Nuus

Lees meer oor die nuutste gebeure, persverklarings en algemene
nuus van die SAAWK

Gesprekspunt

Die SA Akademie se blog waar lede en ander kundiges besin oor aktuele aangeleenthede.

Vroue in leierskap in voedselwetenskap vir ʼn nuwe era van volhoubaarheid en voedselsekuriteit

deur prof Marena Manley, Raadslid van die SA Akademie en professor in Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch
11/2/24

lees verder

Wêreldteaterdag, 27 Maart 2024 : Die stand van en tendense in Afrikaanse teater

deur prof Nico Luwes, voorsitter van die SA Akademie se Kommissie vir Uitvoerende Kunste
26/3/24

lees verder

Vroue as wetenskapleiers is kern tot voedselsekerheid en volhoubaarheid in Afrika en die wêreld

deur dr Ilse Trautman, voormalige Raadslid van die SA Akademie en Adjunkdirekteur Generaal: Landbounavorsing en Regulatoriese Dienste, Wes-Kaapse Dept. Landbou
10/2/24

lees verder

Vroue in leierskap in die wetenskappe vir ’n nuwe era van volhoubaarheid

deur prof Rialet Pieters, Raadslid van die SA Akademie, ekotoksikoloog en professor in Dierkunde aan Noordwes-Universiteit

lees verder

Internasionale Onderwysdag, 24 Februarie 2024: Suksesvolle skole maak sélf planne

deur dr Jaco Deacon, raadslid van die SA Akademie en uitvoerende hoof van FEDSAS
24/1/24

Hierdie jaar se tema vir Internasionale Onderwysdag is ‘‘opvoeding vir blywende vrede’’. Dr Jaco Deacon skryf oor die belangrikheid van leierskap om suksesvolle skole te bly bou in Suid-Afrika.

lees verder

Internasionale Vertaaldag, 30 September: Translation unveils the many faces of humanity

deur prof Fanie Olivier, wenner van die SA Akademieprys vir Vertaalde Werk 2023
30/9/23

Internasionalevertaaldag is in 1991 deur die Federasie van Internasionale Vertalers [FIT] geskep en in 2017 deur die Verenigde Nasies geproklameer...[Ver]taalkontekste is natuurlik so wyd soos die Heer se genade, maar vanjaar se Vertaaldag-tema,“Translation unveils the many faces of humanity”, wil waarskynlik veral klem plaas op die funksie van letterkunde-in-vertaling.

lees verder

Erfenisdag, 24 September: Is erfenis geskiedenis?

deur dr Lindie Koorts
23/9/23

“Erfenis” en “geskiedenis” is twee begrippe wat ons dikwels in samehang hoor. Is erfenis egter dieselfde as geskiedenis, in die akademiese sin van die woord, en is erfenis iets waarmee historici hulself besig hou?

lees verder

Internasionale Geletterdheidsdag, 8 September: ‘‘My ma word 93...’’

Deur prof Rinelle Evans
8/9/23

Prof Rinelle Evans bedink die konsep ‘geletterdheid’ in 'n moderne konteks.

lees verder

Afrikaanse Taaldag (14 Augustus): ''...dai ganie wek nie.''

deur prof Marné Pienaar
14/8/23

Ek gee tans vir die eerstejaars toegepaste sosiolinguistiek en een van die aspekte wat in die kursus behandel word, is taalhoudings teenoor die niestandaardvariëteite van Afrikaans. Ek is die enigste persoon in die klas wat Standaardafrikaans praat.

lees verder

Nasionale wetenskapsweek: Om die basiese wetenskappe se rol in die moderne wêreld te vier

deur prof Debra Meyer, Adjunk-visekanselier by Sol Plaatje Universiteit
3/8/23

Die basiese wetenskappe is dit waarvan almal van ons ’n bietjie moet weet om ons wêreld beter te verstaan, terwyl dié wat baie daarvan weet ons lewens aansienlik makliker maak deur die gebruik van die kennis. ’n Goeie begrip van wiskunde, biologie, fisika en chemie help ons om natuurlike verskynsels te verstaan.

