..........
Die volgende geld ten opsigte van die nominasies:
..........
..........
Die prys word beskou as die topprys vir natuurwetenskap en tegnologie en is die kroon op ’n lewenstaak. Dit kan daarom net een maal aan ’n persoon toegeken word.
Die prys word jaarliks toegeken aan ’n persoon vir sy/haar skeppende bydrae tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die natuurwetenskappe en/of die tegnologie (of ’n vertakking of vertakkings daarvan) en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband, soos in landsbelang. ’n Kandidaat moet op die een of ander wyse bewys kan lewer van die bevordering van sy/haar vakgebied in Afrikaans.
In 2022 kan die prys toegeken word in die Fisiese Wetenskappe.
Die Havengaprys is ’n jaarlikse prestigeprys wat toegeken word vir oorspronklike navorsing op natuurwetenskaplike en/of tegniese gebied en kan net een maal aan ’n bepaalde persoon toegeken word. Die belangrikste vereiste by die beoordeling van kandidate is navorsingspublikasies. ’n Kandidaat moet naas hoëgehaltepublikasies, bewys kan lewer van die bevordering van sy/haar vakgebied in Afrikaans. Dit kan onder meer inhou: studieleiding; redaksionele werk in Afrikaans; populêre bydraes in die media; optredes by kongresse of seminare; bereidheid om werk in Afrikaans te laat vertaal, ensovoort.
Die medalje word toegeken vir werk van skeppende aard op die gebied van tegnologie (wat rekenaarwetenskappe, farmakologie en geneeskunde insluit), dit wil sê hoogstaande werk van praktiese uitvinding (of toepassing) en vernuf gebaseer op wetenskaplike en/of proefondervindelike grondslag. ’n Kandidaat moet ook bewys kan lewer van die bevordering van sy/haar vakgebied in Afrikaans.
Die Erepenning word toegeken op terreine wat nie reeds ondervang is deur ander bekroningsgebiede binne die Fakulteit nie. Dit word toegeken vir ‘n persoon se skeppende bydrae tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die natuurwetenskappe en/of die tegnologie (of ’n vertakking of vertakkings) en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband, soos in landsbelang. Die erepenning mag meer as een maal aan dieselfde persoon in dieselfde afdeling toegeken word. ’n Hoë akademiese kwalifikasie is nie noodwendig ’n voorvereiste nie.
Die prys kan jaarliks toegeken word aan studente wat reeds ‘n M.Sc.-graad verwerf het in die voorafgaande twee jaar vir die beste verhandeling ingedien by ’n Suid-Afrikaanse universiteit, om die beurt in die dierkundige of plantkundige wetenskappe.
Die verhandeling moet ’n bydrae tot wetenskaplike kennis maak en moet bewys van oorspronklike navorsing lewer. Elke universiteit word tot die insending van een verhandeling beperk. Verhandelinge in elektroniese formaat word aanvaar.
In 2022 kom dierkundige wetenskappe aan die beurt.
Die prys word jaarliks toegeken vir die beste artikel wat gedurende die voorafgaande jaar in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie gepubliseer is.
..........
..........
Die prys word jaarliks toegeken aan ’n persoon vir sy/haar skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en die volgehoue uitbouing van ’n vertakking of vertakkings van die geesteswetenskappe en wat as ’n wesenlike en belangrike bydrae tot die bevordering van die geesteswetenskappe beskou kan word. Of aan persone wat werk van die hoogste gehalte gelewer het ter bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur. Die prys word beskou as die topprys in die geesteswetenskappe en is die kroon op ’n lewenstaak. Dit kan daarom net een maal aan ’n persoon toegeken word. ’n Kandidaat moet op die een of ander wyse bewys kan lewer van die bevordering van sy/haar vakgebied in Afrikaans.
Een prys kan op een van die volgende terreine in 2022 toegeken word: Afrikaans op taalwetenskaplike en/of taalgebruikskundige terrein; Afrikaanse literatuurwetenskap en literêre kritiek (dus in Afrikaans, maar oor enige taal); óf drama-, musiek- óf kunswetenskappe. Die Stalsprys is ’n prestigeprys wat toegeken word vir oorspronklike navorsing op die gebied van die geesteswetenskappe en kan net een maal aan ’n bepaalde persoon toegeken word.
Die Christo Wiesemedalje vir Entrepreneur (in 1999 ingestel) en die Frans du Toitmedalje vir Bedryfsleiding (in 1961 ingestel) is gekonsolideer en staan sedert 2022 bekend as die Christo Wiesemedalje vir Bedryfsleiding. Die medalje word driejaarliks toegeken vir werk van die hoogste gehalte op die gebied van bedryfsleiding. Die prys is die kroon op ’n lewenstaak en kan daarom slegs een maal aan ’n persoon toegeken word.
Die volgende oorwegings geld by die keuse van ’n kandidaat:
Die prys kan in 2022 toegeken word vir die beste gepubliseerde werk in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans. Goed geskrewe, wetenskaplik gefundeerde geskiedeniswerke sal vir die prys kwalifiseer.
Erepenning vir Geesteswetenskappe OF Erepenning vir Kunste
Die Erepenning word toegeken op terreine wat nie reeds ondervang is deur ander bekroningsgebiede binne die Fakulteit nie. Dit word toegeken vir ‘n persoon se skeppende bydrae tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die geesteswetenskappe OF die kunste en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband, soos in landsbelang. Die erepenning mag meer as een maal aan dieselfde persoon in dieselfde afdeling toegeken word. ’n Gevorderde akademiese kwalifikasie is nie noodwendig ’n voorvereiste nie.
Die prys word jaarliks toegeken vir die beste artikel wat gedurende die voorafgaande jaar (of jare) in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe gepubliseer is.
..........
..........
Die prys word driejaarliks toegeken aan enige persoon wat op die gebied van klassieke musiek presteer het: Sangers, komponiste, instrumentaliste wat klawerinstrumente, blaasinstrumente of strykinstrumente bespeel kom in aanmerking. Die prys is die kroon op ’n lewenswerk en kan daarom slegs een maal aan ’n persoon toegeken word.
..........
..........
Alle Afrikaanse prosawerk van hoogstaande gehalte wat in die drie kalenderjare wat die bekroning voorafgaan (2019, 2020 en 2021) verskyn het, kom vir dié toekenning in aanmerking.
Die toekenning van hierdie prys word jaarliks oorweeg vir ’n eerste of tweede bellettristiese Afrikaanse werk van ’n skrywer in enige genre. Bellettristiese werke sluit ook literêre vertalings of verwerkings en bellettristiese niefiksie in.
Die prys word driejaarliks toegeken vir ’n werk in Afrikaans in enige genre (gepubliseer in 2019, 2020 en 2021) vir tieners en jong volwassenes en kan meer as een keer aan dieselfde persoon toegeken word.
Die toekenning van hierdie prys word driejaarliks oorweeg vir ’n Afrikaanse kinderboek in enige genre. Die kategorie kinderliteratuur sluit boeke in vir kinders van 8 tot 12 jaar.
Werk gepubliseer in 2019, 2020 en 2021 kom in aanmerking. Dieselfde skrywer mag die prys meer as een keer ontvang.