Lees ons nuutste persverklarings
Die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans is ’n sleuteldoelstelling van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Aansoekvorm
Sperdatum: 15 Januarie 2025
Die Letterkundekommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) neem met diepe hartseer kennis van die afsterwe van Breyten Breytenbach, een van die merkwaardigste figure in die Afrikaanse letterkunde en ’n baanbreker op verskeie terreine.
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) verwelkom verdere gesprekke oor tweeklousules wat handel oor taal en toelating soos vervat in die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela).
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) kondig met genoeë aan dat dr. Annelise de Vries vanaf 1 November 2024 die pos van Hoof- Uitvoerende Beampte van die SAAWK sal beklee. Sy neem die leisels oor by prof. Anne-Marie Beukes wat die pos vir een en ’n half termyn beklee het.
Die Jan H Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word in 2024 toegeken aan prof WAM (Wannie) Carstens van Potchefstroom. Die prysgeld beloop R750 000. Die Jan H Maraisprys word toegeken as erkenning vir sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Dit sal later vanjaar by ʼn funksie op Stellenbosch aan hom oorhandig word.
Die Jan H Maraisprys verleen erkenning aan ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur werk en publikasies op hoë vlak en gehalte in Afrikaans. Dit kan aan ’n instansie of individu toegeken word. Die Jan H Maraisprys, vanjaar 10 jaar oud, is die grootste prys vir prestasie in Afrikaans met prysgeld van
R750 000.
Die pos van hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die SA Akademie het op 1 April 2024 vakant geraak. Van die nuwe HUB word verwag om reeds op 31 Julie 2024, of so spoedig moontlik daarna, diens te aanvaar. Die Hoofkantoor van die SA Akademie is in Pretoria gevestig. Daar word verwag dat die suksesvolle kandidaat kantoorpligtig al wees.
Aansoeke om die pos van HUB (voltyds) word tot 31 Mei 2024 ingewag. Onderhoude met geskikte kandidate word so gou moontlik gevoer en daar word verwag dat 'n aanstelling teen 31 Julie gemaak sal word.
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.
Die pryse sal by ’n bekroningsplegtigheid in September in Pretoria aan die wenners oorhandig word. Hierdie verklaring bevat die besonderhede van die bekronings vir 2024. Die bekroondes is waar moontlik reeds mondelings daaroor ingelig.
Die Hoof- Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, het met ingang 1 April 2024 uitgetree.
Die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns bied op Vrydag, 26 Januarie 2024 die jaarlikse geskiedenissimposium aan oor die tema ''Die stand van erfenisowerhede en erfenisbewaring in Suid-Afrika''.
Die Suid-AfrikaanseAkademie vir Wetenskap en Kuns ken erelidmaatskap toe aan die internasionaal gerekende wetenskaplike, prof. Oppel Greeff, vir sy waardevolle bydrae om Afrikaans se status as ’n mediese wetenskapstaal op nasionale en internasionale gebied te bevorder.
Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word vanjaar toegeken aan prof Louise Viljoen van Stellenbosch. Die prysgeld beloop R750 000.
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns spreek haar ernstige kommer uit oor die gebeure die afgelope paar weke by die Universiteit Stellenbosch, een van Suid-Afrika se top universiteite, oor die gebruik van Afrikaans op sy kampus en ook die konseptaalbeleid wat pas bekend gemaak is.