Gesprekspunt

Besinnings oor aktuele aangeleenthede

Meningstukke deur Akademielede en ander kundiges

Menings wat in bydraes op Gesprekspunt uitgespreek word, weerspiëel nie noodwendig die menings en opvattings van die SA Akademie nie.

Vroue in leierskap in die wetenskappe vir ’n nuwe era van volhoubaarheid

Prof Rialet Pieters, Raadslid van die SA Akademie, ekotoksikoloog en professor in Dierkunde aan Noordwes-Universiteit

Sy is in 1996 by die destydse PU vir CHO in die Dierkundedepartement aangestel met ʼn meestergraad in Dierkunde nadat sy vir drie jaar skool gehou het. In 2007 behaal sy ʼn PhD in die dissipline Ekotoksikologie wat die bestudering van die effek van besoedelstowwe op biota behels. Sy is intussen bevorder tot vol professor in Dierkunde en werk as sodanig sedert 2021 by die nou Noordwes-Universteit in Potchefstroom. Sy het 37 publikasies in ewe-knie geëvalueerde wetenskapjoernale, een hoofstuk in ’n boek, 12 navorsingsverslae en verskeie bydrae tot nasionale en internasionale kongresse.

Haar vernaamste navorsingsonderwerp is dié van hormoonontwrigters en die bepaling daarvan met behulp van genetiese gemanipuleerde weefselkulture. Dit sluit in die gebruik van soogdierselle wat in Petribakkies groei en lig vrystel wanneer hulle blootgestel word aan verbindings wat soos hormone lyk. Op hierdie manier word die teenwoordigheid van besoedelstowwe bepaal wat as gevolg van chroniese blootstelling verskeie gesond¬heids-probleme soos vetsug en kanker tot gevolg kan hê.

Sy is ’n Nasionale Navorsingstigting gegradeerde, C2 wetenskaplike. Sy is tans betrokke by ʼn nasionale projek waarvan een van die oogmerke die daarstelling en vestiging van biologiese siftingstoetse is om waterkwaliteitmonitering in Suid-Afrika te verbeter. Prof Pieters dien as mede-redakteur van ʼn internasionale wetenskapjoernaal en word gereeld genader om as evalueerder van manuskripte van wetenskaplike artikels vir verskeie joernale op te tree.

Sy bied Dierkunde aan op tweedejaarsvlak en is by honeursopleiding betrokke en het al drie keer erkenning gekry vir puik onderrig in die Uitnemende Onderrigprogramme van die NWU. Sy was vir drie jaar die vakvoorsitter van die vakgroep Dierkunde en vir vyf jaar die bestuurder vir die sub-program Akwatiese Ekostelselgesondheid in die Navorsingseenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur en sy dien op die bestuursraad van die Fakulteit vir Natuur- en Landbouwetenskappe.

Sy is ook die aanbieder van die Omgewingspraatjies-insetsel op die nasionale Afrikaanse radiostasie, Radio-Sonder-Grense, se Saterdagoggende-program, Brêkfis met Derrich, sedert Augustus 2022.

