Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.
BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004
Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.
-

Redakteur:
Jaar:
H. P. van Coller
2023
Etienne Leroux het die moderne Wes-Europese en veral (Suid-) Afrikaanse mens en werklikheid van die grootste gedeelte van die twintigste eeu op ʼn verbluffend-oorspronklike wyse artistiek gedokumenteer. Die psigologie (van veral Carl Gustav Jung), mitologie, satire en selfs die populêre kultuur, vorm skering en inslag van sy gevarieerde oeuvre. Deurgaans word ʼn ingewikkelde verwysingsveld in bedwang gehou deur ʼn toeganklike oppervlaktestruktuur en veerligte aanslag, vol humor en ironie. Hierdie publikasie deur letterkundiges en digters is ʼn veelkantige huldeblyk aan Leroux en sentrale aspekte van sy werk word hier - dikwels deur die gebruik van nuwe teoretiese invalshoeke onder die soeklig geplaas. So kom verrassende nuwe insigte na vore en word onomwonde getoon dat Leroux se plek in die (Suid-)Afrikaanse literêre kanon stewig verskans is. Herskrywing en herinterpretasie is altyd ʼn huldebetoon; in die geval van Leroux (met onder meer twee Hertzogpryse en drie eredoktorate tot sy krediet), welverdiend.
Hierdie publikasie is die twaalfde in die reeks, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat hulde bring aan literêre kunstenaars wat met die Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy lang tradisie van meer as ʼn eeu binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan ʼn besondere prestigewaarde en is dit steeds ʼn vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Publikasies oor Adam Small, P.G. du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach, Johann de Lange, Reza de Wet, N.P. van Wyk Louw, Anna M. Louw, Elsa Joubert en Bartho Smit het reeds in dié reeks verskyn.
Leroux ter geleide
H. P. van Coller
Leroux herbekyk
H. P. van Coller
"Ek hoop dat ons twee eendag werklik iets goed gaan regkry." Briewe van Etienne Leroux aan Jan Rabie
H. P. van Coller
Die figuur van die hermafrodiet in die werk van Etienne Leroux
Ilse de Korte
Op soek na die verkeerde skrywer? Willem Anker se Slaghuis (2007) en Luigi Pirandello se Six characters in Search of an Author (1921)
Thys Human
Etienne Leroux se Hilaria herbekyk
H. P. van Coller
Intermedialiteit: Sewe dae by die Silbersteins deur Etienne Leroux, enkele mediasies
Anthea van Jaarsveld
ʼn Unieke roman – 18-44 van Etienne Leroux
Heilna du Plooy
Die verwerking van historiese gegewens in Magersfontein, o Magersfontein!
André Wessels
hoe die draad
Breyten Breytenbach
"Janee" In memoriam Stephen le Roux (1922–1989)
Louis Esterhuizen
#janee
Gilbert Gibson
Vir Etienne Leroux
Henning Pieterse
Leroux: 3 Januarie 1990
Hennie van Coller
Aantrekkamer, Crown Hotel
Loftus Marais
Vir die man met die Harris Tweed-baadjie
Heilna du Plooy
Apotropaïes. Vir Etienne Leroux
Joan Hambidge
Woestynreis. Lüderitzbucht, 1980
Daniel Hugo
Hymie. Vir Etienne Leroux
Johan Myburg
Uitgesoekte bibliografie
Francis Galloway
Medewerkers
Register
H. P. van Coller
Ilse de Korte
Thys Human
Anthea van Jaarsveld
Heilna du Plooy
André Wessels
Breyten Breytenbach
Louis Esterhuizen
Gilbert Gibson
Henning Pieterse
Hennie van Coller
Loftus Marais
Joan Hambidge
Daniel Hugo
Johan Myburg
Francis Galloway
Fanie Olivier
Netwerk24, 2023-09-10
R.R. Ryger
Sarie, 2023-06-20

Welkom by die SA Akademie se nuwe webtuiste. Neem asseblief die vrymoedigheid om enige kommentaar of foute onder ons aandag te bring.
Kommentaar