Gesprekspunt

Besinnings oor aktuele aangeleenthede

Meningstukke deur Akademielede en ander kundiges

Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.

Internasionale Onderwysdag, 24 Januarie 2025: Die onderwys, menswees en KI: In ’n wêreld vol KI bly kompleksiteit die hart van ons menslikheid.

Deur dr Hanelie Adendorff en me Dalene Joubert (Sentrum vir Onderrig en Leer van die Universiteit Stellenbosch)
24/1/25

In die onderwys, ’n kernruimte waar menslikheid gevorm en gevoed word, bring KI nie net nuwe uitdagings en geleenthede nie, maar dwing dit ons om ou kwessies in ’n nuwe lig te beskou.

lees verder

Die sosiale kontrak vir kwaliteitonderrig met onderwysers

deur mnr Paul Sauer die Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU)
7/10/24

“Morals by Agreement” is die standpunt wat Gauthier stel rondom die konsep van die sosiale kontrak. Hierdie standpunt bou voort op die sosiale kontrak teorie wat daarop geskoei is dat enige persoon se moraliteit en of politiese verantwoordelikhede afhanklik is van die kontrak tussen ’n individu (of in hierdie geval ’n groep) en die gemeenskap waarin hulle funksioneer...

lees verder

Beste belange van die kind: Die onderwyser in die klas Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys, 2024 (WWBO) bedink

deur prof Jan Heystek, voorsitter van die SA Akademie se Onderwyskommissie
4/10/24

Op Internasionale Onderwysersdag onderskryf die SA Akademie die Unesco-tema vir hierdie jaar: ʼn Oproep om die stemme van ons onderwysers na waarde te ag ten einde ʼn nuwe sosiale kontrak met hulle te sluit ter wille van gehalteonderrig.

lees verder
SKENKINGS