Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.
BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004
Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.
-

Redakteur:
Jaar:
Jacques van der Elst
2017
Met Adam Small se oorlye op 25 Junie 2016 het daar ʼn einde gekom aan die lewe van ʼn unieke mens en ʼn unieke oeuvre: ʼn digter, dramaturg en denker met besonderse insig in die aktualiteite van sy tyd. Hoewel die toekenning van die Hertzogprys aan Small in 2012 en die gepaardgaande publisiteit daarrondom die idee vir ʼn huldigingsbundel by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns laat ontstaan het, was dit Small se dood wat die deurslag gegee het om die publikasie te verwesenlik. Wanneer ʼn kunstenaar sterf en sy stem vir ewig verstom het, bied dit immers die geleentheid om oorkoepelend oor die geheel van sy kunstenaarskap te besin. Die bydraes in hierdie bundel dra die ondertoon van ʼn afsluiting, ʼn terugblik op die mens en kunstenaar Adam Small, met temas soos die toekoms van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde, die uitbreidende rol van Kaaps, en sosiale vraagstukke soos bendegeweld en armoede. Mense wat Small van naby geken het is hier aan die woord saam met literatore en kollegas uit die maatskaplikewerk-omgewing waarby Small lewenslank betrokke was. Adam Small: denker, digter, dramaturg : ʼn huldiging hoef nie as afsluiting van die gesprek oor Small se lewe en werk beskou te word nie inteendeel: Dit bied juis ook geleentheid om die oorkoepelende blik oor Small se kunstenaarskap as inleiding tot verdere ondersoek te benut.
Jacques van der Elst
Gebore en getoë – ʼn Biografiese skets
Erika Terblanche
Adam Small – ʼn Persoonlike geskiedenis
Abraham H. de Vries
Adam Small se literêre status vóór en ná 1990 – met klem op sy digterskap
Bernard Odendaal
Adam Small en die Hertzogprys
Jacques van der Elst
Adam Small se identiteitskonstrukte
Steward van Wyk
ʼn Swanger vrou móét staan op Houtbaai-bus – ʼn literêr-dialektiese lesing van Adam Small se "Vryheid"
Hein Willemse
Herinneringe en herbesinnings – Kanna hy kô hystoe
Marisa Keuris
Brechtiaanse vervreemding in Kanna hy kô hystoe – ʼn Poging tot opvoeranalise
Jacomien van Niekerk
Die aktualiteit van Krismis van Map Jacobs met verwysing na die tema van bendekultuur en Kaaps as onderrigtaal
Michael le Cordeur
Adam Small vertalen: Getuigenis, hommage en naschrift
Willy Martin
Adam Small en sy pleidooi vir geregtigheid: ʼn Gevallestudie
Antoinette Lombard & Rinie Schenck
Adam Small: ʼn Bibliografie
Bettina Wyngaard
Register
Jacques van der Elst
Erika Terblanche
Abraham H. de Vries
Bernard Odendaal
Steward van Wyk
Hein Willemse
Marisa Keuris
Jacomien van Niekerk
Michael le Cordeur
Willy Martin
Antoinette Lombard
Rinie Schenck
Bettina Wyngaard
Bibi Burger
Tydskrif vir Geesteswetenskappe 58(2), 06-2018
Fanie Olivier
Literator: Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 40(1), 2019-01
Joan Hambidge
Woorde wat weeg, 2018-01-26

Welkom by die SA Akademie se nuwe webtuiste. Neem asseblief die vrymoedigheid om enige kommentaar of foute onder ons aandag te bring.
Kommentaar