Hierdie publikasie is die vyftiende in die reeks aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat hulde bring aan literêre kunstenaars wat met die Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy lang tradisie van meer as ʼn eeu binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan ʼn besondere prestigewaarde en is dit steeds die vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Publikasies oor Adam Small, P.G. du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach, Johann de Lange, Reza de Wet, N.P. Van Wyk Louw, Anna M. Louw, Elsa Joubert, Bartho Smit, Petra Müller, Etienne Leroux, Marlene van Niekerk en Ina Rousseau het reeds in die reeks verskyn.
Stiltes en stemme
Willie Burger
Die lang lyne in die lewe van Karel Schoeman. ʼn Kort biografie
Ria Winters
Die uur van die engel: Reise na ʼn sondebok
Chris van der Merwe & Cas Wepener
Terug na die geliefde land: Karel Schoeman en die plaasroman
Gerrit Olivier
Bastersfontein as heterotopiese ruimte in Hierdie lewe van Karel Schoeman
Andries Visagie
"Vir eers is daar slegs die plein, die nag en die maanlig, die onmiddellike gegewe wat gepaste aandag moet geniet.": Die aanspraak van stemme in Karel Schoeman se drieluik
Willie Burger
Afstand en intimiteit: Die ontstaan van ʼn tipiese vertelwyse in Karel Schoeman se Spiraal
Francois Smith
Die boek as ʼn engel wat wegvlieg wanneer jy die hek na die hemeltuin oopmaak: Karel Schoeman se romanbeskouing in die lig van Marcel Proust
Willie Burger
Die stil gemeenskap: Oor die bekeringspirale van Karel Schoeman
Johann Rossouw
Die noorderlig: Karel, André en Ingrid
Daniel Hugo
Bibliografie oor die werk van Karel Schoeman
Nicol Stassen
Medewerkers
Register