Oor die simposium
Koste: 'n Nieterugbetaalbare registrasiefooi van R800 (betaalbaar ná 18 September)
Plek: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Adres: Ziervogelstraat 574, Arcadia, Pretoria
Die Studentesimposium in die Natuurwetenskappe bied aan nagraadse studente die geleentheid om hul navorsingsresultate in ’n professionele, ondersteunende akademiese omgewing in Afrikaans voor te dra.
Deelnemers kan hul werk aanbied in die vorm van:
- ’n vollengte referaat (15 minute)
- 'n flitsaanbieding (5 minute)
Bywoning deur studente wat nie voorleggings doen nie, dosente, studieleiers sowel as ander belangstellendes, word verwelkom. Voorsiening word nie vir virtuele bywoning gemaak nie.
Wie kan aanbiedings lewer?
Honneurs-, meesters-, doktorale en ekwivalente nagraadse studente van universiteite of tegniese universiteite uit die volgende vakgebiede word uitgenooi om voorleggings te maak:
- Chemie
- Biochemie
- Metallurgie
- Fisika
- Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
- Wiskundige Statistiek
- Operasionele Navorsing
- Kwantitatiewe Bestuur en Besluitkunde
- Weerkunde, Oseanografie en Atmosfeerwetenskap
- Geologie, Argeologie en Sterrekunde
- Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels
- Landbouwetenskappe
- Ingenieurswesetoepassings van die natuurwetenskappe
- Fisiese Geografie, Omgewingswetenskap en Geoinformatika
- Biologiese en verwante wetenskappe
- Bouwetenskappe
- Onderrig en leer van die natuurwetenskappe
Registreer vir die SImposiumDien 'n referaat of flitsaanbieding inWat kan deelnemers verwag?
Die simposium vind plaas op 29 en 30 Oktober 2026 en sluit onder meer in:
- ’n formele opening;
- studente-aanbiedings (referate en flitsaanbiedings);
- akademiese gesprek;
- netwerkgeleenthede;
- ’n spesialis- of gaslesing;
- ’n aandfunksie met ’n ete; en
- ’n prysuitdelingsgeleentheid.
Vinnige skakels
Borge
Die Studentesimposium word moontlik gemaak deur die ondersteuning van vennote en borge wat die ontwikkeling van jong navorsers en die bevordering van Afrikaans as wetenskapstaal ondersteun.
Indien u belangstel om as borg by hierdie inisiatief betrokke te raak, kontak ons gerus by akademie@akademie.co.za.
Reëlingskomitee
Die simposium word gereël deur die Akademiekantoor in samewerking met die Kommissie vir Natuurwetenskappe en die Afdeling vir Natuurwetenskappe en Tegnologie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in oorleg met akademiese rolspelers en vakspesialiste.