Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.
BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004
Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.
’n Jaarlikse akademiese platform waar nagraadse studente in die natuurwetenskappe hul navorsing in Afrikaans kan aanbied, terugvoer ontvang en met ander navorsers, dosente en kundiges kan netwerk.
Registreer vir die SimposiumSien die programDie oproep is gerig aan nagraadse studente in natuurwetenskaplike en verwante studievelde, insluitend honneurs-, meesters-, doktorale en ekwivalente kwalifikasies.
Studente moet navorsing aanbied wat op hul eie werk gebaseer is met bevestiging van hul studieleier of promotor.
Aanbiedings kan in die vorm van ’n vollengte referaat of ’n flitsaanbieding plaasvind.
Studente moet nie navorsing openbaar aanbied indien hulle die werk nog wil patenteer nie. Openbare aanbieding kan die reg op patentering beïnvloed.
Indien die navorsing moontlik patenteerbaar is, moet studente dit eers met hul studieleier of toepaslike tegnologie-oordragkantoor bespreek voordat dit ingedien word.
1. Uitgebreide Afrikaanse opsomming
2. Kort Engelse opsomming
3. Kort Afrikaanse abstrak
4. Motivering deur promotor/studieleier
Uitgebreide Afrikaanse opsomming
Maksimum lengte: 500 woorde
Formaat: MS Word
Lettertipe en -grootte: 12 pt Arial
Lynspasie: 1,5
Kantlyne: 2 cm rondom
Inligting: Sluit die volgende bo-aan die dokument in (onder mekaar, middelbelyn):
Grafika/Figure/Tabelle: Sluit slegs in indien absoluut noodsaaklik, soos volg:
Verwysings:
Let op:
Maksimum lengte: 50 woorde (slegs vir die inhoudelike gedeelte)
Formaat: MS Word
Lettertipe en -grootte: 12 pt Arial
Lynspasie: 1,5
Kantlyne: 2 cm rondom
Struktuur: Begin met die Engelse vertaling van die titel van die referaat/plakkaat (in vetdruk, linksbelyn), gevolg deur die opsomming.
Grafika/Figure/Tabelle: Moenie insluit nie.
Verwysings: Moenie insluit nie.
Maksimum lengte: 150 woorde
Formaat: MS Word
Lettertipe en -grootte: 12 pt Arial
Lynspasie: 1,5
Kantlyne: 2 cm rondom
Inligting: Sluit die volgende bo-aan die dokument in (onder mekaar, middelbelyn):
Grafika/Figure/Tabelle: Moenie insluit nie.
Verwysings: Moenie insluit nie. Indien absoluut noodsaaklik word een verwysing toegelaat. Volg die verwysingstyl noulettend.
Volg asseblief die onderstaande riglyne vir jou aanbieding.
