Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.

BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004

Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.

x

29–30 Oktober 2026,
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Pretoria

’n Jaarlikse akademiese platform waar nagraadse studente in die natuurwetenskappe hul navorsing in Afrikaans kan aanbied, terugvoer ontvang en met ander navorsers, dosente en kundiges kan netwerk.

Registreer vir die SimposiumSien die program

Oor die Simposium

Die Studentesimposium in die Natuurwetenskappe bied aan nagraadse studente die geleentheid om hul navorsingsresultate in ’n professionele, ondersteunende akademiese omgewing voor te dra in Afrikaans.

Deelnemers kan hul werk aanbied in die vorm van:

  • ’n vollengte referaat
  • 'n flitsaanbieding

Bywoning deur studente wat nie voorleggings doen nie, dosente, studieleiers sowel as ander belangstellendes, word verwelkom. Voorsiening word nie vir virtuele bywoning gemaak nie.

Die simposium word deur die afdelings Chemiese Wetenskappe, Wis- en Natuurkunde en Biologiese Wetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied en fokus op die bevordering van wetenskaplike navorsing, akademiese gesprek en die gebruik van Afrikaans as wetenskapstaal.

Volg ons op Facebook

Wie kan aanbiedings lewer?

Honneurs-, meesters-, doktorale en ekwivalente nagraadse studente van universiteite of tegniese universiteite uit die volgende vakgebiede word uitgenooi om voorleggings te maak:

  • Chemie
  • Biochemie
  • Metallurgie
  • Fisika
  • Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
  • Wiskundige Statistiek
  • Operasionele Navorsing
  • Kwantitatiewe Bestuur en Besluitkunde
  • Weerkunde, Oseanografie en Atmosfeerwetenskap
  • Geologie, Argeologie en Sterrekunde
  • Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels
  • Fisiese Geografie, Omgewingswetenskap en Geoinformatika
  • Landbouwetenskappe
  • Biologiese en verwante wetenskappe
  • Bouwetenskappe
  • Ingenieurswesetoepassings van die natuurwetenskappe
  • Onderrig en leer van die natuurwetenskappe
Registreer vir die SImposiumDien 'n referaat of flitsaanbieding in

Oproep om referate en plakkate

Kry ’n oorsig van die twee dae.

Program

Registreer as aanbieder of bywoner.

Registrasie

Lees die voorskrifte vir opsommings en aanbiedings.

Referate en flitsaanbiedings

Vind meer uit oor pryse, sertifikate en publikasiegeleenthede.

Toekennings

Kry praktiese inligting oor reis en akkommodasie

Vervoerborgskappe en verblyf

Gesels met ons

Kontak

Oproep om referate en plakkate

Die Studentesimposium word moontlik gemaak deur die ondersteuning van vennote en borge wat die ontwikkeling van jong navorsers en die bevordering van Afrikaans as wetenskapstaal ondersteun.

Kontak ons

Jou boodskap is ingedien.
Oeps! Iets het verkeerd geloop.
SKENKINGS