Buitengewone Algemene Vergadering

Donderdag 1 Oktober 2026 om 09:00


Geagte Akademielid

BUITENGEWONE ALGEMENE VERGADERING: DONDERDAG 1 OKTOBER 2026 OM 09:00

U word hiermee in kennis gestel dat ʼn Buitengewone Algemene Vergadering van Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns op Donderdag 1 Oktober 2026 om 09:00 in hibriede formaat sal plaasvind.

  • In persoon: Akademiekantoor, Ziervogelstraat 574, Arcadia, Pretoria, 0083
  • Aanlyn: Die skakel is op aanvraag beskikbaar.

Die sakelys is soos volg:

  • Opening en verwelkoming
  • Bekendmaking van die uitslag van die Akademieraadsverkiesing
  • Afsluiting

Die vergadering word spesifiek belê vir die bekendmaking van die uitslag van die Akademieraadsverkiesing. Enige ander sake sal gevolglik moet oorstaan tot die Algemene Jaarvergadering in April 2027.

Die nuut verkose Akademieraad moet direk ná die bekendmaking van die verkiesingsuitslag konstitueer. Die Algemene Simposium van die SA Akademie neem daarna ʼn aanvang, en Akademielede word hartlik uitgenooi om ook die simposium by te woon.

Let asseblief daarop dat slegs Akademielede wie se ledegeld ten volle opbetaal is, die vergadering mag bywoon. Kontak gerus die finansiële beampte, me. Hanlie Willemse (finansies@akademie.co.za), vir enige navrae in hierdie verband.

Bevestig asseblief u bywoning teen Vrydag 25 September 2026 per e-pos aan melanie@akademie.co.za en dui aan of u in persoon of aanlyn gaan deelneem.

Vriendelike groete
Akademiekantoor

lees meer nuus