lees verder

Van Standaardafrikaans na algemene Afrikaans

deur Suléne Pilon, Voorsitter van die SA Akademie se Taalkommissie
23/6/23

Die eerste Taalkommissieseminaar het onlangs by die kantoor van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns plaasgevind. Die tema daarvan, “Die einde van Standaardafrikaans?”, is gekies omdat die Taalkommissie (TK) – ná jare se gesprekke oor die kwessie – voortaan nie meer na die variëteit wat in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) beskryf word, as Standaardafrikaans wil verwys nie.

lees verder

NP van Wyk Louw - 11 Junie (1906): Om Louw 117 jaar later te onthou

deur prof Willie Burger
13/6/23

Ons loop elkeen deesdae met ’n slimfoon in die hand en kan sommer onmiddellik, op byna enige plek, google wat ons wil weet of vir ChatGPT vra. Gevolglik is memorisering nie meer ’n belangrike vaardigheid nie. Byna niemand leer meer gedigte uit hul koppe nie.

lees verder

Wêreldomgewingsdag - 5 Junie 2023

deur Prof Hannes Rautenbach
5/6/23

Op 5 Junie 2023 is dit weer eens Wêreldomgewingsdag. In die normale sin van die woord word ʼn wêrelddag herdenk of gevier, maar ek wil laasgenoemde twee begrippe doelbewus ontwyk omdat daar op hierdie stadium weinig is om te herdenk of te vier.

lees verder

Menseregtedag, 21 Maart 2023. Laat niemand agterweë nie - gelyke regte vir almal

deur Bettina Wyngaard
20/3/23

Onthou jy nog die lang toue mense wat geduldig gewag het om hul kruisie te trek, baie vir die heel eerste keer, met die eerste demokratiese verkiesing in 1994? Dit was April, ʼn aangename sonnige dag. Daar was ʼn feestelike atmosfeer in die lug.

lees verder

2023 in Perspektief: Internasionaal en Plaaslik

deur Dr Theuns Eloff
9/12/22

2022 staan vinnig einde se kant toe, met eksamens wat klaarmaak en akademiese jare wat voltooi word. Die langverwagte Desembervakansie vir die gelukkiges lê om die draai. Maar vinnig sal die nuwe werksjaar begin ... Wat is die vooruitsigte en tendense wat ons almal se 2023 gaan vorm?

lees verder

Sielkundige welstand: ’n Blik op die voordele van verhoogde globale bewussyn van geestesgesondheid

deur prof. Irma Eloff
12/10/22

Die huidige verhoogde bewussyn rakende sielkundige welstand is ʼn gulde geleentheid om ons gesamentlike toekoms as ʼn mensdom te verbeter. Die navorsing is duidelik. Die aspekte wat ons sielkundige welstand ondersteun is grootliks nie materialisties van aard nie. Dit is die saamwees, die klein plesiertjies, die selflose gebare en die oomblikke van stilstaan wat ons sielkundige welstand laat floreer.

lees verder

Die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika: ’n Besinning oor die uitdagings en geleenthede van ’n komplekse situasie.

deur dr Van Zyl de Villiers en prof Frik van Niekerk
27/10/22

Die huidige situasie waarin Eskom homself bevind as die verskaffer van byna alle elektrisiteit in Suid-Afrika, en wat die land se ekenomie en hele bevolking direk raak, is deur ‘n komplekse kombinasie van faktore veroorsaak. Oor ‘n breër front is dit noodsaaklik dat aksies deur die regering op ‘n geïntegreerde wyse uitgevoer word, met sigbare demonstrasie dat die erns van die situasie en die noodsaak om die voortgesette impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie en samelewing te minimeer, begryp word.

lees verder

Persverklarings

Akademiepryse vir 2024

19/4/2024

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.

Die pryse sal by ’n bekroningsplegtigheid in September in Pretoria aan die wenners oorhandig word. Hierdie verklaring bevat die besonderhede van die bekronings vir 2024. Die bekroondes is waar moontlik reeds mondelings daaroor ingelig.

laai aflees hier

Mediaverklaring: Die Hoof- Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het met ingang 1 April 2024 uitgetree.

2/4/2024

Die Hoof- Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, het met ingang 1 April 2024 uitgetree.

laai aflees hier
Lees meer persverklarings

Nuusbriewe

2023

Klik op die voorblad om die betrokke nuusbrief oop te maak.
SKENKINGS