Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.

BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004

Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.

x

Registrasie

Registreer hier vir die Studentesimposium in die Natuurwetenskappe 2026.

Nodige Registrasies

people sitting at table

Registrasie is verpligtend vir alle deelnemers, insluitend:

  • studente wat ’n referaat wil aanbied
  • studente wat ’n flitsaanbieding wil lewer
  • studente wat geen aanbieding wil lewer nie
  • studieleiers, dosente, navorsers of ander belangstellendes wat die simposium as toehoorders wil bywoon
Registreer nouDoen aansoek vir 'n reisborgskap

Registrasieproses

  • Voltooi die aanlyn registrasievorm. Jy kan kies tussen ’n referaataanbieding, flitsaanbieding of slegs bywoning.
  • Tydens die registrasieproses sal jy ’n e-pos ontvang met ’n skakel waarop jy moet klik om jou registrasie te aktiveer.
  • Sodra jou registrasie geaktiveer is, word ’n persoonlike profiel vir jou geskep waarop jy kan aanteken om opsommings op die simposiumstelsel te laai of jou besonderhede te wysig.
  • Betalingsbesonderhede word in die registrasie-e-pos verskaf. ’n Nie-terugeisbare registrasiefooi van R600 is vooraf betaalbaar.
  • Indien jou aanbieding vir die program gekeur moet word, sal verdere kommunikasie volg.
Begin registrasie

Belangrik vir studente wat aanbiedings wil lewer

Studente wat ’n referaat of flitsaanbieding wil lewer, moet die voorskrifte vir opsommings en aanbiedings noukeurig lees voordat hulle indien

lees die voorskrifte

Sluitingsdatums

  • Sluitingsdatum vir aanbieders: [datum]
  • Sluitingsdatum vir bywoners: [datum]
  • Sluitingsdatum vir betaling: [datum]

Hulp met registrasie

Sukkel jy met jou registrasie of is jy onseker watter opsie om te kies? Ons help graag.

Kontak ons
SKENKINGS