Voorskrifte vir deelnemers
Wie kan ’n aanbieding lewer?
Die oproep is gerig aan nagraadse studente in natuurwetenskaplike en verwante studievelde, insluitend honneurs-, meesters-, doktorale en ekwivalente kwalifikasies.
Studente moet navorsing aanbied wat op hul eie werk gebaseer is met bevestiging van hul studieleier of promotor.
Aanbiedings kan in die vorm van ’n vollengte referaat of ’n flitsaanbieding plaasvind.
Belangrik vir studente wat aanbiedings wil lewer
Studente moet nie navorsing openbaar aanbied indien hulle die werk nog wil patenteer nie. Openbare aanbieding kan die reg op patentering beïnvloed.
Indien die navorsing moontlik patenteerbaar is, moet studente dit eers met hul studieleier of toepaslike tegnologie-oordragkantoor bespreek voordat dit ingedien word.
Indieningsvereistes
1. Uitgebreide Afrikaanse opsomming
- Maksimum 500 woorde
- Word gebruik vir keuring vir die simposium
- Kan later oorweeg word vir publikasie in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie (SATNT)
2. Kort Engelse opsomming
- Maksimum 50 woorde
- Benodig indien die uitgebreide Afrikaanse opsomming later vir publikasie gekies word
3. Kort Afrikaanse abstrak
- Maksimum 150 woorde
- Vir plasing in die simposiumprogram
4. Motivering deur promotor/studieleier
- Bondige ondersteuning van die aansoek
- Bevestiging dat die navorsing op die student se eie werk gebasseer is
Uitlegvereistes
Uitgebreide Afrikaanse opsomming
Maksimum lengte: 500 woorde
Formaat: MS Word
Lettertipe en -grootte: 12 pt Arial
Lynspasie: 1,5
Kantlyne: 2 cm rondom
Inligting: Sluit die volgende bo-aan die dokument in (onder mekaar, middelbelyn):
- Titel van referaat
- Outeur se voorletters en van
- Studieleier(s)/Promotor(s) as mede-outeur(s), waar van toepassing
- Departement en universiteit
- E-posadres
Grafika/Figure/Tabelle: Sluit slegs in indien absoluut noodsaaklik, soos volg:
- duidelik genommer
- met gepaste byskrifte
- in JPEG-formaat, tensy anders gereël
Verwysings:
Let op:
- Dit maak nie deel uit van die aantal toelaatbare woorde nie.
- Beperk tot 'n maksimum van vier.
- Raadpleeg asseblief vorige uitgawes van die SATNT en volg die verwysingstyl noulettend.
Kort Engelse opsomming
Maksimum lengte: 50 woorde (slegs vir die inhoudelike gedeelte)
Formaat: MS Word
Lettertipe en -grootte: 12 pt Arial
Lynspasie: 1,5
Kantlyne: 2 cm rondom
Struktuur: Begin met die Engelse vertaling van die titel van die referaat/plakkaat (in vetdruk, linksbelyn), gevolg deur die opsomming.
Grafika/Figure/Tabelle: Moenie insluit nie.
Verwysings: Moenie insluit nie.
Kort Afrikaanse abstrak
Maksimum lengte: 150 woorde
Formaat: MS Word
Lettertipe en -grootte: 12 pt Arial
Lynspasie: 1,5
Kantlyne: 2 cm rondom
Inligting: Sluit die volgende bo-aan die dokument in (onder mekaar, middelbelyn):
- Titel van referaat
- Outeur se voorletters en van
- Studieleier(s)/Promoter(s) as mede-outeur(s), waar van toepassing
- Departement en universiteit
- E-posadres
- Stadium van navorsing: begin / besig / gevorderd / afgehandel
- Beoogde of verworwe kwalifikasie: Honneurs / MSc / PhD / ander
Grafika/Figure/Tabelle: Moenie insluit nie.
Verwysings: Moenie insluit nie. Indien absoluut noodsaaklik word een verwysing toegelaat. Volg die verwysingstyl noulettend.
Voordragvereistes
Volg asseblief die onderstaande riglyne vir jou aanbieding.
Voordra van vollengte referate
- Tydsduur: 15 minute, vraetyd ingesluit
- Aanbiedingsformaat: PowerPoint, tensy anders gereël
- Bring aanbiedings op ’n geheuestokkie saam en e-pos aan akademie@akademie.co.za.
- ’n Rugsteunkopie word aanbeveel.
Voordra van flitsaanbiedings
- Tydsduur: 5 minute
- Geen vraetyd
- Verkieslik nie meer as ses skyfies nie
- Volg ander vereistes soos vir vollengte referate.
Dien ’n referaat of flitsaanbieding inKontak onsRegistreer Vir die Simposium