Gesprekspunt

Besinnings oor aktuele aangeleenthede

Meningstukke deur Akademielede en ander kundiges

Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.

Vroue as wetenskapleiers is kern tot voedselsekerheid en volhoubaarheid in Afrika en die wêreld

10/2/24
Voormalige Raadslid van die SA Akademie en Adjunkdirekteur Generaal: Landbounavorsing en Regulatoriese Dienste, Wes-Kaapse Dept. Landbou

Dr Ilse Trautmann het aan die Universiteit Stellenbosch studeer waar sy haar B.Sc(cum laude), Hons. B.Sc (cum laude), en M.Sc (cum laude) in Plantfisiologie behaal het. Hierna volg ‘n Ph.D-graad, ook in Plantfisiologie, by US op die jeugdige ouderdom van 29 in 1990. Na ‘n kort post-doktoraal by US, sluit sy haar as senior tafeldruifnavorser in 1991 by LNR Nietvoorbij aan. Haar liefde vir navorsingsbestuur lei haar na ‘n bevordering as Assistentdirekteur: Siektebestuur. In 2003 word sy aangestel as Adjunkdirekteur: Navorsing by die Wes-Kaapse Departement van Landbou op Stellenbosch. Hierna word sy bevorder na Direkteur: Navorsing en Tegnologie-Ontwikkelingsdienste in 2007 en tot Hoofdirekteur in dieselfde program in 2012. In 2021 word sy aangestel as Adjunkdirekteur Generaal: Landbounavorsing en Regulatoriese Dienste by die Department waar sy nou die Programme van Navorsing en Tegnologie Ontwikkelingsdienste, Veeartsenykundige Dienste en Landbou-Ekonomiese Diensteoorhoofs bestuur.

Een van die belangrikste projekte wat sy bestuur het was die Smart Agri-plan, die eerste provinsiale sektorplan vir landbou om die sektor meer klimaatsveranderingveerkragtigte maak. Uit hierdie projek het drie prominente toekennings gevolg, naamlik die Premierstoekenning vir die beste geïmplementeerde projek in 2018, die Eco-logic toekenningvir Klimaatsverandering in 2019, en dieselfde toekenning in 2020 vir die RSG-radioprogramreeks “Die Kwik Styg” waar 104 radioprogramme oor die onderwerp aanSuid-Afrikaanse luisteraars gebring is en wat haar breinkind was.

DrTrautmann het in haar loopbaan op verskeie komitees en rade gedien, insluitendedie Winetech-Raad (tot en met November 2022), die Hortgro Science AdvisoryCouncil, en die Hortforum. Sy was ook die eerste vroulike president van die SAWingerd- en Wynkunde Vereniging (SAWWV).

Voormalige Raadslid van die SA Akademie en Adjunkdirekteur Generaal: Landbounavorsing en Regulatoriese Dienste, Wes-Kaapse Dept. Landbou
Voormalige Raadslid van die SA Akademie en Adjunkdirekteur Generaal: Landbounavorsing en Regulatoriese Dienste, Wes-Kaapse Dept. Landbou
Lees meer

Die helfte van die wêreldbevolking bestaan uit vroue en jong meisies/dogters – en daarom is dit verblydend en opwindend dat hierdie groep dan ook die helfte van die potensiaal van die wêreld uitmaak. Vroue het die vermoë om vrede te bring, gemeenskappe te laat groei en ontwikkel, die leiers van more groot te maak, maar bo alles – vroue het die spesiale vaardighede/talente om nasies te groei en te laat uitstyg bo hulle vermoëns.

Maar waar pas vroue in die wonderwêreld van die wetenskap in? In 2018 het vroue slegs 33% van navorsers uitgemaak, maar stadig maar seker groei hierdie getalle met pioniers in die wetenskap, die baanbrekers van môre wat vandag ontwikkel word. Dit is egter ook ’n feit dat vroue nog ’n minderheid is in die dissiplines van digitale inligtingstegnologie, fisika, wiskunde en ingenieurswese. Vroue is met rasse skrede besig om hierdie velde te betree. Statistieke van 2021 toon egter dat slegs 13% van STEM-  gegradueerdes (“Science, technology,engineering, and mathematics”) vroue is met slegs 7% van ingenieurs is vroue. 

Maar gaan dit werklik oor getalle? Of gaan dit oor invloed, uitkomste, impak en die volhoubaarheid van ons samelewing op hierdie brose planeet van ons? Vroue is van nature planmakers, natuurlike vennootskapsoekers en op soek na antwoorde op vrae wat sommige mense ligvoets afmaak en vermy. Vroue is kommunikeerders (op ’n ligter noot – mens kan selfs skinder in die wetenskapswêreld - ’n eienskap waarvan ons  ons dikwels goedig beskuldig!)

Vroue is die wêreld se moeders, oumas, versorgers en voeders. En hier is die groot rol van vroue in die algemeen en spesifiek in die wêreld van die wetenskap, nl.  om mense te voed deur voedsel te voorsien.

Vrouelike wetenskaplikes is ’n magtige krag in landbou. Hulle werk as bestuurders, telers, plantpatoloë, entomoloë, grondkundiges, veeartse, om maar ’n paar beroepe te noem. Hulle maak merkbare en merkwaardige bydraes tot landbou en landelike areas waar sosiale stabiliteit wat met voedselsekerheid gepaard gaan, so kern is tot ons land se toekoms.

LEES VERDER

Bronne