Persverklarings

Lees ons nuutste persverklarings

SA Akademiepryse 2025

19/5/25

Die SA Akademiepryse vir 2025 word in September in Stellenbosch aan die wenners oorhandig. Hiermee die besonderhede oor die pryse en die wenners.

laai afLees Hier

Kortlyste van die SA Akademie se Letterkunde pryse bekend

28/3/25

Vanjaar is dit die tweede jaar dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse voorafaangekondig word. Die vier kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekendgemaak.

laai afLees Hier

WENNERS – BESTE REFERAATAANBIEDINGS en NUUTSKEPPINGSKOMPETISIE

10/3/25

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) het op 27 en 28 Februarie 2025 die sesdeStudentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe in hibriede formaat aangebied.

laai afLees Hier

Wenners – Beste Referaataanbieding en Nuutskeppingskompetisie

17/2/24

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 15 en 16 Februarie 2024 die vyfde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe in hibriede formaat aangebied.

laai afLees Hier

VAKANTE POS: Hoof- Operasionele Beampte

21/1/25

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) nooi aansoeke in vir die pos Hoof- Operasionele Beampte.
Aansoeke word tot 28 Februarie 2025 ingewag.

laai afLees Hier

2024 Matriekuitslae

14/1/25

Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die 2024-matriekuitslae

laai afLees Hier

Oproep om aansoeke: Taalkommissielede

29/11/24

Die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans is ’n sleuteldoelstelling van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Aansoekvorm

Sperdatum: 15 Januarie 2025

laai afLees Hier

Huldeblyk aan Breyten Breytenbach: ’n Pionier in Afrikaanse Letterkunde

26/11/24

Die Letterkundekommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) neem met diepe hartseer kennis van die afsterwe van Breyten Breytenbach, een van die merkwaardigste figure in die Afrikaanse letterkunde en ’n baanbreker op verskeie terreine.

laai afLees Hier

Onderwyskommissie van die SAAWK: Beroep op regering oor Bela-taal- en toelatingsklousule

5/11/24

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) verwelkom verdere gesprekke oor tweeklousules wat handel oor taal en toelating soos vervat in die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela).

laai afLees Hier

Nuwe Hoof- Uitvoerende Beampte vir die SAAWK

14/8/24

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) kondig met genoeë aan dat dr. Annelise de Vries vanaf 1 November 2024 die pos van Hoof- Uitvoerende Beampte van die SAAWK sal beklee. Sy neem die leisels oor by prof. Anne-Marie Beukes wat die pos vir een en ’n half termyn beklee het.

laai afLees Hier

WENNER VAN JAN H MARAISPRYS 2024

17/7/24

Die Jan H Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word in 2024 toegeken aan prof WAM (Wannie) Carstens van Potchefstroom. Die prysgeld beloop R750 000. Die Jan H Maraisprys word toegeken as erkenning vir sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Dit sal later vanjaar by ʼn funksie op Stellenbosch aan hom oorhandig word.

laai afLees Hier

Versoek vir nominasie vir die Jan H Maraisprys 2024

22/5/24

Die Jan H Maraisprys verleen erkenning aan ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur werk en publikasies op hoë vlak en gehalte in Afrikaans. Dit kan aan ’n instansie of individu toegeken word. Die Jan H Maraisprys, vanjaar 10 jaar oud, is die grootste prys vir prestasie in Afrikaans met prysgeld van
R750 000.

Lees meer oor die nominasieproses

laai afLees Hier

POS: HOOF- UITVOERENDE BEAMPTE (HUB)

11/5/24

Die pos van hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die SA Akademie het op 1 April 2024 vakant geraak. Van die nuwe HUB word verwag om reeds op 31 Julie 2024, of so spoedig moontlik daarna, diens te aanvaar. Die Hoofkantoor van die SA Akademie is in Pretoria gevestig. Daar word verwag dat die suksesvolle kandidaat kantoorpligtig al wees.

Aansoeke om die pos van HUB (voltyds) word tot 31 Mei 2024 ingewag. Onderhoude met geskikte kandidate word so gou moontlik gevoer en daar word verwag dat 'n aanstelling teen 31 Julie gemaak sal word.

laai afLees Hier

Akademiepryse vir 2024

19/4/24

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.

