Hierdie publikasie is die sewende in die reeks deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat hulde bring aan literêre kunstenaars wat met die Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy meer as ʼn eeu lange tradisie binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan ʼn besondere prestigewaarde en is dit steeds ʼn vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Publikasies oor Adam Small, PG du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach, Johann de Lange en Reza de Wet het reeds in die reeks verskyn.
Opstelle vir ʼn oorgangstyd: NP van Wyk Louw vyftig jaar later
Ronél Johl
NP van Wyk Louw (1906–1970)
Jaap Steyn
Kreolisering en heling in Nuwe verse en Tristia van Van Wyk Louw
Hein Viljoen
Lojale verset: Gedateerd of aktueel? NP van Wyk Louw in gesprek met Foucault
Benda Hofmeyr
"Die pot koor oral": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar en Afrikaanse dekolonisering
Louise du Toit
Die geregtigheidsideaal by NP van Wyk Louw
Derek van der Merwe
Die daad onthul (im)moraliteit
Willem Botha
Relativering in die poësie van NP van Wyk Louw
Jac Conradie
Bewegingswerkwoorde in Van Wyk Louw se poësie
Nerina Bosman
Voorstellings en posisionerings in Van Wyk Louw: ʼn Lewensverhaal deur JC Steyn
Hennie van Coller
NP van Wyk Louw se diere en gestaltes herbesoek: ʼn Ekokritiese lesing
Johann Lodewyk Marais
Die pluimsaad waai ver(der): Om Van Wyk Louw in Katolieke verband te herverbeel
Anastasia de Vries
ʼn Herbesoek aan NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver of Bitter begin
Marisa Keuris
Verse vir NP van Wyk Louw: Om te loop in die skoene van die grotes
Joan Hambidge
Die liefdestema in Tristia van NP van Wyk Louw en sy "Groot ode" as liefdeselegie
Heilna du Plooy
Louw bevry: ʼn Riff op ʼn naat
Helize van Vuuren
Skrywersbibliografieë, grootdatanetwerke en die posisie van skrywers soos NP van Wyk Louw in die literêre kanon
Ronél Johl
Kaantie wie's NP van Wyk Louw?
Jeremy Vearey
Van Wyk Louw 50 jaar later
Pieter Duvenhage
Bibliografie
Register