Persverklarings

Lees ons nuutste persverklarings

AANKONDIGING: Wenner van die Jan H Maraisprys 2022

6/6/22

Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar toegeken aan die leksikograaf, prof Rufus Gouws, van Stellenbosch.

Laai afleeS hier

Akademiepryse vir 2022

5/5/22

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiebekronings vir 2022 aan. Die pryse sal by twee virtuele bekroningsplegtighede in Julie vanjaar oorhandig word.

Laai afleeS hier

Akademiepryse vir 2021

16/4/21

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 15 April 2021 oor die volgende bekronings vir 2021 besluit.

Laai afleeS hier

Jan H Maraisprys 2021

13/4/21

Die Jan H Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar gedeel deur proff Ina Wolfaardt-Gräbe van Pretoria en Hennie van Coller van Bloemfontein.

Laai afleeS hier

SA Akademie betreur taaldebakel op Stellenbosch

7/4/21

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns spreek haar ernstige kommer uit oor die gebeure die afgelope paar weke by die Universiteit Stellenbosch, een van Suid-Afrika se top universiteite, oor die gebruik van Afrikaans op sy kampus en ook die konseptaalbeleid wat pas bekend gemaak is.

Laai afleeS hier
SKENKINGS