
Geagte Akademielid
Aangesien die huidige Akademieraad se ampstermyn aan die einde van September 2026 verstryk, word nominasies hiermee ingewag vir die verkiesing van lede van die Akademieraad vir die ampstermyn 2026 tot 2029.
Die uitslag van die verkiesing sal tydens ʼn Buitengewone Algemene Vergadering op Donderdag 1 Oktober 2026 om 09:00 bekendgemaak word.
Slegs volle Akademielede wie se ledegeld ten volle opbetaal is óf erelede mag kandidate nomineer, nominasies sekondeer óf as kandidaat genomineer word.
Voltooide nominasievorms moet teen Woensdag 19 Augustus 2026 om 16:00 elektronies of per hand ingedien word by MVB Audit & Advisory:
E-pos:
theunis@mvb.co.za
Per hand:
Sanlynn Office Park, Oostelike Blok, Tweede verdieping
H.v. Sanlamweg en Alkantrantweg,
Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
Geen nominasies mag by die Akademiekantoor ingedien word nie.
Lidnommers kan aangevra word by dr. Linda Brink.
Die oproep om nominasies, nominasievorm, Akte van Oprigting en Reglement van die Akademieraad kan by die onderstaande skakels gevind word:
Oproep op nominasies
Nominasievorm
Akte van Oprigting
Reglement van die Akademieraad
Vriendelike groete
Akademiekantoor