Toekennings
Die Studentesimposium in die Natuurwetenskappe erken uitnemende studente-aanbiedings deur pryse, sertifikate en moontlike publikasiegeleenthede.
Pryse vir aanbiedings
Kontantpryse word aan die wenners en naaswenners van alle sessies (referate en flitsaanbiedings) toegeken.
Vollengte referate
- Eerste prys
- Tweede prys
- Derde prys
Flitsaanbiedings
- Eerste prys
- Tweede prys
- Derde prys
Spesiale pryse
Benewens sessiepryse sal daar ook spesiale pryse in bepaalde kategorieë toegeken word.
- Prys vir die beste aanbieding deur 'n niemoedertaalspreker van Afrikaans.
- Meer besonderhede oor ander spesiale pryse sal later bekend gemaak word.
Elke student wat ’n aanbieding by die simposium lewer, ontvang ook ’n klein geskenkie.
Sertifikate
Sertifikate vir deelname en/of toekennings sal elektronies beskikbaar gestel word op aanvraag.
Publikasiegeleenthede
Uitnemende uitgebreide opsommings van referate en flitsaanbiedings sal oorweeg word vir publikasie in die 2027-uitgawe van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie.
Toestemming vir publikasie behoort reeds tydens registrasie aangedui te word.