Gesprekspunt

Besinnings oor aktuele aangeleenthede

Meningstukke deur Akademielede en ander kundiges

Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.

Internasionale Onderwysdag, 24 Februarie 2024: Suksesvolle skole maak sélf planne

24/1/24
Jaco Deacon is 'n lid van die SA Akademieraad vir die termyn 2023 tot 2026 . Hy is sedert 2021 die uitvoerende hoof van FEDSAS, die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole.
Jaco Deacon is 'n lid van die SA Akademieraad vir die termyn 2023 tot 2026 . Hy is sedert 2021 die uitvoerende hoof van FEDSAS, die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole.
Jaco Deacon is 'n lid van die SA Akademieraad vir die termyn 2023 tot 2026 . Hy is sedert 2021 die uitvoerende hoof van FEDSAS, die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole.
Lees meer

Ons vier op 24 Januarie Internasionale Onderwysdag – baie gepas aan die begin van ons nuwe skooljaar terwyl daar nog breë haasbek-glimlagteen blink ogies by die leerders en vars grappies in die personeelkamer is.

 

Onderwys behoort hoog op die agenda van elke regering te wees en ons weet dat die Afrikaanse gemeenskap soos ʼn moederhen oor onderwys waaken passievol betrokke is.  Politici herinner ons ook gereeld  (veral so voor verkiesings) dat onderwys ʼn societal matter is. Ons weet verder dat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ongelukkig nie die gehalte-onderrig aan elke kind voorsien soos wat ons Grondwet in die vooruitsig stel nie. Tagtig persent van ons land se skole funksioneer nie behoorlik nie, maar ʼn handjie vol skole wys wat wel moontlik is.  

 

Ek deel ses uitstaande kenmerke van suksesvolle skole:


1. Leierskap

Iemand het eendag gesê hy is banger vir ʼn trop skape wat deur ʼn leeu gelei word as ʼn trop leeus wat deur ʼn skaap gelei word. Daar is geen suksesvolle skool sonder puik leierskap nie - en dit begin by die skoolhoof. Die skole het leiers nodig wat mense saamvat, wat mense met empatie hanteer, die potensiaal van elke kind ontwikkel en nie heeldag die oog op die trofeekas het nie. Hierdie leiers weet dat die skool eerstens oor akademiese prestasie gaan.  Dit is leiers wat die beste uit die span haal deur hulle te ontwikkel en verantwoordelikheid met gesag te gee. Die beheerliggaam word gelei deur ʼn sterk voorsitter wat die gemeenskap wil dien en ʼn deeglike begrip van “governance” het en weet dat daar ʼn goeie verhouding tussen die voorsitter en die skoolhoof moet wees. Hierdie skole soek na oplossings en wag nie vir die staat of ander om kwessies te hanteer nie. Die goeie skole belê in jong leiers en die leerders speel net so ’n belangrike rol in die skool se leierskap.

2. Goeie en toegewyde opvoeders

Die McKinsy-verslag oor wêreldonderwysstelsels merk op dat die gehalte van ʼn onderwysstelsel nie beter kan presteer as die gehalte van sy opvoeders nie. Vir die leerder in die klas bestaan die hele onderwysstelsel slegs uit die opvoeder voor die klas. Suksesvolle skole stel die beste opvoeders aan - en behou hulle. Opvoeders wat lief is vir hul leerders, vakkenners is, die ekstra myl stap. Dis nou daardie opvoeders wat ná ʼn voldag in die klaskamer met ywer sport of kultuur afrig, die aand voorberei vir ʼn kreatiewe les en oor naweke en vakansies met leerders toer. Dit is ook skole wat ruimte skep sodat opvoeders verder kan ontwikkel, studeer en professionele vryheid ervaar. Die skole belê in jong opvoeders en het mentors wat seker maak dat hulle ook in goeie en toegewyde onderwysers ontwikkel.

3. Dissipline

Goeie skole fokus op waardes en nie net reëls nie, maar gooi nooit die handdoek in as dit by dissipline kom nie. Daardie skole is nie vol engeltjies nie (daar is gewone kinders en onderwysers), maar daar is ʼn kultuur van dissipline van die skoolhoof tot die skoonmaker en van die jongste tot die oudste leerder. Die skole doen moeite met programme en betrek ouers, voogde en skoolgemeenskappe om saam die waardes van die skool uit te leef. Die skole erken dat dissipline vir almal ʼn uitdaging is, maar skram nie weg om dit trompop te loop nie.

4. ʼn Voorspelbare ritme van aktiwiteite

Goeie skole is voorspelbaar – opvoeders en leerders weet reeds die vorige jaar hoe die nuwe skooljaar gaan lyk met alles van die klasrooster tot die sport- en kultuurprogram.  Almal weet hoe werk die skool se stelsels en periodes en as die klok lui en leerders is in die klas word daar gewerk. Die konstante ritme van aktiwiteite skep ʼn veilige, voorspelbare omgewing waarbinne personeel en leerders kan floreer. Dit word nie meganies nie, maar bly ’n kreatiewe, dinamiese omgewing wat binne veilige grense funksioneer.

LEES VERDER

Bronne