ALGEMENE JAARVERGADERING WOENSDAG 22 APRIL 2026 09:00-10:00

Geagte Akademielid

ALGEMENE JAARVERGADERING WOENSDAG 22 APRIL 2026 09:00-10:00

U word hiermee in kennis gestel dat die Algemene Jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns op Woensdag 22 April 2026 van 09:00 tot 10:00 in hibriede formaat sal plaasvind.

Die sakelys is soos volg:

  • Opening en verwelkoming
  • Notule van 11 September 2025 vir goedkeuring
  • Finansiële state 1 Januarie 2025 tot 31 Desember 2025
  • Aanwys van ouditeure
  • Jaarverslag van die SA Akademie Januarie 2025 tot Desember 2025
  • Wysiging van die Akte van Oprigting
  • Ander sake
  • Oorhandiging van Erepenning vir Natuurwetenskap en Tegnologie aan prof. Paul Anton Steenkamp
  • Afsluiting

Let asseblief daarop dat slegs Akademielede wie se ledegeld ten volle opbetaal is die vergadering mag bywoon en stemgeregtig is. Kontak gerus die finansiële beampte, me. Hanlie Willemse, vir enige navrae in hierdie verband.

Vriendelike groete

Dr. Stefan van Zyl
Hoof- operasionele beampte

lees meer nuus