Prof Rialet Pieters, Raadslid van die SA Akademie, ekotoksikoloog en professor in Dierkunde aan Noordwes-Universiteit
Prof Rialet Pieters, Raadslid van die SA Akademie, ekotoksikoloog en professor in Dierkunde aan Noordwes-Universiteit
Sy is in 1996 by die destydse PU vir CHO in die Dierkundedepartement aangestel met ʼn meestergraad in Dierkunde nadat sy vir drie jaar skool gehou het. In 2007 behaal sy ʼn PhD in die dissipline Ekotoksikologie wat die bestudering van die effek van besoedelstowwe op biota behels. Sy is intussen bevorder tot vol professor in Dierkunde en werk as sodanig sedert 2021 by die nou Noordwes-Universteit in Potchefstroom. Sy het 37 publikasies in ewe-knie geëvalueerde wetenskapjoernale, een hoofstuk in ’n boek, 12 navorsingsverslae en verskeie bydrae tot nasionale en internasionale kongresse. Haar vernaamste navorsingsonderwerp is dié van hormoonontwrigters en die bepaling daarvan met behulp van genetiese gemanipuleerde weefselkulture. Dit sluit in die gebruik van soogdierselle wat in Petribakkies groei en lig vrystel wanneer hulle blootgestel word aan verbindings wat soos hormone lyk. Op hierdie manier word die teenwoordigheid van besoedelstowwe bepaal wat as gevolg van chroniese blootstelling verskeie gesond¬heids-probleme soos vetsug en kanker tot gevolg kan hê. Sy is ’n Nasionale Navorsingstigting gegradeerde, C2 wetenskaplike. Sy is tans betrokke by ʼn nasionale projek waarvan een van die oogmerke die daarstelling en vestiging van biologiese siftingstoetse is om waterkwaliteitmonitering in Suid-Afrika te verbeter. Prof Pieters dien as mede-redakteur van ʼn internasionale wetenskapjoernaal en word gereeld genader om as evalueerder van manuskripte van wetenskaplike artikels vir verskeie joernale op te tree. Sy bied Dierkunde aan op tweedejaarsvlak en is by honeursopleiding betrokke en het al drie keer erkenning gekry vir puik onderrig in die Uitnemende Onderrigprogramme van die NWU. Sy was vir drie jaar die vakvoorsitter van die vakgroep Dierkunde en vir vyf jaar die bestuurder vir die sub-program Akwatiese Ekostelselgesondheid in die Navorsingseenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur en sy dien op die bestuursraad van die Fakulteit vir Natuur- en Landbouwetenskappe. Sy is ook die aanbieder van die Omgewingspraatjies-insetsel op die nasionale Afrikaanse radiostasie, Radio-Sonder-Grense, se Saterdagoggende-program, Brêkfis met Derrich, sedert Augustus 2022.
Lees meer

In ’n wêreld waar, volgens die Verenigde Nasies se webwerf, vroulike wetenskaplikes gemiddeld minder navorsingbefondsing ontvang as hulle manlike kollegas en waar vroue maar een derde van die wêreldwye navorsingsmag vorm en net 12% van nasionale wetenskapakademies vroue is, wil ek vandag ’n lansie breek vir Suid-Afrika en sy ondersteuning van vroulike navorsers.

Ek moet net eers erken dat ek ʼn ekotoksikoloog is wat empiriese navorsing doen en dat ek my nou oor ʼn onderwerp uitlaat waaroor ek geen navorsing self gedoen het nie, behalwe wat ek gelees het en my eie en vrouekollegas se ervarings in die wetenskap. Ek is ook nie ʼn neurowetenskaplike sodat ek neurologiese uitsprake oor die kognitiewe vermoëns van verskillende geslagte kan evalueer nie.

My bydrae tot die viering van die vroue in die wetenskap berus op my eie ondervinding wat strek van die jong meisie wat in die laat 1980’s natuurwetenskappe gaan studeer het by ʼn Afrikaanse universiteit met die finansiële ondersteuning van die destydse Transvaalse Onderwysdepartement en die Stigting vir Navorsingsontwikkeling tot by die posisie wat ek tans beklee: ʼn volwaardige professor in Dierkunde aan dieselfde instansie (al het dit ʼn nuwe naam en het dit met ander instansies versmelt) met ʼn gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS). Suid-Afrika het oor hierdie tydperk baie verander: ons land is nou behoorlik gedemokratiseer en universiteite waar Afrikaans nog die enigste taal van onderrig is, bestaan nie meer nie.

Op voorgraadse vlak, toe ek Chemie, Dierkunde en Biochemie studeer het, was daar vroulike wetenskaplikes in onderskeidelik die destydse Chemie- en Dierkundedepartemente wat my laat sien het dat dit moontlik is om self daardie sport te bereik. Ja, hulle was verseker nie in die meerderheid nie, en na al die jare is dit steeds so. Die vroulike akademici in Dierkunde het darem geleidelik vermeerder en in 2018 is die eerste vrou ooit in Dierkunde by hierdie instansie tot vol professor bevorder. Dit het gebeur kort voordat Dierkunde sy honderdste bestaansjaar in 2020 gevier het. In 2021 het ek die tweede vroulike vol professor geword en die derde een is in 2023 bevorder.

LEES VERDER

Bronne