Reza de Wet (1952–2012) se vroeë afsterwe het ʼn groot leemte in die Suid-Afrikaanse teatergemeenskap, asook in internasionale teaterkringe waar haar werk veral in Engeland gewild was, gelaat. Sy was ʼn gerekende aktrise en regisseur, maar dit is as uitmuntende dramaturg dat sy onthou sal word. Meer as ses-en-twintig dramas in Afrikaans en Engels word deur haar geskryf, en vele word in verskeie tale vertaal. De Wet is twee keer met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Hertzogprys vir drama bekroon en het ook talle ander teater- en literêre pryse ontvang. Haar unieke aanslag kan moeilik in enkele woorde (magies, sprokiesagtig, misterieus, misties, grotesk, Goties) vasgevat word, maar dalk omvat die woord dromer iets van haar bowêreldse persona. In dié bundel word die idee van die dramaturg as dromer as oorkoepelende begrip ingespan om die enigma van iemand soos Reza vas te vang, iemand vir wie enigiets in die dromespel moontlik was.
Die bundel bestaan uit twee dele. In Deel I word ʼn persoonlike blik op haar lewe en werk deur haar Afrikaanse uitgewer (Marietjie Coetzee), haar jare lange regisseur (Marthinus Basson) en verskeie ander kollegas binne die teaterwese gegee. In Deel II dra sewe akademiese hoofstukke by tot die bestaande korpus navorsing oor een van ons land se belangrikste dramaturge.
Voorwoord
Temple Hauptfleisch & Marisa Keuris
Deel I: Perspektiewe uit die teaterbedryf
Reza de Wet: ʼn Biografiese skets (1952–2012)
Erika Terblanche
Reza
Marthinus Basson
Gesprekke met Reza
Marietjie Coetzee
Drifte: Die geheime van Reza se hart
Shirley Johnston
Om die donker komedie te vertolk
Gaerin Hauptfleisch
Verleidelike dimensies vir die akteur
Temple Hauptfleisch & André Roothman
Deur ʼn resensent se bril
Paul Boekkooi
Deel II: Akademiese perspektiewe
Drifting: Reminiscing. Remembering. Reinvering. Reza
Juanita Finestone-Praeg
Trits as tematiese liminale ritueel
Mariëtte van Graan
Ouer spore in Drif
Marisa Keuris
ʼn Biokritiese analise van Verleiding
Danie Stander
Die perspekssluier tussen toe en nou
Lida Krüger
Wêreld sonder einde ...
Temple Hauptfleisch
Reza de Wet: ʼn Bibliografie
Miriam Terblanche
Reza de Wet se teatertekste, vertalings en sleutelopvoerings
Temple Hauptfleisch
Register