Simposiakalender

Studentesimposium: Sosiale en Geesteswetenskappe, Studentesimposium: Natuurwetenskappe,  en minisimposiums

Sosiale en Geesteswetenskappe Simposium

15-16 Februarie 2024

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) beplan om 15 – 16 Februarie 2024 die vierde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe aan te bied.

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing, wat in Afrikaans aangebied word, in die vorm van ʼn referaat (20 minute) of plakkaat (5 minute) by die simposium aanbied.

Die 2023-simposium sal ‘n hibriede formaat aanneem om soveel moontlik aanbieders en bywoners te akkommodeer en daar word weer ‘n nuutskeppingskompetisie gehou vir nuwe Afrikaanse vakkundige terme wat geskep is vir konsepte wat nog nie in Afrikaans benoem is nie – met ander woorde vir konsepte waarvoor daar nog nie 'n gestandaardiseerde Afrikaanse term bestaan wat in vakwoordelyste en vakwoordeboeke opgeneem is nie.

Die simposium onderskraag die oogmerke van die SAAWK deur akademiese denkleiers aan te moedig om hul bevindinge in die sosiale en geesteswetenskappe in Afrikaans met ʼn breër gehoor te deel. Voorts moedig die SAAWK studente, wat hul navorsing in Afrikaans doen, aan om hul aanbiedings voor te lê.

Studente wat hul navorsing in ander tale onderneem, word ook aangemoedig om hul bevindinge te vertaal vir ʼn referaat of plakkaat wat in Afrikaans aangebied word. Op hierdie manier word Afrikaans ook as akademiese vaktaal bevorder en uitgebrei binne die veld van die sosiale en geesteswetenskappe.

Navrae: Dr Linette van der Merwe by linette.vandermerwe@up.ac.za of Sanita Meyer by sanita@akademie.co.za

SKENKINGS