Die pryse sal by ’n bekroningsplegtigheid in September in Pretoria aan die wenners oorhandig word. Hierdie verklaring bevat die besonderhede van die bekronings vir 2024. Die bekroondes is waar moontlik reeds mondelings daaroor ingelig.

laai afLees Hier

Mediaverklaring: Die Hoof- Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het met ingang 1 April 2024 uitgetree.

2/4/24

Die Hoof- Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, het met ingang 1 April 2024 uitgetree.

laai afLees Hier

Mediaverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se pryse bekend

25/3/24

Vanjaar is dit die eerste jaar in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf bekendgemaak word.

laai afLees Hier

Geskiedenissimposium: Die stand van erfenisowerhede en erfenisbewaring in Suid-Afrika

10/1/24

Die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns bied op Vrydag, 26 Januarie 2024 die jaarlikse geskiedenissimposium aan oor die tema ''Die stand van erfenisowerhede en erfenisbewaring in Suid-Afrika''.

laai afLees Hier

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ken erelidmaatskap toe aan prof. Oppel Greeff

13/10/23

Die Suid-AfrikaanseAkademie vir Wetenskap en Kuns ken erelidmaatskap toe aan die internasionaal gerekende wetenskaplike, prof. Oppel Greeff, vir sy waardevolle bydrae om Afrikaans se status as ’n mediese wetenskapstaal op nasionale en internasionale gebied te bevorder.

laai afLees Hier

Aankondiging: Akademieraad 2023 - 2026

28/9/23

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Raad vir die termyn 2023 tot 2026 is by sy algemene jaarvergadering op Donderdag, 28 September aangekondig.

laai afLees Hier

Wenner van die Jan H Maraisprys 2023

28/7/23

Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word vanjaar toegeken aan prof Louise Viljoen van Stellenbosch. Die prysgeld beloop R750 000.

laai afLees Hier

Wenners van die 2023 Akademiepryse

20/4/23

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2023 aan. Die pryse sal by twee bekroningsplegtighede in September vanjaar oorhandig word.

laai afLees Hier

GESPREKSPUNT – Die SA Akademie se nuwe blog

1/11/22

Die Akademie se nuwe aanlyn blog, Gesprekspunt, is pas op ons webblad geloods, waar Akademielede en ander kundiges uitgenooi word om te besin oor aktuele aangeleenthede.

laai afLees Hier

Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (sg. Bela)

16/11/22

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns voeg graag haar stem by dié van ander belanghebbende Afrikaanse organisasies en individue wat besware opper oor die voorgestelde wysigings aan skole se taal- en toelatingsbeleid.

laai afLees Hier

Nuwe lede van die SA Akademie se Letterkundekommissie aangestel

26/9/22

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig die aanstelling die nuwe voorsitter en twee nuwe lede van die Letterkundekommissie aan.

laai afLees Hier

Voorsitter van die Letterkundekommissie van die SA Akademie bedank

25/7/22

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig aan dat prof Hennie van Coller, die voorsitter van ons Letterkundekommissie sy bedanking ingedien het.

laai afLees Hier

AANKONDIGING: Wenner van die Jan H Maraisprys 2022

6/6/22

Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar toegeken aan die leksikograaf, prof Rufus Gouws, van Stellenbosch.

laai afLees Hier

Akademiepryse vir 2022

5/5/22

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiebekronings vir 2022 aan. Die pryse sal by twee virtuele bekroningsplegtighede in Julie vanjaar oorhandig word.

laai afLees Hier

Akademiepryse vir 2021

16/4/21

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 15 April 2021 oor die volgende bekronings vir 2021 besluit.

laai afLees Hier

Jan H Maraisprys 2021

13/4/21

Die Jan H Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar gedeel deur proff Ina Wolfaardt-Gräbe van Pretoria en Hennie van Coller van Bloemfontein.

laai afLees Hier

SA Akademie betreur taaldebakel op Stellenbosch

7/4/21

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns spreek haar ernstige kommer uit oor die gebeure die afgelope paar weke by die Universiteit Stellenbosch, een van Suid-Afrika se top universiteite, oor die gebruik van Afrikaans op sy kampus en ook die konseptaalbeleid wat pas bekend gemaak is.

laai afLees Hier