Hierdie publikasie is die sestiende in ʼn reeks aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die reeks bring hulde aan skrywers wat met die Hertzogprys bekroon is en oor dekades heen Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy lang tradisie van meer as ʼn eeu binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan ʼn besonderse prestigewaarde en is dit vandag ʼn vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Publikasies oor Adam Small, P.G. du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach, Johann de Lange, Reza de Wet, N.P. Van Wyk Louw, Anna M. Louw, Elsa Joubert, Bartho Smit, Petra Müller, Etienne Leroux, Marlene van Niekerk, Ina Rousseau en Karel Schoeman het reeds in die reeks verskyn.
Vooraf
Louise Viljoen
"Woede is eintlik altyd aanwesig"
Alfred Schaffer & Antjie Krog
Die "verruklike afhanklikheid van taal": Antjie Krog en ʼn loopbaan van taal
Louise Viljoen
Vergestaltings van die outobiografiese spreker in Antjie Krog se Lady Anne (1989)
Ihette Senekal
Amor mundi: Antjie Krog en Hannah Arendt se liefde vir die wêreld – oordeel, versoening en saamleef
Karin van Marle
Postkoloniale satire in enkele gedigte deur Antjie Krog en Ronelda Kamfer
Jacomien van Niekerk
Stansa my steen, laat die bot koppe lig skep: Antjie Krog se Mede-wete/Synapse gelees as ʼn verregaande vermaaklike draakstekery met akademiese geletterdheid
Maria Snyman
"Geen vlerke stut meer ...": geselekteerde gedigte in Antjie Krog se Mede-wete gelees as outobiografiese postsekulêre laatwerk
Marlies Taljard
"op ʼn derderangse verhoog vol swape en gierende grapjasse": Antjie Krog se vertaling van Tom Lanoye se Koningin Lear
Danie Stander
Interverbondenheid in Antjie Krog se gedigte vir kinders oor feetjies en fynbos
Andries Visagie
Uitgesoekte bibliografie
Shané van der Merwe
Medewerkers
Register