Stem hier die Akademieraad

Geagte Akademielid

Die stemtydperk vir die Akademieraadsverkiesing begin vandag om 12:00 en eindig Donderdag 17 September om 12:00.

Klik hier om na die elektroniese kiesstelsel te gaan.

Die kiesstelsel is vir gebruik op rekenaars én selfone ontwerp. U kan dus op enige van dié toestelle stem.

Neem asseblief kennis van die volgende:

  • Slegs volle lede wie se ledegeld opbetaal is en erelede mag stem.
  • Stemgeregtigde Akademielede kan ’n maksimum van agt stemme uitbring: hoogstens vier per afdeling. U hoef nie al agt stemme te gebruik nie.
  • Vier lede word uit die Afdeling vir Geesteswetenskappe en Kunste en vier uit die Afdeling vir Natuurwetenskappe en Tegnologie verkies.
  • Die kandidaatprofiele kan op die kiesstelsel besigtig word voordat u stem.
  • Om te stem, klik op Teken aan en teken met u lidnommer aan. ’n Tydelike wagwoord (OTP) sal daarna per SMS of e-pos aan u gestuur word.
  • Indien u nie u lidnommer het nie, nie ’n wagwoord ontvang nie of hulp met die stemproses benodig, kontak die SA Akademie by 086 133 3786 of akademie@akademie.co.za.
  • Buitelandse lede wat nie elektroniese kodes kan ontvang nie, kan ’n stembrief by die Akademiekantoor aanvra en dit per e-pos aan die ouditeur stuur.

Die uitslag van die verkiesing word tydens ’n Buitengewone Algemene Vergadering op Donderdag 1 Oktober 2026 om 09:00 by die Akademiekantoor bekendgemaak.

Ons moedig alle stemgeregtigde Akademielede aan om aan die verkiesing deel te neem.

Vriendelike groete
Akademiekantoor

lees meer nuus