Die Hertzogpryswennerhuldigingsreeks van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is ’n unieke akademiese bundelreeks waarin daar spesifiek hulde gebring word aan die lewe en werk van Hertzogpryswenners. Hoewel die eerste bundel in die reeks in 2017 verskyn het, is die voorstel vir sodanige reeks reeds na aanleiding van die sukses van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe se spesiale huldigingsuitgawe oor T.T. Cloete (jaargang 55, nommer 2, Junie 2015) bespreek.1 Met die afsterwe van Adam Small in 2016 is besluit om die eerste publikasie aan dié Hertzogpryswenner van 2012 te wy.
Die Hertzogpryswennerhuldigingsreeks staan al sewentien bundels sterk, met publikasies oor Adam Small, P.G. du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach, Johann de Lange, Reza de Wet, N.P. Van Wyk Louw, Anna M. Louw, Elsa Joubert, Bartho Smit, Petra Müller, Etienne Leroux, Marlene van Niekerk, Ina Rousseau, Karel Schoeman, Antjie Krog en Wilma Stockenström.
lees meerDie volgende publikasie, Henriëtte Grové: die waarheid verdig (reds. prof. Hennie van Coller
en prof. Anthea van Jaarsveld) word November 2026 vrygestel.
Publikasieskedule vir voortkomende titels:
- 2027: Hennie Aucamp (red. dr. Stefan van Zyl)
- 2028: Etienne van Heerden (red. dr. Frederick Botha)
- 2028: Etienne van Heerden (red. dr. Frederick Botha)