeks sodanige publikasies wat wetenskaplike werk van die hoogste gehalte verteenwoordig. Die prys word vanjaar toegeken aan prof W.J. Henderson, emeritus professor, Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, Universiteit van Johannsburg.

Prof. Bill Henderson het hom oor ʼn tydperk van ses dekades intellektueel indringend, maarook kennelik met hartstog, gewy aan navorsing oor die klassieke Griekse en Romeinse literatuurskatte, asook aan die bevordering van daardie vakgebiede in Suid-Afrika.

Laasgenoemde blyk nie net uit die rol wat hy as inspirerende dosent en studieleier (hier telande, op ʼn ietwat esoteriese vakterrein) gespeel het nie; ook in akademiese bestuursverband en as (dikwels leidende) bestuurslid van professionele verenigings en as (eweneens dikwels leidende) redaksielid van vaktydskrifte was sy bydrae beduidend. Sy aanwysing as erepresident van die Klassieke Vereniging van Suid-Afrika sedert 2003 getuig van bostaande.

Die prys word geborg deur NB Uitgewers.


CHRISTO WIESEMEDALJE VIR BEDRYFSLEIDING

Die medalje word driejaarliks toegeken vir bedryfsleiding. Die volgende geld by die oorweging van ʼn kandidaat: Skeppende bydrae tot die Suid-Afrikaanse bedryfslewe; volgehoue uitbouing oor ʼn lang tydperk van die terreine waarop die kandidaat hom/haar begewe; leiding op bepaalde terreine en die besieling wat daar van die persoon uitgegaan het om die gebied verder te ontwikkel. Die prys word as die kroon op ʼn lewenstaak beskou en kan slegs eenmaal aan ʼn persoon toegeken word.

Die prys word toegeken aan Hendrik du Toit, stigter en hoof- uitvoerende beampte van Ninety One.

Hendrik Du Toit het die batebestuursbedryf in 1988 betree en het in 1991 by Investec Groep aangesluit en Investec Asset Management gestig wat in 2020 na Ninety One verander het. Hy het ook gedien as gesamentlike hoof- uitvoerende beampte van Investec Groep vanaf 1 Oktober 2018 tot die splitsing van Investec Groep en die notering van Ninety One op 16 Maart 2020 in Londen en Johannesburg, die 117e grootste derdepartybatebestuurder ter wêreld.

Die medalje word geborg deur dr. Christo Wiese.

PROTEA BOEKHUISPRYS

Die prys kan jaarliks toegeken word en roteer tussen ʼn gepubliseerde werk, die bestemagisterverhandeling, en die beste doktorale proefskrif in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans. Dit word vanjaar toegeken aan die beste gepubliseerde werk in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans in die afgelope drie jaar.

Die prys word toegeken aan Carel van der Merwe vir Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen.

Hierdie biografie dra daartoe by om die onderstrominge in Afrikanergeledere en Afrikanernasionalisme in die eerste paar jaar ná die oorlog te belig en nog ʼn venster op hierdie traumatiese tydperk in die Afrikaner se geskiedenis oop te maak. In die geheel beskou is hierdie biografie ʼn herbeskouing van die lewe van ʼn Boeregeneraal en heersende sieningsoor hoe die Boereleiers by die naoorlogse bestel aangepas het. Dit ondersoek dus ook die strategieë wat Viljoen gebruik het om hom in die Zuid-Afrikaansche Republiek, Mexiko en die Verenigde State van Amerika te vestig en opgang in daardie lande te maak.

Die skrywer het werklik uitstekende en deeglike navorsing gedoen. Dit was ʼn uitersgeslaagde speurtog. Soos met sy werk oor Eugène Marais is dit verstommend hoe en waar hy oral sy inligting verkry het. Tot in die fynste detail val die goeie navorsing op.

Die prys word geborg deur Protea Boekhuis.


HAVENGAPRYS VIR FISIESE WETENSKAPPE

Die Havengapryse is ʼn jaarlikse prestigeprys wat vir oorspronklike navorsing op natuurwetenskaplike en/of tegniese gebied toegeken word. Die prys kan net een maal aan ʼn persoon toegeken word.

Die prys word toegeken aan prof H.C. Swart, verbonde aan die Departement Fisika,Universiteit van die Vrystaat.

Prof. Hendrik Swart het ʼn belangrike rol gespeel in die verkryging van talle navorsingsapparate vir die ontledinge van die dun lagie fosfor, en die halfgeleiertoestelle wat uit sodanige materiale gemaak kan word. Sy werk en ywer het gelei tot die stigting van die “Nano-Oppervlakte Karakteriserings"-fasiliteit wat gehuisves word in ʼn gebou wat spesiaal vir dié doel opgerig is. Die huidige navorsing fokus op die degradering van die fosfortoestelle, en om toestelle wat liggewend vir lang tye sal wees, te ontwikkel.


DOUW GREEFF-PRYS

Die prys word toegeken vir ʼn navorsings- of oorsigartikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat gedurende die jaar wat die prys voorafgaan, in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie gepubliseer is.

Die prys word vanjaar toegeken aan K.T. Mwepu, S.J. Lubbe en P.L. Crouse van die Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria vir hulle artikel "Litiumontginning uit Zimbabwiese petaliet met behulp van ammoniumbifluoried" wat verskyn het indie SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie Jg 40(1), 2021.


JUNIOR KAPTEIN SCOTT-GEDENKMEDALJE (Dierkundige Wetenskappe)

Die medalje kan jaarliks toegeken word vir die beste verhandeling wat by ʼn Suid-Afrikaanse universiteit vir die M.Sc.-graad ingedien is (om die beurt in die dierkundige en plantkundigewetenskappe).

Die medalje word toegeken aan Amoré Malan van die Universiteit Stellenbosch vir haar verhandeling “Marine mammal speciation: the role of oceanic distance and historical climatic change on the evolutionary divergence of brown fur seals”.

POORTPRYS

Die Poortpryse word jaarliks toegeken vir die twee beste skeppende bydraes (poësie, prosa,drama) deur leerders in grade 10, 11 en 12 wat aan die Poortkompetisie deelgeneem het.

Die prys word toegeken aan:

Poësie: Mikayla Pretorius van Windhoek High School, Namibië vir haar gedig Die diagramvan die hart.

Prosa: JD Carr van die Hoërskool Upington vir Wabi sabi.

BESTE ONTWERP VIR DIE POORT-BOEKIE SE VOORBLAD VIR 2022

Janke Labuschagne van die Hoërskool Reitz